Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

" Swart Transvaal " deur ANDRÉ LETOIT

42 views
Skip to first unread message

@rogers.com

unread,
Sep 3, 2003, 2:49:56 PM9/3/03
to
Koos A Kombuis (André Letoit)
Swart Transvaal

In die glasruite van aande
Weerkaats die laaste maande
Skimme van 'n ou beskawing
Voor ons kerkgeslag se sonde

En in die slootjies van Pretoria
Tussen die disko's en geboue
Vloei bloed tussen indoena-oė
Wat opflikker uit die koue

Van die Empireweg in Melville
Tot die mynhope van weerwil
Groei die dood tot krasser lewe
Deur gesprek en geld-opdrifsel

Want die erwe van ons vaad're
Sal vir plotte teen ons kinders tel
Vars grond, bloedgrond tuimel in
Ideale val soos Carltonville

Ondergronds is God die hel in
Vir die Boerenasie
Wat bid soos Fariseėrs
Maar nooit wil ophou rasie

Afrikaners, vroueslaners
Doemprofete en kritici
Kom vergader hier en sing nou saam
Die wiegelied van anargie

Afrikaners, babaslaners
Skisofrene en politici
Kom vergader hier en sing nou saam
Die wiegelied van anargie

Kluite vroetel, krieke jakker
Vloerplanke kraak slapers wakker
Grafstene kom in opstand
En beset die Heldeakker

Sigarette word uitgedoof
Terwyl trae psalms God nog loof
Ons hoogste ambisies is van onder
Deurdrenk met suur, geskeur, gekloof

Afrikaners, kafferslaners
Balhangers en para-medici
Kom vergader hier en sing nou saam
Die wiegelied van anargie

Afrikaners, volksvermaners
Digters en akademici
Kyk hoe lź die land weer braak
Net soos voor die Trek van vanmelie

Van dak tot fondament
Sprei rysmiere oor monument
En kil torings van klein dorpies
Selfs die Strydom-koepel is geskend

So kom ons om, so kom ons om
En al verder rank die honger blom
Van revolusie oor die aarde
So word ons Voortrekkers weer stom

Van skrik ...

En blaai deur boeke
Vergeel met voorvaders se soeke
Verspil soos bloed oor ou portrette
Gebars soos spieėls in donker hoeke

Afrikaners, jaag-kak-aners
Vroedvroue en tegnici
Kom sing nou saam, kom sing nou saam
Kom sing nou saam en wees nie skaam nie

Afrikaners, Pretorianers
En M.A.-grade met Cum Laude
Kom kniel hier saam en sing uit volle bors
Die slaaptydliedjie van nog 'n revolusie


Elaine

unread,
Sep 3, 2003, 7:50:04 PM9/3/03
to
Ek sien jy het nou 'n ding vir onse Koos. Ek het nog nooit regtig aanklank
gevind by die mense nie, maar "each to his own" as jy van sy goed hou is ek
bly vir jou - regtig :))

E

"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:oJq5b.64959$kH3....@news02.bloor.is.net.cable.rogers.com...

@rogers.com

unread,
Sep 3, 2003, 8:59:50 PM9/3/03
to

Elaine wrote

> Ek sien jy het nou 'n ding vir onse Koos. Ek het nog nooit regtig
aanklank
> gevind by die mense nie, maar "each to his own" as jy van sy goed hou is
ek
> bly vir jou - regtig :))

Nee, ek het nou nie regtig 'n ding vir Koos Kombuis
nie. Maar wat hy sę hou verband met sommige van
die dinge wat deesdae op die nuusgroep bespreek
word. Baie van die dinge het hy natuurlik lank gelede
geskryf, en ek neem aan meeste van die dinge is
eintlik woorde van songs, dus is dit nou nie eintlik
vreeslik goeie gedigte nie.

Gloudina

Jonas

unread,
Sep 4, 2003, 12:01:00 AM9/4/03
to
Anti. Ek hou baie van Koos K. Mal oor sy songs. Maar in die gediggie oortref
die skisofreen homself.

"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:a8w5b.367383$4UE....@news01.bloor.is.net.cable.rogers.com...

Elaine

unread,
Sep 4, 2003, 5:31:58 AM9/4/03
to
Liedjies is ook gedigte. As jy die musiek wegvat is dit woorde wat rym -
dus 'n gedig.

E

Jonas

unread,
Sep 4, 2003, 7:39:05 AM9/4/03
to
Elaine - wat is jou punt?

"Elaine" <evd...@hotmail.com> wrote in message
news:3f5706aa$0$64...@hades.is.co.za...

Elaine

unread,
Sep 4, 2003, 11:16:14 AM9/4/03
to
Ek het nie een nie...

"Jonas" <fana...@hotmail.com> wrote in message
news:bj789f$6dd$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

Jonas

unread,
Sep 4, 2003, 1:16:52 PM9/4/03
to
Dit bevestig my indruk ...

"Elaine" <evd...@hotmail.com> wrote in message
news:3f575730$0$64...@hades.is.co.za...

DD

unread,
Sep 4, 2003, 3:09:42 PM9/4/03
to
On Thu, 4 Sep 2003 19:16:52 +0200, "Jonas" <fana...@hotmail.com>
wrote:

>>
>> "Jonas" <fana...@hotmail.com> wrote in message
>> news:bj789f$6dd$1...@ctb-nnrp2.saix.net...
>> > Elaine - wat is jou punt?
>>
>>
>
>"Elaine" <evd...@hotmail.com> wrote in message
>news:3f575730$0$64...@hades.is.co.za...
>> Ek het nie een nie...

> "Jonas"

>Dit bevestig my indruk ...

gmmf. Hieraan moet onttrek word

DD


Koot

unread,
Sep 5, 2003, 8:18:21 AM9/5/03
to
Katolieke metode.
0 new messages