Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Positiewe Nuus!!!!!!

34 views
Skip to first unread message

Johan

unread,
Aug 23, 1999, 3:00:00 AM8/23/99
to
Hier is nou 'n artikel wat vandag in Beeld gelees kan word op die internet wat
'n mens sommer so goed laat voel: Ek hoop dit het op die papier weergawe se
voorblad verskyn!!!!!!!!

Ander kulture 'is nie anders'
Tessa Kruger


"Ons is geleer om weg te bly van mense van ander kulture omdat hulle ánders of
rassisties is. Ons het egter geleer ons is nie die waarheid vertel nie." Só het
een van die tophoërskoolleerlinge van Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal wat
'n jeugbemagtigingsberaad by Esselenpark bygewoon het, gesę.

Die leerlinge van verskillende kulture is deur Beeld, Sowetan, Transnet en die
Universiteit van Pretoria geborg om drie dae in mekaar se geselskap deur te
bring terwyl hulle leierskap- en motiveringswerksessies bygewoon het.

Anje Bouwmeesters, 'n leerling van die Hoërskool Kempton Park, het gesę sy het
aan die begin van die beraad gedink "ek moet maar wegbly van die swart kinders.

"Toe ek my egter oopmaak en begin lúister , het ek besef dit maak nie saak wátse
kleur 'n mens is nie, julle dink eenders."

Tsholofelo Chiloane van Clapham High School het gesę hoewel hy in 'n township
woon en dus "anders" as die meeste ander skoliere op die beraad is, het hy
gesien dat hulle almal ęrens iets gemeen het.

"Ons het in 'n stadium ons vrese bespreek en uit die bespreking het geblyk dat
almal diesélfde vrese het.

"Byna almal is bang vir mislukking en voel onseker oor die toekoms. Dit laat jou
besef jy is nie alleen nie, daar is ander wat dieselfde dinge deurmaak as jy."
Hy het gesę hy het 'n paar Indiër-seuns ontmoet wat hom van hul lewe vertel het.
Dit het sy oë oopgemaak.

Fabian Jood van General Smuts High School het gesę die kulturele interaksie is
nie vir hom 'n nuwe ervaring nie omdat kinders van verskillende kulture by sy
skool met mekaar te doen kry en goed met mekaar oor die weg kom.

Een leerling wie se persepsie van ander rasse egter soos handomkeer verander
het, is Duma Shongwe van Alra Park High School.

Die lang, sterk seun het gesę: "Wat ek van die mense hier geleer het, is anders
as die prentjie wat vir my geskets is. Ek bly in 'n landelike gebied en het
hulle (wit mense) as rassiste beskou.

"Mense sal gewoonlik sę: 'Baas Gert is like this,' maar hulle is vriendelike
mense wat lekker gesels en my kultuur verstaan.

"Ek het gesien hulle is ook net mense met wie jy kan praat.

"As ons net saamwerk, kan ons die land 'n beter Suid-Afrika maak."

'n Klompie leerlinge van The Hill High School en Hoërskool Monument het ook
gevind dat sommige van die ouer geslag se persepsies verkeerd is.

Joana da Silva van The Hill High School het gesę 'n mens se ouers sę aan jou
julle is verskillend, maar julle is nie.

Hoewel daar in die speelterrein van The Hill 'n groot getal wit, swart en bruin
skoliere is, vorm die kinders van verskillende rasse meestal groepe wat
afsonderlik van mekaar bly.

"Dit is amper of 'n mens bang of skaam is om met kinders van ander rasse te
assosieer. Daar is altyd die kwessie van wat gaan die ander wit kinders dink,"
het sy vertel.

"Hier het die situasie ons egter gedwing om mense van ander rasse te leer ken.
As 'n mens die moeite doen, is dit die moeite werd."
"Ek het vinnig agtergekom almal is net mense en ons het baie by mekaar te
leer," het Lizelle Esterhuizen van Hoërskool Monument gesę.

Henning Venter van Hoërskool Montana het gesę: "Ons het mekaar nooit leer ken
nie, want ons is geleer om weg te bly van mekaar af."

Beeld, Sowetan, Transnet en UP moet regtig met hierdie aksie geluk gewens word
en sommer gevra word om dit uit te brei sodat ELKE skoll kind so geleentheid kan
kry!!!

reisiger

unread,
Aug 25, 1999, 3:00:00 AM8/25/99
to
Uiteindelik die feite. Isolasie veroorsaak paranoia. Het
van Julie af so gestel. A.g.v. my isolasie skryf ek
opswepery snert. Die Christelike godsdiens en die Voorvader
Geeste godsdiens is so baie naby mekaar, dit is net nie
waar nie. Wanneer 'n mens jou Jerigo mure van isolasie
afbreek, en sosiaal verkeer, dan is al die politieke
paranoia onnodig. Dankie Beeld.

* Sent from RemarQ http://www.remarq.com The Internet's Discussion Network *
The fastest and easiest way to search and participate in Usenet - Free!


reisiger

unread,
Aug 27, 1999, 3:00:00 AM8/27/99
to
Die Christelike godsdiens het 3 konsepte: Vader, Seun en
Heilige Gees. Jesus is die Seun van God, en ons is almal
kinders van God. Logies gesproke is Jesus ons Broer, en
ons almal eintlik seuns en dogters van God.

Die Voorvader Geeste godsdiens het dieselfde 3 aspekte, net
anders gesproke: God (die Vader), die Heilige Geeste, en
die mense - kinders van God. Het met baie Swartmense
daaroor gepraat, om hulle Voorvader Geeste geloof integreer
met die Christelike geloof wat hulle aangeneem het. Van
hulle glo aan beide. Het dit so vir hulle verduidelik. En
hulle kon dit nie glo nie. Dit is so eenvoudig - verander
Heilige Gees na Heilige Geeste, en alles maak sin.
Swartmense glo hulle Vader en Moeder beskerm hulle. Ons glo
aan een Heilige Gees, en party van ons aan Beskerm Engele.
Eintlik moet die van ons wat so glo, Heilige Gees verander
na Heilige Geeste / Heilige Engele.

Vir jou maak dit miskien nie 100% sin nie, maar vir die
Swartmense maak dit sin met wie ek gepraat het.


Reisiger, ek vermoed dat jy dalk iewers langs die pad
stilgehou, en dalk iets gerook het!
Die aanbidding van die voorvadergeeste en die aanbidding
van die Drie-eenige God is
DEFINITIEF nie baie naby aan mekaar nie!
In die eerste plek is aanbidding van die voorvadergeeste
juis net dit: Aanbidding van mense -
dooie mense.
In die Christelike aanbidding gaan dit juis om die
erkenning aan 'n Opperwese wat leef en vir
altyd leef. Jesus het as Sy seun na die węreld gekom het om
die węreld te bevry van sy
sondelas. Dit sluit ook die dien van afgode.
Jesus is en was nog altyd die mees positiewe nuus,
'nevermaaind' wat... reisiger wrote in
message <0a0133f8...@usw-ex0106-042.remarq.com>...

reisiger

unread,
Aug 27, 1999, 3:00:00 AM8/27/99
to
Dit sluit ook die dien van afgode...

Voorvader Geeste is beskerm engele. Nie afgode nie. Ons Bid
deur Jesus om by God uit te kom, hulle bid d.m.v.
Voorvader Geeste.

lou

unread,
Aug 30, 1999, 3:00:00 AM8/30/99
to
reisiger wrote:
>
> Dit sluit ook die dien van afgode...
>
> Voorvader Geeste is beskerm engele. Nie afgode nie. Ons Bid
> deur Jesus om by God uit te kom, hulle bid d.m.v.
> Voorvader Geeste.
>
>

Doef! Daar val die reisger nou finaal uit die bus uit. Jy is rerig
confused my ou! Of is dit maar net nog een van jou troll's?

sympatico.ca

unread,
Aug 31, 1999, 3:00:00 AM8/31/99
to
lou wrote:

> reisiger wrote:
>
> > Voorvader Geeste is beskerm engele. Nie afgode nie. Ons Bid
> > deur Jesus om by God uit te kom, hulle bid d.m.v.
> > Voorvader Geeste.
> >
> >
>
> Doef! Daar val die reisger nou finaal uit die bus uit. Jy is rerig
> confused my ou! Of is dit maar net nog een van jou troll's?

Doef! Daar val nog een van die insulere
tailor-made-just-for-ou-wit-omies Christene uit die boom uit.

Gloudina

Johan

unread,
Aug 31, 1999, 3:00:00 AM8/31/99
to
On Fri, 27 Aug 1999 10:43:32 -0700, reisiger <reisiger...@hotmail.com>
wrote:

| Ons Bid
|deur Jesus om by God uit te kom

Wie is die "ons" van wie jy praat??? Want dis nie hoe ek my Christenskap
beoefen nie.

lou

unread,
Aug 31, 1999, 3:00:00 AM8/31/99
to

Nee Gloudina - vanwaar is die voorvader geeste beskermde engele? En
Jesus is geen engel ie Hy is die Seun van God, deel van die drie
Eenheid. Reisger probeer, nes jy, om die geloof in Christus af te water
om jou menslike siening te pas. Miskien moet die ou antie met die kappie
wat langs die kanaal opgegroei het en dink sy is liberaal eerder haar
Bybel weer 'n keer lees.

Thys de Wet

unread,
Aug 31, 1999, 3:00:00 AM8/31/99
to
'Gaan na die mier en word wys..." sę die Spreuke skrywer.
Ek het na die Woord der woorde gegaan, en die volgende onweerlegbare
getuienis spreek vanself:

Jesus het van Homself dit gesę:
"Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe
behalwe deur My nie' Johannes 14: 6

Oor die aanbidding van geeste en voorvaderlike geeste is die Woord dit eens:
"moenie hulp soek by geeste of waarsęers nie. Dit sal julle onrein maak. Ek
is die Here julle God' Levitkus 19:31

Dink ook aan wat met koning Saul gebeur het:
Hy het 'n dodebesweerster gaan raadpleeg, in stryd met sy eie wet: (1 Samuel
28:9), en is deur die gees van Samuel meegedeel dat God Saul se koningskap
reeds van hom af weggeneem het.

Nou wat leer ons hieruit: Dat daar net een enige ware lewende God is. Dat
Hy alleen waardig is om aanbid te word.

Wie hulle met ander geestelike dinge besig hou is buite God se verbond van
Sy ewige liefde vir ons. Jesus is die weg die waarheid en die lewe Hy het
na hierdie węreld gekom sodat die węreld deur Hom gered kan word, en nie
deur Hom veroordeel word nie.

En ek is nie een van die ou omies wat op die stoep sit en hulle Christenskap
met allerhande uitgediende religieuse praktyke wil handhaaf nie.
Mens beoefen nie jou Christenskap nie. Mens leef dit. En dit is binęr: Of
jy is dit of jy is dit nie. Soos 'n lig: Of aan of af!
Die vraag is: Het jy Jesus Christus as jou persoonlike Verlosser en
Saligmaker in jou lewe in genooi, en leef jy in 'n verhouding met Hom? As
jy het, dan kan daar geen twyfel meer in jou hart wees wie jy moet dien
nie.

'Kies julle dan vandag wie julle wil dien... Wat my en my familie betref,
ons sal die Here dien. ' Josua 8:15
(Alle aanhalings is uit die Nuwe Afrikaanse Bybel (1983 vertaling) geneem.

Groete

Thys in Somerset Wes.

<<>> knip knip <<>>

>| Ons Bid

Johan

unread,
Aug 31, 1999, 3:00:00 AM8/31/99
to
On Tue, 31 Aug 1999 21:11:50 +0200, "Thys de Wet" <dew...@iafrica.com> wrote:

|'Gaan na die mier en word wys..." sę die Spreuke skrywer.
|Ek het na die Woord der woorde gegaan, en die volgende onweerlegbare
|getuienis spreek vanself:
|

Goed gesę Thys! Wat jy net vir die ou moet bysę is dat God en Jesus een is en
dat ons direk vir God kan bid en nie soos hy dit voorstel asof Jesus 'n
voorvadergees is nie.

sympatico.ca

unread,
Aug 31, 1999, 3:00:00 AM8/31/99
to
lou wrote:

> Miskien moet die ou antie met die kappie
> wat langs die kanaal opgegroei het en dink sy is liberaal eerder haar
> Bybel weer 'n keer lees.

My liewe Lou, die kanse is goed dat ek die Bybel meer intensbestudeer het in
die verlede en ook nou nog meer bestudeer as jy.
Wat wel waar is, is dat ons teologies nie langs dieselfde vuur sit
nie. Jy preek 'n enge Kalvinistiese rigting waarin almal moet
inpas anders kry hulle nie jou stamp of approval nie. Mens moet
oppas dat jy nie 'n "God" aanhang wat jou eie maaksel is nie.
William Blake het die soort "God" Old Nobodaddy genoem -
die God wat in skilderye gewoonlik as 'n ou (gewoonlik wit)
oom geskilder word. Nou Blake is, volgens Thomas Altizer
('n vooraanstaande Amerikaanse Christelike teoloog) die
belangrikste Christelike teoloog sedert St. Augustinus. So
dis die moeite werd om na hom te luister.

Gloudina


Johan

unread,
Sep 1, 1999, 3:00:00 AM9/1/99
to
On Tue, 31 Aug 1999 23:47:22 GMT, @sympatico.ca wrote:

|lou wrote:
|
|> Miskien moet die ou antie met die kappie
|> wat langs die kanaal opgegroei het en dink sy is liberaal eerder haar
|> Bybel weer 'n keer lees.
|
|My liewe Lou, die kanse is goed dat ek die Bybel meer intensbestudeer het in
|die verlede en ook nou nog meer bestudeer as jy.
|Wat wel waar is, is dat ons teologies nie langs dieselfde vuur sit
|nie. Jy preek 'n enge Kalvinistiese rigting waarin almal moet
|inpas anders kry hulle nie jou stamp of approval nie. Mens moet
|oppas dat jy nie 'n "God" aanhang wat jou eie maaksel is nie.

Dit klink presies of dit is wat jy mee besig is, Gloudina. So of jy
alles wat nie vir jou gemaklik is nie, afmaak as die enge siening van
ou wit omies. En dan spog jy so dat jy so intens die Bybel bestudeer
- bid jy darem voor elke studie vir insig in wat jy lees?

Leendert van Oostrum

unread,
Sep 1, 1999, 3:00:00 AM9/1/99
to
In article <37CC69AA...@sympatico.ca>,

@sympatico.ca wrote:
> lou wrote:
>
> > Miskien moet die ou antie met die kappie
> > wat langs die kanaal opgegroei het en dink sy is liberaal eerder
haar
> > Bybel weer 'n keer lees.
>
> My liewe Lou, die kanse is goed dat ek die Bybel meer intensbestudeer
het in
> die verlede en ook nou nog meer bestudeer as jy.

Hm..... Ja. Christus het ook maar probleme gehad met die skrifgeleerdes
en die farisiërs. Dis nou volgens die Bybel.

> Wat wel waar is, is dat ons teologies nie langs dieselfde vuur sit
> nie. Jy preek 'n enge Kalvinistiese rigting waarin almal moet
> inpas anders kry hulle nie jou stamp of approval nie.

Gestel jou analise van lou se teologie is korrek.

Sou dit beteken dat hy nie die reg het om so te glo nie?

Sou dit jou die reg gee om kleinerend te verwys na sy oortuigings?

> Mens moet
> oppas dat jy nie 'n "God" aanhang wat jou eie maaksel is nie.

INDERDAAD!

Die soort teologie waarna ek tevore verwys het a 'n a la carte
godsdiens. Wat selektief met die Bybel omgaan.

> William Blake het die soort "God" Old Nobodaddy genoem -
> die God wat in skilderye gewoonlik as 'n ou (gewoonlik wit)
> oom geskilder word.

Die soort god wat in soetsappige "bybelstories" (en dikwels deur
sondagskoolonderwyseresse) en in pienk boekies verkondig word.

Die onderwerp van peitistiese "feel good" teologie, wat boedhiste kan
laat dink hulle is christene.

> Nou Blake is, volgens Thomas Altizer
> ('n vooraanstaande Amerikaanse Christelike teoloog) die
> belangrikste Christelike teoloog sedert St. Augustinus. So
> dis die moeite werd om na hom te luister.

Luister gerus na Blake. Die volledige Blake, en nie selektiewe
aanhalings nie.

Maar dit is ook die moeite werd om ook na lou en Henry te luister,
Gloudina, en hulle nie stil te maak met politiek korrekte - en
terwelfdertyd uiters onverdraagsame - slogans nie.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Krokkie

unread,
Sep 1, 1999, 3:00:00 AM9/1/99
to

Leendert van Oostrum wrote in message <7qil8f$3e1$1...@nnrp1.deja.com>...

Ek het op 'n staduim gedink dat Gloudina opgevoed is, maar dit klink maar of
sy die pad lekker byster geraak het

Krokkie

lou

unread,
Sep 1, 1999, 3:00:00 AM9/1/99
to
@sympatico.ca wrote:
>
> lou wrote:
>
> > Miskien moet die ou antie met die kappie
> > wat langs die kanaal opgegroei het en dink sy is liberaal eerder haar
> > Bybel weer 'n keer lees.
>
> My liewe Lou, die kanse is goed dat ek die Bybel meer intensbestudeer het in
> die verlede en ook nou nog meer bestudeer as jy.
> Wat wel waar is, is dat ons teologies nie langs dieselfde vuur sit
> nie. Jy preek 'n enge Kalvinistiese rigting waarin almal moet
> inpas anders kry hulle nie jou stamp of approval nie. Mens moet

> oppas dat jy nie 'n "God" aanhang wat jou eie maaksel is nie.
> William Blake het die soort "God" Old Nobodaddy genoem -
> die God wat in skilderye gewoonlik as 'n ou (gewoonlik wit)
> oom geskilder word. Nou Blake is, volgens Thomas Altizer

> ('n vooraanstaande Amerikaanse Christelike teoloog) die
> belangrikste Christelike teoloog sedert St. Augustinus. So
> dis die moeite werd om na hom te luister.
>
> Gloudina


Yup! En enigiemand wat nie met jou saamstem nie is dus ook verkeerd? Ek
hang die God van die Bybel aan en vertrou dat Hy my sal lei. DIe
hoofsaak van jou geloof is Gloudina dat jy in werklikheid geen geloof
het nie - jy praat Boedisme nou, later kwoteer jy Blake - so deurmekaar
soos 'n verkleurmannetjie op 'n Smartie boks. Jy hoof uitgangspunt moet
die Bybel wees - moenie te veel op mense en engele vertrou nie :). En
Alitzer, Blake en Augustinus is/was ook maar net mense - deur hulle kan
jy nie gered word nie.

Interesante manier van redenasie oor hoekom ek juis na Blake sou moes
luister. Maar jy vergeet om te s^e wie nou reken dat Alitzer die Alpha
en die Omega het? ens. ens. ens. to ad nauseum. :)

reisiger

unread,
Sep 1, 1999, 3:00:00 AM9/1/99
to
In article <37CB23EE...@sympatico.ca>, @sympatico.ca
wrote:

>Doef! Daar val nog een van die insulere
>tailor-made-just-for-ou-wit-omies Christene uit die boom
uit.
>
>Gloudina

Dankie Gloudina, ek wardeer dit. Het jy langs die kanaal
groot geword? Was dit in Upington?

reisiger

unread,
Sep 1, 1999, 3:00:00 AM9/1/99
to
In article <37cbe015.1531706871@Choice010>, e...@dot.com
(Johan) wrote:
>Wie is die "ons" van wie jy praat??? Want dis nie hoe ek
my Christenskap
>beoefen nie.


Johan, om eerlik met jou te wees, ek het die Bybel 20 jaar
gelede gelees. Dit is nie 'n New Age praktyk nie, maar 'n
persoonlike voorkeur. Om alles weg te gooi en van vooraf
die waarheid uit te vind. Wat ek hier beaam in die
Christelike geloof blyk verkeerd te wees. Dankie dat jy dit
uitgewys het.

Maar die voorvader geeste / beskerm engele aspek is ek nie
bereid om van af te sien nie. Swartmense wat beide gelowe
praktiseer vind samevoeging van hierdie konsep, maar dit is
nie reg geskryf vir die Christelike godsdiens nie. Wat
belangrik is om te verstaan Swartmense kan beide
godsdienste integreer. Die Christelike godsdiens
konsentreer te min op die doen en late van geeste. Daar is
te veel vir my gesę om weg te bly van die okkulte. Die
woord beteken slegs dit wat verborge was, en nie meer is
nie.

reisiger

unread,
Sep 1, 1999, 3:00:00 AM9/1/99
to
In article <37CBB7...@hotmail.dinges.com>, lou
<lo...@hotmail.dinges.com> wrote:
>Nee Gloudina - vanwaar is die voorvader geeste beskermde
engele? En
>Jesus is geen engel ie Hy is die Seun van God, deel van
die drie
>Eenheid. Reisger probeer, nes jy, om die geloof in
Christus af te water
>om jou menslike siening te pas.

Glad nie hier om die Christelike geloof af te water nie.
Maar om Swartmense se Christelike geloof te verryk. Dit is
'n groot verskil. Christene weet van bose geeste, en
owerstes in die lug. Maar weet nie hoe om hulle te hanteer
nie. Die tyd het gekom om uit te vind. Ek beskou dit as
baie belangrik. Party mense besef nie die Onse Vader se
beskermde betekenis nie. Het Totius nie 'n gedig oor
beskerm engele geskryf nie? 2 aan my voetentent, ens.

reisiger

unread,
Sep 1, 1999, 3:00:00 AM9/1/99
to
In article <7qh9ii$q9$1...@nnrp01.ops.uunet.co.za>, "Thys de
Wet" <dew...@iafrica.com> wrote:
>Mens beoefen nie jou Christenskap nie. Mens leef dit. En
dit is binêr: Of

>jy is dit of jy is dit nie. Soos 'n lig: Of aan of af!
>Die vraag is: Het jy Jesus Christus as jou persoonlike
Verlosser en
>Saligmaker in jou lewe in genooi, en leef jy in 'n
verhouding met Hom? As
>jy het, dan kan daar geen twyfel meer in jou hart wees
wie jy moet dien
>nie.
>
>'Kies julle dan vandag wie julle wil dien... Wat my en my
familie betref,
>ons sal die Here dien. ' Josua 8:15
>(Alle aanhalings is uit die Nuwe Afrikaanse Bybel (1983
vertaling) geneem.


Pragtig geskrywe. Ek stem saam. As dit so maklik is. Meer
as 20 jaar gelede het ek gekatkiseer, en gereeld agterna
kerk toe gegaan. Maar die ritueel het vervelig geraak. Het
na geestelike groep studie na weermag opleiding verlang,
maar daar was niks nie. Daarom is ek okkulte / new age toe,
om geestelike verreiking te soek.

Vandag is die probleem dieselfde. New Age val oop, en mense
is moeg vir rituele. Party kerke herleef, andere nie. Mense
stel nie belang in rituele nie, maar hunker na broederlike
liefde, as om die hele tyd oor sonde te sit en preek. Ek
stel net belang in sonde as daar 'n verbeterings filosofie
by is. Verdieping is nodig. En dit is nie beskikbaar nie.
Net jou beste werke is vol sonde, en dit is al. Help my
asb.

reisiger

unread,
Sep 1, 1999, 3:00:00 AM9/1/99
to
In article <7qh9ii$q9$1...@nnrp01.ops.uunet.co.za>, "Thys de
Wet" <dew...@iafrica.com> wrote:
>Oor die aanbidding van geeste en voorvaderlike geeste is
die Woord dit eens:
>"moenie hulp soek by geeste of waarsęers nie. Dit sal
julle onrein maak. Ek
>is die Here julle God' Levitkus 19:31


Jesus en sy Apostels kon bose geeste uitdryf. Want hulle
het die Geesteswęreld verstaan. Hoeveel Christene verstaan
dit vandag? Jesus het sy Apostels opgelei. Wat het Hy vir
hulle gesę? En wonderwerke? Dit is alles weggelaat. Hoekom
mag ons dit vandag nie weet nie?

Lees gerus Matteus 17 v 3: Skielik het Moses en Elia aan
hulle verskyn en met Jesus gepraat. Lees die hele hoofstuk.
Was Moses en Elia nie voorvader geeste nie?

reisiger

unread,
Sep 1, 1999, 3:00:00 AM9/1/99
to
In article <7qil8f$3e1$1...@nnrp1.deja.com>, Leendert van
Oostrum <oos...@geocities.com> wrote:
>Die onderwerp van peitistiese "feel good" teologie, wat
boedhiste kan
>laat dink hulle is christene.


Dit is die hele punt, Leendert. Hoekom moet 'n mens in die
grond in gedruk word d.m.v. skuldgevoel kompleks as 'n mens
in die ewebeeld van God geskape is? Dit klem val op sonde
en nie self-ontwikkeling nie. Dit is verkeerd. Maar om nie
weer 'n fout te maak nie, goeie werke meer as om die hele
tyd vir dieselfde sondes oor en oor vergewe te word. 'n
Mens is 'n swak wese, maar hy het die reg om homself te
ontwikkel, al bly hy 'n swak wese. God sal nie Sy belegging
in ons vernieting nie. Dit is die verskil.

Johan

unread,
Sep 1, 1999, 3:00:00 AM9/1/99
to
On Wed, 01 Sep 1999 14:20:17 -0700, reisiger <reisiger...@hotmail.com>
wrote:


|Was Moses en Elia nie voorvader geeste nie?
|

Nee, en die verskil...? Hulle het verskyn....

sympatico.ca

unread,
Sep 1, 1999, 3:00:00 AM9/1/99
to
reisiger wrote:

> Het jy langs die kanaal
> groot geword? Was dit in Upington?
>
>

Nee, op Marchand. Die hele wereld daar is vol kanale. Grotes enkleintjies. Een
van die vroegste herinneringe van my lewe is om
langs 'n kanaal te sit en kyk na die vinnige vloei van die modderwater,
met die geur van wilde mint in jou neus. En ons helde was daardie
mense wat bereid was om die kanale skoon te maak, selfs wanneer
die water onderdeur rivierspruite in pype van die een eiland na die
ander gevloei het. Elke jaar was daar 'n "Oproep" om die kanale
na te gaan en skoon te maak. Elke boer moes of self gaan of 'n
verteenwoordiger stuur.
Ken jy daardie geweste?

Gloudina


sympatico.ca

unread,
Sep 1, 1999, 3:00:00 AM9/1/99
to
lou wrote:

> Ek hang die God van die Bybel aan en vertrou dat Hy my sal lei. DIe
> hoofsaak van jou geloof is Gloudina dat jy in werklikheid geen geloof
> het nie - jy praat Boedisme nou, later kwoteer jy Blake - so deurmekaar
> soos 'n verkleurmannetjie op 'n Smartie boks. Jy hoof uitgangspunt moet
> die Bybel wees - moenie te veel op mense en engele vertrou nie

Lou, dit is vir my merkwaardig dat baie van die mense op hierdie nuusgroepwat 'n
aggressiewe Protestantse tipe Christelike leer aanhang (dis alles of
niks) en ek dink nou aan mense soos jy en Johan en Leendert spesifiek, juis
die mense is wat ook taamlik aggressiewe opmerkings maak teenoor mense
met wie hulle nie saamstem wat politiek en rasseverhoudinge ensovoorts
aangaan nie. Ek kan nie vergeet dat jy jou lewe op hierdie nuusgroep begin
het met taamlike growwe rassistiese opmerkings nie. En Leendert, groot
verkondiger van die feit dat hy Christen is, skroom nie om vir "Reisiger"
te vertel dat hy in Weskoppies hoort nie. Reisiger is ten minste 'n eerlike
en lyk my baie sagmoedige soeker na dinge, en het nie hierdie soort aksies
teen hom nodig nie. Wat is dit met julle? Gaan maar na die Bybel en lees
weer die dinge daar. Dit lyk my vir sommige van julle dis alleen nodig om
te "glo" en nie om Christus te volg nie.

Gloudina

>
>


Leendert van Oostrum

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
In article <022dacf6...@usw-ex0108-060.remarq.com>,

reisiger <reisiger...@hotmail.com> wrote:
> In article <7qh9ii$q9$1...@nnrp01.ops.uunet.co.za>, "Thys de
> Wet" <dew...@iafrica.com> wrote:

> Verlosser en
> >Saligmaker in jou lewe in genooi, en leef jy in 'n
> verhouding met Hom? As
> >jy het, dan kan daar geen twyfel meer in jou hart wees
> wie jy moet dien
> >nie.
> >
>

> Pragtig geskrywe. Ek stem saam. As dit so maklik is.

Dit is. Dit is 'n inellektuele en 'n wilsbesluit (in teenstelling met
Gloudina se bewerings, is dit nie 'n saak van "gevoel" nie - emosie is
die _gevolg_ van bekering, nie die oorsaak daarvan nie.)

>Mense
> stel nie belang in rituele nie, maar hunker na broederlike
> liefde, as om die hele tyd oor sonde te sit en preek.

Dit is waar dat mense hunker na liefde van ons medemens. Maar Christene
glo dat ware naasteliefde slegs moontlik is as mens jou in die eerste
plek met God versoen het - deur die reddernde genade van Jesus Christus.

> Ek
> stel net belang in sonde as daar 'n verbeterings filosofie
> by is. Verdieping is nodig. En dit is nie beskikbaar nie.

Vir die Christen is dit wel beskikbaar. God vergewe die sonde van
gelowiges. Gratis en verniet. Sonder voorwaarde. Bloot op grond van die
geloof dat Christus vir hul sondes gesterf het. Niks anders nie.

As mens dit begryp, kan jy ook verstaan waarom dankbaarheid die lewe
van verloste Christene so radikaal kan verander. Want daar is niks
anders as dankbaarheid wat paslik is teenoor soveel genade nie.

> Net jou beste werke is vol sonde, en dit is al. Help my
> asb.

Ons beste werke is vol sonde. Maar Christus, deur sy soendood, vergewe
al die sonde van elkeen wat in Hom glo.

Dit is al.

Leendert van Oostrum

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
In article <0221c012...@usw-ex0106-041.remarq.com>,

reisiger <reisiger...@hotmail.com> wrote:
>
> Maar die voorvader geeste / beskerm engele aspek is ek nie
> bereid om van af te sien nie. Swartmense wat beide gelowe
> praktiseer vind samevoeging van hierdie konsep, maar dit is
> nie reg geskryf vir die Christelike godsdiens nie.

Ek het 'n ou oom. So regs (polities) as wat jy maar kan kry.

Al die jare, en nog steeds, begin geen werk soggens op sy plaas voordat
daar nie saam met die werkers gelees en gebid is nie.

Hierdie oom (en ja - 'n ou wit omie) bespreek dikwels geloofsake met sy
swart werkers - ook die kwessie van voorvadergeeste, en sy standpunt is
dit:

Christene glo ook in voorvadergeeste. Die geeste van die voorvaders is
in die hemel of in die hel. Christene respekteer en eer ook die geeste
van hul voorvaders.

Al verskil is dit: Christene bid nie tot die geeste van hul voorvaders
nie, maar slegs tot God.

> Wat
> belangrik is om te verstaan Swartmense kan beide
> godsdienste integreer.

Ja, dit is moontlik. En dit is selfs moontlik, afhangende van die
elemente van beide wat ter sprake is, dat so 'n integrasie 'n suiwer
Christelike geloof kan wees.

Maar die resultaat is nie noodwendig Christelike geloof nie. Dit kan
ook afgodery wees. En dit sou bedrog wees indien 'n Christen vir iemand
sę dat 'n onchristelike praktyk Christelike geloof is.

>Die Christelike godsdiens
> konsentreer te min op die doen en late van geeste.

As jy sou sę "sommige Christene" in plaas van "die Christelike
godsdiens", sou ek met jou saamstem.

Leendert van Oostrum

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
In article <2885bff5...@usw-ex0108-060.remarq.com>,

reisiger <reisiger...@hotmail.com> wrote:
>
> Dit is die hele punt, Leendert. Hoekom moet 'n mens in die
> grond in gedruk word d.m.v. skuldgevoel kompleks

Christene glo nie die mens word in die grond gedruk nie. Die mens is
van nature in die modder. Al wat hom daaruit kan ophef, is geloof in
Christus.

> as 'n mens
> in die ewebeeld van God geskape is?

En deur die vry wil wat God hom gegee het, gekies het en kies om te
sondig.

> Dit klem val op sonde
> en nie self-ontwikkeling nie. Dit is verkeerd.

Christene glo dat "self-ontwikkeling" nie moontlik is nie, behalwe in
Christus.

> Maar om nie
> weer 'n fout te maak nie, goeie werke meer as om die hele


> tyd vir dieselfde sondes oor en oor vergewe te word. 'n
> Mens is 'n swak wese, maar hy het die reg om homself te
> ontwikkel, al bly hy 'n swak wese.

Ek weet nie of die mens so 'n "reg" het nie. Wat ek wel weet, is dat hy
geen so 'n vermoë het nie. Ek sien geen teken dat die mens in die
sesduisend (?) jaar waarvan ons weet enigsins "ontwikkel" het na iets
wat minder sondig is nie. Ek dink ons kan aanvaar dat daar in hierdie
eeu ten minste net sulke groot sondes gepleeg is as op enige tyd
tevore. Ook deur "christene".

> God sal nie Sy belegging
> in ons vernieting nie.

Jy haal Genesis aan. In Gen 6:5-7 staan: "Toe die Here sien dat die
boosheid van die mens op aarde groot was, en al die versinsels wat hy
in sy hart bedink, altyddeur net sleg is, het dit die Here berou dat Hy
die mens op aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart. En die Here
sę: Ek sal die mens wat ek geskape het, van die aarde verdelg..." (1953
-vertaling)

Leendert van Oostrum

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
In article <37CDB949...@sympatico.ca>,
@sympatico.ca wrote:

> Lou, dit is vir my merkwaardig dat baie van die mense op hierdie
nuusgroepwat 'n
> aggressiewe Protestantse tipe Christelike leer aanhang (dis alles of
> niks) en ek dink nou aan mense soos jy en Johan en Leendert
spesifiek, juis
> die mense is wat ook taamlik aggressiewe opmerkings maak teenoor mense
> met wie hulle nie saamstem wat politiek en rasseverhoudinge ensovoorts
> aangaan nie.

Nee. As dit wel, soos jy beweer, mense is wat 'n "aggressiewe" soort
godsdiens be-oefen, is dit geensins merkwaardig dat hulle ook in ander
opsigte 'n "aggressiewe" (volgens jou) houing inslaan nie.

Wat wel merkwaardig is, is die feit dat jy klaarblyklik nie bewus is
daarvan dat jou eie bydraes meer aggressief is as die van enigeen
anders op die nuusgroep nie.

> En Leendert, groot
> verkondiger van die feit dat hy Christen is, skroom nie om vir
"Reisiger"
> te vertel dat hy in Weskoppies hoort nie.

"Die feit dat hy 'n Christen" is, Gloudina, veroorsaak dat Leendert -
vir so ver as wat hy kan - nie skroom om die waarheid te praat nie.

> Reisiger is ten minste 'n eerlike
> en lyk my baie sagmoedige soeker na dinge, en het nie hierdie soort
aksies
> teen hom nodig nie.

Ek stem saam dat reisiger eerlik voorkom, en sagmoedig, en 'n soeker.
En geen eerlike soeker, hoe sagmoedig ook, sal terugdeins wanneer hy
die waarheid vind nie.

> Wat is dit met julle? Gaan maar na die Bybel en lees
> weer die dinge daar. Dit lyk my vir sommige van julle dis alleen
nodig om
> te "glo" en nie om Christus te volg nie.

Dit is inderdaad nodig vir die gelowige om Christus te volg - uit
dankbaarheid.

En nie die "gentle jesus" - afgodsbeeld van die pienkboekie-
bybelstories nie, maar die ware Christus - wat sagmoedig was, maar wat
nie geskroom het om die Fariseërs en die Skrifgeleerdes, die
tempelwagte en sy eie dissipels aan die baard te vat wanneer hulle die
mense mislei het nie.

En in die volle wete dat dit nie vir 'n mens moontlik is om aan
Christus gelyk te wees nie.

sympatico.ca

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
Leendert van Oostrum wrote:

> "Die feit dat hy 'n Christen" is, Gloudina, veroorsaak dat Leendert -
> vir so ver as wat hy kan - nie skroom om die waarheid te praat nie.

Hy skroom dus nie om vir "reisiger" uit te jou en vir hom te vertel hyhoort
in Weskoppies nie, want Christen Leendert skroom nie om die
waarheid te praat nie? Hy maak amper voor die voet blatatante
rassistiese opmerkings oor sy mede Suid-Afrikaners wat nie van
dieselfde kleur as hy is nie.Dis Leendert die Christen wat nie skroom
om die waarheid te praat nie? Neewat, ou Leendert, as ek jy is
verkondig ek nie my Christenskap so openlik nie, want jy is nie 'n
baie goeie advertensie daarvoor nie. As ek wil weet wat Christene
dink, lees ek liewer vir Teilhard (ek het al sy boeke, in Engelse
vertaling.)

Gloudina

>
>


Leendert van Oostrum

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
In article <37CE5398...@sympatico.ca>,

@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
> > "Die feit dat hy 'n Christen" is, Gloudina, veroorsaak dat Leendert
-
> > vir so ver as wat hy kan - nie skroom om die waarheid te praat nie.
>
> Hy skroom dus nie om vir "reisiger" uit te jou en vir hom te vertel
hyhoort
> in Weskoppies nie, want Christen Leendert skroom nie om die
> waarheid te praat nie?

Korrek. "reisiger" het self toegegee dat hy te ver gegaan het met sy
spekulasies oor Afrikaans en die verwantskap met Fries en Fries se
status as "taal van die gode". "reisiger" het vermoedelik ook die
skertsende elemente daarvan begryp.

> Hy maak amper voor die voet blatatante
> rassistiese opmerkings oor sy mede Suid-Afrikaners wat nie van
> dieselfde kleur as hy is nie.Dis Leendert die Christen wat nie skroom
> om die waarheid te praat nie?

Jy beter voorbeelde bring van hierdie "blatant rassistiese opmerkings"
waarna jy verwys, Gloudina. En jy beter verduidelik waarom jy hulle
beskou as "balatant rassisties". Anders is jy skuldig aan net nog een
van die vele leuens wat jy hier verkondig vir die waarheid. Jou gejuig
oor die omstandighede van Angelina se dood is maar een van hulle. (Jy
begin nou 'n reputasie ontwikkel daarvoor dat jy die waarheid draai -
of verwerp - soos dit jou pas, weet jy?)

> Neewat, ou Leendert, as ek jy is
> verkondig ek nie my Christenskap so openlik nie, want jy is nie 'n
> baie goeie advertensie daarvoor nie.

Ek weet ek is geen goeie "advertensie" vir Christus nie. Daaroor is ek
oneindig jammer.

Maar dit onthef my nie van my verpligting om te getuig nie. Die Heilige
Gees sal die getuienis laat werk - of nie - soos dit Hom behaag.

> As ek wil weet wat Christene
> dink, lees ek liewer vir Teilhard (ek het al sy boeke, in Engelse
> vertaling.)

Ek sou versigtig wees met De Chardin as gesag oor die denke van
Christene. Die Vatikaan het die publikasie van De Chardin se boeke
verbied terwyl hy geleef het. Hulle is na sy dood gepuliseer deur 'n
vrou aan wie hy hulle nagelaat het, en wat nie onder die eed van
gehoorsaamheid staan wat De Chardin geneem het nie.

Dit sou vreemd wees as die Vatikaan De Chardin se werk nou skielik
beskou as verteenwoordigend van Christelike denke.

Ek dink De Chardin se voorbeeld, deur sy onderwerping aan die
implikasies van sy eed, spreek veel sterker oor wat Christene dink as
De Chardin se gepuliseerde werke.

Maar, in die finale instansie is die Bybel is die gesaghebbende bron,
Gloudina. Die _hele_ Bybel.


Vriendelike groete, Leendert

Leendert van Oostrum

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to

> Neewat, ou Leendert, as ek jy is
> verkondig ek nie my Christenskap so openlik nie, want jy is nie 'n
> baie goeie advertensie daarvoor nie.

Ek weet ek is geen goeie "advertensie" vir Christus nie. Daaroor is ek
oneindig jammer.

Maar, aan die ander kant: Die feit dat self 'n boosaardige mens soos ek
verlos kan word, demonstreer die omvang van Sy genade.

lou

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
@sympatico.ca wrote:
>
> lou wrote:
>
> > Ek hang die God van die Bybel aan en vertrou dat Hy my sal lei. DIe
> > hoofsaak van jou geloof is Gloudina dat jy in werklikheid geen geloof
> > het nie - jy praat Boedisme nou, later kwoteer jy Blake - so deurmekaar
> > soos 'n verkleurmannetjie op 'n Smartie boks. Jy hoof uitgangspunt moet
> > die Bybel wees - moenie te veel op mense en engele vertrou nie
>
> Lou, dit is vir my merkwaardig dat baie van die mense op hierdie nuusgroepwat 'n
> aggressiewe Protestantse tipe Christelike leer aanhang (dis alles of
> niks) en ek dink nou aan mense soos jy en Johan en Leendert spesifiek, juis
> die mense is wat ook taamlik aggressiewe opmerkings maak teenoor mense
> met wie hulle nie saamstem wat politiek en rasseverhoudinge ensovoorts
> aangaan nie. Ek kan nie vergeet dat jy jou lewe op hierdie nuusgroep begin
> het met taamlike growwe rassistiese opmerkings nie.

Gloudina - Ek stel dit aan jou hier op die nuusgroep dat jy LIEG! Bring
die bewyse aangaande my sogenaamde rassistiese opmerkings. Let ook
daarop dat jy besig is met naamskending - en daar was al 'n paar hofsake
daaroor - en ek sal nogal kan doen met 'n paar Kanades Dollars. EK eis
dus dat jy 'n verskoning vir jou infame leuens aangaande my op hierdie
nuusgroep publiseer andersins sal ek dit moet verder neem.

> <SNIP> Wat is dit met julle? Gaan maar na die Bybel en lees


> weer die dinge daar. Dit lyk my vir sommige van julle dis alleen nodig om
> te "glo" en nie om Christus te volg nie.

Gloudina - ek verwater nie my Godsdiens om by menslike praktyke aan te
pas nie. Die geloof soos grootliks vervat in die geloofsbelydenis is wat
nodig is. Die goeie dade volg self daaruit. Deur goed te doen is nie
genoeg nie. Jy kan nie jou siel red deur net goeie dinge te doen nie -
die geloof is allerbelangriks.

Johan

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
On Wed, 01 Sep 1999 23:38:24 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Lou, dit is vir my merkwaardig dat baie van die mense op hierdie nuusgroepwat 'n
|aggressiewe Protestantse tipe Christelike leer aanhang (dis alles of
|niks) en ek dink nou aan mense soos jy en Johan en Leendert spesifiek, juis
|die mense is wat ook taamlik aggressiewe opmerkings maak teenoor mense
|met wie hulle nie saamstem wat politiek en rasseverhoudinge ensovoorts
|aangaan nie.

Jy wil so graag, en jy kry dit noumaar net nie reg nie...

Gloudina, ons pas nie almal in jou boksies nie. Hou gouer jy besef jy sal moet
vrede maak met jou eie gevoel van ongemak omdat jy nie almal om jou in kassies
kan plaas en presies definieer nie, hoe gouer sal juis daardie gevoel van
ongemak verminder.

Ek beskou myself as so 'n 90% alles of niks Christen - en ek dink nie die konsep
van alles of niks wanneer dit by Christenskap kom, is verkeerd nie. Ekself vind
dit net baie moeilik om te glo dat die Jode geheel by God se planne uitgesluit
is, maar dis nie iets waaroor ek kan redeneer of stry nie, want ek dink net God
weet regtig hoe Hy gaan maak.

Aggresief oor ander sake? Lyk my jy is ook nie baie gemaklik as iemand anders
by 'n standpunt staan wat nie met joune ooreenstem nie...!?!?!

Ek sien jy was vroeg op vanmore....kom jy ook agter dat die dae nou vinnig begin
krimp? My kinders sal bly wees - hulle kry maar swaar om te moet gaan slaap as
dit nog lig is.

sympatico.ca

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
Leendert van Oostrum wrote:

> Jou gejuig
> oor die omstandighede van Angelina se dood

> I rest my case. Hy is heeltemal op die koffie.

Gloudina

>
>


sympatico.ca

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to

Johan wrote:

> Ek sien jy was vroeg op vanmore....kom jy ook agter dat die dae nou vinnig begin
> krimp? My kinders sal bly wees - hulle kry maar swaar om te moet gaan slaap as
> dit nog lig is.

Jy besef natuurlik dat ons nie in dieselfde tydsone is nie.

Gloudina

sympatico.ca

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
lou wrote:

> Gloudina - Ek stel dit aan jou hier op die nuusgroep dat jy LIEG! Bring
> die bewyse aangaande my sogenaamde rassistiese opmerkings. Let ook
> daarop dat jy besig is met naamskending - en daar was al 'n paar hofsake
> daaroor - en ek sal nogal kan doen met 'n paar Kanades Dollars. EK eis
> dus dat jy 'n verskoning vir jou infame leuens aangaande my op hierdie
> nuusgroep publiseer andersins sal ek dit moet verder neem.

Jy is welkom Lou om dit verder te neem. My prokureur-seun sal hou vandie
internasionale publisiteit wat so 'n saak vir sy prokureursfirma sal werf.
Dit sal groot opslae maak, veral in Noord-Amerika, waar "rassisme" nou
'n groot onderwerp van bespreking is. Hoop jy het genoeg geld, want dit
gaan 'n groot saak word, tot by die Supreme Court van Kanada.

Gloudina

>
>
>


Johan

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
On Thu, 02 Sep 1999 14:20:20 GMT, @sympatico.ca wrote:
|
|Jy besef natuurlik dat ons nie in dieselfde tydsone is nie.
|
Jy besef natuurlik my nuusleser is baie slimmer as dit en gee vir my die tyd van
plasings aan in my eie tydsone.

Gloudina byter!!

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
Aan Lou en andere,

Moenie opge-"charge" raak deur Gloudina se "perculiar" en "weird" opinies nie.
Dis haar manier om verveeldheid te beveg. Dit wil voorkom asof hierdie ng net
sowel "When Gloudina gets bored, she gets boring" genoem kan word. Sy monitor
ook skynbaar die ng dag en nag. Dit is so al asof sy niks anders het om te doen
nie. Ek probeer om die nuusgroep deurlopend monitor en vir die een of twee keer
per dag wat ek hier uitkom is daar klokslag veertien of meer Gloudina
boodskappies. (Aan Gloudina: "Get a life!")

Aan Lou: indien jy van mening is dat sy lasterlik teenoor jou uitgevaar het,
laster terug en plaas die bal in haar en haar sensasie soekende seun se baan. Ek
lanklaas gesien dat 'n mamma iemand met haar seuntjie dreig. Laat my dink aan
"my son wil beat-up your son"-tipe van dreigement. Ek kan onthou dat dit die
tipe argument in die kleuterskool was.

Maar moenie dat sy jou opwen nie, sy het skynbaar niks beter om te doen nie.


reisiger

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
In article <37CDB423...@sympatico.ca>, @sympatico.ca
wrote:

>Nee, op Marchand. Die hele wereld daar is vol kanale.
Grotes enkleintjies. Een
>van die vroegste herinneringe van my lewe is om
>langs 'n kanaal te sit en kyk na die vinnige vloei van die
modderwater,
>met die geur van wilde mint in jou neus. En ons helde was
daardie
>mense wat bereid was om die kanale skoon te maak, selfs
wanneer
>die water onderdeur rivierspruite in pype van die een
eiland na die
>ander gevloei het. Elke jaar was daar 'n "Oproep" om die
kanale
>na te gaan en skoon te maak. Elke boer moes of self gaan
of 'n
>verteenwoordiger stuur.
>Ken jy daardie geweste?


Glad nie. Nie eers geweet die plek het kanale nie.
Jy skryf baie skilderagtig. Upington se kanale met hulle
modderwater en krappe vang was waar ons vakansies
deurgebring het.

reisiger

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
In article <37cd9baf.1645286336@Choice010>, e...@dot.com


Hulle was die voorvaders van Israel. Dit is nie duidelik
hoe hulle verskyn het nie - in die gees of vlees. Omdat
Petrus wou hutte bou neem jy aan in die vlees.

reisiger

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
>Wat is dit met julle? Gaan maar na die
Bybel en lees
>weer die dinge daar. Dit lyk my vir sommige van julle dis
alleen nodig om
>te "glo" en nie om Christus te volg nie.


Die verskil is ons moet terug gaan na die VOORBEELD van
2000 jaar gelede. Dit is die probleem vandag. Mense wil net
maak wat hulle wil, geloof in Jesus, sonde vergewe, ens. en
nie die VOORBEELD nastreef nie. Geen verantwoordelikheid
nie. Ons gee andere pyn maar besef dit nie. Dit is hoekom
ons sit waar ons sit vandag. En ons almal is skuldig
daaraan. Geloof sonder goeie werke is dood. Jakobus 2 v 14:
Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar
sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red? So
'n persoon glo dus nie, want sy werke bewys nie sy geloof
nie. Werke kry jou nie in die hemel, maar wel jou geloof.
Werke bewys net jou geloof.

reisiger

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
In article <7ql6p6$uej$1...@nnrp1.deja.com>, Leendert van
Oostrum <oos...@geocities.com> wrote:
>Dit is. Dit is 'n inellektuele en 'n wilsbesluit

En daardie keuse maak elke sekonde van ons lewe. Nie een
keer en dan maak wat jy wil agterna nie. Elke sekonde is
ons oomblik van waarheid.

>Dit is waar dat mense hunker na liefde van ons medemens.
Maar Christene
>glo dat ware naasteliefde slegs moontlik is as mens jou in
die eerste
>plek met God versoen het - deur die reddernde genade van
Jesus Christus.

Het in baie lande rondgereis waar ander godsdienste beoefen
word. Die verskil is Boeddhiste in Thailand en Maleisië is
nie skaam om hulle godsdiens beelde in hulle winkels te hou
nie. Maar die Christene is baie skaam vir hulle godsdiens
in SA se publieke lewe. Nou onlangs eers het ek 'n "bord"
gesien met Bybelversies in Afrikaans en Engels in 'n
winkel. Ek dink dit is baie pragtig.

>Vir die Christen is dit wel beskikbaar. God vergewe die
sonde van
>gelowiges. Gratis en verniet. Sonder voorwaarde. Bloot op
grond van die
>geloof dat Christus vir hul sondes gesterf het. Niks
anders nie.

Hierdie beginsel word misbruik, wanneer sommige dink hulle
kan net doen wat hulle wil, andere seermaak, want hulle
beste werke is in elk geval in die sonde. Die verskil is om
uit die modder te klim. Die beginsel van "zero tolerance"
gaan mense seermaak. Maar dit is hulle eie verkragting van
hulle sonde teologie se skuld. Die tyd het gekom om "zero
tolerance" eerste op hulself / myself toe te pas, voordat
die Staat dit toepas.

>As mens dit begryp, kan jy ook verstaan waarom
dankbaarheid die lewe
>van verloste Christene so radikaal kan verander.

Pas "zero tolerance" toe op sonde, of die lewe sal radikaal
verander.

>Ons beste werke is vol sonde. Maar Christus, deur sy
soendood, vergewe
>al die sonde van elkeen wat in Hom glo.

Dit is nie genoeg. Met "zero tolerance" sal 'n mens op
aarde jou agterent sien. Wees gewaarsku.

reisiger

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
In article <7ql7k9$v3o$1...@nnrp1.deja.com>, Leendert van
Oostrum <oos...@geocities.com> wrote:
>Christene glo ook in voorvadergeeste. Die geeste van die
voorvaders is
>in die hemel of in die hel. Christene respekteer en eer
ook die geeste
>van hul voorvaders.
>Al verskil is dit: Christene bid nie tot die geeste van
hul voorvaders
>nie, maar slegs tot God.

Voorvader geeste beskou ek as beskerm engele. Dieselfde
ding, net 'n ander naam. Ek verstaan hulle bid nie na
voorvader geeste nie. Ek bid nie na beskerm engele nie.

>Maar die resultaat is nie noodwendig Christelike geloof
nie. Dit kan
>ook afgodery wees. En dit sou bedrog wees indien 'n
Christen vir iemand
>sę dat 'n onchristelike praktyk Christelike geloof is.

Weereens, hulle bid nie na hulle voorvader geeste nie. Sien
voorvader geeste as beskerm engele. Dan kan beide praktyke
integreer word.

>>Die Christelike godsdiens
>> konsentreer te min op die doen en late van geeste.

>As jy sou sę "sommige Christene" in plaas van "die
Christelike
>godsdiens", sou ek met jou saamstem.

Sal dit verander na die Bybel. Die inligting wat nodig is,
wat Jesus Sy Apostels geleer het, is nie opgeteken nie.

sympatico.ca

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
reisiger wrote:

> Voorvader geeste beskou ek as beskerm engele. Dieselfde
> ding, net 'n ander naam. Ek verstaan hulle bid nie na
> voorvader geeste nie. Ek bid nie na beskerm engele nie.
>

Ek wonder of julle nie die konsep van "voorvadergeeste" by die
inheemse mense van SA effens uit die verkeerde hoek bekyk nie.
Ek kan onthou dat 'n Zulu onderwyser vir my een keer vertel het
dat dit vir hom snaaks is dat die Amerikaanse sendelinge teen
"voorvadergeeste" praat, en tegelyk "Founders' Day" vier by die
sendingskool. Wanneer Afrikaners oor Piet Retief en Paul Kruger
praat en hulle name in die bewussyn hou, is dit nie maar dieselfde
as voorvaders te onthou nie?

Gloudina

sympatico.ca

unread,
Sep 2, 1999, 3:00:00 AM9/2/99
to
Gloudina byter!! wrote:

> Aan Lou en andere,
>
> Moenie opge-"charge" raak deur Gloudina se "perculiar" en "weird" opinies nie.

> Maar moenie dat sy jou opwen nie, sy het skynbaar niks beter om te doen nie.

Gloudina se teenwoordigheid op hierdie nuusgroep laat mense Afrikaans skryf(soms
very perculiar Afrikaans, to quote you.) dat die kuberspoeg so spat. Kyk
nou net maar vir jou ou broer.

Tant Hessie se witperd.

Johan

unread,
Sep 3, 1999, 3:00:00 AM9/3/99
to
On Thu, 02 Sep 1999 22:18:09 GMT, @sympatico.ca wrote:
|
|Ek wonder of julle nie die konsep van "voorvadergeeste" by die
|inheemse mense van SA effens uit die verkeerde hoek bekyk nie.
|Ek kan onthou dat 'n Zulu onderwyser vir my een keer vertel het
|dat dit vir hom snaaks is dat die Amerikaanse sendelinge teen
|"voorvadergeeste" praat, en tegelyk "Founders' Day" vier by die
|sendingskool. Wanneer Afrikaners oor Piet Retief en Paul Kruger
|praat en hulle name in die bewussyn hou, is dit nie maar dieselfde
|as voorvaders te onthou nie?
|
Gloudina, hiers nou vir jou 'n lekker prentjie: Oom Karel Boshoff op
Oranja, dans om 'n vuur, sny 'n wit bok se keel af, bied die bloed vir
ou tannie Betsie aan in 'n klei kommetjie en gedenk so sy skoonpa se
gedagtenis!!!!!

Maar ernstig: Ek dink die verskil lę tussen die onthou en wat my
persepsie is van swartes se glo dat die voorvaders hulle kan sien,
beheer en kan bly wees of kwaad wees oor wat hulle doen en hule dan
daarvolgens beloon.

Ferdi Greyling

unread,
Sep 3, 1999, 3:00:00 AM9/3/99
to
On Thu, 02 Sep 1999 09:14:48 +0200, lou <lo...@hotmail.dinges.com>

wrote:
<<Gloudina - Ek stel dit aan jou hier op die nuusgroep dat jy LIEG!
Bring
>die bewyse aangaande my sogenaamde rassistiese opmerkings. Let ook
>daarop dat jy besig is met naamskending - en daar was al 'n paar hofsake
>daaroor - en ek sal nogal kan doen met 'n paar Kanades Dollars. >>

Prossedeer Lou, prossedeer .

(Kan doen met n sirkus.)

sympatico.ca

unread,
Sep 3, 1999, 3:00:00 AM9/3/99
to
Johan wrote:

> Ek dink die verskil lê tussen die onthou en wat my


> persepsie is van swartes se glo dat die voorvaders hulle kan sien,
> beheer en kan bly wees of kwaad wees oor wat hulle doen en hule dan
> daarvolgens beloon.

En dis presies waar die moeilikheid begin. Wat JOU PERSEPSIE is vanwat
"swartes" glo, kleur jou "verstaan" van die onderwerp. Nou wil ek vir
jou ook nog doodernstig 'n vraag vre: ek sal nie verbaas wees as jy vir
my vertel dat jy, na jou fisiese dood, verwag om in die "hemel" jou ouers
wat jou dan heelwaarskynlik voorafgegaan het, te ontmoet nie. Baie
Christene dui aan dat hulle dit glo. Hoekom word wit Christene "toegelaat"

om hierdie dinge te glo, maar "swart" Christene is nou skielik heeltemal
dwaas om voorvadergeeste te eer? Verduidelik vir my asseblief die verskil.

Gloudina

Johan

unread,
Sep 3, 1999, 3:00:00 AM9/3/99
to
On Fri, 03 Sep 1999 14:22:24 GMT, @sympatico.ca wrote:

|Johan wrote:
|
|> Ek dink die verskil l=EA tussen die onthou en wat my


|> persepsie is van swartes se glo dat die voorvaders hulle kan sien,
|> beheer en kan bly wees of kwaad wees oor wat hulle doen en hule dan
|> daarvolgens beloon.
|
|En dis presies waar die moeilikheid begin.

Die moeilikheid is net in jou kop en nie hier by 'n doodgewone bespreking nie.

| Wat JOU PERSEPSIE is vanwat
|"swartes" glo, kleur jou "verstaan" van die onderwerp.

Gloudina, dis tyd dat jy end kry met hierdie verdagmakery van jou! JY doen
presies dieselfde met ENIGE plasing wat jy hier maak - Wat JOU PERSEPSIE is van
ENIGE onderwerp, kleur jou "verstaan" van die onderwerp. En jy is glad nie so
wonderlik nie - al was hier gister 'n ou wat gesę het jy moes jou skrywe begin
met "Ek, as God, dink so en so....."

Jy is maar soos almal van ons, 'n klein nulletjie op 'n kontrak sonder die
wysheid en pag om almal om jou te veroordeel oor wat hulle sę.

ALMAL wat hier skryf gee bloot hulle opinies weer. Daar is nie uitsonderings
nie - net een of twee dwase soos jy wat dink hulle is alwetend en volleerd.

Kom af aarde toe en bespreek die sake met 'n mens op ordentlike vlak, nie so uit
die hoogte nie - die mishoop waarop jy staan is baie onvas.....

| Nou wil ek vir
|jou ook nog doodernstig 'n vraag vre: ek sal nie verbaas wees as jy vir

|my vertel dat jy, na jou fisiese dood, verwag om in die "hemel" jou ouers=


|wat jou dan heelwaarskynlik voorafgegaan het, te ontmoet nie.

Nee Gloudina, wees maar verbaas, want ek glo dit nie. Ek het geen, maar geen
vooropgestelde idee van wat my te wagte gaan wees na my dood nie. Al wat ek wel
as my eie persoonlike opinie handhaaf, is dat 'n mens nie in die "hemel" sal
bekommer oor sulke dinge soos familie nie - sien jy hulle, dan sien jy hulle,
ervaar jy hulle, dan ervaar jy hulle, erken jy hulle, dan erken jy hulle. Dit
maak nie saak nie en ek bekommer nie daaroor nie. Ek kan sien dat dit in baie
gevalle gebruik word om mense te troos na hulle familie verloor het, maar ek
dink nie ons kan regtig sę hoe dit gaan wees nie.

Ek het al my eie pa verloor, en ek verlang baie na hom, maar ek sien nie daarna
uit dat ek hom weer eendag sal sien nie. Ek dink dit sou 'n suiwer voordoodse
gevoel wees.

|Baie
|Christene dui aan dat hulle dit glo. Hoekom word wit Christene "toegelaat=


|"
|
|om hierdie dinge te glo, maar "swart" Christene is nou skielik heeltemal

|dwaas om voorvadergeeste te eer? Verduidelik vir my asseblief die verskil=
|=2E
|
Jou taalgebruik is hier so swak en blatant moeilikheidsoekend, maar ek sal
probeer om weereens net vir jou my eie siening te gee.

Ek weet nie wat jy bedoel met wit Christene wat toegelaat word om wat? te glo???
nie.

Ek dink nie swart Christene is nou heeltemaal skielik dwaas om voorvader geeste
te eer nie. Hete, elke woord wat jy hier skryf is dof en skoorsoekend.

swart CHRISTENE behoort gladnie meer voorvaders te AANBID nie, hulle kan hulle
eer netsoveel as hulle wil. Ander swartes en ander wittes en ander groenes kan
glo, aanbid en eer net wie hulle wil. Netsoos elke mens wat dit betref 'n eie
keuse kan maak.

sympatico.ca

unread,
Sep 3, 1999, 3:00:00 AM9/3/99
to
Johan wrote:

> Die moeilikheid is net in jou kop en nie hier by 'n doodgewone bespreking nie.

So Johan kan maar voortgaan met sy "doodgewone" bespreking vanvoorvadergeeste (wat
eintlik 'n beswaddering is van die mores en die
gewoontes van die swart inwoners van SA). Maar sodra iemand
daarteen beswaar maak, dan is dit skielik "verdagmakery." Jy het
jou lewe op hierdie nuusgroep begin met beskrywings van hoe lui
en onontwikkeld die swart inwoners van SA is. Snaaks hoe jy elke
keer baie vinnig bykom as daar iets negatiefs oor hulle gepraat word.

> Kom af aarde toe en bespreek die sake met 'n mens op ordentlike vlak, nie so uit
> die hoogte nie - die mishoop waarop jy staan is baie onvas...

Nee, Johan, die fondament waarop ek staan is baie vas. Meeste van daardiefondament
kom uit die Christelike bybel uit.

> Nee Gloudina, wees maar verbaas, want ek glo dit nie.

Wel ek sien uit na die bespreking van hierdie punt.

Gloudina


Johan

unread,
Sep 3, 1999, 3:00:00 AM9/3/99
to
On Fri, 03 Sep 1999 16:32:55 GMT, @sympatico.ca wrote:

|Johan wrote:
|
|> Die moeilikheid is net in jou kop en nie hier by 'n doodgewone bespreking nie.
|
|So Johan kan maar voortgaan met sy "doodgewone" bespreking vanvoorvadergeeste (wat
|eintlik 'n beswaddering is van die mores en die
|gewoontes van die swart inwoners van SA). Maar sodra iemand
|daarteen beswaar maak, dan is dit skielik "verdagmakery."

JY het in stede van die punt te bespreek, veel te sę gehad oor my opinie en die
kleur daarvan en wat ek weet of nie weet nie. Hou jou eerder by die bespreking
(wat jy nou al weer nie doen nie). Ek raak moeg daarvan om voortdurend vir jou
te moet uitwys waar jy persoonlike opmerkings maak in stede van om op die punt
onder bespreking te fokus.

| Jy het
|jou lewe op hierdie nuusgroep begin met beskrywings van hoe lui
|en onontwikkeld die swart inwoners van SA is. Snaaks hoe jy elke
|keer baie vinnig bykom as daar iets negatiefs oor hulle gepraat word.
|

Die negatiwiteit sit in jou kop - hier is in hierdie bespreking oor voorvader
geeste nog niks negatief teenoor swartes gesę nie. Gaan lees maar weer mooi....

Leendert van Oostrum

unread,
Sep 3, 1999, 3:00:00 AM9/3/99
to
In article <37CFF854...@sympatico.ca>,

@sympatico.ca wrote:
> Johan wrote:
>
> > Die moeilikheid is net in jou kop en nie hier by 'n doodgewone
bespreking nie.
>
> So Johan kan maar voortgaan met sy "doodgewone" bespreking
vanvoorvadergeeste (wat
> eintlik 'n beswaddering is van die mores en die
> gewoontes van die swart inwoners van SA).

Op watter wyse het Johan die mores en gewoontes van die swart inwoners
van Suid-Afrika beswadder met betrekking tot die onderwerp van
voorvadergeeste, Gloudina?

En terwyl ons op daardie soort onderwerp is: Watter NG dominies het
apartheid van die kansel af gepreek, wanneer het hulle dit gedoen,
waar, en wat presies het hulle gesę?

En op watter wyse het die behandeling van swartmense op die
Stellenbosch-kampus erger geword na jou tyd, Gloudina?

> Maar sodra iemand
> daarteen beswaar maak, dan is dit skielik "verdagmakery." Jy het


> jou lewe op hierdie nuusgroep begin met beskrywings van hoe lui
> en onontwikkeld die swart inwoners van SA is. Snaaks hoe jy elke
> keer baie vinnig bykom as daar iets negatiefs oor hulle gepraat word.
>

Dis waar. Maar ek wil graag weet watter bydraes, in die die hele
onderwerp van voorvadergeeste, jy beskou as "negatief"? En watter van
hierdie "negatiewe" bydraes is deur Johan gemaak soos jy hierbo beweer?

> > Kom af aarde toe en bespreek die sake met 'n mens op ordentlike
vlak, nie so uit
> > die hoogte nie - die mishoop waarop jy staan is baie onvas...
>
> Nee, Johan, die fondament waarop ek staan is baie vas. Meeste van
daardiefondament
> kom uit die Christelike bybel uit.
>

Hmmmm.... Vas, ja.

Onwrikbaar in jou vooroordele.


> > Nee Gloudina, wees maar verbaas, want ek glo dit nie.
>
> Wel ek sien uit na die bespreking van hierdie punt.

Ek is verbaas dat Johan nie glo dat hy sy voorvaders in die hiernamaals
weer sal sien nie. Gedagtig daaraan dat Christene van alle soorte
rondom die węreld daagliks bely dat hulle glo in "die opstanding van
die vlees".

Johan

unread,
Sep 3, 1999, 3:00:00 AM9/3/99
to
On Fri, 03 Sep 1999 20:12:05 GMT, Leendert van Oostrum <oos...@geocities.com>
wrote:

|Ek is verbaas dat Johan nie glo dat hy sy voorvaders in die hiernamaals


|weer sal sien nie. Gedagtig daaraan dat Christene van alle soorte

|rondom die wêreld daagliks bely dat hulle glo in "die opstanding van
|die vlees".
|
Ek glo ook daarin, maar ek is nie noodwendig oortuig dat ons mekaar wel gaan
herken of nie herken nie. En ek dink nie op daardie stadium gaan dit vir ons
belangrik wees om reunie te hou nie.

sympatico.ca

unread,
Sep 3, 1999, 3:00:00 AM9/3/99
to
Leendert van Oostrum wrote:

> Ek is verbaas dat Johan nie glo dat hy sy voorvaders in die hiernamaals
> weer sal sien nie. Gedagtig daaraan dat Christene van alle soorte
> rondom die wêreld daagliks bely dat hulle glo in "die opstanding van
> die vlees".
>
>

Ek sien uit na die bespreking hiervan tussen Johan en Leendert.

Gloudina

sympatico.ca

unread,
Sep 3, 1999, 3:00:00 AM9/3/99
to
Johan wrote:

> Ek glo ook daarin, maar ek is nie noodwendig oortuig dat ons mekaar wel gaan
> herken of nie herken nie. En ek dink nie op daardie stadium gaan dit vir ons
> belangrik wees om reunie te hou nie.

So nou glo jy "daarin." 'n Halfdag gelede het jy nie daarin geglo nie.Nou klink
dit egter vir my of jy dink die voorvadergeeste wel available
sal wees, maar dat jy nie dink dis belangrik om "reunie" te hou nie.
The plot thickens. Ek sien uit na die volgende hoofstuk van die gospel
according to Johan.

Gloudina

Johan

unread,
Sep 4, 1999, 3:00:00 AM9/4/99
to
On Fri, 03 Sep 1999 22:06:12 GMT, @sympatico.ca wrote:
|
|So nou glo jy "daarin."

Waarin?????

| 'n Halfdag gelede het jy nie daarin geglo nie.

Waarin nie??????

|Nou klink
|dit egter vir my of jy dink die voorvadergeeste wel available
|sal wees,

...ek vermoed ons sal maar almal daar wees, hoe available ons sal
wees, weet ek nou gladnie....

|maar dat jy nie dink dis belangrik om "reunie" te hou nie.

Nee man, LEES MOOI! Kry vir jou 'n nuwe bril of maak joune net weer
vir 'n slag skoon.
Ek dink nie ons sal na die dood bekommer of ons mekaar herken of nie.
Ek "dink" juis nie nou iets hieroor nie - ek het 'n oop agenda oor wat
dan gaan kom of wat ons dan sal ervaar.

|The plot thickens. Ek sien uit na die volgende hoofstuk van die gospel
|according to Johan.

Nee, hoe dan nou, ou tante! Dis nie eers volmaan nie en jy yl sleg!!
Gaan lees weer mooi alles, want ek weet ek het myself nog nerens hier
weerspreek nie. Dis defnitief hierdie keer jy wat nie die draad van
die gesprek mooi volg nie.

Hou op met jou verdraaing en interpretasie van wat ek sê - gee ons
eerder jou eie weergawe, anders is jy weereens net besig met
verdagmaking. (Dis nou wanneer jy so knaend vir almal wil vertel hoe
sleg 'n ander ou is omdat hy dan kwansuis sus of so dink, en hierdie
interpretasies van jou is telkemale hopeloos van die spoor af.)

Wys ons eerder jy is nie 'n ruggraatlose en opinielose
moeilikheidsoeker nie - vertelk ons jou EIE opinie en redenasies oor
sake en vergeet om 'n ander se redenasies te verskeef om jou eie swak
redenasie vermoë te verbloem. Volg eerder Leswin se raad en slyp
jou EIE redenasies en redenasie vermoeëns.

reisiger

unread,
Sep 5, 1999, 3:00:00 AM9/5/99
to
In article <37cf482e....@news.citilink.com>,
e...@dot.com (Johan ) wrote:
>On Thu, 02 Sep 1999 22:18:09 GMT, @sympatico.ca wrote:
>|
>|Ek wonder of julle nie die konsep van "voorvadergeeste"
by die
>|inheemse mense van SA effens uit die verkeerde hoek bekyk
nie.
>|Ek kan onthou dat 'n Zulu onderwyser vir my een keer
vertel het
>|dat dit vir hom snaaks is dat die Amerikaanse sendelinge
teen
>|"voorvadergeeste" praat, en tegelyk "Founders' Day" vier
by die
>|sendingskool. Wanneer Afrikaners oor Piet Retief en Paul
Kruger
>|praat en hulle name in die bewussyn hou, is dit nie maar
dieselfde
>|as voorvaders te onthou nie?
>|
>Gloudina, hiers nou vir jou 'n lekker prentjie: Oom Karel
Boshoff op
>Oranja, dans om 'n vuur, sny 'n wit bok se keel af, bied
die bloed vir
>ou tannie Betsie aan in 'n klei kommetjie en gedenk so sy
skoonpa se
>gedagtenis!!!!!
>
>Maar ernstig: Ek dink die verskil lę tussen die onthou en
wat my
>persepsie is van swartes se glo dat die voorvaders hulle
kan sien,
>beheer en kan bly wees of kwaad wees oor wat hulle doen en
hule dan
>daarvolgens beloon.

reisiger skryf...
>Die Christelike godsdiens en die Voorvader Geeste
>godsdiens is so baie naby mekaar,
>dit is net nie waar nie.

Het nie geskryf dit is dieselfde nie. As ons verskille wil
soek, dan sal ons baie vind. Maar as ons ooreenkomste vind,
dan sal ons dit ook vind, want dit is daar. Daarvoor is
daar bestudering nodig. Het die naweek 'n opsomming gelees
daaroor. Maar hierdie is nie die plek vir my om dit te
bespreek nie, want dit is die openbare media. Sekeres neem
halwe inligting hieruit om haat aan te stook. Wat ek nie
sien nie!!! En net wat hulle wil uitgee. Ek hou nie daarvan
nie. Dit is beter vir my om nie voort te gaan met hierdie
bespreking nie.

lou

unread,
Sep 6, 1999, 3:00:00 AM9/6/99
to
@sympatico.ca lieg al weer:

>
> lou wrote:
>
> > Gloudina - Ek stel dit aan jou hier op die nuusgroep dat jy LIEG! Bring
> > die bewyse aangaande my sogenaamde rassistiese opmerkings. Let ook
> > daarop dat jy besig is met naamskending - en daar was al 'n paar hofsake
> > daaroor - en ek sal nogal kan doen met 'n paar Kanades Dollars. EK eis
> > dus dat jy 'n verskoning vir jou infame leuens aangaande my op hierdie
> > nuusgroep publiseer andersins sal ek dit moet verder neem.
>
> Jy is welkom Lou om dit verder te neem. My prokureur-seun sal hou vandie
> internasionale publisiteit wat so 'n saak vir sy prokureursfirma sal werf.
> Dit sal groot opslae maak, veral in Noord-Amerika, waar "rassisme" nou
> 'n groot onderwerp van bespreking is. Hoop jy het genoeg geld, want dit
> gaan 'n groot saak word, tot by die Supreme Court van Kanada.
>
> Gloudina


My liewe ou Gloudina Liegbek

Jy weet die bagasie wat jy met jou saamdra is jou probleem maar wanneer
gaan jy eendag die mens wat jou gedwing het om op te hou afrikaans praat
en jou kinders engels groot te maak vergewe? Jy i sdarem maar 'n ou
bitterbek.

Ek is intussen besig om bietjie navorsing te doen insake 'n seker
Gloudina Bouwer wat kamstig daar op Marchand groot geword het. My
familie daar op die Skema ken nogal heelwat mense van daai geweste en
sal seker 'n hele paar sappige stukkies info kan verska, Dit kan ons
sommer bietjie jou agtergrond ook bysleep - vir die hofsaak sien.

Die liegstories wat jy oor die net verkondig sal nie juis groot opslae
hier veroorsaak nie, ons politici s^e dis Ok om te lieg - so kom ons hou
dit sommer daar op Upington, dis juis so lekker warm plek in die some,
en kan jy bietjie kom kuier en jou van die ware feite vergewis en kan
ons die ou sakie sommer vinnig afhandel en 'n terselftertyd kanaal-aap
reunie hou. As jou timing reg is kan jy selfs die jaarlikse Rosyntjie
fees bywoon en 'n paar lekker bottle Upington Wyn saamvat huis toe.

En is dit jou seun se firma - so klink dit my - of is jy weer besig om
kwistig met die feite om te gaan? Jy weet mos wat hulle s^e van
prokureurs ne? Maar dan het hy jou gehad om hom te leer hoe mens die
waarheid vertel.

Intussen lekker lieg hoor ...

lou

unread,
Sep 6, 1999, 3:00:00 AM9/6/99
to
reisiger wrote:
>
> In article <37CDB423...@sympatico.ca>, @sympatico.ca
> wrote:
> >Nee, op Marchand. Die hele wereld daar is vol kanale.
> Grotes enkleintjies. Een
> >van die vroegste herinneringe van my lewe is om
> >langs 'n kanaal te sit en kyk na die vinnige vloei van die
> modderwater,
> >met die geur van wilde mint in jou neus. En ons helde was
> daardie
> >mense wat bereid was om die kanale skoon te maak, selfs
> wanneer
> >die water onderdeur rivierspruite in pype van die een
> eiland na die
> >ander gevloei het. Elke jaar was daar 'n "Oproep" om die
> kanale
> >na te gaan en skoon te maak. Elke boer moes of self gaan
> of 'n
> >verteenwoordiger stuur.
> >Ken jy daardie geweste?
>
> Glad nie. Nie eers geweet die plek het kanale nie.
> Jy skryf baie skilderagtig. Upington se kanale met hulle
> modderwater en krappe vang was waar ons vakansies
> deurgebring het.
>
Oppas die ou ding kan vreeslik lieg hoor so vat dit maar met 'n knippie
sout.

lou

unread,
Sep 6, 1999, 3:00:00 AM9/6/99
to
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Thu, 02 Sep 1999 09:14:48 +0200, lou <lo...@hotmail.dinges.com>
> wrote:
> <<Gloudina - Ek stel dit aan jou hier op die nuusgroep dat jy LIEG!
> Bring
> >die bewyse aangaande my sogenaamde rassistiese opmerkings. Let ook
> >daarop dat jy besig is met naamskending - en daar was al 'n paar hofsake
> >daaroor - en ek sal nogal kan doen met 'n paar Kanades Dollars. >>
>
> Prossedeer Lou, prossedeer .
>
> (Kan doen met n sirkus.)

Seker Ferdi, ek het juis 'n hoofnar nodig.

sympatico.ca

unread,
Sep 6, 1999, 3:00:00 AM9/6/99
to
lou wrote:

> My liewe ou Gloudina Liegbek
>

> Ek is intussen besig om bietjie navorsing te doen insake 'n seker
> Gloudina Bouwer wat kamstig daar op Marchand groot geword het. My
> familie daar op die Skema ken nogal heelwat mense van daai geweste en
> sal seker 'n hele paar sappige stukkies info kan verska, Dit kan ons
> sommer bietjie jou agtergrond ook bysleep - vir die hofsaak sien.

My familie is natuurlik nie as Bouwer bekend nie. Maar as Rykheer. Eksal dit
interessant vind oor wat hulle uitvind. Moet my net nie verwar met
my niggie, Gloudina Rykheer, nou onlangs in 'n hofsaak gewikkel met 'n
oud-springbok rugbyspeler nie. Ook die publiseerder van die eerste en sover
ek weet die enigste verplegingsopleidings-handboek in Afrikaans.

>
>
>
> so kom ons hou
> dit sommer daar op Upington, dis juis so lekker warm plek in die some,
> en kan jy bietjie kom kuier en jou van die ware feite vergewis en kan
> ons die ou sakie sommer vinnig afhandel en 'n terselftertyd kanaal-aap
> reunie hou. As jou timing reg is kan jy selfs die jaarlikse Rosyntjie
> fees bywoon en 'n paar lekker bottle Upington Wyn saamvat huis toe.
>
>

Nee ou Lou, die hofsaak sal in Kanada moet geskied. Jy is die dagvaarder.Dis jou
prokureur wat vir my met die nodige dagvaardiging moet bedoen.
Ondersoek tog ook sommer die verskil tussen julle Romeins-Hollandse
regstelsel en ons "Common Law" regstelsel. Maar dit sal natuurlik 'n
siviele saak wees, nie 'n kriminele saak nie. Ek wag met ingehoue asem
vir die dagvaardiging.

Gloudina

Johan

unread,
Sep 7, 1999, 3:00:00 AM9/7/99
to
Jy het nou nog nie geantwoord nie, Gloudina. Kan jy soos gewoonlik nie sinvol
antwoord nie, of verkies jy maar net om die plasings te ignoreer as jy dal
agterkom jy het droog gemaak?

sympatico.ca

unread,
Sep 7, 1999, 3:00:00 AM9/7/99
to
Johan wrote:

> Jy het nou nog nie geantwoord nie, Gloudina. Kan jy soos gewoonlik nie sinvol
> antwoord nie, of verkies jy maar net om die plasings te ignoreer as jy dal
> agterkom jy het droog gemaak?
>

> |Ek dink nie ons sal na die dood bekommer of ons mekaar herken of nie.
> Ek "dink" juis nie nou iets hieroor nie - ek het 'n oop agenda oor wat
> dan gaan kom of wat ons dan sal ervaar.
>
> |The plot thickens. Ek sien uit na die volgende hoofstuk van die gospel
> |according to Johan.
>

> Wys ons eerder jy is nie 'n ruggraatlose en opinielose
> moeilikheidsoeker nie - vertelk ons jou EIE opinie en redenasies

Ek gee altyd my eie opinies, ook van wat jy skryf.Oor wat na die "dood" gaan
"gebeur," daaroor bekommer ek my nie.
Om die waarheid te s^e, ek hou van waar dit in die bybel s^e:
"dood waar is jou angel?" Alleen materialistiese egosentriese gods-
dienspraktiseerders het so 'n probleem.
Ek is egter ook geamuseer deur die hoekie waarin jy jouself geskilder
het toe jy ges^e het jy glo nie dat jy jou ouers "eendag" weer "sal
sien" nie, en toe betig Leendert vir jou en dui aan dat jy as NG Kerk
lidmaat in SA altyd die opstanding van die vlees bely het. Hoe verklaar
jy die verskil tussen jou en Leendert?

Gloudina

Johan

unread,
Sep 7, 1999, 3:00:00 AM9/7/99
to
On Tue, 07 Sep 1999 14:44:03 GMT, @sympatico.ca wrote:
|
|Ek gee altyd my eie opinies, ook van wat jy skryf.Oor wat na die "dood" gaan
|"gebeur," daaroor bekommer ek my nie.
|Om die waarheid te s^e, ek hou van waar dit in die bybel s^e:
|"dood waar is jou angel?" Alleen materialistiese egosentriese gods-
|dienspraktiseerders het so 'n probleem.
|Ek is egter ook geamuseer deur die hoekie waarin jy jouself geskilder
|het toe jy ges^e het jy glo nie dat jy jou ouers "eendag" weer "sal
|sien" nie, en toe betig Leendert vir jou en dui aan dat jy as NG Kerk
|lidmaat in SA altyd die opstanding van die vlees bely het. Hoe verklaar
|jy die verskil tussen jou en Leendert?
|
Ek haal weer vir jou aan - lees dit mooi noukeurig:

|"|Ek is verbaas dat Johan nie glo dat hy sy voorvaders in die hiernamaals
|weer sal sien nie. Gedagtig daaraan dat Christene van alle soorte

|rondom die wêreld daagliks bely dat hulle glo in "die opstanding van
|die vlees".


|
"Ek glo ook daarin, maar ek is nie noodwendig oortuig dat ons mekaar wel gaan
herken of nie herken nie. En ek dink nie op daardie stadium gaan dit vir ons

belangrik wees om reunie te hou nie."


Net omdat ek die opstanding van die vlees belei, beteken nie ek dink ons gaan
mekaar almal raaksien of herken nie.

Ek steun ook jou punt dat dit nie iets is waaroor ek myself bekommer nie.

Toe geen vasgeverfde hoekie nie.....

Leendert van Oostrum

unread,
Sep 8, 1999, 3:00:00 AM9/8/99
to

@sympatico.ca <@sympatico.ca> wrote in message
<37D52513...@sympatico.ca>...

>Johan wrote:
>
>> Jy het nou nog nie geantwoord nie, Gloudina. Kan jy soos >>
>> Wys ons eerder jy is nie 'n ruggraatlose en opinielose
>> moeilikheidsoeker nie - vertelk ons jou EIE opinie en redenasies


[.....]

>Ek is egter ook geamuseer deur die hoekie waarin jy jouself geskilder
>het toe jy ges^e het jy glo nie dat jy jou ouers "eendag" weer "sal
>sien" nie, en toe betig Leendert vir jou en dui aan dat jy as NG Kerk
>lidmaat in SA altyd die opstanding van die vlees bely het. Hoe verklaar
>jy die verskil tussen jou en Leendert?
>

>Gloudina


Ruggraatlose moeilikheidmaker!

(Een aspek van die vryheid van gewete, Gloudina, is dat die individu die reg
het om te kies watter teenstrydighede hy in sy kognitiewe struktuur wil
huisves. Jy het ook daardie reg. Wat jy nié het nie, is die reg om hulle op
ander mense af te dwing.)

lou

unread,
Sep 8, 1999, 3:00:00 AM9/8/99
to
@sympatico.ca lieg al weer:

>
> lou wrote:
>
> > My liewe ou Gloudina Liegbek
> >
> > Ek is intussen besig om bietjie navorsing te doen insake 'n seker
> > Gloudina Bouwer wat kamstig daar op Marchand groot geword het. My
> > familie daar op die Skema ken nogal heelwat mense van daai geweste en
> > sal seker 'n hele paar sappige stukkies info kan verska, Dit kan ons
> > sommer bietjie jou agtergrond ook bysleep - vir die hofsaak sien.
>
> My familie is natuurlik nie as Bouwer bekend nie. Maar as Rykheer. Eksal dit
> interessant vind oor wat hulle uitvind. Moet my net nie verwar met
> my niggie, Gloudina Rykheer, nou onlangs in 'n hofsaak gewikkel met 'n
> oud-springbok rugbyspeler nie. Ook die publiseerder van die eerste en sover
> ek weet die enigste verplegingsopleidings-handboek in Afrikaans.

Miskien lieg jy al weer!??

>
> >
> >
> >
> > so kom ons hou
> > dit sommer daar op Upington, dis juis so lekker warm plek in die some,
> > en kan jy bietjie kom kuier en jou van die ware feite vergewis en kan
> > ons die ou sakie sommer vinnig afhandel en 'n terselftertyd kanaal-aap
> > reunie hou. As jou timing reg is kan jy selfs die jaarlikse Rosyntjie
> > fees bywoon en 'n paar lekker bottle Upington Wyn saamvat huis toe.
> >
> >
>
> Nee ou Lou, die hofsaak sal in Kanada moet geskied. Jy is die dagvaarder.Dis jou
> prokureur wat vir my met die nodige dagvaardiging moet bedoen.
> Ondersoek tog ook sommer die verskil tussen julle Romeins-Hollandse
> regstelsel en ons "Common Law" regstelsel. Maar dit sal natuurlik 'n
> siviele saak wees, nie 'n kriminele saak nie. Ek wag met ingehoue asem
> vir die dagvaardiging.

Adres? Miskien kan my neef en ander familie sommer die ou takie daar in
Kanada vir my opneem. En hoekom sou dit 'n kriminele saak wees? Bietjie
dof huh?

lou

unread,
Sep 8, 1999, 3:00:00 AM9/8/99
to
Johan wrote:
>
> On Tue, 07 Sep 1999 14:44:03 GMT, @sympatico.ca wrote:
> |
> |"|Ek is verbaas dat Johan nie glo dat hy sy voorvaders in die hiernamaals
> |weer sal sien nie. Gedagtig daaraan dat Christene van alle soorte
> |rondom die węreld daagliks bely dat hulle glo in "die opstanding van

> |die vlees".
> |
> "Ek glo ook daarin, maar ek is nie noodwendig oortuig dat ons mekaar wel gaan
> herken of nie herken nie. En ek dink nie op daardie stadium gaan dit vir ons
> belangrik wees om reunie te hou nie."
>
> Net omdat ek die opstanding van die vlees belei, beteken nie ek dink ons gaan
> mekaar almal raaksien of herken nie.

Die Bybel spreek tog die kwesie aan. Gaan lees maar weer Gloudina, jy is
dan glo so 'n Bybel kenner?

sympatico.ca

unread,
Sep 8, 1999, 3:00:00 AM9/8/99
to
lou wrote:

> En hoekom sou dit 'n kriminele saak wees? Bietjie
> dof huh?

Ek het, my liewe Lou, aangedui dat jou dagvaardiging'n siviele saak sal wees. Jy lees
weer met jou oogvelle.
'n Goeie prokureur van jou kant af sal weet hoe om
dinge te doen. Maar hier in Kanada is hulle $200 per
uur. Ek hoop jy het hope geld. En hulle sal lank
moet argumenteer. En jy sal verseker verloor, en dan
sal jou kant nog ons onkoste ook moet betaal. So begin
spaar.

Gloudina

sympatico.ca

unread,
Sep 8, 1999, 3:00:00 AM9/8/99
to
lou wrote:

> > "Ek glo ook daarin, maar ek is nie noodwendig oortuig dat ons mekaar wel gaan
> > herken of nie herken nie. En ek dink nie op daardie stadium gaan dit vir ons
> > belangrik wees om reunie te hou nie."
> >
> > Net omdat ek die opstanding van die vlees belei, beteken nie ek dink ons gaan
> > mekaar almal raaksien of herken nie.
>
> Die Bybel spreek tog die kwesie aan. Gaan lees maar weer Gloudina, jy is
> dan glo so 'n Bybel kenner?

Ou Lou, ek weet wat in die Bybel staan. Ek weet ook wat 'n hele klompeksegetiese
uitleggings daaroor is. Die vraag is: wat verstaan Johan daaroor,
en wat verstaan jy daaroor. Vertel my hoe interpreteer jy die "opstanding
van die vlees."

Gloudina

Ernest

unread,
Sep 8, 1999, 3:00:00 AM9/8/99
to

<@sympatico.ca> wrote in message news:37D52513...@sympatico.ca...


> Ek gee altyd my eie opinies, ook van wat jy skryf.Oor wat na die "dood" gaan
> "gebeur," daaroor bekommer ek my nie.
> Om die waarheid te s^e, ek hou van waar dit in die bybel s^e:
> "dood waar is jou angel?" Alleen materialistiese egosentriese gods-
> dienspraktiseerders het so 'n probleem.

Nee,
Ek dink jy moet liewer in Engels skryf. Jy en die Afrikaans kom nie goed klaar
nie. Ek het die stuk drie keer gelees en elke keer kom ek to die slotsom dat:
1) jy hou baie van die "gedeelte waar dit in die bybel s^e: "dood waar is jou
angel?
2) jy is nie bang om dood te gaan nie
3) die persone wat hou van of glo in punt 1 bo is "materialistiese
egosentriese godsdienspraktiseerders"
4) jy glo of hou van punt 1) hierbo.

Ek sien net die punt in wat jy jouself so will verneder nie. Wat rook jy?

Ernest

sympatico.ca

unread,
Sep 8, 1999, 3:00:00 AM9/8/99
to
Ernest wrote:

> Ek dink jy moet liewer in Engels skryf. Jy en die Afrikaans kom nie goed klaar
> nie. Ek het die stuk drie keer gelees en elke keer kom ek to die slotsom dat:
> 1) jy hou baie van die "gedeelte waar dit in die bybel s^e: "dood waar is jou
> angel?
> 2) jy is nie bang om dood te gaan nie
> 3) die persone wat hou van of glo in punt 1 bo is "materialistiese
> egosentriese godsdienspraktiseerders"
> 4) jy glo of hou van punt 1) hierbo.
>
> Ek sien net die punt in wat jy jouself so will verneder nie. Wat rook jy?
>
> Ernest

Nee, Ernest, ek dink dis jy wat nie kan volg as mens ordentlike Afrikaanspraat
nie. Net materialistiese ego-sentriese godsdienspraktiseerders
maak 'n bid deal van die proses van doodgaan. Die bybel verklaar
"dood, waar is jou angel?" Wat is jou opinies oor hierdie dinge?

Gloudina

lou

unread,
Sep 9, 1999, 3:00:00 AM9/9/99
to

Nou vertel ons wat jy daarvan verstaan Gloudina. Want uit jou vorige pos
blyk dit dat jy nie weet wat die Bybel daaroor s^e nie. So vir huiswerk
gaan lees die nuwe Testament tot jy die uitleg oor wat sal gebeur as 'n
man doodgaan en sy weduwee weer trou kry.

Al weer gelieg dat jy die Bybel nou so goed sou ken hmmm!

lou

unread,
Sep 9, 1999, 3:00:00 AM9/9/99
to
ou gloudina lieg al weer:

>
> lou wrote:
>
> > En hoekom sou dit 'n kriminele saak wees? Bietjie
> > dof huh?
>
> Ek het, my liewe Lou, aangedui dat jou dagvaardiging'n siviele saak sal wees. Jy lees
> weer met jou oogvelle.

Dit was juis my punt ou Gloudina, moet nou nie al weer vir jou gaan
staan en stupid hou nie. Daai tipe van lieg stories kan nie 'n kriminele
saak wees nie. Hoekom state jy die obvious? Baie dof!

> 'n Goeie prokureur van jou kant af sal weet hoe om
> dinge te doen. Maar hier in Kanada is hulle $200 per
> uur. Ek hoop jy het hope geld. En hulle sal lank
> moet argumenteer. En jy sal verseker verloor, en dan
> sal jou kant nog ons onkoste ook moet betaal. So begin
> spaar.
>

Adres waar ons die dagvaardiging op kan bestel? Stuur sommer na my email
bo - haal, net die dinges uit.

Lekker lieg ou liegbek ....

sympatico.ca

unread,
Sep 9, 1999, 3:00:00 AM9/9/99
to
ou lou knyp:

> Dit was juis my punt ou Gloudina, moet nou nie al weer vir jou gaan
> staan en stupid hou nie. Daai tipe van lieg stories kan nie 'n kriminele
> saak wees nie. Hoekom state jy die obvious? Baie dof!

Dit was jy wat die sakie aangeroer het.

> Adres waar ons die dagvaardiging op kan bestel? Stuur sommer na my email
> bo - haal, net die dinges uit.
>
>

Dis jou prokureur se plig om dit op te spoor. En jy kan nie sommer net'n brief skryf nie.
Dit moet deur 'n Kanadese balju aan my persoonlik
oorhandig word: die dagvaardiging bedoel ek. Dis 'n wetsdokument.
Ken jou prokureur die common law wat in Kanada gepraktiseer word?
Oorkant die rivier, in Quebec, volg hulle die Franse sisteem wat deur
Napoleon uitgewerk is. As jy in Quebec wil praktiseer.moet jy albei
die sisteme bestudeer het en eksamens daarin geskryf het.

Gloudina

Johan

unread,
Sep 9, 1999, 3:00:00 AM9/9/99
to
On Thu, 09 Sep 1999 14:21:53 GMT, @sympatico.ca wrote:
|
|Dis jou prokureur se plig om dit op te spoor.

Lou,
Dis beskikbaar op die internet - ek het dit destyds maklik opgespoor toe ek wou
agterkom of Gloudina 'n regte persoon is of net 'n figment van iemand se
imagienasie.

sympatico.ca

unread,
Sep 9, 1999, 3:00:00 AM9/9/99
to
lou wrote:

> > Ou Lou, ek weet wat in die Bybel staan. Ek weet ook wat 'n hele klompeksegetiese
> > uitleggings daaroor is. Die vraag is: wat verstaan Johan daaroor,
> > en wat verstaan jy daaroor. Vertel my hoe interpreteer jy die "opstanding
> > van die vlees."
> >
>
> Nou vertel ons wat jy daarvan verstaan Gloudina. Want uit jou vorige pos
> blyk dit dat jy nie weet wat die Bybel daaroor s^e nie. So vir huiswerk
> gaan lees die nuwe Testament tot jy die uitleg oor wat sal gebeur as 'n
> man doodgaan en sy weduwee weer trou kry.
>
>

Nee, ou Lou, die "opstanding van die vlees" het niks te doen met die manwat doodgaan en
sy weduwee trou weer nie. Ha ha ha. Ek dink ons moet
vir Leendert vra om vir jou en Johan die "opstanding van die vlees" te
verduidelik. Dis hy wat Johan daaraan herinner het dat dit dit is wat hy
sy hele lewe bely het toe hy nog lid was van die NG Kerk.

Gloudina

Ernest

unread,
Sep 9, 1999, 3:00:00 AM9/9/99
to
Jy het nou die deel uitgehaal wat jy geskryf het. Lees dit weer. Dit mag wees
wat jy bedoel het. Maar nie geskryf het nie.

<@sympatico.ca> wrote in message news:37D6ACB8...@sympatico.ca...

> Nee, Ernest, ek dink dis jy wat nie kan volg as mens ordentlike
Afrikaanspraat

Dit is moontlik, siende dat my huistaal Engels is. Maar, lees weer wat jy
geskryf het.

Groet
Ernest.

Johan

unread,
Sep 9, 1999, 3:00:00 AM9/9/99
to
On Fri, 10 Sep 1999 01:26:41 +0800, "Alwyn Nel" <ne...@netship.net> wrote:

|Aikona Johan,
|
|Afrikaans is baie liberaal deesdae en die woord 'anglisisme' bestaan
|net in die woordeboek nog - ek weet. Maar vader-land, waar kom jy tog
|aan die woord "imagienasie ?"

Self uitgedink en baie trots daarop!
|
|Sies man, dit skreeu ten hemele.

Is nie - dis jy wat so skree....

|'Verbeelding' is tog 'n pragtige
|woord en gladnie vreemd in die volksmond nie.

Pragtig ja, dis hoekom ek hom so baie gebruik, en jy?

|En wat op dees aarde sou
|"figment" beteken?

Hier is ietsie uit 'n Engelse woordeboek:
Function: noun
Etymology: Middle English, from Latin figmentum, from fingere to shape
Date: 15th century
Meaning: something made up or contrived
|
|Alwyn - uit Perth
|
Aai, ek wens so ons kon hierdie gesprekke van aangesig tot aangesig uitgevoer
het! Dan sou ons baie minder beledigende kritiek uitgepreek het, baie beter
maniere geopenbaar het, en dan nou ook geoorloof gewees het om "oordrywing" soos
hierdie van my te pleeg met die regte stemtoon en een in die gesprek sou darem
hopelik effe smil.... glimlag.

Alwyn, wees rustig, ek weet ek sou in woordeboek Afrikaans seker maar iets soos
maaksel van sy verbeelding of verbeeldingsvlug gebruik het. Maar toe kom die
woorde "figment of his imagination" (die Engels) by my op en ek wil dit gebruik.
En toe dog ek nou ek gee dit so Afrikaanse draai (spelling) en dalk iewers in
die wereld is daar iemand wat vir 20 sekondes glimlag na hy/sy dit gelees
het.....

Kom ons noem dit maar so bietjie gespot met anglisismes. So het ek al baie van
Ingelse gepraat - die spelling is eintlik Engelse (het jy nooit agtergekom
nie?). Of van Liesbet - en sy is eintlik Elizabeth Rex II.....

Gloudina byter

unread,
Sep 9, 1999, 3:00:00 AM9/9/99
to
Kan iemand daar in Kanada nie die ou heks se rekenaar van haar vervreem nie!
Steel dir breek dit, gooi dit weg, enige iets! Die tannie moet eerder die
rekenaar los en konsentreer om haar sensasie soekende prokureur seuntjie se lewe
te "verhelder." Dink hoe dit moet wees met so 'n mammie!

ANTIE, kry jy nou nog nie die boodskap nie, die mense in hierdie ng soek jou nie
hier nie. Loop nou! Loop liewer terwyl jy dit met 'n gryntjie selfrespek kan
doen. Jou "fights" is nie eers meer mildly amusing nie. Alla wereld!!

In article <37D7C2E1...@sympatico.ca>, @sympatico.ca says...

Leendert van Oostrum

unread,
Sep 9, 1999, 3:00:00 AM9/9/99
to
In article <7r8vtj$2n...@edrn.newsguy.com>,

Gloudina byter <Gloudin...@newsguy.com> wrote:
> Kan iemand daar in Kanada nie die ou heks se rekenaar van haar
vervreem nie!
> Steel dir breek dit, gooi dit weg, enige iets! Die tannie moet
eerder die
> rekenaar los en konsentreer om haar sensasie soekende prokureur
seuntjie se lewe
> te "verhelder." Dink hoe dit moet wees met so 'n mammie!
>
> ANTIE, kry jy nou nog nie die boodskap nie, die mense in hierdie ng
soek jou nie
> hier nie. Loop nou! Loop liewer terwyl jy dit met 'n gryntjie
selfrespek kan
> doen. Jou "fights" is nie eers meer mildly amusing nie. Alla wereld!!

Haai Byter,

Hou jy nou jou lyf uitsmyter?

Los vir Gloudina. Sy's _my_ vyand!

Vriendelike groete, Leendert


Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Leendert van Oostrum

unread,
Sep 9, 1999, 3:00:00 AM9/9/99
to
In article <37d80858.536345201@Choice010>,
e...@dot.com (Johan) wrote:

>So het ek al baie van
> Ingelse gepraat - die spelling is eintlik Engelse (het jy nooit
agtergekom
> nie?). Of van Liesbet - en sy is eintlik Elizabeth Rex II.....

Waaragtig nie!

"Regina", asseblief, vir die vroulike van die spesie. (Nie dat dit met
daardie spesie saak maak nie. Almal ewe dom van inteling.)

sympatico.ca

unread,
Sep 9, 1999, 3:00:00 AM9/9/99
to
Gloudina byter wrote:

> ANTIE, kry jy nou nog nie die boodskap nie, die mense in hierdie ng soek jou nie
> hier nie. Loop nou! Loop liewer terwyl jy dit met 'n gryntjie selfrespek kan
> doen. Jou "fights" is nie eers meer mildly amusing nie. Alla wereld!!

Arme ou ding, wat so op sy senuwees gejaag word deur een ou antietjie.Het jy nie
iets beter om te doen nie?

Tant Hessie se witperd

>
>
>
>


Simon van der Schans

unread,
Sep 9, 1999, 3:00:00 AM9/9/99
to
Johan wrote in message <37d80858.536345201@Choice010>...

>nie?). Of van Liesbet - en sy is eintlik Elizabeth Rex II.....

Elizabeth kan nie 'n Rex wees nie - wel 'n Regina, of is dit nou
'n ander soort van queen waarvan jy hier praat.

Swart Simon

Johan

unread,
Sep 9, 1999, 3:00:00 AM9/9/99
to
On Thu, 9 Sep 1999 23:11:47 +0200, "Simon van der Schans" <simo...@iafrica.com>
wrote:

Lekker ou foutjie!!! Lekker gelag daaroor - die ou tannie sal my nooit vergewe
nie - ek wou eintlik net sę Elizabeth R...

Alwyn Nel

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to
Aikona Johan,

Afrikaans is baie liberaal deesdae en die woord 'anglisisme' bestaan
net in die woordeboek nog - ek weet. Maar vader-land, waar kom jy tog
aan die woord "imagienasie ?"

Sies man, dit skreeu ten hemele. 'Verbeelding' is tog 'n pragtige
woord en gladnie vreemd in die volksmond nie. En wat op dees aarde sou
"figment" beteken?

Alwyn - uit Perth

Johan <e...@dot.com> wrote in message
news:37d7c897.520021485@Choice010...


> On Thu, 09 Sep 1999 14:21:53 GMT, @sympatico.ca wrote:
> |

> |Dis jou prokureur se plig om dit op te spoor.
>

sympatico.ca

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to


>
> e...@dot.com (Johan) wrote:
>
> >So het ek al baie van
> > Ingelse gepraat - die spelling is eintlik Engelse (het jy nooit
> agtergekom

> > nie?). Of van Liesbet - en sy is eintlik Elizabeth Rex II....

Ek het tog so 'n skaats in iemand wat van "Liesbet" en"Ingelse" praat. Ek
weet nie hoekom nie. Ek voel altyd
sulke mense fancy hullself vreeslik. Maar ek dink nie
mense is vreeslik beindruk deur sulke soort gepraat nie.
Ek dink mense voel die persoon wat so praat, probeer
op 'n snaakse manier status kry deur die woorde te gebruik.

Gloudina

> .
>
>
>
>


sympatico.ca

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to
Leendert van Oostrum wrote:

> Los vir Gloudina. Sy's _my_ vyand!
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
>

Ja, Leendert, jy ken 'n goeie ding as jy dit sien.

Gloudina

Johan

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to
On Fri, 10 Sep 1999 00:20:21 GMT, @sympatico.ca wrote:


|Ek het tog so 'n skaats in iemand wat van "Liesbet" en"Ingelse" praat.

Soos wat ek 'n skaats het in iemand wat gekunsteld probeer voorkom en
dit nie is nie.

Johan

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to
On Fri, 10 Sep 1999 00:23:18 GMT, @sympatico.ca wrote:

>
|
|Ja, Leendert, jy ken 'n goeie ding as jy dit sien.
|
|Gloudina
|
|

'n Mannetjie of 'n wyfie ding?

Thys de Wet

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to
Ky die ingelse (kleinletters) het tog 'n gesegde van iets soos 'n "flash in
the pan", en ek ding die "figment van die imagienasie" is op dalk oppie
selle stasie!
Ek sal vir Dirk van Schalkwyk van die WAT moet vra of hulle al so 'm
imaginatiewe woord gehoor het. (WAT= Woordeboek vir die Afrikaanse Taal)
Hulle is net hier in die pad af van my...

En ek sal skryf soos ek wil! Is my se rekenaar en my se keyboard, askuus
sleutelbord, en ek sal my muis kliek waar ek wil, en pasop vir die effek van
willem hekke se mikrosagte korporasie se effek op jou brein en ek praat nie
eens van die hardeskyf nie....
My se ma sę ok soe! (aldus die TV reeks Manakwalanders! Maar daarvan sal
ons vrinde innie vreemde nou nie altyd weetie)

Nee kyk, as 'n ding nou onlekker is, dan is hy mos nou onlekker!

lekker afrikaanse boere groete hier van die kant af!
Alwyn Nel wrote in message <7r8qkt$dqh$1...@perki.connect.com.au>...

lou

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to
@sympatico.ca lieg al weer:

>
> ou lou knyp:
>
> > Dit was juis my punt ou Gloudina, moet nou nie al weer vir jou gaan
> > staan en stupid hou nie. Daai tipe van lieg stories kan nie 'n kriminele
> > saak wees nie. Hoekom state jy die obvious? Baie dof!
>
> Dit was jy wat die sakie aangeroer het.

Al weer verdomp stupid - gebruik jou Netscape gaan terug en probeer tog
Afrikaans verstaan?

>
> > Adres waar ons die dagvaardiging op kan bestel? Stuur sommer na my email
> > bo - haal, net die dinges uit.
> >
> >
>
> Dis jou prokureur se plig om dit op te spoor. En jy kan nie sommer net'n brief skryf nie.
> Dit moet deur 'n Kanadese balju aan my persoonlik
> oorhandig word: die dagvaardiging bedoel ek. Dis 'n wetsdokument.
> Ken jou prokureur die common law wat in Kanada gepraktiseer word?
> Oorkant die rivier, in Quebec, volg hulle die Franse sisteem wat deur
> Napoleon uitgewerk is. As jy in Quebec wil praktiseer.moet jy albei
> die sisteme bestudeer het en eksamens daarin geskryf het.
>

Weet jy wat dagvaardiging bestel beteken Gloudina. Spesifiek die woord
bestel - lees jou woordeboek.

In elk geval - ek weet nie waarom ek my tyd mors nie - almal op die
nuusgroep ken jou as 'n persoon wat baie liberaal met die waarheid
omgaan (ingeval jy nie verstaan nie, jy lieg soos 'n tandetrekker) so ek
moet my seker nie te veel aan jou leuens steur nie.

lou

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to

Gaan lees Matteus 20 oor die Saduseers se vraag aan Jesus insake die
sewe broers wat een na die ander met dieselfde vrou trou. Jesus
verduidelik onder andere daar die opstanding van die vlees.

Somtyds Gloudina voel ek skuldig as ek vir jou lag. Iets oor die armes
van gees ...

lou

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to


O ja ek het vergeet. Lekker gelieg oor jou uitgebreide kennis van die
Bybel ne?? Sondagskool ook gegee verstaan ek - seker daar ook gefire, of
lieg jy daaroor ook?

lou

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to
Leendert van Oostrum wrote:
>
> Haai Byter,
>
> Hou jy nou jou lyf uitsmyter?
>
> Los vir Gloudina. Sy's _my_ vyand!
>
> Vriendelike groete, Leendert

Issie! Ek het haar eerste gesien!!!

sympatico.ca

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to
lou wrote:

> In elk geval - ek weet nie waarom ek my tyd mors nie - almal op die
> nuusgroep ken jou as 'n persoon wat baie liberaal met die waarheid
> omgaan (ingeval jy nie verstaan nie, jy lieg soos 'n tandetrekker) so ek
> moet my seker nie te veel aan jou leuens steur nie.

Moet ek dus aanneem dat jy die handdoek ingooi.Papbroek.

Gloudina

Dries Venter

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to
Haai, Liesbet is nie 'n Rex nie, maar 'n Regina. Tensy sy iets aan
haarself laat doen het...

Groete,
Dries

Johan <e...@dot.com> wrote in article <37d80858.536345201@Choice010>...


> On Fri, 10 Sep 1999 01:26:41 +0800, "Alwyn Nel" <ne...@netship.net>
wrote:

> Kom ons noem dit maar so bietjie gespot met anglisismes. So het ek al


baie van
> Ingelse gepraat - die spelling is eintlik Engelse (het jy nooit
agtergekom

> nie?). Of van Liesbet - en sy is eintlik Elizabeth Rex II.....
>
>
>

sympatico.ca

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to
lou wrote:

> O ja ek het vergeet. Lekker gelieg oor jou uitgebreide kennis van die
> Bybel ne?? Sondagskool ook gegee verstaan ek - seker daar ook gefire, of
> lieg jy daaroor ook?

Lou, in SA was ek nooit offisieel sondagskoolonderwyseres nie. Soos dit indaardie dae die
gewoonte was, kon jy nie katkiseer en aangeneem word tensy
jy sestien was nie. Ek het eers in September van my Matriekjaar sestien geword.
Dus moes ek maar Sondagskool toe gaan, tot in Matriek. So as ek by die
Sondagskool aankom, dan sit hulle my maar in 'n klas as onderwyseres.

Hier in Kanada het ek egter vir 'n ruk sondagskool gegee.

Gloudina

Simon van der Schans

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to
Johan wrote in message <37d8756f....@news.citilink.com>...

Daar's nog hoop vir jou Gloudina! Ou Johan dink nie jy is
gekunsteld nie. Hy dink jy maak maar net asof jy gekunsteld is.

Swart Simon

sympatico.ca

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to
lou wrote:

> Gaan lees Matteus 20 oor die Saduseers se vraag aan Jesus insake die
> sewe broers wat een na die ander met dieselfde vrou trou. Jesus
> verduidelik onder andere daar die opstanding van die vlees.
>
> Somtyds Gloudina voel ek skuldig as ek vir jou lag. Iets oor die armes
> van gees ...

Nou, ou Lou, ek kry niks oor die Sadduseers se vraag aan Christusin Matteus 20 nie, maar wel
in Mattheus 22. Watter vertaling gebruik
jy? Dit is interessant om op te merk dat die Sadduseers nie glo aan
die opstanding van die vlees nie. Kan jy vir my verder verduidelik
van die "opstanding van die vlees" - wat jy daaronder verstaan.

Gloudina

sympatico.ca

unread,
Sep 10, 1999, 3:00:00 AM9/10/99
to
Simon van der Schans wrote:

> Johan wrote in message
>


> >Soos wat ek 'n skaats het in iemand wat gekunsteld probeer
> voorkom en
> >dit nie is nie.
>
> Daar's nog hoop vir jou Gloudina! Ou Johan dink nie jy is
> gekunsteld nie. Hy dink jy maak maar net asof jy gekunsteld is.
>
> Swart Simon

Kom ons vra vir hom of hy weet wat "gekunsteld" beteken,en dan sien ons
wat kom uit die bos uit.

Gloudina-die-ongekunstelde

It is loading more messages.
0 new messages