Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Uit die argiewe - SARIE MARAIS

116 views
Skip to first unread message

Hessie

unread,
Jul 6, 2008, 7:35:36 AM7/6/08
to

From: "Annette" <anne...@ctnet.co.za>
Date: Sun, 27 Nov 2005 08:36:21 +0200

Subject: My Sarie Marais

1)Sarie Marais photographed in Pietermaritzburg 1857 in her wedding
dress a
few days after her marriage to Louis Jacobus Nel.

The Story behind the Song
How was Sara Mare's name linked to the famous song Sarie Marais?
Jac Uys said that the American folk song Ellie Rhee was included in a
book
The Cavendish Song Album. When Ella de Wet, wife of General Louis
Botha's
military attaché N.J.de Wet came to the battle front to see her
husband she
often played on the piano while the nearby burghers sang songs from
the
album. One of the songs was Sweet Ellie Rhee:


Sweet Ellie Rhee, so dear to me
Is lost forever more
Our home was down in Tennessee
Before this cruel war
Then carry me back to Tennessee
Back where I long to be
Amid the fields of yellow corn
To my darling Ellie Rhee.


The song was soon translated into Afrikaans and Sarie Mare' (which
only
recently became Marais) was substituted for Ellie Rhee. The burghers
wanted
to honour their field padre Dominee Paul Nel who often told stories
around
the campfires about his childhood and his beautiful mother Sarie
Mare':


My Sarie Marais is so ver van mij af
Ek hoop haar weer te sien
Sy het in die wijk van Mooirivier gewoon
Nog voor die oorlog het begin
O bring my terug na die ou transvaal
Daar waar my Sarie woon
Daar onder in die mieleis by die groen doring boom
Daar woon my Sarie Marais


The song Sarie Marais has been translated into many languages
including
Frech, Italian and Russian.


"Beside the green thorn tree" (by die groen doring boom)
The Natal Witness Monday March 8 1993 page 7
Investigations editor Tony Oosthuize


Nineteen years ago Pietermaritzbug man Jac Uys, member of the natal
Historical Society and the Voortrekker Monument Council, discovered
the
grave of Sarie Marais, the woman of the popular Afrikaans folksong.


According to Uys Sara Mare' was born in Uitenhage, Cape Province,
South
Africa on may 10, 1840 and married Louis Nel at the age of 17. She met
him
in Umvoti Poort while visiting her uncle. The couple undertook a year
long
trip to Uitenhage to Sara's parents before settling at Welgegund farm.
She
died at the age of 37 after giving birth to her 11th child and was
buried
near the old homestead.
Those who wish to visit the grave of Sarie Marais are very "welcome,"
says
Welgegund's owner Gert von Beneke. ( ek ken hom hy stel net belang in
polosport )
From Greytown (Natal) take the Kranskop / Stanger road for about 14km.
Turn
left at district road D479 and drive 2 kilometers. Turn left at the
driveway
opposite the farm of C.W.Robertson also called Welgegund.


2)SARIE MARAIS en die dossier
In 1962 skryf Tobie Brümmer 'n artikel "Was sy Sarie Marais?", in Die
Byvoegsel tot Die Burger (13 Januarie 1962). Sy navorsing het hom
gelei na '
n dossier, saamgestel deur J.P. Toerien in sy soeke na die waarheid
oor die
legendariese Sarie Marais. Hierdie dossier word by NALN bewaar en
bevat al
die briewe en dokumente wat Brümmer gebruik het om die volgende
artikel te
skryf.


Wie was Sarie Marais - die Sarie oor wie die liedjie gesing word? Net
met
die wysheid van Salomo kan hierdie vraag beantwoord word, want:


'n Vrou van Durban, mev. Janie Malherbe, sê 'n mev. Ella de Wet is
die
skrywer van die lied en Sarie Marais was 'n mev. Nel;


Drie susters van Bellville, mejj. Jeanette, Garty en Dana Toerien, sê
daar
is by hulle geen twyfel dat hul vader die lied se woorde geskryf het
nie.


In my soektog na die oplossing van dié vraag het ek 'n interessante
dossier
raakgeloop. Hierdie dossier, met sy sowat 100 000 woorde, bevat ou
dokumente
en waardevolle stukke wat deur die jare deur mnr. J.P. Toerien van
Bergvliet
versamel is. Hy is 'n neef van die Toerien-susters.


Dit bevat o.m. die stukke van Renier, rubriekskrywer van Die
Volksblad, Jan
Burger, rubriekskrywer in 'n Engelstalige koerant, en Lawrence Green,
wat
kant kies vir mev. Malherbe, en drr. P.J. en G.S. Nienaber, wat in hul
boeke
kant kies vir die Toeriens. Dit alles bring ons nog geen duim nader
aan die
oplossing nie.


Die vraag wie die regte Sarie was, het in 1937 vir die eerste keer
onder die
openbare aandag gekom toe 'n verslaggewer van Die Volksblad in
Bloemfontein
by mev. Susara Margaretha Toerien opgedaag het. Ná baie mooipraat het
mev.
Toerien erken dat sy die Sarie is van wie so gesing word en dat haar
man,
J.P. Toerien, in die dae van die Eerste Taalbeweging beter bekend as
Jepete,
die skrywer van die woorde is.


Maar mev. Toerien was baie godsdienstig en sy het die verslaggewer
versoek
om nie 'n bohaai daaroor op te skop nie. Sy het hom gevra om die berig
eers
aan haar voor te lê voor hy dit publiseer. Toe die verslaggewer egter
later
daar opdaag, wou sy nie hê dat dit gepubliseer word nie.


Die saak is daar gelaat totdat 'n briefskrywer in Die Volksblad beweer
het
dat die skrywer van die lied darem 'n papbroek was, want hy was dan
"so bang
dat die kakies hom sou vang". Die waarheid is dat die liedjie
oorspronklik
gesing is. "Sy was so bang dat die kakies my sou vang."(sic.)


Nietemin het dit die Toerien-dogters hewig ontstel want, het hulle
gesê,
"ons vader was beslis geen papbroek nie". Maar toe die saak eindelik
ná 'n
hewige briefwisseling opgelos is, het die drie susters weer net soos
voorheen geswyg en kon mnr. J.P. Toerien van Bergvliet geen verdere
inligting by sy groot dossier voeg nie.


Net so het die drie susters, Jeannette, Garty en Dana, geswyg toe ek
hulle
hierdie week in hul huis in Bellville besoek het. "Ons wil geen
bohaai
daaroor opskop nie," het hulle gesê, "maar daar is by ons geen twyfel
nie
dat ons vader, Jepete, die lied se woorde geskryf het, of altans die
oorspronklike woorde geskryf het en dat dit deur die jare gedurig
verander
is." Hul twee susters en twee broers wat ook nog lewe, bevestig dit.


Mev. Ella Unsworth, jongste dogter van Jepete wat nou in Windhoek
woon, is
waarskynlik die enigste van die kinders wat met sekerheid kan sê of
haar
vader die skrywer is na wie al so lank gesoek word. Kort voor haar
moeder se
dood in 1939 is die kinders versoek om 'n trommel met waardevolle ou
dokumente van Jepete daarin te vernietig. Wat die rede daarvoor was,
kan nie
een nou met sekerheid sê nie, maar hulle glo dat hul moeder vernederd
gevoel
het omdat die liedjie Sarie Marais "deur elke Jan Rap en sy maat" op
danspartye gesing is en dat sy geen publisiteit wou hê nie.


Ella, aan wie die opdrag gegee is om die ou trommel met dokumente te
vernietig, het egter in die trommel gekyk en o.m. 'n gedig gesien wat
haar
vader oor haar moeder geskryf het toe hy haar nog die hof gemaak het.
Sy het
ook ander gedigte daarin gesien.


Volgens die Toerien-susters kon hierdie trommel die oorspronklike
woorde van
Sarie Marais bevat het en was die een wat Ella gesien het waarskynlik
die
oorspronklike kopie.


Wyle mev. Toerien was 'n nooi Maré, en dit is lankal reeds bekend dat
Sarie
Marais eers Sarie Maré was. In die dik dossier is daar vier ander
gediggies
wat betrekking het op lede van die skrywer Jepete se skoonfamilie,
Martha
Maré, Nettie Maré, Lilly Maré en Sannie Maré.


Vir 'n man soos Jepete is dit onwaarskynlik dat hy nie ook 'n gediggie
oor
sy vrou geskryf het nie. So 'n gedig kon nog nooit opgespoor word
nie,
behalwe dat die Toerien-susters sê daar was een en dat Ella wel so 'n
gedig
gesien het.


"Ons moeder het altyd gesê die geheim van Sarie Marais sal ná haar
dood
opgelos word," het mej. Dana Toerien gesê, "maar sy het naderhand
anders
besluit, want dit het haar altyd diep seergemaak om te sien hoe almal
haar
lieflingsliedjie sing. Daarom was dit vir geeneen van die kinders
snaaks dat
sy opdrag gegee het dat die trommel met dokumente vernietig word
nie."


Die presiese geheim van die ou trommeltjie wat Sarie Maré Toerien met
haar
na die graf geneem het, kon nie een van die susters my egter meedeel
nie.
"Ons kan maar net vermoed dat dit die gediggie is wat sy graag
vernietig wou
sien omdat sy so sterk godsdienstig was," sê hulle.


Die geskiedenis van Jepete en die goeie werk wat hy gedoen het, kan
boekdele
vul, en so ook die beweringe van die vrou in Durban, mev. Janie
Malherbe,
wat sê mev. Ella de Wet is die skrywer van Sarie Marais se woorde.


Tussen die dokumente wat ek opgespoor het, is daar geen bewys dat mev.
De
Wet ooit gesê het sy het die woorde geskryf nie. Sy het net gehelp om
dit te
publiseer.


Mev. Malherbe sê mev. De Wet, eggenote van wyle mnr. N.J. de Wet,
later
hoofregter van die Unie, het op 'n dag in 1902 by genl. Botha se
kommando in
die omgewing van Utrecht opgedaag. In 'n ou plaaswoning het sy die
burgers
onthaal deur op 'n klavier te speel. Die liedjie wat die meeste byval
gevind
het, was Ellie Rhee, wat die oorspronklike wysie van Sarie Marais is.


'n Ds. Nel, wat die kommando's as kapelaan vergesel het, het die
Boere
vertel van sy moeder wat so 'n beeldskone mens is, en die burgers het
die
woorde Ellie Rhee deur Sarie Marais vervang. So het Sarie Marais
ontstaan,
sê mev. Malherbe, en in 1920 is dit deur 'n Kaapse drukker uitgegee,
soos
saamgestel deur Ella de Wet.


En as 'n mens die woorde van die twee liedere vergelyk, dan is daar
beslis '
n ooreenkoms. Ellie Rhee lui so:


Sweet Ellie Rhee so dear to me,
Is lost forever more;
Our home was down in Tennessee
Before this cruel war


KOOR:
Then carry me back to Tennessee,
Back where I long to be;
Among the fields of yellow corn;
To my darling Ellie Rhee.


Sarie Marais, soos dit in die jare twintig gesing is, het so gelui:


My Sarie Maré is so ver van my hart,
Om haar nooit weer te sien,
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
Voordat die oorlog begin.


KOOR:
O neem my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon,
Daar onder in die mielies by die groen doringboom,
Daar woon my Sarie Maré.


Van albei liedere is net die eerste versie geneem. Later is by die
Afrikaanse weergawe nog 'n versie deur mev. De Wet gevoeg.

Hessie

unread,
Jul 6, 2008, 4:11:11 PM7/6/08
to
:
My Sarie Marais

The Story behind the Song

In die F.A.K. Volksangbundel sê hulle die volgende:
"Teks waarskynlik deur (a) J.P. Toerien of
(b) Dirk van Alphen of (c) Susters Bezuidenhout
(d) B.A. de Wet ( vers 3)"

0 new messages