Hallo,
Ek soek 'n resep vir Pynappel-bier, met skop!
Enige idees?
Gerhard
--
'Die herhinneringe aan Gerhardus
is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid'
Ja: Pynappels, opgekap met skil en al, suiker, gis, rosyntjies, gemmer
as jy wil. Laat staan 'n paar dae in die spens, syg deur en bottel.
Meer suiker = meer skop. Mens kan 'n paar treksels maak - gooi net
weer suiker en gis by die pynappel...
En onthou, dit smaak soos koeldrank, maar dit maak nie so nie!
--
Dankie vir jou idee!
Wat ek graag eintlik wil weet wat is die benaderd verhouding tussen die
hoeveelheid water, pynapples, suiker en wat nog! As jy dit al so gebrou het
laat my weet watter verhouding jy gebruik het, asseblief!]
Terloops, is die gis nodig, sal die pynapples en suiker nie die fermentasie
proses alreeds begin nie?
Groete
Gerhard
--
: Dankie vir jou idee!
: Wat ek graag eintlik wil weet wat is die benaderd verhouding tussen die
: hoeveelheid water, pynapples, suiker en wat nog! As jy dit al so gebrou het
: laat my weet watter verhouding jy gebruik het, asseblief!]
: Terloops, is die gis nodig, sal die pynapples en suiker nie die fermentasie
: proses alreeds begin nie?
Jip
: Groete
: : Dankie vir jou idee!
: : Wat ek graag eintlik wil weet wat is die benaderd verhouding tussen die
: : hoeveelheid water, pynapples, suiker en wat nog! As jy dit al so gebrou het
: : laat my weet watter verhouding jy gebruik het, asseblief!]
: : Terloops, is die gis nodig, sal die pynapples en suiker nie die fermentasie
: : proses alreeds begin nie?
: Jip
Jammer oor die voels op die draad... hier's hy:
Rasper of maal 1 pynappel (of die ekwivalent in skille) en voeg dit
by 4,5 L koue water. Voeg
1,2 kg suiker en
15 ml fyn gemmer by en meng
goed.
Bedek dit en laat 24 h by kamertemperatuur (of in 'n warm plek) staan om te
gis. Syg die bier deur 'n skoon doek, bottel dit, kurk dit of draai proppe
op en verkoel.
Geniet dit.
Groete
T