Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

" Nuus uit die binneland " deur PETER BLUM

1,258 views
Skip to first unread message

@rogers.com

unread,
Sep 6, 2002, 10:07:03 PM9/6/02
to
Peter Blum
Nuus uit die binneland
Vir Dirk Opperman

Soms in die winter as die reën sag stuif
op grasperke, dig en diep soos 'n tapyt -
as hy die rotsige bergreeks wegskuif
agter 'n misgordyn - as voor die ruit
popliere, eike en kastaiingbome
saamvloei, en ons versink in blaargroen drome
terwyl ons oor 'n ou beskawing lees -
dan gryp die onwerklikheid ons met die loop
van waters wat kalmeer, en in die gees
vou grys en sat die graafskap Surrey oop.

Soms in 'n najaarsdag se skemerty
stap ons in 'n stil straatjie en gewaar
deur 'n ou bolig, kunstig uitgesny
in vlegtende patroon van druif en blaar,
die lig van verre dae: Ons word gesluk
soos deur 'n mond; die luiterse getik
van 'n ou horlosie vervang ons ontstoke
harte se ritme in die kamerhoek,
en ons gestaltes kwyn tot stywe spoke
in die vernislaag van 'n Delftse doek.

Maar as die bergwind so rukkerig waai
en tussen ons rondkrap soos 'n stok
in 'n miershoop - in die palms blaai
nes 'n barbaar in 'n keurige boek -
dan is ons rillend buite alle mure
wat ons opstapel in redelike ure
met doel en plan -
ruik ons droogte en brand, en gerug
van sprinkaan, aardbewing en oproer
op daardie skroeiende binnelandse lug
- dan, dan
weet ons op watter vasteland ons boer.


Swart Simon

unread,
Sep 7, 2002, 3:30:37 PM9/7/02
to
<@rogers.com> wrote in message
news:3D796000...@rogers.com...


Ontroerend. Hierdie ou weet hoe om met woorde te werk.

Swart Simon


@rogers.com

unread,
Sep 7, 2002, 9:17:32 PM9/7/02
to

Swart Simon wrote:


>> Peter Blum
>> Nuus uit die binneland
>> Vir Dirk Opperman

> Ontroerend. Hierdie ou weet hoe om met woorde te werk.


Ja, Peter Blum was een van die beste
digters in Afrikaans. Jammer dat SA
en Afrikaans hom "verloor" het. Die
regering van SA het hom nooit toegelaat
om burger te word nie, en hy is uiteinde-
lik Engeland toe waar hy dan ook dood is.
J.C. Kannemeyer het 'n baie interessante
boek oor hom geskryf: "Wat het geword van
Peter Blum? Die speurtog na die Steppewolf."
Hy is in 1925 in Duitsland gebore en is in
1990 in Engeland dood.

Gloudina

0 new messages