Daar is woorde wat soms kwyn in ons mooi taal
Van daardie woorde het 'n besondere verhaal
En dit is 'n skade as dit sou gebeur
Kom ons gooi wal om dit te keer
Die woord hier ter sprake is nou baie gepas
In hierdie tye gaan dinge dikwels poespas
Ja, poespas is die chaos wat ons gaan opklaar
Dit beteken maar net dinge is baie deurmekaar
As jy my nie glo, kyk in jou woordeboek
Dan sien jy ek`s reg en jy voel soos `n koek
Nou as hy daar staan, kan ons hom mos gebruik
`n Heel goeie woord, rein en skoon sonder ruik
Is jou kamer dus poespas, maak hom aan die kant
Het jy `n poespas klomp rommel, steek dit aan die brand
En as dominee vind dinge raak druk, o gedorie
Sit hy sowaar met `n poespas in sy konsistorie
Tog `n mooi woord die poespas, ek vind hom heel leuk
Moet hom glad nie verwar met `n Hollandse geneuk
Los die koster en scriba met die poespas-konsistorie
En gebruik vir poespas, herstel hom tot sy glorie
-----------------Piet Pompdonkie----------------
Piet Pompdonkie <pompd...@hot-male.com> wrote in message
news:3cc334d3$0$2...@hades.is.co.za...