1
Op 'n sekere dag in die blou maan maand September
Onder 'n jong pruimboom, hou ek haar
sag vas – my stil en bleek geliefde
In my arms is sy soos 'n elegante droom
En bokant ons, in die pragtige somershemel,
Was daar 'n wolk waarna ek gekyk het
Dit was spierwit en so geweldig hoog
En toe ek weer gekyk het, was dit weg.
2
Sedert daardie dag het baie maande
Stil-stil verby en weggevloei
Die pruimbome is dalk al afgekap
En jy vra my: Wat het van my lief geword?
So, ek antwoord jou: Ek kan nie onthou nie
Maar steeds weet ek wat jy bedoel
Maar ek kan werklik nie haar gesig onthou nie
Ek weet net dat ek haar eens gesoen het.
3
En daardie soen sou ek ook al vergeet het
Was daardie wolk nie in die lug nie
Wat ek steeds ken en altyd sal onthou
Dit was so wit en het so hoog gedryf
Miskien blom die pruimbome tog steeds
En daardie vrou het dalk al sewe kinders
Maar daardie wolk het net 'n paar minute geblom
En toe ek opkyk, was dit weg in die wind.
-Bertolt Brecht
Verlang jy na 'n gewese skelm, Ferdi?
He,he...
Dis net so 'n great gedig. Dit word onder meer gebruik in die nice
movie The Lives of Other People - Duitse fliek oor die Stasi wat op
eie mense gespioneer het.
Toe gaan soek ek dit. Hulle het net die eerste vers in die movie
gebruik, maar al drie saam is soveel mooier.
Jy het so tyd gelede van Dory Previn vertel, en ek kan nie onthou
presies wat jy gesę het nie, maar jy het iets gesę soos dat jy, vandat
jy van haar uitgevind het, van haar in die hande kry wat jy kan.
Doen jouself nou die guns, en leer 'The Kelly Family' ken.
Van hulle gaar ek musiek op. Enige van hierdie links sal jou na baie
van hul youtubevideos neem, maar begin met wat ek hier op het.
http://www.youtube.com/watch?v=UWY2f49PCnY&feature=related
http://www.youtube.com/watch?v=nLoXoppX2qw&feature=related
Sorry, ek sien ek het die eerste en laaste links gedupliseer.
Dit is dus net 3. Daarna kan jy na al die ander wat jy ook daar sal
sien, luister en kyk.
Wat 'n fantastiese fliek! Dit het nogal heelwat filmpryse gewen as ek
dit nie mis het nie.
Ek kan dit baie sterk aanbeveel. Ongelukkig slegs met Engelse
subtitels beskikbaar maar absoluut briljant.
<<>Wat 'n fantastiese fliek! Dit het nogal heelwat filmpryse gewen as
ek
>dit nie mis het nie.
>Ek kan dit baie sterk aanbeveel. Ongelukkig slegs met Engelse
>subtitels beskikbaar maar absoluut briljant.>>
Dit het net teen die einde bietjie skeefgeloop. Ek het die idee gekry
hulle wou gou ook "die verhaal" van die versoening ens ens ook
ingevoeg het en toe is die laaste 10 minute skielik 'n ander, meer
middelmatige, fliek.
Maar die eerste 90% is rerig nice.
Jy het seker Sophie Schol ook gesien?
Baie dieselfde soort fliek. Net op ware feite gebaseer en in Nazi
Duitsland.
Nognie maar ek sal bietjie uitkyk daarvoor. Thanks vir die tip!