Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Ek begin worry

1 view
Skip to first unread message

Riaan

unread,
May 12, 2008, 5:40:11 AM5/12/08
to
Mense ek weet nie wat die gemiddelde ouderdom op die NG is nie, maar ek glo
daar is 'n paar manne hier wat soos ek nog worstel met 'n huis en kar
paaiment. Ek sien dat daar 'n voorspelling is dat die petrol prys voor die
einde van die jaar die R20 per liter gaan haal. Het julle 'n idee hoe dit
die rente koers en die voedselpryse gaan affekteer.

Ek is regtig bekommerd dat die land binnekort in sy moer in gaan wees. Ek
het vandag my bakkie verkoop. Die ou by die motor hawe se die manne met die
4x4's staan omtrent tou om van die goed ontslae te raak, en vir hulle 'n
klein karretje te koop.

Ek onthou so paar maande gelede was ek op die punt om vir my 'n 4x4 te koop.
Ek moet se ek is baie bly dit het nie so uitgewerk nie. Watter planne het
julle manne indien sake in die land verder gaan versleg - behalwe om OZ toe
te gaan natuurlik


Suidwester

unread,
May 12, 2008, 6:07:17 AM5/12/08
to

"Riaan" <Ri...@notvalid.co.za> wrote in message
news:12105848...@vasbyt.isdsl.net...
----Petrol word maar orals duurder en die salarisse sal moet styg direk in
verband met die hoër lewenskostes. Dit was nog altyd so en sal altyd so
bly. Mense kerm altyd oor dinge vandag so duur is, maar vergelyk die
koopkrag van 30 jaar gelede met vandag, dan bly dinge eintlik maar soort van
in proporsie. Kleiner karretjie koop? As jy iets goedkoper as jou bakkie
gekoop het en hy's ligter op petrol, dan wen jy. As jy egter 'n nuwe kar
gaan koop het ipv jou bakkie, dan lag die motorbedryf net vir jou naďwiteit!
>


Riaan

unread,
May 12, 2008, 6:24:46 AM5/12/08
to

"Suidwester" <sta...@mweb.com.na> wrote in message
news:DvqdnSIiz-uKirXV...@saix.net...

>Petrol word maar orals duurder en die salarisse sal moet styg direk in
>verband met die hoër lewenskostes. Dit was nog altyd so en sal altyd so
>bly. Mense kerm altyd oor dinge vandag so duur is, maar vergelyk die
>koopkrag van 30 jaar gelede met vandag, dan bly dinge eintlik maar soort
>van in proporsie. Kleiner karretjie koop? As jy iets goedkoper as jou
>bakkie gekoop het en hy's ligter op petrol, dan wen jy. As jy egter 'n
>nuwe kar gaan koop het ipv jou bakkie, dan lag die motorbedryf net vir jou
>naďwiteit!


Die probleem is dat die salarisse nie so styg nie. En dan kry 'n ou soos
tans in Pretoria aan die gang is weer met stakings vir weke en maande te
doen. Die persentasie wat die rentekoers die laaste paar maande op is
beteken dat ek al meer as R3000 per maand meer moet betaal op my huis. Sit
daarby 2 karre en die stygende voedselprys, en ek kan jou verseker dat ek
nie dienooreenkomstig 'n salaris aanpassing gaan kry nie.

Ek het 'n Ford Bantan 1300 bakkie gehad. Volgens my by verre die heel kakste
kar wat ek nog besit het. Ek ruil hom in nie omdat die petrol my druk nie,
maar omdat ek 2 kinders het van onder 6 jaar en as ek hulle by die
kleuterskool gaan optel dan moet die oudste van die twee in die kar staan so
tussen die 2 sitplekke. Dit is vir my te senutergend, want as ek in 'n
ongeluk beland, dan sal almal vir my se ja maar hoekom het jy so situasie
toegelaat. So nou het ek maar vir my 'n goeie demo model Daihatsu gekoop.
Lig op brandstof, baie betroubaar (Toyota sonder die price tag) vir R200 per
maand duurder as my bakkie.


Dave

unread,
May 12, 2008, 7:38:45 AM5/12/08
to
On Mon, 12 May 2008 11:40:11 +0200, "Riaan" <Ri...@notvalid.co.za>
wrote:

>Mense ek weet nie wat die gemiddelde ouderdom op die NG is nie, maar ek glo
>daar is 'n paar manne hier wat soos ek nog worstel met 'n huis en kar
>paaiment. Ek sien dat daar 'n voorspelling is dat die petrol prys voor die
>einde van die jaar die R20 per liter gaan haal. Het julle 'n idee hoe dit
>die rente koers en die voedselpryse gaan affekteer.
>

Die petrolprys is 'n riller, Riaan. 'n Klompie jare gelede het die die
nuusleser dikwels dié woorde gebruik "en olie is weer onder $30."
Ek onthou dit want ek dink somtyds daaraan wanneer ek na petrolpryse
kyk.
Wat dit 'n riller maak is dat dit weke gelede op pad was na $100.
Op dié oomblik (Lifetime Live 'n paar minute gelede) was dit $124.17.
Petrol ěs op pad na R200+

Moet nie vergeet dat mense wat nie meer huis en karskuld het nie,
ook weer karre moet koop vorentoe.

>Ek is regtig bekommerd dat die land binnekort in sy moer in gaan wees. Ek
>het vandag my bakkie verkoop. Die ou by die motor hawe se die manne met die
>4x4's staan omtrent tou om van die goed ontslae te raak, en vir hulle 'n
>klein karretje te koop.
>

Ek dog die land is reeds in sy moer. (Rapport het so stukkie oor die
ooreenkomste tussen Zim en RSA se grondhervorming.)

>Ek onthou so paar maande gelede was ek op die punt om vir my 'n 4x4 te koop.
>Ek moet se ek is baie bly dit het nie so uitgewerk nie. Watter planne het
>julle manne indien sake in die land verder gaan versleg - behalwe om OZ toe
>te gaan natuurlik
>

Ek onthou ook dat jy so iets gepraat het.

Dave

unread,
May 12, 2008, 7:45:22 AM5/12/08
to

>On Mon, 12 May 2008 11:40:11 +0200, "Riaan" <Ri...@notvalid.co.za>
>wrote:
>

> Watter planne het
>>julle manne indien sake in die land verder gaan versleg - behalwe om OZ toe
>>te gaan natuurlik
>>

Ek het mooi daarna gekyk en tot die gevolgtrekking gekom dat jy
finansiëel in 'n baie swakkker posisie gaan wees as jy emigreer.
Ten minste vir 'n relatief lank eerste tyd. Verlede week (?) se
Huisgenoot het met 'n Suid Afrikaanse groep gesels in NZ.
As jy na hulle luister, dink jy weer en sommer nog 'n keer.

Ferdi

unread,
May 12, 2008, 8:39:05 AM5/12/08
to
On Mon, 12 May 2008 11:40:11 +0200, "Riaan" <Ri...@notvalid.co.za>
wrote:

<<>Mense ek weet nie wat die gemiddelde ouderdom op die NG is nie,

My kar is 'n Corsa Lite. Moerse nice klein karretjie. 1400 enjin,
lugverkoeling. Ry soos 'n droom enige afstand.

Dit is eintlik in ons almal se belang dat die olieprys 150 slaan en
daar bly want dan word waterstof-enjins soveel vinniger in die VSA
ontwikkel. Dan kry ons dit eintlik ook.

Het eGoli-gas laat konnekteer na my huis toe. Dis duur, maar dit maak
my gedeeltelik onafhanklik van eskome Ciry Power.

Ander planne? www.playeuromillions.com !!!

Dave

unread,
May 12, 2008, 9:08:10 AM5/12/08
to

Ferdi <NoS...@atall.co.za> wrote:


>Ander planne? www.playzim$millions.com !!!
>
>

Hessie

unread,
May 12, 2008, 10:20:39 AM5/12/08
to
"Riaan" skryf

Watter planne het
> julle manne indien sake in die land verder gaan versleg - behalwe om OZ toe
> te gaan natuurlik

Riaan, moet tog nie aan die sindroom begin ly dat
alles sleg is in SA en so goed oorkant die water is
nie. Dit sal jou net smart bring as jy eendag emigreer.
Die prys van olie styg fenomenaal oral waar jy
gaan. Een van ons kinders wat onlangs in Engeland
begin werk het, kla elke keer as hy êrens heen ry,
hoe vreeslik baie hy moet betaal vir petrol. Ek kan
die woede in sy stem hoor as hy die prys aanhaal,
en ek kan dit ook amper nie glo nie, as ek die
ponde in dollars oorsit. Dit lyk vir my lewenskoste
in Engeland is ongelooflik hoog, en die salarisse
is ook nie eens baie hoog, in vergelyking met
Noord-Amerika nie. Ons seun het by een firma
begin werk, en toe uitgevind dat sy salaris glad
te klein is vir sy lewensonkoste. Hy het toe 'n
ander werk gekry wat hom twintig persent meer
sal betaal, en waarvan die kantore in downtown
Cambridge is. Hy hoop dat hy daar op sy fiets
sal kan werk toe ry.

Gloudina

Ferdi

unread,
May 13, 2008, 3:52:35 AM5/13/08
to
On Mon, 12 May 2008 15:08:10 +0200, Dave <da...@durbs.koza> wrote:

<<> Ferdi <NoS...@atall.co.za> wrote:
>
>
>>Ander planne? www.playzim$millions.com !!!>>


Gee my 'n adres dan stuur ek sommer daai miljoene vir jou.

Jottie

unread,
May 13, 2008, 6:15:23 AM5/13/08
to
On 12 May, 14:39, Ferdi <NoS...@atall.co.za> wrote:
> On Mon, 12 May 2008 11:40:11 +0200, "Riaan" <Ri...@notvalid.co.za>
> wrote:
> Dit is eintlik in ons almal se belang dat die olieprys 150 slaan en
> daar bly want dan word waterstof-enjins soveel vinniger in die VSA
> ontwikkel. Dan kry ons dit eintlik ook.

Onthou net dat waterstof nie suiwer in die natuur voorkom nie.
Alhoewel daar die afgelope jare heelwat vooruitgang gemaak is om
waterstof d.m.v. herwinbare energie (bv. ethanol) te produseer word
die oorgrote hoeveelheid vandag nogsteeds met reaktors produseer wat
groot hoeveelhede CO2 vrylaat en self afhanklik is van nie-herwinbare
bronne soos steenkool of olie. Wat dit nie regtig 'n goedkoper of
vriendeliker alternatief maak nie. Tot tyd en wyl die produksie en
natuurlik die distribusie van waterstof koste-effektief gedoen kan
word sal ons maar moet gewoond raak aan die petrolprys.

Dave

unread,
May 13, 2008, 7:18:25 AM5/13/08
to

Koop sommer vir my 'n sakkie ertappels daarmee,
en as daar kleingeld is, kan jy dit hou.

As daar nie genoeg is nie, sal ek www.playzim$billions.com ondersteun,
volgende keer.

Dave

unread,
May 13, 2008, 7:39:19 AM5/13/08
to

> Tot tyd en wyl die produksie en
>natuurlik die distribusie van waterstof koste-effektief gedoen kan
>word sal ons maar moet gewoond raak aan die petrolprys.

Gloudina het destyds in Soweto ook haar donkies probeer gewoond maak
om sonder kos klaar te kom. Sy sę hulle het net mooi reg gekom, toe
gaan hulle dood.

Riaan

unread,
May 13, 2008, 8:00:24 AM5/13/08
to

"Hessie" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:50079379-95a1-4e3c...@d1g2000hsg.googlegroups.com...
"Riaan" skryf

Watter planne het
> julle manne indien sake in die land verder gaan versleg - behalwe om OZ
> toe
> te gaan natuurlik

Riaan, moet tog nie aan die sindroom begin ly dat
alles sleg is in SA en so goed oorkant die water is
nie. Dit sal jou net smart bring as jy eendag emigreer.

Toemaar Antie, ek is nie so naief nie


Die prys van olie styg fenomenaal oral waar jy
gaan. Een van ons kinders wat onlangs in Engeland
begin werk het, kla elke keer as hy êrens heen ry,
hoe vreeslik baie hy moet betaal vir petrol. Ek kan
die woede in sy stem hoor as hy die prys aanhaal,
en ek kan dit ook amper nie glo nie, as ek die
ponde in dollars oorsit. Dit lyk vir my lewenskoste
in Engeland is ongelooflik hoog, en die salarisse
is ook nie eens baie hoog, in vergelyking met
Noord-Amerika nie. Ons seun het by een firma
begin werk, en toe uitgevind dat sy salaris glad
te klein is vir sy lewensonkoste. Hy het toe 'n
ander werk gekry wat hom twintig persent meer
sal betaal, en waarvan die kantore in downtown
Cambridge is. Hy hoop dat hy daar op sy fiets
sal kan werk toe ry.


Ek sal daarvan hou as jou huis (en as jy meer as een huis besit geld dit net
vir een) losgemaak kan word van die inflasie koers. 'n Huis is nie 'n luukse
noodwendig nie, en dit sal die banke meer baat indien hulle die ouens met
onnodige skuld harder straf.

Dave

unread,
May 13, 2008, 8:11:31 AM5/13/08
to
"Riaan"
>
>Ek sal daarvan hou as jou huis (en as jy meer as een huis besit geld dit net
>vir een) losgemaak kan word van die inflasie koers.

Miskien sę jy nie hier wat jy regtig bedoel nie, Riaan. As ek jou reg
verstaan. Terloop, mense wat meer as een huis het, het gewoonlik nie
meer as een verband nie, dikwels glad nie.

As jou huis losgemaak word van die inflasiekoers, kan jy die positiewe
aspekte daarvan ook misloop. Wat is positief aan inflasiekoers..!?
Die styging in waarde, natuurlik. As daar geen inflasie was nie, was
jou huis steeds dit werd wat jy daavoor betaal het. Jou huis se waarde
styg tog ondermeer omdat die rand minder werd word gemeet aan
koopkrag. En boumateriaal en arbeid ens. duurder word.

Maar dit is logies dat jy bedoel het 'vrygestel van rentekoers
verhogings'. Ek ondersteun jou daarmee, maar... dit is ook daardie
selfde verhoogde premies wat jou rente op jou belegging voorsien in
jou beleggingsrekening. Heel debateerbaar dus.


Ferdi

unread,
May 13, 2008, 8:19:19 AM5/13/08
to
On Tue, 13 May 2008 03:15:23 -0700 (PDT), Jottie
<jotti...@googlemail.com> wrote:


<<>Onthou net dat waterstof nie suiwer in die natuur voorkom nie.
>Alhoewel daar die afgelope jare heelwat vooruitgang gemaak is om
>waterstof d.m.v. herwinbare energie (bv. ethanol) te produseer word
>die oorgrote hoeveelheid vandag nogsteeds met reaktors produseer wat
>groot hoeveelhede CO2 vrylaat en self afhanklik is van nie-herwinbare
>bronne soos steenkool of olie. Wat dit nie regtig 'n goedkoper of
>vriendeliker alternatief maak nie. Tot tyd en wyl die produksie en
>natuurlik die distribusie van waterstof koste-effektief gedoen kan
>word sal ons maar moet gewoond raak aan die petrolprys.>>

Dis waar kern-reaktors inkom. Dit maak die elektrisiteit om die
waterstof op te wek - tot enige van die onderstaande soort deurbrake
kommersieel aangewend word.


http://www.sciencedaily.com/releases/2008/05/080507105630.htm

http://www.sciencedaily.com/releases/2007/11/071112172203.htm

http://www.sciencedaily.com/releases/2007/11/071128074931.htm

http://www.sciencedaily.com/releases/2008/04/080409170347.htm


Dave

unread,
May 13, 2008, 8:26:44 AM5/13/08
to
On Tue, 13 May 2008 14:19:19 +0200, Ferdi <NoS...@atall.co.za> wrote:

>
>Dis waar kern-reaktors inkom. Dit maak die elektrisiteit om die
>waterstof op te wek - tot enige van die onderstaande soort deurbrake
>kommersieel aangewend word.
>
>
>http://www.sciencedaily.com/releases/2008/05/080507105630.htm
>

ROY, Mich.-- Cars built entirely out of plastic could be the wave of
the future, making metal a thing of the past when it comes to cars.

Dan sal die ergste van 'n karongeluk dalk die kopstamp van die mense
wees.

0 new messages