Die kind is nie dood nie
die kind lig sy vuiste teen sy moeder
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van vryheid en heide
in die lokasies van die omsingelde hart
Die kind lig sy vuiste teen sy vader
in die optog van die generasies
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van geregtigheid en bloed
in die strate van sy gewapende trots
Die kind is nie dood nie
nòg by Langa nòg by Nyanga
nòg by Orlando nòg by Sharpeville
nòg by die polisiestasie in Philippi
waar hy lê met 'n koeël deur sy kop
Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere sarasene en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
die kind loer deur die vensters van huise en in die harte
van moeders
die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat 'n man geword het trek deur die ganse Afrika
die kind wat 'n reus geword het reis deur die hele wêreld
Sonder 'n pas
Ook, indien jy lank genoeg op die ng verkeer sal jy besef dat Gloudina Maria
Bouwer (voorhen Bauer - nooiensvan Rykheer/Rijkheer ) plaas juis die
gedigte om haar wrewel jeens die afrikaaner sprekendes te verblome.
Jy sal egter ook agterkom dat sy ietwat tred verloor het met die werklikhede
in Suid-Afrika ...
"Max" <M...@Huis.nl> wrote in message news:a0eoin$eij$1...@azure.nl.gxn.net...
Jy sal sien dat ek haar elders uitnooi om ons in die hede tyd te join...
_________________________________________________________
"Vusi"
> Jy sal egter ook agterkom dat sy ietwat tred verloor het met die werklikhede
> in Suid-Afrika ...
En mens kom agter dat du Plessis ietwat tred
met sy psige en karakter verloor het. Moeg van
voorgee om ander mense te wees, Davie? Besef
jy dat jy nou die nom de plume van 'n
agtergeblewene aanvaar het?
Tant Hessie van Helsdingen-Jung