Wanneer n swanger ma HIV positief is, word sy voor geboorte van die
baba AZT
anti-vigsmiddel toegedien. Dit verminder die kanse vanaf 35% tot 2%
dat die baba HIV positief gebore gaan word. Die argument onstaan met
die vraag hoe is dit moontlik dat die virus nie na die baba oorgedra
word nie.
Die plasenta van die baba dien as buffer tussen die ma se bloed en die
baba
s'n. Die ma se bloed kom nooit in kontak met die baba nie behalwe by
geboorte. ( Daarom verkies die ginekoloë deesdae om keisers op HIV
positiewe pasiente te doen.) Sommige virusse en infeksies is
molekule gewys net te groot om deur
die plasenta vanaf die ma na die baba deurgelaat te word. (sommer net
vir
interessantheid) Alles hang ook af van die hoeveelheid virus by die
ma en
die baba se immuniteit. AZT middel help om die virus by die baba (en
ma) te
beveg. Wanneer die hoeveelheid virus tot immuniteit relatief min is,
sal
die baba n beter kans hê om nie ook HIV positief te wees nie.
Is hierdie duidelik genoeg of verduidelik ek baie swak? (wou nooit 'n
juffrou geword het nie!)
:-)
Nou't ek ook al gehoor van allerlei walglike dinge soos skeure en knippe
ens, tydens normale geboorte, maar mens sal tog ook bloei met 'n keisersnee.
Ek was regtig onder die indruk dat HIV positiewe moeders ALTYD HIV positiewe
baba's kry, dus het jy my vandag iets nuuts geleer.
_________________________________________________________
"Kinky"
.com...
>Dankie Kinky. Dis so duidelik soos modder;)))
>Annette
>
en die Hollandse Suid Afrikaner sę:
>Ek was regtig onder die indruk dat HIV positiewe
>moeders ALTYD HIV positiewe baba's kry, dus het
> jy my vandag iets nuuts geleer.
_________________________________________________________
Ek vind dit ook interessant Kinky en jy vertel hier dinge wat ons nie
geweet het nie. Miskien kan ek julle ook iets hier leer - sommer 'n
kleinigheidjie eintlik. Die feit dat HIV die Engelse vertaling is van
MIV.
Kinky": Die kontak met die moeder se bloed is juis deur daai
skeurtjie waarvoor jy so walg. Daar word eintlik n epiosotomie gedoen
om die skeur te keer. Hieroor is ook maar baie verskille onder
ginekoloė. Sommiges verkies dat die skeur spontaan plaasvind want dan
is die herstel soveel vinniger, word beheer. Maar die gevaar wanneer
mens die skeur toelaat, is dat dit buite beheer kan raak. Daarom is
die epiosotomie meer gewild onder dokters. En omdat mens nie vooraf
kan waarborg dat daar nie skeuring gaan plaasvind nie, verkies die
dokters om n keisersnit te doen. Bloed vanaf hierdie skeuring beland
in die kind se oė, neus en mond. By n keisersnit is daar blykbaar
meer beheer. Daar is bloed maar wanneer hulle deur die buik gesny
het, werk hulle baie vinnnige en die baba is vir ongeveer 3 sekondes
aan daai bloed blootgestel waar met n normale geboorte waar bloeding
kan voorkom, is dit ongeveer 5 - na 10 minute. Deur n amniosintese
kan mens ook vooraf vasstel of die baba reeds positief is of nie.
Maar dit word nie sommer gedoen nie.
Iets anders wat my vir my interessant was is dat die dokter vertel het
dat hy n histerektomie doen op n pasient wie se man gesterf het aan
breinvliesontsteking waarop hy omtrent 99% seker is die man was
eintlik HIV positief. Op my vraag of hy nie die pasient ook gaan
toets alvorens hy die operasie op haar doen nie, was sy antwoord nee,
omdat niks dit regverdig nie en dat die toets ook baie duur is. Maar
hy opereer deesdae asof elke liewe pasient HIV positief is. Ek het
nogal gedink dat hierdie mense darem onder redelike gevaarlike
omstandigehede werk, nź?
Jy het n interessante vraag gevra en ek het bloot gaan uitvind omdat
dit my ook geinteresseer het. En toe het ek ook sommer n heerlike
verduideliking gekry oor presies hoe die HIV virus werk. n Virus wat
eintlik n RNA virus is en wat die DNA van n CD4 sel verander. ;-) En
as ek so aanhou inligting versamel kan ek een van die dae kwalifiseer
. . . . . as kwak dalk!
;-))
Dankie vir die geleentheid, Max.
-------
Ek walg darem nie van die skeure nie, ek krimp ineen van pyn.
___________________________________________________