(Woorde; Koos du Plessis en Jannie du Toit: Musiek; Koos du Plessis)
Welkom o stille nag van vrede,
onder die suiderkruis,
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrehemel ruis
Kerfees kom, Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer.
Hoor jy hoe sag die klokke beier
In eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal.
Kerfees kom, Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer.
Voel jy ook nou sy warm liefde
As ond die dag gedenk,
Toe Hy sy Seun aan ons gegee het –
Ons grootste kersgeskenk.
Christus kom, Christus kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer.
Mooi, eenvoudige woorde en ‘n mooi, eenvoudige, gewyde wysie. Gaan
luister by
www.sois.uwm.edu/afrikaans/culture/music/choir_ooskaap/choir_ooskaap_somerkersfees.html
Dit pas ook mooi aan by ons land, is dit nie? Beter as 'n oorgewig
Vader Krismis in 'n warm, rooi oorpak, wat op 'n sneeuslee deur
rendiere getrek word.
Daar is 'n goeie kans vir reën hier by ons op Kersdag. Ek hoop dit
reën want ek het in al my jare – en ek is al in beseringstyd – nog
nooit 'n reënerige Kersdag beleef nie.
Geseënde Kersfees en voorspoed vir julle almal.
Drom
> Welkom o stille nag van vrede,
> onder die suiderkruis,
Dankie, Drom, dat jy hierdie lied gepos het.
Ek was, vir die eerste keer in baie jare, nie
in staat om die Kersliedere te pos wat ek
bymekaargemaak het op my vorige rekenaar
nie. Dit was omdat ek 'n nuwe "ou" rekenaar
ge-erf het nadat 'n nuwe een in die huis ingevoer
is. Toe vee 'n hulpvaardige seun van my die
versamling gedigte uit voordat ek hom kon
waarsku om die gedigte op 'n cd te red. Ek
sal nou 'n hele nuwe versamling bymekaar
moet bring.
Geseënde Kersfees vir jou en al die ander
mense op die nuusgroep.
Gloudina