Kwarantyn <nie...@waar.net> wrote in message news:7rf33j$39oe$1...@newssvr04-int.news.prodigy.com...
Ernest wrote:
Maar, jy moet eintlik die vraag stel aan Gloudina. Dis die een wat weet.
Ek is altyd so bly as ek weet hierdie ou klaerige snip sit nog in Suid-
Afrika en het nie emigreer na Kanada toe nie. Hoe sal
hy nou sit en kla as hy
drie uur sit om net op 'n reguit 401 deur Toronto se
bokant te ry - nie baie
kilometers nie. En hier in die somer in Ottawa.
Een straat se verkeersligte
is opgegrawe en daar is geen verkeerspolisie nie. Wat
se soort ding is dit?
familie en vriende in die vaderland.
Snaaks hoe hierdie uitdrukking my verdag maak vir die kritiek wat
gaan kom. Gee jou so 'n kleim op die ou landjie, en dan kan jy maar
sit en kritiseer?Het die situasie so verswak dat selfs die verkeersligte nou nie meer werk nie? As jy so ver weg is, en aangewese is op nuusberigte (!) en hoorsê, wil jy juis nie hoor dit gaan sleg nie! Henry
Nee, Henry, dis vir my lankal duidelik dat jy enigiets sleg van SA vreeslik graag
wil glo. En mense met negatiewe nuus probeer voed. Dis vir my so snaaks hoe
die mense, in en buite Suid-Afrika, verdeel is in hierdie twee kampe.
My suster sit in Pretoria, en sy kla niks nie. Jy sit in Pennsylvania en jy
kla. Wat determineer wie wat doen? Ferdi sit in Johannesburg en hy kla
nie. Analiseer vir my bietjie hierdie sakie.Gloudina
Ek werk elke dag in Bryanston en reis nogal baie in die groter
Johannesburg-gebied. Dit is so dat daar meer verkeersligte uit orde is as in
die "ou dae," maar nog nie naastenby katastrofies nie; of soos wat jy gehoor het
nie. Persoonlik kan ek nie onthou dat ek in die afgelope twee maande met 'n
gebreekte verkeerslig te make gehad het nie.
Dit is egter ook so dat die verkeersdrukke eksponensieel vermeerder het, maar
dis 'n funksie van die apartheids-townships wat destyds heinde en ver uit die
stede en dorpe gebou is. Nou dat die bevolking woonagtig in dese townships die
voordeel van bemagtiging smaak, het meer van hulle die geleentheid om elke dag
met 'n eie motor werk toe of skool toe te ry. Vir my is die ware toets of die
verkeersdrukte tydens skoolvakansietye toegeneem het of nie. My antwoord is
nee, nie buitensporig nie.
So dinge gaan nog goed hier aan die suidpunt van Afrika. So elke nou en dan
beweer ons politici dat dit in orde is vir politici om in die uitvoering van
hulle ampte te jok, maar dit gaan nog goed in Suid-Afrika!!
In article <7rf33j$39oe$1...@newssvr04-int.news.prodigy.com>, "Kwarantyn" says...
>
>This is a multi-part message in MIME format.
>
>------=_NextPart_000_0031_01BEFCA4.DFA940C0
>Content-Type: text/plain;
> charset="iso-8859-1"
>Content-Transfer-Encoding: 8bit
>
>Ons kuier gisteraand met vriende. Hulle het (soos ons) familie en vriende in
>die vaderland. Toe hoor ons dat hulle familie wat in Johannesburg woon, glo
>so kla oor die verkeersligte in Johannesburg, wat nie werk nie. Glo (te
>verstane, as dit waar is) erg frustrerend. Is dit waar? Het die situasie so
>verswak dat selfs die verkeersligte nou nie meer werk nie?
>
>Dis ook maar erg om op die Internetkoerante te lees hoe die Afrikaspele
>gebuk gaan onder probleme - die mediageriewe wat swak is/was, die werk wat
>nie beryds klaar was nie, die 600 kinders met voedselvergigtiging en so aan.
>Selfs Beeld praat telkens van "nog probleme" - is dit alles regtig so erg?
>
>As jy so ver weg is, en aangewese is op nuusberigte (!) en hoorsê, wil jy
>juis nie hoor dit gaan sleg nie!
>
>Vertel bietjie - objektief, asseblief - hoe dit regtig daar gaan.
>
>Groetnis
>
>Henry
>
>------=_NextPart_000_0031_01BEFCA4.DFA940C0
>Content-Type: text/html;
> charset="iso-8859-1"
>Content-Transfer-Encoding: quoted-printable
>
><!DOCTYPE HTML PUBLIC "-//W3C//DTD HTML 4.0 Transitional//EN">
><HTML><HEAD>
><META content=3D"text/html; charset=3Diso-8859-1" =
>http-equiv=3DContent-Type>
><META content=3D"MSHTML 5.00.2614.3401" name=3DGENERATOR>
><STYLE></STYLE>
></HEAD>
><BODY bgColor=3D#ffffff>
><DIV><FONT size=3D2>Ons kuier gisteraand met vriende. Hulle het (soos =
>ons) familie=20
>en vriende in die vaderland. Toe hoor ons dat hulle familie wat in =
>Johannesburg=20
>woon, glo so kla oor die verkeersligte in Johannesburg, wat nie werk =
>nie. Glo=20
>(te verstane, as dit waar is) erg frustrerend. Is dit waar? Het die =
>situasie so=20
>verswak dat selfs die verkeersligte nou nie meer werk nie?</FONT></DIV>
><DIV> </DIV>
><DIV><FONT size=3D2>Dis ook maar erg om op die Internetkoerante te lees =
>hoe die=20
>Afrikaspele gebuk gaan onder probleme - die mediageriewe wat swak =
>is/was, die=20
>werk wat nie beryds klaar was nie, die 600 kinders met =
>voedselvergigtiging en so=20
>aan. Selfs Beeld praat telkens van "nog probleme" - is dit alles regtig =
>so=20
>erg?</FONT></DIV>
><DIV> </DIV>
><DIV><FONT size=3D2>As jy so ver weg is, en aangewese is op nuusberigte =
>(!) en=20
>hoors=EA, wil jy juis nie hoor dit gaan sleg nie!</FONT></DIV>
><DIV> </DIV>
><DIV><FONT size=3D2>Vertel bietjie - objektief, asseblief - hoe dit =
>regtig daar=20
>gaan.</FONT></DIV>
><DIV> </DIV>
><DIV><FONT size=3D2>Groetnis</FONT></DIV>
><DIV> </DIV>
><DIV><FONT size=3D2>Henry</FONT></DIV></BODY></HTML>
>
>------=_NextPart_000_0031_01BEFCA4.DFA940C0--
>
Ek hoor dat dinge regtig agteruit is, maar dat mens nie
moet kla nie, want dit help nie. Ek hoor meesal hoe die
lewensstandaard agteruit is.
Maar dan as ek teruggaan vir n besoek (was verlede jaar daar),
dan
sien ek die mense ry nog met slap Mercedes en BMW's, en hulle
doen
hulle shopping by die nuwe fancy winkels (Sandton en Rosebank)
en
al die nuwe restaurante, dan dink mens niks het verander nie.
Ek dink dis die mense wat voor hulle siel weet hulle sal nooit
die land
verlaat (weens finansiële of enige ander rede) wat die mees
aanpasbaarste
is, hulle weet daar is nie uitkomkans nie, en hulle maak die
beste van die saak. Soos wat daai prentjietekenaar Mary
Engelbreit sę, "bloom where you are planted".
Groete
Pat
Kwarantyn <nie...@waar.net> wrote in article
<7rg7pu$33ri$1...@newssvr04-int.news.prodigy.com>...
Heldersiende Gloudina skryf:
>>familie en vriende in die vaderland.
>>Snaaks hoe hierdie uitdrukking my verdag maak
Nee Glydina, jy is lankal verdag. Maar miskien het jy bedoel
"agterdogtig"?
Dis so tekenend dat jy sommer met 'n ding op loop sit en jou
afleidings maak
sonder om daaroor te besin.
>>Gee jou so 'n kleim op die ou landjie,
Weer eens: "kleim" is die verkeerde woord. Dalk bedoel jy
aanspraak?
Natuurlik het ek 'n aanspraak op my vaderland! Ek is (nog!) 'n
Suid-Afikaanse burger......
>>en dan kan jy maar sit en kritiseer?
Jy verwar eerlike vrae met kritiek. Maar jou dubbele standaarde
is duidelik:
ek vra vrae, jy interpreteer dit as kritiek; jy veroordeel my
dan daarvoor,
maar gaan dan rustig voort om my te kritiseer. Ek mag nie, maar
jy mag maar
ongevraagd persoonlike kritiek uitspreek? In rugby sę hulle:
speel die bal,
nie die man nie. Jy moet nog leer om die saak te debatteer, nie
spreker aan
te val nie.
>>Nee, Henry, dis vir my lankal duidelik dat jy enigiets sleg
van SA
vreeslik graag wil glo. En mense met negatiewe nuus probeer
voed.
En dis vir my net so duidelik dat jy die rol van heldersiende
probeer speel
en motiewe vind waar daar nie motiewe is nie. As jy 'n getroude
kind in
Suid-Afrika het, en AL jou familie daar woon, letterlik oor die
hele land,
wil jy juis so graag positiewe nuus hoor. En as mense jou dan
negatiewe goed
meedeel, en jy eerlike en openhartige vrae stel, juis omdat jou
bronne nie
vir jou betroubaar lyk nie, val jy my aan, en dig jy lukraak
motiewe an my
toe...??? Nee wat, jou eie motiewe is verdag.
Die radio en televisie hier berig feitlik nooit oor my vaderland
nie, en die
koerante het by uitsondering iets te sę. Radio Hoogland, waarna
Opregte groete uit Pennsylvania
Henry
----------
Dit is altyd beter om vir jouself uit te vind as om andere
se opinies te glo.
>Ek dink dis die mense wat voor hulle siel weet hulle sal
nooit
>die land
>verlaat (weens finansiële of enige ander rede) wat die
mees
>aanpasbaarste
>is, hulle weet daar is nie uitkomkans nie, en hulle maak
die
>beste van die saak. Soos wat daai prentjietekenaar Mary
>Engelbreit sę, "bloom where you are planted".
>
>Groete
>Pat
Maak 'n uitkomkans as daar nie een is nie. Daar is altyd 'n
uitweg. Onthou die eksperiment van die muis in die draadhok
wat nie gehou het van veg nie, en nie by die kos uitgekom
het nie. Hy begin kou aan die draad, die speeksel oorsaak
roes en die draad smelt.
'n Persoon wat nie hou om te veg kan 'n verskil maak. Wees
vriendelik met almal hier. Help almal. Ondersteun almal.
Wys 'n beter manier ordentlik uit. 'n Mens onthou altyd 'n
vriendelike gesig en 'n goeie gebaar. Dit werk.
* Sent from RemarQ http://www.remarq.com The Internet's Discussion Network *
The fastest and easiest way to search and participate in Usenet - Free!
Dries
Kwarantyn <nie...@waar.net> wrote in article
<7rf33j$39oe$1...@newssvr04-int.news.prodigy.com>...
Ons kuier gisteraand met vriende. Hulle het (soos ons) familie en vriende
in
die vaderland. Toe hoor ons dat hulle familie wat in Johannesburg woon, glo
so kla oor die verkeersligte in Johannesburg, wat nie werk nie. Glo (te
verstane, as dit waar is) erg frustrerend. Is dit waar? Het die situasie so
verswak dat selfs die verkeersligte nou nie meer werk nie?
Dis ook maar erg om op die Internetkoerante te lees hoe die Afrikaspele
gebuk gaan onder probleme - die mediageriewe wat swak is/was, die werk wat
nie beryds klaar was nie, die 600 kinders met voedselvergigtiging en so
aan.
Selfs Beeld praat telkens van "nog probleme" - is dit alles regtig so erg?
As jy so ver weg is, en aangewese is op nuusberigte (!) en hoorsę, wil jy
juis nie hoor dit gaan sleg nie!
Vertel bietjie - objektief, asseblief - hoe dit regtig daar gaan.
Groetnis
Henry
----------
<<>Ons kuier gisteraand met vriende. Hulle het (soos ons) familie en
vriende in
>die vaderland. Toe hoor ons dat hulle familie wat in Johannesburg woon, glo
>so kla oor die verkeersligte in Johannesburg, wat nie werk nie. Glo (te
>verstane, as dit waar is) erg frustrerend. Is dit waar? Het die situasie so
>verswak dat selfs die verkeersligte nou nie meer werk nie?>>
Nee. Die mense vertel jou kak.
Soms is n verkeerslig vir n tyd buite werking. Die volgende dag is dit
gewoonlik weer reg.
Dis die uitsondering en die situasie is nie eintlik slegter as onder
apartheid nie. In fact, die Johannesburgse stadsraad het die afgelope
twee jaar reuse tree gegee om die finansiele gemors op te klaar wat
die vorige stadsrade geskep het met lening op lening om apartheid te
finansier.
n Deel daarvan was om onnodige kostes te sny en nie primere dienste op
te skort tot die boeke weer balanseer. Deel daarvan was byvoorbeeld
dat verskeie gratis swenbaddens tydelik gesluit was.
Dit is moontlik dat instandhouding van verkeersligte minder gereeld
gedoen word om die rede. Wat jou familie dan moet raaksien is die
eerste poging tot gedissiplineerde finansiele bestuur van die stad in
dekades.
By the way, ek het die naweek oor die hele stad gery tot in William
Nicol en verby Hartbeeshoek en weer terug. Net een (1) verkeerslig het
nie gewerk nie. Hy het bietjie deurmekaar geraak en dan flits dit rooi
en almal hanteer dit as toegeetekens aan al vier kante.
Die res het almal gewerk. En ek wed jou die een wat geflits het werk
more weer.
Wat is dit met mense wat ten alle koste die nuwe demokratiese SA swart
wil smeer? Is dit verskuilde rassisme?
Gepraat van die vorige stadsraad. Ek onthou sulke dinge soos dat ek
gebel het - in tye van droogte - om hulle te se dat n munisipale
waterpunt spuit n fontein in die pad. So vier dae later het die
fontein steeds gespuit. Dis nou die vorige bestel waarvan ek hier
praat.
<< Dis ook maar erg om op die Internetkoerante te lees hoe die
Afrikaspele gebuk gaan onder probleme - die mediageriewe wat swak
is/was, die werk wat nie beryds klaar was nie, die 600 kinders met
voedselvergigtiging en so aan. Selfs Beeld praat telkens van "nog
probleme" - is dit alles regtig so erg?>>
Nee.
As jy Beeld verder gelees het sou jy seker gesien het dat die koerant
die openingseremonie as n reuse en imponerende sukses beskou.
Van die probleme is natuurlik spanne uit ander dele van Afrika wat nie
opdaag nie of nie betyds opdaag nie. Nie veel wat mens daarana kan
doen nie.
<<> Vertel bietjie - objektief, asseblief - hoe dit regtig daar
gaan.>>
Dit gaan goed. Die land is armer as wat hy was in 1980, maar dit gaan
goed. Inflasie in minder en daar is baie meer te koop.
En die infrastruktuur werk.
Daar is baie meer TV stasies en radio stasies en die telefoonstelsel
is meer betroubaar en digitaal teenoor analoog in die verlede.
Daar is nou twee selfoon-netwerke met n derde wat kom. Die goedkoopste
selfoontariewe is R120 vir n jaar dan kan jy alle oproepe gratis kry
en noodoproepe gratis maak.
Die selfoon-netwerke dek omtrent 70% van die bewoonde dele van die
land en al die groter paaie in die land.
As jy wil uitbel, koop jy lugtyg teen R2 en 50 sent per minuut. Dis
die duurste tarief PER MINUUT omdat dit pre-paid is. Boo op die R120
kan jy R50 se prepaid koop as mens omtrent nooit uitbel nie. Dan het
jy vir R170 per JAAR n digitale selfoon. GSM standaard. Dieselfde as
Europa.
Maatskappy-belasting en persoonlike belasting het vanjaar afgekom en
inflasie is die laagste in 30 jaar. Dit daal jaarliks. Die staat is
ook besig om sy maatskappye en baie van sy dienste te privatiseer.
Die prys wat natuurlik daarvoor betaal word, is dat baie dinge wat in
die verlede gratis of omtrent gratis vir witmense was, nie meer is
nie. Privatisering beteken hoe"r tariewe.
Ek kan nie onthou of ons krag ooit in die afgelope 5 jaar af was nie
en die telefoon was ook nooit af nie. Die water ook nie.
En - soos gese - daar is meer te koop in die winkels. Nie alleen
ingevoerde goed nie, maar ook baie meer soorte vrugte en groente. Dit
is die gevolg van beheerrade wat nie meer bestaan nie.
Maar die wat WIL dink of MOET dink (omdat hulle geloop het na bitter
voorspellings van mislukking) dat die land verskriummel, sal dit seker
dink. Dinge is baie keer wat mens wil he dit moet wees.
<<>Henry, omtrent al my familie woon nog in
>Suid-Afrika, en ek hoor gemengde boodskappe.
>
>Ek hoor dat dinge regtig agteruit is, maar dat mens nie
>moet kla nie, want dit help nie. Ek hoor meesal hoe die
>lewensstandaard agteruit is.
>
>Maar dan as ek teruggaan vir n besoek (was verlede jaar daar),
>dan
>sien ek die mense ry nog met slap Mercedes en BMW's, en hulle
>doen
>hulle shopping by die nuwe fancy winkels (Sandton en Rosebank)
>en
>al die nuwe restaurante, dan dink mens niks het verander nie.>>
Presies.
<<Dit is egter ook so dat die verkeersdrukke eksponensieel vermeerder
het, >>
Moet nie ekonomiese groei vergeet nie.
Die Jhb/Pta-gebied het gepaddastoel. Die twee stede is reeds verbind.
En die nuwe snelweg wat so 4 jaar gelede tussen Pta en Jhb gebou is,
is reeds te klein. n Tweede word oor Rosebank tussen die stede beplan.
Hoe beter dit met die ekonomie gaan, hoe meer karre gaan daar wees en
hoe meer karre daar is, hoe erger gaan die verkeer wees.
Vriend Ferdi, soos Glydina maak jy jou skuldig aan dieselfde ding waarvan jy
ander wil beskuldig: jy maak hulle motiewe verdag met aantygings van
"verskuilde rassisme" wanneer vrae gevra word. Dis hoegenaamd nie 'n kwessie
van die "nuwe demokratiese SA" swart smeer nie. Jy moet erken dat SA onder
die vergrootglas gekom het sedert Mandela se vrylating. Dis byna ongehoord
in die moderne geskiedenis dat 'n heersende party homself willens en wetens
uit sy magsposisie "onderhandel" en die leisels van die regering sonder slag
of stoot aan die meerderheid oorhandig. Dis raar dat jy iemand soos Mandela
kry, wat ondanks 27 jaar in die gevangenis - myns insiens onregmatig - met
groot welwillendheid teenoor sy voormalige onderdrukkers die een gebaar van
versoening na die ander maak, en dit opvolg met dade van versoening.
Sedertdien het die Weste se aandag 'n bietjie verskuif, en SA is vir die
meeste van hulle maar net nog 'n speler op die węreldverhoog. Maar vir ons,
binne en buite die land, is elke klein en groot gebeurtenis van kernbbelang.
Sommige, soos jy, is optimiste. Ander soek dalk regtig na elke rede om
pessimisties te wees. Nog ander - soos ek - is realisties, of probeer dit
minstens wees. Daar gaan groot suksesse wees, maar daar gaan ook mislukkings
wees. Ek wil graag hę daar moet meer suksesse wees as mislukkings. Daarom
stres ek oor berigte dat dit nie so goed gaan nie. Dis die rede vir my
aanvanklike vraag. En ek wil nie graag luister na onnadenkende,
oppervlakkige optimisme nie, netso min as wat ek onnadenkende, oppervlakkige
pessimisme wil aanhoor.
Net so terloops: om Suid-Afrika nou, na skaars 5 jaar van 'n nuwe regering
"demokraties" te noem, is net 'n bietjie haastig. Daar word hard geprobeer
om 'n demokrasie in SA te vestig; dis heeltemal waar. Gee egter meer tyd.
Baie water moet nog in die see loop vir die land kan aanspraak maak daarop
dat die demokrasie daar goed gevestig en verskans is. Die ou Nasionale Party
het sedert 1948 daarop geroem dat die land 'n demokrasie was; in werklikheid
was dit 'n eenpartystaat met 'n soort outokrasie - byna 'n diktatuur - wat
soms "benign" en soms erg onderdrukkend was. Laat die opposie - enige
opposisie - die ANC-alliansie eers tweekeer in algemene verkiesings verslaan
en aan die bewind kom; dan kan ons begin praat van 'n demokrasie wat hom
daar begin vestig. Tot dusver is daar baie, baie meer demokrasie as ooit
tevore. Maar 'n gevestigde demokrasie is daar nog nie.
Groete
Henry
Waar, Ferdi? In die Internetweergawe, wat al is wat ek kan lees? Al wat ek
gesien het, was 'n klein foto'tjie van die openingseremonie, wat as
"imponerend" beskryf is. Die koue het blykaar veroorsaak dat net 15,000
mense kom kyk het daarna.
Ons kuier gisteraand met vriende. Hulle het (soos ons) familie en vriende in die vaderland. Toe hoor ons dat hulle familie wat in Johannesburg woon, glo so kla oor die verkeersligte in Johannesburg, wat nie werk nie. Glo (te verstane, as dit waar is) erg frustrerend. Is dit waar? Het die situasie so verswak dat selfs die verkeersligte nou nie meer werk nie?
Dis ook maar erg om op die Internetkoerante te lees hoe die Afrikaspele gebuk gaan onder probleme - die mediageriewe wat swak is/was, die werk wat nie beryds klaar was nie, die 600 kinders met voedselvergigtiging en so aan. Selfs Beeld praat telkens van "nog probleme" - is dit alles regtig so erg?
As jy so ver weg is, en aangewese is op nuusberigte (!) en hoorsê, wil jy juis nie hoor dit gaan sleg nie!
Vertel bietjie - objektief, asseblief - hoe dit regtig daar gaan.
GroetnisHenry
<<>Ferdi skryf: Wat is dit met mense wat ten alle koste die nuwe
demokratiese
>SA swart wil smeer? Is dit verskuilde rassisme?
>
>Vriend Ferdi, soos Glydina maak jy jou skuldig aan dieselfde ding waarvan jy
>ander wil beskuldig: jy maak hulle motiewe verdag met aantygings van
>"verskuilde rassisme" wanneer vrae gevra word. Dis hoegenaamd nie 'n kwessie
>van die "nuwe demokratiese SA" swart smeer nie. >>>
Kom luister bietjie na baie witmense hier (veral oueres)..
Die "Ek is nie nie 'n rassis nie, maar...." mense
Die "Alles is in hulle moer vandat HULLE oorgeneem het!!!" brigade.
<<Net so terloops: om Suid-Afrika nou, na skaars 5 jaar van 'n nuwe
regering
>"demokraties" te noem, is net 'n bietjie haastig. >>
Twee suksesvolle verkiesing.
n Bill of Rights wat werk.
n grondwetlike hof wat werk en inderdaad wetgewing terugstuur as dit
nie aan die Bill of Rights voldoen nie.
Nie n demokrasie nie? Come on......
Een wat nog ontwikkel, ja. Uit die aard van die saak.
Maar NIE n demokrasie nie? Twak man.
<<Daar word hard geprobeer
>om 'n demokrasie in SA te vestig; dis heeltemal waar. Gee egter meer tyd.
>Baie water moet nog in die see loop vir die land kan aanspraak maak daarop
>dat die demokrasie daar goed gevestig en verskans is. >>
Niou skuif jy dioe doelpale. Het ek - of enigiemand anders - gese SA
is n goed gevestigde en verskansde demokrasie?
Nee.
Net dat ons nou n demokrasie is.
En hy is nogal verskans ook. Verskansing beteken greondwetlike hof en
so meer wat werk. Dit is daar.
Daar kan geen verskansing wees teen tenks en n bevolking wat mal raak
nie, vra maar die Europeers. En maak nie saak hoe oud die wetlike
verskansing is nie. Vra maar die Europeers.
<<Die ou Nasionale Party
>het sedert 1948 daarop geroem dat die land 'n demokrasie was; in werklikheid
>was dit 'n eenpartystaat met 'n soort outokrasie - byna 'n diktatuur - wat
>soms "benign" en soms erg onderdrukkend was. Laat die opposie - enige
>opposisie - die ANC-alliansie eers tweekeer in algemene verkiesings verslaan
>en aan die bewind kom; dan kan ons begin praat van 'n demokrasie wat hom
>daar begin vestig. Tot dusver is daar baie, baie meer demokrasie as ooit
>tevore. Maar 'n gevestigde demokrasie is daar nog nie.>>
Maar wie het dit gese?
Die demiokrasie is maar 5 jaar oud!!
Maar hy werk reeds relatief glad.
Kwarantyn schrieb in Nachricht <7rf33j$39oe$1...@newssvr04-int.news.prodigy.com>...
Henry
Die koerante is soos Gloudina - hulle lieg aanmekaar. :)
Maar op 'n ernstiger noot - daar is somtyds robotte wat nie werk nie -
maar dit is beslis nie erger as voorheen nie. Ons klim nog almal in ons
karre en dit neem nog net so lank as voorheen om by die werk te kom.
Die Afrika Spele - die koerante soek mos die stories wat hulle syfers
sal laat klim - en wie wil nou die goeie nuus lees?
Die 600 kinders - daar was sommige met voedsel vergiftiging maar die 600
is blykbaar as voorsorg maatreel getoets.
Laat jy hier 'n agterdeur oop vir wanneer jy wil kritiek uitspreek, terwyl jy
nou vertel ander ouens mag nie SA kritiseer nie?
|
|So wat ek wil s=EA is: Die wat die land wil verlaat of reeds verlaat =
|het, praat niks sleg oor julle land nie.
H, dis nou maar eenmaal so dat daar van ons is vir wie die besluit om die land
te verlaat, makliker gemaak is deur negatiewe dinge of tendense wat in die land
plaasgevind het. Hoekom moet 'n mens daaroor stilbly? Ons het te lank geleef
onder 'n stelsel in SA waar dinge soos kommunisme nie eers bespreek of bestudeer
kon word nie. Waar foute baie suksesvol "weggewens" is.
Ek dink probleme, of dit nou van 'n individu of 'n land is, kan baie makliker
verwerk en aan gewerk word as dit bespreek word.
Ek verwelkom baie eerder Ferdi se aanslag wat vir ons die positiewe van SA stel
- al dink ek hy hou hom blind vir SA se foute. So het ons nou ten minste 'n
baie meer gebalanseerde prentjie van wat daar aangaan.
|Deur SA af te kraak gaan nie =
|jou aanpassing in die vreemde makliker maak nie.
Mense se aanpassing in hulle nuwe lande hang net af van die lewensingesteldheid
(attitude) van daardie mense en hulle familie wat in SA agterbly en het niks te
doen met die uitspreek van kritiek teenoor SA nie.
|En dit help nie om die =
|wat terugkeer of agter bly in SA te verkleineer nie, ons kan nie anders =
|nie. Dis tog elke mens se keuse. Ja, en omdat ons keuses anders is as =
|julle sin, beteken nie one is verkeerd nie. Respekteer dit net!
|
Die teenoorgestelde van hierdie geld netso.
Kritiek teenoor SA behoort niks uit te waai het met die feit of jy 'n
voorstaander is van padgee en of jy 'n stoere patrioot is wat ten alle koste
gaan bly nie.
As een van ons kritiek teenoor SA uitspreek, gee eerder vir ons die balanserende
prentjie en bespreek die saak - dalk het die kritiek meriete, dalk nie.
<<Ferdi Greyling
1. So waddefok beteken "imponered" swaer?
Dis Afrikaans vir "impressive".
In elk geval, hier is vir Beeld se berig:
Die opening- en afsluitingseremonie van die Afrika-Spele tesame met
236 medaljeplegtighede en die verwelkomingseremonies vir die sowat
vyftig lande wat aan die Spele deelneem, sal sowat R9,1 miljoen kos,
het mnr. Danie Malan, hoofamptenaar van die Spele, gistermiddag gesę.
Die openingseremonie, waaraan 2 500 mense Vrydagaand in die
Johannesburgse Stadion deelgeneem het, was skouspelagtig en 'n
reuse-sukses.
Die seremonie is wyd in Afrika uitgesaai, terwyl televisiestasies in
onder meer China en Australië ook hoogtepunte daarvan gebeeldsend het.
Volgens Malan sal 3 500 mense eerskomende Sondagaand deelneem aan die
afsluitingseremonie.
Die 2 500 deelnemers aan die openingseremonie was hoofsaaklik kinders
van agtergeblewe gemeenskappe. Hulle het sedert Junie geoefen vir dié
skouspel, wat op 'n baie koue lenteaand plaasgevind het.
Me. Penny Jones, wat aan die hoof staan van die seremonies by die
Spele, het op 'n perskonferensie by Nasrec gesę sy is baie trots op
almal wat aan die openingseremonie deelgeneem het.
``Jul optrede het Suid-Afrika tot eer gestrek,'' het sy gesę.
Van die kostuums wat Vrydagaand gebruik is, sal weer in die
afsluitingseremonie gebruik word.
Ten tyde van die openingseremonie pres. Thabo Mbeki het die Spele
geopen was daar meer as 25 000 mense in die stadion.
Onder die 15 000 toeskouers was 6 000 kinders, wie se kaartjies deur
die borge van die Spele betaal is.
Die sowat 5 000 deelnemers aan die Spele het aan 'n optog deelgeneem
voordat die swemmer Penny Heyns namens hulle 'n eed afgelę het.
Die oostelike paviljoen was vanweë die water-en-laser-vertoning nie
toeganklik vir toeskouers nie. Toeskouers sal wel in die
afsluitingseremonie daar kan sit.
Die sowat 3 000 vrywilligers wat by die Spele help, sal elk 'n
kaartjie kry vir die afsluitingseremonie.
``Op dié manier wil ons dankie sę vir al hul harde werk,'' het Malan
gesę.
<@sympatico.ca> wrote in message news:37DB9172...@sympatico.ca...Ernest wrote:
Maar, jy moet eintlik die vraag stel aan Gloudina. Dis die een wat weet.
Ek is altyd so bly as ek weet hierdie ou klaerige snip sit nog in Suid-
Afrika en het nie emigreer na Kanada toe nie. Hoe sal hy nou sit en kla as hy
drie uur sit om net op 'n reguit 401 deur Toronto se bokant te ry - nie baie
kilometers nie. En hier in die somer in Ottawa. Een straat se verkeersligte
is opgegrawe en daar is geen verkeerspolisie nie. Wat se soort ding is dit?
familie en vriende in die vaderland.Snaaks hoe hierdie uitdrukking my verdag maak vir die kritiek wat
gaan kom. Gee jou so 'n kleim op die ou landjie, en dan kan jy maar
sit en kritiseer?Het die situasie so verswak dat selfs die verkeersligte nou nie meer werk nie? As jy so ver weg is, en aangewese is op nuusberigte (!) en hoorsê, wil jy juis nie hoor dit gaan sleg nie! Henry
Nee, Henry, dis vir my lankal duidelik dat jy enigiets sleg van SA vreeslik graag
Aanbeveling 1 vir nuusgroep-gebruik: Onthou om te se met wie jy praat.
Dit is omdat daar - anders as in jou kamer - baie mense hier is. Jy
praat met baie. Daarom moet se wie jy aanspreek.
sebastian patscheck wrote in message <7riv6p$e4t$1...@news.rz.uni-karlsruhe.de>...
Groete,
Dries
Ferdi Greyling <ferd...@icon.co.za> wrote in article
<37e6f5cd...@news.icon.co.za>...
'n Bietjie kommentaar...
Ferdi Greyling <ferd...@icon.co.za> wrote in article
<37e4f212...@news.icon.co.za>...
> On Sun, 12 Sep 1999 11:06:36 +0200, "Ernest" <ern...@mweb.co.za>
> wrote:
<knip>
> En die infrastruktuur werk.
> Daar is baie meer TV stasies en radio stasies en die telefoonstelsel
> is meer betroubaar en digitaal teenoor analoog in die verlede.
Digitale telefoonnetwerke is al BAIE lankal met ons (byv. Sunninghill was
al digitaal voor meeste van Europa). AL wat Telkom nou gedoen het is om 'n
paar van die uitstaande analoogstelsels op te rol en die (ho:e) koste
daarvan reguit na die verbruiker toe deur te werk.
<knip>
> Maatskappy-belasting en persoonlike belasting het vanjaar afgekom en
Gwahahahaha (oor die persoonlike belasting wat verminder het)
> inflasie is die laagste in 30 jaar.
Daai d^eng ek gl^o hom nie... As die inflasiekoers werklik daal, hoekom
betaal ek nog elke maand steeds meer vir my (basiese) kosrekening. As ek
al die stygings daarvan oor die laaste jaar kyk het kospryse met BAIE meer
as die sg. inflasiekoers gestyg. Ek praat nie eens van my brandstof
rekening nie. My munisipale rekening het met oor die 30% gestyg, en hy
gaan die maand al weer op. Soos hulle s^e, jy kry leuens en liegstories en
statistiek...
> En - soos gese - daar is meer te koop in die winkels. Nie alleen
> ingevoerde goed nie, maar ook baie meer soorte vrugte en groente. Dit
> is die gevolg van beheerrade wat nie meer bestaan nie.
Dit kan dalk so wees, maar dit gebeur meesal ten koste van die
produseerders van die goedere. Eintlik al wat gebeur noudat die beheerrade
weg is, is dat daar een minder skakel in die voorsieningsketting is (m.a.w.
van die boer tot by die tafel) en dat die middelste skakels meer wins maak.
Haal so nou en dan daai skille en/of rooskleur bril af en KYK na die
werklikheid om jou.
Groete,
Dries
Die inlfasiekoers is 'n funksie van die prysstygings van 'n mandjie
verbruikgoedere (verbuikersprysindeks). Dit sluit in energie (petrol, olie,
elektrisiteit), vervoer (motorpryse, taxikoste), huisvesting (huur,
verbandkoerse), voedsel en ander dingetjies. Uit die aard van die saak het elke
huishouding nie ewe veel blootstelling aan die mandjie nie en ervaar elke
huishouding inflasie dus anders. Duur motors het bv. proporsioneel baie duurder
geword as goedkoper motors - so die invloed wat inflasie op jou huishouding het
hang ondermeer af van of jy 'n motor het, hoeveel motors jy moontlik het, en of
dit duur of goedkoop motors is.
Verder kry mens buiten die gewone inflasiekoers ook kerninflasie. Gewone
inflasie is onderworpe aan "tegniese faktore." Die berekening die sg.
jaar-tot-jaar inflasie syfer (algemeen in gebruik) gaan oor hoeveel hoe"r die
verbruikersprysindeks vandees maand is as dieselfde maand verlede jaar. As die
verbuikersprysindeks verlede jaar skerp gestyg het vanwee" bv. skerp
rentekoersverhogings en daardie rentekoersverhogings word nie vanjaar weer
herhaal nie, daal die inflasiekoersgevolglik skerp. Die kerninflasie aan die
ander kant is 'n aanduiding van onderliggende inflasie in de ekonomie.
Huidiglik is die gewone inflasiekoers onder 5% (4.enige iets% en die laagste in
27 jaar) terwyl die kerninflasie nog steeds op 8% is.
Laer inflasie beteken ook dnie at verbuikersgoedere goedkoper word nie (dis
deflasie en ons kry dit gewoonlik in 'n depressie), dit beteken bloot dat pryse
stadiger styg as vanevore ("eine biggen dealen!").
Wat die beskikbaarheid van goedere betref dink ek dinge het met rasseskrede (?)
verbeter. Volgens my is dit die resultaat van mededinging. Prysverhogings et
al kan nie langer sondermeer deur verskaffers aan die verbruiker deurgegee word
nie. Winkels moet definitief nou ook die gordels stywer trek. Die
beskikbaarheid van verbruiksartikels hang ook seker af van waar mens koop. In
die platteland is die verbetering relatief min en ve^r uitmekaar. Maar by
Sandton City en Eastgate is dit heel 'n ander saak. The consumer is king!!
Hartelike groete
Cyber Sakkie (of Kuber Isak vir die taalpuriste)
In article <01befedc$bba3ffa0$LocalHost@mecer-386>, "Dries says...
<<>> En die infrastruktuur werk.
>> Daar is baie meer TV stasies en radio stasies en die telefoonstelsel
>> is meer betroubaar en digitaal teenoor analoog in die verlede.
>Digitale telefoonnetwerke is al BAIE lankal met ons (byv. Sunninghill was
>al digitaal voor meeste van Europa). AL wat Telkom nou gedoen het is om 'n
>paar van die uitstaande analoogstelsels op te rol en die (ho:e) koste
>daarvan reguit na die verbruiker toe deur te werk.>>>
Actually het Telkom so twee jaar gelede begin om alle
analoog-sentrales met digitale sentrales te vervang.
IN groot dele van Johannesburtg het dit eers in die afgelope twee
maande gebeur.
Netwerke kan sover ek weet nie digitaal of analoog wees nie, dis diie
sentrales wat vervang en aangepas moet word.
<<> Maatskappy-belasting en persoonlike belasting het vanjaar afgekom
en
>Gwahahahaha (oor die persoonlike belasting wat verminder het)>>>
Gaan raadpleeg ander bronne as jou lagbuie. Gaan lees die mees
onlangse begroting en gaan raadpleeg die belastinggaarder se kantoor.
<<>> inflasie is die laagste in 30 jaar.
>Daai d^eng ek gl^o hom nie... As die inflasiekoers werklik daal, hoekom
>betaal ek nog elke maand steeds meer vir my (basiese) kosrekening. As ek
>al die stygings daarvan oor die laaste jaar kyk het kospryse met BAIE meer
>as die sg. inflasiekoers gestyg. Ek praat nie eens van my brandstof
>rekening nie. My munisipale rekening het met oor die 30% gestyg, en hy
>gaan die maand al weer op. Soos hulle s^e, jy kry leuens en liegstories en
>statistiek...>>>
Jy kies om jou eie gevoel te vertrou eerder as statistiek van nie
alleen die sentrale statistiekdiens nie maar ook onafhanklike
navorsing.
Dis jou probleem.
Maar gaan doen dit ten minste 'n bietjie wetenskaplik. Gaan stel van
hoe inflasie bereken word. Vat dieselfde pakket (wat oor die jare
gebruik was) en monitor dit self.
Dan sal jy met gesag kan praat. Op die oomblik praat jy op blote
emosionele gevoel.
Die petrolprys het toevallig te doen met lande elders in die wereld
wat n organisasie met die naam OPEC gestig het. Hulle beheer
olieproduksie en het vroeer vanjaar begin om produksie te verminder
sodat die prys kan styg sodat hulle meer geld kan kry. Die prys het
toe ook gestyg.
<<> En - soos gese - daar is meer te koop in die winkels. Nie alleen
>> ingevoerde goed nie, maar ook baie meer soorte vrugte en groente. Dit
>> is die gevolg van beheerrade wat nie meer bestaan nie.
>Dit kan dalk so wees, >>>
Dit is so. En as jy oplettend was, sou jy dit raakgesien het.
<<maar dit gebeur meesal ten koste van die
>produseerders van die goedere. Eintlik al wat gebeur noudat die beheerrade
>weg is, is dat daar een minder skakel in die voorsieningsketting is (m.a.w.
>van die boer tot by die tafel) en dat die middelste skakels meer wins maak.>>
Ek sou dink ten minste een ander ding het ook gebeur (dis nou apart
van die wyer verskeidenheid van produkte wat beskikbaar is) en dit is
dat Suid-Afrika besig is om in 'n mark-ekonomie te verander. Die
beheerrade het ons baie sosialisties gemaak.
Uit jou reaksie lui ek af dat jy sosialisme verkies.
Ek reken egter die mark - korrek en met oordeel getemper - is ons
beste kans in die globale ekonomie vandag. En beheerrade rym net
eenvoudig nie daarmee nie.
<<Haal so nou en dan daai skille en/of rooskleur bril af en KYK na die
>werklikheid om jou.>>
Inderdaad help dit om skille van jou oe af te haal.
Soos dat laer persoonlike en maatskappye-belasting n werklikheid is.
Soos om te sien hoe inflasie gemeet word.
Soos om te sien hoekom die petrolprye opgaan.
En so aan.
Probeer dit gerus.
(Ek sit nou en smile hier oor jou wat se ek moet: " Haal so nou en
dan daai skille en/of rooskleur bril af en KYK na die
>werklikheid om jou.>>
Dit gee meer weg as wat jy dink, weet jy. Jy stel 'n pessimistiese
uitkyk op Suid-Afrika gelyk aan "die werklikheid".
Met ander woorde dis soos jy kyk? Dis soos jy dink mense moet kyk? Dit
maak jou kwaad as mense met optimisme na SA kyk?
N.S. Oor die belasting wat verlaag is, gaan na een van die SA koerante
se argiewe en soek berigte op oor vanjaar se begroting. Dis alles daar
vir jou om te lees.
<<>_NUWE_ snelweg? Dis maar net die Ben Schoeman wat 'n ekstra baan
gekry
>het! >>
OK in my boek is die opgraaf van 'n bestaande TEERpad en die neerle
van 'n NUWE SEMENTblad met 'n ekstra baan die hele pad tussen die twee
stede 'n nuwe pad. Ek het nie gese nuwe roete nie. Ek het gese nuwe
pad.
<< Nog voor dit gedoen is, het verkeersingenieurs al ges^e dit gaan te
>klein wees, daar moet eerder 'n heeltemal nuwe een gebou word. Maar toe
>s^e die groenes not 'n donner, wat van al die ekstra besoedeling en die
>regering val heel lekker daarby in en s^e daar's nie geld nie. Nou
>besoedel ons die gebied tussen Pretoria en Sandton so staan-staan elke
>oggend. Ek ry hom nie eens meer nie, want ek frustreer myself tot in die
>verderf in.>>
Daar word n nuwe een beplan.
Op n nuwe roete ook
Hmmm.....
En nou gaan die oue en die nuwe albei tolpaaie wees.
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
<<Laer inflasie beteken ook dnie at verbuikersgoedere goedkoper word
nie (dis
>deflasie en ons kry dit gewoonlik in 'n depressie), dit beteken bloot dat pryse
>stadiger styg as vanevore ("eine biggen dealen!"). >>
Inderdaad.
En as dieselfde riglyne vir albei soort inflasie die afgelope 30 jaar
gebruik word en as die syfer deesdae die laagste in 30 jaar is, dan is
inflasie die laagste in 30 jaar.
En laer inflasie is vir die gewone burger in ons situasie beter as
hoe"r inflasie.
Om die waarheid te se, die rentekoerse wat banke aanbied vir baie
beleggings wat beskibaar is vir die meeste mense, is meer as die
inflasiekoers.
|Wat die beskikbaarheid van goedere betref dink ek dinge het met rasseskrede (?)
|verbeter.
Sakkie, dankie vir die netjiese verduideliking! Vir 'n onnosel ou soos ek moet
ek erken sę dit nog steeds net dat daar maar op baie verskillende wyses met die
syfers getoor kan word om heel verskillende argumente mee te staaf. Elke ou se
ervaring is, soos jy tereg sę, individueel sy eie volgens sy omstandighede.
'n Ander groot faktor is seker nog ook of 'n gesin kinders op skool /
universiteit het of nie.
Verskeie besoekers wat ons hier uit SA gehad het, berig na 'n tyd dat iets wat
hulle hier ontdek het, nou ook in SA begin beskikbaar raak. Nou kan 'n mens
dalk konserwatief wees en sę dat die persone voorheen net nie die artikels
raakgesien het nie maar nou eers daarvan bewus word, maar ek sou dink dat dit
dan maar net vir sowat helfte die gevalle geld.
Nou met wie praat jy Ferdi? Duh!!