Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Ou "army" terme/sêgoed

552 views
Skip to first unread message

Jonas

unread,
Mar 3, 2001, 2:02:40 AM3/3/01
to
Die ou sęgoed van die "army" (dienspligdae) is m.i. nie opgeteken nie -
woorde soos "nafi", "gyppo", jęmdief, ens. Of, het iemand dit reeds op
rekord geplaas? Ek glo nie.
Stuur asseblief aan - meg...@hotmail.co.za


Dingus

unread,
Mar 3, 2001, 5:34:19 PM3/3/01
to
Die ou SA army was 'n klomp kak anyway - vok hulle.

Jonas <meg...@hotmail.com> wrote in message
news:3aa09758$0$2...@hades.is.co.za...

Jonas

unread,
Mar 4, 2001, 7:36:13 AM3/4/01
to
Ek herken hom - en teken dit so aan. Nog?
"Dingus" <fr...@iaza.co.za> wrote in message
news:AJeo6.2027$cG72.6...@news.xtra.co.nz...

Davie Davis

unread,
Mar 4, 2001, 10:12:13 AM3/4/01
to
On Sun, 4 Mar 2001 14:36:13 +0200, "Jonas" <meg...@hotmail.com>
wrote:

>Ek herken hom - en teken dit so aan. Nog?
>"Dingus"

Skerpes (skerpes?) soos dié een wat ons waardeer Jonas!

DD
>>
>

Riaan

unread,
Mar 5, 2001, 1:57:58 AM3/5/01
to
Dingus wrote in message ...

>Die ou SA army was 'n klomp kak anyway - vok hulle.

Jy is seker een van:

a. Die ouens wat net 'n jaar army toe was

b. Glad nie gegaan het nie.

c. G5K5 slapgat mediese status gekry het

d. Ek kan nie meer nie Korporaal Booooo Hoooo tjank....Crack


Vusi

unread,
Mar 5, 2001, 12:42:06 PM3/5/01
to
Dingus probably prefers the "new" SADF - 20% aids - all his mates...

"Dingus" <fr...@iaza.co.za> wrote in message
news:AJeo6.2027$cG72.6...@news.xtra.co.nz...

Krokkie

unread,
Mar 5, 2001, 11:26:03 PM3/5/01
to
Gee hom gaas Riaan.
Hy was seker 'n tampontiffie of potskraper gewees

"Riaan" <Ri...@svb.co.za> wrote in message
news:97vdd8$1igs$1...@nnrp01.ops.uunet.co.za...

Thys de Wet

unread,
Mar 6, 2001, 1:36:28 AM3/6/01
to
Wat van die sammajoor wat vir die troep op basies vra: "Hei jy! Sit as jy
pis?"

Thys oppie Bos wat staan ...


Dingus

unread,
Mar 6, 2001, 3:54:05 AM3/6/01
to
Julle is almal verkeet,

Ek was 'n kolenel in die lugmag - so fuck you all!

Vusi <fana...@hotmail.com> wrote in message
news:3aa3d037$0$17...@hades.is.co.za...

Krokkie

unread,
Mar 6, 2001, 5:02:53 AM3/6/01
to
Is jy seker, watter eenheid, wanneer ?
As jy 'n Kol was sou jou skrywes baie meer RMS aanvoelling gehad het.


"Dingus" <fr...@iaza.co.za> wrote in message

news:lD1p6.2885$cG72.11...@news.xtra.co.nz...

Jonas

unread,
Mar 6, 2001, 6:33:02 AM3/6/01
to
Dingus - ons sal jou glo, maar 'n horde mense daar buite weet jy was 'n
jęmdief... Wag maar tot jy in standerd sewe kom en hulle jou gaan toets vir
spelling maat - baie erger as die lugmag, hoor!

"Dingus" <fr...@iaza.co.za> wrote in message
news:lD1p6.2885$cG72.11...@news.xtra.co.nz...

Thys de Wet

unread,
Mar 6, 2001, 7:05:58 AM3/6/01
to
Wie onthou nog vir ou Mickey Mouse in die Lugmag Gim? Sammajoor (RSM) daar
gewees. En ons troepe was vir die ou hel so bang soos 'n duiwel vir 'n
slypsteen!

Siestog, hy kon glad nie eitnlik ingels praat nie:

Wil hy eendag op 'n parade die jode roep:

"Węr aar dous joes?" roep hy. Geen reaksie nie! "Waa's daai jode" rope hy
weer. Begin die manne toe onder mekaar te sę dat die jode moet opstaan.
Hier en daar staan daar so 'n bedremmelde joodjie op. "Węr wir joe joe
aaidil spesiemins ôf joemęnitie?"
Net om aan te hulle te vertel dat hulle van daardie dag 'n eie rabbi had wat
hulle dan op Vrydagaande sal bedien. "ęs from toenait no more daainieng en
waaining eauwtsaid of kęmp is eauwt"

En oom Dom Willem wat die ingelse (en seker die afrikaanse gebed ook) in sy
keps geskryf had en dit net elke oggend so binnensmonds afgemompel het met
'n lekker harde "Amen" op die end!

En daarna ou Spekkies in LMS Voortrekkerhoogte?

Of gee ek nou te veel van my "patriotiese" verlede weg?

Thys oppie Bos
Ja sammajoor gloudina
jy wat nie kan saampraat hieroor
maar net moet luister!
Of was jy dalk by die soldoedies betrokke?


"Jonas" <meg...@hotmail.com> wrote in message

news:3aa4cb37$0$17...@hades.is.co.za...

home.com

unread,
Mar 6, 2001, 7:33:00 AM3/6/01
to
Thys de Wet wrote:

> Thys oppie Bos
> Ja sammajoor gloudina
> jy wat nie kan saampraat hieroor
> maar net moet luister!
> Of was jy dalk by die soldoedies betrokke?
>

Nee, Thys-oppie-bos, ek was nie 'n soldoedie
nie. Ek was een van die mense wat hulle van
die trappe afgestoot het en op die seep laat gly
het. Maar dis ons wat die oorlog gewen het.

Gloudina

lous

unread,
Mar 6, 2001, 9:17:30 AM3/6/01
to

Is dit nou weer in een van jou drome gewees? Jou ou hanskakie. (Hmm
noulat ek daaroor dink - jy het beide jou eie mense en ook jy aangenome
mense - lees ANC - veraai- tut tut - in die oorlog sou jy geskiet gewees
het vir Verlaat van jou pos :) )

lous

unread,
Mar 6, 2001, 9:21:36 AM3/6/01
to

Thys de Wet wrote:
>
> Wat van die sammajoor wat vir die troep op basies vra: "Hei jy! Sit as jy
> pis?"
>
>

.... en dan sal een dom donner natuurlik lag - en die samajoor wat
natuurlik net daarvoor gewag het - wuif jou weg met so 'n slap arm - 'O
die maatjie dink die samajoor in snaaks - Cheers - daar gaat julle -
pale toe!'.

home.com

unread,
Mar 6, 2001, 10:33:21 AM3/6/01
to

lous wrote:

> Is dit nou weer in een van jou drome gewees? Jou ou hanskakie. (Hmm
> noulat ek daaroor dink - jy het beide jou eie mense en ook jy aangenome
> mense - lees ANC - veraai- tut tut - in die oorlog sou jy geskiet gewees
> het vir Verlaat van jou pos :) )

Nee, ou Lou, die struggle is oor die hele wêreld geveg.Van die belangrikste
gevegte het in die buiteland plaas-
gevind.

Gloudina

Davie Davis

unread,
Mar 6, 2001, 12:48:20 PM3/6/01
to

Jona sę:

Die ou sęgoed van die "army" (dienspligdae) is m.i. nie opgeteken nie


Natuurlik is dit nie uniek aan die army nie maar jy weet mos dat dit
'die lekkerste tyd in my lewe was
wat ek nie oor wil hę nie.'

DD

Jonas

unread,
Mar 6, 2001, 11:45:03 PM3/6/01
to
U moet een ding besef - die ANC (SAKP/COSATU) het nie die oorlog gewen nie.
(Ek sal Mandela aanhaal in die verband.) As jy dit nie besef nie, dan het jy
nie begrip vir die SA werklikhede nie...
<@home.com> wrote in message news:3AA503EA...@home.com...

Riaan

unread,
Mar 7, 2001, 1:31:22 AM3/7/01
to

Dingus wrote in message ...
>Julle is almal verkeet,
>
>Ek was 'n kolenel in die lugmag - so fuck you all!

Seker in MK gewees, lekker met die papier vliegtuigies gespeel

Fuck You


Davie Davis

unread,
Mar 7, 2001, 12:51:22 PM3/7/01
to

Beslis was hy nié 'n 'kolenel' op skool gewees nie

DD

Thys de Wet

unread,
Mar 8, 2001, 4:31:38 AM3/8/01
to
Mer'ie anti oppie voorpunt!

Gloudina, common sense van wit afrikanermense het gewen, en die paar wat
nog dink dat hulle met hul 303's en blou mercs die slag van mafeking weer
kan herhaal, maak 'n fout. Ja daar was so 'n paar in die buiteland, soos
jyself, wat ook op meer as 'n koekie seep gegly het. Miskien het daar iets
iewers bietjie te hard gekap...

Thys oppie Bos


"Jonas" <meg...@hotmail.com> wrote in message

news:3aa5bd1a$0$2...@hades.is.co.za...


> U moet een ding besef - die ANC (SAKP/COSATU) het nie die oorlog gewen
nie.
> (Ek sal Mandela aanhaal in die verband.) As jy dit nie besef nie, dan het
jy
> nie begrip vir die SA werklikhede nie...
> <@home.com> wrote in message news:3AA503EA...@home.com...
>
>
> lous wrote:
>
> > Is dit nou weer in een van jou drome gewees? Jou ou hanskakie. (Hmm
> > noulat ek daaroor dink - jy het beide jou eie mense en ook jy aangenome
> > mense - lees ANC - veraai- tut tut - in die oorlog sou jy geskiet gewees
> > het vir Verlaat van jou pos :) )
>

> Nee, ou Lou, die struggle is oor die hele wźreld geveg.Van die

home.com

unread,
Mar 8, 2001, 9:20:22 AM3/8/01
to
Thys de Wet wrote:

> Mer'ie anti oppie voorpunt!
>
> Gloudina, common sense van wit afrikanermense het gewen, en die paar wat
> nog dink dat hulle met hul 303's en blou mercs die slag van mafeking weer
> kan herhaal, maak 'n fout.

Maar Thys, dit is vir my nog duister hoekom daar, ten spyte
van die common sense van Afrikaners, so iets kon gebeur het
as dit wat in die vyftigerjare tot die tagtigerjare in Suid-
Afrika gebeur het. Ek probeer dit soms sien teen die agter-
grond van die paranoia oor die Kommunisme, en besluit
dan dat daar meer van die C.I.A in is as wat ons dink. Maar
dit maak nog nie die hande skoon van Christene wat dinge
toegelaat het wat direk teen die beginsels van hulle geloof
ingedring het nie. Teveel van my "Christelike" vriende het
my met agterdog bejeën. Wat het hulle gedink dat ek doen,
behalwe dat ek die rigting navolg wat die Christelike bybel
my aandui?

Gloudina

Jonas

unread,
Mar 8, 2001, 9:36:53 AM3/8/01
to
As jy dit klein het gebaseer op sogenaamde Christelike beginsels, waarom
wil die huidige bedrigspul telkens regverdig aan die hand van
onregverdighede van die verlede? Ek is bly dat ek nie op die seep gegly het
vir die spul bedrieërs nie. Ek vind dit skrikwekkend dat mense wat sulke
vroom en Christelike waardes nagestreef het onder moeilike omstandighede
binne 'n bestek van jare hul kruistog kan omskep in die skammtelose najaag
van persoonlike veryking. Dan wonder ek oor die aanvanklike motivering - was
dit bloot gewees om in 'n magsposisie te kan kom waar hulle die uitbuiters
kan word. Moet nie dat die verlede jou blinddoek vir dit wat nou aan die
gang is nie. Hierdie regering (ANC/SAKP/COSATU) het 'n skoon blade van die
die meerderheid Suid-Afrikaners (wit/swart) gekry - hulle is besig om
daarmee te mors. Ignoreer ek dit, het ek geen lesse uit my verlede geleer
nie...
<@home.com> wrote in message news:3AA795D2...@home.com...

home.com

unread,
Mar 8, 2001, 10:52:33 AM3/8/01
to
Jonas wrote:

> waarom
> wil die huidige bedrigspul telkens regverdig aan die hand van
> onregverdighede van die verlede?

En hoe is dit verskillend van die mense wat so knaend voor1948 (en selfs nou
nog) kla oor "wat die Engelse vir die
Afrikaners aangedoen het." Toe die mense wat so gekla het
oor "die Engelse" die mag in die hande kry, toe haak hulle
af en vir veertig jaar gaan hulle tien dubbel soveel te kere as
"die Engelse."

Gloudina

Jonas

unread,
Mar 8, 2001, 12:41:15 PM3/8/01
to
Nou bly die vraag - wat het verander? Dit ten spyt sal ek nie blind wees vir
dit wat tans aangaan nie - hier is myns insiens maar weer 'n
teenstand/opstand aan die kom. Maar ek kan mos nie as deel van 'n sogenaamde
boetedoening nou my blind hou van wat tans gebeur nie. Hier was 'n
geleentheid om die speelveld gelyk te kry, maar dit is duidelik, dit sal nie
gebeur nie. Die verwagtinge wat geskep/gestel is, was te hoog. Dit word elke
dag ervaar - diegene wat positief oor veranderinge gevoel het is meer
teleurgesteld as daardie mense wat die ergste verwag het. Laasgenoemde draai
bloot om en sę dat dit is waarteen ons gewaarsku het, en dat dit die rede
vir apartheid was.
<@home.com> wrote in message news:3AA7AB6D...@home.com...

Jonas

unread,
Mar 8, 2001, 12:45:48 PM3/8/01
to
Ou Dingus (dit moet seker "Dinges" wees) - wat gaan jou nuwe naam wees?

"Dingus" <fr...@iaza.co.za> wrote in message
news:lD1p6.2885$cG72.11...@news.xtra.co.nz...

Reenen van Niekerk

unread,
Mar 8, 2001, 2:27:39 PM3/8/01
to
Het hulle darem vir jou toegelaat om te vlieg.
Reenen van Niekerk

Dingus <fr...@iaza.co.za> wrote in message
news:lD1p6.2885$cG72.11...@news.xtra.co.nz...

Reenen van Niekerk

unread,
Mar 8, 2001, 2:30:30 PM3/8/01
to
Wat te hel het jy gewen????????
Kyk waar sit jy

Reenen van Niekerk
<@home.com> wrote in message news:3AA4D9A5...@home.com...

Reenen van Niekerk

unread,
Mar 8, 2001, 2:39:58 PM3/8/01
to
Dit help nie n mens praat met die ou siel nie. Sy het oor see gehardloop
want sy kon nie die pyn vat van die struggel nie en oorsee loop sit en niks
veder vir "haar" struggel gedoen nie. Maar nou dat haar vriende waarvoor sy
geveg het aan bewind is wil sy nie eers in die land kom bly nie.Die rede
hiervoor is want sy weet wat haar kammerade hier doen

Reenen van Niekerk


Jonas <meg...@hotmail.com> wrote in message

news:3aa79964$0$2...@hades.is.co.za...

Reenen van Niekerk

unread,
Mar 8, 2001, 2:41:41 PM3/8/01
to
Hy het seker die kakhuis skoongemaak

Reenen van Niekerk
Davie Davis <da...@davis.com> wrote in message
news:j4tcat8a7gk68vt16...@4ax.com...

Thys de Wet

unread,
Mar 9, 2001, 1:05:19 AM3/9/01
to
Ja-nee Gloudina, in die woorde van oom jannie Smuts: "die bruin perd gaan
nog vir julle afgooi!"
En die betrokkenheid/afsydigheid van die kerke (almal) om regtig stand in te
neem is iets waaroor ons nog lank kan gesels en argumenteer. Dit het my ook
vrae aan predikante laat vra op 'n jeugdige en in die daardie
"hell-for-leather" tydperk van 'n mens se lewe, en ek kon geen goeie
agrument van hulle kant kry nie. Apaties en in die woorde van 'n omie wat
ek ken: "Dit lyk vir my die kerk (NGK) is nes 'n skoothondjie op PW se
skoot. Hou hy nie van die hondjie se gevroetel nie, dan smyt hy hom af.
Netnou voel hy weer jammer vir die arme ou dingetjie, dan tel hy hom maar
weer op. En die kerk gaan maar gedwee saam"
Ja ek dink die paranoďse vrees vir oorheersing deur 'n vreemde ideologie was
'n groot invloed in die denke van die politici van die dag węreldwyd.
Ek self was nog maar 'n tjokkertjie toe manne soos sir Div en Strydom en
Verwoerd en Helen Suzman en Colin Eglin mekaar die hare gewas het, maar wat
ek nou nog nie kan verstaan is nie dat soos ek gesę het, mense met 'common
sense' sulke nonsens kon aanvang in die naam van "die Vaderland" My pa het
altyd gesę oor die 'volksfeeste' wat met hoed, ruiter, bandolier, perd, vlag
en karwats gehou is: "Hys die vlag en tel die helde, hys die helde en tel
die vlag!".
Hy is nog een van daardie skaars ou Bloedsappe wat darem die voorreg had om
vir PW Botha aan sy broek se gat by 'n Sap vergadering uit te gooi in 1936.
Dit het hom in later jare genoop om te dink dat hy die "mannetjie daardie
tyd 'n beter opstopper moes gegee het, dan sou SA hom dalk gespaar gewees
het..."

Terug by die verlede:
Ek dink die hele opset van die wrewel van gebeure in die tweede Węreldoorlog
en wat in die ABO 50 jaar tevore gebeur het, het aanleiding gegee tot 'n
absolute anti-britse gevoel onder die 'volk'. Dit, tesame met Smuts se
betrokkenheid by destydse węreldgebeure, en dan ook dink ek die besef onder
die afrikaner politici van die dag dat hulle gesamentlik nie die
staatsmanskap en politieke vernuf (clout) had om enigiets anders te vermag
nie, het gelei tot die uiteindelike besluit om dan maar die mense van die
land teen mekaar van mekaar af weg te hou, en sodoende ons land teen mekaar
gepolariseer het.
Onthou net dat die Nattes destyds parlementęre mag tot elke prys behou het
deur die afbakening van kiesafdelings so te sny dat die opposisie
gemarginaliseer is. Ek het op 'n stadium in die Helderberg kiesafdeling
gewoon. Dit is nou veronderstel om die omgewing van Somerset-Wes te wees.
Vir 'n begin was die Strand nie deel daarvan nie, maar 'n gedeelte van
Brackenfell en 'n klein gedeelte van Kuilsrivier was daarby ingedeel. Net
om meer van die 'afrikaner' stem te kan hę. Dié dat Chris Heunis in 'n
verkiesing met 39 stemme oor Dennis Worral kon wen. En almal weet dat daar
'n suursop deurgeloop het by die stemtellery! Dit was in die dae nog voor
die OVK.

Maar genoeg daarvan. Netnou dink julle weer ek aspireer om die pos van
eerste minister van die Republiek van SCSAA.
Moet nou net nie almal tegelyk vir die pos aansoek doen nie. Dit moet nog
ingewerk word in die begroting wat nog uitgewerk moet word sodat ons dan sal
weet wie is ingewurm wat nog nie uitgewerk is nie, en die wat nie ingewerk
is nie wat nog ingewerk moet deur die uitwerk van die begroting wat so
verklein is dat dit ook nie meer 'n begroting is nie, maar die aansien van
'n verkleining gekry het. Dus sal die uitwerking daarvan op die inwurming
en uitwerkery 'n fyn uitgewerkte plan tot gevolg hę met geen uitwerking op
die algemene staat tot die prys van eiers en die algemene politieke toestand
van die stand van Afrikaans in die Noord-Sahara wat suid van die Italiaanse
invloed geleë is nie, wat weer sterk bande met die Arktiese Antie ver weg in
die vreemde van Ottowaanse belydenisse te make het...

Thys oppie Bos voor die naweek.... (Met 'n groot tong in die kies)


lous

unread,
Mar 9, 2001, 2:38:18 AM3/9/01
to

Reenen van Niekerk wrote:
>
> Wat te hel het jy gewen????????
> Kyk waar sit jy

Jy mors jou asem Reene - onthou die dae van Naas Botha toe die Blou Bull
ondersteuners die land vol was - nou is hulle die ouens wat sukkel om
die Shark-Stickers van hulle bumpers af te kry en was hulle al TVl, WP,
Stormer, Cats en miskine Vrystaat ondersteuners. Met die huidige opset
is hulle so deurmekaar soos 'n verkleurmannetjies op 'n smartiebox -
weet nie wie om te ondersteun nie.

Netso is daar mense wat altyd die 'wenspan' ondersteun - al is dit
volgende jaar 'n ander span en al het hulle geen werklike lojaliteit
teenoor die span nie.

panelcr...@gmail.com

unread,
Feb 3, 2020, 1:37:16 AM2/3/20
to
On Saturday, March 3, 2001 at 9:02:40 AM UTC+2, Jonas wrote:
> Die ou sęgoed van die "army" (dienspligdae) is m.i. nie opgeteken nie -
> woorde soos "nafi", "gyppo", jęmdief, ens. Of, het iemand dit reeds op
> rekord geplaas? Ek glo nie.
> Stuur asseblief aan - meg...@hotmail.co.za

Hi goeidag mense ek soek asseblief hulp ek soek 'n militêre term vir as iemand bv bevry moet word uit gevangenis dus "covert opp" sonder die wete van die vyand,ek soek asb. die afrikaanse militêre term vir dit, ek is 'n jongman wat huidig 'n boek skryf maar sukkel om op die korrekte term af te kom of te werf.

Dankie.
0 new messages