Wat 'n interresante groepie.
Opienies wissel vanaf die konserwatiewe Japie tot ons meer verdraagsame
Afrikaaners.
Om welke rede bring ek graag die onderwerp na die voorgrond.
Ek is 'n 29 jarige gay man, tans woonagtig in London (UK). Ek is in 'n 6
jaar lange verhouding met 'n wonderlike man vir wie ek baie respek,
bewondering en liefde het. (Moenie 'n fout maak nie, partykeer wil ek sy
nek opdraai.)
Aanvanklik is ek van die platteland, 'n plaas-klong van die Kaap.
Ek is lief vir my taal en, al is ek "getroud" met 'n souttie, waardeer die
boere kultuur ter deu.
Een ding is egter verseker. Die oorgroote hoeveelheid Afrikaaners (veral
die plattelanders) het ongelukkig 'n probreem met ons gays. Ek weet ek is
besig om te veralgemeen en vra omverskoning aan diegene wat nie 'n probleem
het nie.
As ek my Afrikaner kultuur vergelyk met so baie van die ander kulture wat
deel van my lewe vorm, blyk ons regtig partykeer vol stront en oningelig.
My vraag is dit. Hoekom is die Afrikaaner kultuur steeds to konserwatief,
of het ek die kat aan die gat beet?
Groete
Kom ons begin sommer aan die gat kant van jou brief deur te bevestig
dat jy nie die kat aan die gat beet het nie. Ons is werklik, soos jy
sê, vol stront en ingelig.
Kom ek raai wild:
Jy gaan meer simpatie (want dit is wat jy nodig het) kry vanaf die
vroulike geslag as vanaf ons.(Kan jy met hulle oor maskara gesels?)
En ek weet, ja ek weet dat jy dit heelwaarskynlik nie kan verander nie
- en nét so min wil verander.
Ook verstaanbaar dus dat jy so nikssegende skuilnaam gebruik.
Of moffies dit kan help of nie om so te wees weet ek nie, maar een
ding weet ek wel. Mbeki kan nie help dat hy Mbeki is nie maar dit
sal steeds nie my antiMbekiïsme verander nie.
'n Vol stront en ingeligte
DD
Kom ek maak 'n voorstel, ou met die snaakse noemnaam.
Kom terug met 'n heel ander naam. En moet niks van jou
seksuele voorkeure vertel nie. Dan deel jy in die geselsskap.
En daai ou wat in die stoel voor jou sit sal nie wonder waarom
jy sy bene so dop hou nie. Sal dink jy kyk maar vir die stoelpote.
Hier is iemand met die naam Ferdi op die groep. Miskien is hy 'n
moffie. Maar hy het dit nog nie gesę nie en daarom is dět nié een
van die hope redes waarom hy so onpopulęr is nie.
DD
Ns.
Probleem is dat alle nuwelinge nou vir 'n rukkie
vir jou aangesien gaan word:-)))
"k908495" <k90...@hotmail.com> wrote in message
news:b7uqgh$cuc$1...@titan.btinternet.com...
Annette
"k908495" <k90...@hotmail.com> wrote in message
news:b7uqgh$cuc$1...@titan.btinternet.com...
Ek is van mening dat jy in 'n vergulde koutjie lewe... Deur die jare in
London het jy jouself omring met mense wat soos jy dink en dieselfde belange
as jy handhaaf. As gevolg hiervan, het jy 'n verwronge visie van die Engelse
'kultuur'.
Ek wil graag die volgende voorstel as 'n sosiale eksperiment in 'kultuur'
vergelyking: ontsnap uit die koutjie en trek noord... daar na Newcastle se
wereld toe (dit is nou die Newcastle net suid van Skotland, nie die een in
Suid Afrika nie). En dan kom vertel jy ons oor 6 maande hoe die Afrikaanse
'kultuur' dan nou werklik met die Engelse 'kultuur' vergelyk.
Q
E-pos adres: skar...@home.nl
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> schreef in bericht
news:b804pc$4t8no$1...@ID-92016.news.dfncis.de...
Jou reaksie bevestig dus my punt dat daar 'n sektor in die Afrikaanse
gemeenskap is wat baie konserwatief is. Ek is nie seker of jy die
meerderheid verteenwoordig nie, en het dus die vraag aan die groep gestel.
Ek voel jy het die reg tot jou eie opinie, en dit is nie my doel om dit met
jou te debateer nie.
My homoseksualiteit is slegs 'n katalis vir die gesprekke wat volg.
Dankie egter vir jou illustrasie.
Ek sal graag jou inset oor my vraag wil hoor.
Dink jy Afrikaners is oor die algemeen konserwatief?
Indien ja, wat dink jy is redes daarvoor.
Groete
Manuel de Villiers
"Davie Davis" <da...@davis.com> wrote in message
news:1ja6avo57v1rbf497...@4ax.com...
Dit blyk jy het ook die vraag gemis weens jou sterk sentimente rondom
homoseksualiteit.
Jou reaksie bevestig my punt en hopenlik sal dit die gesprek so na as
moontlik aan die realiteit hou.
Ek aanvaar jou opinie oor homoseksualiteit, maar sal graag jou insette wil
hoor rondom die vraag of ons as Afrikaners, oor-groods konserwatief is, en
indien so, hoekom?
Groete
Manuel.
"Jonas" <fana...@hotmail.com> wrote in message
news:b7vpod$lei$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> Jou reaksie bevestig dus my punt dat daar 'n sektor in die
Afrikaanse<-------DIS OU NUUS DAAI :-)
Daar is 'n hele paar teorie aangaandie die redes vir homoseksualiteit. Dit
is 'n baie interresante onderwerp, maar kan ek vra dat ons terug beweeg na
die Afrikaner identiteit.
Julle reaksie was redelik neutraal, en dit kom voor asof daar 'n behoefte
was om te verstaan, eerder as om te beoordeel. Dink julle dit is gekoppel
aan geslag? Is die Afrikaner man meer konserwatief as die Afrikaner vrou?
Cheers
Manuel.
"Woestyngoggatjie" <skar...@home.nl> wrote in message
news:b80oqe$mfr$1...@news1.tilbu1.nb.home.nl...
Geagte Woesteingoggatjie
Dit is duidelik dat jy nog nooit enige 'gay-bashing' nuusgroepe besoek het
nie. Indien so, sou jy nie sulke globale stellings hier maak nie. So twee
bydraers beledig jou? Hierdie twee bydraers mos nie verteenwoordigend van al
die bydraers hier nie. Nog minder is hulle verteenwoordigend van alle
Afrikaners. Hulle is slegs twee individue wat beide op hul standpunte
geregtig is. Het Annette jou al beledig? Suidwester miskien? Dalk Gloudina
of Eugene? Indien nie, hoekom die ganse nuusgroep? Watter ander Afrikaners
het jou al beledig as gevolg van jou lewensstyl? Meer as 50%? Indien nie,
hoekom die Afrikanerdom? Sal jy nou saamstem dat jou stelling 'n slegs 'n
ondeurdagte veralgemening is?
Jy sien, Woesteingoggatjie, die probleem hier is as volg. 'n Persoon pos na
hierdie nuusgroep toe en se: "Hallo, my naam is Koot en ek is 'gay'". Dit is
ongelukkig nie dieselfde as "Hallo, my naam is Koot en ek kom daar van die
Boland af" nie.
Gewoonlik word hierdie stelling dan opgevolg met iets soos: "..en ek dink
dat alle Afrikaners is vol die of daai want hulle wil nie my tipe 'issues'
met my bespreek nie". Natuurlik wil hulle nie. Nie omdat hulle hardekop is
nie, maar eerder omdat daar slegs een Afrikaanse nuusgroep op die web is
(vergeleke met die honderde nuusgroepe gewei aan homoseksualiteit).
Verdermeer heg hierdie 'hardekoppe' nie dieselfde waarde aan 'Gay Pride' en
of jy jou ma moet vertel of nie, as wat jy sou nie.
Oorweeg vir 'n oomblik die volgende: 'Hallo, my naam is Quintin en ek is 'n
kriptoanaliseur. Ek dink dat Afrikaners is onnosel omdat hulle nie in staat
is om Feistel kodes in diepte met my te bespreek nie, of het ek die kat aan
die stert beet?'. Sou jy saamstem dat so 'n uitlating net antagonisme tot 'n
gevolg sou he? Sou jy saamstem dat ek eerder na die alt.hackers nuusgroep
behoort te pos as ek hierdie onderwerp wil bespreek?
Of miskien kan ek 'n lang dokument wat oor kriptografie handel, (in Engels),
kopieer en na die nuusgroep pos? En ek lei die bydrae in met 'Jammer vir die
Engels, maar wat dink julle hiervan?'.
Ek dink dat hierdie nuusgroep besondere verdraagsaamheid tot dusver getoon
het. Gaan probeer dieselfde op byvoorbeeld alt.rec.skydiving en kom vertel
ons die resultaat.
Q
Dankie vir jou interpretasie van my vraag.
Homoseksualiteit is egter nie die enigste onderwerp waaroor ek en my
Afrikaner vriende debateer nie.
My stelling dat Afrikaners konserwatief voorkom, is gekoppel aan 'n hele
paar onderwerpe.
Jy bring 'n interresante feit na die tafel.
Ek stem saam dat isolasie gekoppel is aan verdraagsaamheid.
Ek stem saam dat mense in 'n stedelike omgewing meer verdraagsaam is teenoor
dinge buite hul norm.
Dit kom egter steeds vir my voor asof die Afrikaner man 'n sterker bond met
sy kultuur het.
Dink jy die ou Suid Afrikaanse kultuur (wat vir jare grootendeels 'n
Afrikaanse kultuur was) het iets daarmee te doen?
Indien so, sou jy saamstem dat 'n oud Suid-Afrikaanse kultuur (weens die
jare se isolasie), minder verdraagsaam is?
Groete
Manuel
"Q" <qci...@btinternet.com> wrote in message
news:b80lkd$jb0$1...@titan.btinternet.com...
So probeer 'n ander invalshoek as Afrikaanse Mans se optredes - want hoe
die homoseksueel-veroordelers optree is universeel dink ek.
Ek dink ook nie MalBob Mugabe en SaamPraatSam Nujoma sal as
Afrikaans-sprekende (wit) mans bekend wil staan nie, en hulle is nogal
pro-aktief anti-homoseksueel.
Soos ek sę - dit hang af van opvoeding;)))
Annette
"k908495" <k90...@hotmail.com> wrote in message
news:b80rs7$4t1$1...@hercules.btinternet.com...
Miskien moet Mnr de Villiers probeer uitvind hoekom gay-wees nog steeds vir
hom so 'n issue is dat hy dit as 'n bekendstellings-onderwerp ( skuus:)) )
kies.
Interessant dat hy nie my vraag oor ouer broers wou antwoord nie - en dus
dink ek dat ons hier met 'n trol te doen het wat net wil skoorsoek op 'n
plek waar hy weet hy dit heelwaarskynlik sal kry.
Soos jy tereg uitwys - veralgemening is nie mooi en reg nie:))
Annette
"Q" <qci...@btinternet.com> wrote in message
news:b80sbd$8fo$1...@sparta.btinternet.com...
Ek stem saam dat die groep meer verdraagsaam is as 'n Gay-Bashing groep.
(?)
Stel jy voor dat 'n gesprek rondom die Afrikaner identiteit nie gepas is
nie?
Is die lys van dinge wat gepas is vir 'n Afikaner groep korter as die van 'n
Engelse groep?
Ons praat nie eitlik oor homoseksualiteit nie, maar eerder oor of daar 'n
meer konserwatiewe neiging in die Afrikaner kultuur is, en hoekom.
Ek dink die feit dat een van die sprekers voel haar opinie word soms
beoordeel weens die liberale aard daarvan wel van toepasing is.
Ek stem egter met jou saam dat ons die perspektief moet behou. Ons is maar
net 'n klein groepie wat ons eie opinies lig en nie noodwendig die hele
kultuur verteenwoordig nie.
Dit verander nie die feit dat ek jul opinies wil hoor nie.
Groete
Manuel.
"Q" <qci...@btinternet.com> wrote in message
news:b80sbd$8fo$1...@sparta.btinternet.com...
>
Maar is ons opvoeding nie 'n produk van ons interpretasie van ons kultuur
nie?
(Die individuele interpretasies van ons kultuur maak dit noodsaaklik om Q se
waarskuwing na aan hart te hou. Daarmee stel ek volkome saam.)
M.a.w, is die Afrikaner meer konserwatief in hul definisie van 'n goeie
Afrikaner man, en 'n goeie Afrikaner vrou. Ek dink daar is definatief 'n rol
vir ieder. Soos in alle kulture.
Voel jy die Afrikaner gemeenskap het 'n meer konserwatiewe persepsie van wat
presies die vrou se rol is?
Ek sou graag jou insette op my gesprek met Q wil hoor.
Cheers
Mr. De Villiers
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:b80tou$4rodl$1...@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek dink nie dit het iets met geslag te doen wat mens se uitkyk is nie,
maar
> wel met opvoeding.
> Jy sal ook vind dat mense wat onteenseglik godsdiens aanhang gewoonlik
> minder genaakbaar is.
>
> So probeer 'n ander invalshoek as Afrikaanse Mans se optredes - want hoe
> die homoseksueel-veroordelers optree is universeel dink ek.
> Ek dink ook nie MalBob Mugabe en SaamPraatSam Nujoma sal as
> Afrikaans-sprekende (wit) mans bekend wil staan nie, en hulle is nogal
> pro-aktief anti-homoseksueel.
> Soos ek sê - dit hang af van opvoeding;)))
> > > > Ek dink, dit maak nie saak waar in die wêreld mens is nie, daar waar
> jy
> > 'n
> > > > groep mense kry wat erg konserwatief is, daar sal jy 'n veroordeling
> van
> > > > homoseksuele mense kry.
> > > > Dit is nie beperk tot Afrikaanssprekendes nie.
> > > > Dus, sal jy hier ook mense kry wat skaars die woord kan skryf in
afsku
> > > > daarvan, en dan is daar ander vir wie dit hoegenaamd nie saak maak
> nie.
> > > > Net 'n vragie - is jy 'n oudste kind of het jy ouer broers?
> > > > Daar is 'n studie gedoen, en bewyse is gevind dat daar 'n taamlike
hoê
Sal dink jy kyk maar vir die stoelpote.
>DD
Woeha-ha-haaaaaaa!!!! Nie moontlik nie!!! Ha-ha-haaaaaaa! God staan
ons by!!!!
Norbert (uit Vlaandere)
(Arme Vlaandere.., arme Nederland.., arme Suid-Afrika!...)
> > > Ek dink, dit maak nie saak waar in die wêreld mens is nie, daar waar
jy
> 'n
> > > groep mense kry wat erg konserwatief is, daar sal jy 'n veroordeling
van
> > > homoseksuele mense kry.
> > > Dit is nie beperk tot Afrikaanssprekendes nie.
> > > Dus, sal jy hier ook mense kry wat skaars die woord kan skryf in afsku
> > > daarvan, en dan is daar ander vir wie dit hoegenaamd nie saak maak
nie.
> > > Net 'n vragie - is jy 'n oudste kind of het jy ouer broers?
> > > Daar is 'n studie gedoen, en bewyse is gevind dat daar 'n taamlike hoê
Ja quintin .......
Ek stem in amper alles met jou saam ...... my uitlaatinge was dan bietjie
woes ja . toemaar. As ek word aangeval reageer ek altyd woes terug.
Verskoning daarvoor.
En ja ek het al self ook op anti-gay nuusgroepe rondgeraas hoor.
Maar Ek dink dat as jy plein na die syfers kyk van SA .... dat SA redelik
baie konserwatief is teenoor gaymense as byvoorbeeld lande soos Nederland,
Belgie en Duitsland ens ens.
My ondervindinge in Nederlandse en belgiese en luxembourgse en duitse
nuusgroepe is baie positiewer as die ondervinding wat ek kry op hierdie
afrikaanse nuusgroep.
Dis nie dat ek hierdie nuusgroep aanvaal nie . die punt is dat as jy plein
na die syfers en na persoonlike ondervinding kyk dat jy dan sien dat SA
redelik konserwatief is.
Kyk byvoorbeeld as ek met my geliefde op straat loop in Nederland terwyl ons
hande vashou. In nederland word dit (amper) as normaal beskou.
As jy dit selfde ook probeer in MimosaMall in bloemfontein dan mag jy hoop
en bid dat jy medies het.
Ook byvoorbeeld as ek hier in nederland my reguitpelle ontmoet dan soengroet
ek hulle (drie soene op die wang) Dit word as normaal beskou hier in
nederland (wel...amper almal beskou dit as normaal) (vroumense soengroet
mekaar mos ook)
nou ja ...... dit is nie n probleem nie...... as ek n goei vriend raakloop
waarvan ek hou en wat dierbaar vir my is dan soengroet ek.
As ek in SA braaifees hou en die mense kom by ons huis ingestap ... dan hoef
ek nie te probeer om hulle te soengroet nie..... dan word ek gemoer.
Dalk is hulle bang ek gaan hulle verkrag of wat wat as ek hulle soengroet.
Ek sal eerlik se dat daar egter wel reguitpelle is wat dit wel as normaal
beskou....... maar hulle is skaars.
Ek het tot dusver net sulks reaksies gekry van SA mans ....... die SA
vrouens is baie oopgees
Nou ja toemaar dit bly n snaakse ding .......dit sal in elk geval nog baie
lang vat voor mense mense begin behandel as n MENS. en nie verskille maak
nie.
(ps: jy hoef my nie aan te spreek met geagte nie :-) ek is nie die emperor
of Japan nie jong! :-)
--
Ek stem saam dat geloof definatief 'n groot rol speel.
Al neem baie gelowe tans 'n meer liberale standpunt oor kontroversieele
onderwerpe in, bly die kerk 'n konserwatiewe instutisie. Dit is vandag
byvoorbeeld nie meer so 'n groot taboe vir dames om die kleed as roeping te
aanvaar nie.
Die rol wat geloof in jou redenasie speel, is interresant. Ek is seker jou
interpretasie vorm deel van 'n kleiner segment. Dit blyk jy regverdig jou
redelike bar reaksie met jou geloof??
Dink jy dat mense se interpretasies van hul geloof meer liberaal word hoe
groter hul samelewing word? Is mense van groot stede meer liberaal weens
meer liberale interpretasies van hul gelowe, of is hulle minder gelowig, of
is daar geen verband nie.
Groete
Manuel.
"Sterrenkijker" <Strand...@netscape.net> wrote in message
news:2328av0grs81j57ap...@4ax.com...
Norbert (uit Vlaandere)
>Halloo DD
>
>Jou reaksie bevestig dus my punt dat daar 'n sektor in die Afrikaanse
>gemeenskap is wat baie konserwatief is. Ek is nie seker of jy die
>meerderheid verteenwoordig nie, en het dus die vraag aan die groep gestel.
>
>
>Ek sal graag jou inset oor my vraag wil hoor.
>Dink jy Afrikaners is oor die algemeen konserwatief?
>Indien ja, wat dink jy is redes daarvoor.
>
>Groete
>Manuel de Villiers
>
>
Hallo Manuel
Teleurstellend om te verneem dat jy my as die verteenwoordiging van
konserwatiewe onverdraagsaamheid beskou. En dit na ek voorgestel
het dat jy wegraak en as iemand anders terugkeer. Jy openbaar 'n
ingebore vyandigheid teenoor die heteroseksuele gemeenskap wat
onverdiend is. Self Jonas het op 'n uiters vriendelike noot
verduidelik dat dit die verkeerde deur is om by aan te klop vir hulp
met jou probleem.
>Indien so, sou jy saamstem dat 'n oud Suid-Afrikaanse kultuur (weens die
>jare se isolasie), minder verdraagsaam is?
Niks met isolasie te doen nie, Manuel. Tensy ons regering net so
gelieg het het soos die gewese minister van verdediging in Irak, was
ons nooit geďsoleer nie.
>Kyk dan self hoe het jonas en david my al beledig ..... terwyl ek niks
>fouts gedoen het nie ..... ek het net n geselsie gesels en nice gepraat
gesę deur die vriendelike woestyngoggatjie. En weer 'n bewys dat die
moffies is en nié ňns nie wat bevooroordeeld is.
>Is die Afrikaner man meer konserwatief as die Afrikaner vrou?
ěs jou vraag na aanleiding van wat ek gesę het in my eerste skrywe;
met verwysing daarna dat ek dink jy meer simpatie van die fem groep
kan verwag as ons? (gesę met die dom idee dat hulle nie bang is vir
jou nie, en nou besef dat hulle jou nie gaan verdedig nie, want hulle
sien jou as nikswerd nie:-)))
Oor jou vraag betreffende konserwatisme by die boerevolk. Daar is
aspekte waar ons liberaal is en daar is gebiede waar ons konserwatief
is. Die konserwatiwieteit word nie gebęre vir jou groep nie maar word
beoefen in politiek.
Wat ek hier sę is dit: Die gemiddellde (konserwatiewe?) Afrikaner ril
wanneer hy 'n moffie hoor homself as 'n boerklong beskryf.
Hoekom? Mistasting miskien, maar 'n boerklong word gesien as 'n
jong seun wat jong perde tem en kleilat gooi. Nie as 'n man wat saam
met 'n ander man in die bed klim nie. As jy saam met ons in 'n groep
is, sal jy vriendelik behandel word, maar nooit een van die groep word
nie. Indien daar vrouens in die groep is, sal jy dieselfde behandeling
van hulle ontvang.
Bietjie hartseer toe die kleurlinge met die begin van die 'Nuwe SA'
gesę het dat hulle nie deur die blankes of deur die swartes aanvaar
word nie. Waar pas hulle in?
DD
Hier is 'n bona fide vragie of twee vir almal van die 'groot stad':
Is konserwatisme en homoseksualiteit as begrippe weder-uitsluitend?
Wat is die begrip wat die teenoorgestelde van konserwatisme beskryf?
Wat is die begrip wat die teenoorgestelde van homoseksualiteit beskryf?
Is hierdie twee teenoorgesteldes weder-uitsluitend?
Q
>Halloo Sterrenkijker
>
>Dink jy dat mense se interpretasies van hul geloof meer liberaal word hoe
>groter hul samelewing word? Is mense van groot stede meer liberaal weens
>meer liberale interpretasies van hul gelowe, of is hulle minder gelowig, of
>is daar geen verband nie.
>
Ek kan somtyds nogal ver ry teen 120 kmu. En wanneer ek op 'n snelweg
beland ry ek 140. Want dit is heersende spoed daar. Regverdig dit my
oortreding van die spoedwet?
DD
Ek wil nie met jou stry oor homoseksualiteit nie. Dit het ek reeds aan die
begin van my gesprek genoem.
Hoekom dwing almal die gesprek terug na homoseksualiteit toe?
Ek praat eerder oor die Afrikaner kultuur.
Jy voel dus nie dat Suid Afrika vir jare lank geisoleerd was nie.
Wel, was ons pers nie basies deur die regering gekontroleerd nie?
Het die Afrikaner regtig 'n geleendheid gehad om sy kultuur met andere te
vergelyk?
Jy sal sukkel om my te oortuig dat ons nie geisoleerd was nie.
Ek voel ons kultuur (Afrikaner Kultuur) het min rede gehad om homself aan te
pas.
Die regering het konserwatiewe prinsiepe verdedig, en die kerk was 'n
kragtige speler.
Dit is wat dit tans vir my so interresant maak. Wat gaan word van die
Afrikaner kultuur in die nuwe Suid Afrika?
Ek hoop jy verstaan nou beter waaroor ek eintilik wil gesels.
DD, ek aanvaar dat jy 'n probleem het met homoseksualiteit. It's fine by
me.
Groete
Manuel.
"Davie Davis" <da...@davis.com> wrote in message
news:cpc8av8pognvnpppo...@4ax.com...
Konserwatisme word sekerlik nie uitsluitlik bepaal deur jou opinie aangaande
seksualiteit nie.
Ek ken byvoorbeeld 'n paar rasistiese gay mans. Konserwatief, maar gay.
Net so ken ek 'n pro-aborsie spreker wat oortuig is daarvan dat dit slegte
maniere is om jou gremering in die publiek aan te sit.
Is ek die een wat altyd die gesprek na homoseksualiteit terugbring?
Groete
Manuel
"Q" <qci...@btinternet.com> wrote in message
news:b81ehl$kie$1...@sparta.btinternet.com...
>Liewers n HEN of n HAAN as n belg :-)
Hoenders kry die pes, veral as hulle in Nederland woon...
Norbert (uit Vlaandere)
Ek stem nie saam nie.
Natuurlik verander die kerk sy interpretasies van die Bybel soos ons
samelewings voort druk.
In die middel eeue het ons mal mense as hekse verbrand.
Groete
Manuel.
"Davie Davis" <da...@davis.com> wrote in message
news:29f8av41egf0q85u1...@4ax.com...
>Halloo DD
>
>Ek stem nie saam nie.
Waarmee stem jy nie saam nie, Manuel?
DD
Manuel
Nee... maar dan weer het jy jou aanvanklike vraag rakende Afrikaner
konserwatisme in die lig van jou lewensstyl gestel. Het jy nou van rat
verwissel?
Q
<snip>
> My stelling dat Afrikaners konserwatief voorkom, is gekoppel aan 'n hele
> paar onderwerpe.
<en nog 'n snip>
>
> Indien so, sou jy saamstem dat 'n oud Suid-Afrikaanse kultuur (weens die
> jare se isolasie), minder verdraagsaam is?
>
Ek dink die oorspronklike vraag is bietjie dom. Afrikaners is
konserwatief. (Waar staan die meerderheid aangaande aborsie, die
doodstraf, feminisme, restellende aksie, heuwelike oor die
kleurgrens...) En uiters konserwatief as dit by seks kom. (oeps!)
Probeer om 'n klas nie-Afrikaner hoërskool kinders te oortuig dat op
'n tyd die meeste Afrikaner kinders die skool as maagde verlaat het en
hulle lag jou uit... Sę dieselfde ding vir 'n groep Afrikaners ouer as
25 en hulle gaan: "Ja, en?"
Ek dink jou vraag is eerder 'n aantyging dat Afrikaners oor die
algemeen minder verdraagsaam is. Hier moet 'n mens onderskei tussen
konserwatisme, 'n morele of politiese lewensuitkyk, en
onverdraagsaamheid, die geneigdheid om iemand te (wil) moer as hy/sy
iets doen wat vir jou aanstootlik is. Laasgenoemde geneigdheid kon
voor by 'n minderheid van mense, maar, ongelukkig, is dit hulle wat
die grootste lawaai maak en dus die mees blywende indruk skep.
Persoonlik dink ek nie dat daar meer onverdraagsame Afrikaners is as
in ander volke nie, dit is net dat ons nog nie openbare
onverdraagsaamheid omskep het in 'n sosiale taboe nie. Dit laat
diegene met swak impulsbeheer toe om...wel... mense te moer wanneer
hulle aanstoot neem.
PS: Woestyngogatjie, die laaste keer wat ek twee ouens in die Mall
hand aan hand sien loop het was die mees negatiewe kommentaar 'n
geligde wenkbrou of 'n "kyk daar" knik van die kop.
Sarel S Marais
Ek HAAT daai blęrrie seemonster.
<<>My vraag is dit. Hoekom is die Afrikaaner kultuur steeds to
konserwatief,
>of het ek die kat aan die gat beet?>>
Dis "Afrikaner" -kultuur. Een "a".
Annette
"Ferdi Greyling" <NoS...@tome.com> wrote in message
news:3ea60522...@news.saix.co.za...
"Woestyngoggatjie"
Annette
"Max" <maxiebu...@yahoo.com> wrote in message
news:e720f1c7.03042...@posting.google.com...
>
>ag my jinne ..... sit mense nou wragtig met die HAT woordeboek op hulle
>skoot as hulle kom kuier in hierdie nuusgroep?!
>
>
you better believe it. hier is baie mense hier wat nie regtig
belangstel in sinvolle gesprek nie. dit moet ook absoluut korrekte
syntax en spelling wees. en as jy wil he iemand moet n drol los dan
moet jy nou engelse woorde ook nog gebruik. get use to it, dit hou
hulle uit die strate
>> On Sun, 20 Apr 2003 18:56:17 +0000 (UTC), "k908495"
>> <k90...@hotmail.com> wrote:
>>
>> <<>My vraag is dit. Hoekom is die Afrikaaner kultuur steeds to
>> konserwatief,
>> >of het ek die kat aan die gat beet?>>
>>
>> Dis "Afrikaner" -kultuur. Een "a".
>>
>>
>
Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
[ n is veronderstel om as: 'n gespel te word.]
[he is veronderstel om as: hê gespel te word] :o)
Dankie vir jou inset.
Ons stem dus saam dat Suid Afrikaners konserwatief is.
Ons stem nie saam oor hoe dom my vrae is nie. :-)
Sal graag wil hoor hoekom jy dink ons kultuur van dié aard is.
Verder sou ek ook saamstem dat konserwatisme en onverdraagsaamheid twee
verskillende konsepte is. So, is onverdraagsaamheid die produk van
konserwatisme? Dalk beklemtoond met die self versekerdheid wat geloof na die
tafel bring? Miskien 'n bedreigde gevoel, 'n minderwaardigheids kompleks?
Wat dit ook al mag wees, dit sal ons net verder isoleer.
Vir my is daar ook 'n groter groep mense wat as onverdraagsaam omskryf kan
word buiten die groep wat 'n lawaai maak, en andere bliksem.
Onverdraagsaamheid is (in my opinie) 'n karakter eienskap wat homself kan
manifesteer in die afkeer van 'n "koek-en-tee" uitnodiging.
My punt is dit. Konserwatief, maar verdraagsaam, is steeds nie bereid om te
aanvaar en verstaan nie. Ons konserwatisme laat ons alleen en in die
donker.
Ek stem ook saam dat daar definatief ander kultuur groepe is wat meer
konserwatief (onverdraagsaam) is as die Afrikaner volk. En hoe maklik sou
dit nie wees om die deksel net daar op die kis te sit nie. Gooi maar toe
daai graf. Nee, is die doel nie om voorentoe te druk nie? Is ons kultuur
nie in die moeilikheid nie?
Groete
Manuel.
"Sarel S" <mar...@sci.uovs.ac.za> wrote in message
news:4cc56c2b.03042...@posting.google.com...
Manuel,
Tydens die naweek, terwyl ek 'n antwoord op een van jou bydraes proeflees,
besluit ek om my antwoord eerder te skrap en te sien waarheen jy met hierdie
gesprek op pad is.
Jy sien Manuel, ek was in die proses om jou te vra hoe dit vir die nuusgroep
moontlik sou wees om te bepaal of die Afrikaner 'kultuur' konserwatief is
('n term wat ek terloops definieer as 'n weerstand teen verandering). Ek vra
verder wat ons met hierdie nuwe kennis sou maak wanneer die nuusgroep wel
tot 'n slotsom sou kom. Sou ons bevind dat so 'n konserwatisme 'n slegte
ding is? Sou ons bevind dat ons iets omtrend dit moet doen? Ek het verder
gegaan deur jou aandag daarop te vestig dat daar nie 'n logiese sprong
bestaan tussen dit wat ons sintuiglik ervaar en enige waarde voorskrywing
nie.
Neem die volgende as 'n voorbeeld: Ons samel empiriese gegewens in. Ja die
Afrikaner is konserwatief... ek het 'n internasionaal aanvaarbare stel
toetse vir konserwatisme geneem en presies 50% en een Afrikaners wat die
toets afgele het, is klinies konserwatief. En dit is goed so. Nou kan jy 'n
boek gaan skryf hieroor en miskien 'n Nobelprys verwerf. Maar die oomblik
wat jy as gevolg van die empiriese gegewens enige waarde voorskrywing wil
maak, dan begaan jy 'n fout in logiese denke. Jy sien, waarde toeskrywing
hoort in die normatiewe domein en hierdie domein word onderskei van die
empiriese domein. Daar bestaan nie 'n interafhanklikheid tussen die domeine
nie.
Ek merk toe op dat dit belangrik is, want deur hierdie logika wet te
ignoreer, sou hierdie gesprek slegs 'n 'hoogs-voorspelbare' stukkie
Petrochelli raak - jy onthou mos vir hom ne... Indien nie, in Amerikaanse
prokereursdrama - laaaaannnnk voor Ally McBeal.
Maar, soos ek gese het, gee ek jou toe die voordeel.
En wat maak jy? Petrochelli slaan toe in die laaste vyf minute van die
episode en verbyster die jurie met kwantumspronge in logika. Skakel gerus
more-aand weer in vir nog 'n spannende episode...
Nou ja toe... daar gelaat. Jy kan nou rus in die wete dat jy
hoogs-voorspelbaar is.
Q
> Ek aanvaar jou opinie oor homoseksualiteit, maar sal graag jou insette wil
> hoor rondom die vraag of ons as Afrikaners, oor-groods konserwatief is, en
> indien so, hoekom?
> Manuel.
du plessis, hoekom is die ou breintjie
so vol van die gay-onderwerp deesdae.
Begin jy wonder....?
Penkop met wit sokkies aan
en dus
> dink ek dat ons hier met 'n trol te doen het wat net wil skoorsoek op 'n
> plek waar hy weet hy dit heelwaarskynlik sal kry.
Ja, en as hy nie "interessant" reg kan
spel nie, dan moet jy weet wie se
forensiese spoortjies mens weer mee te
doene kry.
Penkop wat spoorsny
Snaaks dat jy nou agterkom wat my siening is.
Ek het dit dan in my openings brief redelik duidelik gestel.
"As ek my Afrikaner kultuur vergelyk met so baie van die ander kulture wat
deel van my lewe vorm, blyk ons regtig partykeer vol stront en oningelig.
My vraag is dit. Hoekom is die Afrikaaner kultuur steeds to konserwatief,
of het ek die kat aan die gat beet?"
My rede tot kommer is my indruk dat Afrikaners se konswerwatisme hul van die
res (Veral Nuwe SA) sal vervreemd. My doel was om julle reaksie daarop te
sien, en my eie aan te pas indien nodig. Is dit nie hoekom ons opinies deel
nie? Ek se wat ek dink, en wag met opregte belangstelling op wat spesifiek
jy te se het.
Sarel het die Afrikaner konserwatisme probeer regverdig deur dit met andere
s'n te vergelyk. Die resultaat, onverdraagsaamheid, was 'n probleem wat
volgens hom deur 'n klein groepie verspieel word. My doel was te beklemtoon
hoe konserwatisme ons kultuur negatief beinvloed. (Deur meer as net die
lawaai makers en bliksem-billie's) Ek weet dit is gebasseerd op my eie
lewenservaringe. Om welke rede gooi ek my opinie op die tafel en luister na
wat gese word. Tussen al die beledigings is daar wel goeie punte.
Dit sou mos veel makliker wees om in my eie wereld te bly en die res van die
Afrikaners as 'n klom verkrampte drole te brandmerk.
Dit mag dalk 'n goeie idee wees om te noem dat ek ook oortuig is daarvan dat
'n element van konserwatisme essensieel is in enige samelewing.
Het jy aangeneem is heeltemal gekant teen konserwatisme?
Dink jy die Afrikaner is konserwatief?
Indien so, hoekom?
Dink jy Afrikaans is in die knyp?
Wat is ons rol in die nuwe SA?
Vir iemand wat hoogs voorspelbaar is word ek darem baie gemisinterpreteer.
Hou op dink ek val jou aan, Q. Ek is ook 'n Afrikaner. (Al sou sommiges nie
met my saamstem.)
Groete
Manuel.
NS: Verskoon my tog, HAT auditeure.
"Q" <qci...@btinternet.com> wrote in message
news:b84dm0$imb$1...@titan.btinternet.com...
> Persoonlik dink ek nie dat daar meer onverdraagsame Afrikaners is as
> in ander volke nie, dit is net dat ons nog nie openbare
> onverdraagsaamheid omskep het in 'n sosiale taboe nie.
Ek dink jy slaan die spyker op die
kop. Ek dink hier in Kanada het ons
wel al geslaag om onverdraagsaamheid
as 'n sosiale taboe te verklaar. Dit
steek nog oral sy kop uit, maar dit
word as onvanpas beskou om blatant
daarmee voor die dag te kom.
Ongelukkig moes SA vir jare gebuk
gaan onder 'n regime wat onverdraagsaam-
heid teen sekere bevolkingsgroepe en
sekere denkrigtings aangemoedig het.
Gloudina
> My vraag is dit. Hoekom is die Afrikaaner kultuur steeds to konserwatief,
> of het ek die kat aan die gat beet?"
Ek dink, Manuel du Plessis, dat die wortel
van jou "argument" verkeerd is. Jy praat van
Afrikaner-kultuur wat dan so konserwatief is,
maar die konserwatisme bestaan nie in die
Afrikaner-kultuur nie, maar in jou kop. Miskien,
omdat jy ongelukkig "konserwatief" grootgeword
het, dink jy alle Afrikaners is konserwatief.
Neem nou maar die onderwerp van gayness. Toe ek
'n jong student op Stellenbosch was, was daar
openlik gay professore wat onder die mees gerespek-
teerde lede van hulle beroep was. En my ma, wat in
1899 gebore was, het ons altyd vertel van die broer
van haar een skoonsuster wat altyd so tussen die
meisies geboer het en saam met hulle gesit en brei
het. Ek het daardie einste ou later weer ontmoet
en hy het sy vriend by hom gehad en almal was baie
vriendelik met die vriend en niemand het boe of ba
daarna gesę nie. Miskien is sekere dele van die
Transvaalse Afrikaners so "konserwatief" soos jy sę,
maar moenie alle Afrikaners oor dieselfde kam skeer
nie. Dis die fout wat Verwoerd gemaak het. Moenie
dieselfde fout maak nie.
Tant Hessie van die Derde Republiek.
> My rede tot kommer is my indruk dat Afrikaners se konswerwatisme hul van die
> res (Veral Nuwe SA) sal vervreemd.
Dit is nie konserwatisme wat Afrikaners van enigiemand sal vervreem
nie, maar rasisme of 'n poging om Afrikaner bevoorregting te behou. En
betekenisvolle getalle van ons het al reeds van beide afgesien. Verder
is dit onwaarskynlik dat konserwatisme Afrikaners kan vervreem in 'n
land waar die meerderheid mense konserwatief is. Let daarop dat
Suid-Afrika, 'n regs van die middel, nationalistiese regering het.
>
> Sarel het die Afrikaner konserwatisme probeer regverdig deur dit met andere
> s'n te vergelyk.
1. Konserwatisme is waarde neutraal. Dit is nie sleg of goed nie,
daarom hoef/kan 'n mens dit nie probeer regverdig nie.
2. Konserwatisme is 'n vergelykende term. Veral in die konteks van
hierde debat, wat gabaseer is op jou ondervindings in verskillende
kulture.
Die resultaat, onverdraagsaamheid, was 'n probleem wat
> volgens hom deur 'n klein groepie verspieel word.
Konserwatisme ly nie tot onverdraagsaamheid nie. Die twee het niks met
mekaar te doen nie. Onverdraagsaamheid is gewoon die weiering om 'n
teenstrydige standpunt te respekteer, onafhanklik van wat daardie
standpunt, of jy eie, is.
Laastens moet ek byvoeg dat daar ook nie 'n noodwendige verbintenis
tussen konserwatisme en homofobie is nie. Jy probeer heeltemal te hard
om konserwatisme, onverdraagsaamheid, en homofobie soos dominoes in 'n
ry te laat val.
Sarel S Marais
Los my Knersis, dit kielie!!
Ek hoop jy's reg Tant Hessie.
Ek het reeds vroeer genoem dat my stelling 'n veralgemening is, en het
omverskoning gevra aan diegene wat nie omgee nie. Ek haal 'n sin uit my
openingsbrief aan: "Ek weet ek is
besig om te veralgemeen en vra omverskoning aan diegene wat nie 'n probleem
het nie."
Ek het 'n paar jaar gelede ook Stellenbosch toe getrek. Jy's reg.
Die jonger garde is meer liberaal.
Groete
Manuel.
<@rogers.com> wrote in message news:3EA70F4B...@rogers.com...
>Halloo Tant Hessie
>
>Ek hoop jy's reg Tant Hessie.
>Ek het reeds vroeer genoem dat my stelling 'n veralgemening is, en het
>omverskoning gevra aan diegene wat nie omgee nie.
Moes jy nie miskien Manie, verskoning gevra het aan die mense wat
omgee nie? :-)))
DD
Een woor begrijp ik niet uit je brief "SOUTTIE" .
Piet
> Groete
>
>
>
>
>Een woor begrijp ik niet uit je brief "SOUTTIE" .
>
>
>Piet
>> Groete
>>
Nou wag ek om te sien hou julle aan Piet gaan verduidelik
wat 'n soutriem is. As die lekker vertelling wat ondermeer my
oupa aan my vertel het, die waarheid is Piet,
is 'n 'soutie' daardie nasie wat in die boereoorlog dom genoeg
was om by 'n turksvybos met 'n perd stil te hou, en 'n klomp
turksvye voor by die hemp ingooi met die woorde' lovely
peaches!!".
Miskien het die boere net gewens dat dit gebeur het, ek ook:-)
So byderway, 'n 'soutie' is die nasie wat in die boereoorlog
vrouens en kinders vermoor het omdat die boere hulle
poppey gemaak het.
DD
en 'n kannariem Tobie?
> Een woor begrijp ik niet uit je brief "SOUTTIE" .
Die Dictionary of South African English
skryf die volgende oor die woord "Soutpiel"
waarvan die woord "Soutie" 'n afkorting is.
Soutpiel, soutie: An Englishman.
Frontline, 1983 "These are the true
soutpiele - one foot in South Africa
and one foot in Britain and another
extremity dangling in the waters of
the Mediterranean."
Frontline, 1983 "I noticed a couple
of puns on South Africa's soutpiele.
In Sunny Namibia we used a similar
expression... for personnel with a
particularly noxious colonialist
mentality... die sandpiele. Those with
one foot in the Tintenpalast and one
foot in the Union Buildings, and another
extremity dangling in the burning sands
of the Great Kalahari."
Tant Hessie van die Nossob
Annette
"Tobie" <tmdv@_isat.co.za> wrote in message
news:b8des1$lt8$4...@ctb-nnrp2.saix.net...
Groete
Manuel.
<@rogers.com> wrote in message news:3EA70AAF...@rogers.com...
>kannariem? wiettie broertjie. iets met kannaland
>te doen? Sę maar.
>---
>"Veldmuis"
>---knip---
>: en 'n kannariem Tobie?
>
>
of 'n soutriem wat in Kanada opgeland het?
anoniem