Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Biltong en wors......

498 views
Skip to first unread message

Hans

unread,
Sep 30, 1998, 3:00:00 AM9/30/98
to
Johan Potgieter skryf :
"Biltong maak ons self - geen gemis nie ........"

Het ook al VSA beesvleis geproe - die sagste, sappigste wol wat ek nog gekou
het !! Soos ek verstaan, meesal van besies wat op 9 maande al die lyf het
van 6 jaar oud osse, soos ons hulle hier in Suidwes - gits, 'skuus, Namibiė,
ken. Dis nou van die groeihormone en al die ander onheilighede wat hulle
daar teen hulle diere pleeg...........

Vir die manne wat ook hul eie wors wil maak gee ek graag my ou staatmaker
worsresep. Ek gebruik gemsbok of koedoe en as mens nog 'n vet hartbees
byderhand het, soveel beter. By gebrek aan genoemde bronne sal beesvleis
aanvaarbaar wees............


Boerewors

Hierdie resep is geskik vir BEIDE droė wors EN bakwors.


6 Kg Vleis
1.5 Kg Vet

60 ml Sout
15 ml Peper (Swart peper)
45 ml Koljander – fyn (Coriander)
15 ml Naeltjies – fyn (Cloves)
25 ml Wonderpeper – fyn (Pimento)
7.5 ml Neutmuskaat – fyn (Nutmeg)

150 ml Asyn

Opmerkings
Die geheim van wors is die VERHOUDINGS. Eerste die vet/vleis verhouding
van EEN deel VET op VIER dele vleis. Ek wat normaalweg met wildsvleis werk,
gooi altyd ‘n bietjie meer vet in omdat wildsvleis droog is maar moet NOOIT
minder vet gebruik nie. Vir bakwors wat jy BINNE 3 WEKE sal gebruik, mag
jy maar vark neem maar moet NOOIT vark vir droėwors vat nie omdat dit so gou
galsterig word. Vir my wors gebruik ek SLEGS die vet wat oor ‘n bees se
boude sit – daardie GEEL vet aan die buitekant van ‘n lekker “rump steak”
maar daar het julle nou weer ‘n probleem. (Die VSA se vetlose goed)
Julle kan dit vervang met die vet wat op die bors (Brisket) van die bees is
maar dis nie die ware jakob nie. Enige ANDER vet van ‘n bees is
ONAANVAARBAAR aangesien dit hard is en soos grondboontjiebotter aan jou
verhemelte klou daarna. Skaapstert en vark gebruik ek hoegenaamd nie in my
wors nie – vark smaak na 2 weke sleg en in droėwors word die skaap weer so
hard soos klip.

Die TWEEDE VERHOUDING is dat vir ELKE 7.5 Kg vet/vleis mengsel die bostaande
hoeveelheid kruie gebruik word.

Metode
Weeg vet/vleis en bepaal dan finale hoeveelhede kruie.
Meng droė kruie in bak of skottel.
Hou die asyn APART.
Sny vleis en vet in blokkies van so omtrent 25 mm en maal die twee dan saam.
Vir my wors gebruik ek ‘n MEDIUM tot AMPER growwe sif op die meule – moet
nooit wors fyn maal nie.
MOENIE die vet en vleis apart maal en agterna meng nie want NADAT die
vet/vleis gemaal is, moet dit so min as moontlik hanteer word.

Sprei die maalmengsel op ‘n groot tafel oop – hoe dunner, hoe beter.
Versprei die droė kruie eweredig oor die vet/vleis.
Werk dit met die vingers in terwyl die asyn net tussenposes oorgesprinkel
word. NB. MOENIE die mengsel KNIE nie.

Ek steek sommer gaatjies in die asynbottel se prop en sprinkel dit op die
manier oor.

Stop in derms van omtrent 22 mm.


Voorspoed


(Vir direkte pos, verwyder alle verwysings na water uit die E adres)


JPotgieter

unread,
Oct 2, 1998, 3:00:00 AM10/2/98
to

Mens moet ook maar weet wat om te koop - ons koop free range bees en skaap wat
nie gevoer is nie en "organic" wat nie met hormone geboost is nie - die vleis
wat jy van praat is nie meer so wyd beskikbaar nie.

Jy moet die wors kom proe wat ek en my kollega maak! Nie eers Suidwes wors kom
daarby nie.
Johan (bietjie in Oregon)

0 new messages