As iemand dalk vir jou ertjies present gee, moet dit nie weggee of vir
die kat voer nie, daar's iets beter om daarmee te doen: Kook hulle
gewoonweg tot sag, "mash" hulle dan met 'n lekker klont botter (OK,
OK!), redelik baie sout en 'n goeie lot varsgemaalde swart peper.
Probeer dit, dis lekker.
Groete, Drom
> As iemand dalk vir jou ertjies present gee, moet dit nie weggee of vir
> die kat voer nie, daar's iets beter om daarmee te doen: Kook hulle
> gewoonweg tot sag, "mash" hulle dan met 'n lekker klont botter (OK,
> OK!), redelik baie sout en 'n goeie lot varsgemaalde swart peper.
> Probeer dit, dis lekker.
Nee, ek hou van ertjies. Groen ertjies moet
volgens my ge-eet word soos die Engelse dit
eet, met mint sauce, wat natuurlik grotendeels
asyn is. Dus, as mens nie mint sauce het nie,
gooi bietjie asyn daaroor.
Ek neem aan jy praat egter van droė ertjies,
iets wat ons nie hier so gereeld as groente opgedis
sien nie. Dis mos die droė ertjies wat hulle so
soetmaak as kos in SA.
Van peper gepraat. Ek het grootgeword met die
idee dat peper gelerig is. Toe kom ek Noord-Amerika
toe, en as hulle van peper praat, bedoel hulle basies
swartpeper, iets wat nie so sterk soos die ander peper
is nie. Is ek reg dat die twee eintlik dieselfde plant
as oorsprong het, maar dat swartpeper net ook die
omhulsel van die peperkorrel by het, terwyl die geel
peper net die binnekant van die korrel het?
Gloudina
Ons kry vier soorte peper hier : die swart, wit/geel en groen is dieselfde
soort net in verskillende stadia van rypword. Dan is daar nog 'n pienk een,
wat van 'n ander plant afkomstig is. Hier is die swart een die mees pikante.
Hilda.
"Hilda" <h...@pandora.be> wrote in message
news:k5QX8.2319$8o4...@afrodite.telenet-ops.be...
> Ek neem aan jy praat egter van droë ertjies, >
Nee. Droë erte is vir sop gebruik, iets waarvan ek nog minder as soet
ertjies gehou het.
Van peper gepraat.
Ek ken net swart en wit peperkorrels. Laasgenoemde is heelwat skerper
en word gewoonlik gebruik as mens nie swart spikkels in jou kos wil hę
nie. Geel peper ken ek glad nie. Iemand het my wel onlangs 'n
houertjie rooi peperkorrels gegee maar ek het dit nog nie probeer nie.
Drom
alhoewel ek natuurlik mint
> sauce, pampoen, muffins en slappap as deel van die Engelse se
> oorlogsstraf aan ons beskou.
Wat bedoel julle wanneer julle van
"slap-pap" praat. Oat meal porridge?
Hoekom sê jy pampoen is 'n Engelse
erfenis? Ek dink nie dis deel van die
Engelse dieet nie. Muffins assosieer
ek nie met Engelse gewoontes nie.
(Wel "scones.") Ek het gedink muffins
is 'n Noord-Amerikaanse gewoonte.
Gloudina
Slappap: As jy met 'n Vrystater, 'n Nataller of 'n Transvaler van pap
praat gaan hy die woord met krummelpap assosieer. Slappap is meer
loperig, afhangend van hoeveel water en meel jy gebruik. Die
algemeenste soorte is mieliepap, maltabella en hawermout, al een wat
ek nogal aanvaarbaar vind. Gewoonlik kry mens dit net in hotelle,
losieshuise, gastehuise, koshuise, hospitale, Engelse huishuodings en
Afrikanerhuise wat nie van beter weet nie.
Pampoen: Ek dink werklik dis net in lande waar die Engelse invloed
groot is dat papmoen amptelik en gereeld as groente gebruik word. Net
hulle kon iets soos pampoen en £/s/d uitgedink het.
Muffins: Dit mag Noord-Amerikaans wees, ek weet nie, maar dan het die
Engelse dit hieratoe gebring, want, behalwe vir hamburgers, hot dogs
en Kentucky fried is die Amerikaanse kosinvloed nie baie groot hier
nie. Iemand het ons nou die dag muffins met regte egte vars blue
berries gegee. Die was nogal lekker. Dis glo iemand op Hogsback wat
Noord-Amerikaanse en Europese bessies produseer vir die mark.
Drom
> Slappap: As jy met 'n Vrystater, 'n Nataller of 'n Transvaler van pap
> praat gaan hy die woord met krummelpap assosieer. Slappap is meer
> loperig, afhangend van hoeveel water en meel jy gebruik. Die
> algemeenste soorte is mieliepap, maltabella en hawermout, al een wat
> ek nogal aanvaarbaar vind. Gewoonlik kry mens dit net in hotelle,
> losieshuise, gastehuise, koshuise, hospitale, Engelse huishuodings en
> Afrikanerhuise wat nie van beter weet nie.
Ekskuus? Ek dink nie so nie. Jy het miskien in 'n ryk huis
grootgeword.
In die Vrystaat het ek (en my pęlle) almal op slappap grootgeword. Jy
gebruik minder meel - en jy gebruik minder melk.
Ons was miskien arm, maar ons weet definitief van beter...
Ons het nooit na maltebella of hawermout verwys as slappap nie,
miskien omdat dit altyd slap is.
Waar kom jy vandaan? Kaap? Die natallers eet ook nie veel mieliepap
nie, hoor. As jy wil veralgemeen, sou dit beter wees om net Tvl en OVS
papvreters te noem...
gr
Max_________________________________________________________
> Ons het nooit na maltebella of hawermout verwys as slappap nie,
> miskien omdat dit altyd slap is.
> Waar kom jy vandaan? Kaap? Die natallers eet ook nie veel mieliepap
> nie, hoor. As jy wil veralgemeen, sou dit beter wees om net Tvl en OVS
> papvreters te noem...
Nou is ek nog net so in die donker oor
die betekenis van "slappap." Dit was
nie in my woordeskat in die Noordkaap
nie. En my man, wat naby Port Elizabeth
grootgeword het, sę hy weet van so 'n
woord, maar dis nooit in sy huis gebruik
nie. Ek het altyd aangeneem dat dit een
of ander vorm van mieliepap is waarvan
mense praat as hulle van slappap praat.
Gloudina
Wouter
Slappap is pap, Gloudina. Alle soorte.
Dis 'n noordelike woord om gewone pap van
stywe pap te onderskei. In die Kaap het dit geen
gebruikswaarde nie, omdat ons beter dinge het
om te eet as stywe pap. :-)
Wouter Plaasvark wrote:
> Slappap is pap, Gloudina. Alle soorte.
> Dis 'n noordelike woord om gewone pap van
> stywe pap te onderskei. In die Kaap het dit geen
> gebruikswaarde nie, omdat ons beter dinge het
> om te eet as stywe pap. :-)
OK. Dit verklaar alles.
Die een pap wat deur die jare vir
my kinders in SA beindruk het, was
maltabella ( dis mos nou die en wat
so donkerpers lyk, en gewoonlik met
die melk heel waterig is.) Hulle het
selfs 'n sakkie daarvan saamgebring
uit SA toe hulle drie jaar gelede
in SA was. Ek kan ook die smaak daarvan
onthou as diep voedend. Waarvan word
dit gemaak?
Gloudina
Self vrek arm grootgeword en moes ook elke oggend 'n bord slappap
verorber, heeltemal teen my sin. Dit was my Ma se familie, almal boere
in die Suid-Oos Vrystaat, wat my geleer het dat daar iets beter is.
Krummelpap!
> Waar kom jy vandaan? Kaap? Die natallers eet ook nie veel mieliepap
> nie, hoor. As jy wil veralgemeen, sou dit beter wees om net Tvl en OVS
> papvreters te noem...
Grootgeword in die Suide van Natal, baie naby die Kaapse grens waar
die (blanke) boswerkers nog veel armer as ons was (my stiefpa was 'n
onderwyser) en slappap so dun soos sop geëet het. Melk was volop want
almal het koeie gehad maar soms was daar nie eers suiker nie. Meeste
van my maatjies sou hulle siele verkoop het vir stywe- of krummelpap.
Vra my, daar het soms van hulle daarvan by ons te ete gekry.
Glo my, ek ken pap in al sy vorme, maar hou nou maar net nie van
slappap nie. Dit moet in die gene sit want al drie my kinders wou nie
eers babapap eet nie
Groete, Drom
Bokkoms en wurgpatats? :-))))
Drom
Bokkoms en wurgpatats? :-))))
Wouter
Whatever. Maar veral by braaivleis eet ons tjops, wors, ens.
Sonder pap, dié eet ons vir brekfis :-)
Toe dit hierdie week so koud was in Bloemfontein - -10C, toe dink ek aan die
goeie ou dae toentertyd in die sestigs, toe ek smorens op die primus ons pap
moes maak, en hoe ek gesukkel het met die priek as ek so bewe van die koue.
Ag ja!:)
Annette
"Drom" <ddu...@ufh.ac.za> wrote in message
news:1e507c17.02071...@posting.google.com...
Pop
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:ahf33c$smta9$2...@ID-92016.news.dfncis.de...
Annette
<yahoo.com> wrote in message news:ahf60j$v00$1...@slb6.atl.mindspring.net...
Die vraag is joune maar lyk my nie jy het nie lus om te verduidelik nie ;-)
As jy dus nie omgee nie sal ek maar probeer verduidelik van 'n "priek."
'n Primus stofie lyk soos 'n gasbottel kompleet met kook plaat bo-op. Die
tenkie onder word egter vol brandspiritus gemaak en dan lugdig geseel met 'n
prop wat jy opskroef. Die tenkie word dan "ge-pressurise" deur 'n pompie
hier langs die kant. Jy vat die stingeltjie van die pompie so met die wys en
die middelvinger, met die duim agterop en dan laat waai jy - jy pomp vir 'n
vale. So tien of twintig strokes later maak jy die kraantjie oop en as hy so
lekker suis dan steek jy die plaat brand met 'n vuurhoudjie.
Die sprits dampe word natuurlik deur die nossle vrygestel. As daai nossle
nou verstop dan gaan jy nooit daai stofie brand gesteek gekry nie. Dis waar
die priek inkom. Dis 'n baie dun stukkie draad wat aan 'n handvatseltjie
gemonteer is. Jy steek die draadjie dan in die nossle in om die gaatjie weer
oop te maak.
Daai gaatjie is klein en die draadjie ook. Om die twee bymekaar te kry as
jou hand skud van die koue is nogal 'n kuns. Dis soos om 'n koei se speen te
trek met byna gevriesde vingers en daai straaljie in die emmer te kry - en
dan nog die hok stok te swaai na die dors kalf om hom van die uier af weg te
hou. En om die emmer betyds weg te vat as die koei besluit dis nou tyd om te
skyt.
Hantam
Annette
"Globalrider" <hanta...@yahoo.com.au> wrote in message
news:w3U_8.478908$o66.1...@news-server.bigpond.net.au...
Hantam
Jou beskrywing is baie goed, behalwe dat daar paraffien in daai
geelkoper tenkie was en nie spiritus nie. Bo om die kop was 'n
sirlelvormige dammetjie, wat eers vol spiritus gemaak was, wat dan
brandgemaak is. Die idee was om die kop warm te kry sodat die
paraffien deur die hitte vergas sou word sodat dit kon brand. Mens het
dus die dammetjie vol spiritus gemaak, dit aan die brand gesteek,
begin pomp by tie tenkie onder en sodra jy dink (hoop) die kop is warm
genoeg en jy het genoeg gepomp, het jy 'n kraantjie oopgetraai en die
paraffien het agv van die druk in die tenk in die pypie opgestyg, deur
daai gaatjie en (hopelik), agv van die hitte van die kop, aan die
brand geraak. Vra nou vir iemand wat jarelank sy huis se priemus
mekaniek was.
>En om die emmer betyds weg te vat as die koei besluit dis nou tyd om
te
> skyt.
Mens melk mos nie 'n koei van agter af soos 'n bokooi nie!
En terloops, ek het so gedagte dat daai draaitjie wat gebruik was om
die gaatjie oop te kry 'n priem genoem was en nie 'n priek nie. As
pensioenaris was ek was te lui om biblioteek toete loop. Wouter??
Groete, Drom
Wouter
Ek ken dit as 'n "pricker", waarmee jy die gaatjie "prick"
"Prick" sal seker prik of priem in Afrikaans wees, priek
is waarskynlik 'n Anglisisme. (Ek kry nie daardie spesifieke
apparaat in 'n woordeboek nie, ook nie 'n woord soos
priek nie)
Hantam
Drom
Dankie. My verklarende Engelse woordeboek gee 'n hele sarsie
verklarings vir "prime." Een is, "... to prepare for firing by
supplying with primer or priming." Dis dit wat my oor "priem" laat
wonder het, ook die naam, primus. Ons het dit sommer 'n
primus-draadjie genoem.
Drom
Nee, ek ken nie so-iets nie. Ons het 'n kannetjie met 'n lang tuit
gehad, amper soos 'n klein gieter sonder 'n spreikop. Dis wat ons
gebruik het, want dis amper onmoontlik om spirits uit 'n bottel te kry
sonder om te mors, veral as die dêm ding vol is.
Ai, die dae van primusse en Coleman lampe!
Drom
"Drom" <ddu...@ufh.ac.za> wrote in message
news:1e507c17.0207...@posting.google.com...