TIA
Groete
Elaine
"pete" <som...@abc.com> wrote in message
news:b8em03$f4n$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
"Elaine"
As dit 'n besigheid was wat bankrot verklaar is, word al die bates
van die besigheid verkoop, en dan word dit tussen die skuldeisers
verdeel. Elkeen kry 'n deeltjie op "meriete", sommige ouens kan
20c op 'n rand kry terwyl ander net 10c op 'n rand kry.
Wouter
Ek het nie eerstehandse kennis hiervan nie, maar is jy seker van
daardie meriete? Soos ek dit verstaan is daar enkele voorkeureise,
soos die likwidateur se fooi, wat ten volle betaal word. Dan kry dié
wat sekuriteit hou natuurlik die waarde daarvan, dit kan 100c of
20c of wat ook al in die Rand wees en daarna deel almal
*gelyk* in wat oorbly. Waar kom die meriete in?
Elaine
Dit alles mits die besigheid nie 'n eenmansaak was nie. 'n
Eenmansaak word gesien as deel van die persoon (individu),
en dan sal die persoon verantwoordelik bly vir die skuld
totdat dit klaar betaal is.
Wouter
Jy sekwestreer 'n eenmansaak deur die persoon te sekwestreer.
Dan is sy skuld ook afgehandel, want soos jy korrek sę kan jy
'n eenmansaak nie losmaak van sy bates nie.
Die verskil tussen 'n gewone (verpligte) sekwestrasie en 'n
vrywillige sekwestrasie is dat 'n skuldeiser vir eersgenoemde
aansoek doen en die skuldenaar self vir die vrywillige een.
Dis juis die doel van vrywillige sekwestrasie, dat die
skuldenaar van die skuld wat hy in elk geval nooit sal kan
betaal nie ontslae raak deur al sy bates te verkoop en pro-rata
uit te betaal. Maar die hof sal dit nie outomaties toelaat nie. As
'n skuldeiser egter aansoek doen, dan kan dit nie gekeer word nie.
>. As
>'n skuldeiser egter aansoek doen, dan kan dit nie gekeer word nie.
>
>
Is julle besig om hier te sę dat 'n skuldenaar
homself so maklik van sy verpligtinge kan losmaak?
Wat van as hy in 'n spoorweghuis (of mynhuis of munisipaliteithuis
of plakkershut natuurlik) woon en niks besit nie? Dan lei die
skuldeisers skade en hy niks; behalwe natuurlik vir die ongemak
van (ek dink daar is so iets) vir 'n spesifieke tyd geen skuld mag
maak nie.
Ek het Vrydag 'n saak begin teen 'n huurder wat eiendom by my (huur?)
en nie betaal nie. Hulle is ook die eienaars van 'n woonstel maar sę
openlik dat hulle verkies om in myne te woon omdat dit op 'n beter
plek as die van hulle geleë is.
Die saak het sommer afgeskop met 'n R1000 betaling na ek self al 'n
deel van die werk gedoen het.
DD
DD
Is julle besig om hier te sę dat 'n skuldenaar
homself so maklik van sy verpligtinge kan losmaak?
Wat van as hy in 'n spoorweghuis (of mynhuis of munisipaliteithuis
of plakkershut natuurlik) woon en niks besit nie? Dan lei die
skuldeisers skade en hy niks; behalwe natuurlik vir die ongemak
van (ek dink daar is so iets) vir 'n spesifieke tyd geen skuld mag
maak nie.
Wouter
Nee. Want dan sal die skuldeisers mos nie aansoek doen dat sy boedel
gesekwestreer word nie. Maar as een van die eisers dit wel doen en hy
kan bewys dat daar aan hom/haar geld geskuld word nadat hy/sy deur
die nodige waarskuwings en prosedures gegaan het, kan die ander
skuldeisers dit nie keer nie.
In so 'n geval kry jy bloot 'n hofbevel teen hom vir die skuld. Dit verjaar
nooit.
As die skuldenaar self aansoek doen vir sekwestrasie, behoort dit net
toegestaan te word as hy die hof kan oortuig dat daar nie 'n kans is
dat hy homself uit die skuld kan werk nie.
Waarom skryf jy nou so by die uitsondering, Wouter?
Jy's besig om skaars te word.
DD
E
> Wouter
> Ek het nie eerstehandse kennis hiervan nie, maar is jy seker van
> daardie meriete? Soos ek dit verstaan is daar enkele voorkeureise,
> soos die likwidateur se fooi, wat ten volle betaal word. Dan kry dié
> wat sekuriteit hou natuurlik die waarde daarvan, dit kan 100c of
> 20c of wat ook al in die Rand wees en daarna deel almal
> *gelyk* in wat oorbly. Waar kom die meriete in?
Elaine:
Afhangende van die skuld wat gemaak is en hoeveel geskuld word. MAW, as jy
skuld gemaak het om 'n 2003 Z3 BMW te koop gaan die skuldeiser meer op 'n
rand kry as die ou by wie jy jou 1989 Honda motorfiets gekoop het. Meriete
was seker die verkeerde woord om te gebruik, maar ek weet dit word so gedoen
om te probeer om elkeen se geld so ver moontlik te probeer opmaak, sonder
dat die skuldeiser te veel verloor. So maw, die skuldeiser wat R100 000 eis
kry 20c op 'n rand. Die skuldeiser wat net R10 000 eis, kry 10c op 'n rand.
So probeer hulle dit redelik "gelyk" hou. Maar ek kan verkeerd wees, dis
immers 'n redelike ou wet waarvan ek hier praat, so ver ek weet het dit nie
veel verander nie. Ek kan seker maar my ou handelsreg boeke gaan uitgrawe
en net seker maak van die saak.
As daar genoeg geld uit die verkoop van die bates kom om alle skuld te delg
dan is dit 'n ander saak. Heel laaste op die lysie om geld te kry sal dan
nou die aandeelhouers/eienaar van die besigheid wees.
> Wouter
> Jy sekwestreer 'n eenmansaak deur die persoon te sekwestreer.
> Dan is sy skuld ook afgehandel, want soos jy korrek sę kan jy
> 'n eenmansaak nie losmaak van sy bates nie.
>
> Die verskil tussen 'n gewone (verpligte) sekwestrasie en 'n
> vrywillige sekwestrasie is dat 'n skuldeiser vir eersgenoemde
> aansoek doen en die skuldenaar self vir die vrywillige een.
> Dis juis die doel van vrywillige sekwestrasie, dat die
> skuldenaar van die skuld wat hy in elk geval nooit sal kan
> betaal nie ontslae raak deur al sy bates te verkoop en pro-rata
> uit te betaal. Maar die hof sal dit nie outomaties toelaat nie. As
> 'n skuldeiser egter aansoek doen, dan kan dit nie gekeer word nie.
Elaine:
Mos gesę jy moet kan bewys dat jy nie jou skuld kan betaal nie voordat die
hof jou sal bankrot verklaar (in die geval van vrywillige administrasie).
MAAR 'n individu sal altyd verantwoordelik bly vir sy skuld tot die dag wat
dit klaar betaal is, of totdat hy doodgaan, waarna sy boedel gesekwestreer
sal word, en dan sal die geld wat uit die boedel gemaak word, gebruik word
om die skuld te delg. 'n Besigheid, wat los van die individu staan (soos 'n
BK of Pty.) se bates word verkoop, die geld verdeel onder die skuldeisers,
en as al die skuld nie gedelg kan word nie, word dit afgeskryf, natuurlik
vir ooglopende redes.
Dit waarvan jy praat het ek nog nooit gehoor nie. Verstaan ek jou reg as ek
sę dat jou bates (as individu) verkoop kan word, elke skuldeiser sy deeltjie
vat en die res van die skuld afgeskryf word? Dis seker moontlik om dit te
doen, maar ek weet nie van mense wat dit nog ooit reggekry het nie (behalwe
bk's en privaat maatskappye). Meestal is skuldeisers gelukkig met 'n
verminderde bedrag per maand, so kan hulle darem al hulle geld weer
terugkry, al neem dit langer, as net die helfte van hulle geld.
> Die wette op huurders is
>egter anders, en jy mag jou huurder uitskop as hy nie betaal nie.
>
>E
Huur raak dit egter ietwat moeilik asg nuwe wette.
Natuurlik is jy heeltemal reg as jy sê dat ek hom mag
uitskop, en natuurlik kan die hof nie voorskryf hoeveel
die huurgeld moet wees nie, maar die probleem kom by
die tyd wat dit neem om hom uit te skop.
Miskien is dit 'n verassing as ek sê dat die huurkontrak
oor twee maande verstryk en dat ek betaal om hom uit te kry
én verwag dat dit twee maande gaan duur om hom uit te kry
maar, ek doen dit om te voorkom dat hy gaan aanhou plak
oor twee maande.
Ook was ek verkeerd toe ek gesê het dat die huurkontrak oor twee
maande verstryk, want dit bestaan nie meer. Dit bestaan volgens wet
nie meer omdat hy dit nie geëer het nie.
Probleem in de geval is dat ek eiendom verhuur wat honderde kilos
van my tuisdorp af is.
Wouter
Ek werk 'n bietjie meer as gewoonlik, het pas weer in Windhoek geland
waar hulle nie môre 'n vakansiedag het nie. Suidwester se landgenote
se skelmstreke hou my besig, hulle verkies Suid Afrikaners om dit te
help uitsorteer ;-)
Maar ek lees nog die meeste van wat julle skryf, na ek die klomp
Engelse skarmunkels geblok het gaan dit weer aan....
Elaine:
Afhangende van die skuld wat gemaak is en hoeveel geskuld word. MAW, as jy
skuld gemaak het om 'n 2003 Z3 BMW te koop gaan die skuldeiser meer op 'n
rand kry as die ou by wie jy jou 1989 Honda motorfiets gekoop het. Meriete
was seker die verkeerde woord om te gebruik, maar ek weet dit word so gedoen
om te probeer om elkeen se geld so ver moontlik te probeer opmaak, sonder
dat die skuldeiser te veel verloor. So maw, die skuldeiser wat R100 000 eis
kry 20c op 'n rand. Die skuldeiser wat net R10 000 eis, kry 10c op 'n rand.
So probeer hulle dit redelik "gelyk" hou. Maar ek kan verkeerd wees...
Wouter
Ek reken jy is verkeerd, dit werk nie so nie. Ek dink wat jy beskryf is
'n ooreenkoms of reëlingskema, wat dikwels gedoen word om sekwestrasie
te vermy. Die skuldenaar gaan 'n ooreenkoms met elke skuldeiser aan,
maar dit kan net werk as almal saamspeel. Jy vermy so die likwidateur
se koste en die lang gepaardgaande vertraging. As net een skuldeiser
nie saamspeel nie, kan hy sekwestrasie afdwing en dan deel almal
gelyk. Dis in elk geval hoe ek dit al gesien gebeur het.
Elaine:
Mos gesę jy moet kan bewys dat jy nie jou skuld kan betaal nie voordat die
hof jou sal bankrot verklaar (in die geval van vrywillige administrasie).
MAAR 'n individu sal altyd verantwoordelik bly vir sy skuld tot die dag wat
dit klaar betaal is, of totdat hy doodgaan, waarna sy boedel gesekwestreer
sal word, en dan sal die geld wat uit die boedel gemaak word, gebruik word
om die skuld te delg.
Wouter
Ek is redelik seker jy is verkeerd. Ek ken mense wat al so van hulle skuld
ontslae geraak het. Maar dis nie administrasie nie, dis likwidasie en
vrywillige sekwestrasie. Administrasie is soms 'n voorafstap by likwidasie.
Elaine
Dit waarvan jy praat het ek nog nooit gehoor nie. Verstaan ek jou reg as ek
sę dat jou bates (as individu) verkoop kan word, elke skuldeiser sy deeltjie
vat en die res van die skuld afgeskryf word? Dis seker moontlik om dit te
doen, maar ek weet nie van mense wat dit nog ooit reggekry het nie
Wouter
Ja, dis waarvan ek praat. Dit gebeur by die honderde, elke jaar.
En dit nog altyd so gewerk, dis geen nuwe bedeling nie.
Wouter
Aikona, as jou bankrot boedel gesekwestreer is, is jou skuldverpligtings
verby. Jy dink waarskynlik aan 'n hofbevel vir skuld, nie sekwestrasie nie.
> Elaine
Verstaan ek jou reg as ek
> sę dat jou bates (as individu) verkoop kan word, elke skuldeiser sy deeltjie
> vat en die res van die skuld afgeskryf word? Dis seker moontlik om dit te
> doen, maar ek weet nie van mense wat dit nog ooit reggekry het nie
>
> Wouter
> Ja, dis waarvan ek praat. Dit gebeur by die honderde, elke jaar.
> En dit nog altyd so gewerk, dis geen nuwe bedeling nie.
Ek onthou nog die jare toe ek op hoërskool
Boekhou ( en Rekenkunde) gedoen het, en
in omtrent elke balansstaat wat ons moet
doen, was daar 'n item vir Slegte Skulde.
Ek het altyd gewonder hoekom die węreld
so vervuil is met mense wat nie hulle skulde
betaal nie. Toe ek ouer geword het, het ek
gesien watter sluwe jakkalse sommige mense
is, en hoe maklik daar "bankrot gespeel" word
selfs al rol die mense in die geld.
Gloudina
E
Dis nie so 'n bright idee, sou ek sę, om krediet te
verleen aan iemand wat niks besit nie.
Swart Simon
> Elaine:
> Ek kan seker maar my ou handelsreg boeke gaan
uitgrawe
> en net seker maak van die saak.
'n Uitstekende idee, Elaine. Ek het so 'n suspisie
daai boeke gaan kraak as jy hulle oopmaak.
Swart Simon
Dis waar wat jy sę.
Maar daar is 'n ander kant aan die munt ook. Sotte wat
krediet verleen aan mense wat nie krediet-waardig is
nie en dan die samelewing blameer as hulle nie betaal
word nie.
Swart Simon
E
Ek kan verkeerd wees...
> Wouter
> Ek is redelik seker jy is verkeerd. Ek ken mense wat al so van hulle skuld
> ontslae geraak het. Maar dis nie administrasie nie, dis likwidasie en
> vrywillige sekwestrasie. Administrasie is soms 'n voorafstap by
likwidasie.
Ek ken weer nie mense wat so van hulle skuld ontslae geraak het nie. So ver
ek weet kan 'n individu nie gelikwideer word nie. 'n Besigheid kan, maar
nie die individu nie, 'n individu word onder administrasie geplaas. Maar ek
kan my feite deurmekaar hę, soos die Engelse sę "I stand corrected."
E
<@rogers.com> wrote:
>
> Ek onthou nog die jare toe ek op hoėrskool
> Boekhou ( en Rekenkunde) gedoen het, en
> in omtrent elke balansstaat wat ons moet
> doen, was daar 'n item vir Slegte Skulde.
> Ek het altyd gewonder hoekom die wźreld
<@rogers.com> wrote:
>
> Ek onthou nog die jare toe ek op hoërskool
> Boekhou ( en Rekenkunde) gedoen het, en
> in omtrent elke balansstaat wat ons moet
> doen, was daar 'n item vir Slegte Skulde.
> Ek het altyd gewonder hoekom die węreld
> so vervuil is met mense wat nie hulle skulde
> betaal nie.
> Gloudina
>
>
>
E
> Maar daar is 'n ander kant aan die munt ook. Sotte wat
> krediet verleen aan mense wat nie krediet-waardig is
> nie en dan die samelewing blameer as hulle nie betaal
> word nie.
Hier by ons gee hulle soms krediet in
veral meubelwinkels wat my eenvoudig
dronkslaan. Hulle vertel vir jou dat
jy vir twee jaar nie hoef te betaal nie.
Nou, die soort mense wat aan dié ding
byt, is gewoonlik die mense wat nie geld
het nie en wat heelwaarskynlik nie aan
die einde van die twee jaar geld sal hę
nie. Tog bied die winkels aanhoudend
die soort ding aan. Ek kan nie verstaan
hoe hulle geld maak nie.
Gloudina
>
>
>Dis nie so 'n bright idee, sou ek sê, om krediet te
>verleen aan iemand wat niks besit nie.
>
>Swart Simon
>
>>>Maar daar is 'n ander kant aan die munt ook. Sotte wat
>>>krediet verleen aan mense wat nie krediet-waardig is
>>>nie en dan die samelewing blameer as hulle nie betaal
>>>word nie.
>>>Swart Simon
Sotlik gesê, Simon. Sotlik, soos ek sê. Ek blameer (in die spesifieke
geval) nie die samelewing nie (en moet nou nie sê dat ek dan nie die
skoen moet aantrek nie, want ek trek nie my woorde terug nie) maar
slegs myself.
Kom ons kyk na die spesifieke geval en ek verwag reaksie van jou af
hierop.
Die oggend waarop ek terug huistoe vertrek na 'n maand verlof klop die
bewoner van 'n woonstel wat ek ek pas gekoop het en dae vroeër op my
naam gerigestreer is, aan my woonstel se deur om sewe uur die oggend.
Haar versoek:
Verhuur asseblief die woonstel vir 10% minder as jou versoekte premie.
Hoekom sal ek dit doen?
Omdat ek:
1. Reeds twee jaar daar woon en die plek in perfekte kondisie hou.
2. As jy dit direk aan my verhuur hoef jy nie die agentskapskommissie
te betaal nie, ek ek kan bekostig om steeds daar te woon en jou
plek op te pas terwyl jy honderde kilos hiervandaan woon.
Toegegee:
Die vorige eienaar het gewaarsku dat hulle swak betaal.
Die eiendomsagent wat aan my verkoop het het my gewaarsku dat
hulle swak betaal.
Hulle kon nie eens 'n sleuteldeposito bekostig nie.
Opgesom:
Dave Du Plessis kan dit nie regkry om hard te wees wanneer iemand
wat dit nie breed het om hulp vra nie.
As sakeman is hy steeds naief genoeg om mense te vertrou en betaal
somtyds daarvoor.
Hy slaap lekker want sy gewete sê dat hy mense probeer help het en
hulle dit nie waardeer het nie.
Hy dink jy het 'n sotlike stelling gemaak veral omdat hy geensins die
gemeenskap daarvoor verantwoordelik gehou het nie. (Moet nie
veralgemaan nie!)
>Dis nie so 'n bright idee, sou ek sê, om krediet te
>verleen aan iemand wat niks besit nie.
Met ander woorde, help slegs mense wat hulle self kan help?
As iemand werklik hulp nodig het, en niks besit nie, moet hy
nie gehelp word nie?
(Hemel mens, twintig jaar gelede het 'n onderneming
vir my 'n vliegtuig gekoop met die minimum sekuriteit!)
Kom ek skok jou, Simon:
Een week gelede is ek geskakel deur die opsigter van 'n gebou
waar ek ook 'n woonstel besit. My huurder het kwaad geword vir
sy (hou)vrou en eers haar selfoon stukkend gegooi teen die muur
en toe my ingeboude kas se rakke verpletter. Ek het hulle 24 uur
gegee om die woonstel te verlaat, en toe sy werkgewer, (wat éintlik
die huurder is) geskakel. Dié, 'n voertuig in en uitvoer groep, het
belowe dat hy dieselfde aand sal uit wees.
Toe skakel 'n twintig jarige meisie my en sê dat dit haar selfoon en
my kas is wat stukkend geskop is. Sy (en haar ma wat by haar woon)
het geen plek om heen te verhuis nie. Sal ek hom asseblief vergewe
en kan hulle aanbly?
Na die werkgewer alle verantwoordelikheid vir huidige en alle
moontlike toekomstige skade aanvaar het, het ek hulle toestemming
gegee om aan e bly en hulle werkgewer daarvan in kennis gestel.
Sotlik? As ek nou in skrif sit wat ek alles aanvang besef ek dat jy
dalk reg is. Steeds het ek vrede met myself.
DD
Ragel: Hoe het hulle hier beland? Ek neem direk op die web deel aan
die NG en staan verstom oor die dinge wat hulle skryf. Een siek, siek
ou.!
>
>Ragel: Hoe het hulle hier beland? Ek neem direk op die web deel aan
>die NG en staan verstom oor die dinge wat hulle skryf. Een siek, siek
>ou.!
Ek wonder wie lees hulle nog, Kinky.
Ek glo dat die meeste (hopelik almal:-)
het hulle geblok.
Om Streepmuis te herhaal, dit is die
eerste keer wat ek iemand filter.
Hulle verskyn net nie op my skerm nie.
DD
>Om Streepmuis te herhaal, dit is die
>eerste keer wat ek iemand filter.
>Hulle verskyn net nie op my skerm nie.
Hey!! Jy moenie Streepmuis se private liefdesbriefies aan jou sommer
so hier in die openbaar kwoteer nie!! Sy het darem 'n reputasie om te
onderhou!!
:-))))
ô ô, ek dog dit was in die openbaar gesê:-)
Skuus, ek't vergeet waar dit was:-)))
DD
>
>
>ô ô, ek dog dit was in die openbaar gesê:-)
>Skuus, ek't vergeet waar dit was:-)))
>
>DD
>
Vir so paar uur weg. Ons het 'n onstpanningsaal
gehuur en gaan jol!!!
Joller
Ragel: DD, ek is nou Ragel. :-)) Nie de Beer nie maar net Ragel.
:-))
Die probleem is, ek lees die ng direk op Google se groupwerf. Ek sien
dan gelukkig die onderwerp en wie gepos het en het n keuse om dit te
lees of nie. Maar dit laai nie op my rekenaar af nie as jy weet wat
ek bedoel? :-) Ek het wel n paar gelees omdat ek nie kon glo dat
daar sulke mense is nie maar nou dat ek weet, ignoreer ek dit en lees
net die dele wat vir my interessant lyk. Soos Katryn se pos o.a.
>
>Ragel: DD, ek is nou Ragel. :-)) Nie de Beer nie maar net Ragel.
>:-))
>
>Die probleem is, ek lees die ng direk op Google se groupwerf. Ek sien
>dan gelukkig die onderwerp en wie gepos het en het n keuse om dit te
>lees of nie. Maar dit laai nie op my rekenaar af nie as jy weet wat
>ek bedoel? :-) Ek het wel n paar gelees omdat ek nie kon glo dat
>daar sulke mense is nie maar nou dat ek weet, ignoreer ek dit en lees
>net die dele wat vir my interessant lyk. Soos Katryn se pos o.a.
Goot... en ek is nou Didi...:-))) Nie Didi Vennemerwe nie, maar
Didi Nokia (soos in 3310) vra vir Annette. Sy's my getuie.
Ek's so bly dat jy tog 'n manier het om daardie skręp te filter. Het
nie geweet wat jy bedoel by lees dit direk op die NET (of so iets)
nie, maar nou's ek slim.
Ek het slegs een probleem steeds. Jou woorde: "Soos Katryn se pos
o.a." Dit kon gewees het, "soos Katryn en Didi se pos o.a."
Didi Nokia
(shucks, ek like dit!!!)
>Ek het slegs een probleem steeds. Jou woorde: "Soos Katryn se pos
>o.a." Dit kon gewees het, "soos Katryn en Didi se pos o.a."
Ag, djys somma alwie djęllllus, nč??
:-)))
>Ragel: DD, ek is nou Ragel. :-)) Nie de Beer nie maar net Ragel.
Dis nou Kinky, hoor - KINKY!! :-))
>Die probleem is, ek lees die ng direk op Google se groupwerf.
ô ô - soos DD sou sê - daar's 'n groot typo in jou sin - jy het per
ongeluk 'n "i" ingevoeg? :-))
> Ek's so bly dat jy tog 'n manier het om daardie skręp te filter. Het
> nie geweet wat jy bedoel by lees dit direk op die NET (of so iets)
> nie, maar nou's ek slim.
Ragel: Ek is nog blyer dat ek jou iets kon leer. :-)
>
> Ek het slegs een probleem steeds. Jou woorde: "Soos Katryn se pos
> o.a." Dit kon gewees het, "soos Katryn en Didi se pos o.a."
Ragel: Vir Katryn ken ek....
>
> Didi Nokia
> (shucks, ek like dit!!!)
Ragel: Om te dink ek het jou aan die dink gesit . . .
;-)