Paddavoet
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Oom Kaspaas wrote in message <6th54n$8pf$1...@hermes.is.co.za>...
Wens ek het paddavoete gehad
Pap(nat)broek
Froggefoote wrote in message <6tjhdv$7ta$1...@news2.saix.net>...
Dalk moet Oom Kaspaas en die Madiba maar self gaan probeer uitvind waarom
banke nie meer lenings toestaan vir kopers wat in Sunnyside wil blyplek koop
nie; dis tog so te sê op die Uniegebou se drumpel. Dan hoef hy minstens nie
baie ver te gaan soek vir antwoorde nie.
'n Mens se liefde vir jou land word nie gemeet aan bly of ry nie. Daar is ook
meer kategorieë as die drie wat Oom Kaspaas in sy wysheid numereer.
Ek wonder ook waarom Oom Kaspaas net verwys na "Afrikaanssprekende
Suid-Afrikaners" wat die land verlaat het. Tel diegene wat ander tale praat,
dan nie? Of is dit ook weer 'n soort verskuilde rassisme?
Maar net 'n gedagte ;-/
Oom Kaspaas wrote in message <6th54n$8pf$1...@hermes.is.co.za>...
'Ware', 'egte', 'patriotiese', ens. val op dowe ore.
Sien dit vir wat dit is. 'n Swak verskuielde poging om te 'divide en rule'.
Die gebruik van hierdie soort sielkunde van sogenaamde leiers is niks nuut
nie.
"PACTA CUM SERVANTE, die wat dom is moet swaarkry"
Marincowitz, 1980.
no...@rest.oasis
Oom Kaspaas <wil...@icon.co.za> wrote in message
6th54n$8pf$1...@hermes.is.co.za...
Jy kan my maar net noem wat jy wil - -ek gee werklik nie om nie - ek sit in 'n
hoogs beskaafde land en leef baie lekker en voel nie skuldig daar oor nie. En
die verskillende politici in Sa kan nie maar kommenteer nes hulle wil,maar die
feite bly staan - hier is meer rekenaar mense uit SA buite die land as wat daar
binne die land is. En daar arriver elke maand net meer. Fancy woorde is nou
al reeds te min te laat.
Johan (bietjie in Oregon)
Dan is daar natuurlik die konsep wat ons destyds in die Weermag geleer is dat
ás jy lewendig is, jy op ´n volgende keer weer kan veg.
Dan is daar natuurlik maniere om die argument om te draai en te sę dat die wat
agterbly bang is vir verandering.
Daar is natuurlik ook die argument wat ek al gehoor het dat jou eerste
verantwoordelikheid teenoor jou gesin is. As mens die argument deurvolg, dan
kan jy verder gaan deur te sę dat die wat agterbly onverantwoordelik is
teenoor hul gesinne. Is dit verantwoordelik om jou vrou en kinders daagliks
bloot te stel aan kriminaliteit? Of ´n stap verder - is dit verantwoordelik
as ´n man homself blootstel aan die moontlikheid dat sy vrou en kinders dalk
van ´n broodwinner ontneem kan word of dat kinders van hul moeder ontneem kan
word?
So kan dit aangaan en aangaan - ek het my vrede gemaak met my besluite.
Miskien is dit tyd dat jy vrede maak met jou besluite - en as jy nie in ´n
posisie is om daardie besluite te neem nie, maak miskien vrede met jou
omstandighede. Dit laat my nogal dink aan daardie gesegde - iets soos "Here
gee my om wysheid om die dinge te verander wat ek kan, en die lydsaamheid om
die dinge te aanvaar wat ek nie kan nie"
Uit Nederland en bly dat ek die besluit geneem het
-Gideon-
"Die enigste ding wat my meer irriteer as druk verkeer, is ekstremiste wie nie
dink voor hul hul hol gedagtes uitkots nie" - Anoniem
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Jy is seker een van die swakkelinge wat nie kan nie!!!?!!!
Froggefoote wrote in message <6tjhdv$7ta$1...@news2.saix.net>...
>Papbroeke.
>
>Paddavoet
>
>~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
>Oom Kaspaas wrote in message <6th54n$8pf$1...@hermes.is.co.za>...
>>Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
>>verlaat nie.
>>Vir eenmaal is hy dalk reg....... wat dink u van die duisende
>>Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat na die buiteland verkas het?
'Ware', 'egte', 'patriotiese', ens. val op dowe ore.
Sien dit vir wat dit is. 'n Swak verskuielde poging om te 'divide en rule'.<>
- ek stem saam met jou, afrikaners is afrikaners is afrikaners, of hulle tien
centimeter bo die grond sweef en of hulle onder 10 meter onder die see woon.
- huis is mos waar jou hart dwaal
- een ding is verseker, ons is almal mense en inwoners van die aarde,
derde planeet van die son
- nou toe mense, sing almal saam... dis lekker om n mensie te is, te is...
ek waai vriendlik vir julle :))
plant iets.. wat van n vrugte boom ?
heksie
"Ware Suid-Afrikaners sal nooit SA sal verlaat nie."
En daardeur vir die węreld bewys wat geruime tyd al bespiegel word, maar
nog nooit openlik gesę is nie, naamlik dat hy absoluut deur die kak is.
Niemand het gedink die groot trek se groepie was 'n klomp papbroeke nie.
Eerder 'n klomp wyse ou manne wat 'n beter lewe elders gaan soek. En dit is
presies wat nou gebeur, die tegnologie help maar net hier en daar so
bietjie uit, en die afstand 'n bietjie verder.
Hoekom erken hy nie eerder dat die land onder sy beheer ligjare agteruit
gegaan het nie.
Oom Kaspaas <wil...@icon.co.za> wrote in article
<6th54n$8pf$1...@hermes.is.co.za>...
1. Beter lewens standaard
2. Beter inkomste
3. Beter werks geleentheid ens, ens, ens.
Waaraan word die Afrikaner se "tough" houding nou eintlik gemeet. Dit is
maklik om te praat as 'n persoon een van 'n groepie afrikaners is wat 'n
goeie werk en 'n goeie inkomste het. Maar wat van die duisende ander WIT
mense (pas uit die skool) wat nie werk of 'n studiebeurs kan kry nie omrede
hulle die verkeerde kleur is.
Dit geld nie net vir werk nie, wat van sport. Daar moet plek gemaak word
vir Sipho en Sipholina in die span omrede die span "die hele SA moet
verteenwoordig".
Feit van die saak is elke persoon se omstandighede verskil. En ek glo elke
persoon op die aarde gun hom/haarself net die beste. En as die beste opsie
vir jou as persoon is om die land te verlaat dan moet jy dit doen.
** Die afrikaner wat hom daarop roem dat hy so TOUGH is moet asb vir my die
volgende antwoord. Wat doen jy op 16 Desember. Vier jy nog gelofte dag, of
glo jy ook deesdae dat God 'n god geword het.
Dit is nie die persoon wat die land verlaat wat 'n papbroek is nie, die
afrikaner is oor die algemeen 'n slapgat nasie wat eerder onder mekaar sal
stry en baklei as om saam te staan. Gaan lees gerus 'n paar ou skool
geskiedenis boeke op daaroor.
Groete
Riaan
Froggefoote <frogg...@hotmail.com> wrote in article
<6tjhdv$7ta$1...@news2.saix.net>...
> Papbroeke.
>
> Paddavoet
>
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
> Oom Kaspaas wrote in message <6th54n$8pf$1...@hermes.is.co.za>...
> >Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA
sal
> >verlaat nie.
>Papbroeke.
>Paddavoet
>~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>Oom Kaspaas wrote in message <6th54n$8pf$1...@hermes.is.co.za>...
>>Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
>>verlaat nie.
>>Vir eenmaal is hy dalk reg....... wat dink u van die duisende
>>Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat na die buiteland verkas het?
>>Verraaiers of papbroeke - of dalk baie wys?
Ons sit nou in die buiteland en kyk terug na S.A met 'n heel ander
houding, baie van ons voel dat dit juis die papbroeke is wat nie wil
verkas nie. Dit is nie maklik om in die buiteland aan te pas nie! Dit
neem baie krag en moed. tog voel ek ook weer dat dit baie moed neem om
daagliks in S.A kop te hou met al die geweld en dan ook nog 'n toekoms
persepsie te behou. Dus het die saak twee kante. Die kwessie is ook al
dikwels hier op die NG bespreek en sal altyd 'n kwessie bly. As ek
dan as 'n papbroek beskou word.......liewer bang Jan as dooie Jan!
Willemien
>>
>>
> Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
> verlaat nie.
Neels Kriek het ook daarop gewys dat mnr. Mandela hoofsaaklik 'wit koerante'
daarvan beskuldig dat hulle die hoë misdaadsyfer as die groot sondebok uitwys,
en Lou het geantwoord dat die verkiesing om die draai is, en ons retoriek te
wagte kan wees.
Enkele opmerkings:
In 'n redaksionele kommentaar het Beeld gister is daarop gewys dat 'n leier
en regering wat hom moet beroep op sy onderdane se patriotisme, inderdaad op
baie dun ys is, en min het om te wys. Nogal insiggewend, komende van Beeld,
wat nie graag die regering kritiseer nie, maar dan moet 'n mens seker bysę
dat Beeld 'n 'wit koerant' is (hallo, Ferdi!).
Met die aanloop na die verkiesing, is dit nou ook die tyd vir allerhande
opnames en peilings. Gister rapporteer Beeld dan ook oor 'n opname wat die
'Institute for a Democratic Alternative for SA' (IDASA - Van Zyl Slabbert, en
die manne) gedoen het om te bepaal waaroor Suid-Afrikaners ontevrede voel.
Onder Blankes staan Misdaad bo-aan, met die swak Ekonomie tweede. Onder
Swartmense is Werkloosheid bo, met Misdaad tweede.
Dinge soos voorsiening van water, elektrisiteit en gesondheidsorg is
betreklik laag af op die lys. Die ANC se strategie in die verkiesing gaan
wees om uit te wys wat hulle vermag het sedert '94, en gaan juis klem lę op
laasgenoemde dinge, maar soos Beeld berig, is dit juis nie die dinge waaroor
die meerderheid Suid-Afrikaners bekommerd is nie.
Groete
--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)
Groetnis
Jy kan jou misjopie met die grootste plesier vir jouself hou. En as
jy wil, kan jy ook hier na ons toe kom in Amerika, as hulle jou sal
toelaat. Hier is baie plek en dinge is hier reeds uitsorteer.
Johan
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
> Jy kan jou misjopie met die grootste plesier vir jouself hou. En as
> jy wil, kan jy ook hier na ons toe kom in Amerika, as hulle jou sal
> toelaat.
Hier is baie plek
en dinge is hier reeds uitsorteer.
Ha, ha, ha, ha!!!
<<>Hierdie uitspraak verdien netso min aandag - of repliek! - as die
heer Mandela
>se aanval op die "white press"! Hoe kom die ou Madiba se vooroordele nie (weer
>eens!) na vore nie. Vat jou goed en loop, dan is jy nie meer 'n "ware
>Suid-Afrikaner" nie; bly en kritiseer die regering, dan word jy in 'n kampie
>ingejaag onder die rassistiese etiket van "white press".>>
Een feite fout en een denkfout om hier uit te wys:
1. Daar is meer persvryheid in SA vandag as in dekades. Werklike
persvryheid.
Die aanval op "white press" waarna jy verwys verbaas my effens omdat
daar eintlik net een stel kritiek teen "white press" was en dit was
redellik lank gelede en gemik op "white ownership" van
hoofstroom-pers.
2. As n mens Suid-Afrika verlaat omdat jy nie meer daar wil bly nie
dan is jy mos nie meer n "ware Suid-Afrikaner" nie?
Jy gooi die plek dan af en aanvaar n ander land land as jou vaderland!
Dit klink vir my baie logies dat as jy die land weggooi en n ander
aanvaar is jy nie meer ware Suid-Afrikaner nie!
Of dit goed of sleg is en en of so-iets goed of sleg KAN wees is iets
anders.
<<>HaHaHaHa!
>
>'Ware', 'egte', 'patriotiese', ens. val op dowe ore.
>
>Sien dit vir wat dit is. 'n Swak verskuielde poging om te 'divide en rule'.
>Die gebruik van hierdie soort sielkunde van sogenaamde leiers is niks nuut
>nie.>>
Hoe divide en wie rule?
Die nuwe Kanadese en Australiers "rule"?!
Get real.
<<>Nelson Mandela het die laaste paar splinters van sy hout kop
gebruik om die
>volgende stelling te maak:
>
>"Ware Suid-Afrikaners sal nooit SA sal verlaat nie."
>
>En daardeur vir die węreld bewys wat geruime tyd al bespiegel word, maar
>nog nooit openlik gesę is nie, naamlik dat hy absoluut deur die kak is.>>
Jy bedoel "ware SUID-AFRIKANERS" bewys hul ware Suid-Afrikaansheid
deur die land te verlaat en die burgerskap van n ander land aan te
neem??!!
Het jy op jou kop geval?
As jy die land verlaat en n ander land aanvaar as joune, dan is jy nie
meer n Suid-Afrikaner nie.
En logies is jy nie n ware Suid-Afrikaner as jy nie meer n
Suid-Afrikaner is nie.
Laat ek dit vir jou anders stel: n Australier is kan nie n ware
Suid-Afrikaner wees nie.
<<>- ek stem saam met jou, afrikaners is afrikaners is afrikaners, of
hulle tien
>centimeter bo die grond sweef en of hulle onder 10 meter onder die see woon.>>
En Afrikaners is nie Suid-Afrikaners nie. En Mandela het na
Suid-Afrikaners verwys, het hy nie?
<<>In 'n redaksionele kommentaar het Beeld gister is daarop gewys dat
'n leier
>en regering wat hom moet beroep op sy onderdane se patriotisme, inderdaad op
>baie dun ys is, en min het om te wys. >>
n Mens dink soms aan al die oproepe op patriotisme wat die NP regering
gedoen het. En hoe gereeld dit gedoen was.
Henri, is Beeld nou jou Bybel? Of net nou en dan?
<<>Ons sit nou in die buiteland en kyk terug na S.A met 'n heel ander
>houding, baie van ons voel dat dit juis die papbroeke is wat nie wil
>verkas nie. Dit is nie maklik om in die buiteland aan te pas nie! Dit
>neem baie krag en moed. tog voel ek ook weer dat dit baie moed neem om
>daagliks in S.A kop te hou met al die geweld en dan ook nog 'n toekoms
>persepsie te behou. Dus het die saak twee kante. Die kwessie is ook al
>dikwels hier op die NG bespreek en sal altyd 'n kwessie bly. As ek
>dan as 'n papbroek beskou word.......liewer bang Jan as dooie Jan!
>Willemien >>
Jy bedoel jy het dit soort van "vir Suid-Afrika" gedoen?
Strooi man Ferdi. Hoekom is radio pretoria se lisensie dan weg genee?
>Die aanval op "white press" waarna jy verwys verbaas my effens omdat
>daar eintlik net een stel kritiek teen "white press" was en dit was
Lank gelede? Dit was in Mauritius gewees. Hierdie maand.
>redellik lank gelede en gemik op "white ownership" van
>hoofstroom-pers.
>
>2. As n mens Suid-Afrika verlaat omdat jy nie meer daar wil bly nie
>dan is jy mos nie meer n "ware Suid-Afrikaner" nie?
>Jy gooi die plek dan af en aanvaar n ander land land as jou vaderland!
Se wie? As ek na 'n ander land gaan omdat ek meer geld daar kan maak en
daardie geld dan SA toe bring, maak dit my 'n lands verraaier?
>
>Dit klink vir my baie logies dat as jy die land weggooi en n ander
>aanvaar is jy nie meer ware Suid-Afrikaner nie!
AHA. Maar dan kan jy mos nie nou as 'n ware Afrikaner geklasifiseer word
nie of hoe?
> <<>In 'n redaksionele kommentaar het Beeld gister is daarop gewys dat
> Henri, is Beeld nou jou Bybel? Of net nou en dan?
Ou Ferdi,
Ek het Beeld in die verband aangehaal vanweë die feit dat hy nie geneig
is om krities te wees teenoor die regering nie (min of meer soos in die
ou dae! - wanneer het jy daar begin werk?), en dit maak die genoemde
kommentaar soveel meer insiggewend.
Bybel? Nee wat, Ferdi. Maar naas die Letaba Herald hou hy my die meeste
ingelig, al raak ou Timmie so nou en dan snert kwyt. Maar ek het 'n paar
klagtes, as jy belangstel:
Vandat ou Quintus nie meer met ons is nie, is die rugby berigte amper so
opwindend soos tennis sedert McEnroe ophou speel het.
Ek let op dat die Internet rubriek deesdae 'n buitenste ruimte rubriek
geword het! Maar ek gee nie om nie, want ek wag vir die dag dat hy melding
maak dat lewe gevind is daar buite - ek het 'n paar weddenskappe daarop,
o.a. met my predikant. O, en ek is nogal dankbaar dat my tuisblad daar
vermeld is, hoewel ek verneem dit het Beeld se sirkulasie syfers die hoogte
laat inskiet!
Ek word vertel 'n mens moenie alles glo wat jy in koerante lees nie - stel
jy voor daai redaksionele kommentaar wat ek vermeld het, moet ek liewer in
die lig beoordeel?
En dan gaan volg jy eers 'n kursus in logika. Kom dan terug en argumenteer. Jou
soort "logika" en rond-en-bontspringery verdien nie eens die aandag wat ek nou
daaraan gee nie.
Ferdi wrote:
> On Mon, 14 Sep 1998 18:41:40 -0400, Henry van Zyl
> <phr...@bellatlantic.net> wrote:
>
> <<>Hierdie uitspraak verdien netso min aandag - of repliek! - as die
> heer Mandela
> >se aanval op die "white press"! Hoe kom die ou Madiba se vooroordele nie (weer
> >eens!) na vore nie. Vat jou goed en loop, dan is jy nie meer 'n "ware
> >Suid-Afrikaner" nie; bly en kritiseer die regering, dan word jy in 'n kampie
> >ingejaag onder die rassistiese etiket van "white press".>>
>
> Een feite fout en een denkfout om hier uit te wys:
>
> 1. Daar is meer persvryheid in SA vandag as in dekades. Werklike
> persvryheid.
> Die aanval op "white press" waarna jy verwys verbaas my effens omdat
> daar eintlik net een stel kritiek teen "white press" was en dit was
> redellik lank gelede en gemik op "white ownership" van
> hoofstroom-pers.
>
> 2. As n mens Suid-Afrika verlaat omdat jy nie meer daar wil bly nie
> dan is jy mos nie meer n "ware Suid-Afrikaner" nie?
> Jy gooi die plek dan af en aanvaar n ander land land as jou vaderland!
>
> Dit klink vir my baie logies dat as jy die land weggooi en n ander
> aanvaar is jy nie meer ware Suid-Afrikaner nie!
>
<<>Strooi man Ferdi. Hoekom is radio pretoria se lisensie dan weg
genee?>>>
Omdat hulle nie aan die vereistes voldoen het om n lisensie te kry om
n gedeelte van die beperkte spektrum te gebruik nie?
Ek weet nie, stel ook nie belang nie. Woon nie in Pta nie.
Maar ek weet dat Radio Pretoria nie die geheel van persvryheid
verteenwoordig nie.
En ek weet dat daar nou persvryheid is wat daar in dekades nooit was
nie.
Dis werklik en jy kan dit gaan opcheck deur na wetgewing en die gebrek
aan wetgewing te kyk.
<<ie aanval op "white press" waarna jy verwys verbaas my effens omdat
>>daar eintlik net een stel kritiek teen "white press" was en dit was
>
>Lank gelede? Dit was in Mauritius gewees. Hierdie maand.>>
Wat was die "aanval". Ek was nie hier nie en het dit nie juis opgetel
nie.
<<>2. As n mens Suid-Afrika verlaat omdat jy nie meer daar wil bly nie
>>dan is jy mos nie meer n "ware Suid-Afrikaner" nie?
>>Jy gooi die plek dan af en aanvaar n ander land land as jou vaderland!
>
>Se wie? As ek na 'n ander land gaan omdat ek meer geld daar kan maak en
>daardie geld dan SA toe bring, maak dit my 'n lands verraaier?>>
Nee. Dit maak jou ook iemand na wie Mandela NIE verwys het nie. Die
land verlaat beteken bye bye se en 'n ander land jou vaderland maak.
<<>>Dit klink vir my baie logies dat as jy die land weggooi en n ander
>>aanvaar is jy nie meer ware Suid-Afrikaner nie!
>
>AHA. Maar dan kan jy mos nie nou as 'n ware Afrikaner geklasifiseer word
>nie of hoe?>>
Wat het Afrikaners hiermee te doen?
As n swart Suid-Afrikaner SA verlaat om eerder in die VSA te gaan woon
waar hy ryker sal wees en hy raak n Amerikaner dan is hy nie n ware
Suid-Afrikaner nie.
Waar val jy uit met Afrikanerskap?!
<<>Ferdi, leer eers Afrikaans spel. En gaan lees dan wat Mandela gesę
het voor jy
>praat van "feitefoute".>>>
Ek spel goed genoeg. Waarskynlik beter as jy.
<<>En dan gaan volg jy eers 'n kursus in logika. Kom dan terug en
argumenteer. Jou
>soort "logika" en rond-en-bontspringery verdien nie eens die aandag wat ek nou
>daaraan gee nie.>>
1ste les in logika vir JOU:
Piet is n Suid-Afrikaner. Hy woon in SA en het SA burgerskap.
Piet besluit hy wil nie meer n Suid-Afrikaner wees nie.
Piet emigreer.
Hy gaan doen aansoek om VSA burgerskap le n eed van getrouheid in die
VSA af.
Dis nou sy land. Hy is nou n Amerikaner.
Dis waar hy woon, belasting betaal en werk.
As hy gaan oorlog maak veg hy nou vir Amerika (want die goed is die
inhoud van burgerskap).
Raait. Nou, EK se hy is nie meer n ware Suid-Afrikaner nie. In fact,
hy is nie eers meer n Suid-Afrikaner nie.
JY se ek moet lesse in logika gaan neem omdat ek so se.
Voel jy OK?
<<>Ek word vertel 'n mens moenie alles glo wat jy in koerante lees nie
- stel
>jy voor daai redaksionele kommentaar wat ek vermeld het, moet ek liewer in
>die lig beoordeel?>>
Ek stel voor dat jy jou eie mind opmaak Henri en dat jy ander ook
toelaat om dit te doen.
Net soos jy jou eie politieke mening kan huldig al is dit dalk in
konflik met die meinings van baie van die pasie"nte wat in jou
dokter-spreekkamer inkom om mediese raad by jou te kry, kan ek myne
he, of hoe?
Ek meen al is jou mening dalk nie altyd presies in pas met die
pasiente wat hulle geld aan jou gee sodat jy hulle kan behandel nie -
en jy het mos al gese^ daar is selfs ANC-ampsdraers van Mpumalanga wat
jy as pasiente het.
Net soos my mening dalk nie altyd presies in pas is met van my
kollega's wat van tyd tot tyd hoofartikels skryf nie.
Maar ons is mos albei geregting op ons menings, of hoe? En op die
beweegruimte om dit uit te spreek en soort van onbevange te
argumenteer, ne?
Jy bewys my punt. Jy raak nie eens aan die kernpunte nie; trek sommer los. Jou
onbegrip van die logiese proses maak dat jy nie in staat is tot enige
betekenisvolle gesprek nie. Op jou gebrabbel gaan ek nie verder tyd mors nie, my
maat. Karring maar voort. Dalk is dit vir jou lekker.
En "raait" en "OK" is nie eens Afrikaans nie; ook nie "in fact" nie. Wonderlik hoe
die ouens wat agtergebly het, hulle taal nie meer so suiwer kan (dalk wil?) hou as
die wat verder getrek het nie. Dalk ook maar 'n kwessie van eng horisonne teenoor
ander met wyer horisonne. Soos eng visie teenoor ware visie.
Hmmm..... Ek wonder. Dennis Beckett kom tot die gevolgtrekking dat dit juis
die SA-ners in Australië is wat probeer om daar te leef presies soos hulle
tevore in SA geleef het (hy noem dit "Omoland" omdat dit so "wit" is!) Ek
dink hy het 'n punt beet, in die sin dat baie mense se skuif juis daaruit
gemotiveer word dat hulle nie hou van die wyse waarop dinge hier verander
nie.
Maar "verandering" is natuurlik iets wat op baie verskillende vlakke gesoek
kan word.
Groete, Leendert
>Laat 'n mens dink aan dié wat Europa vir die Kaap verlaat het, en dié wat
>toe die Kaap vir die res van die huidige SA verlaat het. Nogal interessant
>dat hulle as dapper gesien word ...
Hmmm..... Ja. Baie emigrante vergelyk hulself graag met die koloniste en die
Voortrekkers.
Ek is nie seker dat die vergelyking geldig is vir daardie emigrante wat
emigreer na plekke soos Minnesota, Queensland, of Ontario nie. Hierdie ouens
se skuif is vir my vergelykbaar met die van 'n koloniale amptenaar wat
"huistoe" gaan.
'n Meer geldige vergelyking met settelaars en voortrekkers, sou ek sê, moet
mens gaan soek by die SA boere, nyweraars, handelslui, ens. wat vestig in
plekke soos Mosambiek, Zambië, Kongo, ens. Daardie ouens loop 'n duidelike
risiko, wat dit myns insiens heeltemal anders maak as die geval van 'n
rekenaarprogrammeerder wat sy loopbaan in downtown Houston gaan bevorder.
Soos ons ook gesien het toe baie van hulle onlangs uit die Congo moes vlug,
en alles agterlaat.
Groete, Leendert
(Eers 'n inleiding!)
Ek vind dit moeilik om presies te verstaan wat jy met hierdie
plasing wil sę, Ferdi, maar kom ons begin by die begin:
Iemand meld hier dat Mnr. Mandela in Mauritius gesę het Suid-
Afrikaners moet meer patrioties wees, en nie die land verlaat
nie. Hy sę ook in dieselfde toespraak dat dit hoofsaaklik 'wit'
koerante is wat die kwessie van geweld prominensie gee.
In die lig daarvan dat 'n nuusgroep 'n gesprek is, meld ek hier
wat 'n leidende lig op die Afrikaanse akker, Beeld ('wit' koerant?),
in 'n redaksionele kommentaar daaroor te sę het. Wat ek nagelaat
het om te sę is dat in dieselfde kommentaar gesę is dat dit die
regering sou baat om aandag te gee aan die redes waarom mense die
land verlaat. Toevallig huldig ek dieselfde standpunte.
Ek meld verder dat daar in dieselfde uitgawe van Beeld 'n verslag
van Idasa verskyn oor die goed wat Suid-Afrikaners die meeste pla.
Onder Blankes is die Geweld 1ste, en dis ook 2de onder Swartmense is.
Nou sę jy:
> Ek stel voor dat jy jou eie mind opmaak Henri..
Waaroor, Ferdi? Oor Mnr. Mandela se toespraak - sien bo. Oor verlating
van die land? Ek dink my opinie daaroor is goed bekend hier, maar ek
sal dit weer stel: Ek bly lekker, en het geen voornemens om die land
te verlaat nie, maar terselfdertyd is ek nie gedurig hier in gevegte
met ouens betrokke wat dit wel gedoen het nie. 'n Ou se keuse is jou
keuse.
...en:
> en dat jy ander ook toelaat om dit te doen.
Wat sou dit beteken? Dis 'n gesprek die, en die feit dat 'n ou 'n sekere
standpunt stel, beteken mos nie jy verhoed iemand om sy eie mind op te
maak nie. Maar as jy dink ek het soveel invloed hier, dan waardeer ek jou
hoë opinie!
> Net soos jy jou eie politieke mening kan huldig...kan ek myne
> he, of hoe?
Maar jy het mos, en ek is die laaste ou wat sal sę jy mag nie.
> Ek meen al is jou mening dalk nie altyd presies in pas met die...
> en jy het mos al gese^ daar is selfs ANC-ampsdraers van Mpumalanga...
Eintlik van die Noordelike Provinsie, maar hulle kom nie eintlik by my
aan om my politieke opinies te hoor nie, of hoe? So ek sien nie die
relevansie van die opmerking nie.
> Net soos my mening dalk nie altyd presies in pas is met van my
> kollega's wat van tyd tot tyd hoofartikels skryf nie.
Dit weet, en aanvaar ek. Maar soos ek koerante leer ken en verstaan
het, word 'n redaksionele kommentaar nie onder die naam van 'n
spesifieke redaksielid geplaas nie. M.a.w. op daardie oomblik praat
die spesifieke redaksielid namens sy koerant, en is dit die opinie wat
die KOERANT op daardie oomblik huldig.
> Maar ons is mos albei geregting op ons menings, of hoe? En op die
> beweegruimte om dit uit te spreek en soort van onbevange te
> argumenteer, ne?
Natuurlik! En is dit nie presies wat ons doen nie? Daar is min dinge
so saai as 'n klomp gespreksgenote wat die hele tyd oor alles saamstem,
of hoe?
My vraag is dit, mag 'n mens in so 'n gesprek leidende figure aanhaal
om 'n bietjie gewig aan jou standpunt te gee, of beteken dit jy kan nie
jou eie mind opmaak nie?
Terloops, ek dink vanweë die feit dat so baie ouens hier in die buiteland
sit, wil hulle juis hoor wat leidende figure te sę het oor sekere dinge,
soos bv. wat Andrč P. Brink te sę het oor die magsugtiges, soos wat
Leendert gerapporteer het. Ek meen, die feit dat hý dit sę, gee 'n
heeltemal ander perspektief as wanneer Henri Burger dit sę, of hoe?
<<>Jy bewys my punt. Jy raak nie eens aan die kernpunte nie; trek
sommer los. Jou
>onbegrip van die logiese proses maak dat jy nie in staat is tot enige
>betekenisvolle gesprek nie. Op jou gebrabbel gaan ek nie verder tyd mors nie, my
>maat. Karring maar voort. Dalk is dit vir jou lekker.>>
Laat my toe om aan jou uit te wys dat jy nie 'n enkele punt van of die
onderwerp of logika aangeraak het nie maar bloot n woedende neorotiese
aanval afgeblaas het.
En jy was die een wat aan my gese het ek moet logies wees of so iets.
Jy het in fact nog net gebitch en niks geargumenteer nie.
<<>En "raait" en "OK" is nie eens Afrikaans nie; ook nie "in fact"
nie. Wonderlik hoe
>die ouens wat agtergebly het, hulle taal nie meer so suiwer kan (dalk wil?) hou as
>die wat verder getrek het nie. Dalk ook maar 'n kwessie van eng horisonne teenoor
>ander met wyer horisonne. Soos eng visie teenoor ware visie.>>
Dis cool by my china. Like, seriously cool.
<<>> Maar ons is mos albei geregting op ons menings, of hoe? En op die
>> beweegruimte om dit uit te spreek en soort van onbevange te
>> argumenteer, ne?
>
>Natuurlik! En is dit nie presies wat ons doen nie? Daar is min dinge
>so saai as 'n klomp gespreksgenote wat die hele tyd oor alles saamstem,
> of hoe?>>
Miskien moet jy bietjie gaan dink oor hoe n mens soms iemand se
werk-omgewing kan gebruik om hom te intimideer. Deur dit byvoorbeeld
ongevraagd in plekke in te sleep waar dit nie eintlik hoort nie.
As jy nie verstaan hoe dit vrye gesprekke kan beinvloed in plekke wat
soms vyandige omgewings kan wees nie, e-mail my en ek sal aan jou
verduidelik.
En as jy dit wel verstaan en die inslepery aspris doen... wel, figure
daai een self uit.
<<>Die insident illustreer egter duidelik dat die vryheid van spraak
en pers
>wat ons geniet nie die maaksel van die ANC is nie, en dat die ANC geensins
>die groot beskermer daarvan is nie.>>
So wie se maaksel is dit dan Leendert?
'n Paar feite:
1) Radio Pretoria se lisensie is nog nie onder die huidige bedeling
weggeneem nie - dit is wel onder die vorige bedeling weggeneem.
2) Tot dusver was daar inderdaad onmeetlik groter vryheid van spraak
(insluitend vryheid van die pers) as onder die vorige bedeling, en ferdi is
heeltemal reg waar dit aangaan.
Maar nog 'n paar feite:
Die "Broadcasting Bill" wat deur die kabinet goedgekeur is en tans voor die
portefeuljekomitee dien bevat verskeie ernstige pogings om vryheid van
spraak in te perk. Dit sluit in:
3) "Gemeenskap" van 'n "gemeenskapsradiostasie" word gedefinieer as 'n
geografiese gemeenskap. Radiostasies vir belangegemeenskappe word hierdeur
verbied.
4) Die bestuur van gemeenskapsradiostasies moet verteenwoordigend wees
van die bevolking in die geografiese gebied waar die stasie uitsaai, en die
inhoud van die programme moet die belange/belangstellings van daardie
bevolking weerspieėl.
5) "Nasionale" adverteerders mag nie op gemeenskapstasies adverteer nie -
Coca-Cola mag dus byvoorbeeld nie op Radio Fish Hoek adverteer nie.
Hierdie bepalings het geweldige protes by belangegemeenskappe ontlok,
insluitende groepe wat hulle identifiseer as Moslem, Christen, en Afrikaanse
gemeenskappe. Dit het gelei tot protesoptogte van tienduisende mense in
Kaapstad, Durban en Pretoria, en tot vergaderings met die departement wat
ee-uur in die oggend persverklaring uitgereik het.
Die effek van die bepalings is dat belangegemeenskappe die mond gesnoer
word - of hulle Charismatiese Christene, Fundamentele Moslems,
Boere-Afrikaners, of liefhebbers van klassieke musiek is.
Hierdie bepalings sal klaarlblyklik nie die Grondwetlike Hof oorleef nie,
maar hulle sal dit waarskynlik nie eens haal nie - ek dink nie hulle sal die
vloer van die parlement haal nie, want daar is te veel teenkanting teen.
Die insident illustreer egter duidelik dat die vryheid van spraak en pers
wat ons geniet nie die maaksel van die ANC is nie, en dat die ANC geensins
die groot bespermer daarvan is nie.
Groete, Leendert
'n Paar feite:
een-uur in die oggend persverklarings moes uitreik.
Die effek van die bepalings is dat belangegemeenskappe die mond gesnoer
word - of hulle Charismatiese Christene, Fundamentele Moslems,
Boere-Afrikaners, of liefhebbers van klassieke musiek is.
Hierdie bepalings sal klaarlblyklik nie die Grondwetlike Hof oorleef nie,
maar hulle sal dit waarskynlik nie eens haal nie - ek dink nie hulle sal die
vloer van die parlement haal nie, want daar is te veel teenkanting teen.
Die insident illustreer egter duidelik dat die vryheid van spraak en pers
wat ons geniet nie die maaksel van die ANC is nie, en dat die ANC geensins
die groot beskermer daarvan is nie.
Groete, Leendert
Ah!....... Nou verstaan ek!
Is dit waarom jy ses maande gelede so knaend wou weet waar ek werk?
Nou verbaas dit mens geensins om te verneem dat jy nie weet nie, ferdi?
<<h!....... Nou verstaan ek!
>
>Is dit waarom jy ses maande gelede so knaend wou weet waar ek werk?>>
Dit was aan jou gese.
En jy wou nie se waar jy werk nie.
Jy het my werk left right en center ingesleep in argumente en so sku
soos n meerkat in donderweer weggeskram om te se waar JY werk.
Jy is nie uniek daarin nie. In fact, nog nie een mens wat my werk by
die hare in n argument ingesleep het, was bereid om ook te se presies
waar hy of sy werk nie.
Inteendeel. Die identiteit van my werkgewer is openbare kennis. Die inligting
is beskikbaar op jou vingerpunte. In die argief van die koerant waar jy werk
en elders.
Jou stompsinnigheid het dus 'n ander doel as om bloot daardie inligting te
bekom, nie waar nie?
Vriendelike groete, Leendert
<<wat ons geniet nie die maaksel van die ANC is nie, en dat die ANC
geensins
>>>die groot beskermer daarvan is nie.>>
>>
>>So wie se maaksel is dit dan Leendert?
>
>
>Nou verbaas dit mens geensins om te verneem dat jy nie weet nie, ferdi?>>\
Wie se maaksel is dit Leendert?
Lyk my jy weet regtig nie, ferdi.
Miskien moet jy die koerante begin lees. Ek kan, byvoorbeld, Beeld aanbeveel
in hierdie verband.
<<>> Wie se maaksel is dit Leendert?
>
>Lyk my jy weet regtig nie, ferdi.
>
>Miskien moet jy die koerante begin lees. Ek kan, byvoorbeld, Beeld aanbeveel
>in hierdie verband.>>
Wie is dit Leendert?
Ek dink jy is vas in n hoek. Jy kan nie se nie, want dan moet jy jou
regse propaganda-stukkie weerspreek.
n Mens kan jou maar ignoreer wat die kwessie betref. Jy het nie die
guts om te antwoord nie. Slaaf van regse bitterheid wat jy is.
Maar se my, moes jy nie voor die WVK gewees het nie, Leendert? Oor die
verlede.
Hmmm?
Is dit nou die stukkie oor die konsep Broadcast Bill?
Dis regse propaganda om daarop te wys dat die Broadcast Bill vryheid van
spraak - en mediavryheid in besonder - drasties sal inperk indien dit wet
word?
Of is dit bloot dat jy ten gunste is daarvan dat bepaalde belangegroepe
(luisteraars en aanbieders van christen- moslem- en afrikaanse
radio-uitsendings) se vryheid van spraak en inligting ingeperk word?
>
>n Mens kan jou maar ignoreer wat die kwessie betref. Jy het nie die
>guts om te antwoord nie. Slaaf van regse bitterheid wat jy is.
>
>Maar se my, moes jy nie voor die WVK gewees het nie, Leendert? Oor die
>verlede.
Ek veronderstel dat die twee paragrawe hierbo veronderstel is om inligting
te weer te gee.
Of miskien is dit nie.
Miskien is dit net veronderstel om op propagandistiese wyse suggesties te
vestig?
Vriendelike groete, Leendert