Het een van u al ooit 'n wit tor gesien?
Ek ook nie
Maar dis 'n verskriklike dier
Soos 'n sendeling in Afrika
Met sonhelm en donkerbril
Wit torre woon in ligte kamers: kamoeflage
En skarrel klonte son teen die muur
Op,
Oppas die wit tor dra sy angel/flessie gif
Hou my dop, kyk ook
Elke aand sorgvuldig onder u bed
Dit begin op iets af te stuur,
maar dan raak die digter moeg
en stop.
Max____________________________
"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:iL%Ac.427$IPa...@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
Dink jy nie dat die ding wat mens die ernstigste
moet opneem, juis die boodskap is wat hy aan
die einde vir jou gee nie?
Ek stem egter met jou saam. 'n Goeie gedig
boei jou van begin tot end, en vang jou in
die suksesvolle rymskema vas.
Ek dink nie Breytenbach is so 'n gróót
digter as wat hulle soms wil uitmaak nie.
Miskien was sy invloed groter as gevolg
van waaroor hy geskryf het as wat hoe
hy geskryf het.
Gloudina
Ek was nie lus vir die gedig nie. Ek“s baie besig en my kop pyn, maar tog
het die eerste reėltjies my nogal vasgevang. Net toe ek lekker lees, toe
stop hy. En die gedig is nie eers mooi afgesluit nie. (Dis nou mż opinie!)
As ek later bietjie tyd het gaan ek gou kyk in die argiewe of ek meer van BB
se gedigte kan vind, want eintlik hou ek nogal van sy manier van skryf... Ek
hou net nie daarvan as hy mens so in die lug los aan die einde nie.
Max____________________________