Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Swakopmund se moord

34 views
Skip to first unread message

Suidwester

unread,
Aug 23, 2004, 5:28:26 AM8/23/04
to
Hier by ons het verlede week 'n lelike ding gebeur. Hierdie Duitse meisie
het op 'n besoek aan die land, verlief geraak op die dorp en vir haar 'n
werk gekry en daarmee saam ook 'n werkpermit. Sy's 'n gekwalifiseerde
goudsmit en maak kunsjuwele. Oor die Atlantiese oseaan [wat mos lekker rof
is hier by ons] was sy mal en het elke oggend 'n stuk langs die see gaan
stap voor sy werk toe is. Die betrokke oggend het sy weer haar stukkie
strand gestap en is toe gekonfronteer deur drie swart mans. Die een het 'n
pistool uitgepluk en haar met drie skote in die bors doodgeskiet en is weg
met haar handsak en haar selfoon. Die kontant was nie veel nie en die
selfoon ook maar 'n gewone ding.
Ek was nog altyd 'n voorstander van die doodstraf vir
nie-rehabiliteerbare kriminele en dié geval verstewig my standpunt.
Waarvoor die vrou doodskiet vir haar handsak? Dit sę vir my die skieter
het 'n moordlus en ek dink nie so 'n persoon kan deur 20 jaar in die tronk
gerehabiliteer word nie. Hoekom moet die gemeenskap hom vir 20 jaar in 'n
gevangenis 'sponsor'? Dis 'n siek ding en verdien nie om te leef nie.
Hoekom is daar simpatie vir die moordenaar en niks vir die slagoffer nie?


P_65

unread,
Aug 23, 2004, 5:38:11 AM8/23/04
to
Suidwester stelde dit idée voor :

> Hier by ons het verlede week 'n lelike ding gebeur. Hierdie Duitse meisie
> het op 'n besoek aan die land, verlief geraak op die dorp en vir haar 'n
> werk gekry en daarmee saam ook 'n werkpermit. Sy's 'n gekwalifiseerde
> goudsmit en maak kunsjuwele. Oor die Atlantiese oseaan [wat mos lekker rof
> is hier by ons] was sy mal en het elke oggend 'n stuk langs die see gaan
> stap voor sy werk toe is. Die betrokke oggend het sy weer haar stukkie
> strand gestap en is toe gekonfronteer deur drie swart mans. Die een het 'n
> pistool uitgepluk en haar met drie skote in die bors doodgeskiet en is weg
> met haar handsak en haar selfoon. Die kontant was nie veel nie en die
> selfoon ook maar 'n gewone ding.
> Ek was nog altyd 'n voorstander van die doodstraf vir
> nie-rehabiliteerbare kriminele en dié geval verstewig my standpunt.
> Waarvoor die vrou doodskiet vir haar handsak? Dit sê vir my die skieter

> het 'n moordlus en ek dink nie so 'n persoon kan deur 20 jaar in die tronk
> gerehabiliteer word nie. Hoekom moet die gemeenskap hom vir 20 jaar in 'n
> gevangenis 'sponsor'? Dis 'n siek ding en verdien nie om te leef nie.
> Hoekom is daar simpatie vir die moordenaar en niks vir die slagoffer nie?

Swart roofdiere dat teel soos konyne!uitroeien,dat hulle so vinnig
moglik vigs kry en vrek!!!

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Riaan

unread,
Aug 23, 2004, 5:40:15 AM8/23/04
to
Stem met jou saam, ek sal net so paar veranderings ook nog maak naamlik

As die persoon die doodstraf kry, het hy max 2 weke oor voordat hy sy gat
sien. Hierdie nonsens dat hy vir jare lank wag is nie aanvaarbaar nie.

Vir die baie ernstige gevalle sal ek die persoon in die openbaar laat
teregstel, en die opsie bied aan die slagoffer se naasbestaandes om die
sneller te trek indien hulle wil.

"Suidwester" <sta...@mweb.com.na> wrote in message
news:4129b...@news1.mweb.co.za...


> Hier by ons het verlede week 'n lelike ding gebeur. Hierdie Duitse
meisie
> het op 'n besoek aan die land, verlief geraak op die dorp en vir haar 'n
> werk gekry en daarmee saam ook 'n werkpermit. Sy's 'n gekwalifiseerde
> goudsmit en maak kunsjuwele. Oor die Atlantiese oseaan [wat mos lekker
rof
> is hier by ons] was sy mal en het elke oggend 'n stuk langs die see gaan
> stap voor sy werk toe is. Die betrokke oggend het sy weer haar stukkie
> strand gestap en is toe gekonfronteer deur drie swart mans. Die een het
'n
> pistool uitgepluk en haar met drie skote in die bors doodgeskiet en is weg
> met haar handsak en haar selfoon. Die kontant was nie veel nie en die
> selfoon ook maar 'n gewone ding.
> Ek was nog altyd 'n voorstander van die doodstraf vir
> nie-rehabiliteerbare kriminele en dié geval verstewig my standpunt.

> Waarvoor die vrou doodskiet vir haar handsak? Dit sê vir my die skieter

Max

unread,
Aug 23, 2004, 8:42:37 AM8/23/04
to
"Suidwester" <sta...@mweb.com.na> wrote in message
news:4129b...@news1.mweb.co.za...
> Hier by ons het verlede week 'n lelike ding gebeur. Hierdie Duitse
meisie
> het op 'n besoek aan die land, verlief geraak op die dorp en vir haar 'n
> werk gekry en daarmee saam ook 'n werkpermit. Sy's 'n gekwalifiseerde
> goudsmit en maak kunsjuwele. Oor die Atlantiese oseaan [wat mos lekker
rof
> is hier by ons] was sy mal en het elke oggend 'n stuk langs die see gaan
> stap voor sy werk toe is. Die betrokke oggend het sy weer haar stukkie
> strand gestap en is toe gekonfronteer deur drie swart mans. Die een het
'n
> pistool uitgepluk en haar met drie skote in die bors doodgeskiet en is weg
> met haar handsak en haar selfoon. Die kontant was nie veel nie en die
> selfoon ook maar 'n gewone ding.
> Ek was nog altyd 'n voorstander van die doodstraf vir
> nie-rehabiliteerbare kriminele en dié geval verstewig my standpunt.
> Waarvoor die vrou doodskiet vir haar handsak? Dit sê vir my die skieter

> het 'n moordlus en ek dink nie so 'n persoon kan deur 20 jaar in die tronk
> gerehabiliteer word nie. Hoekom moet die gemeenskap hom vir 20 jaar in
'n
> gevangenis 'sponsor'? Dis 'n siek ding en verdien nie om te leef nie.
> Hoekom is daar simpatie vir die moordenaar en niks vir die slagoffer nie?
>
>

Ek vra my af hoekom ek die enigste hier is wie veg vir ´n geweervrye
samelewing...


@rogers.com

unread,
Aug 23, 2004, 9:16:28 AM8/23/04
to

"Riaan" skryf

> Vir die baie ernstige gevalle sal ek die persoon in die openbaar laat
> teregstel, en die opsie bied aan die slagoffer se naasbestaandes om die
> sneller te trek indien hulle wil.

Ek neem aan jy sal dieselfde vra vir die moordenaar
van Chris Hani. Jy sal vir sy vrou en kinders vra om
die sneller te trek en die Pool dood te skiet.

Gloudina


Suidwester

unread,
Aug 23, 2004, 9:18:58 AM8/23/04
to
Omdat jy duidelik nie die enigste is wat besef dat 'n wapenvrye gemeenskap
geen verskil gaan maak nie want die wapen waarmee misdaad gepleeg word,
gesteelde wapens is of op die swart mark bekom is. Die wapen pleeg nie die
moord nie, die man doen dit en die wapen is slegs 'n stuk gereedskap om dit
mee te doen.
"Max" <ge...@email.com> wrote in message
news:4129e81b$0$37789$e4fe...@news.xs4all.nl...

> "Suidwester" <sta...@mweb.com.na> wrote in message
> news:4129b...@news1.mweb.co.za...
> > Hier by ons het verlede week 'n lelike ding gebeur. Hierdie Duitse
> meisie
> > het op 'n besoek aan die land, verlief geraak op die dorp en vir haar 'n
> > werk gekry en daarmee saam ook 'n werkpermit. Sy's 'n gekwalifiseerde
> > goudsmit en maak kunsjuwele. Oor die Atlantiese oseaan [wat mos lekker
> rof
> > is hier by ons] was sy mal en het elke oggend 'n stuk langs die see gaan
> > stap voor sy werk toe is. Die betrokke oggend het sy weer haar stukkie
> > strand gestap en is toe gekonfronteer deur drie swart mans. Die een
het
> 'n
> > pistool uitgepluk en haar met drie skote in die bors doodgeskiet en is
weg
> > met haar handsak en haar selfoon. Die kontant was nie veel nie en die
> > selfoon ook maar 'n gewone ding.
> > Ek was nog altyd 'n voorstander van die doodstraf vir
> > nie-rehabiliteerbare kriminele en dié geval verstewig my standpunt.
> > Waarvoor die vrou doodskiet vir haar handsak? Dit sę vir my die

Riaan

unread,
Aug 23, 2004, 9:40:48 AM8/23/04
to
Ja ek sal.

Persoonlik beskou ek egter nie sy geval as baie erg nie. Inteendeel as ou
Robert die bom planter vandag kan rondloop as 'n vry man, dan kan die Pool
ook.


"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:M6mWc.5251$izj1...@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...

soforkenwhat

unread,
Aug 23, 2004, 10:57:23 AM8/23/04
to
dit nooit so wees nie

"Max" <ge...@email.com> wrote in message
news:4129e81b$0$37789$e4fe...@news.xs4all.nl...

> "Suidwester" <sta...@mweb.com.na> wrote in message
> news:4129b...@news1.mweb.co.za...
>> Hier by ons het verlede week 'n lelike ding gebeur. Hierdie Duitse
> meisie
>> het op 'n besoek aan die land, verlief geraak op die dorp en vir haar 'n
>> werk gekry en daarmee saam ook 'n werkpermit. Sy's 'n gekwalifiseerde
>> goudsmit en maak kunsjuwele. Oor die Atlantiese oseaan [wat mos lekker
> rof
>> is hier by ons] was sy mal en het elke oggend 'n stuk langs die see gaan
>> stap voor sy werk toe is. Die betrokke oggend het sy weer haar stukkie
>> strand gestap en is toe gekonfronteer deur drie swart mans. Die een het
> 'n
>> pistool uitgepluk en haar met drie skote in die bors doodgeskiet en is
>> weg
>> met haar handsak en haar selfoon. Die kontant was nie veel nie en die
>> selfoon ook maar 'n gewone ding.
>> Ek was nog altyd 'n voorstander van die doodstraf vir
>> nie-rehabiliteerbare kriminele en dié geval verstewig my standpunt.

>> Waarvoor die vrou doodskiet vir haar handsak? Dit sę vir my die skieter

Max

unread,
Aug 23, 2004, 11:02:58 AM8/23/04
to
... en daai wapen was nie wettig voordat hy gesteel is nie? As daar geen
wettige wapens is nie, is daar niks om te steel nie. Hier was ´n week of
twee gelede ´n beriggie van Pikkie, waarin die ou met sy eie wapen geskiet
is...

Waarom veg jy so vir die reg om ´n wapen te dra?

Nou weet ek nie meer seker nie, ek dink dit was in Bowling for Columbine wat
die een ou gesê het, verkoop die koeëls teen $5000 stuk. Dis miskien ´n idee
om geen koeëls meer te verkoop nie.


"Suidwester"


> Omdat jy duidelik nie die enigste is wat besef dat 'n wapenvrye gemeenskap
> geen verskil gaan maak nie want die wapen waarmee misdaad gepleeg word,
> gesteelde wapens is of op die swart mark bekom is. Die wapen pleeg nie
die
> moord nie, die man doen dit en die wapen is slegs 'n stuk gereedskap om
dit
> mee te doen.
>
> "Max" <ge...@email.com> wrote in message
>

Plato

unread,
Aug 23, 2004, 11:47:58 AM8/23/04
to
Die waarheid is dat 'n land waar die mense nie wapens het nie meer
uitgelewer is aan hulle eie regering as aan misdadigers. Misdadigers sal
in alle geval net die wapens oorkant die grens kry. Ons grens is so
maklik om oor te steek dat die wapenwet vir niemand anders as
wetsgehoorsame burgers sal affekteer nie. Ek is van opinie dat die wet
in alle geval bedoel is om die publiek te ontwapen.

Max wrote:

> .... en daai wapen was nie wettig voordat hy gesteel is nie? As daar geen

Max

unread,
Aug 23, 2004, 1:02:47 PM8/23/04
to
Hier het ons welliswaar ook soms skietvoorvalle. Soos die polieste wat nou
die dag ´n Duitser doodgeskiet het omdat hy met ´n gaspistool (wat is ´n
gaspistool?) op hulle geskiet het... Oeps...

Verder gebruik ons almal "pistole" om petrol in ons karre te gooi.

Verder word daar af en toe ´n dwelmhandelaar "gelikwideer".

Ek bly lekker in ´n wapenvrye samelewing en ek gun dit vir die hele węreld.
Ook vir jou.

"Plato"


> Die waarheid is dat 'n land waar die mense nie wapens het nie meer
> uitgelewer is aan hulle eie regering as aan misdadigers. Misdadigers sal
> in alle geval net die wapens oorkant die grens kry. Ons grens is so
> maklik om oor te steek dat die wapenwet vir niemand anders as
> wetsgehoorsame burgers sal affekteer nie. Ek is van opinie dat die wet
> in alle geval bedoel is om die publiek te ontwapen.
>
> Max wrote:
>
> > .... en daai wapen was nie wettig voordat hy gesteel is nie? As daar
geen
> > wettige wapens is nie, is daar niks om te steel nie. Hier was ´n week of
> > twee gelede ´n beriggie van Pikkie, waarin die ou met sy eie wapen
geskiet
> > is...
> >
> > Waarom veg jy so vir die reg om ´n wapen te dra?
> >
> > Nou weet ek nie meer seker nie, ek dink dit was in Bowling for Columbine
wat

> > die een ou gesę het, verkoop die koeëls teen $5000 stuk. Dis miskien ´n

P65

unread,
Aug 23, 2004, 3:59:27 PM8/23/04
to
Dis utopie Max;maak een wapenvrye wereld en daar kom andere wat wel wapens
het,dit hoef nie altyd vuurwapens te wees
Vroeer werd oorlog gepleeg met zwaard,speer en boog,daar viel nog meer
dooies
"Max" <ge...@email.com> schreef in bericht
news:4129e81b$0$37789$e4fe...@news.xs4all.nl...

Max

unread,
Aug 24, 2004, 3:06:58 AM8/24/04
to
Wat het die vele moorde vroeër in die oorloë hiermee te maak? Ons sit tog in
´n tyd van vrede, of nie? Ja, daar sal altyd iemand wees om wapens aan te
dra. Soos Nederland destyds gehelp het om die anti apartheidsaktiviste te
bewapen. Hoop hulle kyk na hulle werk en voel trots...

Om onderduktes te help is een ding, om wapens in hulle hande te stop en dan
te retireer is ´n heeltemal ander ding. Maar skuldgevoelens word op rare
maniere gesus!

Ek is in die minderheid hier en gaan nou probeer onttrek met soveel moontlik
grasie. Leef lekker voort in die wille weste, elkeen met ´n kettie in sy
sak.

"P65" <ke...@hotmail.com> wrote in message
news:z0sWc.223540$Xk.10...@phobos.telenet-ops.be...

Suidwester

unread,
Aug 24, 2004, 11:44:35 AM8/24/04
to
Max, ek wil nie bywees die dag as julle land weer in 'n oorlog betrokke raak
nie. Wat sal julle dan maak? Soos in WW11? As die Duitsers baas is dan
spyker die vroumense die Duitsers en as die Yankees baas is, dan kap hulle
die Amerikaners? Mag gaan net vir die ene wat bereid is om dit te vat.

"Max" <ge...@email.com> wrote in message
news:412aeaf1$0$34762$e4fe...@news.xs4all.nl...

Plato

unread,
Aug 24, 2004, 12:19:07 PM8/24/04
to
Dit is die realiteit van die wêreld. Maar Suidwester ek sou nie te veel
energie aan die onderwerpe vermors nie want mense leer maar altyd op die
harde manier. Die arem regerings van lande soos die VSA, VK en elders
het 'n harde tyd om hulle burgers te laat verstaan dat oorlog soms maar
begin moet word ter wille van veiligheid. Ander lande soos Frankryk en
Rusland se leiers lieg maar eerder vir hulle burgers om nie soos Spanje
na die Madrid bom in die slag te bly nie. Die Amerikaners het nie 'n
idee hoe gelukkig hulle is om 'n leier te hê wat oop en bloot die dinge
doen wat gedoen moet word nie. Bush mag dom voorkom maar as hulle hom
uitstem in November stel hulle die nodige net uit, nie af nie. Tony
Blair bly ook maar vêr van die media af weg deesdae. Ook maar vir
verkiesings redes. Westerlinge het verwaterd geraak (agv MENSEREGTE) en
wil net elke rerroris soos 'n TEDDIEBEER vasdruk. Mens kan maar net lag.
Ouens soos Pim Fortuyn in NED en Le Pen in FRANKRYK sien die lig...
stadig maar seker word my mense in Europa wakker...

Laat dit maar staan. Vir nou...

Groete
Plato

Max

unread,
Aug 26, 2004, 7:56:31 AM8/26/04
to
"Suidwester"

> Max, ek wil nie bywees die dag as julle land weer in 'n oorlog betrokke
raak
> nie. Wat sal julle dan maak?

Ek wil ook nie by wees nie. Een ding weet ek seker, ´n rewolwer of pistool
gaan ook nie maak dat ek by wil wees nie...


Max

unread,
Aug 26, 2004, 8:08:42 AM8/26/04
to
"Plato"

> Ouens soos Pim Fortuyn in NED en Le Pen in FRANKRYK sien die lig...
> stadig maar seker word my mense in Europa wakker...

Kan jy uitwei? Jy weet dat PF se lyk al lank ontbind is...? Wat bedoel jy
met jou mense in Europa word wakker? Dis my opinie, maar ek dink dat jy net
so min weet van Europese politiek as wat ons liewe Europese van julle
politiek weet...


Suidwester

unread,
Aug 27, 2004, 2:38:41 AM8/27/04
to
So jy wil vir my sę as iemand in jou huis of eiendom kom en wijou aanval,
dan gaan jy net staan en kyk? As jou vrou verkrag gaan word, dan gaan jy
net staan en toekyk? Die een belangrike rede vir vuurwapens vir
selfverdediging is juis om die speelveld tussen aanvaller en slagoffer
gelyker te maak want die slagoffers is oor die algemeen nie in staat om hul
aanvallers fisies aan te vat nie. 'n Vuurwapen gee jou darem soort van 'n
kans......maar as jy verkies om om te rol en magie bo te gaan lę vir enige
bliksem wat jou wil aanvat, wie's ek om jou dit te misgun?

"Max" <ge...@email.com> wrote in message
news:412dd1d2$0$36861$e4fe...@news.xs4all.nl...

Max

unread,
Aug 27, 2004, 5:50:44 AM8/27/04
to
Moenie vergeet dat ek nie in Afrika woon nie. My vrou ry saans elfuur op
haar fiets rond, die idee dat sy verkrag kan word kom nie eers by my op nie.
Tog bestaan die kans dat dit kan gebeur. Feit is dat almal nie daaroor
koukus nie.

In SA vertel almal mens graag oor die een se vriend se oom se vrou wat
verkrag is. Die derde keer dat jy so ´n storie hoor is jy so paranoďes dat
jy uitstorm en ´n geweer gaan koop, want wie weet, jou vrou is dalk
volgende.

Probleem is dat, as dit hier gebeur, haal dit die nuus en hulle sę dat 25
polisiemanne aan die saak werk. Ook as die misdadiger gevang word, verkondig
hulle dit. In SA is daar oral ´n houding van "Dink jy jy´s besonder omdat jy
verkrag is? Ons het beter dinge te doen..."

Ek het klaar gepraat oor geweerbesit. Kan ons oreenkom dat jy daarvoor is en
ek daarteen?

Max

"Suidwester" <sta...@mweb.com.na> wrote in message

news:412ed...@news1.mweb.co.za...

Suidwester

unread,
Aug 27, 2004, 6:02:26 AM8/27/04
to
Nie 'n probleem nie, maar as 'n laaste sę sou ek reken ek's verbaas dat jy
bewus is van toestande in Afrika en tog propageer jy anti-vuurwapen vir
oraloor. Dalk moet jy net kwalifiseer dat in Nederland is wapens oorbodig?

"Max" <ge...@email.com> wrote in message
news:412f05d8$0$42417$e4fe...@news.xs4all.nl...

Max

unread,
Aug 27, 2004, 5:59:53 AM8/27/04
to
Nederland is al sonder wapens. Ek probeer julle, daar in Afrika te vertel
hoe wonderlik dit is... Jy mag hier ook nie ´n mes, groter as jou handpalm
by jou dra nie. Ek lees wat jy sę, dat dit die boewe net nog ´n groter
voordeel gee, want hulle dra wél wapens, maar my vraag is waar daai wapens
vandaan kom? Dit was ooit wettig, maar is gesteel, in baie gevalle ten koste
van die vorige eienaar se lewe - en dit maak my hartseer. ´n Bose kringloop
dus. Ek en jy sal dit nie kan oplos nie.

"Suidwester" <sta...@mweb.com.na> wrote in message

news:412f0...@news1.mweb.co.za...

Plato

unread,
Aug 27, 2004, 4:21:44 PM8/27/04
to
Max wrote:

Gepraat soos 'n ware man van staal. Een van daai wat vir die mense sal
skreeu moet nie hulle skiet nie, dit maak hulle net kwaad. Sodra jy sien
dit maak nie saak nie, dan hol jy na 'n ander land...

Plato

unread,
Aug 27, 2004, 4:23:47 PM8/27/04
to
Max wrote:

:o)

Miskien is jy reg. Maar miskien is jy dalk net verkeerd. En ja ek weet
hy is dood.

Groete
Plato

Ellie

unread,
Aug 27, 2004, 5:57:28 PM8/27/04
to

"Max" <ge...@email.com> wrote in message
news:412f05d8$0$42417$e4fe...@news.xs4all.nl...

Moenie vergeet dat ek nie in Afrika woon nie. My vrou ry saans elfuur op
haar fiets rond, die idee dat sy verkrag kan word kom nie eers by my op nie.
Tog bestaan die kans dat dit kan gebeur. Feit is dat almal nie daaroor
koukus nie.

In SA vertel almal mens graag oor die een se vriend se oom se vrou wat

verkrag is. Die derde keer dat jy so ´n storie hoor is jy so paranoïes dat


jy uitstorm en ´n geweer gaan koop, want wie weet, jou vrou is dalk
volgende.

Probleem is dat, as dit hier gebeur, haal dit die nuus en hulle sê dat 25


polisiemanne aan die saak werk. Ook as die misdadiger gevang word, verkondig
hulle dit. In SA is daar oral ´n houding van "Dink jy jy´s besonder omdat jy
verkrag is? Ons het beter dinge te doen..."

Ek het klaar gepraat oor geweerbesit. Kan ons oreenkom dat jy daarvoor is en
ek daarteen?

Max

Ek stap ook 11 saans met die hond vir ten minste 2 myl en weet nie eens
waar ons deure se sleutels is nie, het nog nooit in Amerika ons deure
gesluit nie (dalk is ons dom). Ek weet in downtown Birmingham is daar
misdaad, maar minnerig.

Ek gaan omtrent elke jaar S.A . toe, en behalwe n petty misdaad soos handsak
steel en beursie gryp en huisinbrake is nie een van my famlilie of vriende
nog ooit vermoor of aangerand nie. Weet nie of ons net gelukkig is nie. Ek
is altyd op my hoede en sluit alles wat kan sluit as ek daar is, en loop nie
saans rond nie, daar is wel n effense gevoel van dreigende gevaar nou en
dan, maar sover was ons nog gelukkig.
Ek is ook heeltemaal teen geweerbesit, behalwe nou vir die ouens wat jag.
Hoekom hulle toelaat dat gewone mense semi outomatiese gewere mag besit gaan
my verstand te bowe.
Ellie

@rogers.com

unread,
Aug 27, 2004, 8:58:48 PM8/27/04
to

"Ellie" skryf

weet nie eens
> waar ons deure se sleutels is nie, het nog nooit in Amerika ons deure
> gesluit nie (dalk is ons dom).

Wel, ek verbaas my darem dat jy sę dat jy
"nog nooit in Amerika" jou deure gesluit het
nie, dat jy nie "weet waar... die sleutels is
nie." Jy bedoel jy gaan werk en jy sluit
nie jou deure nie? Is jou huis verassureer?
Is 'n voorwaarde vir assuransie nie dat jy
jou deure moet sluit nie?

Gloudina


Ellie

unread,
Aug 28, 2004, 8:41:52 AM8/28/04
to

"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:cNQXc.14$JJU...@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...

"Ellie" skryf

weet nie eens
> waar ons deure se sleutels is nie, het nog nooit in Amerika ons deure
> gesluit nie (dalk is ons dom).

Wel, ek verbaas my darem dat jy sê dat jy


"nog nooit in Amerika" jou deure gesluit het
nie, dat jy nie "weet waar... die sleutels is
nie." Jy bedoel jy gaan werk en jy sluit
nie jou deure nie? Is jou huis verassureer?
Is 'n voorwaarde vir assuransie nie dat jy
jou deure moet sluit nie?

Gloudina

Ek het huis assuransie, ek het ook n groot hond, :-) maar ons buurt het net
een ingang, so niemand wat nie daar woon of hulle gaste ry deur die strate
nie. Ons het ook neighborhood patrol motors wat gereeld die buurt
patrolleer, op en af ry ad nauseum om te sien (hoop) of hulle n dief sien,
maar soos ek se, vir een of ander rede is hier net nie diefstalle nie. Ons
het drie deure na buite (garage ingesluit) wat sleutels het, en ek is seker
as ek gaan soek in een van my kombuislaaie dat ek n sleutel sal kry, maar
ons is drie wat kom en gaan, en die deure is almal ongesluit.

Ellie

@rogers.com

unread,
Aug 28, 2004, 10:35:42 AM8/28/04
to

"Ellie" skryf

maar ons buurt het net
> een ingang,

Ons het ook neighborhood patrol motors wat gereeld die buurt
> patrolleer

Sien, nou kom ons by die kruks van die
saak uit. "Ons buurt het net een ingang."
Ek wonder of dit so waar is dat Birmingham
"baie min geweld" het. Miskien is dit net
in sekere dele so. Maar die hele stad?

Gloudina


Ellie

unread,
Aug 28, 2004, 3:09:00 PM8/28/04
to

"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:2L0Yc.54$ht3...@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...

"Ellie" skryf

Gloudina

Miskien is jy reg, ek kyk nooit na die plaaslike nuus nie, en woon in n
buurt waar omtrent niks misdaad is nie, dit is nie te se hier is nie misdaad
nie, ek weet seker net nie daarvan nie. Ek gaan elke nou en dan in die aand
na die 'downtown' area, maar voel nooit onveilig nie, seker omdat ons twee
universiteit kampusse reg in die downtown area het waar studente rondloop,
en alhoewel daar seker ook misdaad is, is die sekuriteit nogal goed.


knersus

unread,
Aug 29, 2004, 4:05:17 AM8/29/04
to
Almal se ondervinding verskil.

Kom ek vertel julle bietjie van ons straat. Ons het omtrent 20 huise in
ons straat. Hulle het al 2 keer by my ingebreek. 2 keer by buurman.
Buurman aan die ander kant van my is voor sy huis gekaap. Twee huise
verder aan is nog een gekaap (2x). Buurman agter my se bakkie is uit sy
erf gesteel. My bakkie is al gesteel (nie in ons straat nie).

As ons bietjie om die hoek gaan, was daar 'n huisinbraak waar die mense
helder oordag met 'n meubelwa alles weggery het (!). 2 of drie huise
verder op het 'n "High Noon" spaghetti-western vuurgeveg plaasgevind.
Aan die ander punt van ons straat het mense ingebreek en die vrou en
dogter WREED verkrag.

Kom ons kyk bietjie verder. Hulle het my pa geskiet vir geen rede nie,
ander dat hy wit - die ironie hier is dat hy deur 'n ex-Frelimo
hospitaal toe gevat was. Hulle het al hoeveel beeste by hom gesteel, om
nie te praat van strikke wat in sy veld gestel word nie. Diere wat
daarin land moet gewoonlik vankant gemaak word. Lyndrade word gesteel.
By my werk kan ek sonder om eens har te dink vir jou 10 kollegas wys
met dieselfde tipe ondervindings.

Ellie praat van beursiesteel as 'n "kleinigheid": wat van al die moeite
en onkoste om kaarte gestop te kry, bestuurslisensie vervang te kry,
wapenlisensies hernu te kry (lg is definitief nie 'n triviale oefening
nie, jy sal gelukkig wees as jy nog enigsins jou vuurwapens mag behou na
so 'n episode, want jy was kwansuis "nalatig")

Ek kan so aangaan, en ek is nie een van die bes-ingeligte mense oor bure
en kollega's se ervarings nie.

Net twee van die voorvalle wat ek hierbo genoem het, het voor 1994
plaasgevind. Gelukkig het dinge in ons buurt so bietjie afgekoel vandat
ons so 3 jaar terug gewapende wagte gehuur het om die buurt te
patrolleer. Ons weet ook dat meeste van die oordag-inbrake deur blankes
gepleeg is. Die verkragters was swart. My Pa is deur 'n swart man
geskiet. Een van die kollega's by die werk wat deurgeloop het, is 'n
Indiër, nog een is swart, die ander is almal wit. Nie een van die
voorvalle het die koerante gehaal nie. Te algemeen of alledaags, sou ek sê.

Ellie wrote:
> Ek stap ook 11 saans met die hond vir ten minste 2 myl en weet nie eens
> waar ons deure se sleutels is nie, het nog nooit in Amerika ons deure
> gesluit nie (dalk is ons dom). Ek weet in downtown Birmingham is daar
> misdaad, maar minnerig.
>
> Ek gaan omtrent elke jaar S.A . toe, en behalwe n petty misdaad soos handsak
> steel en beursie gryp en huisinbrake is nie een van my famlilie of vriende
> nog ooit vermoor of aangerand nie. Weet nie of ons net gelukkig is nie. Ek
> is altyd op my hoede en sluit alles wat kan sluit as ek daar is, en loop nie
> saans rond nie, daar is wel n effense gevoel van dreigende gevaar nou en
> dan, maar sover was ons nog gelukkig.
> Ek is ook heeltemaal teen geweerbesit, behalwe nou vir die ouens wat jag.
> Hoekom hulle toelaat dat gewone mense semi outomatiese gewere mag besit gaan
> my verstand te bowe.
> Ellie

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|

@rogers.com

unread,
Aug 29, 2004, 8:14:11 AM8/29/04
to

"knersus" skryf

Ons weet ook dat meeste van die oordag-inbrake deur blankes
> gepleeg is. Die verkragters was swart. My Pa is deur 'n swart man
> geskiet. Een van die kollega's by die werk wat deurgeloop het, is 'n
> Indiër, nog een is swart, die ander is almal wit.

Ek dink nie enigiemand sê dat daar nie geweld in
SA is nie. Maar hoekom word dit amper altyd
geskilder as iets wat deur swartes alleen gepleeg
word? Jyself sê hierbo dat meeste van die oordag-
inbrake deur blankes gepleeg is. Jy dui ook aan
dat sommige van die mense wat beroof is, nie
blank is nie. Hoekom word dit so knaend deur
sommige op hierdie nuusgroep voorgestel as 'n
rasseding?
Ons het kabel TV hier in Ottawa, en Rogers
het 'n kontrak met twee Amerikaanse stasies
in Michigan om vir hulle ABC en CBS programme
te verskaf. So kom ek gereeld af op 'n lokale
nuusprogram wat uit Detroit versend word. En as
jy nou hoor wat alles op hulle strate en in hulle
woonbuurtes aangaan, sal daar seker nie veel
verskil wees met wat in jou buurte aangaan nie.
En omdat die bevolking van groot dele van
Detroit swart is, lyk dit dan ook of die probleem
'n swart probleem is.

Gloudina


Katryn

unread,
Aug 29, 2004, 10:47:17 AM8/29/04
to
"@rogers.com" <bou...@rogers.com> skryf:

>En omdat die bevolking van groot dele van
>Detroit swart is, lyk dit dan ook of die probleem
>'n swart probleem is.

En dit is gewoonik met hierdie tipe van argumente waar Ellie se
Birmingham in Alabama altyd ge-opper word. Blykbaar is Birmingham AL
se swart populasie sowat 74% en is die misdaad baie laer as die van
Boston MA bv. wat sowat 50% wit is. (Volgens statistiek verkry van die
net)
En Birmingham pas ook nie mooi in die prentjie wanneer armoede en
opvoeding as maatstawwe gebruiik word nie, want AL is 'n baie arm
staat, en wat skool opvoeding betref, vaar hulle maar net so swak soos
die ander Suidelike state. Dalk effe beter as Georgia, maar ook nie
veel nie.
So, die Birmingham situasie is interessant. Dalk het hulle meer
polisie as die gemiddelde Amerikaanse stad?

Plato

unread,
Aug 29, 2004, 11:25:12 AM8/29/04
to
Katryn wrote:

Of misdaad word nie aangemeld nie?

Katryn

unread,
Aug 29, 2004, 12:51:45 PM8/29/04
to
Plato <pl...@thenewacademy.com> skryf:

>> So, die Birmingham situasie is interessant. Dalk het hulle meer
>> polisie as die gemiddelde Amerikaanse stad?
>>
>
>Of misdaad word nie aangemeld nie?

Ek twyfel of dit die geval sal wees.
Nee wat, ek dink jy moet maar eerder probeer aanvaar dat misdaad nie
altyd gelyk is aan velkleur/ras, nie.
Dat daar ander faktore is wat 'n rol speel. Soos gesien kan word in
SA waar misdaadsyfers onder blanke geledery begin styg. Ek het ook
iewers gelees dat daar meer Afrikaners onder hierdie groep misdadigers
is, as Engelse en ander blanke nasionaliteite. Waarom sou dit wees?
As dit waar is byges^e, natuurlik.


knersus

unread,
Aug 29, 2004, 1:25:16 PM8/29/04
to
Ek sę definitief nie dat alle misdaad deur swart mense gepleeg word nie,
soos jy tereg opgemerk het in my eie persoonlike ervaring. Wat wel waar
is, is dat meer misdaad deur swart mense gepleeg word, en dis bloot 'n
feit wat strook met die demografie van die land: as 80% v.d mense in dié
land swart is, gaan mens verwag dat 80% v.d. misdaad deur swart mense
gepleeg word, dws 1 uit elke 5 dan deur nie-swartes.

Ek dink egter dis oorvereenvoudig, want soos ek koerante ens.
deurlees/-luister, word sg. witboordjiemisdaad baie meer deur die 20%
nie-swart gepleeg (dws meer as die 1 uit 5 keer), terwyl geweldsmisdade
lyk my baie meer as die 80% deur swart mense gepleeg word. Die een tipe
geweldsmisdaad wat hier totaal uit die norm spring is spesifiek die sg.
plaasmoorde. As mens sektoraal na geweldsmisdade kyk, is boerdery
definitief die gevaarlikste beroep op die oomblik - ver bo polisieman of
brandweerman edm. Wat hierdie tipe misdaad uit die kassie laat spring,
is dat die moorde buitengewoon barbaars is en feitlik uitsluitlik 'n
swart-op-blank misdaad is (LW daar word wel heelwat plaaswerkers ook
beseer en 'n paar is ook al doodgeskiet, maar dit maak nie my stelling
hierbo ongeldig nie).

Die feit dat baie misdaad deur swart mense gepleeg word, sluit natuurlik
nie die moontlikheid uit dat baie nie-swartes agter die skerms sit nie.
Een voor-die-handliggende voorbeeld wat ek nou aan kan dink is
skroothandelaars wat koper en aluminium opkoop, welwetende dat dit van
gesteelde kabels af kom.

Die oplossing dink ek nog altyd lę in die skepping van 'n gegoede
middelklas swartmense. Ek wil die stelling waag dat die middelklas in
enige land die temperende ewewigtigheid bring tussen ryk en arm, goed en
sleg, liberaal en konserwatief. Dat die vestiging van so 'n
"middelklas" 'n pynlike en stadige proses is, is nou maar wors. Ek dink
dis die groot rede hoekom baie blankes totaal agteroor buig in 'n poging
om swart mense te akkommodeer - die wete dat ons dié middelklas so gou
moontlik, indien nie gouer, moet vestig. Baie mense maak dan ook met
reg kapsie teen die groeiende gaping tussen ryk en arm, want dit werk
juis die skepping van so 'n middelklas teë.

Ons hele maatskaplike bestel toon tans 'n onstabiele (r)evolusiepatroon.
Daar is natuurlik in so 'n stelsel geleenthede vir allerhande
onderduimse bedrywighede, wat terdeë deur die kriminele element
uitgebuit word. Daar is in enige volwaardige demokrasie altyd 'n mate
van kriminele losbandigheid - dit is in die aard van 'n demokrasie om
dit toe te laat sodat gewone burgers betreklik vry van staatsinmenging
kan leef, anders sal demokrasie gou-gou in 'n polisiestaat en
uiteindelik diktatorskap vervang word.

@rogers.com wrote:
> Ek dink nie enigiemand sę dat daar nie geweld in


> SA is nie. Maar hoekom word dit amper altyd
> geskilder as iets wat deur swartes alleen gepleeg

> word? Jyself sę hierbo dat meeste van die oordag-


> inbrake deur blankes gepleeg is. Jy dui ook aan
> dat sommige van die mense wat beroof is, nie
> blank is nie. Hoekom word dit so knaend deur
> sommige op hierdie nuusgroep voorgestel as 'n
> rasseding?

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|

Ellie

unread,
Aug 29, 2004, 2:25:41 PM8/29/04
to

"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:nMjYc.1$enm...@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...

"knersus" skryf

Gloudina


Wel, dis moeilik om appels met pere te vergelyk, want ek woon in n county
in Birmingham, maar hier is min of meer korrekte statistieke vir die stad
Birmingham (wat die downtown area insluit, en wat meesal swart is, en Shelby
county, waar ek woon).

Demographics of Birmingham
As of the census of 2000, there are 242,820 people, 98,782 households, and
59,269 families residing in the city. The racial makeup of the city is
24.07% White, 73.46% Black or African American, 0.17% Native American, 0.80%
Asian, 0.04% Pacific Islander, 0.62% from other races, and 0.83% from two or
more races. 1.55% of the population are Hispanic or Latino of any race.


Misdaad statistieke vir die stad Birmingham wat nie my county insluit nie, v
ir die jaar 2000, dws 242 000 mense.

Birmingham Murders 65
Birmingham Forcible Rapes 239
Birmingham Robberies 1186
Birmingham Aggravated Assaults 1697
Birmingham Burglaries 4389
Birmingham Larceny/Thefts 11640
Birmingham Motor Vehicle Thefts 2049
Birmingham Arsons 211


Nou vir Shelby county waar ek woon wat nie Birmingham insluit nie,
Birmingham se county is Jefferson county.

Arrests in Shelby County Alabama
Population 126,804

Crime Number (Estimate) 2000
Total 5,632
Murder 5
Rape 15
Robbery 22
Aggravated Assault 119
Burglary 65
Larceny - theft 330
Motor vehicle thefts 25
Arson 3
Other assaults 790
Forgery & counterfeiting 68
Fraud 584
Embezzlement 1
Have stolen property 53
Vandalism 56
Weapons violations 34
Prostitution and commercial vice 1
Sex offenses 10
Total drug violations 423
Gambling 5
Offenses against family & child 59
Driving under influence 597
Liquor law violations 235
Drunkenness 353
Disorderly conduct 103
Vagrancy 3
All other offenses except traffic 1,668
Coverage indicator 68%

Ek moet se, die syfers lyk baie laag.

Data provided by the Federal Bureau of Investigation to the National Archive
of Criminal Justice Data, University of Michigan

Nou sal ek nie weet of dit hoog is nie, want ek het nie nou tyd om ander
stede te vergelyk nie, en in S.A. word die hele S.A. genoem as dit by
misdaadsyfers kom, hier is dit per county, stad of staat wat anders is.
Iemand slim hier sal wel weet ;-)

@rogers.com

unread,
Aug 29, 2004, 2:32:55 PM8/29/04
to

"knersus" skryf

> Die oplossing dink ek nog altyd lê in die skepping van 'n gegoede


> middelklas swartmense. Ek wil die stelling waag dat die middelklas in
> enige land die temperende ewewigtigheid bring tussen ryk en arm, goed en
> sleg, liberaal en konserwatief. Dat die vestiging van so 'n
> "middelklas" 'n pynlike en stadige proses is, is nou maar wors.

En, ongelukkig, is dit vir 'n halfeeu in die wiele gery
deur wette wat die nie-blanke middelklas tweedehandse
burgers in hulle eie land gemaak het. Ek dink nou aan
byvoorbeeld die swart prokureur wat by my swaer in
Potgietersrus 'n kantoor wou huur, en toe aangesê is
dat hy moes trek na die woonbuurte buite Potgietersrus
wat vir nie-blankes opsygesit is. In die kaal haai vlakte.
My suster het eenkeer vir ons dié woonbuurte gaan
wys, juis om vir ons te wys watter mooi huise die
Indiërs vir hulle self daar moes bou. Nou hoekom
kon my suster se swart bediende in haar agterplaas
in 'n wit gebied bly, maar die swart prokureur moes
'n kantoor hê in 'n area waar min van sy kliënte hom
kon bereik. Mense, veral die ondenkende Afrikaner,
wil dit nie weet nie. Maar hulle lê nou in die bed
wat vir hulle voorberei is deur hulle eie mense, wat
te kortsigtig was om te sien hoe dinge inmekaar steek.

Gloudina


Plato

unread,
Aug 30, 2004, 12:48:57 AM8/30/04
to
Nee, jy verstaan verkeerd. Ek het nie ras of enige iets probeer voorhou
as verskoning vir enige iets nie. Ek dink dit mag dalk die geval wees in
arm gemeenskappe dat misdaar nie aangemeld word nie. Dit mag 'n
verwronge idee gee dat misdaad laag is. Dit is waar vir
verkragtingsyfers hier in SA volgens kenners.

Ek dink dat baie arm gemeenskappe die polisie probeer vermy omdat dit
moeite is. Polisie stasies is vêr en kos geld (treinvooie ens.) om te
besoek.

Veral in landelike gemeenskappe...

Ek dink hier is 'n verwronge idee oor my rasse uitkyk op die nuusgroep...

Groete
Plato

Suidwester

unread,
Aug 30, 2004, 3:33:25 AM8/30/04
to
Max, hierdie is 'n geval van wat is die eerste, die hoender of die eier.
Die oorgrote meerderheid van die wapens wat in misdaad gebruik word is nie
gesteelde gelisensieërde wapens nie. AK47's word nie 'n lisiensie voor
gegee nie. Die Makarof pistool is baie te sien. Dis uitskotwapens uit
die vryheidstryd wat nou hul pad vind na misdadigers se hande toe. Die
rede is nie so moeilik om te kry nie. 'n Hele geslag jong mans het
gedurende die vryheidstryd sonder skool en opvoeding grootgeword. Die nuwe
regering sorg net vir die politici en hul begunstigdes, maar hierdie
'vegters' sit nou sonder opleiding en dus sonder werk. Geweld is al wat
hulle ken en die wapens lę begrawe vir wanneer hulle dit nodig kry.
Een ding wat ek vir jou moet sę. 'n Vuurwapen het veel meer gebruike
as bloot net 'n ding waarmee jy jouself beskerm. Ek ry byvoorbeeld nęrens
an die binneland toe sonder 'n pistool in die kar nie. Enersyds wel vir
ingeval jy in die nood kom en gaan staan langs die pad en 'n paar botjotso's
besluit dis nou die geleentheid om droog te maak, maar daar is ander
gebruike ook. Ons bly in 'n wilde land met baie wild. Jy kan nie altyd
keer vir wilde diere nie en ongelukke kan gebeur.....soos koedoes wat in
karre inspring, donkies wat gestamp raak, steenbokke, vlakvarke, ens. wat
raakgery word. Eerder as om 'n beseerde dier te sien ly, gebuik jy die
pistool om hul lyding te verlig.
Jy kan julle land nie vergelyk met Afrika nie..............


"Max" <ge...@email.com> wrote in message

news:412f07fd$0$78753$e4fe...@news.xs4all.nl...

Suidwester

unread,
Aug 30, 2004, 3:46:17 AM8/30/04
to

"Ellie" <su...@spring.com> wrote in message
news:c7OXc.526$JT3...@newsread3.news.atl.earthlink.net...

>
> Ek gaan omtrent elke jaar S.A . toe, en behalwe n petty misdaad soos
handsak
> steel en beursie gryp en huisinbrake is nie een van my famlilie of vriende
> nog ooit vermoor of aangerand nie.
-----So jy vind dit aanvaarbaar dat mense jou handsak of huis kan besteel?
Ek is jammer, maar dis nie vir my aanvaarbaar nie.


> Ek is ook heeltemaal teen geweerbesit, behalwe nou vir die ouens wat jag.

-----As jy 'n motor mag hę waarmee baie meer mense jaarliks doodgemaak word
as met vuurwapens, wat gee jou die reg om my my vuurwapen te misgun? Ek
dog almal het gelyke regte? Wat van daai blokke messe wat julle vroumense
so graag in die kombuis vertoon?

> Hoekom hulle toelaat dat gewone mense semi outomatiese gewere mag besit
gaan
> my verstand te bowe.

------Jy kan nie in SA 'n outomatiese vuurwapen [aanvalsgeweer] wettiglik
besit behalwe onder spesiale omstandighede nie.


Suidwester

unread,
Aug 30, 2004, 3:53:00 AM8/30/04
to

"Ellie" <su...@spring.com> wrote in message
news:k4%Xc.2535$6o3...@newsread2.news.atl.earthlink.net...

>
> Ek het huis assuransie, ek het ook n groot hond
-----Ek wil jou nie ontstel nie, maar weet jy hoe maklik 'haal jy 'n hond
uit'? Net 'n skerp fietsspeek en jy steek hom in sy kuiltjie en hy's nie
meer nie. As die hond nie binne in die huis slaap nie, moet nie daarop
'bargain' nie.

, :-) maar ons buurt het net
> een ingang, so niemand wat nie daar woon of hulle gaste ry deur die strate
> nie. Ons het ook neighborhood patrol motors wat gereeld die buurt
> patrolleer, op en af ry ad nauseum om te sien (hoop) of hulle n dief sien,
> maar soos ek se, vir een of ander rede is hier net nie diefstalle nie.

----Ek neem aan jou sekriteitswagte het wapens? Dan het jy mos wapens wat
jou beskerm? Jy wil dit net nie self doen nie! Myns insiens tipies die
moderne mens.....skuif die verantwoordelikheid op iemand anders af en trek
hande in die lug as iets gebeur. Dis presies hoekom misdaad
floreer....omdat die mens homself minder en minder paraat maak.


Ons
> het drie deure na buite (garage ingesluit) wat sleutels het, en ek is
seker
> as ek gaan soek in een van my kombuislaaie dat ek n sleutel sal kry, maar
> ons is drie wat kom en gaan, en die deure is almal ongesluit.

-----Ek hoop nie die dag kom dat jy gaan wens jy weet waar's daai sleutels
nie! Daai dag sal jy weet dat jy 'n verantwoordelikheid teenoor die ander
mense in jou woning het om die klas dinge te weet en as hulle iets oorkom,
dan is JY die skuldige, nie die misdadiger wat jy die geleentheid gegee het
nie!
>
> Ellie
>


Suidwester

unread,
Aug 30, 2004, 4:04:21 AM8/30/04
to
En jy kan jouself nie weerhou daarvan om weer op die rassekarretjie te klim
nie? Jy is die grootste rassis wat ek ken, ou antie! Daar is 'n baie
praktiese rede dat die meerderheid van die misdaad in Suider-Afrika deur
swart mense gepleeg word [dis nou bo en behalwe die getalle-ding]: Die
grootste deel van hierdie misdade word gepleeg weens 'n behoefte om te
oorleef in 'n land waar die nuwe politici vir die gewone man op straat nie
veel bring nie. Om te eet, moet hulle steel en van wie af steel jy?
Iemand wat iets het wat van genoeg waarde is dat dit op die swart mark
verkoop kan word vir geld vir kos om te eet. Dit beteken die nuutste
selfone, kameras, ens. Wie besit dit? Meestal blankes. So wie steel
van wie? Wat egter ook wel waar is, is dat die mense wat die markte vir
gesteelde goed skep, ook blankes insluit.

"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:rjpYc.90357$UTP....@twister01.bloor.is.net.cable.rogers.com...

>
> En, ongelukkig, is dit vir 'n halfeeu in die wiele gery
> deur wette wat die nie-blanke middelklas tweedehandse
> burgers in hulle eie land gemaak het. Ek dink nou aan
> byvoorbeeld die swart prokureur wat by my swaer in
> Potgietersrus 'n kantoor wou huur, en toe aangesę is

> dat hy moes trek na die woonbuurte buite Potgietersrus
> wat vir nie-blankes opsygesit is. In die kaal haai vlakte.
> My suster het eenkeer vir ons dié woonbuurte gaan
> wys, juis om vir ons te wys watter mooi huise die
> Indiërs vir hulle self daar moes bou. Nou hoekom
> kon my suster se swart bediende in haar agterplaas
> in 'n wit gebied bly, maar die swart prokureur moes
> 'n kantoor hę in 'n area waar min van sy kliënte hom

> kon bereik. Mense, veral die ondenkende Afrikaner,
> wil dit nie weet nie. Maar hulle lę nou in die bed

Max

unread,
Aug 30, 2004, 5:52:44 AM8/30/04
to

"Plato"

> Gepraat soos 'n ware man van staal. Een van daai wat vir die mense sal
> skreeu moet nie hulle skiet nie, dit maak hulle net kwaad. Sodra jy sien
> dit maak nie saak nie, dan hol jy na 'n ander land...

Jy kan poep teen ´n windstorm, of jy kan jou goed pak en gaan waar die
samelewing jou behaag.

Ek het my keuse gemaak.


Max

unread,
Aug 30, 2004, 5:58:31 AM8/30/04
to
"@rogers.com"

> Sien, nou kom ons by die kruks van die
> saak uit. "Ons buurt het net een ingang."
> Ek wonder of dit so waar is dat Birmingham
> "baie min geweld" het. Miskien is dit net
> in sekere dele so. Maar die hele stad?
>
> Gloudina
>

Hoekom is dit vir jou so belangrik om die "kwaad" in SA goed te praat met
die "kwaad" in ander streke van die węreld. Die SA´ers probeer nie sę dat
hulle die enigste ter węreld is met "kwaad" nie, hulle probeer net sę dat
die "kwaad" handuitruk!


@rogers.com

unread,
Aug 30, 2004, 8:41:13 AM8/30/04
to

"Suidwester" skryf

. Dit beteken die nuutste
> selfone, kameras, ens. Wie besit dit? Meestal blankes. So wie steel
> van wie? Wat egter ook wel waar is, is dat die mense wat die markte vir
> gesteelde goed skep, ook blankes insluit.

So daar het jy dit. Wie het die nuutste selfone en kameras, volgens jou.
Blankes, volgens jou. So waar kom jy nou aan die idee dat die
blankes in SA krepeer van ellende? Want, volgens jou, is die ANC
regering so sleg en korrup, dat almal insluitende die Afrikaners krepeer
van ellende. Ek dink jy moet jou rapporteerdery van "wat in SA
aangaan" hersien.

Gloudina


Suidwester

unread,
Aug 30, 2004, 9:37:06 AM8/30/04
to
Antie, steeds skeit jy in die verkeerde gat. Anders as die swart mense
[oor die algemeen] wat op 'n hoop gaan sit en huil oor hul regering wat nie
vir hulle sorg vir huise en grond nie, werk die blankes [oor die algemeen]
daaraan om hul eie saak te verbeter. Ek het jou al voorheen gesę ek het
ouers gehad wat geen enkele duim grond in Nam besit het weens armgeid nie.
Hulle het hul lewens lank gewerk en gespaar vir 'n aftrede en het toe vir
hulle 'n blyplekkie gekoop. So het ons kinders maar ook eie pot gekrap en
tot op hede het ek nog nooit iets verniet van die staat af gekry nie.
Alles wat ek wou gehad het, moes ek werk voor deur geld te verdien. Ek
verwag nie van die staat om vir my te sorg nie. Ek betaal belasting en
verwag daarvoor dienste, soos water, riolering, paaie, administrasie, ens,
ens. Ek het nog nooit 'n erf of 'n plaas verniet gekry nie en ook nie teen
goedkoop pryse anders dan by onderhandeling in 'n besigheidstransaksie nie.
So is die meeste blankes in ons land. Hulle leef en werk elke dag van
hul lewens en maak die geld [ja baie keer uit die swart mense uit wat nié
wil werk nie] en dan het hulle die geld vir die beter dinge van die lewe.
Ek sou dink dis logies, of hoe?

"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:JfFYc.6335$pDB1...@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...

@rogers.com

unread,
Aug 30, 2004, 9:49:46 AM8/30/04
to

"Suidwester" skryf

> So is die meeste blankes in ons land. Hulle leef en werk elke dag
van
> hul lewens en maak die geld [ja baie keer uit die swart mense uit wat nié
> wil werk nie] en dan het hulle die geld vir die beter dinge van die lewe.
> Ek sou dink dis logies, of hoe?

Heel logies, behalwe dat jy en mense soos jy
uit twee kante van julle mond praat. Nou skryf
julle sus, en dan skryf julle so. En uiteindelik
is al indruk wat dit op die ondenkende hoorder
laat, dat alles en almal in SA krepeer. Wat
natuurlik baie ver van die waarheid is, as jy
veral na die blankes kyk.

Gloudina


Suidwester

unread,
Aug 30, 2004, 11:07:54 AM8/30/04
to
Ek praat nog die hele tyd uit een mond uit, dis jy wat nie so lekker kan
lees nie! Of jy lees net wat jy graag wil sien? Ek het nog nooit gesę
dat alle blankes of alle swartes krepeer in Afrika nie. Die mense wat
welvarend was VOOR die politieke verandering, is steeds welvarend oor die
algemeen. Die armes, is steeds arm. Niks sover die die individueel se
inkomste aangaan, het eintlik verander nie! Hoeveel keer het ek dit al vir
jou gesę?
Wat wel verander het, is dat daar 'n bestaande infrastruktuur in die
verlede onder die blanke regering opgebou is en dat dit nou nie onder die
nuwe regering in stand gehou word nie. Dienslewering van die staatsdiens
is nie op die standaard van die verlede nie. Alles gaan agteruit en
behalwe vir die elite van die regerende party, is daar vir die man op die
grond geen verbetering in sy lewensstadaard nie. Minder werk, bring meer
plakkery by dorpe en stede in hoop om werk te kry wat daar nie is nie en op
die ou end ly die gesondheidsdienste, ens. daaronder. Die dorpe en stede
se watervoorsiening kom onder druk en op die ou end moet Swapo nou begin
dink aan dinge wat die ou NP regering gedoen het: Desentralisasie en
invloeibeheer!
Kom laat ek dit vir jou maklik verstaanbaar maak: 'n Land soos Namibië
of SA het eintlik net een basiese manier van goeie bestuur. Maak nie saak
of jy 'n apartheidsvark, 'n vryheidsvark of 'n kommunis is nie, as die
gepolitiekery verby is, dan begin die werk en as jy mooi na die werk kyk,
dan is daar basiese take wat verrig moet word. Voor die demokrasie is dit
gedoen deur mense met ondervinding en jare se opleiding. Na die demokrasie
is die ervare mense vervang deur onbevoegde regstellende aksie aanstellings
en word die basiese take nie verrig nie......baie keer wéét die mense nie
eers wat verkeerd is nie!
Nou, enige logiese mens sal vir jou vra wat eintlik het die LAND gewen
deur die politieke verandering? Niks, fokol. Jy kan vryheid nie eet nie
en hoe gouer jou politieke helde dit besef, hoe gouer sal hulle besef dis
net 'n kwessie van tyd soos hulle nou aangaan, dan looi hul eie mense hulle
in 'n verkiesing. NOU is daar nog die verskonings deur mense soos jy wat
die Afrika Piesangregerings op 'n troontjie plaas, maar die dag is nie meer
so ver voor hul eie mense hulle gaan bloedkeel gee in 'n verkiesing nie.....

"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:_fGYc.109411$UTP....@twister01.bloor.is.net.cable.rogers.com...

P_65

unread,
Aug 30, 2004, 11:37:26 AM8/30/04
to
Max schreef op 27/08/2004 :

> Nederland is al sonder wapens.
Max,wat jy vertel is nie reg nie,ek gaan weekliks naar een skietplaas
in Zeeland en daar stel ek vas dat daardie Nederlanders net soveel
wapens het as ons;hulle wapenbesit is wel streng gereglementeer


Ek probeer julle, daar in Afrika te vertel

> hoe wonderlik dit is... Jy mag hier ook nie Žn mes, groter as jou handpalm
> by jou dra nie. Ek lees wat jy sê, dat dit die boewe net nog Žn groter


> voordeel gee, want hulle dra wél wapens, maar my vraag is waar daai wapens
> vandaan kom? Dit was ooit wettig, maar is gesteel, in baie gevalle ten koste

> van die vorige eienaar se lewe - en dit maak my hartseer. Žn Bose kringloop


> dus. Ek en jy sal dit nie kan oplos nie.
>

> "Suidwester" <sta...@mweb.com.na> wrote in message
> news:412f0...@news1.mweb.co.za...
>> Nie 'n probleem nie, maar as 'n laaste sê sou ek reken ek's verbaas dat jy
>> bewus is van toestande in Afrika en tog propageer jy anti-vuurwapen vir
>> oraloor. Dalk moet jy net kwalifiseer dat in Nederland is wapens oorbodig?


>> "Max" <ge...@email.com> wrote in message

>> news:412f05d8$0$42417$e4fe...@news.xs4all.nl...
>>> Moenie vergeet dat ek nie in Afrika woon nie. My vrou ry saans elfuur op
>>> haar fiets rond, die idee dat sy verkrag kan word kom nie eers by my op
>>> nie. Tog bestaan die kans dat dit kan gebeur. Feit is dat almal nie daaroor
>>> koukus nie.
>>>
>>> In SA vertel almal mens graag oor die een se vriend se oom se vrou wat

>>> verkrag is. Die derde keer dat jy so Žn storie hoor is jy so paranoïes dat
>>> jy uitstorm en Žn geweer gaan koop, want wie weet, jou vrou is dalk


>>> volgende.
>>>
>>> Probleem is dat, as dit hier gebeur, haal dit die nuus en hulle sê dat 25
>>> polisiemanne aan die saak werk. Ook as die misdadiger gevang word,

>>> verkondig hulle dit. In SA is daar oral Žn houding van "Dink jy jyŽs

>>> besonder omdat jy verkrag is? Ons het beter dinge te doen..."
>>>
>>> Ek het klaar gepraat oor geweerbesit. Kan ons oreenkom dat jy daarvoor is
>>> en ek daarteen?
>>>
>>> Max
>>>

>>> "Suidwester" <sta...@mweb.com.na> wrote in message
>>> news:412ed...@news1.mweb.co.za...
>>>> So jy wil vir my sê as iemand in jou huis of eiendom kom en wijou aanval,
>>>> dan gaan jy net staan en kyk? As jou vrou verkrag gaan word, dan gaan jy
>>>> net staan en toekyk? Die een belangrike rede vir vuurwapens vir
>>>> selfverdediging is juis om die speelveld tussen aanvaller en slagoffer
>>>> gelyker te maak want die slagoffers is oor die algemeen nie in staat om
>>>> hul aanvallers fisies aan te vat nie. 'n Vuurwapen gee jou darem soort
>>>> van 'n kans......maar as jy verkies om om te rol en magie bo te gaan lê
>>>> vir enige bliksem wat jou wil aanvat, wie's ek om jou dit te misgun?


>>>> "Max" <ge...@email.com> wrote in message

>>>> news:412dd1d2$0$36861$e4fe...@news.xs4all.nl...
>>>>> "Suidwester"
>>>>>> Max, ek wil nie bywees die dag as julle land weer in 'n oorlog betrokke
>>>>>> raak nie. Wat sal julle dan maak?
>>>>>
>>>>> Ek wil ook nie by wees nie. Een ding weet ek seker, Žn rewolwer of
>>>>> pistool gaan ook nie maak dat ek by wil wees nie...

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Plato

unread,
Aug 30, 2004, 11:48:50 AM8/30/04
to
Verskoon my as ek hier net 'n klip in die bos gooi. Mense kyk baie na
blanke sukses en skreeu as hulle die agerstand van nie-blankes sien. Ek
waarborg jou dat die meeste blankes in Suid Afrika maar net 'n lewe lei
soos ander mense in Australie, NZ, VK ensovoorts. Sonder gedagte of
agenda gaan hulle maar elke dag deur met wakker word, ondbyt, kinders
skool toe neem, werk, bekommernis oor rekeninge, kos en klere roetine.
Die meeste blankes (99% en meer) doen maar net wat mense doen om 'n lewe
te maak. Min dink planne uit om swart mense te bedonner of te verdruk.

Maak van die wat jy wil. Dit is waar...

Groete
Plato

@rogers.com wrote:

> "Suidwester" skryf
>
> .. Dit beteken die nuutste

Katryn

unread,
Aug 30, 2004, 4:45:33 PM8/30/04
to
Plato <pl...@theoldacademy.com> skryf:

>Nee, jy verstaan verkeerd. Ek het nie ras of enige iets probeer voorhou
>as verskoning vir enige iets nie.

Oooo...skuus. Jy was eintlik net besig om die "Noble Lie" probeer
ondersteun (advocate)? En jy is 'n Spartaan eerder as 'n Athenian?
;-)

>Ek dink hier is 'n verwronge idee oor my rasse uitkyk op die nuusgroep...

Enigiets is moontlik. Dit ook.
;-)

Plato

unread,
Aug 31, 2004, 1:25:44 AM8/31/04
to
Nee, ek is maar net die mier war regmaak vir die winter omring deur 'n
klomp springkane. En as jy die analogie kan verstaan sonder om jou tong
te klap en op 'n ponie van "geregtigheid" te spring kan ons verder praat...

Cheers
Plato

Katryn

unread,
Aug 31, 2004, 8:49:32 PM8/31/04
to
Plato <pl...@theoldacademy.com> skryf:

>Nee, ek is maar net die mier war regmaak vir die winter omring deur 'n
>klomp springkane. En as jy die analogie kan verstaan sonder om jou tong
>te klap en op 'n ponie van "geregtigheid" te spring kan ons verder praat...

Dis nou te sę as ek wil verder met jou praat ou Paul. Ek dink jy is
rerig maar net 'n ODSSEKPF soos Swart Simon so mooi gestel het.
Leeg. Dolleeg.


Plato

unread,
Sep 1, 2004, 3:04:21 AM9/1/04
to
Paul? Wie de hel is Paul?

Katryn

unread,
Sep 1, 2004, 9:12:39 AM9/1/04
to
Plato <pl...@theoldacademy.com> skryf:

>Paul? Wie de hel is Paul?

Ag, wie probeer jy bluf. jong?

From: "Paul" <pau...@absamail.co.za>
NNTP-Posting-Host: 168.209.98.66

From: Plato <pl...@theoldacademy.com>
NNTP-Posting-Host: 168.209.98.66

Plato

unread,
Sep 1, 2004, 5:01:07 PM9/1/04
to
Katryn wrote:

Dinamiese IP adres. Ek is op ADSL mens. Ek kry elke 24 uur ander adres...

Ek is regtig nie die Paul persoon nie...

Groete
Plato

Katryn

unread,
Sep 1, 2004, 6:31:25 PM9/1/04
to
Plato <pl...@thenewacademy.com> skryf:

>> NNTP-Posting-Host: 168.209.98.66
>
>Dinamiese IP adres. Ek is op ADSL mens. Ek kry elke 24 uur ander adres...

Dalk moet jy self gaan kyk wat jou IP was sedert jy hier begin
deelneem het as Plato. Glo my, dit was en bly konstant bogenoemde -
behalwe vir gister - toe het Paul van hierdie IP geskryf, en jy het 'n
ander een gebruik.

>Ek is regtig nie die Paul persoon nie...

Dit maak regtig nie saak wat jy jouself wil noem nie.

Plato

unread,
Sep 2, 2004, 12:20:22 AM9/2/04
to
Daar is twee hoof NNTP servers in SA. news.is.co.za / news.saix.net

Ek gebruik beide... PING bietjie die news.is.co.za server en kyk wat kry
jy... NNTP is die nuus protokol vir 'n nuusgroep bediener terloops.

Groete
Plato

NS. Ek is nie Paul nie.

Lou

unread,
Sep 4, 2004, 12:11:17 PM9/4/04
to
Plato <pl...@theoldacademy.com> wrote in message news:<gLCdnQLbmZX...@is.co.za>...

> Daar is twee hoof NNTP servers in SA. news.is.co.za / news.saix.net
>
> Ek gebruik beide... PING bietjie die news.is.co.za server en kyk wat kry
> jy... NNTP is die nuus protokol vir 'n nuusgroep bediener terloops.
>
> Groete
> Plato
>
> NS. Ek is nie Paul nie.
>

En Katryn is tjoepstil - sukkel seker maar om haat voet uit die mond te kry!!

RODFLEMGA!!!

Lou

unread,
Sep 4, 2004, 12:14:58 PM9/4/04
to
Plato <pl...@theoldacademy.com> wrote in message news:<3_WdnV7NYu_...@is.co.za>...

> Verskoon my as ek hier net 'n klip in die bos gooi. Mense kyk baie na
> blanke sukses en skreeu as hulle die agerstand van nie-blankes sien. Ek
> waarborg jou dat die meeste blankes in Suid Afrika maar net 'n lewe lei
> soos ander mense in Australie, NZ, VK ensovoorts. Sonder gedagte of
> agenda gaan hulle maar elke dag deur met wakker word, ondbyt, kinders
> skool toe neem, werk, bekommernis oor rekeninge, kos en klere roetine.
> Die meeste blankes (99% en meer) doen maar net wat mense doen om 'n lewe
> te maak. Min dink planne uit om swart mense te bedonner of te verdruk.
>
> Maak van die wat jy wil. Dit is waar...
>
> Groete
> Plato
>

Nee man Plato - moet nou nie perfek onlogiese argument met feite kom bedinges nie!!!

En daar is 'n hele klomp swart middelklas mense wat ook dieselfde lewenswyse lei ...

0 new messages