Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

resep

47 views
Skip to first unread message

Rico

unread,
Jun 25, 2003, 6:42:20 AM6/25/03
to
Ek sit hier met my pak Knorr en alles wat ek nodig het om Zuid Afrikaanse
kip Palava te gaan maak.

Maar dit is 'n pak, met alles kant en klaar en ek is iemand wat dit liewer
almal self kook.

Ek soek in my kook en geniet boek, maar kan nie kip palava vind
nie!!!!!!!!!!!!1

Op google, ek vind palavasous as Ghanese sous.

Is kip Palava Suid Afrikaans, soos bobotie, of is dit nie reg nie.

Ek sal Knorr moet gaan aankla en 'n hofsaak aangaan, as hulle se dis Suid
Afrikaans en dis nie!

Maar my vra is, wie het 'n resep om kip Palava te maak

Gr,Rico


Lorinda

unread,
Jun 25, 2003, 1:32:24 PM6/25/03
to

"Rico" <ricoh...@xs4all.nl> wrote in message
news:3ef97c85$0$49098$e4fe...@news.xs4all.nl...

Rico, hier in Londen is dit altyd die mense van Wes-Afrika wat Palava
verkoop of na geleenthede bring. Hulle maak dit meesal met garnale, maar
mens kan seker hoender ook gebruik.

Lorinda

Rico

unread,
Jun 25, 2003, 2:03:26 PM6/25/03
to
oeps verskoning :-)

ek sal moet gaan soek by hoender in my Kook en Geniet en nie by die kip nie
:-)))))

Gr.Rico, die tog ook maar net 'n mens is :-))
"Lorinda" <r...@tiscali.co.uk> wrote in message
news:3ef9db8a$1...@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...

Lorinda

unread,
Jun 25, 2003, 3:25:53 PM6/25/03
to

"Rico" <ricoh...@xs4all.nl> wrote in message
news:3ef9e3e8$0$49107$e4fe...@news.xs4all.nl...

> oeps verskoning :-)
>
> ek sal moet gaan soek by hoender in my Kook en Geniet en nie by die kip
nie
> :-)))))

Ek dink nie jy sal dit daar kry nie, maar laat my asseblief weet as ek
verkeerd is. Die naaste ding wat ek al ooit in Suid-Afrika daaraan gesien
het is marog disse. Maar ek is seker iemand wat meer as ek van
Suid-Afrikaanse kos weet sal opdaag en ons help:-)

Lorinda

Annette

unread,
Jun 26, 2003, 8:31:05 AM6/26/03
to
Annette ken geen kip palova of watookal nie.
Vertel my wat die hoodbestanddele is, dan maak ek vir jou 'n resep op en gee
dit 'n behoorlike Afrikaanse naam:))

Marog ken ek - mens maak dit gaar soos spinasie met uie en aartappels.
Annette

"Rico" <ricoh...@xs4all.nl> wrote in message

news:3efae258$0$49116$e4fe...@news.xs4all.nl...
> ek het dit nie gevind nie in Kook en Geniet.
>
> en niemand gaan ons hier uithelp nie :-))
>
> Annette is ons kok, maar dit lyk my sy is nie by die huis nie???
>
> ons sal maar wag en anders gaan ons dit vra op die NG Wes Afrika :-)
>
> Btw wat is marog disse, ook dit het ek nie gevind nie!!
>
> Gr.Rico


> "Lorinda" <r...@tiscali.co.uk> wrote in message

> news:3ef9f622$1...@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...

Elaine

unread,
Jun 26, 2003, 8:45:11 AM6/26/03
to
Ek het op die Internet gaan kyk, en hoewel al die sites sê dis 'n
Suid-Afrikaanse dis, is al die sites in Hollands!! Op die Suid-Afrikaanse
sites kon ek geen inligting oor die dis kry nie. Dit sê vir my dat iemand
êrens in Nederland droog gemaak het met die herkoms van die gereg. Ek het in
elk geval nog nooit daarvan gehoor nie, en dit klink nie vir my vreeslik
lekker nie :-))

Elaine

"Rico" <ricoh...@xs4all.nl> wrote in message

news:3ef97c85$0$49098$e4fe...@news.xs4all.nl...

Rico

unread,
Jun 26, 2003, 11:45:37 AM6/26/03
to
Ek glo ook dis nie 'n SA resep nie, maar Wes Afrikaans, die sites se dis
Ghanees??

Maar Elaine wat dit ook is, dis baie lekker!!!

Wel of jy moet se, hoender, spinazie en rys is nie lekker nie, oke dan kan
jy se, dis nie lekker.

Annette, jy eet dit met rys.

Jy kap hoendervleis in stukkies en leg dit in 'n marinade.
dan bak jy dit en voeg 'n sous by, dis nou net wat ek wou vra, watter sous
is dit, hoe maak jy dit.
Maar die sous is pindasous, gember, peper sout knoffelhuissies.
En dan voeg jy as groente, spinasie( ek weet nie die Afrikaanse naam nie) by
en laat dit nog kort kook.

Saak is, dis baie lekker, maar ek kook niet graag uit pakkies nie, maak dit
liewer self, soos die bobotie.
Ek kan alles vir bobotie in 'n pakkie koop, maar dit nie soos die egte
bobotie met 'm bietjie Nederland van Rico nie :-))))))))))

Gr.Rico

"Elaine" <evd...@hotmail.com> wrote in message
news:3efaead8$0$2...@hades.is.co.za...

Rico

unread,
Jun 26, 2003, 11:54:08 AM6/26/03
to
oeps spinazie is spinasie :-))))

Gr.Rico

"Rico" <ricoh...@xs4all.nl> wrote in message

news:3efb151a$0$49110$e4fe...@news.xs4all.nl...

Annette

unread,
Jun 26, 2003, 3:28:35 PM6/26/03
to
Spinasie is reg en baie, baie lekker Rico.
So dis hoender en spinasie met sous op rys?
Klink soos 'n halfwas Sondagmiddagete:))
Waar is die aartappels?
My Pa het altyd gesę 'n bord kos is nie een sonder aartappels nie.
Ek stem saam.:))

Annette


wrote in message news:3efb151a$0$49110$e4fe...@news.xs4all.nl...

> Ek glo ook dis nie 'n SA resep nie, maar Wes Afrikaans, die sites se dis
> Ghanees??
>
> Maar Elaine wat dit ook is, dis baie lekker!!!
>
> Wel of jy moet se, hoender, spinazie en rys is nie lekker nie, oke dan kan
> jy se, dis nie lekker.
>
> Annette, jy eet dit met rys.
>
> Jy kap hoendervleis in stukkies en leg dit in 'n marinade.
> dan bak jy dit en voeg 'n sous by, dis nou net wat ek wou vra, watter sous
> is dit, hoe maak jy dit.
> Maar die sous is pindasous, gember, peper sout knoffelhuissies.
> En dan voeg jy as groente, spinasie( ek weet nie die Afrikaanse naam nie)
by
> en laat dit nog kort kook.
>
> Saak is, dis baie lekker, maar ek kook niet graag uit pakkies nie, maak
dit
> liewer self, soos die bobotie.
> Ek kan alles vir bobotie in 'n pakkie koop, maar dit nie soos die egte
> bobotie met 'm bietjie Nederland van Rico nie :-))))))))))
>
> Gr.Rico
>
> "Elaine" <evd...@hotmail.com> wrote in message
> news:3efaead8$0$2...@hades.is.co.za...

> > Ek het op die Internet gaan kyk, en hoewel al die sites sę dis 'n


> > Suid-Afrikaanse dis, is al die sites in Hollands!! Op die
Suid-Afrikaanse

> > sites kon ek geen inligting oor die dis kry nie. Dit sę vir my dat
iemand
> > ęrens in Nederland droog gemaak het met die herkoms van die gereg. Ek

Annette

unread,
Jun 26, 2003, 3:29:10 PM6/26/03
to
Maar spinasie is nie marog nie.
Annette


"Rico" <ricoh...@xs4all.nl> wrote in message

news:3efb1719$0$49099$e4fe...@news.xs4all.nl...

Rico

unread,
Jun 26, 2003, 4:54:24 PM6/26/03
to
Nou gaan jy vir my se, Annette, dat jy bobotie gaan eet, met rys en
aartappels???????????

Nee as ek rys eet, eet ek nie meer aartappels nie.
Jy is nog Hollandser as ek is :-)))

Spinasie is ook nog baie gesond.

Maar Annette wat jy se, is heeltemal reg, maar ek wil nou juis weet, hoe
maak ek die sous :-)

Gr.Rico
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:bdficv$si86r$2...@ID-92016.news.dfncis.de...

Rico

unread,
Jun 26, 2003, 4:57:23 PM6/26/03
to
Wat is marog???????????

Gr.Rico
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message

news:bdfid0$si86r$3...@ID-92016.news.dfncis.de...

DD

unread,
Jun 26, 2003, 5:03:28 PM6/26/03
to
On Thu, 26 Jun 2003 22:57:23 +0200, "Rico" <ricoh...@xs4all.nl>
wrote:

>Wat is marog???????????
>
>Gr.Rico

Marog, Rico, is onkruid. Onkruid wat wild op sagte grond
groei. 'n Bossie wat sowat 'n voet hoog word.
(Die hoogte word eintlik bepaal deur die reënval
en tipe grond natuurlik.)
Wanneer dit gekook word met aartappels en tamaties,
het dit 'n smaak wat baie aan groen boontjies herinner.

DD


Lorinda

unread,
Jun 26, 2003, 5:41:35 PM6/26/03
to

"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:bdfid0$si86r$3...@ID-92016.news.dfncis.de...
> Maar spinasie is nie marog nie.
> Annette
>

Oeps, jammer, dis ek wat marog hierby ingesleep het. Ek het gese dat palava
(soos dit hier gemaak word deur mense uit Wes-Afrika) dalk vergelyk kan word
met marog disse in Suid-Afrika - dit was die enigste vergelyking wat ek kon
tref met 'n Suid-Afrikaanse dis.

Lorinda

Rico

unread,
Jun 26, 2003, 6:18:16 PM6/26/03
to
Dankie DD

mar ek glo ek ken nie vir marog nie,
kan ook niks bedenk wat ons met aartappels kook en wat dan op boontjies lyk
nie :-))

Wel ek glo ek gaan meneer Knorr, aankla.
Hy sal nie meer oor Suid Afrikaanse palava kan praat nie.

Gr.Rico
"DD" <d...@d.com> wrote in message
news:mnnmfv8kufeivng3a...@4ax.com...

Lorinda

unread,
Jun 26, 2003, 8:52:31 PM6/26/03
to

"Rico" <ricoh...@xs4all.nl> wrote in message
news:3efb5d79$0$49116$e4fe...@news.xs4all.nl...

> Nou gaan jy vir my se, Annette, dat jy bobotie gaan eet, met rys en
> aartappels???????????
>
> Nee as ek rys eet, eet ek nie meer aartappels nie.
> Jy is nog Hollandser as ek is :-)))
>
> Spinasie is ook nog baie gesond.
>
> Maar Annette wat jy se, is heeltemal reg, maar ek wil nou juis weet, hoe
> maak ek die sous :-)
>

'n Vriendin se buurvrou (van Sierra Leone) gee die volgende resep, maar sy
het nog nooit van hoender in hierdie dis gehoor het nie. Dit word palava
sous genoem, maar dis meer 'n bredie as 'n sous.

Bestandele:

'n halwe koppie palm olie
'n halwe kilo bief in blokkies gesny
Een gekapte rissie
Een ui
2 koppies vleisaftreksel (jy moet eintlik hier "oriri" gebruik, wat een of
ander gegisde saad is, maar hulle kan dit nie altyd hier kry nie)
Een kilo gemengde "groengoed" (Cassava blare, soetpatat blare, spinasie,
oker blare, sorrel blare)
1 gedroogte of gerookte vis in stukkies gesny
1 koppie gedroogte garnale
'n halwe koppie egusi ('n meel gemaak van geroosterde pampoen saad)
rooi peper
sout

Metode:
Verbruin die vleis in die palm olie, en braai dan die ui en rissie
Voeg vleisaftreksel by die vleis en ui ens.
As die vleis amper gekook is voeg die "groengoed" by (behalwe die spinasie)
en rooi peper en sout na smaak
Voeg spinasie by as die ander blare amper gekook is (blykbaar 'n half uur)
Saam met die spinasie voeg ook die vis en garnale by
Meng die egusi met 'n bietjie warm water, roer dit glad, en voeg by.
Kook stadig vir 10 minute


Lorinda


Annette

unread,
Jun 26, 2003, 11:14:20 PM6/26/03
to
Miskien moet jy vir ene Palava bel om die sousresep te kry:))
Ek onthou nou dat ons soms praat van die heel palava, menende alles wat met
'n saak te doen het.
So miskien kan mens enige sous maak wat vir jou lekker is.

Annette

"Rico" <ricoh...@xs4all.nl> wrote in message

news:3efb5d79$0$49116$e4fe...@news.xs4all.nl...

Annette

unread,
Jun 26, 2003, 11:19:50 PM6/26/03
to
Dankie Lorinda, mens sal dit seker moet eet om te kan besluit of mens
daarvan sal hou. Die gerookte vis en garnale saam met die vleis smokkel
bietjie met my kop.:))
Eintlik sal ek die gereg in sy regte vorm nooit kan eet nie, omdat ek
allergies is vir skulpvis.

Annette


"Lorinda" <r...@tiscali.co.uk> wrote in message

news:3efb9430$1...@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...

Annette

unread,
Jun 26, 2003, 11:20:37 PM6/26/03
to
Aartappelslaai saam met bobotie is lekker.
Annette


"Rico" <ricoh...@xs4all.nl> wrote in message

news:3efb5d79$0$49116$e4fe...@news.xs4all.nl...

Lorinda

unread,
Jun 27, 2003, 3:14:29 AM6/27/03
to

"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:bdgeca$sh9lu$1...@ID-92016.news.dfncis.de...

> Ek onthou nou dat ons soms praat van die heel palava, menende alles wat
met
> 'n saak te doen het.
> So miskien kan mens enige sous maak wat vir jou lekker is.
>

"Palava" beteken blykbaar "moeilikheid" in Sierra Leone en in ander Wes
Afrika lande, en moeilikheid is wat ons met hierdie vraag van jou gehad het
Rico.

Lorinda

Annette

unread,
Jun 27, 2003, 3:28:06 AM6/27/03
to
:))) Met vleis en vis in die sous gaan ek moeilikheid optel:))
Annette


"Lorinda" <r...@tiscali.co.uk> wrote in message

news:3efbedb7$1...@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...

Lorinda

unread,
Jun 27, 2003, 3:37:31 AM6/27/03
to

"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:bdgecb$sh9lu$2...@ID-92016.news.dfncis.de...

> Dankie Lorinda, mens sal dit seker moet eet om te kan besluit of mens
> daarvan sal hou. Die gerookte vis en garnale saam met die vleis smokkel
> bietjie met my kop.:))
> Eintlik sal ek die gereg in sy regte vorm nooit kan eet nie, omdat ek
> allergies is vir skulpvis.
>
> Annette
>

Wat is "sorrel" in Afrikaans Annette?

Lorinda

Rico

unread,
Jun 27, 2003, 5:11:00 AM6/27/03
to
Dankie Lorinda

Dit klink lekker, maar baie werk en ek glo dat ek die goeters hier nie kan
koop nie.

Ek dink ek gaan maar net so nou en dan die pak koop :-)
dit eet met hoedervleis en gewoon dit doen soos meneer Knorr wil dat ons dit
maak :-)

Maar jy is heeltemal reg, ek gaan hulle aankla en ook vir julle tyd 'n
vergoeding vra.
Maar ek glo meneer Knorr is van Oostenryk, dus die ou weet al heeltemal niks
van SA nie :-)

Gr.Rico


"Lorinda" <r...@tiscali.co.uk> wrote in message

news:3efb9430$1...@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...

@rogers.com

unread,
Jun 27, 2003, 9:30:15 AM6/27/03
to

Lorinda wrote:


> "Palava" beteken blykbaar "moeilikheid" in Sierra Leone en in ander Wes
> Afrika lande

Word hier nie verwys na die huidige Engelse
woord "palaver" (van die Portugees
"palavra" - word, speech, from Latin "parabola"
speech, parable.)In Engels beteken palaver
"idle chatter, talk intended to harm or
beguile." Also - obsolete: A parley between
European explorers and representatives of
local populations, especially in Africa.

Gloudina

Katryn

unread,
Jun 27, 2003, 10:25:39 AM6/27/03
to
"Lorinda" <r...@tiscali.co.uk> wrote:

>Wat is "sorrel" in Afrikaans

Suring
(Rumex acetosa)
:-)

Annette

unread,
Jun 27, 2003, 10:43:18 AM6/27/03
to
Mens sit suring by waterblommetjies Lorinda, nie by spinasie nie.
Annette


"Katryn" <Siump...@liamtoh.moc> wrote in message
news:fskofv4tvtn2js2rj...@4ax.com...

Lorinda

unread,
Jun 27, 2003, 3:03:02 PM6/27/03
to

<@rogers.com> wrote in message news:3EFC474...@rogers.com...

Daar is 'n verbintenis. Hulle praat (onder andere) 'n "pidgen" Engels
gebaseerde taal in Sierra Leone en ander lande soos Gambië, Kamaroen, Ghana
ens. Sy (vrou wat vir my resep gegee het) het definitief gesę dit beteken
"trouble" in Sierra Leone, so dis waarskynlik die oorspronklike Engelse
woord (van die Portugees) wat 'n effens ander betekenis gekry het.

Lorinda

Lorinda

unread,
Jun 27, 2003, 4:00:11 PM6/27/03
to

"Katryn" <Siump...@liamtoh.moc> wrote in message
news:fskofv4tvtn2js2rj...@4ax.com...

Dankie! Ek kon glad nie aan die woord dink nie. Toe skryf ek maar sorrel, en
niemand het eers iets daaroor gesę nie... Ek behoort 'n woordeboek aan te
skaf. Eendag, as ek onthou.

Lorinda

Lorinda

unread,
Jun 27, 2003, 4:02:39 PM6/27/03
to

"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:bdhlgs$t7snc$3...@ID-92016.news.dfncis.de...

> Mens sit suring by waterblommetjies Lorinda, nie by spinasie nie.
> Annette
>

Ek sal dit onthou die volgende keer as ek waterblommetjie bredie maak:-)
Daar is plekke hier wat die waterblomme in blikke verkoop, maar ek weet nie
hoe proe dit nie.

Lorinda

Speedy Conzales

unread,
Jun 27, 2003, 4:38:19 PM6/27/03
to
On Fri, 27 Jun 2003 21:00:11 +0100, "Lorinda"
<lor...@freint.fsnet.co.uk> wrote:


>
>Dankie! Ek kon glad nie aan die woord dink nie. Toe skryf ek maar sorrel, en
>niemand het eers iets daaroor gesę nie... Ek behoort 'n woordeboek aan te
>skaf. Eendag, as ek onthou.
>
>Lorinda
>
>

Mens erken nie so maklik as jy 'n woord nie ken nie
Verŕl nie hier nie.
Dit is waarom niemand iets daaroor gesę het nie.
Ons het almal gedink ons het 'n nuwe Afrikaanse woord geleer.

Daar gaan nou 'n massa proteste wees met 'n rigting soos:
'Ons wou jou net laat weet het wat dit is' .... of tenminste
'Ons het geweet die woord is nie llekker nie'
met ons bekende spesialis aan die voorpunt.

As dit nie gebeur nie
het ek dit so pas gestop

Die Uwe
Speedy


Katryn

unread,
Jun 27, 2003, 4:42:16 PM6/27/03
to
"Lorinda" <lor...@freint.fsnet.co.uk> wrote:

>Dankie! Ek kon glad nie aan die woord dink nie. Toe skryf ek maar sorrel, en
>niemand het eers iets daaroor gesę nie... Ek behoort 'n woordeboek aan te
>skaf. Eendag, as ek onthou.

You're welcome. :-) Ek het so piepklein Afr/Eng woordeboekie (al ene
wat ek hier in Amerika kon kry). Elkgeval - wat ek wou sę is dis
makliker (en meer genotvol)om te vra as wat dit is om self die woorde
op te soek - vir my altans. :-)

Terloops Lorinda - jy ken mos daardie baie bekende storie/parable van
Oom Remus oor Br'er Rabbit en die tar baby? Ek wil maar net vir jou
waarsku dat daardie kwaai tante van Kanada is die tar baby - wees
versigtig!!
:-)

Lorinda

unread,
Jun 27, 2003, 4:53:07 PM6/27/03
to

"Speedy Conzales" <spe...@conzales.com> wrote in message
news:9gapfvg979340jbrn...@4ax.com...

>
> Mens erken nie so maklik as jy 'n woord nie ken nie
> Verŕl nie hier nie.
> Dit is waarom niemand iets daaroor gesę het nie.
> Ons het almal gedink ons het 'n nuwe Afrikaanse woord geleer.
>
> Daar gaan nou 'n massa proteste wees met 'n rigting soos:
> 'Ons wou jou net laat weet het wat dit is' .... of tenminste
> 'Ons het geweet die woord is nie llekker nie'
> met ons bekende spesialis aan die voorpunt.
>
> As dit nie gebeur nie
> het ek dit so pas gestop
>
> Die Uwe
> Speedy

Dankie vir die raad, en dat jy verhoed het dat ek geteer en veer word....Ek
is juis besig om my hare te laat groei.

Lorinda

@rogers.com

unread,
Jun 27, 2003, 6:12:02 PM6/27/03
to

Katryn wrote:


> Terloops Lorinda - jy ken mos daardie baie bekende storie/parable van
> Oom Remus oor Br'er Rabbit en die tar baby? Ek wil maar net vir jou
> waarsku dat daardie kwaai tante van Kanada is die tar baby - wees
> versigtig!!


Dis vir tannie soos mooi as mense haar
met die nodige respek behandel. Tannie
moet sę dat jy ook nog onder die sambreel
van suspisie is, maar dan sit jy en pos
in die middel van die nag, en dis darem
bietjie ongelooflik.

Tant Hessie Athene-Poirot


Speedy Conzales

unread,
Jun 27, 2003, 6:22:49 PM6/27/03
to
On Fri, 27 Jun 2003 22:12:02 GMT, "@rogers.com" <@rogers.com> wrote:
>, maar dan sit jy en pos
> in die middel van die nag, en dis darem
> bietjie ongelooflik.
>
> Tant Hessie Athene-Poirot
>

Wat maak dit ongelooflik?

Die Uwe


Lorinda

unread,
Jun 28, 2003, 4:21:22 AM6/28/03
to

<@rogers.com> wrote in message news:3EFCC199...@rogers.com...

>
> Dis vir tannie soos mooi as mense haar
> met die nodige respek behandel. Tannie
> moet sę dat jy ook nog onder die sambreel
> van suspisie is, maar dan sit jy en pos
> in die middel van die nag, en dis darem
> bietjie ongelooflik.
>
> Tant Hessie Athene-Poirot
>

Dit is 'n manier om beheer oor die groep af te dwing, en jy is nie die
enigste een wat dit doen nie. As iemand iets sę waarvan julle nie hou nie
word die persoon van 'n vals indentieit beskuldig met die doel om van hom of
haar ontslae te raak. Jy hou by die "du plessis" storie, sodat die persoon
(wat gewoonlik nuut is op die groep) al hulle tyd spandeer om te probeer
agterkom waarvan hulle nou eintlik beskuldig word, totdat hulle siek en sat
word en weggaan. Dis interessant om hierdie ng met ander in die soc.culture
goep te vergelyk. Hierdie is een van die min wat heeltemaal deur die ouer
garde oorheers word. Op die ander is daar 'n goeie mengsel, en baie jong
mense en selfs kinders wat oor alles en watookal gesels. Dis natuurlik om
daardie rede ook meer chaoties, maar dis lewendig. Daar is 'n gesags ding
aan die gang hier, so die maniere van die ou Suid-Afrika leef woord.

Lorinda

Annette

unread,
Jun 28, 2003, 4:59:48 AM6/28/03
to
Ons is nie almal so nie.
Annette


"Lorinda" <lor...@freint.fsnet.co.uk> wrote in message
news:bdjine$v0t$1...@news7.svr.pol.co.uk...

Lorinda

unread,
Jun 28, 2003, 6:36:00 AM6/28/03
to
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:bdjm2m$tm1eh$1...@ID-92016.news.dfncis.de...

> Ons is nie almal so nie.
> Annette

Deur Jeanne Goosen.:-))) Ek het van die boek gehou, iemand het dit 'n paar
jaar glede vir my as 'n geskenk gebring.

Ek weet Annette. Ek praat ook nie daarvan dat mense van mekaar verskil of
selfs baklei nie, ek bedoel net dat daar 'n paar is wat 'n spesifieke
taktiek gebruik om van nuwe mense ontslae te raak as hulle dink hulle gaan
nie van hulle hou nie. Die gevolg is dat net die hardegatte bly, met alles
wat daarmee saamgaan (ek sluit myself by laasgenoemde in).

Lorinda

Annette

unread,
Jun 28, 2003, 6:29:50 AM6/28/03
to
As ons almal so oud is hier soos jy beweer, is ons nie net hardegatte nie.
Ons is eeltgatte:))
Annette


"Lorinda" <lor...@freint.fsnet.co.uk> wrote in message

news:bdjqjt$5e8$1...@news7.svr.pol.co.uk...

Lorinda

unread,
Jun 28, 2003, 6:53:29 AM6/28/03
to

"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:bdjqvs$tmpq8$1...@ID-92016.news.dfncis.de...

> As ons almal so oud is hier soos jy beweer, is ons nie net hardegatte nie.
> Ons is eeltgatte:))
> Annette
>

:-)))) Ek is self nie jonk nie, ek is hierdie jaar 37. Ek dink net dat dit
iets sę dat min jongmense in hierdie groep belangstel. So ons is almal dalk
hier besig om mekaar oor 'n sterwende kultuur keel-af te sny, maar die
gesagsstrukture gaan ons instand hou :-).

Lorinda

@rogers.com

unread,
Jun 28, 2003, 8:40:58 AM6/28/03
to

Lorinda wrote:


Dis interessant om hierdie ng met ander in die soc.culture
> goep te vergelyk. Hierdie is een van die min wat heeltemaal deur die ouer
> garde oorheers word. Op die ander is daar 'n goeie mengsel, en baie jong
> mense en selfs kinders wat oor alles en watookal gesels. Dis natuurlik om
> daardie rede ook meer chaoties, maar dis lewendig. Daar is 'n gesags ding
> aan die gang hier, so die maniere van die ou Suid-Afrika leef woord.

Dit klink vir my asof jy dus op baie internet-
groepe inloer. Dit verbaas my darem 'n bietjie,
want jy het uit jou pad gegaan om vir ons, en
selfs spesifiek vir my, te vertel waar jy in London
werk.
Ek kyk na geen ander internetnuusgroep nie, en is
ook nie op enige poslys nie, dus kan ek nie oordeel
nie. Maar ek sou dink dat hierdie nuusgroep ten
minste taamlik dinamies is, en nie deur die "ouer
garde" oorheers word nie. Daar is ook 'n taamlike
breë band van politieke oortuiginge. Die enigste
ding wat my hinder, is natuurlik dat omtrent vyf of
ses van die posters almal dieselfde persoon is, en
ek dink dis dié persoon wat mense later moegmaak en
hulle laat weggaan. Ek mis byvoorbeeld vir Wouter
Plaasvark hier, en ek dink hy het net moeg geraak
vir al die getjommel.

Gloudina

@rogers.com

unread,
Jun 28, 2003, 8:57:17 AM6/28/03
to

Annette wrote:


Ek praat ook nie daarvan dat mense van mekaar verskil of
>>selfs baklei nie, ek bedoel net dat daar 'n paar is wat 'n spesifieke
>>taktiek gebruik om van nuwe mense ontslae te raak as hulle dink hulle gaan
>>nie van hulle hou nie. Die gevolg is dat net die hardegatte bly, met alles
>>wat daarmee saamgaan (ek sluit myself by laasgenoemde in).


Vir die interessantheidshalwe. Sal jy
vir ons dan vertel wie die "paar" mense
is wat taktieke gebruik om "ontslae te
raak van mense" waarvan hulle nie hou
nie. Ek neem aan jy sluit my daar in.
Maar wie is die ander? Sluit jy byvoor-
beeld Katryn daaronder in?

Gloudina

Lorinda

unread,
Jun 28, 2003, 10:43:13 AM6/28/03
to

<@rogers.com> wrote in message news:3EFD8D40...@rogers.com...

> Dit klink vir my asof jy dus op baie internet-
> groepe inloer. Dit verbaas my darem 'n bietjie,
> want jy het uit jou pad gegaan om vir ons, en
> selfs spesifiek vir my, te vertel waar jy in London
> werk.

Ek kyk na die nuusgroepe van plekke waar ek gebly het of wat my om een of
ander rede interesseer, bv. Griekeland, Ierland, Brittanje. Daar is baie
jongmense (en selfs kinders) op daardie groepe. Ek lees nie al die pos daar
nie, dis nie moontlik nie, maar daar is allerhande gesprekke aan die gang.
Hierdie een is baie "gedisiplineerd" (ek kan nie aan 'n ander woord dink om
dit te beskryf nie) en ek weet nie of dit so 'n goeie ding is nie. Miskien
veral omdat ek 'n tyd gelede by 'n vergadering was waar daar 'n klomp groot
Britse werkgewers was, en die een sê toe dat hy deesdae hard probeer om net
Suid-Afrikaners in sekere poste aan te stel, want hulle vra nie vrae nie,
sluit nie by vakbonde aan nie, praat nie teë nie, vra nie vir verhogings nie
en kla nie oor omstandighede nie. Dit het my nogal gepla, want ek is seker
dis nie hoe Suid-Afrikaners hulleself sien nie. Dit is nie eers dat " dit
maar is hoe immigrante maak nie", want hy het spesifiek die vergelyking
getref met Australiërs. Ek dink dat 'n getjommel maar ook deel moet wees van
wat op die nuusgroep aangaan, mens hoef mos nie alles te lees nie.


> Ek kyk na geen ander internetnuusgroep nie, en is
> ook nie op enige poslys nie, dus kan ek nie oordeel
> nie. Maar ek sou dink dat hierdie nuusgroep ten
> minste taamlik dinamies is, en nie deur die "ouer
> garde" oorheers word nie. Daar is ook 'n taamlike
> breë band van politieke oortuiginge.

Dis waar dat daar 'n breë band van oortuigings is, dis nie wat ek bedoel het
nie, maar tog sluit die wat wel op die nuusgroep bly meesal by een van die
twee kampe aan en daarna is daar nie meer plek vir redenasie nie.

Lorinda

Lorinda

unread,
Jun 28, 2003, 11:01:29 AM6/28/03
to

<@rogers.com> wrote in message news:3EFD9111...@rogers.com...

>
> Vir die interessantheidshalwe. Sal jy
> vir ons dan vertel wie die "paar" mense
> is wat taktieke gebruik om "ontslae te
> raak van mense" waarvan hulle nie hou
> nie. Ek neem aan jy sluit my daar in.
> Maar wie is die ander? Sluit jy byvoor-
> beeld Katryn daaronder in?
>
> Gloudina
>

Ek sluit Katryn nie in nie want ek het haar dit nog nooit sien doen nie. Die
ou wat as "Ek" pos doen dit, Jonas (op sy eie manier) en ek het jou dit 'n
hele paar keer sien doen met mense wat beslis nie Du Plessis was nie. Soos
byvoorbeeld met die ou wat as "Glocklich" pos - ek stem nie met die ou se
politiek saam nie, maar hy het definitief uit Noord-Amerika gepos, en hy was
beslis nie Du Plessis nie. Daar is natuurlik 'n mate van skerts tussen jou
en Du Plessis, dis nie alles in erns nie maar ek dink nie dis reg om alles
en almal daarby te betrek nie.

Jy het gesę dat daar mense is wat jy mis, toe ek 'n paar jaar gelede op die
nuusgroep was was Leendert van Oostrum, Reinier de Vos ens. nog hier. Ek het
nie altyd met hulle saamgestem nie (veral Leendert oor Verwoerd:-)) maar
daar was redenasie, wat dinge interessant hou. As Du Plessis nou sy
kietergefties vat en loop sal ons hom ook mis.

Lorinda

Katryn

unread,
Jun 28, 2003, 11:11:31 AM6/28/03
to
Lorinda:

Ek sluit Katryn nie in nie want ek het haar dit nog nooit sien doen
nie.

Katryn:
Phew - nou kan ek weer asemhaal!! :-))


@rogers.com

unread,
Jun 28, 2003, 12:57:17 PM6/28/03
to

Lorinda wrote:


> Ek sluit Katryn nie in nie want ek het haar dit nog nooit sien doen nie.


Wat van die feit dat sy my nog onlangs,
minder as 'n week gelede "gevaarlik"
genoem het en as 'n tar baby beskuldig
het?

Gloudina

@rogers.com

unread,
Jun 28, 2003, 1:00:29 PM6/28/03
to

Lorinda wrote:

Soos
> byvoorbeeld met die ou wat as "Glocklich" pos - ek stem nie met die ou se
> politiek saam nie, maar hy het definitief uit Noord-Amerika gepos, en hy was
> beslis nie Du Plessis nie.

Ek kan nie onthou dat ek ooit regtig
op "Glocklich" in alle erns gereageer
het nie.

Gloudina

@rogers.com

unread,
Jun 28, 2003, 1:14:05 PM6/28/03
to

Lorinda wrote:


toe ek 'n paar jaar gelede op die
> nuusgroep was was Leendert van Oostrum, Reinier de Vos ens. nog hier.


Ek dink nie Reinier de Vos was ooit op
hierdie nuusgroep nie. Toe die nuusgroep
gestig is, het 'n Wagenaar ou in Nederland,
wat die nuusgroep help loods het, vir 'n
ruk die Afrikaanse poslys se poste idividueel
op die nuusgroep gesit. Dis toe dat jy 'n
aanhoudende gesprek tussen Reinier en
Leendert van Oostrum gesien het. Toe Wagenaar
ophou met die oorpos van die poslys op die
nuusgroep, toe was Reinier weg. Leendert was
natuurlik 'n ander saak, en as jy nou gevegte
tot die dood toe wou sien, dللrdie was die
goeie ou dae.
Ek stem saam dat die kwaliteit van hierdie
nuusgroep sedert daardie dae verminder het.
Een van die redes daarvoor is ongelukkig die
gewoonte van "du plessis" om as omtrent ses
karakters te pos. Mense raak doodeenvoudig net
moeg daarvoor. Ek weet dat hulle ook moeg raak
vir my "ontmaskering" van hom, maar mens moet
dit nou en dan doen, veral as jy sien dat iemand
een van sy gedaantes te ernstig opneem.
Ek moet bieg dat ek vir jou ook aanvanklik
as "du plessis" aangeneem het. Veral toe jy vir
my 'n epos stuur. Du Plessis het kort tevore
kontak met my probeer maak. Nie baie mense ken
my eposadres nie.
Ek is in alle geval nou seker dat jy en
Du Plessis nie dieselfde is nie. (Of jy nou
iemand anders onder 'n skuilnaam is, daarvan
is ek nog nie so seker nie.)

Gloudina

Katryn

unread,
Jun 28, 2003, 1:42:03 PM6/28/03
to
"@rogers.com" <@rogers.com> wrote:


> Wat van die feit dat sy my nog onlangs,
> minder as 'n week gelede "gevaarlik"
> genoem het en as 'n tar baby beskuldig
> het?

Dit was gister.
Maar ek is al klaar weer moeg vir al die nonsens en veral jou "du
plessis" fiksasie.
So, vir eers sal ek maar eerder weer afteken vir 'n ruk.

Danielle

Lorinda

unread,
Jun 28, 2003, 5:16:30 PM6/28/03
to

<@rogers.com> wrote in message news:3EFDC952...@rogers.com...

Ek sal myself as 'n voorbeeld gebruik. As jy my net sleg gesę het, oor iets
wat ek gesę of gedoen het, sou ek dit aanvaar het, of met jou redeneer het
oor wat jy sę. Teen iemand wat eenvoudig daarop aandring dat jy nie is wie
jy sę jy is nie is daar min verweer en plaas die persoon in 'n baie
ongemaklike posisie, veral as hy/sy nuut is (dit is verwarrend). Dit lyk na
'n doelbewuste taktiek. Ek dink Danielle het tong in die kies gesę dat jy
gevaarlik is, maar ek kan nie vir haar praat nie. Oor die tar baby, ek sal
nie omgee as jy my 'n tar baby noem nie - dit val in die kategorie van name
noem wat nie is waaroor ek praat nie.

Lorinda

Lorinda

unread,
Jun 28, 2003, 5:36:52 PM6/28/03
to

"Katryn" <Siump...@liamtoh.moc> wrote in message
>
> Dit was gister.
> Maar ek is al klaar weer moeg vir al die nonsens en veral jou "du
> plessis" fiksasie.
> So, vir eers sal ek maar eerder weer afteken vir 'n ruk.
>
> Danielle

Ek hoop jy het nie afgeteken nie Danielle. Jy kan nie al jou vrye tyd in die
tuin werk nie (jy het gister gesę jy gaan in die tuin werk voor dit weer
reen):-) Groei jy kruie, blomme of groente?

Lorinda

Lorinda

unread,
Jun 28, 2003, 5:48:36 PM6/28/03
to
<@rogers.com> wrote in message news:3EFDCD41...@rogers.com...

> Nie baie mense ken
> my eposadres nie.

Jou e-pos adres lę die internet vol (op 'n wyse van spreke), as iemand jou
man se naam ken en jy het eens op 'n tyd onder sy naam op die ng gepos, so
baie mense ken dit.

Lorinda


Rico

unread,
Jun 28, 2003, 5:45:48 PM6/28/03
to
As almal hier pos met 1 naam en nie met 6 nie.

Ek ontdek nou net dat Katryn, Danielle is!!!!
Mens het nie eens die moontlikheid om die inhoud van die pos te lees nie, jy
moet eers uitsoek wie dit het geskryf en onder watter naam.
Ek kan nie glo, al die Afrikaners is sgisofreen nie!(schizofreen, in
Nederlands)

Gr,Rico, die just Rico is en avir altyd Rico sal bly.
Ek wens julle almal kaas!!!!
<@rogers.com> wrote in message news:3EFDCD41...@rogers.com...

@rogers.com

unread,
Jun 28, 2003, 7:24:02 PM6/28/03
to

Lorinda wrote:

> Jou e-pos adres lę die internet vol (op 'n wyse van spreke), as iemand jou
> man se naam ken en jy het eens op 'n tyd onder sy naam op die ng gepos, so
> baie mense ken dit.


OK. Ek sien nou hoe die wind waai.
Dus was ek tog die hele tyd reg.
Goodbye Columbus.

Katryn

unread,
Jun 28, 2003, 9:15:38 PM6/28/03
to
"Rico" <ricoh...@nospam.msn.com> wrote:

>As almal hier pos met 1 naam en nie met 6 nie.

Wie pos met 6 name hier? Jy eet alweer alles vir soetkoek op. Is jy
'n platkop?

>Ek ontdek nou net dat Katryn, Danielle is!!!!

Ou nuus - en dit was nog nooit 'n staatsgeheim nie. Dit is 'n goeie
en wyse Usenet gebruik. Wat op aarde het die gebruik van 'n pretnaam
of skuilnaam op Usenet te doen met skisofrenie???????

>Gr,Rico, die just Rico is en avir altyd Rico sal bly.
>Ek wens julle almal kaas!!!!

Goed vir jou. Die res van ons verkies om anders te wees. Live with
it!
- A Bob by any other name swells just as meat.
Of hoe?


Katryn

unread,
Jun 28, 2003, 9:26:05 PM6/28/03
to
"Lorinda" <lor...@freint.fsnet.co.uk> wrote:

>Ek hoop jy het nie afgeteken nie Danielle. Jy kan nie al jou vrye tyd in die
>tuin werk nie (jy het gister gesę jy gaan in die tuin werk voor dit weer
>reen):-) Groei jy kruie, blomme of groente?

Ek sal weer op 'n later stadium kom inloer, Lorinda. Hopelik sal jy
dan nog hier wees. :-)
Oor jou vraag - wel...er..dit lyk my ek groei eintlik onkruid. :-)
Maar ek is veral lief vir my kruie-tuin wat baie goed aankom, en ek is
veral dankbaar vir die dragon (French tarragon/esdragon) en kerwel
(chervil) wat so mooi groei. Hierdie jaar het ek ook 'n hele spul
Lincoln rose wat werklik goed doen tot my eie verbasing. Wat groente
betref groei ek tamaties met nogal groot sukses. Ons het ook
grenadellas onlangs geplant wat nou blommetjies ophet en dalk
binnekort gaan vrugte dra - hopelik!! Maar wag - ek beter nou ophou
babbel.
Sterkte en voorspoed op hierdie groep, hoor!

Tot annerdag dan...:-)
Danielle

Annette

unread,
Jun 28, 2003, 9:31:45 PM6/28/03
to
Toemaar Rico, ons is nie almal so nie:))
Annette


"Rico" <ricoh...@nospam.msn.com> wrote in message
news:3efe0c89$0$49100$e4fe...@news.xs4all.nl...

]['|\|'][

unread,
Jun 29, 2003, 1:44:35 AM6/29/03
to
"Lorinda" <lor...@freint.fsnet.co.uk> wrote in message
news:bdka5l$s7a$1...@newsg3.svr.pol.co.uk...

>
> <@rogers.com> wrote in message news:3EFD9111...@rogers.com...
> >
> > Vir die interessantheidshalwe. Sal jy
> > vir ons dan vertel wie die "paar" mense
> > is wat taktieke gebruik om "ontslae te
> > raak van mense" waarvan hulle nie hou
> > nie. Ek neem aan jy sluit my daar in.
> > Maar wie is die ander? Sluit jy byvoor-
> > beeld Katryn daaronder in?
> >
> > Gloudina
> >
>
> Ek sluit Katryn nie in nie want ek het haar dit nog nooit sien doen nie.
Die
> ou wat as "Ek" pos doen dit, Jonas (op sy eie manier) en ek het jou dit 'n
> hele paar keer sien doen met mense wat beslis nie Du Plessis was nie. Soos

Issie, Lorinda, "Ek" doen dit nie. "Ek" vat net nie kak van
kleurlingkaboutertjies nie!

Terloops, "Ek" is voortaan TNT.

Die groete


Rico

unread,
Jun 29, 2003, 4:17:11 AM6/29/03
to

"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:bdlhg8$trfdv$1...@ID-92016.news.dfncis.de...

> Toemaar Rico, ons is nie almal so nie:))
> Annette

Ek weet Annette, as ek oor almal praat, sluit ek jou uit!!!!!
Jy is die smart lady hier.

Die Knapvrou :-))

GrRico

Lorinda

unread,
Jun 29, 2003, 5:31:24 AM6/29/03
to

<@rogers.com> wrote in message news:3EFE23F8...@rogers.com...

Gloudina, jou man is 'n digter. Hy skryf baie mooi haikus. Hy dra by tot
sites (of is by sites betrokke oor haikus). Ek het jou gesę ek was voorheen
of hierdie ng. Omtrent 5 jaar gelede. Jy het toe onder jou man se naam
gepos. Dis nie moeilik om uit te werk nie. Probeer dit self.


Lorinda

Lorinda

unread,
Jun 29, 2003, 5:52:41 AM6/29/03
to
"Katryn" <Siump...@liamtoh.moc> wrote in message
news:tdfsfvknshpji456q...@4ax.com...

> Oor jou vraag - wel...er..dit lyk my ek groei eintlik onkruid. :-)
> Maar ek is veral lief vir my kruie-tuin wat baie goed aankom, en ek is
> veral dankbaar vir die dragon (French tarragon/esdragon) en kerwel
> (chervil) wat so mooi groei. Hierdie jaar het ek ook 'n hele spul
> Lincoln rose wat werklik goed doen tot my eie verbasing. Wat groente
> betref groei ek tamaties met nogal groot sukses. Ons het ook
> grenadellas onlangs geplant wat nou blommetjies ophet en dalk
> binnekort gaan vrugte dra - hopelik!! Maar wag - ek beter nou ophou
> babbel.

Ek het 'n klein tuintjie (soos die meeste mense hier) so ek groei net kruie,
meesal in potte. Ek het onlangs verhuis, so ek kon darem my tuin saamvat :-)
Jy is baie gelukking om grenadellas te kan plant! Ek koop nou en dan 'n paar
hier, ek is nogal lief daarvoor.


> Sterkte en voorspoed op hierdie groep, hoor!
>

Die engiste rede waarom ek na jare weer ingeteken het was omdat ek iemand
wat baie gesukkel het met Engels buite 'n tube stasie wou help, en ek besef
het my Afrikaanse woordeskat was so vrot soos sy Engels. Dit was nogal 'n
skok, die regte woorde wou net nie kom nie, ek moes baie hard dink. Toe dink
ek aan hierdie nuusgroep........... Dit gaan nou weer beter met die
woordeskat so ons sal maar sien.

Lorinda

Annette

unread,
Jun 29, 2003, 7:35:03 AM6/29/03
to
Wat wil van my hę Rico?
'n Sjokoladekoekresep?:)))
Annette


"Rico" <ricoh...@nospam.msn.com> wrote in message

news:3efea085$0$49101$e4fe...@news.xs4all.nl...

> > > > tot die dood toe wou sien, dáárdie was die

Lorinda

unread,
Jun 29, 2003, 11:45:07 AM6/29/03
to

"Lorinda" <lor...@freint.fsnet.co.uk> wrote in message
news:bdmb6n$cmj$1...@newsg3.svr.pol.co.uk...

Net ingeval die bostaande steeds nie verstaanbaar is nie, al wat ek probeer
doen het is om te verduidelik dat jou e-pos adres nie 'n geheim is nie, en
waarom nie. Ek was dalk te subtiel:-)

Lorinda

@rogers.com

unread,
Jun 29, 2003, 1:56:36 PM6/29/03
to

Lorinda wrote:


> Net ingeval die bostaande steeds nie verstaanbaar is nie, al wat ek probeer
> doen het is om te verduidelik dat jou e-pos adres nie 'n geheim is nie, en
> waarom nie. Ek was dalk te subtiel:-)

Jy, subtiel? Ek lag my 'n papie.
En ek stel voor dat jy jou nou onfokus
van my af. Jy breek basiese net-praktyke.
Moet asseblief nie vir my weer 'n private
epos stuur nie. Moenie met my direk probeer
skoor soek nie. Ek is van plan om jou in
die toekoms te ignoreer. Doen dieselfde.


Gloudina

Lorinda

unread,
Jun 29, 2003, 4:11:05 PM6/29/03
to

<@rogers.com> wrote in message news:3EFF28B8...@rogers.com...

Dis waar. Ek is nie baie subtiel nie. Wat e-pos betref, praat jy van maande
gelede, en natuurlik is ek nie van plan om dit ooit weer te doen nie, waarom
sou ek? Jy het my na my adres gevra en ek wou dit nie op die internet pos
nie. Ek het gedink jy dink regtig ek is du plessis, en nou weet ek van
beter. As jy eerlik met jouself is, dink dan oor wie met wie direk skoor
gesoek het. Goed, ons ignoreer mekaar maar weer.

Lorinda


0 new messages