'n storie met 'n pragtige les...
'n Man is op safari in Afrika. Hy kom af op 'n olifant met 'n groot
doring in sy voet. Versigtig bekruip hy die olifant en verwyder die
doring. Die Olifant wat doodstil gestaan het tot nou toe, draai stadig
om en begin wegstap. 'n Paar tree verder gaan staan hy, kyk om en
staar
vir amper 'n volle minuut na die man. Die olifant stap toe verder en
die
man dink by homself: "Ek wonder of daardie olifant my sal onthou, as
ek
hom ooit weer sien?"
'n Goeie paar jaar later terug by die huis neem die man sy kinders
sirkus toe. Hy merk toe op dat een van die olifante waar hulle
verbystap, die hele tyd na hom staar, amper asof hy hom herken.
Die man wonder, "Kan dit die olifant wees wat ek al daardie jare terug
gehelp het?"
Hy besluit om van nader te gaan ondersoek stel, en met die olifant wat
nog steeds na hom staar stap hy tot reg voor die olifant.
Hulle oe ontmoet. 'n Kyk van "Ek ken jou." flits oor die olifant se
gesig. Die olifant buk af en tel die man versigtig met sy slurp hoog
in
die lug op..
EN GOOI HOM TOE HARD OP DIE GROND NEER EN TRAP HOM IN SY MOER!
Blykbaar toe nie dieselfde olifant nie.
"Frikkie Potgieter" <rsa...@intekom.co.za> wrote in message
news:tr4g809le03agu63m...@4ax.com...
Dokter aan pasiėnt wat baie slegte rokershoes het en ooglopende
tekens van te veel drank toon: Hoeveel sigarette rook jy per dag?
Pasient: So 40 dokter. Dokter: Dink jy jy sal dit kan opstoot na 80
per dag? Paient (wat gemeen het hy gaan aangespreek word oor
sy 40): Seker dokter, maar hoe dan so? Dokter: Miskien val een
van jou longe plat en dan is daar meer plek vir jou lewer!
Spreuk 204 van Langenhoven: Ry liewer die klip mis as om die
man te dagvaar wat hom in die pad ingerol het. 'n Ou as is beter
as 'n nuwe eis.
Nasa het bevind met alle ondersoeke dat uit die ruimte net drie
dinge op die aarde duidelik sigbaar is:
1. Grand Canyon
2. Muur in China
3. Gate in die verdediging van die Springbokke
On Sun, 25 Apr 2004 17:21:00 +0200, "MoerFie" <so...@telkomsa.net>
wrote: