>1)Daar moet werk geskep word, deur van die plase wat
> in die regering se besit is, te gebruik om op te boer.Hoe
> groter die aanbod van 'n produk,hoe goedkoper word
> dit.
Die werkskepping op regeringsplase klink goed, maar groter aanbod vir
'n produk is mos nie altyd gelykstaande aan laer pryse nie? In 'n
kapitalistiese sisteem werk dit gewoonlik net mooi andersom. Hoe meer
gewild (groter aanbod) 'n produk, hoe duurder is dit. Daarom
byvoorbeeld is hoenderdye en ander yeeughy hoenderstukke met velle en
eekie goeters nog op baie goedkoop hier by ons, maar die meer gewilde
vellose en iekielose hoenderborsies baie duurder. Dit net as
voorbeeld. (Kortliks, hoe meer jy moet vervaardig - hoe duurder word
die vervaardigings proses, en daardie koste moet ingewerk word in die
finale produk om jou winsgrens te verhoog en te laat aanhou groei in
'n opwaartse neiging.)
> Verder sal dit lei daartoe dat mense geld het om te
> spandeer, wat weer aanleiding gaan gee dat ander
> nywerhede gaan blom.
Dit hang af in wie se hande hierdie geld gaan wees. Blanke SA'ners is
tradisioneel 'n uiters suinige spul, wat nie maklik sal spandeer nie
(weereens dalk weens hulle Hollandse roots?).
Die publiek sal eers moet opgelei word om te LEER hoe om te spandeer
en nie net te vermors nie.
>7)Mbeki moet vir 'n wyle in die land vertoef sodat hy kan
> regeer as dit in sy broek sit om so-iets te probeer...en
> ophou bakhand staan en bedel in die buiteland.
> Hy herinner 'n mens sterk aan ou Jannie Smuts wat meer
> in die buiteland was as in sy eie land.Mbeki moet onthou
> dat die swartes hom ook kan uitskop soos wat die
> wittes destyds van Smuts ontslae geraak het.
Jou ou groottoon in 'n visblik, man!! Wat weet jy nou eintlik van
Smuts? Hy is een van SA se GROOT geeste!! Iemand op wie jy behoort
trots te wees! Is jy dan so gebreinspoel deur die ou nasionaliste se
regse propaganda, dat jy nie eens die waarheid kan raaksien nie?
Moet tog asseblief nie vir Mbeki en Smuts in dieselfde kraal stop nie
- dis absurd en beledigend!!!
>8)Minimum lone moet afgestel word en lone moet aan
> produktiwiteit gekoppel word.
Nee, daar MOET altyd 'n vangnet wees. Anders word werkers misbruik
sodat die "baas" meer geld in sy sak kan stop, en dit lei tot 'n
verdere bose kringloop. Selfs hier in Amerika het ons 'n mimimum loon
stelsel!!
(En hier is waar besigheidsmense soos jy en Wouter Plaasvark my altyd
sal nail, maar dis ook okay.) :-)
>10)Wet en orde moet 'n terugkeer maak en die doodstraf
> moet weer ingestel word.
Die doodstraf het NIKS met "wet en orde" se terugkeer te doen nie. Om
dit terug te bring gaan NIKS doen aan julle wetteloosheid en gebrek
aan orde nie. Daarvoor is opleiding op skoolvlak die enigste
antwoord. Kinders moet geleer word om andere te respekteer en 'n
besef dat elke "lewe" is kosbaar moet eers gekweek word. 'n Te groot
deel van julle populasie het GEEN respek vir andere se lewens nie!
Dis die probleem.
1)My ouma wat vandag al amper 90 jaar oud is,
was 'n SAP.Met ander woorde:'n Smuts-ondersteuner.
Vir jou informasie was ek nog nooit 'n Nasionale Party
ondersteuner of lid nie.Ek het destyds genoem gedurende
'n tussenverkiessing dat Onse Vader my hand moet laat af
vrot indien ek hom ooit sou oplig en NP?NNP stem!
"Put it in your pipe and smoke it"!
Wat se ondersteuner is jy?
Is jy wragtig so simpel dat jy aanhou om my aan te sien vir
'n NNP-Vark?
Ek meng nie met tyre-........ nie.Ek vertrou hulle ook nie...
hulle laat my kots!En jy laat my dink,dat jy een van hulle kon gewees het!
So ou girl...word groot.
Aangesien jy jou ouderdom genoem het,wat de donner weet jy van ou Jan Smuts
af.Hy was mos die Engelse koning se ou vroutjie se gigelo,of hoe.Hy het mos
met haar rondgeneuk!Onthou jy...?
"Katryn" <stree...@hotmail.com> wrote in message
news:nctctu84319qvq8c2...@4ax.com...
"Paul Van Straaten" <dexter...@lantic.net> wrote:
>Katryn,
>
>1)My ouma wat vandag al amper 90 jaar oud is,
>was 'n SAP.Met ander woorde:'n Smuts-ondersteuner.
Good for her!
>Vir jou informasie was ek nog nooit 'n Nasionale Party
>ondersteuner of lid nie.Ek het destyds genoem gedurende
>'n tussenverkiessing dat Onse Vader my hand moet laat af
>vrot indien ek hom ooit sou oplig en NP?NNP stem!
Okay. So dis hoe jy dan een van jou vingers verloor het?
>Is jy wragtig so simpel dat jy aanhou om my aan te sien vir
>'n NNP-Vark?
Moet wees, nč?
>Ek meng nie met tyre-........ nie.Ek vertrou hulle ook nie...
>hulle laat my kots!En jy laat my dink,dat jy een van hulle kon gewees het!
Dis interessant. Waarom sę jy dit?
>So ou girl...word groot.
My man sal nie daarvan hou nie. Hy hou nie van groot vrouens nie.
>Aangesien jy jou ouderdom genoem het,wat de donner weet jy van ou Jan Smuts
>af.
Nogal baie. Sommige van ons kan darem lees, hoor.
>Hy was mos die Engelse koning se ou vroutjie se gigelo,of hoe.Hy het mos
>met haar rondgeneuk!Onthou jy...?
Nou nie so goed as wat jy dit blykbaar onthou nie. Ek dink eerder
geskiedenis onthou hom o.a as die Suid Afrikaner wat saam groot geeste
soos Churchill, Woodrow Wilson en Mohandas Gandhi, gestaan het .
Ook as iemand wat uiters waardevolle raad aan Lord Allenby gegee het.
Ook sy uiters meningvolle bydrae tot die deliberasies van die
"Imperial War Cabinet", die tot daar stelling van die "League of
Nations"...alles dalk nie perfekte oplossings nie, maar dit is iemand
wat vir węreld vrede gestaan het!!
Jy kan gerus gaan lees wat hy te sę gehad het oor die evolusie van
persoonlikheid.
"There is something greater (is there not?) than all the
science and poems of the world - above all else, like the
stars shining eternal - above Shakespeare's plays, or
Concord Philosophy, or art of Angelo or Raphael - something
that shines elusive, like beams of Hesperus at evening -
high above all the vaunted wealth and pride - prov'd by
its practical outcropping in life, each case after its own
concomitants - the intuitive blending of divine love and
faith in a human emotional character - blending for all,
the unlearn'd, the common and the poor."
- Elias Hicks"
> Aangesien jy jou ouderdom genoem het,wat de donner weet jy van ou Jan Smuts
> af.Hy was mos die Engelse koning se ou vroutjie se gigelo,of hoe.Hy het mos
> met haar rondgeneuk!Onthou jy...?
Tog snaaks hoe klokslag jou soort,
ou Paul, van seksuele innuendo's
gebruik maak om julle argumente te
probeer wen. Dis of julle psiges
deurmekaar is met seks. En die siel-
kundiges vertel ons dat sulke mense
gewoonlik seksueel inadekwaat voel,
en voel dat hulle hulle moet voorgee
om so macho te wees.
En so is dit dan dat daar in jou
soort se kringe die storie rondloop van
Smuts se "affairs." Dis asof, terwyl jul
nou vir Smuts op die oppervlakte wil
verkleineer, julle onderbewustes Smuts
die groot kompliment wil gee dat hy nou
so macho was dat hy, benewens die groot
rol wat hy in die Tweede Wêreldoorlog
gespeel het, hy nou ook nog die tyd gehad
het om die kat in die donker te knyp. Vir
jou informasie, dit word gewoonlik vertel
dat hy 'n affair gehad het met die koningin
van Griekeland, want die Griekse koningshuis
het in Suid-Afrika veiligheid gesoek gedurende
die oorlog.
Maar volgens alle biograwe was hy en Issie
Smuts tot aan die einde van hulle lewe baie
verlief op mekaar. Sy was, volgens mense wat
weet, 'n baie intelligente vrou, en 'n inspirasie
vir hom.
Gloudina
Ja, Gloudina, ek het ook al dikwels gesien dat mans wat baie macho is ook
baie regs is. Ek dink hulle is nie regtig verantwoordelik daarvoor nie.
Hulle het net 'n hoė testosterone-produksie wat hulle brein benewel - dit
verklaar ook hoekom hulle baie vinnig na seks-verwante argumente gryp as
hulle vroulike teenspraak kry. Moenie hulle daarvoor blameer nie - ons kan
dit bekyk as 'n soort manlike hormone-skommeling. :-)
Hilda.
>
>. Vir
> jou informasie, dit word gewoonlik vertel
> dat hy 'n affair gehad het met die koningin
> van Griekeland,
>
>Gloudina
Jy's deurmekaar met FW, Gloudina
DD
"Hilda" <h...@pandora.be> wrote in message
news:otIB9.5347$Ti2....@afrodite.telenet-ops.be...
>
> <@rogers.com> schreef in bericht news:3DD6B2D1...@rogers.com...
> >
> > Paul Van Straaten wrote:
> >
> >
> > > Aangesien jy jou ouderdom genoem het,wat de donner weet jy van ou Jan
> Smuts
> > > af.Hy was mos die Engelse koning se ou vroutjie se gigelo,of hoe.Hy
het
> mos
> > > met haar rondgeneuk!Onthou jy...?
> >
> > Tog snaaks hoe klokslag jou soort,
> > ou Paul, van seksuele innuendo's
> > gebruik maak om julle argumente te
> > probeer wen.
>
> Ja, Gloudina, ek het ook al dikwels gesien dat mans wat baie macho is ook
> baie regs is. Ek dink hulle is nie regtig verantwoordelik daarvoor nie.
> Hulle het net 'n hoë testosterone-produksie wat hulle brein benewel - dit
> Ja, Gloudina, ek het ook al dikwels gesien dat mans wat baie macho is ook
> baie regs is. Ek dink hulle is nie regtig verantwoordelik daarvoor nie.
> Hulle het net 'n hoë testosterone-produksie wat hulle brein benewel - dit
> verklaar ook hoekom hulle baie vinnig na seks-verwante argumente gryp as
> hulle vroulike teenspraak kry. Moenie hulle daarvoor blameer nie - ons kan
> dit bekyk as 'n soort manlike hormone-skommeling. :-)
Ek dink nie jy moet testosterone die skuld
gee nie. Die man wat werklik 'n man is, het
nie hierdie seks-praat/vuil-praat/grootpraat
neiging nie. Dis die ou dikkes met hulle
boeppense en hulle borsies wat amper net soos
'n jongmeisie s'n lyk wat ook terselfdertyd
so teen ander groepe is wat hy as 'n bedreiging
sien. Hy is bang, dus 'n lafaard. Nou word hy
die schoolyard bully, omdat hy bang is dat hulle
hom sal sien vir wie hy is as hy nie die eerste
klap gee nie. Ek dink dis wat gedurende die
apartheidsjare gebeur het. Die schoolyard bullies
het die mag in die hande gekry en die ander Afrikaners
begin terroriseer. Dis baie moeilik om so 'n school
yard bully te bekamp as hy eers in die saal is. Ek
dink die wêreld sal moet leer om dit met George
Bush ( en Saddam Hussein en 'n paar ander) te doen.
Gloudina
Hilda : Ag, dit was eintlik net 'n 'boutade' - vir die grap.
> Hy is bang, dus 'n lafaard. Nou word hy
> die schoolyard bully, omdat hy bang is
Hilda : Hier het jy seker 'n punt. Mense wat eksteem dink en handel, is
gewoonlik bang. Hulle voel die res van die wêreld as 'n bedreiging.
Maar ek dink dat dit in Bush se geval wel meer met olie te maak het. Ek kan
nie glo dat die man regtig vir Irak bang is nie. Irak het seker meer redes
om vir Amerika bang te wees ! Nie dat ek 'n ondersteuner van Saddam is nie -
maar hy is die Irakese se probleem, nie die Amerikaners s'n nie.
Hilda.
> Haai Hilda - dis nou regtig seksisties van jou.
> Die balk en die splinter, nę?
> Maar jy bevestig wat ek vermoed - mense wat hulle so maklik vergryp aan
> maklike veralgemenings soos "regs", "macho", ens. om hulle argumente te
> onderskryf - dis maar bloot diskriminasie op 'n ietwat ander vlak.
Hierdie opmerkings kom natuurlik van iemand
wat sy merk in hierdie nuusgroep gemaak het
juis deur sy veralgemenings: oor die Xhosa-
Nostra, oor bosuniversiteite, en so aan en
so aan.
Gloudina
Natuurlik is wat ek geskryf het seksisties. Dit is met opset so geskryf
omdat die bydrae waarop ek geantwoord het, ook seksisties was.
Ek dink toe : laat ek vir een keer dieselfde wapens gebruik en sien hoe
reageer daai 'sterk mans', nč ?
Ek het die reaksie gekry wat ek wou hę. Nou sal die mans dalk iets minder
seksisties argumenteer, dan kan ons ook weer normaal word, nč ?
Hilda.
>Natuurlik is wat ek geskryf het seksisties. Dit is met opset so geskryf
>omdat die bydrae waarop ek geantwoord het, ook seksisties was.
>Ek dink toe : laat ek vir een keer dieselfde wapens gebruik en sien hoe
>reageer daai 'sterk mans', nč ?
>Ek het die reaksie gekry wat ek wou hę. Nou sal die mans dalk iets minder
>seksisties argumenteer, dan kan ons ook weer normaal word, nč ?
You go girl!!! You da man!!!
(Mag ek maar agter jou voorskoot wegkruip in die vervolg? <gog>)
<fluister> Maar waddehel (Wouter se slegte invloed woord) is 'n
"boutade" in Afrikaans? Is dit dalk amper iets soos die Engelse
"whim" ?
Dalk iets soos 'n flietende gedagte/idee? Maar daar moet seker 'n
eenvoudige enkelwoord wees vir 'boutade'?
Ek stel net sommer belang - nie as kritiek bedoel nie.
Ja, dit kan 'n 'whim' wees - of gewoon iets wat jy sę om 'hatelijk'
(Afrikaans ?) of 'geestig' te wees - maar jy meen dit maar half en half.
Hilda.
Wouter
Hoeveel plase besit die staat met boerderypotensiaal?
En wat is die waarde van die produkte wat daarop
geproduseer kan word? Behalwe dat die staat inherent
onbekwaam is om te boer dink el jy praat van peanuts.
2)'n Verbeterde Staatsdiens wat weer werk kan skep
moet gepropageer word.
Wouter
Alle regerings propageer 'n verbeterde staatsdiens,
dit help presies niks. Dis nie die regering se funksie om
werk te skep nie, hulle kan ook nie regte werk skep nie,
hulle is in wese onkapabel om dit doen en gee net meer
belastinggeld uit as hulle dit probeer doen. Net kommuniste
glo wat jy hier propageer en hulle is węreldwyd verkeerd bewys.
3)Werklike behuisingsprojekte moet van stapel gestuur
word, en daar moet huise gebou word (nie vuurhoutjie-
dosies nie), wat die boubedryf sal stimuleer.
Wouter
Wie betaal hiervoor? Die staat? Dan verhoog staatsuitgawes
en belasting en inflasie gaan deur die dak, jy praat van baie groot geld.
4)Lee fabrieke kan omskep word in skole, waar
meer bekostigbare onderwys en opleiding kan geskied.
Wouter
Wie koop of huur die fabrieke by die huidige eienaars?
Die staat? Sien punt 3.
5)Alle hospitale soos onder die ou-bedeling moet op ge-
gradeer word tot op Internasionaal aanvaarbare
standaarde.Hierdie dienste moet gelewer word, nie
nie gratis nie,maar teen 'n verhoogde koste...aangesien
die persoon wat dit gebruik weer geld in sy/haar sak sal he.
Wouter
Ek neem aan die staat betaal ook hiervoor?
Jy is egter verkeerd dat die verbruiker geld in die sak
gaan hę. Al die uitgawes gaan belasting ens. verhoog en
werkgeleenthed wegneem en ons gaan almal armer wees.
9)Nie-lonende bedrywe moet genasionaliseer word en
kundiges op daardie gebied aangestel word, om die
bedryf weer lonend te maak, waarna dit geprivatiseer
kan word...wat geld vir die staat sal beteken.
Wouter
'n Regering is altyd baie sleg om besigheid te doen. Hulle
kry ook nooit die regte kundiges nie, hulle prosedures
en die wyse waarop hulle besoldig, stoot daardie mense
af, hulle sal baie eerder self die risiko loop en die geld
verdien met so 'n omdraaipoging.
Die beste kundiges wat die staat sal kan trek, gaan in
relatiewe terme paloekas wees wat ons geld gaan mors.
Al wat gaan gebeur is dat die staat baie geld gaan uitgee,
jy praat hier letterlik van biljoene. Na heelwat verdere
staatsuitgawes (salarisse, konsultasiefooie, bribes, ens)
gaan alles afgeskryf of vir peanuts verkoop word.
Vergelyk wat met Mossgas onder staatsbeheer gebeur
het, daar is nie veel oor om te verkoop nie, wat nie
wanbestee is nie, is gebreek of gesteel.
11)Aborsies moet afgeskaf word,aangesien dit te duur is.
Te duur? Jy kan nie ernstig wees nie! Dink jy dis goedkoper
om die kinders, wat die ma's nie wou hę nie, groot te maak?
Jy gaan bloot meer agterstraat-aborsies kry, dis goedkoop,
maar lewensgevaarlik. Dan land die ma dikwels in elk geval
in die hospitaal vir baie duurder behandeling. Op grootliks
die staat se koste.
12)Staats-spandering moet beperk word...
en siedaar,die gelde om bogenoemde te kan vermag
is beskikbaar!
Wouter
Siedaar inderdaad. Nou praat jy groot strooi, elkeen
van jou onbekookte voorstelle hier bo gaan die staat
se spandering sterk opjaag. Meer as 80% van die staat
se uitgawes gaan aan onderwys, gesondheid (meesal
hospitale) en beskerming (meesal polisie en howe).
En dit is grootliks salarisse.
Om wesenlik te bespaar moet jy dus diep aan een of
meer van daardie drie sny en honderde duisende mense
werkloos maak. Watter mense het jy in gedagte?
Onthou, jy het 'n hele paar honderdduisend miljoen geblaas
met jou aksieplanne daar bo, jy moet dus groot sny net om
staatsuitgawes gelyk te hou.
Siedaar inderdaad. 'n Ekonomiese moeras waarin selfs
hardelynkommuniste ons nie so vinnig in sal kry as jou
planne nie.
"Hilda" <h...@pandora.be> wrote in message
news:zPPB9.5968$Ti2....@afrodite.telenet-ops.be...
"Suidwester" <ock...@mweb.com.na> wrote in message
news:3dd88...@news1.mweb.co.za...
> > glo wat jy hier propageer en hulle is wêreldwyd verkeerd bewys.
> >
> > 3)Werklike behuisingsprojekte moet van stapel gestuur
> > word, en daar moet huise gebou word (nie vuurhoutjie-
> > dosies nie), wat die boubedryf sal stimuleer.
> >
> > Wouter
> > Wie betaal hiervoor? Die staat? Dan verhoog staatsuitgawes
> > en belasting en inflasie gaan deur die dak, jy praat van baie groot
geld.
> >
> > 4)Lee fabrieke kan omskep word in skole, waar
> > meer bekostigbare onderwys en opleiding kan geskied.
> >
> > Wouter
> > Wie koop of huur die fabrieke by die huidige eienaars?
> > Die staat? Sien punt 3.
> >
> > 5)Alle hospitale soos onder die ou-bedeling moet op ge-
> > gradeer word tot op Internasionaal aanvaarbare
> > standaarde.Hierdie dienste moet gelewer word, nie
> > nie gratis nie,maar teen 'n verhoogde koste...aangesien
> > die persoon wat dit gebruik weer geld in sy/haar sak sal he.
> >
> > Wouter
> > Ek neem aan die staat betaal ook hiervoor?
> > Jy is egter verkeerd dat die verbruiker geld in die sak
> > gaan hê. Al die uitgawes gaan belasting ens. verhoog en
> > werkgeleenthed wegneem en ons gaan almal armer wees.
> >
> > 9)Nie-lonende bedrywe moet genasionaliseer word en
> > kundiges op daardie gebied aangestel word, om die
> > bedryf weer lonend te maak, waarna dit geprivatiseer
> > kan word...wat geld vir die staat sal beteken.
> >
> > Wouter
> > 'n Regering is altyd baie sleg om besigheid te doen. Hulle
> > kry ook nooit die regte kundiges nie, hulle prosedures
> > en die wyse waarop hulle besoldig, stoot daardie mense
> > af, hulle sal baie eerder self die risiko loop en die geld
> > verdien met so 'n omdraaipoging.
> >
> > Die beste kundiges wat die staat sal kan trek, gaan in
> > relatiewe terme paloekas wees wat ons geld gaan mors.
> > Al wat gaan gebeur is dat die staat baie geld gaan uitgee,
> > jy praat hier letterlik van biljoene. Na heelwat verdere
> > staatsuitgawes (salarisse, konsultasiefooie, bribes, ens)
> > gaan alles afgeskryf of vir peanuts verkoop word.
> > Vergelyk wat met Mossgas onder staatsbeheer gebeur
> > het, daar is nie veel oor om te verkoop nie, wat nie
> > wanbestee is nie, is gebreek of gesteel.
> >
> > 11)Aborsies moet afgeskaf word,aangesien dit te duur is.
> >
> > Te duur? Jy kan nie ernstig wees nie! Dink jy dis goedkoper
> > om die kinders, wat die ma's nie wou hê nie, groot te maak?
"Suidwester" <ock...@mweb.com.na> wrote in message
news:3dd8a...@news1.mweb.co.za...
"Suidwester" <ock...@mweb.com.na> wrote in message
news:3dd8a...@news1.mweb.co.za...
> Hier moet ek met jou saamstem. Die Van Straaten-ou irriteer my al lank.
> Hy vertel hy het twee besighede,
Ek sal 'n paar Rand daarop sit dat hy nog
> bitter jonk is......
En ek stel voor dat ons met nog 'n gedaante
van du Plessis te doen het.
Gloudina
>Antie - ek het bepaald ook veralgemenings oor jou gemaak. In retrospek was
>ek verkeerd - ek het jou daardeur gekomplimenteer. Jy is veel swakker as wat
>ek vermoed het - so verskoon my veralgemenings in jou geval.
Jonas, nou is jy plein vervelig! Ek het altyd gedink jy het 'n sin
van humor, en hou daarvan om te "terg". Ek was verkeerd.
Om jou eie woorde te gebruik: "Jy is veel swakker as wat ek vermoed
het". In *ALLE* opsigte!
Hoe teleurstellend....
>Ek aan die ander kant dink dat hy 'n hopelose verstokte ou mens is:))
Ek dink weer dit is iemand wat uiters oningelig deur die lewe gaan.
Nie baie tussen die ore nie, maar hy hou daarvan om ander na te
praat, al weet hy nie eintlik waaroor dit gaan nie.
> 'skuus tog, ek baklei nie met klein seuntjies nie.
> Hilda.
> "Jonas" schreef in bericht
>>Antie - ek het bepaald ook veralgemenings oor jou gemaak. In retrospek was
>>ek verkeerd - ek het jou daardeur gekomplimenteer. Jy is veel swakker as
> wat >>ek vermoed het - so verskoon my veralgemenings in jou geval.
Hilda, as dit jou enigsins beter sal laat
voel, ek dink Jonas praat van sy nemesis,
naamlik Tant Hessie van die Derde Republiek
se bosuniversiteit.
Gloudina
"Suidwester" <ock...@mweb.com.na> wrote in message
news:3dd8e...@news1.mweb.co.za...
Dink jy so , Gloudina ? Wel, dan is ek solidêr met jou :-).
Hilda.
:-))) Girl power ! Ons staan sterk as ons saamstaan :-).
Hilda.
>Paul Van Straaten
>1)Daar moet werk geskep word, deur van die plase wat
> in die regering se besit is, te gebruik om op te boer. Hoe
> groter die aanbod van 'n produk,hoe goedkoper word dit.
>
>Wouter
>Hoeveel plase besit die staat met boerderypotensiaal?
>En wat is die waarde van die produkte wat daarop
>geproduseer kan word? Behalwe dat die staat inherent
>onbekwaam is om te boer dink el jy praat van peanuts.
Ek weet nie of jy nou met jouself praat nie, maar ek wil darem net vir
jou sê dat peanut boerdery darem nou iets heel anders is -
f'rcryingoutloud!
Jy en Paul can dalk vir Jimmy Carter kom kuier - hy is 'n peanut boer
wat weet van peanuts!
:-))
>:-))) Girl power ! Ons staan sterk as ons saamstaan :-).
<g> Hilda, ek sal enige tyd saam met jou staan...maar...er...ek weet
nie so mooi van daai kwaai Kanadese tannie nie . Jy moet maar tussen
ons 2 staan, want anders sal sy my in elkgeval net elke keer wegskop.
:-)
"Katryn" <stree...@hotmail.com> wrote in message
news:rq7itusrln57v5eld...@4ax.com...
"Suidwester" <ock...@mweb.com.na> wrote in message
news:3dda2...@news1.mweb.co.za...
>Hier wil ek net aanhaak om een van Van Stronten se onsinnighede te antwoord.
>In ons land is daar nog nie een van die plase wat die regering gekoop het,
>waarop hervestigde mense suksesvol boer nie.
Dis goed so. My antwoord aan Wouter en Paul was rerig sommer baie TIK
(tong in kies), want van boerdery weet ek minder as niks, en dan nog
so bietjie minder as dit. "Peanuts" as woord beteken mos iets is
niks werd nie, maar hier in die Suide veral is "Peanuts" altyd in een
of ander politieke debakel betrokke. Ons praat van "peanut socialism",
veral wanneer mense hier vies raak vir die groot subsidies wat aan die
peanut boere gegee word. (Subsidies wat natuurlik deur die
belastingbetaler betaal word, en konserwatiewe repugs veral, pes
belasting)
Dis veral ook mense wat teen die Nafta ooreenkoms is, wat ROOI sien as
daar net die woord "peanut" genoem word.
Dis maar waarop ek gesinspeel het. :-)
> Die 'moral of the story'? Geen staatsamptenaar kon nog ooit
>kommersieël werk nie. Dit help absoluut niks om grond te gee....maak nie
>saak hoe goed dit ontwikkeld is, in die hande van mense wat niks weet van
>boerdery en bestuur nie. En hierdie ding het nie 'n ras of 'n kleur nie.
Ek het al baie dieselfde gehoor van ander mense in ander dele van
Afrika, waar die regering ook grond gegee het, en waar alles
verwaarloos het. Ek dink amper dit was Hilda wat op 'n stadium vir
ons hier vertel het wat in die Kongo ook gebeur het.
>Gaan jy vir ons vertel Springbok in watter sport, of gaan jy ons laat
>raai?:))
>Annette- wat net provinsiale kleure het.
Waarin Annette? Laat ek raai...gewigstoot? <ducks and runs>
:-)))))
Maar geluk hoor. Hier is darem talentvolle mense op hierdie groep!
G'n wonder julle weet so baie van sport nie!
>Hier wil ek net aanhaak om een van Van Stronten se onsinnighede te antwoord.
> Paultjie van Straaten, dan sal hy ook daarvan 'n boggerop maak. Ek ook. 'n Boer is
>nie elke ou wat 'n tuin kan natlei en dan dink hy gaan boer nie. Veral nie
>in ons woestyne nie!
Paultjie, eintlik het jy vir al hierdie dinge gesoek toe jy ęrens 'n
outobiografie gedoen het en gesę het dat jy ''n sakeman is wat twee
besighede besit!' (of so iets). Jou woorde en die tema kan ek nie mooi
onthou nie maar die uitroepteken wel.
Begin voor vriend. Sommer met 'n nuwe naam. Iets soos Ferdinand of
Namibiër of so iets. En meer beskeie. Dět beteken beslis nie dat almal
op die groep beskeie is nie (as jy dit het, dan hét jy dit!), maar
steeds..try maar:-)))
DD
> Paultjie, eintlik het jy vir al hierdie dinge gesoek toe jy êrens 'n
> outobiografie gedoen het en gesê het dat jy ''n sakeman is wat twee
> besighede besit!'
> Begin voor vriend. Sommer met 'n nuwe naam.
Ai toggie, hoe sit en praat ons tog met
ons sigselwers. Beteken dit dat Paultjie
ook nou op die pad uit is, net soos oorlee
Sebs?
Tant Hessie van Wonderboom Onder.
Tant Hester, jy's skerper met 'n rekenaar as wat jy voorgee.
Hoe jy dit regkry weet ek nie, maar ek werk selfs van twee
rekenaars af en kom steeds nie by jou verby nie.
Vir 'n rukkie sal ek steeds my pose (as Paultjie) hou en dan
by 'n elektroniese snykundige gaan kuier. Wanneer ek dàn
terugkom sal jy my verdomp nie herken nie. Voel uitgedaag.
Hoe op aarde kry jy dit reg?
DD
> Tant Hester, jy's skerper met 'n rekenaar as wat jy voorgee.
> Hoe jy dit regkry weet ek nie, maar ek werk selfs van twee
> rekenaars af en kom steeds nie by jou verby nie.
> Vir 'n rukkie sal ek steeds my pose (as Paultjie) hou en dan
> by 'n elektroniese snykundige gaan kuier. Wanneer ek dąn
> terugkom sal jy my verdomp nie herken nie. Voel uitgedaag.
> Hoe op aarde kry jy dit reg?
My liewe mens, laat ek tog vir jou
vertel waar davieb (Khoi vir "wortel")
die wortel gegrawe het. Ek weet absoluut
hoe jou brein werk, want ek volg jou nou
al deur soveel gedaantes. Dis die manier
waarop jy dinge verkeerd spel ( soos
Van Straaten. Dis gewoonlik Van Straten.)
Dis die metodes wat jy volg om te maak
asof jy verkeerd spel. Dis die temas in
in jou geskrywery. ( Ek sal nou nie vir
jou daardie temas uitwys nie, want dan
maak ek dit vir jou makliker om hulle te
vermy.) Ek dink nie dit het enigiets met
rekenaarkunde te doen nie. Ek mors nie
my tyd om te gaan kyk vanwaar iemand pos
nie. Ek volg net forensies die spore van
jou breinselle.
Die enigste ding wat my werklik gegooi
het, was toe jy vir Sebs sulke liederlike
taal laat praat het. Dit het ek nie van
Dave du Plessis verwag nie. (En geen
hoeveelheid apologie daarvoor kan dit ont-
daan maak nie. Jou ma het jou nie so groot-
gemaak nie. Moenie dit weer doen nie.)
Tant Hessie die forensiese speurder.
> Dis veral ook mense wat teen die Nafta ooreenkoms is, wat ROOI sien as
> daar net die woord "peanut" genoem word.
Kan jy bietjie verduidelik hoekom mense
wat teen die North American Free Trade
Association is, kwaad word as hulle die
woord "peanut" hoor? Is dit omdat grond-
boontjies goedkoop uit Meksiko ingevoer
word, want hulle word verseker nie hier
in Kanada gekweek nie.
Ek het grootgeword op 'n plek waar
die mense so nou en dan vir hulle eie
gebruik grondboontjies gekweek het. Dis
'n oulike proses. Die plant se blommetjies
sak na 'n sekere tyd af en kom in aanraking
met die grond, en dan ontwikkel die grond-
boontjies onder die grond. Dan spit die
boere die plant uit, draai dit om en laat die
natterige grondboontjiepeule in die son lę,
sodat dit kan droogword. Dan word dit sommer
met die hand van die wortels afgebreek, of as
jy 'n taamlike landvol het, word dit uitgewan op
'n dorsvloer.
Nou wonder ek, op plekke soos die Suide van
die VSA waar hulle op groot skaal grondboontjies
verbou, laat hulle nog altyd die plant onderstebo
op die land lę sodat die peule kan droogword, of
word 'n ander proses gevolg?
Gloudina
> Kan jy bietjie verduidelik hoekom mense
> wat teen die North American Free Trade
> Association is, kwaad word as hulle die
> woord "peanut" hoor? Is dit omdat grond-
> boontjies goedkoop uit Meksiko ingevoer
> word, want hulle word verseker nie hier
> in Kanada gekweek nie.
Ja, soos ek kan agterkom het die ouens dit veral teen die goedkoper
rou produk invoere vanuit Mexiko. Maar die Kanadese invoere is ook 'n
probleem, want onthou dat alhoewel julle dalk nie grondboontjies kweek
nie, vervaardig julle wel grondboontjiebotter.
Blykbaar het die invoer van Kanadese grondboontjiebotter met 45%
gestyg die afgelope paar jaar. Dis 'n groot ongelukkigheid, want julle
produk is baie goedkoper, en dus 'n wesentlike bedreiging vir die
plaaslik vervaardigde produk wat duurder is.
> Nou wonder ek, op plekke soos die Suide van
> die VSA waar hulle op groot skaal grondboontjies
> verbou, laat hulle nog altyd die plant onderstebo
> op die land lę sodat die peule kan droogword, of
> word 'n ander proses gevolg?
Ek het ongelukkig geen idee nie. Maar jy het nou my belangstelling
geprikkel, en ek sal bietjie gaan kyk en met die mense gesels, en laat
weet.
> Dět beteken beslis nie dat almal
>op die groep beskeie is nie (as jy dit het, dan hét jy dit!), maar
>steeds..try maar:-)))
ROTFL!!!
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:ardbi6$hl5ob$1...@ID-92016.news.dfncis.de...
<<. Ek volg net forensies die spore van jou breinselle.>>
A!! So baie soos Opperman!
<< Die enigste ding wat my werklik gegooi
> het, was toe jy vir Sebs sulke liederlike
> taal laat praat het. Dit het ek nie van
> Dave du Plessis verwag nie. (En geen
> hoeveelheid apologie daarvoor kan dit ont-
> daan maak nie. Jou ma het jou nie so groot-
> gemaak nie. Moenie dit weer doen nie.) >>
So ou Davie is Dave du Plessis. Woon hy in Kanada?
> So ou Davie is Dave du Plessis. Woon hy in Kanada?
Nee, ons laat nie mense wat nie hulle
beginsels wil bekend maak, in Kanada
in nie. Ook nie tweegatjakkalse nie.
Ek het 'n spesmaas hy woon in jou deel
van die wêreld.
Tant Hessie Poirot
>
> My liewe mens, laat ek tog vir jou
> vertel waar davieb (Khoi vir "wortel")
> die wortel gegrawe het. ...
>
>Tant Hessie die forensiese speurder.
>
Staan davied dan vir diensbare wortel?
Davie Davis
<@rogers.com> >
Ja, ek het ookal gewonder. Maar dis seker
maar soos dinge werk in taalontwikkeling.
Miskien het die Khoi- of San=sprekers 'n
uitdrukking gehad wat van die simboliese
"wortel uitwys" gebruik gemaak het, wat toe
deur die Nederlands-sprekers oorgeneem is.
Wat myns insiens egter baie belangrik is,
is dat omtrent enige Afrikaans-spreker die
uitdrukking ken. Dit moes dus in die taal
ingekom het voor die middel van die
negentiende eeu, toe die Voortrekkers die
taalbakermat begin te verlaat het.
Gloudina
>
> (En geen
> hoeveelheid apologie daarvoor kan dit ont-
> daan maak nie. )
>
>Tant Hessie die forensiese speurder.
>
Tant Hes, daar's nie 'n kans sat enig iemand
my sal oortuig dat jy onvergewensgesind is nie.
Daar was selfs 'n tyd wat jy my gedreig het om
my predikant in Minnesota te laat weet maar jy
was nie werklik so gemeen nie. Miskien maak
ek misbruik van die feit dat ek oor die jare
geleer het dat jy soos...soos...soos... soos
byvoorbeeld 'n skaapbolletjie is wat voorgee
om ouer te wees as wat hy is. Harde kors maar
sag binne.
Dawie
>Tant Hes, daar's nie 'n kans sat enig iemand
>my sal oortuig dat jy onvergewensgesind is nie.
>Daar was selfs 'n tyd wat jy my gedreig het om
>my predikant in Minnesota te laat weet maar jy
>was nie werklik so gemeen nie. Miskien maak
>ek misbruik van die feit dat ek oor die jare
>geleer het dat jy soos...soos...soos... soos
>byvoorbeeld 'n skaapbolletjie is wat voorgee
>om ouer te wees as wat hy is. Harde kors maar
>sag binne.
LOL! O deksels, jy is goed!! Onthou jy nog daardie fliek "The Best
Little Whorehouse in Texas"? Jy's nes daai Texan goewerneur wat 'n
meester van "The Side Step" was!
Way to go, DD! Jy is nog loshande voor in hierdie "kompetisie", hoor!
:-)))
>
>Way to go, DD! Jy is nog loshande voor in hierdie "kompetisie", hoor!
>:-)))
Katryn, met jou handeklap en
aansporing van uit die pawiljoen
is daar nie 'n kans dat die tannie
my stof sal ruik nie...:-)))))))
Jy's my vitaminedrankie!
DD
>Katryn, met jou handeklap en
>aansporing van uit die pawiljoen
(dis eintlik vanuit die peanut gallery) :-))
>is daar nie 'n kans dat die tannie
>my stof sal ruik nie...:-)))))))
Hehehehe...
(die gebruik van "nie" gooi my altyd bietjie. Skryf stadiger, sodat
ek mooi kan volg wat jy presies bedoel. )
>Jy's my vitaminedrankie!
Sjoe, laas was ek maar nog net 'n nederige ou "spelfout". (Onthou jy
toe jy gesę het D is net 'n spelfout?)
Ek klim stadig maar seker op (of is dit af?)
:-)))
>
>Sjoe, laas was ek maar nog net 'n nederige ou "spelfout". (Onthou jy
>toe jy gesę het D is net 'n spelfout?)
>
>Ek klim stadig maar seker op (of is dit af?)
>:-)))
>
>
As ek reg onthou was my D die spelfout
toe jy my uitgetrap het oor 'n die gebruik
van 'n enkele D wat inderwaarheid jou
logo is:-)
En die erkenning dat selfs mense soos
ek somtyds spelvoute maak, was my
eerste trappie op die leer na bo:-)))
DD
>As ek reg onthou was my D die spelfout
>toe jy my uitgetrap het oor 'n die gebruik
>van 'n enkele D wat inderwaarheid jou
>logo is:-)
Ja, die dęm veeks wat ek is!! Maar dankie dat jy darem geluister het!
:-)
> En die erkenning dat selfs mense soos
> ek somtyds spelvoute maak, was my
> eerste trappie op die leer na bo:-)))
Du Plessis, as jy my nou probeer uitlok
met jou herhaaldelike verkeerde spelling
van "fout," dan slaan jy die bal mis.
Tant Hessie van die Agterste van Helsdingens.
As du Plessis 'n spelfout maak, dan breek
ek dit.