Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Krokodil

101 views
Skip to first unread message

Hein Paul

unread,
Aug 31, 2000, 3:19:19 PM8/31/00
to
Kinders se sę goed

VRAAG; WAT IS 'N KROKODIL?

Antwoord:
Die krokodil is spesiaal so laag gebou want hoe platter hoe swemmer.
Voor aan die krokodil sit die kop. Die kop bestaan byna net uit tande.
Agteraan die krokodil groei die stert. Tusen die kop en die stert sit die
krokodil.

'n Krokodil sonder 'n stert noem ons 'n rotweiler.

'n Krokodil se lyf is oortrek met handsakmateriaal.

Hy kan sy stert afgooi as hy skrik, maar dit gebeur nie sommer nie want
'n krokodil skrik vir niks.

'n Krokodil bly onder die water want as jy so lelik was, sou jy ook onder
die water gebly het. Dit is goed dat 'n krokodil in die water bly want 'n
mens skrik so groot as 'n krokodil jou vang dat hy jou eers moet afspoel
voordat hy jou kan eet.

'n Krokodil is glad nie so gevaarlik soos mense sę nie, behalwe as hy jou
bykom. Hoe langer hy jou byt, hoe seerder word dit. Baie ou krokodille
suig hulle prooi dood.

As jy hom eet, is hy 'n krokosatie.

'n Krokodil het nie geleer om met sy arms te swem nie nou gebruik hy sy
stert.
Die kleinboetie van die krokodil is die likkewaan.
Die stadige sussie van die krokodil is die trapsuutjies.
Die verfynde broer van die krokodil is die daffodil. En dan het die
krokodil nog 'n dooie boetie - die frikkidil.

home.com

unread,
Sep 1, 2000, 11:41:46 AM9/1/00
to
Hein Paul wrote:

> Kinders se sê goed

Ek raak so moeg vir grootmensewat dinge opmaak en dit dan aan
kinders toeskryf. Het hulle geen
volwasse dinge waarmee hulle
hul kan amuseer nie?

Gloudina

>
>


Elaine

unread,
Sep 1, 2000, 2:53:11 AM9/1/00
to
Ag Goudina lag bietjie!!! Ek het dit vreeslik oulik gevind. Of wil jy die
heeltyd sit en tob en skoor soek?

<@home.com> wrote in message news:39AFD043...@home.com...
Hein Paul wrote:

> Kinders se sę goed

MARIA PILLEMER

unread,
Sep 1, 2000, 2:54:59 PM9/1/00
to
Ag nee wat! Waar's jou sin vir humor. Ek is Engelssprekend en het dit ook
net so baie geniet. Gaan so voort Hein.
MJPillemer


<@home.com> wrote in message news:39AFD043...@home.com...

Hein Paul wrote:

> Kinders se sę goed

home.com

unread,
Sep 1, 2000, 3:52:39 PM9/1/00
to
MARIA PILLEMER wrote:

> Ag nee wat! Waar's jou sin vir humor. Ek is Engelssprekend en het dit ook
> net so baie geniet. Gaan so voort Hein.
> MJPillemer
>
>
>
>

Die soort mense wat hierdie soort "humor"geniet, is heelwaarskynlik dieselfde
mense
wat die stories geniet oor die antwoorde
wat nie-blanke leerlinge in eksamens
kwytraak, of wat die Griekwa-psalms aan
Griekwas toedig maar wat deur Afrikaners
geskryf word. Dit lyk vir my daar is 'n hele
soort van kuberindustrie van hierdie soort
dinge in Suid-Afrika. Ek vind dit boring.

Gloudina

Rosie

unread,
Sep 5, 2000, 12:53:20 AM9/5/00
to
Dit was 'n lekker stukkie laggoed. Dankie Hein.

<@home.com> wrote in message news:39B3D289...@home.com...
> Thys de Wet wrote:
>
> > Laat my dink Goudina se druifies is nog suur!
> >

Davie Davis

unread,
Sep 5, 2000, 4:21:27 PM9/5/00
to
On Fri, 01 Sep 2000 15:41:46 GMT, @home.com wrote:

>Hein Paul wrote:
>
>> Kinders se s=EA goed


>
>Ek raak so moeg vir grootmensewat dinge opmaak en dit dan aan
>kinders toeskryf.

********************
Toegegee Gloudina... waarom erken hulle nie outeurskap nie
*******************

Het hulle geen
>volwasse dinge waarmee hulle
>hul kan amuseer nie?
>

******************
ag jy's oud voor jou tyd
*************************

>Gloudina
>
>>
>>
>
>
>
>
>
>

Lou

unread,
Sep 5, 2000, 7:49:31 AM9/5/00
to
Kry tog 'n humorsin!

@home.com wrote:
>
> Hein Paul wrote:
>

> > Kinders se sę goed

Protus

unread,
Sep 6, 2000, 9:38:55 PM9/6/00
to
Ek het nou al 'n paar van haar ou goed gaan lees om te kyk of sy
regtig is, en ek kan jou verseker sy het geen humorsin nie. So baie
mense het haar al gevra net om ordentlik te wees, maar sy steur haar
nie aan ander mense se versoeke nie.

Ek het toe meer van die Johan in Minnesota ook gelees, en hy is 'n
heel ander ou as Davie en sy besef dit nie eers nie.

Dink jy nie sy is maar effe dom nie?
P.

Tue, 05 Sep 2000 13:49:31 +0200:: Lou <lo...@hotmail.com.dinges>
skrywe:

0 new messages