Ek dink die ou het die reg om sy man te staan wanneer imand jou in die
openbaar aanvat/beledig?
in message news:a8c3fc$11g$1...@ctb-nnrp1.saix.net...
Joubert sou ook nie veel positiewe dinge oor Hoffmeyer se vertoning te sę
gehad het nie.
As ek na Jan-Jan (wie hy ookal is ...) se foto kyk, dan lyk sy neus na 'n
neus wat nog nie tot verantwoording geroep is nie - glo my, Jan-Jan, sal
voortaan sy kommentaar/kritiek mooi deurdink ...
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:a8c4r6$r2vk6$1...@ID-92016.news.dfncis.de...
Wel die storie is as volg die Resensie wat geskryf is was 'n aanval op Steve
self hier is die berig soos in die volksblad:
____________________________________________________________________________
___________________
Steve Hofmeyr takel joernalis oor resensie
BUN BOOYENS
OUDTSHOORN. - Die feesatmosfeer by die KKNK is gister erg vertroebel toe die
sanger Steve Hofmeyr die redakteur van die feeskoerant Krit hier ten
aanskoue van 'n groep feesgangers te lyf gegaan en bo-op 'n tafel voor 'n
kosstalletjie gegooi het.
Tydens die onderonsie, wat sowat vyf minute geduur het, het Hofmeyr te
midde van 'n stortvloed kragwoorde die joernalis Jan-Jan Joubert rondgeruk
en geskree: "Haal af jou bril, want ek gaan jou nou m . . .!"
Nadat die sanger Joubert se bril van sy gesig gepluk het, het hy hom met
die agterkant van die hand in die gesig gestamp. Terwyl hy Joubert op die
tafel vasgepen het, het Hofmeyr ook gesę: "Persvryheid is ek wat jou
kakebeen afslaan!"
In die proses is 'n groot glasbak - 'n erfstuk van die eienaar van die
stalletjie - van die tafel gestamp. Dit het in skerwe op die sementblad voor
die stalletjie gebreek.
Later het 'n ontstoke Hofmeyr ook Joubert verskeie kere met 'n opgerolde
koerant hard oor die wang en bors geslaan. Toe Hofmeyr uiteindelik die
toneel verlaat, het hy aan Joubert gesę: "Jy is 'n klein p . . ."
Die voorval het omstreeks 15:30 begin toe Hofmeyr vir Joubert (van Die
Burger, susterkoerant van Volksblad, se politieke redaksie) by Krit se
kantoor kom opsoek het. 'n Resensie waarin onder meer melding gemaak is van
Hofmeyr se "k*k skoene" het die oggend in Krit verskyn (resensie op bl. 2).
Hofmeyr het Joubert hand-om-die-lyf uit Krit se kantoor begelei. Volgens
Joubert het hy aanvanklik gemeen die sanger wou bloot met hom gesels. "Hy
het in die kantoor binnegekom, vriendelik gegroet asof hy my ken en my op 'n
nie-dreigende manier om die lyf geneem en gesę hy wil iets met my bespreek."
Toe die twee by die gebou se trappe begin afbeweeg, het Hofmeyr Joubert
egter begin saamsleep en gesę hy soek 'n stil plek "want ek gaan jou nou m .
. .
Die eienaar van 'n stalletjie buite die gebou, mev. Sandra Blom, vertel
sy het gesien hoe Hofmeyr Joubert by die gebou uitdwing. "Ek het gehoor hy
(Hofmeyr) sę: 'Skryf weer sulke k . . . van my, dan donder ek jou bo-oor dié
tafel!' Toe gooi hy hom op die tafel en druk hom vas. Daar lę die man van
Krit toe in die suiker en koffie en tee wat uitgeval het.
"Ek skree toe 'Nee, nee, meneer, asseblief meneer!' maar hy (Hofmeyr)
luister nie. Hy druk die man daar vas en skree: 'Dis nou vier jaar dat julle
my so kritiseer! Los my kinders uit! Los my skoene uit!' "
Verskeie joernaliste uit die mediakantoor het Joubert te hulp gesnel.
Terwyl Joubert op die tafel vasgepen is, het Andriëtte Stofberg,
assistent-redakteur van Beeld (ook 'n susterkoerant van Volksblad),
tussenbeide getree en die sanger probeer kalmeer.
Hofmeyr het egter volgehou dat hy Joubert wil slaan, waarop Stofberg gesę
het: "Hoekom slaan jy mý nie?"
Hofmeyr het geantwoord: "As jy nie 'n vrou was nie, sóú ek jou gem . . .
het." Daarna het Hofmeyr, vergesel van lede van die musiekgroep Luv U So!,
begin om die toneel te verlaat.
Blom het agter Hofmeyr aangeroep dat die gebreekte bak 'n erfstuk van
haar ouma was. Hofmeyr het omgedraai en haar R300 gegee.
"Ek was 'n 'fan' van jou, maar nou wil ek jou nooit weer sien nie," het
een van die omstanders gesę.
Hofmeyr se bestuurder, mnr. Louis van Wyk, het by navraag gesę hy is
"baie tevrede" met wat gebeur het en is bereid om enige klagte in die hof te
verdedig. Volgens hom was die Krit-resensie 'n persoonlike aanval en nie
billike kritiek op Hofmeyr se vermoë as kunstenaar nie.
Me. Rhodé Snyman, bemarkingsbestuurder van die KKNK, het gesę in dié
stadium gaan Hofmeyr se vertonings voort. Joubert het gesę hy gaan 'n
verklaring by die polisie aflę.
____________________________________________________________________________
__________________
Ek sou presies dieselfde as Steve gedoen het as iemand so iets oor my skryf,
mense gaan na die optredes toe om dit te geniet, nie om na die kunstenaar se
skoene of kleredrag te kyk nie. As jy nie van sy musiek hou nie waarom gaan
kyk jy dan na sy optrede.
Groete
Spook
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:a8c4r6$r2vk6$1...@ID-92016.news.dfncis.de...
"Spook" <ss...@mikrosag.co.za> wrote in message
news:a8c9k1$qng$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
>Daar is te veel vaal mannetjies wat hulself die reg toe-eien om te "sę wat
>hulle wil ..."
Goeie genugtig Jonas. Waar val jy dan nou uit? *ALMAL* mag "se wat
hulle wil...". Dit klink amper vir my asof jy dink vrye spraak is 'n
slegte ding?
:-)
PS: Kyk "ShowBuzz" vanaand 20:25 - net op M-Net.
>Die storie was eerste op Artslink.co.za:
>http://www.artzone.co.za/scripts/power.dll?subrt=azfndnews&news=6930
>en nou in al wat 'n koerant/publikasie is.
Hier in Amerika noem ons ouens soos meneer Hofmeyer "Trailer Park
Trash". Ek wonder of julle 'n soortgelyke beskrywende naam vir sulke
mense het in Suid Afrika?
Goedkoop sensasie...
Wonderlike publisiteitsfoefie vir die juigbrigade.
Nog meer bevestiging van wat ek van hom dink en wat ek hom al jare noem -
Dofmeyer:)))
Annette
Danielle <Stree...@hotmail.com> wrote in message
news:6enjau8tut8c11etj...@4ax.com...
Die mannetjie is beghailik - dis al wat ek van hom kan sę:)
Op 'n ander groep is die resensie geplaas - van wat ek kon verstaan het die
resensent nogal sy sang geprys - die bietjie wat daar was - en het dit veral
gehad omdat hy meer gepraat as gesing het.
As julle wil, sal ek die stukkie hier plaas wat hom so die harnas ingejaag
het..
Annette
Spook <ss...@mikrosag.co.za> wrote in message
news:a8c9k1$qng$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
Die berig wat die herrie ontketen het is heel onder.
Hier op Oudtshoorn het Steve al die simpatie en die koerant niks.
Vanoggend se hoofopskrif in Krit (die feeskoerant) was
"Boikot Steve Hofmeyr!" en dit het menige die harnas ingejaag.
Die storie wat hier rondloop is dat die betrokke joernalis 'n
onervare kind is en heeltemaal over the top was met haar
kommentaar. Die persoonlike opmerkings oor Steve se
weermagstewels wat hiperkak skoene sou wees en die oorkritiese
voorskriftelikheid dat Steve moet sharrap, agter gaan sit en sy
woorde lees, ens. ens is in my oë totaal onprofessioneel en
uit lyn uit vir 'n snotkind, wat erken dat sy nie van Steve hou nie.
Ek het nie die betrokke show gesien nie, maar wel 'n hele paar
ander van hom. Steve is iemand wat sy gehoor perfek lees en
moeite doen om hulle te vermaak.
Dinge wat Steve blykbaar omgekrap het was die implikasie
in die berig dat sy aanhangers common is en dat hy van "tannies"
gepraat het, 'n woord wat hy glad nie gebruik het nie.
Ek reken Steve het die woede-aanval baie berekend gedoen.
Dit was waarskynlik met die oog op publisiteit, dis so gedoen
dat hof-aksie (lees nog publisiteit) maklik kan volg, maar dat
hy nie veel skadevergoeding op die lyf behoort te loop nie.
'n Mens kan nie sy optrede goedpraat nie, maar ek voel saam
met die ander feesgangers heimlik lekker dat Krit agtergekom
het dat hulle nie met enige strooi kan wegkom nie.
Viva Steve Hofmeyr! En Krit se m...
Groete uit 'n warm Oudtshoorn.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Die resensie in KKNK-koerant wat Steve Hofmeyr laat ontplof het
Riekie Human
Musiek: Engele om ons.
Met Steve Hofmeyr en die gaskunstenaars Luv u So!
Kango-Wynhuis. Tot 5 April.
DIT was my heel eerste keer.
En ek kan myself skop dat ek gegaan het. Moes van beter geweet het. My mind
was made up en nou's ek net confused.
Kyk, ek hou nie van Steve Hofmeyr nie - regtig nie.
Maar vandag het ek voor sy stem geswig. Nie sy sjarme nie, maar wel sy stem.
Tussen rye blonde poniestert-dogtertjies wat duidelik nie hul opgewondenheid
kon beteuel nie, het ek my commonste roots ontdek.
Selfs saamgesing aan "Sweet Caroline" en actually 'n pang-gevoel ervaar toe
hy met "Engele om ons" lostrek. Genoeg gebieg - hier's die verdict:
Steve, as ek 'n Idols-beoordelaar was en jy't voor my kom staan en sing, is
die eerste ding wat ek vir jou sou sê: "Kak skoene. Hiper-kak skoene."
En daai keps op jou kop doen nie die ding nie.
Die skoolseun-look is lankal passé en chicks dig ouer mans anyway.
Die tweede ding sou wees sharrap. Die gepratery tussen die singery werk nie.
As jy moeg gesing is - en hier in die middel van die vertoning het dinge vir
'n wyle bietjie flou gevoel - en jy eerder die gospel according to Steve wil
predik . . . Wel, skryf dan 'n boek. Sommer so 'n lekker dikke.
En nog 'n ding: As die skare stoom verloor en die tannies bietjie moet
asemskep tussen al die gehyg deur, vat 'n pouse.
Gaan sit bietjie agter op die verhoog en lees deur jou woorde. Dink net -
dan kan jy selfs 'n tweede en 'n dérde grand entrance maak!
Die triek om die gehoor die helfte van jou songs te laat sing, is pleinweg
laksgeit aan jou kant. En onthou: Hulle het betaal om na jóú te kom
luister, nie andersom nie.
En ná vandag moet ek toegee jy hét 'n beter stem as die meeste van hulle.
Stick to that.
Die Billy Graham-praatjies oor hoe ons ons talent moet ontgin, suig. Die
meeste van die talent op dié fees loop mos "in die strate rond en klim nooit
op 'n verhoog nie".
Oh, please!
Die show is meer 'n variety show as 'n musiekuitvoering.
Daar's nostalgie: Huldeblyke aan Gé (dit wás 'n aandoenlike uitvoering van
"Liefling") en 'n grepie uit "Master Jack" van Glenys Lynne van Four Jacks
and a Jill.
En 'n móérse speech en song opgedra aan Dulcie van den Bergh - kompleet met
stukkies klank uit Agter elke man op die agtergrond waarop Ant Stienie algar
uit 'n dizzy hoogte uitdinges.
Daar's ook stroperigheid: Al die kindertjies moes voor na hom toe kom en
terwyl hy kliphard sy liewe ma besing het, moes hul handjies in gebaretaal
die woorde vertolk.
Iemand merk toe op daar's straks minder kindertjies daar voor as kindertjies
wat Steve "Pappa" kan noem. Maar dit daar gelaat.
Die geheel - nuwe songs, huldeblyke, kindergesiggies en preke oor hoe jy jou
met jou engele moet omring (veral op Sondae) - is soos 'n effense mixed
metaphor. Mens weet nie mooi waaroor die hele ding nou eintlik gaan nie.
Maar die tannies het dit geniet. Terdeë. Selfs toe hy weer laat slap lê het
en die mans in die gehoor aangesê het om te sing.
En die cheek - die cheek! - toe hy vir die tannies toesnou dat hulle nou
moet stilbly - "as julle kan". Waarop hulle almal koketterig aan die giggel
geraak en stuitig aan hulle bobene begin vryf het.
Die engele behoed ons
Maar, kom ons los die sakie vir die regsmanne - ek is seker die ou sakie sal
in die hof gaan draai. Dan kan die protagoniste van vyespraak hulle saak na
behore toets ...
(Weereens - ek is nie 'n Hoffmeyer aanhanger nie.)
"Danielle" <Stree...@hotmail.com> wrote in message
news:6fgjau8dp7etnhtgf...@4ax.com...
Wouter Plaasvark <plaa...@shotmail.com> wrote in message
news:3caa4...@news1.mweb.co.za...
> die eerste ding wat ek vir jou sou sę: "Kak skoene. Hiper-kak skoene."
> Maar die tannies het dit geniet. Terdeë. Selfs toe hy weer laat slap lę
het
> en die mans in die gehoor aangesę het om te sing.
>Danielle - vryespraak se grens loop daar waar dit indruis teen my vryhede -
>vryspraak beteken tog nie dat jy na vryewil kan beledig nie?
Hmmm...ja, miskien het jy 'n punt hier beet. Het mens 'n morele en/of
wetlike "reg" om nie beledig of swartgesmeer te word nie? En hoe
druis hierdie "reg" in teen die reg van vrye spraak?
My persoonlike opinie is dat ek sou dink dat vryheid van spraak
beteken presies wat die 3 woordjies sę. En dat *jou * "vryhede" lę
volgens my dan daarin (jou vrye KEUSE) om na daardie spraak/uitinge te
luister of nie.
Maar ja, dit gaan veel verder en dieper. En
naamskending/karakterskending ens. kan maklik as "vrye spraak"
misbruik word.
Mark Twain het gesę: "It is by the goodness of God that in our country
we have those three unspeakably precious things: freedom of speech,
freedom of conscience, and the prudence never to practice either of
them."
:-)
Weereens, my vryhede eindig daar waar dit bots of indruis met die vryhede
van 'n ander persoon. Ek glo die betrokke joernalis wat vir Steven bygekom
het, het hom misgis. Want Steve sal hom nou, onder andere, op provokasie kan
beroep.
'n Storm in 'n teekoppie - rooibostee natuurlik ! ; - ))
"Danielle" <Stree...@hotmail.com> wrote in message
news:l94lauklsb1qtfqri...@4ax.com...
Vryheid van spraak bestaan - in al sy positiewe en negatiewe vorme.
Dis nie WAT jy sę nie, maar HOE jy dit sę wat bepaal hoe vry jou spraak
is;))
Jy moet seker maak dat jou spraakvryheid so gebruik word, dat jy altyd kan
verklaar - ongeag dat dit op band of video is - dat jy verkeerd verstaan
is.:))
Annette
Jonas <fana...@hotmail.com> wrote in message
news:a8f1vb$1ol$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
>Danielle - vryespraak se grens loop daar waar dit indruis teen my vryhede -
>vryspraak beteken tog nie dat jy na vryewil kan beledig nie?
>
>(Weereens - ek is nie 'n Hoffmeyer aanhanger nie.)
Jonas, as dět is hoe jy voel oor vryheid van spraak,
dan neig ek om tussen die lyne te lees dat jou
bewondering vir Gloudina so stadig maar tog seker
besig is om (geheel en al?) af te koel?
DD
Bla bla bla...
Nooit het ou Ferdi die voorreg gehad om so onder bespreking te wees
hier nie. Inteendeel, hy het (blykbaar!!!) minder bewonderaars as die
Dofmeyertjie.
neerhalend
buite-egtelike
klaarblyklik
onderonsie
kragwoorde
vaspen
ontstoke
k . . .
k*k
m . . .
p . . .
omstreeks
aanvanklik
optredes
Asseblief bepaal vir my, iemand. Baie Dankie.
Opreg die Uwe,
Dikvreter
On Tue, 2 Apr 2002 14:53:28 -0800, "Spook" <ss...@mikrosag.co.za>
wrote:
> Volksblad om goede Afrikaans te lees. Maar hierde worde is nie en my
> woordeboek nie:
>
> neerhalend
praat neer op iemand
> buite-egtelike
verwys gewoonlik na kinders wan wie die ouers nie met mekaar getroud was by
die kind se geboorte nie
> klaarblyklik
glo, waarskynlik
> onderonsie
baklei, stry, nie saamstem nie.
> kragwoorde
vloekwoorde
> vaspen
daar is nie 'n uitweg nie - die persoon is vas en kan nie uit die situasie
ontsnap nie.
> ontstoke
vies, kwaad, ontsteld.
> k . . .
????
As jy net een letter skryf, dan moet jy die sin gee, anders is dit die
letter voor l in die alfabet.
> k*k
mense wat skam is om die woord kak te skryf
> m . . .
???
Sien bo, of die lekker na l in die alfabet.
> p . . .
???
Sien bo of die letter na o in die alfabet,
> omstreeks
omtrent, naby aan,
> aanvanklik
eers
> optredes
meervoud van optree
In die konteks wat dit gebruik is beteken dit letterlik om iemand vas te
druk. Gewoontlik op die grond, in hierdie geval op 'n tafel.
>
> > ontstoke
> vies, kwaad, ontsteld.
maar baie sterker. Hoog die donner in en heeltemal sonder selfbeheersing.
>
> > k . . .
> ????
> As jy net een letter skryf, dan moet jy die sin gee, anders is dit die
> letter voor l in die alfabet.
Net soos k*k
>
> > k*k
> mense wat skam is om die woord kak te skryf
>
> > m . . .
> ???
> Sien bo, of die lekker na l in die alfabet.
In 'n konflik situasie kan ons aanneem dat "Ek gaan jou m..." sou wees ek
gaan jou moer wat weer beteken dat ek jou 'n paar klappe gaan gee.
>
> > p . . .
> ???
> Sien bo of die letter na o in die alfabet,
Weereens in die konteks van die gesprek kan ons aanneem dat ons ontstoke
sanger die redakteur 'n poes genoem het. Daarmee het hy nie die Hollandse
kat bedoel nie en ook nie die afrikaanse vroulike geslagsdele nie. Die
Afrikaanse gebruik van die woord in hierdie konteks is soortgelyk aan die
Engelse "You are a cunt" en word beskou as een van die mees kru van
beledigings, veral in die openbaar.
>
> > omstreeks
> omtrent, naby aan,
gewoontlik met betrekking tot tyd
Steve en sy gewraakte steweltjies is toe in Die Huisgenoot die week. Hulle
mag duur wees, geskenk van sy vroulief en enigste binne-egtelike baba, en
"al" die oorsese rock, pop en rap idols en gewaande idols mag dit dra, maar
ek stem saam - daardie steweltjies is vrek lelik:))
Annette
Sakkie <sakkie@toti> wrote in message news:3cb2949f$0$2...@hades.is.co.za...
optree (naamwoord?)
verskrompeling
gewaande
gahoor
gehoor
knop kniee
weergee iewers in 'n gat donner
opvoedingstaak
goedsmoeds
beaarbei
gal afgaan
gedagtegoed
ouerig
watookal
skeel
roerder
Dankie weer,
Dikvreter
On Tue, 9 Apr 2002 09:53:07 +0200, "Annette" <ann...@ctnet.co.za>
wrote:
On Tue, 9 Apr 2002 07:56:48 +0200, "Annette" <ann...@ctnet.co.za>
wrote:
>
> optree (naamwoord?)
Daai naamwoord vra my vas - een van die taalfundi's moet jou maar hier help;
Ou Grappie - Maak 'n sin met 'n gesegde, onderwerp en bysin in.
Juffrou, elke oggend as ek opstaan, dan was ek eers my gesegde en dan my
onderwerp in die bysin.
> verskrompeling
Soos verskrompeling van die lewer? - iets lyk nie meer soos wat dit behoort
te lyk nie.
> gewaande
Wat iemand aanneem oor iets.
> gahoor
Daar is nie eintlik so 'n woord nie - dit is plein verkeerd gespel - of
gespel soos sommige mense praat.
> gehoor
Het geluister, mense wat na 'n vertoning kyk.
> knop kniee
kniëe wat knopperig is - gewoonlik mense met maer bene, jong tieners of ou
mense.
> weergee iewers in 'n gat donner
Weergee - iets vertel
In 'n gat donner - in 'n gat val.
iewers - ërens
> opvoedingstaak
Die taak om op te voed, onderwys.
> goedsmoeds
sommer net so - sonder om vreeslik eers oor iets te dink, spontaan.
> beaarbei
werk aan om iemand/iets te verbeter
> gal afgaan
kla oor iets
> gedagtegoed
oor goed dink
> ouerig
bietjie oud - soos Gloudina.
> watookal
whatever
> skeel
nie mooi reguit kyk nie. - squint
> roerder
lepel.
>
> Dankie weer
bedank weereens
,
> Dikvreter
impi.
Annette wrote:
>
> > k*k
> mense wat skam is om die woord kak te skryf
>
Hulle het dalk soos jy ook nie genoeg a's gehad nie en is te dom om een
by 'n ander woord te leen :)
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:a92070$vsobb$1...@ID-92016.news.dfncis.de...
Annette
Sakkie <sakkie@toti> wrote in message news:3cb5390f$0$2...@hades.is.co.za...