Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Ek hou nie van honde en hondekak nie !!

74 views
Skip to first unread message

gal...@ibm.net

unread,
Sep 18, 1996, 3:00:00 AM9/18/96
to

Ekskuus dat ek so lelik is, maar wat noem mens dit anders: hondepoefie ?
Laat ek julle vertel hoekom dit die verskriklike 3-letterwoord verdien:

Honde kak waar mens piekniek hou, in die gras speel, op die strand,
hul kak waar kinders daarin trap, dit optel en in hul mond steek.
Die kak sit aan jou skoene vas,
dit word in jou huis ingedra, of in jou motor.
Dit lok vliee en brommers,
Die kak le^ in die son en stink.
Selfs in die koue winter van Europa: -
die kak le^ die hele winter gevries,
om dan te stink met die eerste somerson.
Dit maak jou naar en bederf jou eetlus en jou dag.

Ek hou nie van stadshonde nie.
Honde hoort nie in woonbuurte en parke nie, hul hoort op plase.
Parke is vir kinders om in te speel.
Maar honde eienaars dink mos parke en strande is daar vir hul honde
om te kak.

En ek haat dit as honde my eenjarige dogtertjie stormloop en haar in
die gesig lek.
Dit is onhiegehenies, mens kry siektes daarvan, en wurms.
Mense wat hul honde soen - sies man! daai hond lek sy eie ballas en
ander honde se gat!

Honde hoort nie in huise nie, nog minder in woonstelle.
En hul hoort ook nie op die deur se drempel waar hul met hul
ballas in die son le^ en bak nie, vir iemand om oor te struikel.
Blaf jou in die nag wakker.
Hondehare oral, op mense se meubels en aan mense se klere.
En mens kan sien dat stadshonde gemorskos kry om te eet aan hul kak:
dit het soveel preserveermiddels in dat dit vir dae lank le^ en stink,
dit vergaan nie, - jy kan sommer sien dit het 'n ongesonde kleur.
En die hond poep heeldag daarvan.

Hoekom mag ek nie netjies agter 'n bos water afslaan nie,
maar honde mag oral in die openbaar pis en kak ?

Ek haat juppies sonder kinders, wat honde aanhou asof dit hul
kinders is, en omdat dit 'n mode-aanhangsel is. Armsalig, selfsugtig.
Honde wat geteel is om goed te lyk, maar eintlik funksioneel
gebreklik is.
En hierdie ou klein keffertjies, die walglike ou klein wolhondjies
en skoothondjies: ek wens daar kom 'n plaag van kraaie wat hul opvreet.

Waarom spandeer mense soveel aan honde ? Hondekos en hondesallonne
en hondesielkundiges en alles ? En bemaak groot somme geld aan honde,
en sit grafstene op ? Dit terwyl mense vrek van die honger ?

Ek is gatvol van honde wat klein kinders sonder rede aanval en byt:
Hulle moet vrekgeskiet word en hul eienaars moet vir die res van hul
lewe in 'n hondehok toegesluit word.

En die liewe "Animal-Rights" brigades, oftewel die "Bunny Clutchers",
wat gedurig aan die teem is en dweep oor die arme goed: As hul ly,
maak hulle van kant en spandeer julle geld dan op iets beters.

Met permissie gese^ aan al my vriende met honde.

Groete & Voertsek! :-)
Elke hond kry sy dag!!

Aliki van Heek

unread,
Sep 18, 1996, 3:00:00 AM9/18/96
to

In article <51obr5$12...@news-s01.ny.us.ibm.net>, gal...@ibm.net says:
>
>Ekskuus dat ek so lelik is, maar wat noem mens dit anders: hondepoefie ?
>Laat ek julle vertel hoekom dit die verskriklike 3-letterwoord verdien:
>
>Honde kak waar mens piekniek hou, in die gras speel, op die strand,
>hul kak waar kinders daarin trap, dit optel en in hul mond steek.
>(KNIP)

Galjoen, ek stem heeltemaal saam! Ek het ook twee kinders van 1 en 4
en het dieselfde ondervindings met hondekak. Honde sou verbied moet
word op die openbare weg, in openbare parke ens.

Ook wat jy se^ in jou vorige boodskap (Australiese jeug, misdaad, straf
ens.) kan ek goedvind: kinders moet hul grense leer ken. Dit is nog
enigsins normaal hier in Nederland, ons word nie snaaks aangekyk nie.
Of eientlik moet ek se^ dit is weer enigsins normaal. Die "vrye"
opvoeding was 'n tydlang in die mode, maar mens kom daarvan terug.

Groete,

Aliki

********************************************************************************
* E-mail: van...@ecn.nl Phone: +31(0)2246 4507 *
* Netherlands Energy Research Foundation ECN Fax : +31(0)2246 3490 *
* Department: NUC P.O. Box 1 NL-1755 ZG Petten The Netherlands *
********************************************************************************

Johan van Vollenhoven

unread,
Sep 19, 1996, 3:00:00 AM9/19/96
to

Nou-ja, weet nie wat met jou gebeur het dat jy nou so 'n verskriklike
relaas oor die honde het nie, maar teenoor die meeste daarvan stem ek
wel saam.

Daar is darem 'n ander kant ook, deur die eeue heen bewys, oor en oor,
dat die hond as troeteldier 'n mens se beste vriend is. Ons het drie van
die goete op die werf, sowel as 'n kat, maar moet ek sę dat die kinders
baie erg oor die honde is en daar alewig met mekaar gespeel word.

Dink jy nie katte is darem ten minste heelwat skoner as die spul brakke
nie...???

Groetnis

Johan

Koos

unread,
Sep 19, 1996, 3:00:00 AM9/19/96
to

Johan van Vollenhoven <vvoj...@sasol.com> wrote:

<<<>Nou-ja, weet nie wat met jou gebeur het dat jy nou so 'n
verskriklike
>relaas oor die honde het nie, maar teenoor die meeste daarvan stem ek
>wel saam.>>>

Honde is koel. Woef!!!!


Wikus van Zyl

unread,
Sep 23, 1996, 3:00:00 AM9/23/96
to

In Article<51obr5$12...@news-s01.ny.us.ibm.net>, <gal...@ibm.net> writes:
> Path: hermes.is.co.za!quagga.ru.ac.za!howland.erols.net!cs.utexas.edu!nntp.primenet.com!hunter.premier.net!newsfeed.internetmci.com!in3.uu.net!news-m01.ny.us.ibm.net!news-s01.ny.us.ibm.net!news
> From: gal...@ibm.net
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Subject: Ek hou nie van honde en hondekak nie !!
> Date: 18 Sep 1996 08:28:21 GMT
> Lines: 64
> Message-ID: <51obr5$12...@news-s01.ny.us.ibm.net>
> Reply-To: gal...@ibm.net
> NNTP-Posting-Host: slip202-135-22-207.sy.au.ibm.net
> X-Newsreader: IBM NewsReader/2 v1.03


>
> Ekskuus dat ek so lelik is, maar wat noem mens dit anders: hondepoefie ?
> Laat ek julle vertel hoekom dit die verskriklike 3-letterwoord verdien:
>
> Honde kak waar mens piekniek hou, in die gras speel, op die strand,
> hul kak waar kinders daarin trap, dit optel en in hul mond steek.

Snaakste storie wat ek in 'n lang tyd gelees het!
Dit blyk ook duidelik dat jy baie tyd aan kak spandeer. :)

lour...@hipsys.co.za

unread,
Sep 24, 1996, 3:00:00 AM9/24/96
to

In Article<NEWTNews.843548...@icon.co.za>, <ode...@icon.co.za> writes:
> Path: hermes.is.co.za!news
> From: Wikus van Zyl <ode...@icon.co.za>
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Subject: Re: Ek hou nie van honde en hondekak nie !!
> Date: Mon, 23 Sep 96 23:56:27 PDT
> Organization: No organisation supplied
> Lines: 81
> Message-ID: <NEWTNews.843548...@icon.co.za>
> References: <51obr5$12...@news-s01.ny.us.ibm.net>
> NNTP-Posting-Host: a1-jhb-5.icon.co.za
> Mime-Version: 1.0
> Content-Type: TEXT/PLAIN; charset=US-ASCII
> X-Newsreader: NEWTNews & Chameleon -- TCP/IP for MS Windows from NetManage

Ja dis maar 'n kak storie!

Cheers
Lou


0 new messages