Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Koos du Plessis lirieke

603 views
Skip to first unread message

Koot Pieterse

unread,
May 7, 2002, 1:51:01 AM5/7/02
to
Is hier iemand wat lirieke van Koos se bekende liedere ęrens beskikbaar het?
My vriendin in Kanada het op sy musiek afgekom en nou wil sy weet wat sę hy.

Groete
Koot Pieterse
(jpie...@petech.ac.za)


Threeships Mcduck

unread,
May 7, 2002, 2:36:59 AM5/7/02
to
On Tue, 7 May 2002 07:51:01 +0200, "Koot Pieterse"
<jpie...@nospam.petech.ac.za> served the following to the group:

>Is hier iemand wat lirieke van Koos se bekende liedere êrens beskikbaar het?
>My vriendin in Kanada het op sy musiek afgekom en nou wil sy weet wat sê hy.
>
>Groete
>Koot Pieterse
>(jpie...@petech.ac.za)
>

ja, enige iets spesifieks waarna jy soek? hy het heelwat bekendes

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koot Pieterse

unread,
May 7, 2002, 4:30:25 AM5/7/02
to
Haar lysie lyk soos volg (in Kanadese Afrikaans!):
as alma ver is/ as jy my kon volg/ boshoek/ die somer is verby/ groet sonder
woorde/ hier's ons almal tesaam/ karla/ kinders van die wind/ koue-vurr/
miskien karien/ mornay/ najaarsdroom/ nokturne/ onthou jy nog/ op pad na
nooitgedacht/ Pretoria/ skadu's teen die muur/ skielik is jy vry/ soektog/
spore op die maan/ sprokie vir 'n stadskind/

'Skuus man, ek weet dis 'n klomp en 'n "tall order". Sal jy my kan help?

Koot

"Threeships Mcduck" <an...@mothership.co.za> wrote in message
news:petedus1gjppc8rrg...@4ax.com...

Annette

unread,
May 7, 2002, 5:29:41 AM5/7/02
to
Koot, miskien sal TJ aan jou inligting kan verskaf .
Ek ken 'n hele paar se woorde, maar ek dink dat almal moet iewers beskikbaar
wees.
Annette


"Koot Pieterse" <jpie...@nospam.petech.ac.za> wrote in message
news:ab83aq$ro9$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

Threeships Mcduck

unread,
May 7, 2002, 6:41:49 AM5/7/02
to
On Tue, 7 May 2002 10:30:25 +0200, "Koot Pieterse"

<jpie...@nospam.petech.ac.za> served the following to the group:

>Haar lysie lyk soos volg (in Kanadese Afrikaans!):


>as alma ver is/ as jy my kon volg/ boshoek/ die somer is verby/ groet sonder
>woorde/ hier's ons almal tesaam/ karla/ kinders van die wind/ koue-vurr/
>miskien karien/ mornay/ najaarsdroom/ nokturne/ onthou jy nog/ op pad na
>nooitgedacht/ Pretoria/ skadu's teen die muur/ skielik is jy vry/ soektog/
>spore op die maan/ sprokie vir 'n stadskind/
>
>'Skuus man, ek weet dis 'n klomp en 'n "tall order". Sal jy my kan help?
>
>Koot
>

hier is sprokie vir `n stadskind solank. ek ken hom uit my kop. gee my
net so rukkie kans dan ek kyk watter van die ander ek kan uitgrou.

As die reen van stof en roet verby is en die rook verdwyn
Sal daar in die sterrelose hemel `n neon boog verskyn

En kyk maar goed want as jy hom vind
vertel ek vir jou `n sprokie my kind
van `n skatkis met ou ketting gebind
aan die neon boog se punt

Volg hom elke nag oor swart riviere, oor kranse van beton
As jy aanhou stap tien duisend ure sal jy dalk daar kom

Maar hier moet jy jou nimmer laat bind
want so lui die ou, ou sprokie my kind
as jy geluk en vrede wil vind
soek die neon boog se punt

Volg hom elke nag oor swart riviere, kyk nie een maal om
Dalk vind jy die land van blou saffiere en dalk `n brokkie son


Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Kinky

unread,
May 7, 2002, 2:34:02 PM5/7/02
to
> On Tue, 7 May 2002 10:30:25 +0200, "Koot Pieterse"
> <jpie...@nospam.petech.ac.za> served the following to the group:
>
> >Haar lysie lyk soos volg (in Kanadese Afrikaans!):
> >as alma ver is/ as jy my kon volg/ boshoek/ die somer is verby/ groet sonder
> >woorde/ hier's ons almal tesaam/ karla/ kinders van die wind/ koue-vurr/
> >miskien karien/ mornay/ najaarsdroom/ nokturne/ onthou jy nog/ op pad na
> >nooitgedacht/ Pretoria/ skadu's teen die muur/ skielik is jy vry/ soektog/
> >spore op die maan/ sprokie vir 'n stadskind/
> >
> >'Skuus man, ek weet dis 'n klomp en 'n "tall order". Sal jy my kan help?
> >
> >Koot

KinkY: Hier is een van sy gedigte. Ek glo nie dit is al gesing nie
maar vir my bly dit van sy mooiste woorde:


Koos du Plessis (1945-1984)


Ek het al elke koers gevat
die hoofweg en die kronkelpad,
gedrink en eet wat ek kon kry,
van duiwelsdrek tot wildevy,
hier gery en daar geloop,
soms getwyfel, soms gehoop;
veel bemin en veel gehaat,
van albei ewe min gebaat.
Toe sien ek oos word eindelik wes
en elke pad is soos die res
en alle water kom van bo;
dat duiwelsdrek en wildevy
in net dieselfde grond gedy
en waar die wildevye vrek
daar kwyn maar ook die duiwelsdrek
en of jy loop en of jy ry
die koers sal net dieselfde bly.


André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg)
2000.

Koot Pieterse

unread,
May 8, 2002, 2:33:15 AM5/8/02
to

Ek stem saam, dit is baie mooi (om nou 'n nie-literêre term te gebruik...).
Dit herinner my aan 'n ander lied van hom, kan net nie dink watter een nie.

Wouter Plaasvark

unread,
May 8, 2002, 4:16:15 AM5/8/02
to
Ek wonder of jy aan sy gedig oor die pad dink. Ek kan nie onthou wat die
naam van die gedig is nie, maar die verwysing na die huistoe-pad wat 'n
doodlooppad of so iets het baie mense laat wonder of Koos selfmoord
beplan het of dalk selfs gepleeg het. Hy is in 'n motorongeluk oorlede.

Dis 'n baie besondere gedig daardie, Langenhoven sou jaloers gewees
het op Koos se vermoë om met woorde te toor.

Wouter


"Koot Pieterse" <jpie...@nospam.petech.ac.za> wrote in message

news:abagr5$cl7$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

Koot Pieterse

unread,
May 13, 2002, 10:08:43 AM5/13/02
to
Dit was so iets, ja. Miskien kom die gedig nog uit, met alles wat nou hier
gepos word.

Koot

"Wouter Plaasvark" <plaa...@shotmail.com> wrote in message
news:3cd8d...@news1.mweb.co.za...

@rogers.com

unread,
May 13, 2002, 10:42:17 AM5/13/02
to

Koot Pieterse wrote:

> Dit was so iets, ja. Miskien kom die gedig nog uit, met alles wat nou hier
> gepos word.

> "Wouter Plaasvark"


>>Ek wonder of jy aan sy gedig oor die pad dink. Ek kan nie onthou wat die
>>naam van die gedig is nie, maar die verwysing na die huistoe-pad wat 'n
>>doodlooppad of so iets het baie mense laat wonder of Koos selfmoord
>>beplan het of dalk selfs gepleeg het. Hy is in 'n motorongeluk oorlede.

Wel, ek sal geinteresseerd wees in die woorde
van die gedig, as iemand dit het.
Ek sal ook graag die woorde van GERT VLOK NEL
se elegie oor Koos du Plessis wil hę. Ons het
die lied maar ek kan nie al die woorde uitmaak
nie. Het iemand dit miskien?

Gloudina

Wouter Plaasvark

unread,
May 13, 2002, 12:25:31 PM5/13/02
to
> "Wouter Plaasvark"
>>Ek wonder of jy aan sy gedig oor die pad dink. Ek kan nie onthou wat die
>>naam van die gedig is nie, maar die verwysing na die huistoe-pad wat 'n
>>doodlooppad is het baie mense laat wonder of Koos selfmoord

>>beplan het of dalk selfs gepleeg het. Hy is in 'n motorongeluk oorlede.

Koot Pieterse


> Dit was so iets, ja. Miskien kom die gedig nog uit, met alles wat nou hier
> gepos word.

Gloudina: Wel, ek sal geinteresseerd wees in die woorde


van die gedig, as iemand dit het.

Wouter
Rosie het die gedig Satersdag hier geplaas. Ek herhaal dit,
dis absoluut magic soos Koos met die woorde werk.
Hoekom skram vandag se digters weg van hierdie
wonderwęreld van ritme en rym? :

Die Huistoepad
Koos Du Plessis

die huistoepad is die pad wat jy vat
as jou oë verdor maar jou oë bly nat
en jy loop maar jy weet jy't die koers vergeet
lę die huistoepad tussen hoop en weet

maar die huistoepad is 'n donkerpad
dis 'n opdraendpad dis 'n dronkaardspad
dis 'n rowerspad en 'n kronkelpad
want die huistoepad is 'n kronkelpad

die huistoepad is 'n ware pad
maar 'n nare en vol gevarepad
dis 'n sloop-maarpad en 'n stroop-maarpad
want die huistoepad is 'n hoop-maarpad

die huistoepad is die pad wat jy vat
as jou siel verdor maar jou oë bly nat
en jy weet en jy weet jy is lank vergeet
lę die huistoepad tussen hoop en weet

en die huistoepad is 'n somber pad
dis 'n dink-en 'n peins -en 'n wonderpad
dis 'n sukkel- en beur- en 'n strompelpad
want die huistoepad is 'n kronkelpad

die huistoepad is 'n hartseer pad
dis 'n enkelpad dis 'n swart leë pad
dis 'n snags alleen deur die hoop loop pad
want die huistoepad is 'n doodlooppad
____________________________________


Koot Pieterse

unread,
May 14, 2002, 2:18:59 AM5/14/02
to
Dis hom, daai. Ek het gesien hulle het hom intussen geplaas.

Het Koos soms verse ook geskryf, i.p.v. lirieke?

Ek self het die "affliksie" om nog van rym en ritme te hou. Gelukkig vind
dit toepassing in lirieke en daarvoor is daar darem gewoonlik 'n mark.

Daar moet nog bietjie simpatie wees vir my gebrek want hulle was bereid om
van my rymende verse op Litnet te plaas.

Koot

"Wouter Plaasvark" <plaa...@shotmail.com> wrote in message

news:3cdfe...@news1.mweb.co.za...


> > "Wouter Plaasvark"
> >>Ek wonder of jy aan sy gedig oor die pad dink. Ek kan nie onthou wat die
> >>naam van die gedig is nie, maar die verwysing na die huistoe-pad wat 'n
> >>doodlooppad is het baie mense laat wonder of Koos selfmoord
> >>beplan het of dalk selfs gepleeg het. Hy is in 'n motorongeluk oorlede.
>
> Koot Pieterse
> > Dit was so iets, ja. Miskien kom die gedig nog uit, met alles wat nou
hier
> > gepos word.
>
> Gloudina: Wel, ek sal geinteresseerd wees in die woorde
> van die gedig, as iemand dit het.
>
> Wouter
> Rosie het die gedig Satersdag hier geplaas. Ek herhaal dit,
> dis absoluut magic soos Koos met die woorde werk.
> Hoekom skram vandag se digters weg van hierdie

> wonderwêreld van ritme en rym? :


>
> Die Huistoepad
> Koos Du Plessis
>
> die huistoepad is die pad wat jy vat
> as jou oë verdor maar jou oë bly nat
> en jy loop maar jy weet jy't die koers vergeet

> lê die huistoepad tussen hoop en weet


>
> maar die huistoepad is 'n donkerpad
> dis 'n opdraendpad dis 'n dronkaardspad
> dis 'n rowerspad en 'n kronkelpad
> want die huistoepad is 'n kronkelpad
>
> die huistoepad is 'n ware pad
> maar 'n nare en vol gevarepad
> dis 'n sloop-maarpad en 'n stroop-maarpad
> want die huistoepad is 'n hoop-maarpad
>
> die huistoepad is die pad wat jy vat
> as jou siel verdor maar jou oë bly nat
> en jy weet en jy weet jy is lank vergeet

> lê die huistoepad tussen hoop en weet

@rogers.com

unread,
May 15, 2002, 10:16:12 PM5/15/02
to

Koot Pieterse wrote:


> Daar moet nog bietjie simpatie wees vir my gebrek want hulle was bereid om
> van my rymende verse op Litnet te plaas.

Ek het gaan lees by Litnet. Dis nou te sę as
Koos Pieterse en Koot Pieterse dieselfde is.
Hoekom plaas jy hulle nie op die nuusgroep
nie?
Ek gaan vir 'n paar dae van die nuusgroep
af. Keer tog dat Arthur nie die ouens kafloop
nie. Veral noudat hy 'n luitenant gekry het
in Rico.

Gloudina

Koot Pieterse

unread,
May 16, 2002, 2:41:30 AM5/16/02
to
Daar's vir my iets tragies daaraan om jou eie verse op die nuusgroep te sit.
Miskien moet ek dit vanuit 'n ander skuilnaam doen!

Geniet jou kort "vakansie".
Koot (soms wel 'n "Koos")

<@rogers.com> wrote in message news:3CE316DA...@rogers.com...

Annette

unread,
May 16, 2002, 2:43:03 AM5/16/02
to
Koot, plaas maar as jy daarna voel jou gedigte op litnet, Gloudina sal dit
wel een of ander tyd hier plaas.
Annette


.petech.ac.za> wrote in message news:abvkao$6mp$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

Koot Pieterse

unread,
May 16, 2002, 6:50:01 AM5/16/02
to
He he, ook waar. Dis net dat ek nie op Litnet kan plaas as ek so voel nie -
hulle besluit of hulle dit sal plaas.

"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:abvkip$lo602$1...@ID-92016.news.dfncis.de...

Annette

unread,
May 16, 2002, 6:50:56 AM5/16/02
to
Okei dan - stuur dit direk aan Gloudina dan vir plasing hier;))
Annette


"Koot Pieterse" <jpie...@nospam.petech.ac.za> wrote in message

news:ac02su$96t$1...@ctb-nnrp1.saix.net...

0 new messages