Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Woordoorsprong

508 views
Skip to first unread message

Jonas

unread,
Sep 30, 2003, 10:51:55 PM9/30/03
to
Wie weet?
Ek gebruik per toeval die woord (?) "poerdesmerdes" ("poer-des-merdes") - en
uit die bloute kry ek 'n verduideliking van die oorsprong van die woord?
Wie weet?


Annette

unread,
Oct 1, 2003, 1:18:31 AM10/1/03
to
Ken dit glad nie - van watter streek kom dit vandaan en wat beteken dit?
Ek weet net van poer-poer.

Annette


"Jonas" <fana...@hotmail.com> wrote in message
news:bldfhc$kdm$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

Sandvlooi

unread,
Oct 1, 2003, 1:40:25 AM10/1/03
to
Ons ken van poer-in-sy-moer-in..........moeg, finish, klaar. Waar dit
ontstaan het, weet ek nie.
"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message
news:bldo4o$o2f$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

Jonas

unread,
Oct 1, 2003, 6:06:10 AM10/1/03
to
Hierdie ou het my probeer oortuig dat die woord "merdes" 'n Franse oorsprong
het - en ons weet wat dit beteken ...

"Jonas" <fana...@hotmail.com> wrote in message
news:bldfhc$kdm$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

@rogers.com

unread,
Oct 1, 2003, 8:03:28 AM10/1/03
to

"Jonas" wrote

Ek staan nou net op, Jonas, en nou moet ek sulke kak
lees. "Merdes" se betekenis is natuurlik "kak" "shit" en
so aan, en ek dink die poerdesmerdes is heelwaarskynlik
dan ook maar die Frans pour des merdes wat ongeveer
van die kak moet beteken.
Ek is egter meer geinteresseerd in die uitdrukking.
Is dit veronderstel om Afrikaans te wees? Wie gebruik dit?

Gloudina


Annette

unread,
Oct 1, 2003, 8:02:12 AM10/1/03
to
Merde klink vir my ook Frans - dis baie gebruik deur die kroeks in Elmar
Steyn se boeke:))

Annette


"Jonas" <fana...@hotmail.com> wrote in message

news:ble8vk$2uk$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

Emmy

unread,
Oct 1, 2003, 9:12:37 AM10/1/03
to

"@rogers.com" <bou...@rogers.com> schreef in bericht
news:kozeb.22048$lKj....@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...

In het Limburgs dialect ( provincie zuid oost Nederland ) gebruik je ook het
woord kak of kakken ( merde) .. maar het woord is niet echt netjes..poep is
beter en het ZA scheldwoord kakman kennen ze daar niet.
In het zuiver NL is kak overdreven opschepperij.. iemand kan zich kak
gedragen of kak hebben ( deftig doen )
Het tafelberg lied heeft de melodie van het volkslied van Limburg..Waar in
bronsgroen eikenhout

grt emmy

>
> Gloudina
>
>


Elaine

unread,
Oct 1, 2003, 10:28:57 AM10/1/03
to
Ek ken dit as "poerdis nardis" (uitspraak), lyk my die ding het maar
verander so met die verskillende streke en geslagte saam. Jy sal
byvoorbeeld sę: "En daar val die ou homself toe poerdis nardis" of as jy
nou regtig bar wil wees "En daar val die ou homself toe poer in sy moer".

E

Sterrenkijker

unread,
Oct 1, 2003, 1:01:30 PM10/1/03
to
On Wed, 1 Oct 2003 04:51:55 +0200, "Jonas" <fana...@hotmail.com>
wrote:

Die Franse gebruik reëlmatig hierdie uitdrukking soos byvoorbeeld
hierin: "On nous prends pour des merdes..." Dit wil sę: mense besien
ons as niksnutte, as kak. Maar soos ek die Afrikaners ken kan hierdie
uitdrukking ewe goed afgelei wees van 'n andere Franse uitdrukking:
"Pour des mérites!.." Dit hang daar dan maar van af hoe Afrikaners
hierdie uitdrukking lees en uitspreek. En dit beteken net die
teenoorgestelde: weens verdienstes!.. "Pour la Mérite" is ook die naam
van verskeie eretekens wat in sekere lande vir verdienstelike mense
verstrek word.

Amusez-vous bien, tout le monde!

Norbert des Flandres

Sterrenkijker

unread,
Oct 1, 2003, 1:06:06 PM10/1/03
to
On Wed, 1 Oct 2003 04:51:55 +0200, "Jonas" <fana...@hotmail.com>
wrote:

>Wie weet?

Die Franse gebruik reëlmatig hierdie uitdrukking soos byvoorbeeld

hierin: "On nous prend pour des merdes..." Dit wil sę: mense besien


ons as niksnutte, as kak. Maar soos ek die Afrikaners ken kan hierdie
uitdrukking ewe goed afgelei wees van 'n andere Franse uitdrukking:
"Pour des mérites!.." Dit hang daar dan maar van af hoe Afrikaners
hierdie uitdrukking lees en uitspreek. En dit beteken net die
teenoorgestelde: weens verdienstes!.. "Pour la Mérite" is ook die naam
van verskeie eretekens wat in sekere lande vir verdienstelike mense
verstrek word.

Amusez-vous bien, tout le monde!

Norbert des Flandres

(Verskoning: "On nous prend" = sonder 's')

Jonas

unread,
Oct 1, 2003, 2:01:34 PM10/1/03
to
Anti - ek gebruik dit.
Nog nooit gelees nie - en het net een oggend opgestaan en dit gesę. Ek moes
daarvan gedroom het. Toemaar - ek spot.

Ek het dit al heelwat gehoor - en gedink dis sommer weer een van daai
verdraaings wat studente uitdink as die prof die na-ete sessie hanteer. Maar
nou ja - die "ou" wat my toe aanhoor het my heel verbaas. Hy maak ook
melding van die Hugenote ens. - maar ek is seker hulle bly nie in Pretoria
nie ...

"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:kozeb.22048$lKj....@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...

Annette

unread,
Oct 1, 2003, 2:35:19 PM10/1/03
to
Nog een - waar kom
spesmaas
vandaan?

Dis 'n ander woord vir vermoede.
--
Annette
>


Sterrenkijker

unread,
Oct 1, 2003, 3:38:06 PM10/1/03
to
On Wed, 1 Oct 2003 20:35:19 +0200, "Annette" <ann...@ctnet.co.za>
wrote:

>Nog een - waar kom
>spesmaas
>vandaan?
>
>Dis 'n ander woord vir vermoede.

My spesmaas is dat dit van die Engelse woord "suspicion" afkomstig
is...

Norbert (uit Vlaandere)

Annette

unread,
Oct 1, 2003, 5:54:01 PM10/1/03
to
Dansou dit suspisie gewees het Norbert - wat ons ook het;)
Annette


"Sterrenkijker" <strand...@netscape.net> wrote in message
news:67bmnv8rhgtj5jde4...@4ax.com...

@rogers.com

unread,
Oct 1, 2003, 9:45:29 PM10/1/03
to

"Sterrenkijker" wrote

> My spesmaas is dat dit van die Engelse woord "suspicion" afkomstig
> is...

Mens moenie so vinnig besluit dat 'n woord "van Engels afkom"
nie. Onthou dat Engels en Nederlands baie na aan mekaar verwant
is en dat so 'n woord in beide Engels en Nederlands kan voorkom vanuit
'n gemeenskaplike voorouer. Soos byvoorbeeld die woord "beam"
in Engels en "boom" in Nederlands, wat van dieselfde oerwoord
afkom.

Gloudina


Sterrenkijker

unread,
Oct 2, 2003, 2:46:45 AM10/2/03
to
On Thu, 02 Oct 2003 01:45:29 GMT, "@rogers.com" <bou...@rogers.com>
wrote:

Ek stem saam, Gloudina, maar ek kan die Nederlandse verwantskap met
hierdie woord nie vind nie. Daarom dink ek dis 'n ou, slordige
uitspraak van die woord 'suspicion'. Daar is wel meer van sulke
woorden in Afrikaans, nč? Ek het ook nie gesę: "Ek het besluit" maar
wel:"Dis my spesmaas!.." Ek vind dit anders wel baie merkwaardig dat
die woord "spesmaas" en "suspicion" so ongeveer dieselfde betekenis
het!.. Vir my dis net so 'n woord as "hendsopper". Ons moet ook nie
vra waar dit vandaan kom, nč?

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)

Sterrenkijker

unread,
Oct 2, 2003, 2:59:13 AM10/2/03
to
On Wed, 1 Oct 2003 23:54:01 +0200, "Annette" <ann...@ctnet.co.za>
wrote:

>Dansou dit suspisie gewees het Norbert - wat ons ook het;)
>Annette
>

Inderdaad, Annette, maar moet eens honderd kere rap agtereen die woord
'suspicion' uitspreek. Op die ou end sal jy rêrig 'spesmaas' sê.. En
as 'n mens dan nog slegte tande het doen hy dit seker!

Groete!

Norbert (uit Vlaandere)

Annette

unread,
Oct 2, 2003, 3:23:05 AM10/2/03
to
Nee, ek dink nie so nie - miskien moet mens vir die oorsprong van die woord
gaan soek by die Maleise slawe.

Spesmaas klink vir my baie na aan spanspek.
Miskien het die ou mense 'n spesmaas gehad dat 'n waatlemoen 'n spanspek
is:)

Goedkoper Rand, vermindering van rentekoerse ten spyt, die winkels boor ons
nog steeds. Gister betaal iemand voor my R2 vir 'n appel en R1.50 vir 'n
lemoen by Seven Eleven in Oranjezicht.
--
Annette
news:7hinnvgjn3r4kdcoe...@4ax.com...

Chris

unread,
Oct 2, 2003, 3:28:28 AM10/2/03
to
My meisie is mal oor perskes, soos almal weet is dit nog nie perske tyd nie.
Hier by ons is groente winkel wat wel perskes verkoop, R7.00 'n perske, sy
het ses gekoop R42 verder. Ek kan nie sulke duur perskes eet nie.

Annette wrote:

--


Jonas

unread,
Oct 2, 2003, 6:20:11 AM10/2/03
to
Annette - jammer Johan Combrinck is nie meer met ons nie - wat ' n bron van
inligting in die verband was hy nie?

"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message

news:blgjqa$eg3$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

Sterrenkijker

unread,
Oct 2, 2003, 8:54:37 AM10/2/03
to
Annette,

Ek het 'n webbladsy gevind wat oor 'spesmaas' skryf..
Sien hier: http://www.ugie.co.za/Kontreiafrikaans/kapaailand-afr.htm
Die skrywer gee wel geen verklaring van die ontstaan van die woord
nie. Die oorsprong sou onduidelik wees. Is hier geen Kapaailander op
hierdie nuusgroep aanwesig nie?
Maar wat sou 'n spanspek nou tog te maak het met 'n gedagte of
vermoede? Ek sien dit nie ręrig nie! Maar, ja, jy sien tog alles deur
'n kaloriese bril, niewaar nie? Vertel ons gou: wat gaan jy eet
vanaand?

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)


On Thu, 2 Oct 2003 09:23:05 +0200, "Annette" <ann...@ctnet.co.za>
wrote:

Annette

unread,
Oct 2, 2003, 10:46:56 AM10/2/03
to
Na vanmiddag se heerlike gebraaide lewer en uie op kapokaartappels en
opgekookte groente, en daarna 'n lekker sjokoladepeppermentmoes vir nagereg,
dink ek die aand sal nie meer vra as 'n lekker stuk soetmelkkaas, lekker
stywe tamatie, en 'n grondboontjiebottertoebroodjie nie:)))
Hier is geen Kapaailanders in SA nie.


--


Annette
"Sterrenkijker" <strand...@netscape.net> wrote in message

news:jv6onv0dk18ic8mbh...@4ax.com...

@rogers.com

unread,
Oct 2, 2003, 11:31:10 AM10/2/03
to

"Annette" wrote

> Hier is geen Kapaailanders in SA nie.

Jy praat snert. Ugie.

Die mense van Swellendam
en die mense van Kapaailand


Sterrenkijker

unread,
Oct 2, 2003, 4:06:12 PM10/2/03
to
On Thu, 2 Oct 2003 16:46:56 +0200, "Annette" <ann...@ctnet.co.za>
wrote:

>Na vanmiddag se heerlike gebraaide lewer en uie op kapokaartappels en
>opgekookte groente, en daarna 'n lekker sjokoladepeppermentmoes vir nagereg,
>dink ek die aand sal nie meer vra as 'n lekker stuk soetmelkkaas, lekker
>stywe tamatie, en 'n grondboontjiebottertoebroodjie nie:)))
>Hier is geen Kapaailanders in SA nie.

Nou, dit lyk nie sleg te wees nie! Ek kry rêrig die water in my mond
ofskoon ek nog nooit kapokaartappels geëet het nie en ook daardie
sjokoladepeppermintmoes is my onbekend. Ek het vanaand 'n selfgebakte
pizza geëet met geel paprikas, salami, tamaties, 'n uitjie, olywe,
knoffel, puree van tamaties, madeirawyn, basilicumasyn en gerasperde
kaas. Ek het ook die deeg daarvan self gemaak met blom, gis, water +
olyfolie en sout. Baie lekker! Grondboontjies.., dis wat ons hier
pindanootjes noem, nè?
Nou, ek sien die Afrikaners gaan bepaald nie sterwe van die honger
nie!

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)

Ellie

unread,
Oct 4, 2003, 10:56:08 AM10/4/03
to
Goedkoper Rand, vermindering van rentekoerse ten spyt, die winkels boor ons
nog steeds. Gister betaal iemand voor my R2 vir 'n appel en R1.50 vir 'n
lemoen by Seven Eleven in Oranjezicht.


Waar is die Seven Eleven in Oranjezicht? Daar bo waar Hofstraat en
Kloofstraat kruis, waar daardie lekker Italiaanse restaurant is? Ek dog dis
Tamboerskloof?


Annette

unread,
Oct 5, 2003, 10:30:20 AM10/5/03
to
Sheez!! Jy gooi my nou in 'n wabbeljoe!
Nee dis die een hier agter my regoor Herschell.
Annette


"Ellie" <su...@spring.com> wrote in message
news:ccBfb.28181$3S.1...@newsread2.news.atl.earthlink.net...

Ellie

unread,
Oct 5, 2003, 12:58:51 PM10/5/03
to
Ek weet waar daardie area is, baie mooi, so op die grens van Vredehoek en
Oranjezicht bo teen Tafelberg. Ons het as kinders soms soontoe geloop om
die Moslem grafte te besoek, hulle was in spesiale begrafplaas, n
sarkofaag, en dit was die hoogste imams wat daar 'begrawe' was. Gewoonlik
n vierkantige steengraf - bo gronds, en dan verskeie lae sy 'lappe' bo oor
die 'lyk' , en dan was daar altyd klomp bottels met insens, en soms borde
kos. As ek nou daaraan dink is dit baie weird, want sover ek weet is so
iets nie tradisie onder die Moslems nie. Nie die wierook nie, ook nie die
borde kos nie. Miskien het ek dit alles gedroom?\
Weet jy waarvan ek praat Annette?


"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message

news:blpail$2cm$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

Annette

unread,
Oct 5, 2003, 2:05:04 PM10/5/03
to
:)) Ek weet waarvan jy praat en waar dit is. Ek is mos soos 'n wedvlugduif
wat kos aanbetref;))
Ek was mos nie as kind hier nie - maar in Witbank, waar ons gereeld by die
katolieke kerk gaan kuier het om die lekker ronde beskuitjies in die beker
te eet;))
Annette


"Ellie" <su...@spring.com> wrote in message

news:f5Yfb.30280$3S.1...@newsread2.news.atl.earthlink.net...

Ellie

unread,
Oct 5, 2003, 2:15:55 PM10/5/03
to
Nee, dis nie kos wat jy sou wou eet nie. Vir ons is vertel dat die kos daar
is sodat, as die 'gees' opstaan, daar iets te ete is. Gewoonlik was dit n
bord met kerrievis en rys. As ek nou aan al daardie goed dink, klink dit
soos n ander wereld. Ons het as kinders reg onder Tafelberg se begin
grootgeword, en het vreeslik geroam en goed ontdek. Ons ma's het nooit
geweet waar ons was nie, en daar was altyd iets interessant om te gaan kyk,
en die Moslem begrafplase, gescatter in Bo-Kaapstad, was een van daardie
plekke wat ons gereeld besoek het. Het selfs gedeeltes van onder-Tafelberg
geloop, en blomme gepluk wat ons nie gemag het nie, veral varkblomme, maar
ons het nie geweet dit was beskerm nie.


"Annette" <ann...@ctnet.co.za> wrote in message

news:blpml8$est$1...@ctb-nnrp2.saix.net...

Annette

unread,
Oct 5, 2003, 4:21:34 PM10/5/03
to
Die varkblomme word nog steeds gepluk en op staat verkoop.

Annette


)


"Ellie" <su...@spring.com> wrote in message

news:vdZfb.30642$3S.1...@newsread2.news.atl.earthlink.net...

0 new messages