Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Bees Biltong

129 views
Skip to first unread message

Riaan

unread,
May 13, 2008, 8:42:32 AM5/13/08
to
Het enige iemand hier dalk vir my 'n lekker bees biltong resep asb

Groete

Riaan


Jottie

unread,
May 13, 2008, 9:44:34 AM5/13/08
to

Ek sal niemand anders as Suidwester vertrou om 'n tyd-beproefde resep
te plaas nie.
Suidwesters staan nie verniet bekend as die biltongboere nie ;-)

Suidwester

unread,
May 14, 2008, 5:07:55 AM5/14/08
to

"Riaan" <Ri...@notvalid.co.za> wrote in message
news:12106822...@vasbyt.isdsl.net...

> Het enige iemand hier dalk vir my 'n lekker bees biltong resep asb
>
> Groete
>
> Riaan
---------Biltong maak is nie 'n resep nie, dis eerder 'n proses. Die
belangrikste ding is die snitte van jou vleis. Jy moet goeie kwaliteit
vleis gebruik en jou biltonge so sny dat daar die minimum senings in is.
Die algemene idee is om breė, plat biltonge te kry want dit droog makliker.
As dit 'n lekker stuk vet ophet, dan is dit net reg om die are weer te olie
vir 'n slag!
Nou moet jy vir jou 'n lekker metaal bak kry. In die ou dae het ons
die groot melkkanne gebruik om die biltonge 'in te sout'. Jy maak 'n
mengsel van growwe sout, gemaalde koljander [en gesif want ek haat daai
doppies op die biltong]. Nou strooi jy hiervan ligtelik op die bodem van
jou houer en dan pak jy 'n laag biltonge. Dan strooi jy weer daaroor jou
mengsel en pak nog 'n laag. So gaan jy aan tot jy al jou biltonge in het.
Nou soek jy die koudste plek in jou huis waar die bak kan staan,
verkieslik 'n betonvloer sodat die kan die koue lekker kan 'vat' van onder
af. Bo-oor gooi jy 'n paar komberse om die koue 'in te hou'. Die vleis
trek nou lekker sout en so een keer per dag, as dit koud is, maak jy die
spulletjie oop en roer daai biltonge om met jou hand. Dop hulle om sodat
die boonstes onder kom, en so aan. Dan laat 'slaap' jy hom weer.
Die derde nag, dan sit jy hakies aan en hang die biltonge uit in die nag
se koue sodat hulle kan afdrup. In die oggend haal jy dit weer af en pak
dit terug in die kan in [nou skoongemaak en droog] en hou die koue binne met
die komberse. So by die derde nag se hang is die biltonge pragtig
afgedroog en kan jy hulle maar permanent in 'n koel plek laat hang sonder
gevaar dat die hitte van die dag die biltonge kan laat blase maak.
Hoop jou messe is lekker skerp en jou tanne nog jou eie! So nie, stuur
vir my!


Dave

unread,
May 14, 2008, 5:51:00 AM5/14/08
to
On Wed, 14 May 2008 10:07:55 +0100, "Suidwester" <sta...@mweb.com.na>
wrote:

Die koljander (soos genoem) mņet moét daarin wees.
En, moet nie spaarsamig werk met (swart) peper nie.
Selfs in die winter sal jy spesiale moeite moet doen om die
hangende biltongstroke teen vlieė te beskerm.
Daarna kan ons 'n proesessie reėl.

Torreke

unread,
May 14, 2008, 6:49:45 AM5/14/08
to

"Suidwester" < wrote >

>Die derde nag, dan sit jy hakies aan...

Verlede jaar 'n interessante nuwe variasie vir die hakies teengekom - lyn! -
wat met 'n saknaald deur die biltong gesteek word. Maklik om vas en los te
maak met 'n strikkie, maklik om uit te trek wanneer die biltong gereed is om
te eet, en beste van als, die biltonge val nie af weens een of ander
windvlaag wat skielik deur die vertrek waai nie.

Jy sal moontlik nie daarvan hou nie, omdat jy die biltonge 'n paar keer
ophang en afhaal voordat jy dit finaal laat hang. Ek het nie 'n probleem
met vlieë waar ek woon nie - die goed is verstommend afwesig! - het 'n
heerlike koel plek onder 'n sementtrap - so ek hang een keer op en klaar.

Dave

unread,
May 14, 2008, 7:41:28 AM5/14/08
to
On Wed, 14 May 2008 12:49:45 +0200, "Torreke" <tor...@hotmail.co.uk>
wrote:

> Ek het nie 'n probleem

>met vlieė waar ek woon nie - die goed is verstommend afwesig! - het 'n

>heerlike koel plek onder 'n sementtrap - so ek hang een keer op en klaar.

Toe ons hierheen verwoonstel:-) het, het ek dit verstommend gevind,
en ek breg graag daaroor, dat hier GEEN enkele vlieg is nie. Absoluut
niks! Ons woon volgende maand (23 Mei) vier jaar hier, en as ek 3
vlieė in die woonstel gesien het die afgelope 4 jaar, is dit baie.
Al drie het in 'n hysbak op gery natuurlik.

Ek het 'n vlieg by 'n venster uitgejaag en gedink dat hy gaan val of
so iets, omdat hy miskien nie so hoog kan vieg nie, (ek het antwoord
gesoek waarom daar, in hierdie warm Durban, geen vlieė in ons woonstel
is nie) en hy het normaal weg gevlieg.

Die logiese afleiding wat ek gemaak het is dat die aas op grondvlak is
en daar geen rede is vir vlieė om so hoog te vlieg nie. Selfs wanneer
die normale vlieėlokkerreuke (hoe laaik julle daai woord!) soos
kokende kool teenwoordig is, is daar nie vlieė nie. Wonderlik.

Dit geld egter nie vir muggies nie. Piesangs ens. lok muggies,
en hulle het soveel kleiner vlerkspan as vlieė. Tog is muggies
somtyds te sien wanneer piesangs nie bedek is nie.

Riaan

unread,
May 14, 2008, 8:23:52 AM5/14/08
to

"Suidwester" <sta...@mweb.com.na> wrote in message
news:UuWdnaMoKqHxMbfV...@saix.net...

Geen asyn of worcestershire sous nie ?


Torreke

unread,
May 14, 2008, 10:21:19 AM5/14/08
to

"Dave" < wrote

> Toe ons hierheen verwoonstel:-) het, het ek dit verstommend gevind,
> en ek breg graag daaroor, dat hier GEEN enkele vlieg is nie. Absoluut
> niks! Ons woon volgende maand (23 Mei) vier jaar hier, en as ek 3

> vlieë in die woonstel gesien het die afgelope 4 jaar, is dit baie.


> Al drie het in 'n hysbak op gery natuurlik.

Ons woon in 'n dubbelverdiepinghuis in een van Oos-Londen se voorstede,
Beacon Bay.
Ons woon ook al 4 jaar hier en ek kan ook die aantal vlieë wat ek gesien het
op die vingers van my een hand tel. Dieselfde geld van kakkerlakke. Ek het
die huis laat spuit vir kakkerlakke en ander goggas voordat ons ingetrek
het. Was 'n mors van geld. Het sowat 'n jaar gelede my ou kombuiskaste
uitgebreek om 'n nuwe kombuis te skep; soos te verwagte was daar tekens
onder die kaste dat daar eens op 'n tyd 'n paar kakkerlakke nes gemaak het,
maar dit was 'n paar uitgedroogde doppe en eiers.

Die verstommende is dat die naaste plakkerskamp is net bietjie meer as 'n km
van ons af is by die ingang vanaf Stutterheim - Nompumelelo! - 'n smerige
nes, vol tsotsis. Sover ek weet vlieg vlieë en kakkerlakke verder as dit.
Waarom ons nie deur die plakkerskamp se vlieë en kakkerlakke verpes word
nie, verstaan ek nie.

'n Mens sou dit dalk aan die wind kon toeskryf wat gewoonlik so waai dat
hulle die goggos in 'n ander rigting sou stuur. Maar daar is dikwels
verskeie windlose dae; so dit kan ook nie die antwoord wees nie.

Suidwester

unread,
May 15, 2008, 9:07:28 AM5/15/08
to

"Riaan" <Ri...@notvalid.co.za> wrote in message
news:12107674...@vasbyt.isdsl.net...
-----Jaaa. Die mengsel is nie so kritiek nie en jy kan dit in omtrent
enige boek kry.
>
>
>
>
>
>


Suidwester

unread,
May 15, 2008, 9:10:17 AM5/15/08
to

"Torreke" <tor...@hotmail.co.uk> wrote in message
news:xZqdnYU7o9lAXrfV...@saix.net...

>
> "Suidwester" < wrote >
>
>>Die derde nag, dan sit jy hakies aan...
>
> Verlede jaar 'n interessante nuwe variasie vir die hakies teengekom -
> lyn! - wat met 'n saknaald deur die biltong gesteek word. Maklik om vas
> en los te maak met 'n strikkie, maklik om uit te trek wanneer die biltong
> gereed is om te eet, en beste van als, die biltonge val nie af weens een
> of ander windvlaag wat skielik deur die vertrek waai nie.
>
> Jy sal moontlik nie daarvan hou nie, omdat jy die biltonge 'n paar keer
> ophang en afhaal voordat jy dit finaal laat hang. Ek het nie 'n probleem
> met vlieė waar ek woon nie - die goed is verstommend afwesig! - het 'n
> heerlike koel plek onder 'n sementtrap - so ek hang een keer op en klaar.

-----Die probleem met dadelik uithang, is temperatuur deur die dag.....niks
met wind te doene nie. Dit is in die nag KOUD en as die biltonge wees die
dag se temperature opwarm, dan sit die koue lug IN die biltonge ook uit en
omdat die opeervlakte van die vleis geseėl is, kan die lug nie uit nie en
maak die vleis blase aan die binnekant.
>


Torreke

unread,
May 15, 2008, 9:45:24 AM5/15/08
to

"Suidwester" <wrote

> -----Die probleem met dadelik uithang, is temperatuur deur die
> dag.....niks met wind te doene nie. Dit is in die nag KOUD en as die
> biltonge wees die dag se temperature opwarm, dan sit die koue lug IN die
> biltonge ook uit en omdat die opeervlakte van die vleis geseėl is, kan die
> lug nie uit nie en maak die vleis blase aan die binnekant.

Dankie vir die verduideliking. Ek's nou by!!!

0 new messages