Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Koos Doep se "Wie weet"...

913 views
Skip to first unread message

Basjan

unread,
Nov 8, 2004, 6:08:21 AM11/8/04
to
Ek is nog steeds opsoek na Koos du Plessis se weergawe van "Wie weet" (die
temaliedjie van destyds se Jopie Adam reeks). As enige iemand weet waar ek
dit dalk in die hande kan kry, sal dit sommer baie, baie waardeer word!

Groete

Basjan


TJ

unread,
Nov 8, 2004, 6:41:45 AM11/8/04
to
Wie Weet - Theuns Jordaan & Karla Du Plessis
CDEMIM108 2004 EMI
So Onthou Ons Koos Du Plessis ... 20 Jaar Later

Miskien moet jy maar die "CD" koop?
www.lookandlisten.co.za
www.cdwherehouse.co.za
www.kalahari.net
of by:
www.musica.co.za
en hier is ook 'n klankie:
www.musica.co.za/Rimco/clips/16/6009509311468/cd_1_track_09.asf

en die woorde hier:
www.gipsie.co.za/Lyrics/Koosdup/wieweet.htm


:-)

TJ


"Basjan" <bas...@vt.edu> wrote in message
news:cmnk8i$6bl$1...@solaris.cc.vt.edu...

Max

unread,
Nov 8, 2004, 10:46:32 AM11/8/04
to
Groot was my teleurstelling toe ek ´n kort tydjie gelede agtergekom het dat
"Wie weet" ´n vertaling was van ´n Engelse liedjie! Ek het nooit geweet dat
Koos Dup ook ala Bridges, liedjies vertaal het nie...

Dis nou as die Engelse nie Koos se liedjie vertaal het nie... Alles is
moontlik!


"TJ" <in...@nospam.artslink.co.za> wrote in message
news:cmnm1s$ct1$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

DD

unread,
Nov 8, 2004, 3:21:12 PM11/8/04
to
On Mon, 8 Nov 2004 13:41:45 +0200, "TJ" <in...@nospam.artslink.co.za>
wrote:

>:-)
>
>TJ
>


Wie sing daar wat en waar, TJ?
Laurika Rauch?
Gee bietjie meer inligting asseblief
sodat een of ander platewinkel môre kan
'n paar rand maak. Is dit op LP of Seven Single?

DD


TJ

unread,
Nov 8, 2004, 11:10:58 PM11/8/04
to
Jissie, lees boontoe al die antwoorde was daar voor jy begin knip het.

Karla Du Plessis op CD saam met Theuns Jordaan ...

:-)

TJ


"DD" <d...@dp.co.za> wrote in message
news:c4lvo0ldcalel75bm...@4ax.com...

DD

unread,
Nov 8, 2004, 11:29:46 PM11/8/04
to
On Tue, 9 Nov 2004 06:10:58 +0200, "TJ" <in...@nospam.artslink.co.za>
wrote:

>Jissie, lees boontoe al die antwoorde was daar voor jy begin knip het.
>
>Karla Du Plessis op CD saam met Theuns Jordaan ...
>
>:-)
>
>TJ
>


dět het ek raakgesien, en selfs gewonder of dit hulle is, maar waar sę
jy dat dit uit 'n snit van hulle is?
Nňu het ek my behňňrlik gewěp!!!

DD

miskien sal hulle vandag nňg 'n CD verkoop


DD

unread,
Nov 8, 2004, 11:33:14 PM11/8/04
to
On Tue, 09 Nov 2004 06:29:46 +0200, DD <d...@dp.co.za> wrote:

>On Tue, 9 Nov 2004 06:10:58 +0200, "TJ" <in...@nospam.artslink.co.za>
>wrote:
>
>>Jissie, lees boontoe al die antwoorde was daar voor jy begin knip het.
>>
>>Karla Du Plessis op CD saam met Theuns Jordaan ...
>>
>>:-)
>>
>>TJ
>>
>
>

>dìt het ek raakgesien, en selfs gewonder of dit hulle is, maar waar sê


>jy dat dit uit 'n snit van hulle is?

>Nòu het ek my behòòrlik gewìp!!!
>
>DD
>
>miskien sal hulle vandag nòg 'n CD verkoop
>


ô ô, jy sê tog so. Skuus man:-)

DD


Suidwester

unread,
Nov 9, 2004, 1:05:17 AM11/9/04
to
Miskien moet jy navorsing doen oor Afrikaanse liedjies en ek sal nie verbaas
wees as 90%+ op oorsese wysies geskryf is nie.
"Max" <ge...@email.com> wrote in message
news:418f9510$0$36860$e4fe...@news.xs4all.nl...

DD

unread,
Nov 9, 2004, 1:20:50 PM11/9/04
to
On Tue, 9 Nov 2004 08:05:17 +0200, "Suidwester" <sta...@mweb.com.na>
wrote:

>>
>> "TJ" <in...@nospam.artslink.co.za> wrote in message
>> news:cmnm1s$ct1$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Wie Weet - Theuns Jordaan & Karla Du Plessis
>>> CDEMIM108 2004 EMI
>>> So Onthou Ons Koos Du Plessis ... 20 Jaar Later
>>>
>

ek het toe die CD gekoop vandag. Ook nie vreemd dat ek gevra het of
dit Laurika Rauch is wat daar sing nie, want daar is 'n sterk
ooreenkoms tussen die stemme van haar en Karla Du Plessis.
Die laaste een by Game in die Pavilion gewees. Dankie JP,
al is daar een lied van Hofmeyr op, was dit steeds 'n goeie koop.

DD


MoerFie

unread,
Nov 9, 2004, 3:07:30 PM11/9/04
to
Dit is my vermoede, dat hierdie lied vertaal is deur iemand anders en deur
Koos gesing is vir die "vertaalde" Grisly Adams stories. Koos was 'n
"singer-songwriter" en sou so-iets net as 'n opdragwerk gedoen het.

Ek kan geen snitte op enige van sy 4 CD's raakloop waar hy hierdie sing nie,
slegs die een van Karla saam met Theuns Jordaan

Soois


Spencer

unread,
Nov 11, 2004, 5:52:05 AM11/11/04
to

> ek het toe die CD gekoop vandag. Ook nie vreemd dat ek gevra het of
> dit Laurika Rauch is wat daar sing nie, want daar is 'n sterk
> ooreenkoms tussen die stemme van haar en Karla Du Plessis.


Daar is wel geen ooreenkoms tussen die twee se agterstewe nie. Karla is 'n
peach.


pavlosm...@gmail.com

unread,
Sep 5, 2014, 7:52:01 AM9/5/14
to
Dag Basjan

Indien jy nog daai liedjie soek is hierdie jou gelukkige dag. Het jou frustrasie so paar jaar terug deurgegaan.

Pie...@mighty.co.za
Pierre

stryd...@gmail.com

unread,
Jan 31, 2016, 12:04:19 PM1/31/16
to
Het iemand die weergawe van Koos Doep se "Wie weet.." Temalied van Jooie Adam wat hy self sing?

jjwes...@gmail.com

unread,
Dec 3, 2016, 7:20:11 AM12/3/16
to
Ek soek dit ook. Kon jy dit al kry?

art...@gmail.com

unread,
Feb 24, 2017, 3:40:31 AM2/24/17
to
Hi Ouens.

Ek is is ook hard opsoek na hierdie pragtige lied. Enige hulp of raad ?

bekk...@gmail.com

unread,
Jul 14, 2019, 10:30:05 AM7/14/19
to
Die wysie was van die oorspronklike lied van Grisley Adams. Dis toe net in Afr vertaal vir Jopie Adam. Ek wens ook eknkannKoos se weergawe (wat iewers moet wees) kry

hydrofl...@gmail.com

unread,
Sep 13, 2019, 2:02:54 PM9/13/19
to
Het iulle hom al gekry

rian...@gmail.com

unread,
May 29, 2020, 2:09:59 AM5/29/20
to
Hoekom kry ons nie die oorspronlike liedjies van Koos du Plessis waar hyself dit sing nie oa Gebed en wie weet ...ek het ñ probleem daarmee

pat...@gmail.com

unread,
Jul 18, 2020, 11:13:51 AM7/18/20
to
Die posts hierbo het my laat gaan soek. Ek kon nie die oorspronklike Koos du Plessis opname van Wie Weet kry nie (dis seker in die SAUK argiewe in ohannesburg), maar die feit dat dit lirieke is wat by 'n bestaande wysie gesit is, het my laat wonder oor die oorspronlike lirieke. Dis heel anders as Koos du Plessis s'n. Mooi, relevant, veral in vandag se wEreld van omgewings vernietiging en globale verwarming, maar Koos du Plessis se lirieke het net 'n diepte, 'n mistiek, 'n aardsreuk, 'n ontvlugting wat nie in die oorspronklike is nie.

Maybe (Thom Pace)

Deep inside the forest
Is a door into another land
Here is our life and home
We are staying
Here forever
In the beauty of this place
All alone, we keep on hoping…

Maybe there’s a world where we don’t have to run,
And maybe there’s a time we call our own
Living free in harmony and majesty,
Take me home,
Take me home

Walking through a land
Where every living thing is beautiful
Why does it have to end?
We are calling
All so sadly on the whispers
Of the wind
As we send
A dying message

Maybe there’s a world where we don’t have to run,
And maybe there’s a time we call our own
Living free in harmony and majesty,
Take me home,
Take me home

Wie weet (Koos du Plessis)

Diep, diep in die bosse
Is ‘n poort to ‘n vergete land
Waar ons stil dae slyt
Leef en droom
En swyend luister
Na die voetval van die tyd
Teen skemeraand
As hoop weer fluister

Wie weet
Iewers is daar dalk ‘n land van rus, en
Wie weet
Waar die vlugtling veilig is
Waar die swerwer eindlik rus
En as daar is
Neem my saam
Neem my saam

Diep, diep in die bosse
Is ‘n poort na ‘n vergete land
‘n Eden half voltooi
Half gevul
Deur alle vrede
Waar die son nog skaars kan roep
Kom kniel en buig
Voor half gebede

Wie weet
Waar die vlugtling veilig is
Waar die swerwer eindlik rus
En as daar is
Neem my saam
Neem my saam

dmint...@gmail.com

unread,
Aug 4, 2020, 1:49:08 AM8/4/20
to
het jy al wie weet van koos doep gekry
0 new messages