Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Kerke loop leeg

119 views
Skip to first unread message

Annette

unread,
Nov 27, 2003, 1:41:58 AM11/27/03
to
Na aanleiding van 'n berig in 'n koerant dat 'n predikant, omdat so min
mense die erediens bywoon, een Sondag etlike gefotostateerde afskrifte van
sy preek in 'n mandjie voor 'n geslote kerkdeur gelos het, is daar 'n
bespreking daaroor in Praat Saam.
Volgens die gas, 'n kundige van Stellenbosch, beweer hy dat kerke leegloop
omdat:
1) Sommige kerke te vas hou by aragiese tradisies, en nie bereid is om aan
te pas by die moderne samelewing nie.
2) Al hoe meer mense verkies om nie soseer aan 'n spesifieke gemeente by te
bly nie, maar verkies om wyd by verskillende kerke dienste by te woon.

Wat 1) aanbetref, was daar onlangs juis berig van 'n predikant van 'n
gemeente wat vir 3 maande geskors is met volle betaling, juis omdat hy,
volgens die gemeente, te veel vreemde nuwe goed by die gemeente wou instel.

Die Gereformeerde Kerk se sinode het weereens geweier dat enige dames as
ampsdraers toegelaat sal word nie. Logies sal dit vervreemding van die
spesifieke kerk meebring.

Dinsdagaand op Spesial Assignment was daar 'n eks-non wat haar be-ywer vir
meer vroulike verteenwoordiging in amptelike posisies in die kerk, en sy
beweer dat die heriargie van die kerk met hul kop in die wolke loop, nie die
vaagste benul het van die behoefte van die geniddelde kerkganger nie, en dat
die gemiddelde kerkganger voel dat die ampsdraers se menings nie meer
prakties van toepassing is nie.

--
Annette

Suidwester

unread,
Nov 27, 2003, 2:15:55 AM11/27/03
to
Is hierdie nie maar simptomaties met die tye waarin ons leef nie? Die
wêreld het klein geword vanwee die kommunikasievermoë en die gemiddelde mens
raak al hoe meer ingelig. Jy kan meeste mense nie meer die vreesbevange
deur deur hom te dreig met verskriklike dinge as hy nie die nou paadjie
bewandel nie. Hulle glo dit eenvoudig nie! Waar daar vroeër nie
alternatiewe beskikbaar was nie, is daar nou klompe. Die Afrikaanse kerke
sal hulle produk moet aanpas en moderniseer as hulle hul idees nog wil
verkoop en betaling daarvoor kry.
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:bq46n9$bg7$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

Annette

unread,
Nov 27, 2003, 2:53:28 AM11/27/03
to
Maar Suidwester, Lorinda het nie solank hier beweer dat dit juis die
verandering is wat mense van die kerk vervreem nie.
Miskien hang dit maar van gemenskap tot gemeenskap af - en miskien stuur ons
af op klein Orania- gemeeskappe die land vol, waar die tradisievastes
saambondel op 'n kol en bepaal wat hulle in hul gemeente wil hę, en die res
wat meer vernuwing in hul gemeentes wil sien.
Dan kry ons weer afgestigte kerke ( soos die KAK) en weer nuwe partye (
seker dan die VF Plus Minus:))

Prediker by 'n sending-gemeente aan die Weskus -
Die Bybel sę daar sal 'n geween wees, en 'n gekners van tande, ja. 'n
gekners van tande!! En djulle haasbekke wat daar agter sit en smaail, vir
julle sal valstande gesupply word.
--
Annette
"Suidwester" <sta...@africaonline.com.na> wrote in message
news:bq48ba$1fr0$1...@newsreader02.ops.uunet.co.za...


> Is hierdie nie maar simptomaties met die tye waarin ons leef nie? Die

> węreld het klein geword vanwee die kommunikasievermoë en die gemiddelde

Suidwester

unread,
Nov 27, 2003, 3:42:46 AM11/27/03
to
Ek moet sę van kerke weet ek nie erg veel nie want ek gaan nie soontoe nie.
Ek self beskou die hele kerklike teorie van bangmaak en dat jy moet betaal
om al die sondes tot ruste te laat kom, as soortgelyk aan die
assuransieteorie.....een moerse geldmaak scheme want die kerke is van die
rykste organisasies in die węreld. In SA is die NG kerk, onafgesien van
die Staat, die grootste grondbesitter in die land [ek dink ek het dit reg!]
Ek hoor egter wat die mense op die grond gesels en ons bly mos juis in 'n
plek waar daar baie ouer mense is. Hulle gaan kerk toe uit die vrees vir
verdoemenis, maar die jonger mense byt nie meer lekker aan die storie nie.
Dis mos een van die grondslagte van die teorie.......blindelingse geloof.
As die ogies oopgaan en die vrae begin na vore kom, dan lyk dit of die kerke
nie hul show kan aanpas om hul gewildheid weer te laat styg nie. Amper
soos ou Anton Goosen!

"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:bq4aq7$d5l$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

Koot

unread,
Nov 27, 2003, 4:33:58 AM11/27/03
to
Dis snaaks hoe gewone, gawe mense skielik hulle nek styf kan maak as daar
iets aan die aard van die erediens kan verander. My goeie vriend Koos van
Knysna het nie kerk toe gegaan as die voorsanggroepie optree nie (al was ek
'n lid) (of miskien juis daarom).

Ons koor word met tuitlippies ge"sjuut" voor die diens. Sommiges wil in
stilte en eerbied die ander se rokke betrag terwyl ander juis wil gesels om
die saamwees in hierdie omgewing te waardeer. Sommiges hou van moderne
prwelliedjies, ander van liedere wat miskien goed sal klink in Middeleeuse
katedrale. G'n wonder daar het deur die eeue so 'n veelheid van kerke
ontstaan nie!

Dis seker ook so omdat die Bybel nie pertinent voorskryf hoe 'n kerk en die
struktuur van 'n erediens in besonderhede moet lyk nie. Nou kan elke Ds. Jan
Rap en sy eerwaarde maat sy eie interpretasie en gevolgtrekkings maak en 'n
kerk stig/afstig - sommige selfs met goeie finansiële gevolge...

"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:bq46n9$bg7$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

Annette

unread,
Nov 27, 2003, 4:45:51 AM11/27/03
to
Hier is nou 'n wonderlike geleentheid vir 'n gepaste limieriek Koot;))

Noudie dag, toe ons in Franschhoek se gemeente opgetree het, toe sing die
koor die voorsangers dood:))
--
Annette

Koot:

Koot

unread,
Nov 27, 2003, 7:35:44 AM11/27/03
to
Ek het hoeka 'n lang vergadering vanmiddag waarin ek limericke kan pleeg...

En sies. Julle koor moet sy plek ken. Dooie voorsangers is nooit pret nie.

"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message

news:bq4h9k$jdl$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

> > kerk stig/afstig - sommige selfs met goeie finansiėle gevolge...

Annette

unread,
Nov 27, 2003, 8:08:03 AM11/27/03
to
Jy spot - ek is juis in vir 'n doodlag Sondag.
Ons moet Sondagaand die kerk inloop met kersies agter iemand wat dink hy is
'n drompoppieleidster:))
Ek het nou al die bestuur gebel en vir hulle gevra of hule hom nie mooi
diskreet kan vra om net maar stemmig voor te loop nie.
So - of ek gaan Sondag nie saam inloop nie, of ek gaan papnat gelag by my
sitplek aankom:))
--
Annette
"Koot" <jpie...@nospam.petech.ac.za> wrote in message
news:bq4r27$nn5$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
> > > kerk stig/afstig - sommige selfs met goeie finansiële gevolge...

Pete

unread,
Nov 27, 2003, 3:37:51 PM11/27/03
to
Ek smile van oor tot oor. Op Niekie se "Sę wie" moes die mense inbel na
Holland se teleurstellende vertoning teen Indië (węreldbeker krieket). Hy
reken toe dat dit sportsterre se plig is om toeskouers te vermaak omdat
mense 'n hele bondel toegangsgeld betaal het vir die wedstryd. Dit het
geblyk dat Holland besluit het om sommer van Bal 1 af aan die handdoek in te
gooi. Niekie slaan toe die spyker op die kop met "sportsterre moenie soos
predikante maak en glad nie hulle werk doen nie - dis hoekom die kerke leeg
loop".

Myns insiens is dit die hele punt. As ek vir jou omgee en meelewing met jou
situasie het en jou soos 'n gewaardeerde familielid behandel dan sal jy nie
anders kan as om my met oorgawe te aanvaar nie. Dit is presies wat die
Moonies doen - hulle vang jou vas met skynbare liefde en meelewing.

Wat kry ons vandag in die tipiese susterskerk? Vir huisbesoeke moet jy
aansoek doen. Meneer "fat ass" ry 'n fancy Mercedes, 4x4 of BMW want sien,
ons is mos 'n professionele persoon. Verder raak hy nogal verergd as hy nie
sy veeartsbesoek verniet kry nie. Meneer met-die-helse-motortoelaag glo jy
moet aansterk dus word jy nie besoek in die hospitaal nie. Verder reël ou
slapgat dat 'n omgeegroep of selgroep sy basaar reël of die armlastiges gaan
besoek of die oues besoek of...of....of.... By al die gemeentes waar
ek al was is daar ten minste een ou wat langafstande hardloop, is dit by
julle ook so?

Meeste predikante, dink ek, is bokse wat op hulle onderskeie gemeentes teer.


Sterrenkijker

unread,
Nov 27, 2003, 5:58:03 PM11/27/03
to
Dis eienaardig: wat ek hier hoor is net eenders as wat ek hoor in die
Katolieke Kerk hier in Europa. En hier is die grootste inspirator van
oubolligheid onse eie pous. Maar dit gaan wel anders word en dis rêrig
nie die eerste maal in die geskiedenis dat kerke sterwe en daarna
terug herlewe. Ek het dit in my eie lewe ook al eens gesien met Pous
Johannes XXIII in die jare '60. Vernaamlik was hy die een wat toe die
liturgie in die Katolieke Kerk aangepak het en dit het toe 'n sukses
gewees. Onse huidige pous is 'n verdienstelike mens gewees en ons
respekteer hom baie maar hy is te oud om nog te verstaan wat gebeur
aan die basis. Dit sou beter wees as hy weggaan.
Maar miskien is dit wel die geluk vir die kerke: hulle gaan slegs dood
as die mense dood is..

Norbert (uit Vlaandere)

On Thu, 27 Nov 2003 08:41:58 +0200, "Annette" <ann...@ctnet.co.za>
wrote:

Karpoegel

unread,
Dec 1, 2003, 6:38:12 AM12/1/03
to
My "gemeente" het onlangs R60 miljoen ingesamel vir die bou van 'n nuwe kerk
of tempel en nogal reg oorkant my. Sal dit egter self nie baie besoek nie
want as jou sterre die stoel tref soek hulle geld en geld en geld vertel
jou net dat jy nie geld moet najaag nie maar wat de donner doen hulle ?

"Suidwester" <sta...@africaonline.com.na> wrote in message

news:bq4der$1oij$1...@newsreader02.ops.uunet.co.za...

0 new messages