walache wagwanahe
a kinana gwanahe
mba mawa elah
de danaledeh
mba mawa ungaeh
gwanahe pakwamaeh
We vragen ons af of dit alleen maar klanken zijn of dat het ook nog iets
betekent.
Wie kan ons helpen aan een eventuele vertaling
mete vriendelijke groet, Karin
>Met ons koor zingen wij een afrikaanse canon met de volgende tekst:
>E-lah pakwama
>
Karin. hier kort 'n hele ontleding om uit te vind wat eintlik hier
gesę word want die spelling is heelwaarskynlik anders as die
uitspraak.
Glo jy my dat dit een van die vele swart tale in Suid Afrika is wat
julle sing.
In teenstelling met wat ek gesę het oor die spelling en uitspraak,
gewoonlik is die uitspraak in 'n swart taal heelwat nader aan die
spelling as wat die geval in Engels is.
"Davie Davis" <da...@za.com> wrote in message
news:ogoc8uo4ln84fhvjn...@4ax.com...
>Klip in die bos.... kan dit dalk die click song wees van Miriam Makeba?
>
>
Ek het weer daarna gaan kyk na aanleiding van wat jy sę
en dit is nie onmoontlik nie; tog is ek verbaas dat 'n Nederlander
die Click Song vir Afrikaans kan aansien. Miskien is dit waarom
sy vra of dit slegs klanke is.
Gr.Rico, die vurig wens hy het regtig verstaan wat julle het gesę.
"Davie Davis" <da...@za.com> schreef in bericht
news:kg3d8uclp1tt6s54r...@4ax.com...
>In Nederland noem ons julle Afrikaans, Suid-Afrikaans.
>Afrikaans in Europa is al die inheemse tale van die kontinent Afrika.
>
>Gr.Rico, die vurig wens hy het regtig verstaan wat julle het gesę.
Dankie Rico, jy het dit heel verstaanbaar gemaak. Nou is dit nie meer
vreemd dat sy vra of dit Afrikaans is nie.
Maar Rico, ons noem tog nie al die inheemse tale van Europa Duits
nie :-)
Nee jy is reg, maar wel Europees!! Dit is Europese tale en Duits is net 1
van die Europese tale soos Frans, Engels, Zweeds, Grieks en Nederlands en
soos Suid-Afrikaans :-))))
Want julle Afrikaans is dan weer nie 'n Afrikaanse taal nie.
Gr.Arno
>
>
Annette
Rico <ricoh...@hotmail.com> wrote in message
news:a683k6$3bj$1...@news1.xs4all.nl...
Gr.Rico
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> schreef in bericht
news:a69gqf$cr2a3$1...@ID-92016.news.dfncis.de...
Praat julle eintlik ook van Europa-tale en Asie-tale? Of is dit Europese
tale en Asiatiese tale?
Groete,
Arthur
> Of is dit Europese
>tale en Asiatiese tale?
>
>Groete,
>Arthur
>
Presies soos jy dit hier gestel het Arthur.
Groete van die kant af ook.
DD
Rico <ricoh...@hotmail.com> wrote in message
news:a6aied$757$1...@news1.xs4all.nl...
Nee, niemand sal dit versin om sy dialek "Europeaans" of "Asiaans" te noem.
Dit het net Hollanders in Afrika kan bedink ;)
Die naam 'Afrikaans' is 'n bietjie ongelukkig gekies en daarom praat julle
nou van Afrika-tale, maar nie van Amerika-tale, Europa-tale of Asie-tale
nie!
Groete,
Arthur
Annette
Arthur Hagen <hag...@hotmail.com> wrote in message
news:a6cl9m$2c52$1...@news.kabelfoon.nl...
Woorde wat op -ka eindig word in Nederland vervoeg as -kaanse, nie -kase
nie. Amerika-Amerikaanse, Sri Lanka-Sri Lankaanse, Majorca-Majorcaanse,
...... Afrika-Afrikaanse. McDonalds is onderdeel van die Amerikaanse
kultuur, die piramides is onderdeel van die Afrikaanse kultuur. Navaho is 'n
Noord-Amerikaanse taal, Xhosa is 'n Afrikaanse taal .... Afrikaans is nie
rerig 'n Afrikaanse taal nie, dis 'n taal wat in Suidelik Afrika gepraat
word .....
Groete,
Arthur
> Arthur Hagen wrote...
> > "hcv" schreef...
> > > Met die Hollandse interpretasie van wat "Afrikaans" dan sou wees,
> > > behoort daar ook tale met die name "Europeaans" en "Asiaans" te
> > > wees....
> >
> > Nee, niemand sal dit versin om sy dialek "Europeaans" of "Asiaans"
> > te noem. Dit het net Hollanders in Afrika kan bedink ;)
> >
> > Die naam 'Afrikaans' is 'n bietjie ongelukkig gekies en daarom praat
julle
> > nou van Afrika-tale, maar nie van Amerika-tale, Europa-tale of Asie-tale
> > nie!
> >
Afrikaans is die naam van die taal wat deur sommige mense gepraat word.
Hulle woon hoofsaaklik in Suid-Afrika. Dit is nie my skuld dat ons Europeërs
so onoorspronklik is dat ons nie 'n naam vir ons taal kan uitdink nie, maar
dit direk koppel aan die naam van ons land, en nou wil ons hierdie stoepid
idee toepas op Afrika en al die tale op daardie kontinent Afrikaanse tale
noem, en nie Afrika-tale nie. Die Ethiopiërs praat nie Ethiopies nie. Die
Namibiërs praat nie Namibies nie. Die Zimbabwiërs praat nie Zimbabwies nie.
Die Xhosa, Venda, Zulu en Sotho het ook hul tale na hulself vernoem, maar
hulle sal almal hoogs onsteld wees as hulle moet weet hulle word nou deur
Hollanders/Nederlanders gedwing om te sę hulle praat 'n Afrikanse taal, en
nie 'n Afrika taal nie.
Hoop dit sal jou besig genoeg hou :))))
Annette
Arthur Hagen <hag...@hotmail.com> wrote in message
news:a6dcdo$630$1...@news.kabelfoon.nl...
>Nee Arthur.
>Gaan sit nou mooi en skryf 100 maal uit:
>
>so onoorspronklik is dat ons nie 'n naam vir ons taal kan uitdink nie, maar
>dit direk koppel aan die naam van ons land,
>
>Hoop dit sal jou besig genoeg hou :))))
>
>Annette
>
Annette, gaan sit nou en skryf 'n honderd maal uit dat die Engelse
Engels praat net soos die Franse Frans praat wanneer hulle oor die
Holanders se Hollands praat.
Probleem is Annette, dat uitskryf nie meer uitskryf is vandat ons kan
copy en paste nie. :)))
Ek sit hier en gesels omdat ek besig is om my gedagtes af te lei van
die feit dat ek oor 'n paar minute iemand moet gaan groet wat sę dat
dit sy laaste dag op aarde is vandag. Morbiede besoek né. Die omie
is besig om al sy klein kinders te groet op die oomblik.
Ekskuus, ek wil nie 'n morbiede atmosfeer skep hier nie maar is soos
ek sę, net besig om my gedagtes besig te hou voor die besoek aan
hulle huis wat die huis oor die straat is.
Davie Davis <d@ve.> wrote in message
news:f4rl8uogcpfobf4dd...@4ax.com...
Davie Davis <d@ve.> wrote in message
news:f4rl8uogcpfobf4dd...@4ax.com...
Gr.Rico
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> schreef in bericht
news:a6e9lg$dioqs$2...@ID-92016.news.dfncis.de...
Jammer maar ek kan nie saamstem nie.
In die Nederlandse Van Dale staan as eerste betekenis by 'Afrikaans' :
Zuid-Afrikaanse taal van Nederlandse oorsprong. (Die woord se tweede
betekenis is : 1. uit of van Afrika, 2. Zuid-Afrikaans).
In die Franse Larousse staan daar net een betekenis : 'Afrikaans' : langue
néerlandaise parlée en Afrique du Sud (= Nederlandse taal gesproke in SA).
Groete,
Hilda.
"Rico" <ricoh...@hotmail.com> schreef in bericht
news:a6favr$5kv$1...@news1.xs4all.nl...
> Annette dit sê nie nete die Nederlanders nie, maar ooral in die wereld
:)
Afrikaans is ons naam vir alles wat van Afrika kom. Maak nie saak nie hoe
julle dit noem! Vir ons is alle mense in Afrika Afrikaans en hulle praat
tale wat ons Afrikaanse tale noem. Met uitsondering van die mense wat Frans,
Engels, Arabies of Afrikaans praat; dat is geen Afrikaanse tale nie.
Vir ons is Xhosa 'n soort van Afrikaans, amper soos Mi'gmaq 'n soort van
Indiaans is en soos die Engelse dialek wat mense in die VS praat Amerikaans
is.
> Die Zimbabwiërs praat nie Zimbabwies nie.
Tog sou ons seker die inheemse tale wat mense in Zambibwe praat onder die
noemer 'Zimbabwaans' kan vang.
> Die Xhosa, Venda, Zulu en Sotho het ook hul tale na hulself vernoem, maar
> hulle sal almal hoogs onsteld wees as hulle moet weet hulle word nou deur
> Hollanders/Nederlanders gedwing om te sę hulle praat 'n Afrikanse taal, en
> nie 'n Afrika taal nie.
Die consep 'Afrika-taal' klink nogal gesog (gekunsteld) vir my. Julle kan
dit net nie 'Afrikaanse taal' noem nie omdat julle grootouers so eiewys is
gewees om hulle Nederlandse dialek voortaan as eie taal met die naam
Afrikaans te wil beskou en daarom het julle vir die egte Afrikaanse tale die
term 'Afrika-tale' moet versin. Die oorspronklike taalreëls sou geeis het
dis 'Afrikaanse tale' ... julle praat mos ook nie van Europa-tale en
Asie-tale nie!!!
Groete,
Arthur
Geïnteresseer in die Suid-Afrika!
veel plesier saam!
M.v.g.
Xander Helmich
(reply by mail? please remove # from address)
Ek dink julle moet oor julle skouers begin kyk - die Impi is op julle as
hulle hoor Zoeloe is Afrikaans:)))
Annette
Arthur Hagen <hag...@hotmail.com> wrote in message
news:a6fhr2$2e4e$1...@news.kabelfoon.nl...
--
Xander Helmich <#xander...@hotmail.com> wrote in message
news:3c8b4d09...@news.kabelfoon.nl...
> Ek sit hier en gesels omdat ek besig is om my gedagtes af te lei van
> die feit dat ek oor 'n paar minute iemand moet gaan groet wat sę dat
> dit sy laaste dag op aarde is vandag. Morbiede besoek né.
Mense met 'n sterk spirituele lewe, so
sterk dat dit hulle fisiese kondisie
kan beinvloed, is bekend daarvoor dat
hulle kan besluit wanneer hulle
"doodgaan." Hierdie soort mense word
veral in die Ooste en op die Indiese
subkontinent gevind. Maar Teilhard de
Chardin het ook presies gesterf op die
dag wat hy uitgekies het, gedurende die
Paastyd.
Gloudina
> Vir ons is Xhosa 'n soort van Afrikaans, amper soos Mi'gmaq 'n soort van
> Indiaans is
Luister, Meneer Hagen, die Mi'gmaq is nie
"Indiane" nie. Hulle is een van die Eerste
Nasies van Noord-Amerika. Daardie stupid
Europeėr Columbus het die mense hier "Indiane"
probeer noem, maar dit werk nie meer nie.
Tant Hessie van die Algonquins.
??? Hilda het dieselfde definisie vir Afrikaans gegeë as ek! Die definisie
uit ons woordeboek '1. uit of van Afrika, 2. Zuid-Afrikaans'. Ek het nooit
beweer dat julle taal geen Afrikaans is nie. Julle noem dit mos so. Maar ons
praat gewoonlik van Zuid-Afrikaans om die taal nie te verwar met die egte
Afrikaanse tale nie :)
> Ek dink julle moet oor julle skouers begin kyk - die Impi is op julle as
> hulle hoor Zoeloe is Afrikaans:)))
Zoeloe as taal is inderdaad Afrikaans ... dis 'n Afrikaanse taal. Afrikaans
as taal is nie Afrikaans nie ... dis 'n Europese taal.
Groete,
Arthur
Julle kan
> dit net nie 'Afrikaanse taal' noem nie omdat julle grootouers so eiewys is
> gewees om hulle Nederlandse dialek voortaan as eie taal met die naam
> Afrikaans te wil beskou en daarom het julle vir die egte Afrikaanse tale die
> term 'Afrika-tale' moet versin.
Dierbaarheid, Arthur. Jy word darem meer
en meer kewademan met jou sosio-etniese
uitsprake. Eers is die Germane nie meer
jou sielsmaats nie. En nou sit en kritiseer
jy jou eie sewentiende-eeuse landgenote vir
hulle keuse van hoe om hulle taal op Afrikaanse
bodem te benoem.
Ek stem tot op 'n punt met jou saam. Hier in
Kanada het die sewentiende eeuse Franse aan die
Ooskus hulle taal nie "Kanadees" genoem nie, maar
wel "Akadies." Goeie keuse.
Gloudina
Dankie Mevrouw Bouwer en gefelisiteer met u politieke korrekheid. Gaan nou
stry teėn die Russe wat Duitsers 'Nemsi' noem of teėn die Engels ons
Nederlanders 'Dutchmen' noem.
Arthur
Heb gewerkt in Cullinan (40 km oos van Pretoria) vir 1 jaar als leraar
tuis-skool,
Ik kom uit Holland (ik probeer Afrikaans te skrijf) maar gaat niet
altijd goed nie, maar probeer!
Die Neerlands snap jij ook baie goed denk ik!
Ben in die laaste 3 jaar 4 maal naar die Suid-Afrika gewees,
vorig jaar heb ik een reis vir jongelui georganiseer van Kaapstad naar
via Oos Londen naar Durban in het kader van die verbroedering tussen
die Nederlanders en onze medemens in die RSA.
Het was een baie sukses!
Die Afrikaans interesseer mij veel, heb veel muziek (die genoemde
Afrikaanse liedjies!), mijn halve hart is nu in de Suid-Afrika!
groet....
On Sun, 10 Mar 2002 14:40:51 +0200, "Annette" <ann...@ctnet.co.za>
wrote:
Ek sien die Afrikaners is kwaad vir jou, terwyl jy heeltemal reg is, maar is
dit nou die
Zuid-Afrikaanse temperament, of net omdat dit mees vroue is wat reageer??
:-))
Maar nou nog net 1 vraag, hoekom heet die taal Afrikaans en net nie
Suid-Afrikaans nie??
Gr. Rico
"Arthur Hagen" <hag...@hotmail.com> schreef in bericht
news:a6fnf7$2kho$1...@news.kabelfoon.nl...
>Rico,
>
>Jammer maar ek kan nie saamstem nie.
>In die Nederlandse Van Dale staan as eerste betekenis by 'Afrikaans' :
>Zuid-Afrikaanse taal van Nederlandse oorsprong. (Die woord se tweede
>betekenis is : 1. uit of van Afrika, 2. Zuid-Afrikaans).
>In die Franse Larousse staan daar net een betekenis : 'Afrikaans' : langue
>néerlandaise parlée en Afrique du Sud (= Nederlandse taal gesproke in SA).
Hilda! Welkom terug!
Daar Annette - nou kan ons rustig raak.
Arthur was verkeerd, of het probeer om politiek te speel met sy
woordeboek!
:-))))
Jakkes, daar is daardie muis weer! Skoert! Ek gaan die kat roep!
Ek speel geen politiek nie. Ek is gatvol politiek. Na die
munisipaliteitverkiesings hier is politiek die enige onderwerp waaroor mense
nog praat.
Groete,
Arthur
>Jakkes, daar is daardie muis weer! Skoert! Ek gaan die kat roep!
<g> Arthur, Gloudina het die verlede jaar hard probeer om van my
ontslae te raak, en selfs ook 'n hele paar skoerte ingegooi. Wat dink
jy sal 'n liggewig soos jy nou kan uitrig, hmmm?
:-))
>Ek speel geen politiek nie. Ek is gatvol politiek. Na die
>munisipaliteitverkiesings hier is politiek die enige onderwerp waaroor mense
>nog praat.
Nee goed dan.
Groete,
Danielle
>Sterkte Davie - en jy mag maar huil - hier ook.
>Annette
>
Eintlik 'n vreeslike anti_klimaks Annette.
Toe ons in sy kamer instap (en ek verwag hom
in 'n koma) toe sit hy op die kant van die bed met ons en gesels.
En vanmiddag het hy op die stoep gesit en braaivleis eet!
Die storie wat ek gehoor het was vreeslik oordrewe maar hy is verlede
Dinsdag gesę dat hy maagkanker het en die omie is besig om almal te
groet. Hulle is 'n vreeslike hegte familie en vandag het hy sy kinders
en kleinkinders een een en getroudes paartjie vir paartjie in sy kamer
laat kuier. My vrou en ek het ook vanmôre by hom gekuier en dit wat ek
gesę het was vreeslik oordrewe as gevolg van wat een van sy kleinseuns
vir my gesę het toe hy gesę dat ons moet gaan kuier.
Feit is dat hy 'n verskriklike skok opgedoen het toe vir hom gesę is
dat dit is wat hom makeer. Vanmôre sę sy kleinseun dat hy op sy laaste
is. Ek stap daar in en hy het gelag in die geselsskap. Later op die
stoep gesit. Ek sę altyd vir Gloudina dat sy seker moet maak van haar
feite. Ek het nie.
Die omie ěs siek hoor. Drie maande gelede het hy 82 geweeg. Vandag
weeg hy 65 kls.
Die lang verduideliking is omdat ek dit vanmôre onwetend oordryf het
wat nie snaaks was nie want 5:30 vanmôre (toe sit ek al by my
rekenaar!) het ek die eerste motor daar gesien stilhou.
>Davie - ek sien in die Rapport dat die moontlikheid blykbaar nie uitgesluit
>is dat jou vriend Fanie selfmoord gepleeg het nie.
>Annette
>
Ons hou dit almal vaagweg in gedagte Annette. Want daar het dinge
gebeur wat duister is. Fanie se woorde was dat hy wel 'n egbreker is
maar nie 'n moordenaar nie. Miskien is geheime saam met hom graf toe.
Miskien weet Vicky meer. Miskien het Fanie al die tyd die waarheid
gepraat.
Au, nou slaan jy dig by huis! Maar ek probeer om meer massa te kweek op
bedryfsfitness (5 kilo in 5 maande!) maar op die indoorroeimasjien is ek nog
steeds by die liggewigte ingedeel (ek is wel die vinnigste liggewig :)
Arthur
Nou dat ek jou antwoord Gloudina, hoor ek hoe dia laate kar daar
vertrek. Nee, wat eintlik gebeur het is dat die omie vanmôre half-
drie wakker geword het en vir sy vrou gesę het dat hulle sy familie by
hom moet kry want hy wil groet. Ek dink die storie is deur sy kinders
en kleinkinders vertel. Glo my, hy gee nog 'n sterk handdruk.
Eugene Terblanche se plaas is so entjie oor die westekant se bult.
En Eugene is op die oomblik met verlof. Maar wanneer hy terugkeer gaan
ek hom vertel van jou wat sę dat Zulu 'n Afrikaanse taal is :-)))
>Ik weet dat!
>
Van u diensverschaffer:
Mijnheer Helmich
Uw netwerk heeft een nieuw tarief ingesteld.
Uw tarief wordt bepaald door de lengte van
uw geslachtdeel, hoe korter hoe goedkoper.
U belt vanaf nouw gratis!
Foei tog! :)
Jou Nederlands word vinnig beter! Byna perfekt!
Arthur
>
>Foei tog! :)
>
>Jou Nederlands word vinnig beter! Byna perfekt!
>
>Arthur
>
Lol... dank je :-)))
Wouter
Afrikaans is ons spreekwyse beslis 'n Afrika-taal, Arthur. Sou
jy reken dat Nederlands nie regtig 'n Europese taal is nie, omdat
dit net in 'n piepklein deel aan die verre weste van Wes-Europa
gepraat word?
Terloops, Xhosa word in 'n kleiner en gemiddeld meer suidelike
deel van Afrika gepraat as Afrikaans. Daar is ander Nguni-tale
wat verder noord gepraat word, maar dis nie Xhosa nie. Net
soos Nederlands ook noord van ons gepraat word, maar dis
nie Afrikaans nie.
As Xhosa 'n Afrika-taal is, is Afrikaans ook.
Wouter, ek bestry nie dat Afrikaans in 'n deel van Afrika gepraat word, maar
dis basies 'n Europa-taal. Net soos Nederlands 'n Europa-taal is, hoewel ons
taal ook in 'n deel van Suid Amerikaans voertaal is.
Arthur
Arthur
Wouter, ek bestry nie dat Afrikaans in 'n deel van Afrika gepraat word, maar
dis basies 'n Europa-taal. Net soos Nederlands 'n Europa-taal is, hoewel ons
taal ook in 'n deel van Suid Amerikaans voertaal is.
Wouter
Afrikaans se hoofwortels lę in Europa, maar dit is ook deur onder
andere Maleis en inheemse Afrika-tale beīnvloed. Ek was verbaas
hoeveel kennisgewings ek in Maleisië kon ontsyfer, die
ooreenkomste is baie meer as wat algemeen besef word.
Afrikaans word in 'n deel van Afrika gepraat net soos alle
Europa-tale in 'n deel van Europa gepraat word.
Maar Afrikaans is in Afrika gevorm en word deur taalkenners
as 'n volbloed Afrika-taal beskou. Regtig. 'n Mens sal tog nie
Nederlands as 'n Duitse taal beskou net omdat daar groot
ooreenkomste tussen die twee is en die wortels ooreenstem nie?
>Maar Afrikaans is in Afrika gevorm en word deur taalkenners
>as 'n volbloed Afrika-taal beskou. Regtig. 'n Mens sal tog nie
>Nederlands as 'n Duitse taal beskou net omdat daar groot
>ooreenkomste tussen die twee is en die wortels ooreenstem nie?
Dit is werklik hoe ons sentiment lei Karel,
maar met die wesentlike ooreenkomste
tussen die twee tale is dit natuurlik
uiters debateerbaar.
Dit sal interessant wees as die Nederlanders vir ons sę
of die ooreenkom tussent Nederlands en Duits werklik
in dieselfde mate is as tussen Afrikaans en Nederlands.
Ek het al sonder enige Duitse kennis (behalwe bietjie
op skool en dit was in 1870) 'n Duitse stuk in Afrikaans
vertaal. En ek het al Duits gesien wat asof 'n vreemde
taal voorgekom het. Die het Arthur vir my vertaal.
So blykbaar is daar ook Duits en Duits.
Wanneer die Vlaamsprekende (ek weet daar is nie
so 'n taal soos Vlaams nie Arthur en Rico :-) (wat praat
jy Norbert?) mense uit Antwerpen hier aankom, dan
gesels hulle en ons dan glad met mekaar. Is dit steeds
verskillende tale?
M.v.g.
Die invloed van Maleis op Nederlands is ewe groot en waarskynlik groter as
die invloed van Maleis op Afrikaans. Wys my die Maleise woorde in jou taal!
Pisang, sarong, dessa, wadjan, batik, kris, sawah, baboe, klamboe,
soebatten, kwatten, toko, gamalan en een heleboel gerechten en ingredienten
.. saté, ketjap (asin en manis), mihoen, nasi, katjang pedis noten, roti,
sambal, tahoe, kakkies (voete :) ..... termen die de meeste Nederlanders wel
zullen herkennen.
Bowendien het Nederlands ook Maleis beinvloed. Moderne sake soos polisie,
knalpot, handuk, versnelling en asbak. En ook gewasse: andewi, buncis,
blumkol, ercis, kol, peterselie, prei, selada, sirkol en wortel.
Ek het gemerk die Afrikaners hang aan hulle vermeende band met andere tale
om die feit dat Afrikaans eintlik net 'n Nederlandse dialek is te verdring
:)
> Maar Afrikaans is in Afrika gevorm en word deur taalkenners
> as 'n volbloed Afrika-taal beskou. Regtig. 'n Mens sal tog nie
> Nederlands as 'n Duitse taal beskou net omdat daar groot
> ooreenkomste tussen die twee is en die wortels ooreenstem nie?
Daar is amper eweveel ooreenkomste tusse Duits en Nederlands as tusse Duits
en Afrikaans. Nederlands en Afrikaans is vir 98% dieselfde.
Groete,
Arthur
'n Nederlander wat op skool geen Duits geleer het nie kan ewe goed Duits
lees as 'n Afrikaner wat geen Duits geleer het ... 'n Nederlander wat op
skool geen Afrikaans geleer het, het min probleme om Afrikaans te lees.
Seker as die Nederlander 'n bietjie kennis van Engels het. Eintlik lę die
grootste verkil tusse Nederlands en Afrikaans in die sinsbou, wat soms
duidelik deur Engels beinvloed is.
> Ek het al sonder enige Duitse kennis (behalwe bietjie
> op skool en dit was in 1870) 'n Duitse stuk in Afrikaans
> vertaal. En ek het al Duits gesien wat asof 'n vreemde
> taal voorgekom het. Die het Arthur vir my vertaal.
> So blykbaar is daar ook Duits en Duits.
1870? :)
Die stuk wat ek vir jou vertaal het was die Duits soos dit aan ons op skool
geleer word; Hoog Duits. Laag Duits is baie meer verwant met Nederlands en
Afrikaans.
> Wanneer die Vlaamsprekende (ek weet daar is nie
> so 'n taal soos Vlaams nie Arthur en Rico :-) (wat praat
> jy Norbert?) mense uit Antwerpen hier aankom, dan
> gesels hulle en ons dan glad met mekaar. Is dit steeds
> verskillende tale?
Vlaamssprekendes bestaan wel, net geen Vlaamsskrywendes nie :)
Groete,
Arthur
Trek het je niet aan. Als Nederlander hier moet je soms een beetje een dikke
huid kweken :)
Hij pronkt overigens alleen maar een beetje met zijn kennis van Nederlands
.... hij is de enige Afrikaan die ik tot dusverre ben tegengekomen die de
moeite neemt om af een toe wat Nederlands te schrijven.
Groeten,
Arthur
> newsgroup.nl wrote:
> >"Arthur Hagen" wrote:
> >
> >>Foei tog! :)
> >>
> >>Jou Nederlands word vinnig beter! Byna perfekt!
> >>
> >Lol... dank je :-)))
: )
"Arthur Hagen" <hag...@hotmail.com> wrote in message
news:a6ghi7$l0g$1...@news.kabelfoon.nl...
> "Karel Kolstert" schreef...
> > "Arthur Hagen" wrote...
> > "Wouter Plaasvark" schreef...
> > > Afrikaans is ons spreekwyse beslis 'n Afrika-taal, Arthur. Sou
> > > jy reken dat Nederlands nie regtig 'n Europese taal is nie, omdat
> > > dit net in 'n piepklein deel aan die verre weste van Wes-Europa
> > > gepraat word?
> >
> > Arthur
> > Wouter, ek bestry nie dat Afrikaans in 'n deel van Afrika gepraat word,
> maar
> > dis basies 'n Europa-taal. Net soos Nederlands 'n Europa-taal is, hoewel
> ons
> > taal ook in 'n deel van Suid Amerikaans voertaal is.
> >
> > Wouter
> > Afrikaans se hoofwortels lê in Europa, maar dit is ook deur onder
> > andere Maleis en inheemse Afrika-tale beïnvloed. Ek was verbaas
baie = menig/veel
kombuis = keuken
: )
Arthur
Die invloed van Maleis op Nederlands is ewe groot en waarskynlik groter as
die invloed van Maleis op Afrikaans. Wys my die Maleise woorde in jou taal!
Karel
Ek was onbewus van die wisselwerking tussen Nederlands en Maleis.
Baie van die woorde wat jy noem word natuurlik ook in Afrikaans
gebruik, maar die gemene deler is dan eerder die Nederlandse band.
Maar daar is woorde soos kaia, 'n telefoonhokkie in Maleisië word
byvoorbeeld 'n kaia genoem, wat nie in Nederlands voorkom nie.
En in die Kaapse dialek is daar woorde soos kanallie en bismillah
(en daar is vele meer) wat al selfs in SA Engels ingeburger word.
Arthur
Ek het gemerk die Afrikaners hang aan hulle vermeende band met andere tale
om die feit dat Afrikaans eintlik net 'n Nederlandse dialek is te verdring
:)
Karel
Nee wat, dis suiwer jaloesie van Hollanders, Vlaminge, ens.
As julle nie die vermoë en dissipline het om julle moedertaal te
formaliseer nie, dan is dit nie ons Afrikaanssprekendes se
probleem as julle met dialekte tevrede is nie, hoor :-)
Ons het ook baie dialekte hier, maar ons taal is ons taal.
Ten spyte van ons Nederlandse taalwortels
Wie sę dat kombuis Maleis is??
Op 'n skip noem jy die keuken 'n kombuis.
Dus 'n scheepskeuken is 'n kombuis en dit is al vir jare so.
Ook toen die Europeanen Afrika het toegetrek.
Gr.Rico
>
>
Wat jy hier sę maak nie saak nie, Duits is net soos Nederlands 'n Europese
taal.
Boondien as jy Noors, Deens, Sweeds? sal gaan lees, dan sien jy ook
ooreenkomste met ons eie tale, Afrikaans en Nederlands.
Gr.Rico
>
>
>
>
>baie en kombuis?
>
>: )
eina en gogga?
> eina en gogga?
"Eina" is 'n Khoi woord.
Gogga kom van die Nama
woord Xo Xo.
Gloudina
> Karel
> Nee wat, dis suiwer jaloesie van Hollanders, Vlaminge, ens.
> As julle nie die vermoë en dissipline het om julle moedertaal te
> formaliseer nie, dan is dit nie ons Afrikaanssprekendes se
> probleem as julle met dialekte tevrede is nie, hoor :-)
> Ons het ook baie dialekte hier, maar ons taal is ons taal.
> Ten spyte van ons Nederlandse taalwortels.
Afrikaans is een babataal..;-)) onze kleuters op de creches spreken het
vloeiend.
Grt emmy
emmy <em...@yahoo.com> wrote in message
news:a6hq4k$2re9$1...@scavenger.euro.net...
"Arthur Hagen" <hag...@hotmail.com> wrote in message
news:a6gi48$lkq$1...@news.kabelfoon.nl...
> en Afrikaans. Nederlands en Afrikaans is vir 98% dieselfde.
>
> Groete,
> Arthur
Nee maggies Arthur, hulle is vergelykbaar, maar nie eers amper 98% nie. Net
skoon op woordspelling is die verskil geweldig. Ek wonder of gesproke
Pretoria Afrikaans en Garies Afrikaans 98% ooreenstem. Ek twyfel.
Sakkie
Natuurlik bestaan daar Vlaamsskrywendes, Arthur. Bv. Stijn Streuvels en
Guido Gezelle. Jy ken hulle, veronderstel ek :-).
Groete,
Hilda.
> Nee maggies Arthur, hulle is vergelykbaar, maar nie eers amper 98% nie.
Net
> skoon op woordspelling is die verskil geweldig. Ek wonder of gesproke
> Pretoria Afrikaans en Garies Afrikaans 98% ooreenstem. Ek twyfel.
> Sakkie
Hoe verklaar jy dan dat ek in 1990 (of was dit 1989 ?) 'Kringe in 'n bos'
gelees het sonder om 'n woord Afrikaans te ken ? Daar's dalk enkele klein
woordjies wat verskil en die sinskonstruksie verskil ook partykeer, maar 'n
Vlaming of Nederlander kan sonder veel inspanning Afrikaans lees. As ek nou
'n Duits boek moet lees, sal ek baie beter moet konsentreer. Ek sal seker
baie meer woorde nie verstaan nie.
Sakkie, jong, jy sal jou daarby moet neerlê - of jy daarvan hou of nie - jou
taal (wat pragtig is en seker nie 'n babataal nie ! Foei, Emmy !) kom
regstreeks van Nederlands af. Dit is so, moenie dit ontken nie :-)) - ons,
Vlaminge, praat ook nie soos die Nederlanders nie - nogtans verstaan ons
hulle taal. Ons probeer selfs om die taal offisieel te leer en na te boots
:-)). Ons het ons daarby neergelê en kyk : elke jaar wen 'n Vlaming die
offisiële Nederlandse diktee wedstryd :-)).
Groete,
Hilda.
Ek wonder of gesproke
> Pretoria Afrikaans en Garies Afrikaans 98% ooreenstem. Ek twyfel.
"Garies-Afrikaans" is heelwaarskynlik
'n baie "suiwerder" Afrikaans as dit
wat in Pretoria gepraat word deur sekere
Pretorianers. Die trek noordwaarts uit
die Boland uit deur Namakwaland en
Boesmanland het 'n Afrikaans opgelewer
wat baie nader aan sy oorspronlike
sewentiende-euse Nederlandse wortels was,
'n taal wat baie minder gemeng was met
kwasi-Engelse woorde en anglisismes. Dis
daarom dat die taal van die Noord Kaap
in my jongdae as van die "beste" Afrikaans
aangedui is deur taalkundiges soos Kempen
en Meyer de Villiers.
Gloudina
> Sakkie, jong, jy sal jou daarby moet neerlę - of jy daarvan hou of nie - jou
> taal kom
> regstreeks van Nederlands af.
Ek dink jy moet jou uitspraak hier kwalifiseer.
Afrikaans kom NIE van Algemeen Beschaafd Nederlands
af nie. Afrikaans kom van SEWENTIENDE EEUSE
Nederlands soos hy in Suid-Holland gepraat is in die
sewentiende eeu. Net soos "Acadian" in Kanada van
sewentiende eeuse Frans afkom, met 'n veel ouer en
glo groter woordeskat as die Algemeen Beskaafde Frans
wat vandag in Frankryk se groot stede gepraat word.
Gloudina
Gr.Rico
Gezelle ken ek, maar ek glo nie ek het ooit sy boeke gelees nie. Of miskien
wel, maar dan was dit waarskynlik die Nederlandse vertalings en het ek
daarom die Vlaamse inhoud nie as sodanig herken nie.
Was dit rerig Vlaams of was dit Nederlands met oulike woordjies soos
'goesting'? :)
Arthur
Ek kan gewoon die Vlaamse tv kyk en verstaan dan alles, as ek in Antwerpen
is, waar hulle Antwerps dialek het, verstaan hulle my en ek hulle, natuurlik
kan jy in die uitspraak verskil horen.
In Nederland was daar ook meer dialekte as nou, maar Nederlands is al lank
ons offiesiele taal, ek denk dit is die oorsaak dat baie dialekte het
verdwyn en meer 'n sosiolekt geword het.
Afrikaans is rerig van Nederlands afkomstig, baie woorde ken ons hier ook,
maar ons gebruik dit nie meer nie. My ouma ken al die woorde nog wel.
Gr.Rico
>
>
>
Ek ken die betekenisse :)
Ek glo nie mense is seker van die oorsprong van die woord baie nie. En soos
Rico ook al gesę het is kombuis 'n oer-Hollandse skeepsterm. Soos julle ook
van die woord 'kooi' gebruik waar ons van 'bed' praat; ook 'n skeepsterm.
Arthur
Hilda
Hoe verklaar jy dan dat ek in 1990 (of was dit 1989 ?) 'Kringe in 'n bos'
gelees het sonder om 'n woord Afrikaans te ken ? Daar's dalk enkele klein
woordjies wat verskil en die sinskonstruksie verskil ook partykeer, maar 'n
Vlaming of Nederlander kan sonder veel inspanning Afrikaans lees. As ek nou
'n Duits boek moet lees, sal ek baie beter moet konsentreer. Ek sal seker
baie meer woorde nie verstaan nie.
Wouter
Hilda, jy is natuurlik 100% reg dat Afrikaans nader aan Nederlands en
spesifiek aan die Vlaamse dialek is as enige ander taal. Maar dis
ook waar dat Nederlandssprekendes baie makliker Afrikaans lees
as wat Afrikaanses Nederlands lees. Ek het my destyds vrek
gesukkel om Ciske de Kat net naastenby in te neem En daarna
nooit weer lus gehad om te probeer nie.
Die rede is waarskynlik dat julle 'n groter variasie in dialekte
gewoond is as ons. Ek raai, maar het geen ander verklaring
daarvoor nie. Ek het al baie besoekers uit Nederland by my aan
huis gehad, sommige verstaan ek maklik, sommige kon ek
omtrent geen woord mee kommunikeer nie, so groot is die
variasie in hulle spreektaal.
Maar ek stem met Sakkie saam, Arthur se 98% is laf.
Meer soos 48% en dis 'n hoė korrelasie vir 'n taal
waarmee ons erg sukkel. Verklaar vir my hoekom
jy omtrent geen Afrikaanssprekendes op Nederlandse
nuusgroepe sien nie, en heelwat meer Nederlanders
op Afrikaanse nuusgroepe en poslyste. As dit 98%
dieselfde was, dan sou dit mos interessant gewees
het vir ons om daar deel te neem. Maar dis te moeilik
om te volg..
Dalk 98% korrelasie met 'n kombinasie van verskeie
Nederlandse dialekte, ja. Maar dié ken ons nie.
Hilda
Sakkie, jong, jy sal jou daarby moet neerlź - of jy daarvan hou of nie - jou
taal (wat pragtig is en seker nie 'n babataal nie ! Foei, Emmy !) kom
regstreeks van Nederlands af. Dit is so, moenie dit ontken nie :-))
Wouter
Ons sal dit nooit ontken nie. Maar net so min as wat ek
'n Europeėr is (my oupa het net 90 jaar gelede geėmigreer),
net so min is Afrikaans 'n Europese taal. Ons wortels is albei
in Europa, ja, en daarmee het ons nie 'n probleem nie, maar
ek en my taal is van Afrika, van Suid Afrika. Ons het hier
gegroei en Afrikaan geword. En ons het van die Nederlandse
dialek wat hier gepraat is (en dit was nie ABN of sogenaamde
Hooghollands nie) 'n taal gemaak. Met reėls en 'n taalkommissie.
En ons is trots daarop dat ons op die manier gegroei het en
kyk van hier onder in Afrika kopskuddend na die klomp
deurmekaarspulle wat julle daar praat. Afrikaans is vir ons
'n oneindig mooier taal as Nederlands of enige van sy
skerpklinkende dialekte. Maar ons wortels is ons wortels,
al is ons nie juis erg oor die wortels nie.
Hilda
Ons, Vlaminge, praat ook nie soos die Nederlanders nie - nogtans
verstaan ons hulle taal. Ons probeer selfs om die taal offisieel te
leer en na te boots
Wouter
Ons het nie so 'n behoefte nie, ons is van Afrika.
Jy behoort dit te verstaan, jy ken Afrika.
Wouter
Interessant, ek het die omgekeerde gevind met besoekers uit die
Suide van Nederland wat ek maklik kon verstaan. Hulle gebruik
woorde wat in my ouma se Karoo-Afrikaans voorkom, maar nie
meer in moderne Afrikaans nie. My kinders sal hulle kinders dus
moeiliker verstaan omdat hulle nie my ouma se Afrikaans ken
nie en hulle kinders seker nie Rico se ouma se Nederlands nie.
Dit klink of die twee spreektale verder uitmekaar sal beweeg?
Die verskil in spelling is net 'n oppervlakkige verskil. Om eerlik te wees
sluit julle spelling dikwels beter aan by my eie manier van praat as die
Nederlandse spelling ....
Jy moet veral nie dink ons praat soos ons skryf nie! ... wanneer ons
Nederlands skryf ...
Arthur
Dankie, ek het net geweet dat die oorsprong uit 'n swart taal is.
>Jy moet reg wees Emmy, aangesien jy die babataal heeltemal verleer het;))
>Annette
>
>
wow! Onverbeterlik Annette... dis hoekom ek sê dat Emmy uit die noorde
is (ein enorme glimlach!)
>( glimlach) de beschaving kwam inderdaad vanuit het zuiden...
Grt emmy
Die verskil in spelling is net 'n oppervlakkige verskil. Om eerlik te wees
> Maar ek stem met Sakkie saam, Arthur se 98% is laf.
Maar ik stem met Sakkie samen, Arthur z'n 98% is laf.
100% (al sou ons waarskynlik 'flauw' gebruik het, maar flauw en laf kan ons
beide gebruik wanneer ons oor smake praat)
> Meer soos 48% en dis 'n hoė korrelasie vir 'n taal
Meer zoals 48% en da's een hoge korrelatie voor een taal
100%
> waarmee ons erg sukkel. Verklaar vir my hoekom
waarmee wij erg sukkelen. Verklaar voor mij hoe het komt dat
100% (hoekom is net 'n saamtrekking van 'hoe het komt dat')
> jy omtrent geen Afrikaanssprekendes op Nederlandse
jij omtrend geen Afrikaansprekenden op Nederlandse
100%
> nuusgroepe sien nie, en heelwat meer Nederlanders
nieuwsgroepen ziet, en heelwat meer Nederlanders
100%, grammatikaal verskil deur die dubbele ontkenning
> op Afrikaanse nuusgroepe en poslyste. As dit 98%
op Afrikaanse nieuwsgroepen en postlijsten. Als dit 98%
100%
> dieselfde was, dan sou dit mos interessant gewees
hetzelfde was, dan zou dit toch interessant geweest
87,5%
> het vir ons om daar deel te neem. Maar dis te moeilik
zijn voor ons om daar deel te nemen. Maar dit is te moeilijk
100%
> om te volg..
om te volgen.
50 woorde en net die woordjie 'mos' is vir die gemiddelde Nederlander
moeilik om te begryp ... 98%!!
Julle is net lui, neem 'n voorbeeld aan Davie :)
Groete,
Arthur
.:-)))))
>
>Julle is net lui, neem 'n voorbeeld aan Davie :)
>
>Groete,
>Arthur
Trap hulle uit Arthur:-)
Dankie, hierdie is 'n stuk werk om te bêre (save).
DD
:)
Yup, berg dit veilig (safe) op!
Groeten,
Arthur
Wonderlik. Jy moet mos besef het dat daar meer as 300 jaar 'n band bestaan
het tusse Nederland en die Indonesiese argipel. Natuurlik het so'n band ook
sy weerslag op die ontwikkeling van 'n taal.
> Arthur
> Ek het gemerk die Afrikaners hang aan hulle vermeende band met andere tale
> om die feit dat Afrikaans eintlik net 'n Nederlandse dialek is te verdring
> :)
>
> Karel
> Nee wat, dis suiwer jaloesie van Hollanders, Vlaminge, ens.
> As julle nie die vermoë en dissipline het om julle moedertaal te
> formaliseer nie, dan is dit nie ons Afrikaanssprekendes se
> probleem as julle met dialekte tevrede is nie, hoor :-)
> Ons het ook baie dialekte hier, maar ons taal is ons taal.
> Ten spyte van ons Nederlandse taalwortels
Ons het ons moedertaal geformaliseer en dit Nederlands genoem. Of dink jy
dis beter om 10 verskillende tale in hierdie kleine landjies te het? Daar is
seker 'n half dosyn dialekte wat meer van Algemeen Beskaafd Nederlands
verskil as Afrikaans, maar tog beskou die dialeksprekers hulle taal as
onderdeel van die Nederlandse taal. Eendrag maak mag!
Arthur
as julle my nie wil glo nie, gaan op Undernet op enige server wat
nie te besig is nie en tik: /join #pondok
en vra die mense daar wat daardie woord beteken.
Ons in RSA weet, maar meskien nie ons Nederlands en Vlaams
sprekende vriende nie.
huis, paleis, pondok, varkhok !
Ek het dit geweet, maar ek moet toegee ek vermoed baie mense in die laė
lande sal dit nie (meer) weet nie. Die woord 'pondok' staan oorigens ook
gewoon in my Nederlandse woordeboek.
Ek glo ook ek het in Den Haag 'n huis gesien met die naam ... waarskynlik
van 'n gerepatrieerde Indiėganger :) As ek my weer kan herinner waar ek die
huis ook al gesien het, sal ek 'n kiekie maak.
Arthur
>my aarde, wanneer laas het ek die woord 'diktee' gehoor
>---
Wanneer ons die vleis begin braai
is ek dik vir tee :-)
> wow! Onverbeterlik Annette... dis hoekom ek sê dat Emmy uit die noorde
> is (ein enorme glimlach!)
Helaas de beschaving kwam van het zuiden op het noordelijk halfrond.
Jammer voor jou maar die andere ( zuidelijk )halfrond is bedenkelijk ;-))
daar moet
geloof ik de beschaving nog komen..
Arthur had gelijk ik had dit tegen hem gezegd.
De Romeinse beschaving was eerder in het zuiden van NL en heeft zelfs
het noorden nooit bereikt ..
Je moet weten dat er veel plagerijen zijn tussen Noord en Zuid NL ..
grt emmy
Ah, maar ek woon nog suidlik van Forum Hadriani en die Brittenburg! In die
tyd van die Romeine liep die Ryn noordlik van hier (oor Leiden).
Arthur
Gr.Rico
Boondien DD kan nederlands baie goed lees en ook skryf, dis maar net wat jy
wil!!
Gloudina kan dit ook lees en daar is nog meer.
My ma het my altyd vertel, kan ek nie lig op die kerkhof en wil ek nie, lig
daar teen!!!
"Wouter Plaasvark" <plaa...@shotmail.com> schreef in bericht
news:3c8cf...@news1.mweb.co.za...
>Arthur had gelijk ik had dit tegen hem gezegd.
>De Romeinse beschaving was eerder in het zuiden van NL en heeft zelfs
>het noorden nooit bereikt ..
>Je moet weten dat er veel plagerijen zijn tussen Noord en Zuid NL ..
>
>grt emmy
>
>
Dit is soos hier by ons Emmy. Die beskawing is hierbo in Gauteng.
Die Kaap is ook besig om meer beskaafd te word maar ņ so stadig :-)
Dit sal juis beter wees, nou met die moderne kommunikasiemiddels, dat die
tale weer 'n bietjie nader aan mekaar kom.
Gr.Rico
>
>
>
>
Verskoning, Rico, maar ek vrees jy sal hierdie uitdrukking vir ons moet
vertaal ... selfs ek begryp hom nie! :)
Groete,
Arthur
Ek lees dit so Arthur: 'as jy wil kàn jy.'
Is ek reg Rico?
DD
"Tobie"
my aarde, wanneer laas het ek die woord 'diktee' gehoor
Wouter
My ouma in die Karoo het hom goed geken...
Maar wat ek graag wil weet, waddehel is 'n Afrikaanse canon?
Kan 'n mens 'n paar laaglanders daarmee blaas?
> Als het bij kokhalzen blijft dan had je mazzel, anders had je de hele
> zaak onder gekotst.
As dit by kokhals (waddehel is dit?) bly dan het jy masels,
anders het jy die hele saak onder gekots.
Die twee sinne mag eners lyk, maar die begrip in Afrikaans is 0%.
Boggerol, zilch, zada, niets, flippol. 0%
En kom ons vat 'n sin van Emmy vanaand:
>Misdaad kan welen als de omstandigheden gunstig zijn oa armoede
Misdaad kan ?? as die omstandighede gunstig is onder andere (?) armoede
>en geen toekomst hebben en alle kenmerken die ellende met zich meebrengt
en geen toekoms hê en alle kenmerke met/van/die? ellende met sig? meebring.
Ek kan die sin op geen manier verstaan nie, alhoewel al die
woorde behalwe een verstaanbaar is. Hoekom sal misdaad
geen toekoms hê as daar armoede is nie? Die begrip in
Afrikaans is niks meer as 10% nie. En dis nie al sin van
Emmy vandag waarmee ek sukkel nie, hoor. Daar is nog
drie ander.
By die stuk wat jy hier onder vertaal moet jy ook in ag neem dat
ek nie ongewoon is om aan Nederlanders (in Afrikaans) te skryf
nie. Ek vermy dan woorde soos baie en gebruik die minder
gewone "erg" of "veel", net as voorbeeld. En jy ignoreer die
spelverskille, maar dis juis waar die probleem inkom. Dit
verminder klaar die ooreenkoms na onder 70% vir 'n Afrikaanse.
Julle gebruik hebben bv vir hê, terwyl heb by my die baie
ongunstige betekenis van gierigheid optower, soos in hebsug.
Dis juis die spelverskille wat die begrip beduiwel.
So sal 'n mens in Afrikaans ook nooit van 'n poesfokker praat
nie, terwyl dit in Nederlands blykbaar 'n katteler aandui.
(Ek het al kippenfokkers en paardefokkers raakgeloop.)
Net soos jy nie in Nederlands vir jou seun sal dreig dat jy
hom gaan neuk nie.
Al wat jy illustreer is dat julle makliker Afrikaans lees as wat ons
Nederlands lees. Ek verstaan nie eers die opskrif van hierdie
boodskap nie. :-(
"Arthur Hagen" <hag...@hotmail.com> wrote in message
news:a6iv2e$5po$1...@news.kabelfoon.nl...
OK, ek gaan die oppervlakkige spellingsverkille negeer en net die werklike
verskille tel:
> Maar ek stem met Sakkie saam, Arthur se 98% is laf.
Maar ik stem met Sakkie samen, Arthur z'n 98% is laf.
100% (al sou ons waarskynlik 'flauw' gebruik het, maar flauw en laf kan ons
beide gebruik wanneer ons oor smake praat)
> Meer soos 48% en dis 'n hoë korrelasie vir 'n taal
>Wouter
>Oukei Arthur, kom ek speel ook jou speletjie. En ek kies ook my teks
Dis 'n lekker speletjie hierdie. Kan ek saamspeel?
My sin is weer in Engels. Kyk of julle dit in Afrikaans kan verstaan:
MY HAND IS IN WARM WATER
:-)
Hahaha en ek woon in Leiden en die Oude Ryn loop net 100 meter van my huis
deur die stad, vanuit my huis kan ek die Ryn sien, dus ook ek is beskaaf
emmy, jaamer vir jou!! :-)))
gr.Rico
>
>
DD, jy is nog slimmer as ons dink!!
Jy is heeltemal reg, ek dink Arthur wil dit nie weet nie :-))
Kan ik niet ligt op het kerkhof en wil ik niet ligt er naast.
Gr.rico
LMGA
Gr.Rico
>
>
Ek verstaan nie eers die opskrif van hierdie
> boodskap nie. :-(
Die draad het begin, my liewe Plaasvark,
toe 'n Nederlander gepraat het van 'n
lied (canon) wat hulle sing. Hulle het
net die fonetiese weergawe daarvan, en
hulle weet dis 'n lied wat in 'n Afrika-
taal is. Nou wil hulle weet of enigiemand
weet wat die woorde beteken. Nog niemand
het vir hom geantwoord nie. Ek het dit
foneties probeer klank, en dit klink vir
my regtig nie of dit 'n Suid-Afrikaanse
taal kan wees nie. Klink Wes-Afrikaans.
As ek nou flink wou wees, behoort ek 'n
paar Afrika-ambassades hier in Ottawa
te skakel en vir hulle die ding voor te
lees. Maar ek is nie lus daarvoor nie.
Die afrigter van daardie koor behoort mos
darem vir sy mense te gesę het wat hulle
sing.
Gloudina