O ja, hy's groter as 'n sirkustent -
ma' waa's die pęd, die mooi nooi innie saal?
die lekka clowns, die leeus in die kraal?
Nei, daa's g'n spôts nie vir jou Kaapse kjend!
Hier het ons stetjoes, elkeen soos 'n mens :
ou Afduim-Murray, Hofmeyr met sy pens;
hier's Jan van Riebeeck, bakgat aangetrek
in sy plus-fours; Cecil Rhodes wat jou wys
wa' die reisiesbaan lę; en vorie Paalmint-hys
ou Mies Victôria met ha' klein spanspek.