Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Grappie #5

491 views
Skip to first unread message

Annette

unread,
Sep 25, 2001, 12:40:40 AM9/25/01
to
Ferdinand en Daaina is al oud en bitter lank getroud.
Hulle belsuit op 'n dag om grafstene vir mekaar te laat maak.
Op 'n dag gaan soek die ou tannie iets in die pakkamer, en daar kom sy af op
die grafsteen met die vedoemende woorde Daaina - Yskoud soos Altyd. Sy is
woedend en besluit net daar om sy grafskrif te laat verander.
Twee weke later gaan die omie skielik dood, en hy word te ruste gelę onder
die steen wat sę:
Ferdinand - Uiteindelik Stokstyf.

Mind.


Max

unread,
Sep 25, 2001, 3:21:13 AM9/25/01
to
Dankie Annette! Ek het geskater van al vyf jou grappies!!! Meer!?
_________________________________________________________
"Annette"

Annette

unread,
Sep 25, 2001, 7:49:01 AM9/25/01
to
Sheez Max!! 'n Grappie is mos nes 'n soen en kondensmelk - hoer meer mens
kry, hoe meer wil jy hę:))
Ek sal weer later 'n paar pos - wees net geduldig.
Annette


--

Thys de Wet

unread,
Sep 25, 2001, 11:07:04 AM9/25/01
to
So van die dokke gepraat:

Een van die hawelike-vroulike-kompatriotte tel ook 'n 'verskilletjie' op met
een van haar aanboord "kliënte".
Natuurlik word beskuldigings oor-en-weer geslinger sodat van Hunks teen die
berg ore toedruk soos dit "weergalm".

Van al die gedruis loer die kaptein van die vaartuig by sy patryspoort uit
en voeg sy stem by die argument.
Seeman soos wat hy waardig is deur sy taalgebruik, is erg onthuts oor die
lawaai hier so by sy kajuit so vroeg in die oggend.

Laat loop die 'dame' hier van onder af:
"Hei djy merrie ship ommie nek: Sjarrap! Wie't miskien djou opinion gevra?"

"n ander een:

Die omie (seker een van G in K s'n) en een van sy plaasmense tel woorde op.
Omie seg vir Jakoos dat hy wat Jakoos is darem al te erg lelik staan praat
so op die werf.
"Maar baasgoed is darem nou self ok nie al te stemmig met die mond saam nie"
"Nou maar as jy dan so dink tata, dan moet ons maar kompetisie hou oor wie
saam dan nou tog die lelikste kan vloek?" stel omie voor
So gesę, en daar trek die twee los:

"Jy's 'n bliksem-duiwel-hoenderhok-verneuker"
"En jy: Jy sommer 'n hondehok-werfetter-dakspyker-moerder"
En so gaan die twee aan
Jakoos sę later: "Hoo nou wat baasgoed. Jy wen, want van 'n
windpomp-draai-donder-duiwel-moersel-bliksem-wetter het ek nou nog nie
gehoor nie"

Thys oppie Bos


home.com

unread,
Sep 25, 2001, 1:01:32 PM9/25/01
to
Thys de Wet wrote:

> Een van die hawelike-vroulike-kompatriotte


>
> Laat loop die 'dame' hier van onder af:
> "Hei djy merrie ship ommie nek:

> en van sy plaasmense .
> Omie seg vir Jakoos
> "Maar baasgoed

So niks het nog verander in die elitiese breine
van die wit Bolanders nie, nè?
Die hoere by die dokke is almal "kleurlinge,"
nè? Om een van hulle as wit aan te dui in 'n grap sal
die hele ou kultuur-spulletjie in duie laat stort, nie
waar nie? Net soos " die plaasmense" nog maar
altyd "baasgoed" sê in die volksmond wanneer die
volksmond sy ou grappies vertel?

Tant Hessie van die Derde Republiek se
kultuurafdeling.


Rico

unread,
Sep 25, 2001, 5:39:05 PM9/25/01
to

<@home.com> schreef in bericht news:3BB0B9A6...@home.com...
Thys de Wet wrote:

> Een van die hawelike-vroulike-kompatriotte
>
> Laat loop die 'dame' hier van onder af:
> "Hei djy merrie ship ommie nek:

> en van sy plaasmense .
> Omie seg vir Jakoos
> "Maar baasgoed

So niks het nog verander in die elitiese breine

van die wit Bolanders nie, nč?


Die hoere by die dokke is almal "kleurlinge,"

nč? Om een van hulle as wit aan te dui in 'n grap sal


die hele ou kultuur-spulletjie in duie laat stort, nie
waar nie? Net soos " die plaasmense" nog maar

altyd "baasgoed" sę in die volksmond wanneer die


volksmond sy ou grappies vertel?

Tant Hessie van die Derde Republiek se
kultuurafdeling.

PFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFFF
F
Altyd weer dieselfde antwoord.

Gr.Rico


Wouter Plaasvark

unread,
Sep 25, 2001, 7:13:25 PM9/25/01
to
Gloudina

So niks het nog verander in die elitiese breine
van die wit Bolanders nie, nč?

Die hoere by die dokke is almal "kleurlinge,"
nč? Om een van hulle as wit aan te dui in 'n grap sal

die hele ou kultuur-spulletjie in duie laat stort, nie
waar nie?

Wouter
Sjeez Gloudina, moet jy nou alle grappe oor kleurlingtaal verdoem? Dit gaan
oor die taal, nie oor die kleur van die hoer nie, get it? Hier in die Kaap
maak wit en bruin lustig grappe oor die Kaapse dialek, dit is 'n gegewe en
nie 'n sensitiewe area nie, die betrokke grap is al oor geselsradio
uitgesaai. Of die omroeper wit of bruin was kan ek nie onthou nie, dit maak
nie verskil nie. Maar 'n mens het 'n sin vir humor nodig om dit te waardeer,
hoekom praat ek nog met jou daaroor?

'n Grappie oor 'n depressiewe antie met 'n hangpram is goed, maar die Kaapse
dialek is taboe? Get a life, Gloudina, get a life.

O ja, dis alweer laat in die nag, maar niks pla my nie, hoor. Ek raak jou
onsin gewoond.....


home.com

unread,
Sep 25, 2001, 8:07:06 PM9/25/01
to
Wouter Plaasvark wrote:

> Sjeez Gloudina, moet jy nou alle grappe oor kleurlingtaal verdoem? Dit gaan
> oor die taal, nie oor die kleur van die hoer nie, get it?
>

> 'n Grappie oor 'n depressiewe antie met 'n hangpram is goed, maar die Kaapse
> dialek is taboe?

Luister, ou Wouter, moenie probeer om draaie ommy te hardloop nie. Ek kyk jou in
die oë en ek sê
vir jou dat solank jy die "kleurling-kultuur" in die
Boland op jou ou wit omie manier tipeer, solank
bly jy 'n skandvlek op die naam van die Afrikaner.
Te lank het 'n hele klomp Afrikaners hulle monde
gehou en nie beswaar gemaak teen hierdie ou
"grappies" nie. Wonder jy hoekom ons nie sommige
van jou bruin broers en susters op hierdie nuusgroep
sien nie? Dis omdat hierdie ou soort "grappies" soos
klokslag uit die monde van baie van die Afrikaners
se bydraes kwyl. Daar was vir 'n ruk iemand op
hierdie nuusgroep wat 'n bruin Suid-Afrikaner was
maar nou 'n professor by 'n Universiteit in Chicago.
Hoekom is hy nie meer hier nie? Ek dink jy ken
die antwoord.
En die "grappie" van die tannie met die hang-
pramme. Dink JY dit is OK? Ek dink nie dis OK
nie. Ek dink dit is seksisties. As jy nou vir my 'n
soortegelyke grap vertel oor 'n ou omie met hang-
ballas, dan sal ek dink dis ook seksisties. Hoekom
hoor mens nie grappies oor ou ooms met hangballas
nie, hè, Wouter Plaasvark. Vertel dit vir my.

Gloudina


Thys de Wet

unread,
Sep 26, 2001, 4:25:29 AM9/26/01
to
Hętou petytou! Hoe spoe sy nou gif!

En dit oor die Kleurling kultuur! Ag kom tog nou Gloudina: Ons praat nog
altyd van 'n boer pampoen.
Of wil jy dit ook nou laat verander in 'n 'eurosentriese grondbewerker'
pampoen?
Dan sal ons maar praat van 'n 'inheems nie-eurosentriese' vis vir 'n
Hottentot vis?
Maar dan miskien is jou knormoer dalk defek, en sal 'n hoog gekwalifiseerde
meganiese tegnikus die nodige herstelwerk moet verrig.

Thys oppie Bos waar ons praat soes ons wil. (bolands, nie ondervelds nie)
'It maakie saakie
oor hoe djy praatie
'ie gammat oppie straat
sit ok hier en tjek
wie kom veby
lat hy ka hys toe ry
oor sedoos soe waai
oorrie flats vedaan
maak mens skoon gedaan
die gestry
oor wie's nou bruin
en wie's nie
he hoer's he hoer
en he boer bly boer
in kanada of innie kaap
jy kan dit praat
net soos jy smaak

<@home.com> wrote in message news:3BB11D5D...@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:

> Sjeez Gloudina, moet jy nou alle grappe oor kleurlingtaal verdoem? Dit
gaan
> oor die taal, nie oor die kleur van die hoer nie, get it?
>
> 'n Grappie oor 'n depressiewe antie met 'n hangpram is goed, maar die
Kaapse
> dialek is taboe?

Luister, ou Wouter, moenie probeer om draaie ommy te hardloop nie. Ek kyk
jou in

die oë en ek sę


vir jou dat solank jy die "kleurling-kultuur" in die
Boland op jou ou wit omie manier tipeer, solank
bly jy 'n skandvlek op die naam van die Afrikaner.
Te lank het 'n hele klomp Afrikaners hulle monde
gehou en nie beswaar gemaak teen hierdie ou
"grappies" nie. Wonder jy hoekom ons nie sommige
van jou bruin broers en susters op hierdie nuusgroep
sien nie? Dis omdat hierdie ou soort "grappies" soos
klokslag uit die monde van baie van die Afrikaners
se bydraes kwyl. Daar was vir 'n ruk iemand op
hierdie nuusgroep wat 'n bruin Suid-Afrikaner was
maar nou 'n professor by 'n Universiteit in Chicago.
Hoekom is hy nie meer hier nie? Ek dink jy ken
die antwoord.
En die "grappie" van die tannie met die hang-
pramme. Dink JY dit is OK? Ek dink nie dis OK
nie. Ek dink dit is seksisties. As jy nou vir my 'n
soortegelyke grap vertel oor 'n ou omie met hang-
ballas, dan sal ek dink dis ook seksisties. Hoekom
hoor mens nie grappies oor ou ooms met hangballas

nie, hč, Wouter Plaasvark. Vertel dit vir my.

Gloudina


Thys de Wet

unread,
Sep 26, 2001, 4:25:44 AM9/26/01
to
Nee maar dit lyk my die hoge kanadese burgers wat so graag afrikaans wil
besig, is besig om die verlede met die hede te verwar!

Dit is so Gloudina dat baie van die sekswerkers in die dokke nie bleek velle
het nie, en dat hulle kaaps praat.

En as jy die moeite wil doen om die Kaap te kom besoek dan sal jy vind dat
ons wel hier in RAS (nie spelfout nie) en vrede met mekaar saamleef. Die
taal wat ons praat bly nog steeds die taal wat ons praat, en al wil jy nou
ook die apiestuipe en wat nog als daaroor kry, JY sit BUITE die dampkring
van die taal wat ons praat, en dis waaroor jy tog SO jaloers is!!
Die WAT se 75e bestaansjaar word Vrydagaand hier gevier, en ek sal daar
wees. Saam met ons Rheoboth Griekwa, Nama en Kaapse Vlakte Afrikaans
praters. En ek is uitgenooi... Deur Dirk van Schalkwyk self.

En die maniere hoe mense op die plase gepraat het en nog steeds praat kan
nie ek of jy verander nie. Dis deel van ons Suid-Afrikaanse
kultuurgeskiedenis. Aanvaar dit of los dit. En gaan maar aan waaroor jy
nou ookal wil.
Dit staan jou natuurlik vry om vir al die Bolandse plaaswerkers te kom
lesgee in die suiwer uitspraak en gebruik van Afrikaans.
Ek sal bly pos in Kaapse Afrikaans, en wat jy nou ookal daaroor sę skeel my
'n bloue duit.

Thys wattie taal praat soes hy wil hie' oppie Bos
<@home.com> wrote in message news:3BB0B9A6...@home.com...
Thys de Wet wrote:

> Een van die hawelike-vroulike-kompatriotte
>
> Laat loop die 'dame' hier van onder af:
> "Hei djy merrie ship ommie nek:

> en van sy plaasmense .
> Omie seg vir Jakoos
> "Maar baasgoed

So niks het nog verander in die elitiese breine

van die wit Bolanders nie, nč?


Die hoere by die dokke is almal "kleurlinge,"

nč? Om een van hulle as wit aan te dui in 'n grap sal


die hele ou kultuur-spulletjie in duie laat stort, nie
waar nie? Net soos " die plaasmense" nog maar

altyd "baasgoed" sę in die volksmond wanneer die

Wouter Plaasvark

unread,
Sep 26, 2001, 5:44:15 AM9/26/01
to
GGONES

Wonder jy hoekom ons nie sommige van jou bruin broers en susters op hierdie
nuusgroep sien nie?

Wouter
Hier word periodiek naakte rassistiese uitsprake gemaak - dis noodwendig dat
'n kleurling nie hier gemaklik sal wees nie. Met grappe oor peper,
hangpramme of hangballas het dit min of niks te maak nie.

GGONES
En die "grappie" van die tannie met die hangpramme.


Ek dink nie dis OK nie. Ek dink dit is seksisties

Wouter
Maar jy het teen al die ander grappe uitgevaar en dus implisiet
te kenne gegee dat jy meer gemaklik is hiermee. Met jou aanhoudende
gesoek na 'n rassis binne in elke storie wat nie leliewit is nie, stuur
jy die boodskap uit dat seksisme meer aanvaarbaar as rassisme is.

GGONES


Hoekom hoor mens nie grappies oor ou ooms met hangballas

nie, hč, Wouter Plaasvark. Vertel dit vir my.

Wouter
Nee ek weet nie. Ek gee op, vertel jy my maar. :-)
Dalk omdat ou ooms se hangballas nie so opmerklik is nie?
Nou dat ek daaraan dink, ek het nog nooit iemand se hangballas gesien nie,
kan ek aflei dat daar so iets in jou familie is? Of waar sou jou intense
belangstelling hierin vandaan kom?

Max

unread,
Sep 26, 2001, 6:36:07 AM9/26/01
to
Ta' Hessie, dink jy nie dis tyd dat jy en die Oom bietjie gaan vakansie hou
nie... Die somer is besig om uit te loop en jy klink gefrustreerd. Bietjie
son sal help. Hoe lank spandeer jy eintlik per dag agter jou PC?

Seker nie te lank nie, want ek dink jy cut and paste dieselfte stukkie oor
en oor... Of is jy miskien 'n robot wat af en toe gediggies plaas, en verder
net soek vir "rassistiese" woorde en dan een of ander toesnouing genereer?

My gevoel vir almal op hierdie groep bly byna heeltyd dieselfte, maar vir
jou nie. Soms is ek gek oor jou, en spyt dat ek jou nie persoonlik ken nie,
maar ander dae gee jy my 'n kramp in die gat!
__________________________________________________________

<@home.com>


So niks het nog verander in die elitiese breine

van die wit Bolanders nie, nč?

EN NIKS VERANDER IN DIE ELITIESE BREIN VAN GLOUDINA.


home.com

unread,
Sep 26, 2001, 7:33:29 AM9/26/01
to
Thys de Wet wrote:

> he hoer's he hoer
> en he boer bly boer
> in kanada of innie kaap
>
>

> Wouter Plaasvark wrote:
>
> > Sjeez Gloudina, moet jy nou alle grappe oor kleurlingtaal verdoem? Dit
> gaan
> > oor die taal, nie oor die kleur van die hoer nie, get it?

Nee-wat, ou Thysie, jy weet PRESIES waarvan ek praat. Solank
hoere in die Kaapse dokke in die grappe en dus in die bewussyn
van die wit Bolanders (merk jy op die grappe word meestal vertel
deur wit mans?) altyd deur hulle spraak aangedui word as
"Kleurlinge, " solank is daar iets korrup in die bewussyne van
wit (meestal manlike) blanke Bolanders. Dieselfde met die
grappies oor die plaaswerkers. Dis 'n subtiele gehoer met die
maatskappy en die taal, en as jy jou daaraan skuldig maak, is
jou hande vuil. Net soos mense hier in Ottawa na moskees gaan
om hulle solidariteit te wys met Moslems wat geteiken word
deur elemente wat hulle wil blameer vir dit wat op 11 September
in NY gebeur het, so doen ek 'n beroep op jou om op te hou om
hierdie duidelik neerbuigende grappe oor die mense in jou
maatskappy te vertel. Of anders dit nie op hierdie nuusgroep te
doen nie. Wie weet watter bruin Afrikaners lees hierdie nuusgroep
soms, en besluit in disgust dat hierdie forum nie vir hulle is nie,
omdat al wat hulle lees, hierdie gammatjie-grappe is.

Gloudina

home.com

unread,
Sep 26, 2001, 7:50:58 AM9/26/01
to
Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter
> Maar jy het teen al die ander grappe uitgevaar en dus implisiet
> te kenne gegee dat jy meer gemaklik is hiermee. Met jou aanhoudende
> gesoek na 'n rassis binne in elke storie wat nie leliewit is nie, stuur
> jy die boodskap uit dat seksisme meer aanvaarbaar as rassisme is.
>

O nee. Jy is nie lank genoeg op hierdie nuusgroep nie.
Ek val baie keer seksistiese grappe aan. Maar ek maak
nie kommentaar op alles wat ek hier lees nie. En in
hierdie geval het ek ongeveer gewag (a) dat Shannon, nou
Kekkelbek sal reageer,. (b) hoe ander vroumense op hierdie
nuusgroep sal reageer. My stilte is somtyds 'n "trap", ou
Wouter.

Gloudina

home.com

unread,
Sep 26, 2001, 7:53:15 AM9/26/01
to
Wouter Plaasvark wrote:

> Nou dat ek daaraan dink, ek het nog nooit iemand se hangballas gesien nie,
> kan ek aflei dat daar so iets in jou familie is? Of waar sou jou intense
> belangstelling hierin vandaan kom?

Wys net hoe 'n naiewe en onervare oom jy werklik is. Nognooit in plekke gewees
waar mense kaal swem nie?

Gloudina


home.com

unread,
Sep 26, 2001, 8:04:56 AM9/26/01
to
Max wrote:

> My gevoel vir almal op hierdie groep bly byna heeltyd dieselfte, maar vir
> jou nie. Soms is ek gek oor jou, en spyt dat ek jou nie persoonlik ken nie,
> maar ander dae gee jy my 'n kramp in die gat!

En, my liewe Max, jy reageer PRESIES soos wat Tannie
verwag. (En dit veroorsaak ook dat jy gereeld die nuusgroep
lees, nè?)

Tant Hessie, die bot.

home.com

unread,
Sep 26, 2001, 8:26:46 AM9/26/01
to
Max wrote:

> Ta' Hessie, dink jy nie dis tyd dat jy en die Oom bietjie gaan vakansie hou
> nie... Die somer is besig om uit te loop en jy klink gefrustreerd. Bietjie
> son sal help. Hoe lank spandeer jy eintlik per dag agter jou PC?
>

Max, die probleem is eintlik die Oom. Hy hou nie
verskriklik daarvan om van sy rekenaar weg te wees
nie. Die Oom is 'n baie snaakse oom. As hy nie sit
en Japannees leer nie, leer hy Tibetaans (Lhasa-dialek.)
En hy is so lief vir sy kleinkinders hier in Ottawa, dat
hy kla as hy hulle nie vir 'n dag of twee gesien het nie.
Maar ons sal darem een van die mooi dae vir 'n paar
dae weggaan, want die Kanadese Thanksgiving is in
die middel van Oktober, en daar sal 'n groot saamtrek
by een van ons ander kinders wees.
Hoe lank spandeer ek voor die PC? Nie te lank nie.
Ek skryf meeste van die goed op hierdie nuusgroep
vroeg in die oggend, as die Oom nog 'n slapie wil
vang en ek al op is. Onthou, ek is ses uur agter SA
en vier of vyf uur agter jou.

Tant Hessie

Max

unread,
Sep 26, 2001, 9:51:32 AM9/26/01
to
Nou's ek deurmekaar... Ek het tog al oor en oor gesê dat ek al moeg is vir
al die njap-njap oor rassisme. En die holruggeryde wit omies en
apartheidsvarke. Ek dink ek mis ook heelwat interessante staaltjies, want as
'n thread eers so begin draai (raar genoeg, draai byna almal een of ander
tyd daar - volgens my sorg jy daarvoor) dan lees ek dit nie eers verder
nie...

Wat veroorsaak dat ek gereeld die nuusgroep lees? Jy? Ek dink dit nie.
___________________________________________________________
<@home.com>

home.com

unread,
Sep 26, 2001, 10:21:34 AM9/26/01
to
Max wrote:

> Nou's ek deurmekaar... Ek het tog al oor en oor gesê dat ek al moeg is vir
> al die njap-njap oor rassisme. En die holruggeryde wit omies en
> apartheidsvarke. Ek dink ek mis ook heelwat interessante staaltjies, want as
> 'n thread eers so begin draai (raar genoeg, draai byna almal een of ander
> tyd daar - volgens my sorg jy daarvoor) dan lees ek dit nie eers verder
> nie...
>

Uit jou reaksies leer jy jouself ken.
En wees maar versekerd, my teenwoordigheid
op hierdie nuusgroep is nie om vir jou plesier
te bring nie. Ek was hier van die begin van die
geboorte van die nuusgroep af, en sal nog hier
wees lank nadat jy al opgehou het om dit te
lees.

Tant Hessie, vryheidsvegter en terroris.

Max

unread,
Sep 26, 2001, 10:24:27 AM9/26/01
to
Ek word so bly as ouer mense nie bang is vir PC's nie. Ek wens so ek kan my
Pa oortuig om ook een te koop! En as mens PC's gebruik om slimmer te word is
dit nog soveel beter...

Ons is in die somertyd op dieselfte tydzone as SA en in die winter is ons
een uur agter SA.

Groete
__________________________________________________________
<@home.com>

Max

unread,
Sep 26, 2001, 10:27:04 AM9/26/01
to
Soms bring jou teenwoordigheid vir my plesier... Ek weet jy's al lank hier.
________________________________________________________
<@home.com>
Max wrote:

> Nou's ek deurmekaar... Ek het tog al oor en oor gesę dat ek al moeg is vir

Hilda en Gervaas

unread,
Sep 26, 2001, 10:53:30 AM9/26/01
to

>(b) hoe ander vroumense op hierdie
> nuusgroep sal reageer. My stilte is somtyds 'n "trap", ou
> Wouter.
>
> Gloudina

Ek's jammer , Gloudina, maar ek's seker 'n slegte mens, want ek kan amper
met elke grap lag en ek's mal oor galgehumor.
Ek het geen probleem daarmee dat Hollanders en Franse grappe oor Belge maak
nie - ons vertel ook grappe oor Hollanders.
Ek kyk elke dag na 'n program op die Franse televisie (France2) 'Pyramide'
en een van die aanbieders is 'n pragtige, swart jong vrou. Sy is baie snaaks
en ook baie mooi ! Almal is mal oor haar (ek ook !), maar die ander
aanbieders terg haar gereeld, selfs oor haar intelligensie. Sy kan altyd
gevat antwoord en sy lag saam. Ek dink as jy g'n komplekse het nie en jy
weet wat jy werd is, dan kan mense maar grappe vertel oor 'jou groep', of
dit nou Belge, of swartes, of vroue, of enigiets anders is. Ek het g'n enkel
probleem daarmee nie. Ek dink as mense 'n bietjie meer met mekaar oor mekaar
se 'snaaksighede' sou lag, dat daar seker minder misverstande en selfs
oorloe sou wees. As ons onsself as té belangrik begin te beskou en nie meer
kan lag as ander mense lag nie, dan vergroot ons net die afstand tussen die
andere en ons.

Ek verklaar dus hardop : ek's fier ek is 'n (al 'n bietjie ou) vrou en 'n
Belg en 'n eks-Afrikaan en alles wat ek is en julle mag maar grappe oor my
vertel :-)))).

Groete,
Hilda.


Sakkie

unread,
Sep 26, 2001, 11:09:14 AM9/26/01
to

"Hilda en Gervaas" <hilda....@pandora.be> wrote in message
news:KZls7.72434$6x5.15...@afrodite.telenet-ops.be...

>
> >(b) hoe ander vroumense op hierdie
> > nuusgroep sal reageer. My stilte is somtyds 'n "trap", ou
> > Wouter.
> >
> > Gloudina
>

> Hilda:


> Ek dink as jy g'n komplekse het nie en jy
> weet wat jy werd is, dan kan mense maar grappe vertel oor 'jou groep', of
> dit nou Belge, of swartes, of vroue, of enigiets anders is.

Sakkie:
Pragtig Hilda, ek dink jy het die kruks van die saak hierbo beet.
Dit is die "g'n komplekse" gedeelte wat by party mense kortkom.


home.com

unread,
Sep 26, 2001, 11:24:24 AM9/26/01
to
Hilda en Gervaas wrote:

> . Ek dink as jy


> weet wat jy werd is, dan kan mense maar grappe vertel oor 'jou groep',

> As ons onsself as té belangrik begin te beskou en nie meer

> kan lag ... dan vergroot ons net die afstand tussen die
> andere en ons.
>

Dis alles goed en wel. Maar in die nie te verre verlede
nie het sommige van die "Kleurlinge" in SA begin sê,
wie dink "hulle" is ons? Hulle maak ons in "hul" grappe
uit as gammatjies, en hoere by die dokke en plaas-
arbeiders, en ons is professore en joernaliste en digters
en suksesvolle besigheidsmense. Hoekom dink jy
verkies so baie "kleurlinge" in SA om "swart"
genoem te word. Hoekom dink jy Adam Small weier
om Afrikaans te praat, al word hy deur Afrikanets as
'n Afrikaanse digter beskou? Hoekom dink jy so baie
bruin mense stem vir die ANC? In hierdie draad gaan
dit nie oor of iemand 'n sin vir humor het nie. In hierdie
draad gaan dit nie oor of iemand 'n grap kan vat of nie. In
hierdie draad gaan dit oor die inhoud van die Afrikaner-
psige. En as iemand met Afrikaner-bloed voos plekke
daarin ontdek, maak hy dit sy werk om dit uit te wys
en te probeer uitsny. As jy as Belg wat vroeër in die
Kongo gebly het, mense in België hoor sê dat alle swartes
agterlik en immoreel is, sal jy nie ook billik ontstoke wees
en die waarheid probeer verdedig nie?

Gloudina


Wouter Plaasvark

unread,
Sep 26, 2001, 11:43:52 AM9/26/01
to
> ek het nog nooit iemand se hangballas gesien nie, kan ek aflei
> dat daar so iets in jou familie is? Of waar sou jou intense
> belangstelling hierin vandaan kom?

Gloudina


Wys net hoe 'n naiewe en onervare oom jy werklik is.

Nog nooit in plekke gewees waar mense kaal swem nie?

Wouter
O nou verstaan ek. Dis waar jou belangstelling vandaan kom.
Jy swem kaal om te kyk hoe hangballas dryf.
Klink vir my effe pervers :-(

Of is dit om na te vors waar die ander betekenis van ballas
vandaan kom, soos in 'n skip se ballas?

Hilda en Gervaas

unread,
Sep 26, 2001, 11:59:27 AM9/26/01
to

>As jy as Belg wat vroeër in die

>Kongo gebly het, mense in België hoor sę dat alle swartes


>agterlik en immoreel is, sal jy nie ook billik ontstoke wees
>en die waarheid probeer verdedig nie?

>Gloudina

Natuurlik sal ek dit doen en ek het dit al gedoen (alhoewel ek moet sę dat
swartes in België goed aanvaard word - mense van Arabiese afkoms het meer
probleme).
Maar dit het niks met grappe te doene nie. 'n Grap is 'n grap - bedoel om
mense te laat lag, om die lewe aangenamer en ligter te maak.
Toe ons (nou vandag net 10 jaar gelede) uit Kongo moes wegvlug, het ons een
nag in die huis van 'n Belgiese weermag kolonel deurgebring. Ons was seker
60 mense daar wat alles agtergelaat het en wat nie geweet het wat die
toekoms vir hulle sou bring nie. Wel, ons het die hele nag lank grappe
vertel. Die mees onwaarskynlike en absurde grappe en ons het trane gelag ...
net om (onbewus) die omstandighede te versag .

Ek stem saam dat jy nie vir enigiemand enige grap kan vertel nie. Soos
Arthur vroeër geskryf het : jy moet dit 'n bietjie aanvoel. Maar ek is 'n
voorstander van grappe, alle grappe, oor enige onderwerp.

Dalk is 'n nuusgroep soos hierdie een nie die geskikte 'plek' om grappe te
vertel nie. Persoonlik het ek g'n probleme daarmee nie, alhoewel ek moet
erken dat ek self g'n rassistiese of tendensieuse grap op die internet sal
plaas nie - behalwe as dit oor Hollanders handel, natuurlik :-))).

Groete,
Hilda.


Wouter Plaasvark

unread,
Sep 26, 2001, 12:22:07 PM9/26/01
to
GGONES: Hoekom dink jy Adam Small weier om Afrikaans te praat, al word hy

deur Afrikanets as 'n Afrikaanse digter beskou?

Wouter : Dis 'n direkte leuen. Hy het een hele aand wat ek in sy geselskap
was geen woord anders as Afrikaans gepraat nie. (Hy het wel uit protes
vroeër sy kinders in Engels groot gemaak) Soos so baie van jou ander
uitbarstings, is hierdie een ook op 'n heel ander tydvak van toepassing. Jy
moet 'n slag kom kyk wat hier aangaan, Gloudina. Sodat jy van jou een snaar
kan afklim. En beskaafd kan saamgesels

GGONES


Hoekom dink jy so baie bruin mense stem vir die ANC?

Wouter
Dis eerder 'n wonder dat, minstens in die Wes-Kaap, die meerderheid nie vir
die ANC stem nie. Hulle is ook deur apartheid getref, nes die swart
bevolking. En die ANC is die sg. bevryder. Maar ek het regtig gedink dat jy
dit reeds weet.

GGONES


In hierdie draad gaan dit nie oor of iemand 'n sin vir humor het nie.
In hierdie draad gaan dit nie oor of iemand 'n grap kan vat of nie.

In hierdie draad gaan dit oor <knip>

Wouter
Dis jou siening. Maar het jy al een oomblik daaraan gedink dat dit vir die
res van ons (behalwe dalk Ferdi) wel daaroor gaan? Hierdie draad het met 'n
grap begin, al verstaan jy dit klaarblyklik nie. Waar kom jy vandaan dat jy
jou die reg wil toeëien om te besluit waaroor dit gaan, net omdat jy
klaarblyklik nie humor kan snap nie?

Arthur

unread,
Sep 26, 2001, 1:15:18 PM9/26/01
to
Hilda schreef...

> Dalk is 'n nuusgroep soos hierdie een nie die geskikte 'plek' om grappe te
> vertel nie. Persoonlik het ek g'n probleme daarmee nie, alhoewel ek moet
> erken dat ek self g'n rassistiese of tendensieuse grap op die internet
sal
> plaas nie - behalwe as dit oor Hollanders handel, natuurlik :-))).

OK, jy het daarom gevra!

(verskoon die swak vertalings) ....


Waarom is malhuise (gekkenhuizen) in België nie oordek nie?
Dan sou mens heel België moet oordek.

'n Belg het 'n nuwe vliegtuig ontwikkel. 'N elektronies vliegtuig. Dit vlieg
fantasties net die verlengsnoer is nog nie lang genoeg nie...

'N Belg besproei sy tuin. Sy vrou sê: as jy vinnig is kan jy klaar wees vir
dit begin te reën.

Wit of bruin vra 'n bakker aan 'n Belg. Maak nie saak nie, dis mos vir 'n
blinde.

Hoe vang 'n Belg 'n vlieg? Hy jaag hom op die solder en vat die ladder weg.

Twee Belge het fietse gehuur. Plots stap één van die Belgen af, en hy laat
uit beide bande lug ontsnap. "Wat doen jy nou?" vra die ene Belg. Sê die
ander: "Ja, my saël is 'n bietjie te hoog."

Daar is groot baklei tusse 'n aantal jongs teënoor die lyceum in Brussel.
Twee jongs word vrot geslaë. Vervolgens kom die Belgiese Rykswag met twee
man. Vra die één aan die ander: `Weet jy eintlik hoe mens lyceum
skryf?´ -`.............Weet jy,´ sê die andere Rykswagter, `ons sleep hulle
na die Grote Markt!´

Daar gaan 'n Belg na Afrika en hy neem almal fotoos van diere. Dan kom hy
terug in Belgie en dink: "Hier ken ons daardie diere nie". Dus besluit hy om
een lesing te gaan hou oor al sy fotoos. Dus maak hy 'n groot bordjie "A.S.
VRYDAG, LESING OOR AFRIKAANSE DIERE. KOM ALMAL". Die hele saal is vol. Die
belg begin en sê: "Sien, hierdie dier het lang mane, 'n lang steert en skerp
tande. En hulle noem dit 'n dangeroe". Die publiek: "Goh, 'n dangeroe!!. Die
ken ons hier nie." Hy vat die volgende foto en sê: "Sien, hierdie dier het
'n stokkie en 'n steertjie en hulle noem dit 'n dangeroe". Die publiek:
"Goh, 'n dangeroe!!. Die ken ons hier nie." Dan vat hy die volgende foto en
sê: "Sien, hierdie dier het baie groot ore, 'n lang slurf en hy is nog nooit
by die tandarts gewees nie en hulle noem hom 'n dangeroe". Die publiek:
"Goh, 'n dangeroe!!. Die ken ons hier nie." As die lesing afgeloop is, is
daar 'n Belg wat dink: "Enigiets is nie in orde nie". Hy weet net nie wat
nie. Dus gaan hy na die Belg wat in Afrika gewees is en vra: Hoe kan dit:
Die eerste dier was 'n dangeroe, die tweede was 'n dangeroe en die derde was
'n dangeroe. Dan sê die Belg: "ja ek ging na 'n reservaat en daar was 'n
groot bord: "All animals dangeroes".

Twee Belge beklim 'n berg. Plotseling gly die een uit en val in 'n kloof.
Die ander roep: 'Het jy jou beseer?' 'Nee,' is die antwoord, 'ek val nog.'

'N Belg verf sy dakgoot en telkens klim hy na beneë om sy kwas in die verf
te doop en dan klim hy weer omhoog om te verf ens. Toen kwam daar 'n
Nederlander langs, hy het blyf kyk en sê "He, waarom neem jy die pot verf
nie mee na bowe nie, dan hoef jy nie die hele tyd na omhoog en omlaag te
klim." "Nee," sê die Belg "dat kan ek nie doen nie, want dis grondverf!"

'N Belg, 'n Nederlander en 'n Fransman staan voor 'n nee-masjien. As
enigiemand iets beweer en dit is nie waar nie, dan gee die apparaat 'n piep
en dit wel waar is is daar geen piep nie. Die Fransman sê: 'Ek dink dat ek
wel 50 stokbrode kan eet.' 'Piep,' sê die apparaat. 'Nou, dan kan ek daar
wel 5 eet.' Geen piep nie. Dan sê die Nederlander: 'Ek dink dat ik wel 45
biertjies kan drink.' 'Piep,' sê die apparaat weer. 'Dan maar 9'. Daarna is
dit die Belg se beurt en hy sê: 'Ek dink...' 'Piep,' sê die apparaat.

'N Belg wil gaan vis midde in die winter. Omdat dit vries neem hy 'n byl
mee. As hy 'n poos oor die ys geloop het, stop hy en gaan hak. Dan hoor hy
'n stem: "Hier is geen vis nie." Hy kyk om maar hy sien niemand nie. Hy
besluit dan maar verder te loop. Na weer 'n poos stop hy weer en begin te
hak. Hy hoor weer 'n stem: "Hier is geen vis nie." Hy kyk om en sien niemand
nie. Hy vra: "Is daar iemand?" Geen antwoord nie. "Is dit U, God?" "Nee, ek
is die speaker van die Thialf-stadion (oordekte ysstadion)."

'N Belg is verdwaal in die woestyn en roep "Help! Help". Dan ontmoet hy 'n
andere Belg wat ook "Help! Help!" roep. Sê die 1e teë die 2e "Sal ons saam
roep?" "OK", sê di 2e. "Saam! Saam!"

'N belgiese boer het 'n bord in sy weiland staan. Koei te koop vir
50.000,--. Ek sê hom die gaan jy nooit verkoop vir die prys nie. 'N paar daë
later loop ek langs die weiland en die bord is weg. Ek loop na die boer en
sê hoe het jy dit gedoen?!?. 'N stom Hollander het die koei wil ruil teën 2
kikkers van 25.000,--.

Groete,
Arthur


Annette

unread,
Sep 26, 2001, 1:15:39 PM9/26/01
to
Hilda, vertel ons meer van daardie Fier;)))
Annette

Annette

unread,
Sep 26, 2001, 1:18:17 PM9/26/01
to
Hilda - hierdie ng is net die regte plek om wel grappe te vertel - dit is in
ons kultuur;))
Jy moet egter oplet die mate van steun en teenstand t.o.v. die grappe
vertel, en jy sal agterkom dat die meeste van ons hou om te lag.
Annette


--


> >As jy as Belg wat vroeër in die

> >Kongo gebly het, mense in België hoor sê dat alle swartes


> >agterlik en immoreel is, sal jy nie ook billik ontstoke wees
> >en die waarheid probeer verdedig nie?
>
> >Gloudina
>

> Natuurlik sal ek dit doen en ek het dit al gedoen (alhoewel ek moet sê dat

Hilda en Gervaas

unread,
Sep 26, 2001, 3:52:54 PM9/26/01
to

> Waarom is malhuise (gekkenhuizen) in België nie oordek nie?
> Dan sou mens heel België moet oordek.

> Groete,
> Arthur

:-))
Hoekom is die Belge-grappe so simpel ? Sodat die Hollanders hulle kan
begryp.

Sorry, Arthurkie, jy weet ek hou van julle, Hollanders :-).

Hilda.


Hilda en Gervaas

unread,
Sep 26, 2001, 3:55:01 PM9/26/01
to

> Hilda - hierdie ng is net die regte plek om wel grappe te vertel - dit is
in
> ons kultuur;))
> Jy moet egter oplet die mate van steun en teenstand t.o.v. die grappe
> vertel, en jy sal agterkom dat die meeste van ons hou om te lag.
> Annette

Ja, Annette, eintlik is jy reg ! Elke volk moet sy grappe-kultuur koester -
dit hou mense gesond :-).

Hilda.


pop

unread,
Sep 26, 2001, 7:19:06 PM9/26/01
to
Ek moet sę Thyssie, ek vind tog die stelling "baasgoed" offensive.
Toe ek onlangs nou in die Kaap gekuier het, het ek ge-cringe elke
keer as die blommeverkopers langes die OK Bazaars vir my "nooi"
sę. Dit is net so uit. Ek verkies dan eerder "madam" (merrem) of
mevrou.

Pop


Thys de Wet <th...@it.sun.ac.za> wrote in message
news:9os3dt$1oor$1...@news.adamastor.ac.za...

pop

unread,
Sep 26, 2001, 7:24:48 PM9/26/01
to
Ons het altyd gesę iemand gee jou n "pyn in die onnerste
holaar." As die persoon dan protesteer dan wys jy hom
net dat "hol aar" is hollow vein, en dit is in die hart geleë.

Pop


Max <M...@Huis.nl> wrote in message news:9osb64$alr$1...@azure.nl.gxn.net...

pop

unread,
Sep 26, 2001, 7:27:40 PM9/26/01
to
Soos agter die muur in Seepunt Wouter? :-)

Pop


<@home.com> wrote in message news:3BB1C2E6...@home.com...

home.com

unread,
Sep 26, 2001, 8:24:48 PM9/26/01
to
Hilda en Gervaas wrote:

> Ja, Annette, eintlik is jy reg ! Elke volk moet sy grappe-kultuur koester -
> dit hou mense gesond :-).
>

Van watter volk praat jy as jy van SA praat? So jy stelvoor dat die wit
Afrikaners maar voortgaan om neerbuigende
grappe van bruin en swart mense te "koester." En die Engelse
Suid-Afrikaners neerbuigende grappe van Afrikaners te
"koester." Want dit hou hulle gesond?

Gloudina


home.com

unread,
Sep 26, 2001, 8:41:03 PM9/26/01
to
Danielle wrote:

> Lag is goeie medisyne. Peter Jennings het ook nou
> die dag vertel hoedat hulle joernaliste baie keer die eerstes is om
> grappe te vertel

Wat ek werklik skreeusnaaks vind, is dat Peter Jenningswat van Ottawa af kom, en
nooit sy hoërskool klaargemaak
het nie, nou $9, 000, 000 betaal word, en nou
die dag openlik gesit en praat het oor hoe onpresidensieel
George Bush was dat hy nie dadelik sy gesig in Washington
en New York gewys het na die WTC ramp nie. Effens
onbetaamlik vir 'n Kanadees.

Gloudina

Annette

unread,
Sep 27, 2001, 2:11:21 AM9/27/01
to
Pop, dis hulle manier van respek en gemoedelikheid.
Sou jy hulle gevra het om jou as Merrem of Mevrou aan te spreek, sou jy
heelwaarskynlik 'n paar grappe oor opstersgeit gehoor het.
Dit is hulle manier van praat waarmee hulle gemaklik is in hulle omgewing.
Ek verstaan wat jy sę hoe jy gevoel het - maar ek verstaan nog meer dat
daardie mense meer ongemaklik gaan voel as hulle almal meer formeel
aanspreek.
As iemand my nooi noem, vra ek die persoon se naam, en sę dan myne, en dan
kan daardie persoon self besluit hoe hulle my wil aanspreek as ek hulle
aanspreek op hul naam.
Annette

Annette

unread,
Sep 27, 2001, 2:14:39 AM9/27/01
to
Gloudina - wat is skreeusnaaks?
Die feit dat hy nie sy skoolopleiding voltooi het nie?
Die feit dat hy 9 miljoen betaal word?
Die feit dat hy iets oor Bush te sê gehad het?
Hoekom is dit onbetaamlik vir 'n Kanadees?
Annette


...

Annette

unread,
Sep 27, 2001, 2:15:51 AM9/27/01
to
Daardie muurtjie help niks as mens op 'n stoel staan met 'n verkyker nie:)))
Annette


--
.net...

Thys de Wet

unread,
Sep 27, 2001, 3:09:59 AM9/27/01
to
Ag siestog Gloudinatjie op jou holruggeryde ou moerperd in Kanada.
Toe dis tyd vir jou ou pilletjie. Kalmeer tog kind...

Die grappies wat ons maak maak ons oor mekaar, en as jy dit nie wil lees
nie, dan hoef jy nie.

Net vir die nie-Bolanders: Ons verneder nie ons mede-Bolanders deur die
wyse waarop hulle praat te sien verkleinerend nie. DIT IS GELUKKIG SOOS
HULLE PRAAT. En dit liewe G in K kan jy met al jou lewenskrag en energie
probeer verander, maar jy sal dit nie kan regkry nie. Vra maar vir Adam
Small (Prof.) of hy dit kon regkry?

Ek vra die vraag: Is hier enige nie-blanke lesers op die groep?
Laat hoor van julle oor hoe julle voel as ons dan nou kastig Kaaps hier
"praat"

Die term "baasgoed" word nog in die plattelandse gebiede gebruik. En ek hou
net so min daarvan om so aangespreek te word. Maar gaan vra nou vir 'n
Karroo inwoner om nie so te sê nie, en dan sukkel hy om met jou te praat.
Die ge-meneer-dery kap hul skoon onkant.
En dit sal meer kos as jou geteeem hier op die NG om my grappies stil te
maak. Watter grappe het jy al hier kwytgeraak? Vertel vir ons een van jou
kanadese grappies. In Afrikaans

Sy's tog so sedig
o die kreng!
haar kinders
moet net nog die kranse breng
(Met apologie aan AG Visser)
Ôôn die ônder kônt kôn eak ook Trônsvôôls praat as G in K nou sou wil.
Maar daaroor sal sy ook meer as 'n dosyn eiers te lê te hê...

Sal julle volgende week inlig oor hoe die anderskleuriges voel oor hoe die
taal gepraat word na die WAT se feesvieringe hierdie naweek. Onder die
gaste: Rheoboth, Griekwa, Nama en ander groepe. Sien uit daarna...

Of jy moskee toe wil gaan het zip met my uit te waai, en as ander dit wil
doen.staan dit hulle seker vry om dit te doen? Of is daar nie vryheid van
spraak, mening en assosiasie in daai provinsie van julle nie?
Ek moet nogal sê dat van die Kanadese vriendelike mense is, maar die
Quebeqois is 'n ander saak...

Thys wat nog oppie Bos is en Kaaps praat wanner'k soe voel, en biedêmd met
djou as djy nie willie!

<@home.com> wrote in message news:3BB1BE44...@home.com...
> Thys de Wet wrote:
> Nee-wat, ou Thysie, jy weet PRESIES waarvan ek praat. Solank
> hoere in die Kaapse dokke in die grappe en dus in die bewussyn
> van die wit Bolanders (merk jy op die grappe word meestal vertel
> deur wit mans?) altyd deur hulle spraak aangedui word as
> "Kleurlinge, " solank is daar iets korrup in die bewussyne van
> wit (meestal manlike) blanke Bolanders. Dieselfde met die
> grappies oor die plaaswerkers. Dis 'n subtiele gehoer met die
> maatskappy en die taal, en as jy jou daaraan skuldig maak, is
> jou hande vuil. Net soos mense hier in Ottawa na moskees gaan
> om hulle solidariteit te wys met Moslems wat geteiken word
> deur elemente wat hulle wil blameer vir dit wat op 11 September
> in NY gebeur het, so doen ek 'n beroep op jou om op te hou om
> hierdie duidelik neerbuigende grappe oor die mense in jou
> maatskappy te vertel. Of anders dit nie op hierdie nuusgroep te
> doen nie. Wie weet watter bruin Afrikaners lees hierdie nuusgroep
> soms, en besluit in disgust dat hierdie forum nie vir hulle is nie,
> omdat al wat hulle lees, hierdie gammatjie-grappe is.
>
> Gloudina
>


Max

unread,
Sep 27, 2001, 6:32:03 AM9/27/01
to
Excellent, Arthur!!!

Vir die SA'ners: 'n kikker is 'n padda...
_____________________________________________________
"Arthur"

Max

unread,
Sep 27, 2001, 6:33:21 AM9/27/01
to
Zippit, G!
__________________________________________________________
<@home.com>

Gottlieb

unread,
Sep 27, 2001, 7:35:43 AM9/27/01
to
@home.com wrote in message news:<3BB1F45E...@home.com>...


Want hulle het 'n slegte kompleks oor wie of wat hulle nou eintlik is...

home.com

unread,
Sep 27, 2001, 7:44:13 AM9/27/01
to
Thys de Wet wrote:

> Ons verneder nie ons mede-Bolanders deur die
> wyse waarop hulle praat te sien verkleinerend nie. DIT IS GELUKKIG SOOS
> HULLE PRAAT.

> Sal julle volgende week inlig oor hoe die anderskleuriges voel oor hoe die


> taal gepraat word na die WAT se feesvieringe hierdie naweek. Onder die
> gaste: Rheoboth, Griekwa, Nama en ander groepe. Sien uit daarna...

OK, Thysie. Ons wag dan tot volgende week, sodat jy vir ons kanvertel hoe jou
mede-landgenote uit die Rhehoboth, Griekwa, Nama
en ander groepe gereageer het toe jy jou gammatjie en hoer in die
dokke grappe vir hulle vertel het. Hoop Adam Small is ook daar en
toets dit sommer op hom ook uit. Vertel vir hom daar is die tannie in
Kanada wat sê meeste van hierdie Kaapse Kleurling grappe is
rassisties. Vertel vir hom die een van die hoer in die dokke. En dan
rapporteer jy sy reaksie.

Tant Hessie van die Algonquins

>
>

Thys de Wet

unread,
Sep 27, 2001, 7:50:12 AM9/27/01
to
Ja ja ja Gloudinatjie. Gaan drink tog nou maar jou pilletjie, en sê sommer
vir jou man hy kan nou weer die PC gebruik.


Thys oppie Bos
<@home.com> wrote in message news:3BB3124A...@home.com...

home.com

unread,
Sep 27, 2001, 7:55:32 AM9/27/01
to
Thys de Wet wrote:

> Die term "baasgoed" word nog in die plattelandse gebiede gebruik. En ek hou
> net so min daarvan om so aangespreek te word. Maar gaan vra nou vir 'n
> Karroo inwoner om nie so te sê nie, en dan sukkel hy om met jou te praat.
> Die ge-meneer-dery kap hul skoon onkant.

Weet jy Thys, in die eerste twee weke van my eerstejaar op
Stellenbosch, toe ons gedoop word en sotte genoem was,
was een van die reëls vir ons sotte (ingestel deur Valerie
van Tubbergh - die sotkaptein) dat ons nie van "ek" en "ons"
mag praat nie, maar vir onsself "dit" moes noem. Aan die
begin was dit nogal moeilik en was ek baie kere gestraf as ek
'n fout maak, maar teen die einde van die twee weke het almal
vlot "dit" gebruik en nooit meer foute gemaak nie. Toe die sot
periode nou oor is, en ons weer "ek" en "ons" kon sê, het ons
gevind dat ons so gewoond aan die "dit" geraak het, dat ons
voortgegaan het om dit te gebruik en sommige van die seniors
moes ons reghelp voor ons na normaal kon terugkeer. Sien die
laaste drie-honderd jaar as so 'n periode vir die deel van die
bevolking wat die ongeluk getref het om in 'n toestand van
verknegting te kom en getrein is om van hulself as minderwaardig
te dink. En wees jy nou volwasse en help om die probleem te
oorkom. Óf bly deel van die probleem.

Gloudina

home.com

unread,
Sep 27, 2001, 8:00:48 AM9/27/01
to
Thys de Wet wrote:

> Sy's tog so sedig
> o die kreng!
> haar kinders
> moet net nog die kranse breng
> (Met apologie aan AG Visser)

Aitsa, ou Thysie, jy vergelyk my mos nou met
die SA muskiete ( wat so vinnig soos blits is en
nie so lui soos die Kanadese muskiete nie.) Is
ek so effektief? Byt ek so seer, en juk dit so
intens as ek vir julle byt. (Ek sien juis ou Wouter
Plaasvark sit somtyds tot diep in die nag en krap
aan die byte.) Ek voel sommer nou trots.

Tant Hessie Anopholes-kephofeles

home.com

unread,
Sep 27, 2001, 8:14:58 AM9/27/01
to
Danielle wrote:

> gesit en praat het oor hoe onpresidensieel
> >George Bush was dat hy nie dadelik sy gesig in Washington
> >en New York gewys het na die WTC ramp nie. Effens
> >onbetaamlik vir 'n Kanadees.
>

> Good for him! Waarom onbetaamlik?

Wel, ek het dit so gevind. Ek sou dit selfs onbetaamlikgevind het as 'n gebore
Amerikaanse joernalis dieselfde
gedoen het. Op 11 September was die hoofjoernaliste
op al drie die netwerke in die ongewone posisie dat hulle
uur na uur gesit en praat het soos die drama hom ontvou.
Hulle was dus ongeveer 'n direkte invloed op die persepsie
van die volk van die VSA van wat besig was om te gebeur.
Ek het self gedink dat George Bush 'n fatale fout begaan
deur nie direk na New York te vlieg nie. Maar ek dink
nog dit was onwys en effens onbeskof vir iemand soos
Peter Jennings wat homself nog as Kanadees beskou.

Gloudina


Thys de Wet

unread,
Sep 27, 2001, 9:12:44 AM9/27/01
to
Hoe-ai seg jou mapstieks kepai
die ou Hessie van dahar
is nogal skerp oor die muskiete
van hier
sy dink sy's dalkies een van hul
maar bly nog dahar
waar dit koud is
en Anopholes-kephofeles
meer lyk na
Anopholes-kephofeles-canadiensis-goedgevrek-innie-kou

Vir wat dit vir jou werd is Gloudina:

Ek sien geensins neer op enige persoon van kleur nie. Ek het nog nooit en
sal ook nooit. Alhoewel ek op 'n plaas grootgeword het met mense van kleur
as speelmaats, is ons ook geleer om dieselfde mense te eer en respekteer.
Ek en my broers moes saam met die werksmense rug krommaak om te saai, ploeg,
saad skoonmaak, uie te plant, te skoffel, te spit, koeistal skoonmaak,
skeerhok skoonhou, koeie melk en al sulke dinge. Het jy dit as kind en
jongmens gedoen?
Dit het my geleer luister na die mense. Om deel van hulle te wil word moet
jy soos een van hulle praat, en ek kon mense leer hoe om reg te 'praat'.
As dit vir jou klink asof ek 'n wit ou-omie mentaliteit het, dink weer. Ek
deel 'n kantoor met 'n kollega wie se vel anders lyk as myne. Ons twee werk
al vir 17 jaar saam, en het nog nooit enige pyne met mekaar gehad nie. En
ons maak dikwels met mekaar grappies oor die capies en die whities.
Ek het egter al daar in Kanada wit mense gesien wat slegter is van karakter
as wat van ons kaapse mense van kleur is. Baie sleg en vrot..

Thys oppie Bos.
<@home.com> wrote in message news:3BB3162C...@home.com...

home.com

unread,
Sep 27, 2001, 1:21:00 PM9/27/01
to
Thys de Wet wrote:

> Ek en my broers moes saam met die werksmense rug krommaak om te saai, ploeg,
> saad skoonmaak, uie te plant, te skoffel, te spit, koeistal skoonmaak,
> skeerhok skoonhou, koeie melk en al sulke dinge. Het jy dit as kind en
> jongmens gedoen?

Wel, Thys, my pa was 'n rosyntjie-boer, en het nie vir
ons toegelaat om geld uit hom uit te maak as dit by
druiwe afsny kom nie. Daarvoor het hy sy span van
"professionals" gehad. Maar somtyds, as die prys van
katoen goed was, het hy katoen geplant op 'n stukkie
lae land wat nie onder wingerstokke was nie, en dan
is ons toegelaat om ook katoen te pluk en is ons by
die gewig betaal. Katoen pluk is 'n baie moeilike werk.
Die dorinkies op die droë peul krap jou vingers totdat
dit somtyds bloei. Ek het 'n ewige respek vir die
katoenplukkers van die Deep South in die VSA, want
ek weet hoe dit voel. Verder was ek die pleegmoeder
van 'n vul wie se ma in die modder van die rivier se wal
vasgesit het en doodgeskiet moes word omdat sy nie kon
uitkom nie. Ek het nounog 'n letsel op een vinger waar ek
my met die sekel raakgesny het toe ek lusern vir die
vul gaan sny het. Hy het altyd in my rigting gehardloop
as hy my sien aankom met die lusern.

Gloudina

Thys de Wet

unread,
Sep 28, 2001, 5:01:21 AM9/28/01
to
Nee katoen had ons nie, maar hawer oes met al daai doppiesgoed wat so om jou
waai as die wind van agter af oor die stroper waai. Dan jeuk jy tot ver na
die hiernamaals al verby is. En die hawer loop dik, jy moet net oplet sit
agter by die sakke. G'n kans vir stof afskud nie.

Maar dit was ook lekker dae.

Thys op dié Bos


home.com

unread,
Sep 28, 2001, 1:47:59 PM9/28/01
to
Thys de Wet wrote:

> Dan jeuk jy tot ver na
> die hiernamaals al verby is.

> Maar dit was ook lekker dae.
>

Op die eilande in die Oranje het boere
hier en daar koring gekweek en was
daar gewoonlik net een of twee
dorsmasjiene wat rondgery het om
die bietjie koring te dors. Ons het
nooit 'n dorsvloer gehad nie, maar
ons bure wel. Ek sidder nog as ek
dink hoe ons huise in daardie kafhope
gemaak het.
Op Kakamas was daar 'n groot meul
wat al die boere se koring kon maal.
Ons het dus varsgemaalde meel vir
die daaglikse gebruik gehad. Geen
wonder die brood het so lekker
gesmaak nie.

Gloudina

0 new messages