Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Werk in die VSA

913 views
Skip to first unread message

Harry

unread,
May 28, 2001, 3:03:10 PM5/28/01
to
Het iemand dalk ondervinding van kontrak/seisonale werk op plase of in die
konstruksie bedryf in die VSA ? (of weet dalk van iemand wat bereid is om
inligting te verskaf)

'n paar dinge wat ek graag wil weet :

Is dit 'n "scam" ?
Indien nie, is dit die moeite werd ?
Waar in die VSA word gewerk ?
Watse tipe werk word gedoen ?
Watse tipe huisvesting is beskikbaar ?
Is dit raadsaam om 'n gesin saam te neem ?
Is dit 'n langtermyn werksopsie ?
Enige ander inligting van waarde/waarskuwing ?

Dankie,
Harry


home.com

unread,
May 28, 2001, 2:57:59 PM5/28/01
to
Harry wrote:

> Het iemand dalk ondervinding van kontrak/seisonale werk op plase of in die
> konstruksie bedryf in die VSA ? (of weet dalk van iemand wat bereid is om
> inligting te verskaf)
>

Ek is nie een wat behoort te praat oor hierdie onderwerpnie, maar ek wil
darem die volgende vertel: 'n Ruk gelede
het 'n swaer van my se een seun na die VSA gegaan agter
'n vriend aan, om konstruksie-werk te doen. Daar is glo 'n
eks-Suid Afrikaner wat groot konstruksie-projekte het en
wat dan die seuns uit SA invoer om vir hom te kom werk.
Eers hoor ons toe hoe die seun so baie geld het dat hy nie
weet wat om met alles te maak nie, en dat hy sy ma en pa
sal laat kom om vir hom te kom kuier. Kort daarna hoor ons
hoe hy 'n rug-probleem ontwikkel het, en nie lank daarna nie
is hy terug in SA om doktersbehandeling te kry vir sy rug.
En nou doen hy maar werkies vir sy pa. Hy is weg na die
VSA met net sy Senior Sertifikaat, en sal seker nou nie
weer terug gaan om verder te studeer nie. As dit my kind
was, sou ek nie vir hom toestemming gegee het om oorsee
te gaan voordat hy een of ander vakmanskap geleer het
nie. Die verdien van geld is baie nadelig vir jong mense. Ek
sien dit hier ook. Die mense laat hulle kinders toe om na skool
te werk, en uiteindelik sit hulle met probleem-kinders wat nie
goed in die skool doen nie, nie aan buite-skoolse bedrywighede
deelneem nie en wat uiteindelik deel van 'n onderklas vorm -
iemand het eendag op die nuusgroep gepraat van die SA seuns
wat die "wit kaffers" van London word, waar hulle odd jobs
doen wat die mense van London nie wil doen nie.
So, as jy iemand ken wat wil konstruksie- of plaaswerk
in die VSA wil doen, ondersoek deeglik of daar voorsiening
gemaak word vir mediese fonds-skemas en dies meer, ten
minste.

Gloudina

>

poppie

unread,
May 28, 2001, 10:06:42 PM5/28/01
to
Ek moet se ek stem hier saam met Gloudina. Studeer eers klaar. Probeer
om n beurs te bekom in Amerika. (daar is BAIE beurse beskikbaar vir
buitelanders, dis
net n kwessie van soek. Skryf vir die ambassade in Washington en vra
hulle om jou te help om beurse op te soek, of soek self op die web. Ek dink
daar is n Rhodes beurs (nie die scholarship een nie). Hier lę so baie
beurse
rond vir die optel, veral in state soos Montana, -Suid Dakota en
Nevada.

Ek woon al omtrent 20 jaar hier, en het nog nooit van konstruksiewerk vir
Suid-Afrikaners gehoor nie. Meeste van die goedkoop arbeiders hier in die
Suid-Ooste kom hier vanaf Mexico, en hulle werk regtig vir peanuts.

En ek het die S.A.outjies in London gesien (eerste gehoor! :-). Was in n
supermark in Wimbledon
laasjaar, en die sekuriteitsoutjie wat by die deur gestaan en waghou het
(Wessel was sy naam) was van die Vrystaat. Toe ek met hom Afrikaans
praat, wou hy net huil, hy was so eensaam.

Hier gaan ek nou regtig aan met my tuppence se raad, maar as jy nie wil
gaan swot nie, leer dan n ambag wat jy oral in die wereld kan gebruik, en
as jy goed is daarmee, kan jy ver kom.

Poppie


<@home.com> wrote in message news:3B12A05E...@home.com...

Sakkie

unread,
May 29, 2001, 2:05:21 AM5/29/01
to
Harry, ek kan net Gloudina en Poppie ondersteun. 'n Goeie opleiding is meer
as goud werd. Ons beter universiteite en Technikons gee goeie onderrig.
Praat met 'n bank oor 'n studie lening as jy nie regkom met 'n beurs nie.
Onthou, die diskriminasie teen blankes en meer spesifiek blanke mans kan nie
verewig aanhou nie. 'n Goeie opleiding is die enigste selfvedediging.
Moenie dieselfde fout maak as miljoene Afrikaanse kinders wat net soos pa en
ma direk na skool gaan werk, en almal vertel hulle gaan buitemuurs studeer
nie. Dit werk nie altyd so lekker uit nie. Om 'n voltydse werk te hę en
ook buitemuurs te studeer haal meer uit 'n mens as wat meeste mense het om
te gee!!


"poppie" <protea@sa> wrote in message
news:9ev057$gpc$1...@slb4.atl.mindspring.net...

Dirk Matthee

unread,
May 29, 2001, 2:27:11 AM5/29/01
to
My swaer was laasjaar oor om te gaan stroop. Dit is lang ure en goeie
ondervinding, maar hy het reeds ondervinding van stropers gehad; die groepie
wat saamgegaan het nie juis nie, maar hulle het gou reggekom. Hy het goed
geldgemaak, soveel so dat hy vanjaar weer oor is. (nadat hy 'n double cab
kontant gekoop het)
Hy het vir 'n firma gewerk wat kontrakwerk doen en gestroop van die een staat
na die ander (soos die seisoen skuif oor VSA). Sy enigte klagte was dat die
amerikaners geen menseverhoudinge het nie; hulle praat met jou soos 'n
hier-jy.

Die ou vir wie hulle daar gewerk het het hulle gevra om weer te kom en van sy
pęlle is weer oor.

Dirk Matthee

Boerepommie

unread,
May 29, 2001, 4:44:43 PM5/29/01
to
Ek's 4 jaar gelede oorsee,toe nog 24.
Ek het darem 4 jaar werks ondervinding gehad en ek dank my ouers
dat hulle my na n Tegniese skool gestuur het.Jy stap met n ambag die dag uit
as jy matriek klaar maak.
Ook by die punt gekom waar ek myself gevra het waantoe nou?
Daar moet meer in die lewe wees as groot word,goeie werk,trou en dood gaan.
Anders as dit het ek geweet ek kan meer bereik as wat my land my kon bied.

Ek het my rugsak gepak en deur Amerika getoer vir n jaar.
Op n vakansie visa het ek hout gekap,konstruksie werk gedoen.Alles geld
onder die tafel.Later het ek met n draai gehoor van n rugby klub.Hier het
die 'fun' begin.Ek het saam met die span deur Amerika getoer,hulle het my in
die klub huis laat bly en ek het los werkies vir die rugby spelers
gedoen,bv.verf,'decks' gebou.
Die jaar het gevlieg en ek het besluit om die VK n kans te gee.Ek het n '2
year working holiday' visa gehad wat almal tussen die ouderdom van 18-27 die
kans gee om daar te gaan 'werk.'Die 'werk' is veronderstel om toevallig te
wees op jou 'travels'.Soos baie Jong Suid-Afrikaners vat ons die kans en
werk.As jy gevang sou word sal jy dadelik gedeporteer word.
London was n bietjie van n tammeletjie toe ek land want met Ł60 in my sak
kon ek nie ver kom nie.Vir 3 maande het ek eenvoudige werkies gedoen om geld
te kry.Dit was n een rigting pad want as ek moes terug gaan na SA,sou ek
nooit weer gou die geleentheid kry om na die VK te gaan nie.
Ek moes vensters was en dit het daagliks betaal.Nadat ek genoeg geld gehad
het kon ek n weeklikse werk vat.Dit was rof want jy het eers die tweede week
geld gekry.Tamatie sop en brood wil ek nie gou weer sien nie.Dis al wat ek
kon bekostig.

Nadat ek genoeg geld gehad het my my weeklikste werk het ek begin asem skep
en gesoek in die rigting van my werksondervinding,IT.Vir iemand sonder n
graad ,blank en n Afrikaner,(daai fliek Lethal Weapon 2 het lewe moeilik
gemaak)is dit moeilik gewees.Ek het uiteindelik 2 IT kontrakte gedoen.In die
VK as jy net enige IT ondevinding kry is jou kop deur.Hulle wil net sien dat
jy hulle ondervinding he voor groot maatskappy jou aanvat.My mikpunt was om
in die land te bly,en om dit te doen het ek n permanente aanstelling as my
enigste manier gesien.
Ek het n permanente posisie gekry by n groot TV maatskappy hier as n 'System
Technican'.Met die wete dat ek eintlik nie die posisie mag vat nie het ek
wel voortgegaan.Dis nadat ek een jaar oorgehad het.
Teen die middel van die jaar toe dink ek,ek sal die mense moet laat weet dat
my visa amper verval.My groot baas was heel koel omdat sy seun(hy's n
amerikaner)deur dieselfde is.Die maatskappy het deur n agentskap aansoek
gedoen en het bietjie' gewig' aan my aansoek gesit want hulle moes bewys
hoekom hulle my vat en nie n Brit nie.
Twee maande voor my 'working holiday'verval is ek die trotse houer van n
Britse werkspermit tot einde 2003.Die maatksappy kan dan aansoek doen vir
nog n jaar wat ek 'permanent residence' kry en daarna mag aansoek doen vir n
Britse paspoort.Ek was vinnig Geneve,Switserland toe want ek moes die VK
binnegaan van n non-EU land om die werkspermit te aktiveer.
Tot hede is ek op 7 kursusse gestiuur wat deur die maatskappy betaal is teen
Ł1500 elk.Ek het volle pensioen,privaat medies(bupa)aandele2x1500@Ł5/share)
in die maatskappy .

Ek het nou Januarie in SA vir my n huis kontant gekoop in n nuwe
ontwikkeling in Pretoria,Faerie Glen.Tans huur ek dit uit.Ek's nou n Senior
Systems Administrator
My geboorte plek is n klein dorpie waar ek die meeste van my 18 jaar
deurgebring het.Kom ook nie uit n ryk familie nie en vir my eerste sakgeld
het op by die dorp se sentrale gewerk.....'nommer asseblief?'Dit gehaat en
so het ek 'ge-evolve' van stad tot groter stad tot London.

n Maand terug getrou met die oulikste vroutjie wat ek n jaar gelede hier
ontmoet het,ook van Pretoria maar het haar in London ontmoet.
Die plan was om volgende jaar te trou maar haar visa het verval so ons het
die catch 22 tot ons voordeel gebruik.Sy's 25,n lugwaardin hier, so ons
vlieg heen en weer.Die feit dat London sentraal is,die pond sterk en dan nou
nog afslag met die feit dat my vrou vlieg help baie.
Ons is in die proses om n huis hier te koop.As ons sou aan beweeg na n ander
land huur ons net die plek uit.
Eendag as ek teruggaan SA toe het ek ondervinding wat ek terug kan sit in
die land wat ek nie sou gehad het as ek daar gebly het nie.Wat sou ek vir my
land kon beteken?Dis jammer Madiba se,'good riddance.'
Noem dit geluk maar iemand wat se daar's nie n God nie,skud ek maar net my
kop.
In London is die speel veld gelyk.Hier's nie ooms of tannies wat jou werk
kan help kry nie.'You're left to your own devices'
Jy self bepaal hoe suksesvol jy gaan wees.
Elke dag se besluite wat jy maak bepaal die hoofstukke van die res van hoe
jou 'boek' gaan eindig.

Annette

unread,
May 31, 2001, 1:16:31 PM5/31/01
to
Baie Dankie.
Ek het jou bydrae aangestuur aan my nefie, sodat hy kan besin voordat hy
begin:))
Annette

Boerepommie wrote in message <9f1182$f7q$1...@uranium.btinternet.com>...

Boerepommie

unread,
Jun 2, 2001, 11:42:22 AM6/2/01
to
Lees die deel oor Main UK visas.

http://www.voetsek.co.uk/visas.shtml

"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:9f5v07$hil$6...@ctb-nnrp1.saix.net...

0 new messages