Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Doodstraf in SA

33 views
Skip to first unread message

NEL/MAT

unread,
Mar 24, 1997, 3:00:00 AM3/24/97
to

TOETS 2

kathleen mathew

unread,
Mar 24, 1997, 3:00:00 AM3/24/97
to

Verlang opinies oor onderwerp.

Mich

unread,
Mar 25, 1997, 3:00:00 AM3/25/97
to

On 24 Mar 1997 19:42:00 GMT, "kathleen mathew" <al...@icon.co.za>
wrote:

>Verlang opinies oor onderwerp.

hoe gouer terug hoe beter
ek moet seker 'n meer uitgebreide relaas voer, maar dis die crux
hanteer skuldenaars genadeloos

liefde groete

mich


Koos

unread,
Mar 27, 1997, 3:00:00 AM3/27/97
to

On Tue, 25 Mar 1997 07:15:15 GMT, mi...@geocities.com (Mich) wrote:

<<hoe gouer terug hoe beter
>ek moet seker 'n meer uitgebreide relaas voer, maar dis die crux
>hanteer skuldenaars genadeloos
>
>liefde groete>>>

Drie probleme:
1. Die "break down" in SA wat misdaad betref le nie by die straf nie,
maar by die opspoor en vang van misdadigers.
Wat help dit jy mag die ouens hang maar jy kan hulle nie vang en
skuldig bewys kry sodat jy hulle kan hang nie?

2. Misdade wat die doodstraf dra, is baie min in vergelyking met die
wat die land soms so laat struikel. met ander woorde: As diefstal en
bedrog kan ophou, gaan die meeste van ons probleme oor wees.
Dan sal al die bronne bv. aangewend kan word om moordenaars en
verkragters te vang en diep weg te bere.

3. Ek is die volgende vertel: IN die VSA se grondwet word die reg om
'n wapen te dra erken.
Volgens die vertelling spruit dit uit die tye toe die "pioneers"
wapens nodig gehad het maar die Engelse bang vir opstand was en hulle
verbied het om dit te dra.
Toe die Yanks toe onafhanklik word, skryf hulle daardie grief as 'n
reg in die grondwet.

SA: Reg of verkeerd, die persepsie in SA se meerderheid loop baie,
baie diep dat dit veral swartmense was wat gehang is en dat 'n
swartman wat van moord aangekla is, vir dekades 'n baie kort paadjie
galg toe gehad het terwyl 'n witman wat van moord aangekla was, baie
moeilik gehang was.
Onthou ek se: Reg of verkeerd. Dis die persepsie. Met ander woorde ek
se nie dit was so of was nie so nie.
En op daardie persepsie is die doodstraf onder meer verwyder.
Die kanse in bitter skraal dat dit ooit sal terugkom in ons tyd.

In elk geval, as mens ander misdade kan verminder, die polisie kan
opjack en baie sekure tronke kan he en die wetters hard kan straf, is
die die doodstraf nie juis van kardinale belang nie.


Frikkie Potgieter

unread,
Mar 29, 1997, 3:00:00 AM3/29/97
to


Koos <fe...@is.co.za> wrote in article
<333a31c3...@hermes.is.co.za>...


On Tue, 25 Mar 1997 07:15:15 GMT, mi...@geocities.com (Mich) wrote:

<<hoe gouer terug hoe beter
>ek moet seker 'n meer uitgebreide relaas voer, maar dis die crux
>hanteer skuldenaars genadeloos
>
>liefde groete>>>

Drie probleme:


maar by die opspoor en vang van misdadigers.

~Misdadegers word wel opgespoor, die howe is so slapgat, dat `n Verkragter
bv. vi R200.00 borg uitgelaat word.

2. Misdade wat die doodstraf dra, is baie min in vergelyking met die
wat die land soms so laat struikel.

~ Dieselfde geld vir Moordenaars, Speurders sit nagte in bosse, letterlik
Dae om `n misdadeger aan te keer, net om in die hof maar weer op `n klein
bedraggie van hom ontslae te raak en weer Wettig op die straat te sit.
Slapgat Magistraate, Of word hulle Beveel om dit te doen??????

SA: Reg of verkeerd, die persepsie in SA se meerderheid loop baie,
baie diep dat dit veral swartmense was wat gehang is en dat 'n
swartman wat van moord aangekla is, vir dekades 'n baie kort paadjie
galg toe gehad het terwyl 'n witman wat van moord aangekla was, baie
moeilik gehang was.

~Dis waar, maar wat van al die neklas Moorde, ek persoonlik het met my eie
oe gesien wat daar gebeur, en dis werklik nie mense wat so kan Optree nie.
Eerder gediertes, want net `n Wilde dier kan so Genadeloos wees. vergelyk
`n neklis met `n Wapen... Dieselfde resultaat, Die Dood, maar dink net aan
die manier van sterf.. Persoonlik verkies ek dan `n Wapen wat ek hopenlik
nie die knal sal hoor nie.

En op daardie persepsie is die doodstraf onder meer verwyder.
Die kanse in bitter skraal dat dit ooit sal terugkom in ons tyd.

~Weereens reg, daar is te veel Lede in die parlement wat moontlik nog voor
die waarheidskommissie moet verskyn, en defnitief nie die meerderheid
blankes nie, so dink maar net daaraan.....

In elk geval, as mens ander misdade kan verminder, die polisie kan
opjack en baie sekure tronke kan he en die wetters hard kan straf, is
die die doodstraf nie juis van kardinale belang nie.

~ Weereens Reg, maar onthou en gaan doen bietjie Navorsing hoe veel van die
wetters ontsnap met inside Jobs wat dan weer weeke neem en onnodige eerlike
Polisiemanne (Blank, Nie BlanK en Swart )
daar is eerlikes ook onder Hulle moet neem om die ontsnaptes weer aan te
Keer.

~ Wat van ouens soos Barend Strydom, Skiet links en regs dood, maar is op
die straat. Kak man, ek val nie net anderkleuriges aan nie, maar iewers
moet `n begin (Besluit) geneem word.

~ Bring die Doodstraf terug, Ek sal graag die laksman wil wees, maar vir
Regte Moordenaars.

Skaf Amnestie af, volgens my die grootste Klug nog, Net om oud Lede teen
mekaar af te speel. hoekom tot dusver net Blankes.. (Hoofsaaklik).

~ Dulah Omar het gese die lede wat by 32 Bateljon was behoort skaam te wees
oor die dinge wat hulle daar gedoen het. Wat van Koefoet. was dit nie vir
ons nie, was hy lankal History, shame sy naam sou nie eens bekend gewees
het nie. Die land sou lankal in sy """"""""" gewees het.

~ Mense dit was Oorlog, vergeet die beloftes en sagpratery, word wakker en
kyk na die feite..
~Ek wag vir die Shell House Uitslag... Kan nogal interessant wees.

~ Laat hoor van die kommentaar op hierdie Nuusgroep.
Groete
Frikkie

pot...@global.co.za

Darren Cooper

unread,
Mar 29, 1997, 3:00:00 AM3/29/97
to

This is a multi-part message in MIME format.

------=_NextPart_000_01BC3C20.05B80FA0
Content-Type: text/plain; charset=ISO-8859-1
Content-Transfer-Encoding: 7bit

Hoe snaaks ?

We in South Africa can abort/murder innocent babies and yet those who
murder, rape and commit violent crime can escape the ultimate punishment

From
og...@icon.co.za
http://www.icon.co.za/~ognib

kathleen mathew <al...@icon.co.za> wrote in article
<01bc388b$b8ca3340$0edd...@kathleen.icon.co.za>...
> Verlang opinies oor onderwerp.
>
------=_NextPart_000_01BC3C20.05B80FA0
Content-Type: text/html; charset=ISO-8859-1
Content-Transfer-Encoding: quoted-printable

<html><head></head><BODY bgcolor=3D"#FFFFFF"><p><font size=3D3 =
color=3D"#000000" face=3D"Arial">Hoe snaaks ?<br><br>We in South Africa =
can abort/murder innocent babies and yet those who murder, rape and =
commit violent crime can escape the ultimate punishment<br><br>From =
<br>og...@icon.co.za<br>http://www.icon.co.za/~ognib<br><br>kathleen =
mathew &lt;<font color=3D"#0000FF"><u>al...@icon.co.za</u><font =
color=3D"#000000">&gt; wrote in article &lt;<font =
color=3D"#0000FF"><u>01bc388b$b8ca3340$0edd...@kathleen.icon.co.za</u><f=
ont color=3D"#000000">&gt;...<br>&gt; Verlang opinies oor =
onderwerp.<br>&gt; </p>
</font></font></font></font></font></body></html>
------=_NextPart_000_01BC3C20.05B80FA0--


Koos

unread,
Mar 30, 1997, 3:00:00 AM3/30/97
to

On 29 Mar 1997 06:57:00 GMT, "Darren Cooper" <og...@icon.co.za> wrote:

<<We in South Africa can abort/murder innocent babies and yet those
who
>murder, rape and commit violent crime can escape the ultimate punishment>>

Two different thing.
Don't confuse them.

Are you against the death penalty?


dries venter

unread,
Mar 31, 1997, 3:00:00 AM3/31/97
to

Koos (fe...@is.co.za) wrote:

Koos,
Dit is NIE twee verskillende goed nie, slegs twee kante van dieselfde munt -
'n slapgat regering wat so behep is met "mense"-regte dat die regte van
ongebore babas en misdaad-slagoffers totaal ge"ignoreer word.

Bring die doodstraf terug - a la Oos-Europese styl: geen "death-row" nie,
kry jou vonnis en twee minute later is jy dood met 'n koe"el in die kop -
baie goedkoop en effektief, meen ek.

Dries

NS ook vir Koos: Moet nou nie allerhande ander dinge hierbo probeer insien
nie, as slegs dit wat daar staan! :-)


Koos

unread,
Apr 1, 1997, 3:00:00 AM4/1/97
to

On 31 Mar 1997 17:38:13 GMT, ven...@ilink.nis.za (dries venter)
wrote:


<<>Bring die doodstraf terug - a la Oos-Europese styl: geen
"death-row" nie,
>kry jou vonnis en twee minute later is jy dood met 'n koe"el in die kop -
>baie goedkoop en effektief, meen ek.>>>

So how come jy is vir die doodstraf maar teen aborsies?

Johan Delport

unread,
Apr 3, 1997, 3:00:00 AM4/3/97
to

fe...@is.co.za (Koos) wrote:


Dis eintlik redelik eenvoudig:

Die doodstraf is 'n "straf" vir iemand wat iemand anders vermoor het
en daarom ook self moet sterf, terwyl 'n aborsie die moord van 'n
ongebore baba is wat nog nie eers die kans gehad het om iets verkeerd
te doen nie - sien. Selfs ek verstaan dit, en jy is mos 'n slim
outjie Koos, hoe dan nou?


Leon Jacobs

unread,
Apr 3, 1997, 3:00:00 AM4/3/97
to


Koos <fe...@is.co.za> wrote in article

<333e7eac...@hermes.is.co.za>...

> <<We in South Africa can abort/murder innocent babies and yet those
> who
> >murder, rape and commit violent crime can escape the ultimate
punishment>>
>
> Two different thing.
> Don't confuse them.

ek stem saam koos. dit wees twee verskillende dinge. maar ek wil saamstem
met cooper want ek dink dieselfde beginsel geld. as die doodstraf
ongrondwetlik is op grond van die mens se reg op lewe, dan moet fetusse mos
ook die reg op lewe hę.

so terwyl doodstraf en aborsie twee verskillende issues is deal hulle met
dieselfde beginsel.

dink jy nie?

Koos

unread,
Apr 3, 1997, 3:00:00 AM4/3/97
to

On Thu, 03 Apr 1997 23:24:28 GMT, del...@hwhnis01.eskom.co.za (Johan
Delport) wrote:

<<<>Die doodstraf is 'n "straf" vir iemand wat iemand anders vermoor
het
>en daarom ook self moet sterf, terwyl 'n aborsie die moord van 'n
>ongebore baba is wat nog nie eers die kans gehad het om iets verkeerd
>te doen nie - sien. Selfs ek verstaan dit, en jy is mos 'n slim
>outjie Koos, hoe dan nou?>>>

Jy is dus nie teen doodmaak nie, maar verkies dat daar 'n aanvaarbare
rede moet wees.

Die ou argument is natuurlik dat 1. Die verkeerde mens kan gehang
word. Dit het al gebeur. en 2. Moordenaars kan in effek gerehabiliteer
word in welke geval jy die beginsel van vergiffenis tot sy reg sien
kom.

Hoe sou jy die klassieke twee aborsie dilemma's hanteer:
1. As die kind aanhou ontwikkel, sal die ma waarskynlik sterf.
2. Die vrou is seksueel aangerand en wil nie die kind he nie.

En dan: As jy moet kies tussen aborsie en al die gom sniffende
straatkinders (hulle is die gevolg van ongewenste swangerskappe),
watter kant kaan jy?
Of hoe versoen jy dit.

Dis nie strikvrae nie, al maak sulke vrae vir ou Lou gewoonlik
bewerig.
Dis vrae en argumente wat deel van die bespreking is.

My posisie is baie grys. Kortom: Ek weet nie 'n fok nie.

Ek het in my tog op die argumente begin deur te se: 'n Beskaafde land
het nie 'n doodstraf nie, maar hierdie is nie 'n beskaafde land nie.
Was nooit een gewees nie.

Toe begin ek werklik dink oor mense doodmaak as 'n straf. En dit het
nie goed afgegaan nie.

Toe begin ek dink of iemand wat 'n 6 ster psigopaat is en vrouens
verkrag en mense doodmaak en daaroor lag, nie dalk doodgemaak moet
word nie. Want daar is dalk nog soos hy daar buite en hulle sien wat
met hom gebeur.

Toe se ek: Ek weet nie. Al wat ek weet is dat EK nie iemand sal wil
doodmaak nie.

Toe besef ek: Dis 'n "cop out" want dis nie waarom die ding gaan nie:
Ek sal nooit gevra word om iemand in Pretoria Sentraal te gaan hang
nie. Dit gaan oor stelling-inname vir iemand anders wat elders mense
wat ek nie ken nie, doodmaak.

Die ideale oplossing vir my is waarskynlik: Vat die mense en sluit
hulle vir altyd toe. Dis dieselfde as hang en mense wil dit ook nie
oorkom nie.

Maar dis nie 'n waterdigte posisie nie. Dis 'n ideale posisie in die
ideale wereld.

Oor aborsies: Het jy geweet dat die meeste konsepsies natuurlik in
miskrame/aborsies eindig?

Is dit OK in menslike rede oor moraliteit as God hulle doodmaak?
En stres? En koffie en sigarette?
Is 'n vrou skuldig aan doodmaak as sy haar gat af bekommer oor die
swangerskap en die stres werk in daarop en die eindig in 'n miskraam?

Se nou maar 'n aborsie sou in elk geval in 'n miskraam geeindig het?

In die reg word 'n foetus nie voor iets soos 12 weke as werklik
lewensvatbaar beskou nie.

Het 'n vrou nie seggenskap oor haar eie liggaam nie?
Hoekom moet 'n vrou se reg op haar eie liggaam swig voor die verwagte
regte van 'n verwagte lewe?

Dis een van daai situasies waar daar nie 'n netjiese uitkoms is nie.

Ek het een keer met my kinders sit en gesels. Toe vra ek hulle: Se nou
maar 'n man storm die klaskamer in en hou 'n pistool teen die juffrou
se kop. Hy se julle moet nou kies wie hy skiet: Die juffrou of die
kind in die voorste bank. En as julle nie kies nie, dan skiet hy almal
in die linkerkantste ry.

Hulle antwoord was 'n kinder-weergawe van myne: Ek weet nie 'n fok
nie...

N.S. Ek vermoed ook dat die meeste aborsies nie deur ongehude moeders
gevra word nie, maar deur getroude vrouens of vrouens in vaste
verhoudings.

Albei dinge is baie moeilik en enigiemand wat dink daar is 'n maklike
antwoord wat vir almal sal geld, maak 'n fout.

Die "powers that be" vandag het gekies vir die vrou se reg van beheer
op haar eie liggaam en vir die moordenaar se reg op lewe.

Maak net soveel sense soos andersom vir my.

In die ou bedeling was aborsies op aanvraag toevallig niks vreemds
nie. Dit was net nooit bespreek nie en geen morele standpunt is ooit
deur die owerheid of die gemeenskap daaroor ingeneem nie.
Dit was netjies in die donker weggesteek met regte kerkwoorde van die
verhoe" af.

En dit was nie net "back street aborions" nie. Dit was aborsies in
spreekkamers en hospitale ook.

N.N.S. Ek wonder ook soms of mans werklik so baie te se het oor
aborsies. Ons is nie werklik betrek by dit nie.

lo...@hotmail.s_p_a_m.com

unread,
Apr 4, 1997, 3:00:00 AM4/4/97
to

In Article<3344083b...@hermes.is.co.za>, <fe...@is.co.za> writes:

> En dan: As jy moet kies tussen aborsie en al die gom sniffende
> straatkinders (hulle is die gevolg van ongewenste swangerskappe),
> watter kant kaan jy?
> Of hoe versoen jy dit.
>
> Dis nie strikvrae nie, al maak sulke vrae vir ou Lou gewoonlik
> bewerig.
> Dis vrae en argumente wat deel van die bespreking is.
>

Vra die gom sniffende straatkinders. Ek is seker hulle sal verkies, om ten
spyte van al die swaarkry, te bly leef. (Ek sal dit kort en kragtig hou dat
Koos nie weer allerhande joernalistieke tos in my post kan sien nie :} )




> In die reg word 'n foetus nie voor iets soos 12 weke as werklik
> lewensvatbaar beskou nie.

Semantics. Dit is weer net 'n cop-out. Die Reg is vol sulke dinge omdat hulle,
net soos jy, 'nie 'n fok weet nie' en ook nie bereid is om standpunt in te
neem nie. Terloops gaan lees weer jou aborsie wet - dis 20 weke. Die 12 weke
is sonder enige probleme, die volgende 8 weke, as een of ander ampsdraer reken
dit gaan die verwagtende moeder se sosiale of ekonomiese omstandighede
beinvloed. Dit is amper 5 maande, meer as half pad.

>
> Het 'n vrou nie seggenskap oor haar eie liggaam nie?
> Hoekom moet 'n vrou se reg op haar eie liggaam swig voor die verwagte
> regte van 'n verwagte lewe?
>

Het die fetus nie reg op lewe nie? Volgens die konstitusie strek my regte net
so ver as tot waar dit op die regte van 'n ander inbreek maak. (Veronderstel
om te :# ) So die feit dat die vrou 'n besluit oor haar liggaam gemaak het wat
tot die verwekking van 'n kind gelei het, beteken dit nou sy kan weereens 'n
besluit neem om die kind te termineer, te ontdoen, soos die rewind knoppie op
jou band speler? (He He - Kopiereg op daai strofe)


> N.N.S. Ek wonder ook soms of mans werklik so baie te se het oor
> aborsies. Ons is nie werklik betrek by dit nie.
>
>

Net soos enig iemand nie veel oor die doodstraf kan te se^ het tot dit ons
direk beinvloed nie. Tot jy of jou familie in vrees lewe oor moordenaars,
rowers en verkragters na 'n paar jaar in die tronk weer vry kan rondloop. Tot
'n boodskap na die krimineel gestuur word dat dit ok is om te moor, dit sal
jou net 'n paar jaar kos ( dit is nou as hulle jou vang). Die kwessie van
rehabilitasie - nie in ons tronke nie. Meeste kom daaruit, erger as toe hulle
in gegaan het.

Lou


Koos

unread,
Apr 4, 1997, 3:00:00 AM4/4/97
to

On Fri, 04 Apr 97 10:18:20, lous@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

<<>Vra die gom sniffende straatkinders.>>

Dit sal 'n interressante vraag wees. Ek vermoed baie sal nie vraag
verstaan nie. Of dalk nie eens hoor nie.


<<>Semantics. Dit is weer net 'n cop-out.>>>

Daar is natuurlik afsnypunte. Anders is manlike masturbasie ook
moord.?


<<>Het die fetus nie reg op lewe nie? Volgens die konstitusie strek my
regte net
>so ver as tot waar dit op die regte van 'n ander inbreek maak. >>>

Restating the question?
Die foetus maak natuurlik ook inbreuk op die vrou se regte.

<< So die feit dat die vrou 'n besluit oor haar liggaam gemaak het wat

>tot die verwekking van 'n kind gelei het,>>>

Dis natuurlik in die praktyk nie so eenvoudig nie.
Dit wissel van verkragtings deur "glipsies" tot by geboortebeperking
wat veronderstel is om te werk maar nie werk nie - daarvan is daar
heelwat.

<<>Net soos enig iemand nie veel oor die doodstraf kan te se^ het tot
dit ons
>direk beinvloed nie. Tot jy of jou familie in vrees lewe oor moordenaars,
>rowers en verkragters na 'n paar jaar in die tronk weer vry kan rondloop. >>>

Die interresante vraag hier is natuurlik dat toe ons die doodstraf
gehad het, het dit toe misdaad beperk?


Leon Jacobs

unread,
Apr 4, 1997, 3:00:00 AM4/4/97
to


Koos <fe...@is.co.za> wrote

> <<We in South Africa can abort/murder innocent babies and yet those
> who
> >murder, rape and commit violent crime can escape the ultimate
punishment>>
>
> Two different thing.
> Don't confuse them.
>

> Are you against the death penalty?
>
>

koos, ek stem saam met beide jou en darren. saam met jou dat doodstraf en
aborsie twee verskillende issues is. maar ek reken ook dat beide issues
fundamenteel afhang van die interpretasie van die grondwetlike reg tot
lewe. as dit dan ongrondwetlik is om mense - wat ander mense se reg tot
lewe weggeneem het - se reg tot lewe weg te neem, hoekom is dit dan
grondwetlik om 'n fetus se reg tot lewe weg te neem?

wat dink jy koos?


Koos

unread,
Apr 7, 1997, 3:00:00 AM4/7/97
to

On 4 Apr 1997 17:33:48 GMT, "Leon Jacobs" <pigf...@icon.co.za> wrote:
<<< as dit dan ongrondwetlik is om mense - wat ander mense se reg tot
>lewe weggeneem het - se reg tot lewe weg te neem, hoekom is dit dan
>grondwetlik om 'n fetus se reg tot lewe weg te neem?>>

Die antwoord sal seker wees om 'n vrou die reg van keuse te gee.
Dis die kern: keuse.
Want 'n vrou reg reg op haar eie liggaam kom hier in.


As vrouens nie aborsies wil he, hoef hulle nie.

Koos

unread,
Apr 7, 1997, 3:00:00 AM4/7/97
to

On 7 Apr 1997 16:33:41 GMT, "Leon Jacobs" <pigf...@icon.co.za> wrote:

<<>ek verstaan wat jy sę.
>maar watter keuse het die foetus in die saak.
>
>is dit nie dan dieselfde om te sę: okei, pedofiele het die keuse om kinders
>te molesteer nie?>>>

Onregverdige vergelyking. 'n Vrou wat onbepland swanger raak of selfs
een wat verkrag word kan nie met 'n pedofiel vergelyk word nie.

<<watter keuse het die kind in die saak.>>>

'n Foetus is nie 'n kind nie. Dis 'n Foetus waarvan meer as die helfte
spontaan aborteer. Dit sit 'n effens anders aksent op die argument.

Watter keuse? Die keuse wat namens hom gemaak word. In die foetus se
naam.

'n Mens kan buite die grense fyn gaan argumenteer en selfs begin praat
van mense wat vroeg reeds selfmoord pleeg vanwee depressie of
skisofrenie ens. Deur hul selfmoord se hulle dalk hulle wil nie wees
nie. Tog is daar moontlik namens hulle besluit hulle wil wees.
Dis 'n ietwat simpel argument.
En ek noem dit in 'n poging om die begrip van wat 'n foetus is vir
myself wyer oop te maak.
Dalk wys dit daarop dat alle lewe nie vanselfsprekend wil wees nie. En
dit "impact" so effens op die argument. Ons is dalk nie so 100 %
korrek as ons namens 'n vroee foetus besluit nie.
Dus: Daar is 'n bietjie grys ooral in die argument.

Ander een: Die dokter se aan die vrou: "Mevrou of jy kry 'n aborsie en
leef of jy behou die kind en sterf by die geboorte."


In elk geval: Die meeste normale swangerskappe gaan hul gang.
Daar is egter die wat vroeg - voor die punt waar die meeste natuurlike
miskrame dalk gebeur - beeindig word.

Dan is dit die meeste van die tyd die vrou (en haar man) wat kies om
haar reg te laat seevier bokant die potensiele reg van die nog
onontwikkelde vrug.
En so aan.

Ek dink vergelykings verdof dalk die fokus hieroor.
Dit is iets op sy eie, die kwessie.

Die vrou se reg op HAAR liggaam en lewe.
En die reg van die foetus wat ons votentoe (met reg want ons was almal
op 'n tyd foetusse) projekteer indien dit normaal ontwikkel. Maar geen
sekerheid day die foetus normaal gaan ontwikkel nie. Bloot potensiaal.

Kies die een of die ander een.
As jy een kies, vat jy die ander een weg.
That's life.

Wat se die Bybel oor aborsie, of bly dit stil daaroor?

Ek hou van die idee van keuse.
En dan kan jy die vrou oortuig om dit nie te doen nie as jy wil.

Hier is 'n ander vreemde een: Se nou maar daar word soveel mense
gebore dat talle kinders van honger doodgaan en aborsies op keuse 20
jaar voor dit sou hulle gered het, wat se jy hiervan?
Dis 'n heeltemal onrealistiese situasie maar interresant as
illustrasie van een van die fassette van die aborsie-kwessie.

Wat sou jy voorstel moet die wetgewing wees?
Aborsie verbode?
Watter soort straf vie 'n vrou wat 'n aborsie gaan kry?
Al glo sy dit is OK.


lo...@hotmail.s_p_a_m.com

unread,
Apr 8, 1997, 3:00:00 AM4/8/97
to

In Article<3355e63a...@hermes.is.co.za>, <fe...@is.co.za> writes:
> Path:
hermes.is.co.za!iafrica.com!bowl.news.pipex.net!pipex!rill.news.pipex.net!pipex
!cpk-news-hub1.bbnplanet.com!news.bbnplanet.com!news-peer.gsl.net!news-dc.gsl.n
et!news.gsl.net!news.sprintlink.co.za!not-for-mail
> From: fe...@is.co.za (Koos)

Hulle regte word steeds bo die fetus se reg op lewe gestel. Wat kom eerste,
die reg op lewe of die reg op die besluit oor jou liggaam?


Teunis vanRee

unread,
Apr 13, 1997, 3:00:00 AM4/13/97
to

Koos (fe...@is.co.za) wrote:

: Ek het in my tog op die argumente begin deur te se: 'n Beskaafde land


: het nie 'n doodstraf nie, maar hierdie is nie 'n beskaafde land nie.
: Was nooit een gewees nie.

: Toe begin ek werklik dink oor mense doodmaak as 'n straf. En dit het
: nie goed afgegaan nie.

: Toe begin ek dink of iemand wat 'n 6 ster psigopaat is en vrouens
: verkrag en mense doodmaak en daaroor lag, nie dalk doodgemaak moet
: word nie. Want daar is dalk nog soos hy daar buite en hulle sien wat
: met hom gebeur.

: Toe se ek: Ek weet nie. Al wat ek weet is dat EK nie iemand sal wil
: doodmaak nie.

Reg, maar 'desperate times need desperate measures' Miskien die doodstraf
terug vir 'n tyd? hmmmm, dan is my beginsels nie veel werd nie. Miskien
die Duitse onderskeiding tussen Lebenslaenglich en Lebenslang? In gevalle
waar voorheen die doodstraf gegee is, moet mense toegesluit word en die
sleutel weggegooi word - 'n WERKLIKE lewenslank, sonder die voorregte wat
ander gevangenes deesdae geniet.


: Het 'n vrou nie seggenskap oor haar eie liggaam nie?
: Hoekom moet 'n vrou se reg op haar eie liggaam swig voor die verwagte


: regte van 'n verwagte lewe?

Dit is nie 'n 'verwagte' lewe nie - dit IS 'n lewe, en hoekom moet 'n vrou
se reg op haar eie liggaam belangriker wees as die reg van die nuwe lewe?

: Dis een van daai situasies waar daar nie 'n netjiese uitkoms is nie.

Janee, nie as jy nie 'n godsdienstig/morele staanplek het nie.

lo...@hotmail.s_p_a_m.com

unread,
Apr 14, 1997, 3:00:00 AM4/14/97
to

In Article<5iqp0i$e...@ilink3.nis.za>, <van...@ilink.nis.za> writes:


> Reg, maar 'desperate times need desperate measures' Miskien die doodstraf
> terug vir 'n tyd? hmmmm, dan is my beginsels nie veel werd nie. Miskien
> die Duitse onderskeiding tussen Lebenslaenglich en Lebenslang? In gevalle
> waar voorheen die doodstraf gegee is, moet mense toegesluit word en die
> sleutel weggegooi word - 'n WERKLIKE lewenslank, sonder die voorregte wat
> ander gevangenes deesdae geniet.
>

Die naweek 'n bankroof in Randburg.Saterdag oggend, spits tyd. Die gevolg - 3
mense dood 8 beseer. Moerse skietgeveg het tussen omstanders en die rowers uit
gebreek. Een van die oorledenes is 'n ou wat die rowers agtervolg het en op
hulle geskiet het. Na 'n weiering van sy wapen het hy met een van die rowers
aan die stoei geraak, die se makker het toe die weldoener net daar in Randburg
se straat tereg gestel, vyf skote op kort afstand. Lekker Suid Afrika ne! Geen
doodstraf! Enige iemand bereid om te wed dat van die rowers al voorheen in die
tronk was? Heel moontlik vir moord?


0 new messages