Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Vloektaal

99 views
Skip to first unread message

Gary Bartholomew

unread,
Mar 22, 2000, 3:00:00 AM3/22/00
to
Kennisgewing: Hierdie hoofstuk bedoel presies wat dit se^. Hieronder word
gevloek, mense, eers so saggies, saggies, en dan HARDOP. Bly hier weg as jy
jou deur vuil taal laat vererg.

Hierdie is maar net 'n persoonlike opinie, maar wat dink julle hiervan?
Afrikaans staan bo alle ander as vloektaal.

Ek probeer nie om hier af te kraak nie. Ek's ernstig. Vir my voel dit asof
wanneer 'n mens in Engels vloek is dit maar net iets vuil en onguur, maar as
dit by vloek kom, dan skiet Afrikaans op tot digterlike hoogtes. As
vloektaal het julle taal *krag*.

Daar's niks vir my so naar as "mooipraatjies vir Dominie" wat as gedigtes
voorgehou word. As julle jul taal gebruik met blommetjies en ouma se ou
parfum doktor, dan maak dit vir my naar. Te veel suiker in die tee. So iets.
Ek kort woorde om myself duidelik te maak, maar kan julle dit so van die
kant af insien?

Maar vloek! O' Afrikaans! Ma se moer van alle vloektale! Mens kan in
Afrikaans vloek en aards, eerder as vuil wees, al vloek 'n mens met die
geslagsdele en gewoontes van als wat mens en dier is als opeengehoop.

Vir my oor is die ou Wiking uitsprake wat julle oorpronklik gehou het wat 'n
deel uitmaak van hierdie magtige vloek-krag wat julle het. bv. "skip" is
nooit versag na "ship" nie.

Nou laat dit my dink. Kan ons nie 'n regte digter ooreed om die eerste
Afrikaanse vloekbundel te skep nie? Ek het 'n paar voorbeelde van die
vloekmag van Afrikaans hier al gesien, maar dis te min. Hier is 'n
uitnodiging vir almal van julle om met volle mag hier te kom vloek.

As jy vandag heeltemal die moer in is, dan kom koffiekroeg toe en vloek so
bietjie, toe. Hier's jou kans om kuns sonder die groot-K en al die ander kak
te oefen en te skep. Ek soek voorbeelde van die Afrikaanse vloekkuns wat
"ernstig" opgeneem kan word, so bars los, ruk hande uit ens.

Ek herrinner die sensitiewe lesers weer, moenie kla nie as julle hieronder
vererg word deur die vloekdigters nie. (Vuil taal! Pasop! Vuil taal! Moet
nie verder gaan nie sonder 'n taai sin van humor nie).

Leon du Plessis

unread,
Mar 25, 2000, 3:00:00 AM3/25/00
to
ons digters hoef vir niemand agteruit te staan wanneer daar van poėtiese
vloekkuns gepraat word. jy sal ver moet soek om sterker imagery te kry as
dié reėl in een van die gedigte in Breyten Breytenbach se "Die Ysterkoei
Sweet":

.... en die rye bitterwit eende wat kak op my graf in die reėn


of iets in dier voege ... I stand by voorbaat corrected, mrs b

Gary Bartholomew <gary...@intekom.co.za> wrote in article
<8bboe6$b84$4...@ctb-nnrp1.saix.net>...


>
> Hierdie is maar net 'n persoonlike opinie, maar wat dink julle hiervan?
> Afrikaans staan bo alle ander as vloektaal.
>
>

>snip

home.com

unread,
Mar 25, 2000, 3:00:00 AM3/25/00
to
Gary Bartholomew wrote:

> Hierdie is maar net 'n persoonlike opinie, maar wat dink julle hiervan?
> Afrikaans staan bo alle ander as vloektaal.
>
>
>

> Maar vloek! O' Afrikaans! Ma se moer van alle vloektale!

Nou Meneer Bartholomew, voordat ek nou met jou gaan saamstem,moet ek eers jou
kwalifikasies ondersoek. Hoeveel tale ken jy?
Waarop baseer jy jou stelling dat Afrikaners die beste in die wereld
is op hierdie gebied? Of is hierdie pos van jou maar net 'n subtiele
manier om hooghartig oor Afrikaners te praat. As daar een ding is
wat Afrikaners vererg, is dit wanneer Engelssprekende Suid-Afrikaners
op hoity-toity manier uitsprake maak oor "Afrikaners."
Soos meeste Afrikaners het ek in 'n atmosfeer grootgeword waar
vloek iets was wat nie gedoen was nie. Dis eers toe ek ouer was en in
aanraking gekom het met Engelse dat ek begin uitvind het van die hele
wereld van vloekwoorde wat mens kan gebruik. Waar dink jy het
Afrikaners die woord "demmit" gekry. Van meestervloekers.

Die tannie met 'n kappie wat 'n dem groot tuit het.


Gary Bartholomew

unread,
Mar 25, 2000, 3:00:00 AM3/25/00
to
Pragtig, Leon!

Vir my is "kak" 'n word ryk in betekenisse wat meestal so in die murg van
die bene en in die bloedstroom bly en wat ek nie mooi in woorde sou kon
verduidelik. Dis so 'n uitspattige woord, die'.

bv. As jou aantwoord op my posting, "Ag KAK, man!" was, dan sou dit my in my
voete stuit. "Oh bullshit/ what a load of bollocks" is pap in vergelyking.
Is daar enige taal op hierdie liewe aardbol wat kan spog met so woord?

Ek twyfel nie dat die Afrikaanse digters die vloekmag van die taal gebruik
het, maar het enige van hulle al besef dat hulle hierdie vloekrykdom het om
te plunder?- as 'n ware, selfstandige taalspog. Ek is van voorneme dat 'n
hele vloekbundel saamgestel sou kon word wat op die heelboonste rak van die
we^reld se letterkuns geplaas sou kan word in 'n kategorie van sy eie.

Romans, Poe"sie, Toneelstukke, ens. het almal van. Die grote digters van die
Afrikaans moet die boekrak van die bestes met Yslanders, Kroate, Egiptenare,
en selfs 'n paar ou Soutpiele deel. Maar vloek! Die dag dat een van julle
die Groot Afrikaanse Vloekbundel saamstel, dan gaan daardie boek heeltemal
uniek op sy eie staan. Dit is net nie moontlik om bv. 'n Engelse vloekboek
te skryf, wat as ware letterkunde (etterkunde?) sou kon staan. So boek in
Engels sou altyd die klank he^ van 'n klompie skoolkinders wat giggelend
"vuil" praat. Dit sou wragtig 'n nare boekie wees. En ek vermoed dat hierdie
vir alle tale sou geld; behalwe Afrikaans. Al sou die leser die Groot
Afrikaanse Vloekbundel om moreel-etiese redes *haat*, sou dit nog respek
afdwing. "Dis lelik! Maar oooo so mooi ... " sou mens kon se^.

Leon du Plessis <hdu...@tmecl.co.za> wrote in message
news:01bf9656$5cc9dbf0$d30412ac@ws010...


> ons digters hoef vir niemand agteruit te staan wanneer daar van poėtiese
> vloekkuns gepraat word. jy sal ver moet soek om sterker imagery te kry as
> dié reėl in een van die gedigte in Breyten Breytenbach se "Die Ysterkoei
> Sweet":
>
> .... en die rye bitterwit eende wat kak op my graf in die reėn
>
>
> of iets in dier voege ... I stand by voorbaat corrected, mrs b
>
> Gary Bartholomew <gary...@intekom.co.za> wrote in article
> <8bboe6$b84$4...@ctb-nnrp1.saix.net>...
> >

> > Hierdie is maar net 'n persoonlike opinie, maar wat dink julle hiervan?
> > Afrikaans staan bo alle ander as vloektaal.
> >
> >

Gary Bartholomew

unread,
Mar 25, 2000, 3:00:00 AM3/25/00
to

<@home.com> wrote in message news:38DCE40F...@home.com...

> Gary Bartholomew wrote:
>
> > Hierdie is maar net 'n persoonlike opinie, maar wat dink julle hiervan?
> > Afrikaans staan bo alle ander as vloektaal.
> >
> >
> >
> > Maar vloek! O' Afrikaans! Ma se moer van alle vloektale!
>
> Nou Meneer Bartholomew, voordat ek nou met jou gaan saamstem,moet ek
eers jou
> kwalifikasies ondersoek. Hoeveel tale ken jy?
> Waarop baseer jy jou stelling dat Afrikaners die beste in die wereld
> is op hierdie gebied? Of is hierdie pos van jou maar net 'n subtiele
> manier om hooghartig oor Afrikaners te praat. As daar een ding is
> wat Afrikaners vererg, is dit wanneer Engelssprekende Suid-Afrikaners
> op hoity-toity manier uitsprake maak oor "Afrikaners."
> Soos meeste Afrikaners het ek in 'n atmosfeer grootgeword waar
> vloek iets was wat nie gedoen was nie. Dis eers toe ek ouer was en in
> aanraking gekom het met Engelse dat ek begin uitvind het van die hele
> wereld van vloekwoorde wat mens kan gebruik. Waar dink jy het
> Afrikaners die woord "demmit" gekry. Van meestervloekers.
>
> Die tannie met 'n kappie wat 'n dem groot tuit het.
>

Tannie moet my asseblief nie bliksem nie. Ek het baie hard probeer om 'n
beskermende filter bo-op die string te sit, en ja, ek weet dat die meeste
Afrikaaners by die huis geleer is om mooi te praat. (Sien tannie hoe ek oor
myself val as ek wegskarrel).

Daar was 'n Nieu Seelander, eens, wat met elke lid van die VN van sy tyd in
sy moedertaal kon gesels. Hy kon iets soos 50 tale praat, maar tannie is reg
om te vermoed dat ek nie so 'n vrats is nie. Ek kan 'n bietjie
Meestervloekerstaal, 'n bietjie minder Afrikaans, en 'n paar woorde elk van
Latyns en Zoeloe praat, en dis maar al. Ek is dus nie in staat om kategories
en positief te weet of Afrikaans die We^reld se voorloper as vloektaal is,
al dan nie. (En wie van ons is?) Wat ek het is 'n sterk vermoede dat
Afrikaans nie 'n gelyke op hierdie terrein sou vind nie, en ek daag die
sprekers van daardie tale onbekend aan my uit om my verkeerd te bewys, as
hulle so oortuig is dat hul taal Afrikaans sou kon oortref. Dis maar die
beste wat 'n mens kan doen waar daar gehandel word met blote bespiegelens en
gevoelens.

As tannie die Souties as die meestervloekers wil aanwys, goed en wel,
miskien het tannie daar iets beet; maar dit het niks uit te waai met my
stelling dws. dat die taal, die poe:sie gelok in die klanke van die taal,
die gramatiese ontleding van die taal (help! ek sukkel hier; net nou gaan ek
verdrink) ... iets wat ek weet is daar, maar moeilik is om vir die wat dit
eerder nie wil sien nie te bewys.

As mens in Engels vloek kom dit as eenvoudig vuil uit. Miskien is dit 'n
oorsaak van te veel vloek of so iets- ek weet nie- maar om in Engels te
vloek is om oppervlakkig te vloek. Dis 'n vaal ou dingetjie. Janee, miskien
op die ou-einde is dit maar 'n saak van geloof.

Ek maak geen uitspraak oor Afrikaners nie; wel niks wat as beledigend deur
iemand wat nie dunvellig (is daar so woord?) is beskou kan word nie, en nie
as hoofpunt nie. Ek probeer om in Sukkel-Afrikaans 'n stelling wat ek as
interesant beskou te maak. Hoity toity? Ag man, tannie se hele ... nee;
hierdie tiepe van vloek is nie wat ek in die oog gehad het nie. (Maar dis
tog 'n ongure manier om die voorbeeld te illustreer, of hoe?)

Sterkte, tannie.

home.com

unread,
Mar 25, 2000, 3:00:00 AM3/25/00
to
Gary Bartholomew wrote:

KAK, man!"

> Is daar enige taal op hierdie liewe aardbol wat kan spog met so woord?

En weet jy waar die woord vandaan kom. Van Grieks. En ek hoor die
woord hier in Kanada oral om my, gewoonlik in die monde van Portugese,
Spanjaarde en dies meer. So kalmeer jou wilde bewerings oor die tale
van die wereld. Totdat jy 'n bietjie meer van hulle weet.

Die tannie wat nie snert kan duld nie.


A.S. Pris

unread,
Mar 26, 2000, 3:00:00 AM3/26/00
to
Also sprach @home.com
-> Dis eers toe ek ouer was en in
-> aanraking gekom het met Engelse dat ek begin uitvind het van die hele
-> wereld van vloekwoorde wat mens kan gebruik. Waar dink jy het
-> Afrikaners die woord "demmit" gekry. Van meestervloekers.

Hel, ou Antie, jy het darem nie 'n koekenkloe
waar die Afrikaners vandaan kom nie. Die
Engelse is vullentjies teenoor ons voorsate
uit die Laaglande, jou klootzak!

PAT

unread,
Mar 26, 2000, 3:00:00 AM3/26/00
to
Is nou nodig om haar n klootsak te noem net om sy met jou
verskil? Kan ons
mekaar se verskillende opinies respekteer sonder om mekaar na
verskeie ligaamsgedeeltes te noem . . .?

pat


A.S. Pris <1@2> wrote in article
<38de7908...@news.mweb.co.za>...

home.com

unread,
Mar 26, 2000, 3:00:00 AM3/26/00
to
A.S. Pris wrote:

> Hel, ou Antie, jy het darem nie 'n koekenkloe
> waar die Afrikaners vandaan kom nie. Die
> Engelse is vullentjies teenoor ons voorsate
> uit die Laaglande, jou klootzak!

Wel, ou Leendert, nie almal se voorsate kom soosjou voorsate uit die
Laaglande nie.

Gary Bartholomew

unread,
Mar 27, 2000, 3:00:00 AM3/27/00
to
Klootsak.
Dis nou 'n nuwe een vir my. Kan ek asb 'n vertaling van hierdie belowende,
doosagtige of etterpoesagtigklinkende woordjie vra?

Moer! en waar is daai hondekots kakvreter, Phatti, wat so mooi met sy
dwaaskop in 'n mens se karakter kan inklim sonder dat hy enigiets regtig se^
nie? Waar is jy, Poepol?

A.S. Pris <1@2> wrote in message news:38de7908...@news.mweb.co.za...


> Also sprach @home.com
> -> Dis eers toe ek ouer was en in
> -> aanraking gekom het met Engelse dat ek begin uitvind het van die hele
> -> wereld van vloekwoorde wat mens kan gebruik. Waar dink jy het
> -> Afrikaners die woord "demmit" gekry. Van meestervloekers.
>

Gary Bartholomew

unread,
Mar 27, 2000, 3:00:00 AM3/27/00
to
Janee ou bees, ek dink dit het iets met die feit dat hierdie snaar
veronderstel is om vloekgeluide te maak eerder as om mooipraatjies vir
Dominie se kuier te praat.

Het oom nie gesien nie? Daar staan 'n groot tekenbord op hierdie kakhuis
deur. Dit se^ "Hier stink iets soos 'n vrot voorvel wat in die loop van die
sifsiekte afgeval het". As 'n mens dan daar inloop dat is dit te verwagte
dat daar regtig stinkgoed daar binne te vinde sal wees.

As die Tannie dit persoonlik opneem, dan is die Tannie of moedswillig of ...
nie so slim nie. Van wat ek al hier gelees het, is hierdie Tannie glad nie
onoosel nie, so wat moet ek dan vermoed?
PAT <ac...@bcinfo.he> wrote in message
news:01bf9772$62fd5a20$0a89...@ms660966.mindspring.com...


> Is nou nodig om haar n klootsak te noem net om sy met jou
> verskil? Kan ons
> mekaar se verskillende opinies respekteer sonder om mekaar na
> verskeie ligaamsgedeeltes te noem . . .?
>
> pat
>
>
>
>

> A.S. Pris <1@2> wrote in article
> <38de7908...@news.mweb.co.za>...

Maarten Jansonius

unread,
Mar 28, 2000, 3:00:00 AM3/28/00
to

"A.S. Pris" schreef:


>
> Also sprach @home.com
> -> Dis eers toe ek ouer was en in
> -> aanraking gekom het met Engelse dat ek begin uitvind het van die hele
> -> wereld van vloekwoorde wat mens kan gebruik. Waar dink jy het
> -> Afrikaners die woord "demmit" gekry. Van meestervloekers.
>
> Hel, ou Antie, jy het darem nie 'n koekenkloe
> waar die Afrikaners vandaan kom nie. Die
> Engelse is vullentjies teenoor ons voorsate
> uit die Laaglande, jou klootzak!

Voor een interessante vergelijking van vloeken in het Zweeds, het
Afrikaans en het Nederlands, lees deze website:
http://www.santesson.com/enghome.html

Maarten Jansonius.

Gary Bartholomew

unread,
Mar 28, 2000, 3:00:00 AM3/28/00
to

<@home.com> wrote in message news:38DE97F0...@home.com...

> A.S. Pris wrote:
>
> > Hel, ou Antie, jy het darem nie 'n koekenkloe
> > waar die Afrikaners vandaan kom nie. Die
> > Engelse is vullentjies teenoor ons voorsate
> > uit die Laaglande, jou klootzak!
>
> Wel, ou Leendert, nie almal se voorsate kom soosjou voorsate uit die
> Laaglande nie.
>
>
Tannie:

Ek dink ek het my eie werklike punt misgeloop hier, met nagedagte. As die
hoof stuk vernou word tot "vloektaal" toe dan word die vloekelement oordryf.
Dit plaas te veel klem om vloek as sulks, waar vrylik vloek maar 'n klein
(al is dit belangrik) gedeelte uit van die groter hoofstuk, "Skeltaal".

Ek dink binne in die "Skeltaal" digterstaak is daar uitdrukkingsruimte vir
iemand soos Tannie wat duidelik omgekrap raak as daar van lelike woorde
gebruik gemaak word, en dan ook vir die van ons wat onbeperk wil skel. (Of
liewer skelle skep?) bv. "Gaan bars", is 'n uitdrukking wat 'n mens net so
lekker kan uitspoeg as ... 'n ander uitdrukking.

Maar hoekom? Omdat dit donners mooi is, vir een. (Ek hoop donners val nie
binne die grense van vloek). Ook sien ek soos ek voorheen gekla het dat hier
'n klomp steriele, doelose heen en weer gesnerpery (? die regte woord?
"bickering" sou ook pas) aan die gang is. As mens die ongesproke
vloekgevoelens aanwend vir die skepping van iets mooi-lelik, dan is dit tog
meer positief as om 'n onuitgeproke vloek- vir wat ookal die rede- in mens
se hart rond te dra.

Met die idee gaan ek nou voort om Varkskel en Braakskel skelplekke hieronder
oop te maak vir enigeen wat dit wil gebruik in plaas daarvan om in nog 'n
oor en weer persoonlike belegdigings uitding deel te neem.

Het ek hierdie reg? O ja, Tannie, sonder twyfel. Dis my taal ook, die.
Tannie se mense het daarvoor gesorg. Ek het al hele fases van my lewe in
Afrikaans uitgelewe. Ek is nie spyt daaroor nie, maar dan moet julle ook nie
kla nie as 'n "Engelsman" hier by julle kom boer nie. (Daai "hoity-toity"
bewering gee my nog so bietjie kramp in die gat- dis miskien 'n grensgeval,
of hoe? As ek dan so "hoity-toity" is dan moet Tannie seker die
"hoity-toity" Afrikaanse onnies gaan soek om die probleem op te vat. Vir die
vloek kan Tannie by die Weermag gaan kla).

O donner! Hier daal ek tot die selfde vlak as julle klomp snitbekke. (Die
wat skuldig is sal dit seker nie eers raaksien nie).

Gary Bartholomew

unread,
Mar 28, 2000, 3:00:00 AM3/28/00
to
Ek is te vreklui om die dingis hieronder te edit nie. Daar word daarin 'n
bietjie gevloek, soos julle almal weet, maar ek vra mooi dat niemand onder
hierdie hoof stuk vuil taal sal gebruik nie. "Varkskel" is bedoel vir
daardie uitdrukkings soos, "Jou vark!" wat as skeltaal slaag, sonder dat
daar gevloek word.

Julle samewerking word waardeur.

Gary Bartholomew <gary...@intekom.co.za> wrote in message
news:8bboe6$b84$4...@ctb-nnrp1.saix.net...


> Kennisgewing: Hierdie hoofstuk bedoel presies wat dit se^. Hieronder word
> gevloek, mense, eers so saggies, saggies, en dan HARDOP. Bly hier weg as
jy
> jou deur vuil taal laat vererg.
>

> Hierdie is maar net 'n persoonlike opinie, maar wat dink julle hiervan?
> Afrikaans staan bo alle ander as vloektaal.
>

> Ek probeer nie om hier af te kraak nie. Ek's ernstig. Vir my voel dit asof
> wanneer 'n mens in Engels vloek is dit maar net iets vuil en onguur, maar
as
> dit by vloek kom, dan skiet Afrikaans op tot digterlike hoogtes. As
> vloektaal het julle taal *krag*.
>
> Daar's niks vir my so naar as "mooipraatjies vir Dominie" wat as gedigtes
> voorgehou word. As julle jul taal gebruik met blommetjies en ouma se ou
> parfum doktor, dan maak dit vir my naar. Te veel suiker in die tee. So
iets.
> Ek kort woorde om myself duidelik te maak, maar kan julle dit so van die
> kant af insien?
>
> Maar vloek! O' Afrikaans! Ma se moer van alle vloektale! Mens kan in
> Afrikaans vloek en aards, eerder as vuil wees, al vloek 'n mens met die
> geslagsdele en gewoontes van als wat mens en dier is als opeengehoop.
>
> Vir my oor is die ou Wiking uitsprake wat julle oorpronklik gehou het wat
'n
> deel uitmaak van hierdie magtige vloek-krag wat julle het. bv. "skip" is
> nooit versag na "ship" nie.
>

> Nou laat dit my dink. Kan ons nie 'n regte digter ooreed om die eerste
> Afrikaanse vloekbundel te skep nie? Ek het 'n paar voorbeelde van die
> vloekmag van Afrikaans hier al gesien, maar dis te min. Hier is 'n
> uitnodiging vir almal van julle om met volle mag hier te kom vloek.
>

Gary Bartholomew

unread,
Mar 28, 2000, 3:00:00 AM3/28/00
to
Pas op!

Hieronder word daar sonder perke geskel.

Dit beteken dat daar lelike woorde hier teegekom mag word, of met lelike
uitbeelding gepraat mag word.

As dit iets onheilsaam vir U is, dan moet U liewers nie verder lees nie want
dan gaan U bloeddruk heel waarskynlik styg, en dis vir geen mens goed nie.
Los maar liewers uit en gaan beledig iemand eerder. Gaan klim in iemand se
karakter in en verkleineer 'n paar mense. Moenie hier in die bose ronddwaal
nie.

Gary Bartholomew

unread,
Mar 29, 2000, 3:00:00 AM3/29/00
to
Leenwoorde uit die argive van SAW en Seuns Edms:

Jy is laer as die skaduwee van slangkak op die seebodem.

Ag man, jou piel se punt skiet wind.

Ja! Mooi so! Swaai daai arms! Ek kry nou daai lekker coconut gevoel in my
gat.

Ruk jou vinger uit jou hol uit, jou sleg, siff nageboorte uit 'n etterpoes!
(Jammer oor al die etterpoese, maar dit was 'n gunsteling uitdrukking waar
ek moord geleer is, en ek sukkel nou om te onthou).


Woordeboek voorleggings:
Stoepkakkertjie: klein raashondjie. (Bv. worse en Poms).

Op die radio (ek lieg nie) eendag in die ou Suid Afrika:
"Hier kom 'n mooi meisie in die ateljee in, met mooi, lang bene en 'n rok so
kort, dit dek amper nie eers haar boude nie. Ek wonder wat maak sy hier ...
Sy's by die kabinet nou. Lyk vir my sy soek iets ... Nou buig sy oor; O! Ek
sien haar naam nou ... Haar naam is Koekie Hol". (Hohl? Hall?) Ek dink die
DJ het die punchline na die liedjie (nou dis 'n nare fokken woordjie)
gelewer.


Gary Bartholomew <gary...@intekom.co.za> wrote in message

news:8bq2jk$9jv$1...@ctb-nnrp1.saix.net...

0 new messages