Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Boererate

209 views
Skip to first unread message

Elaine

unread,
Sep 29, 2000, 3:00:00 AM9/29/00
to
Okay kom ons los nou bietjie vir Gloudina uit en ons kyk of een van julle my
kan help.

Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma, ek's dik vir
fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat ek besig is om te
versmoor. Bo en behalwe die asma kry ek ook minstens twee keer 'n jaar
brongitis (voel vry om my te leer hoe om die woord te spel) en dit maak
alles net erger. Die kortisoon wat ek moet drink jaag my koors en bloeddruk
op en ek en my man is radeloos. Hy't my eergister Sasolburg toe gebring,
sodat ek hier by my ma-hulle kan wees. Hy sę ek sal liewer by die huis lę
en vrek as om hom by die werk te bel en te sę ek's besig om te versmoor.
Nou wil ek weet, het enigiemand 'n boereraad of iets dergliks wat beter werk
as al die chemiese gemors wat ek elke dag in my liggaam moet inpomp. Ek's
moeg daarvoor om by my ma-hulle te lę en my man en huis te mis.
Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
gedoen is. Veral nadat daar onlangs bevind is dat SASOL 8 keer meer as die
Amerikaanse standaard vir giftige gasse die lug inpomp.
My dokter sę ook die enigste blywende oplossing is dat ek see toe trek (net
nie Durban nie). En dat ou mensies van 70 en 80 wat hulle hele lewe lank (of
omtrent hulle hele lewe lank) in Sasolburg bly eweskielik vreeslik sukkel
met asma en brongitus en die klas van goed.
Nou ja, weer 'n vreeslike uitgerekte storie, maar kan iemand help?

Elaine

Oitaroh Margoloh

unread,
Sep 29, 2000, 3:00:00 AM9/29/00
to
"Elaine" <ang...@dotcool.com> wrote in message
news:39d4e...@news1.mweb.co.za...
> Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma......kry ek ook
> minstens twee keer 'n jaar...

Die mense met die dik natuurlike medisyne brille hier stel voor dat jy
"Evening Primrose Oil" en "Garlic Capsules" moet gebruik. En vermy produkte
wat "Acacia Gum" as inhoud het (koek versiersel, vitamines wat acacia gum as
filler gebruik, ens.) Dis nou egte Kanadese Boereraat.

Hoop dit help.


GROOTBAAS

unread,
Sep 29, 2000, 3:00:00 AM9/29/00
to
Lugbesoedeling dra seker die meeste by tot asma en sinus in ons stede.
Trek na die ooste van Pretoria en ek verseker jou sou probleem sal baie gou
verbeter.
Begin ook ernstig swem om so jou longkapasiteit en sterkte te verhoog.

"Elaine" <ang...@dotcool.com> wrote in message
news:39d4e...@news1.mweb.co.za...

Elaine

unread,
Sep 29, 2000, 3:00:00 AM9/29/00
to
Swem? Waar? Ek bly in 'n "townhouse" en die kinders staan op die rand van
die swembad en kyk wie kan die verste pie!! hehehhe
Pretoria is ongelukkig ook buite die kwessie want ek werk in Johannesburg.
Maar dankie ek gaan volgende week anyway 'n homeopaat sien. Miskien kan hy
help.

Elaine

GROOTBAAS <SLEGS@BASE> wrote in message
news:39d4f60c$0$2...@helios.is.co.za...

GROOTBAAS

unread,
Sep 29, 2000, 3:00:00 AM9/29/00
to
Nee man JHB is nie so ver van PTA af nie.
Mens sien elke dag die uittog na JHB.


"Elaine" <ang...@dotcool.com> wrote in message

news:39d4f...@news1.mweb.co.za...

Boer...@eskom.co.za

unread,
Sep 29, 2000, 3:00:00 AM9/29/00
to
Elaine,ek het verneem van 'n baie goeie produk wat 'n mens kry by die gesondheidwinkels nl:CYPROJAM .Die goed is blykbaar baie goed en kry jou heeltemal van die kwakke se chemiese middels af.

Boertjie

Elaine wrote:

Okay kom ons los nou bietjie vir Gloudina uit en ons kyk of een van julle my
kan help.

Ek het raad nodig.  Ek sukkel verskriklik met asma, ek's dik vir
fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat ek besig is om te
versmoor.  Bo en behalwe die asma kry ek ook minstens twee keer 'n jaar
brongitis (voel vry om my te leer hoe om die woord te spel) en dit maak
alles net erger.  Die kortisoon wat ek moet drink jaag my koors en bloeddruk
op en ek en my man is radeloos.  Hy't my eergister Sasolburg toe gebring,

sodat ek hier by my ma-hulle kan wees.  Hy sê ek sal liewer by die huis lê
en vrek as om hom by die werk te bel en te sê ek's besig om te versmoor.

Nou wil ek weet, het enigiemand 'n boereraad of iets dergliks wat beter werk
as al die chemiese gemors wat ek elke dag in my liggaam moet inpomp.  Ek's

moeg daarvoor om by my ma-hulle te lê en my man en huis te mis.

Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
gedoen is.  Veral nadat daar onlangs bevind is dat SASOL 8 keer meer as die
Amerikaanse standaard vir giftige gasse die lug inpomp.

My dokter sê ook die enigste blywende oplossing is dat ek see toe trek (net

Chr...@eskom.co.za

unread,
Sep 29, 2000, 3:00:00 AM9/29/00
to
Elaine, jammer om te lees van jou probleem. Dis waar dat die area waar jy woon
bydra tot jou probleem en ek sien 'n paar persone het al met rate vorendag
gekom.
Die homopaat is jou antwoord en selfs 'n goeie chiropraktisyn sal jou baie kan
help. 'n Baie goeie vriend van my hier in my dorp is 'n chiropraktisyn en ek kan
by hom ook meer uitvind as jy wil. Verder kan ek die volgende raad gee. Bly weg
van alle melkprodukte sover moontlik. Suiwel bevorder slym op die longe. Bly ook
weg van katte, honde en ook voels soos kokketiele. Hond en kathare skei stowwe
af wat nadelig is vir mense. Voëlvere skei ook 'n poeier af wat sleg is vir
veral mense met borsprobleme. Verder kan jy 'n medisyne kry met die naam
Bisolvan Linctus wat in baie gevalle verligting bring.
Ek het baie simpatie met jou en ek weet van die dinge want my seun het
asmatiese kroep gekry as kind. Hy het dit gelukkig later jare ontgroei maar is
steeds versigtig vir al die dinge hierbo genoem.
Sterkte hoor.
Christo

Elaine wrote:

> Okay kom ons los nou bietjie vir Gloudina uit en ons kyk of een van julle my
> kan help.
>
> Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma, ek's dik vir
> fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat ek besig is om te
> versmoor. Bo en behalwe die asma kry ek ook minstens twee keer 'n jaar
> brongitis (voel vry om my te leer hoe om die woord te spel) en dit maak
> alles net erger. Die kortisoon wat ek moet drink jaag my koors en bloeddruk
> op en ek en my man is radeloos. Hy't my eergister Sasolburg toe gebring,

> sodat ek hier by my ma-hulle kan wees. Hy sę ek sal liewer by die huis lę
> en vrek as om hom by die werk te bel en te sę ek's besig om te versmoor.


> Nou wil ek weet, het enigiemand 'n boereraad of iets dergliks wat beter werk
> as al die chemiese gemors wat ek elke dag in my liggaam moet inpomp. Ek's

> moeg daarvoor om by my ma-hulle te lę en my man en huis te mis.


> Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
> gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
> Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
> gedoen is. Veral nadat daar onlangs bevind is dat SASOL 8 keer meer as die
> Amerikaanse standaard vir giftige gasse die lug inpomp.

> My dokter sę ook die enigste blywende oplossing is dat ek see toe trek (net

home.com

unread,
Sep 29, 2000, 3:00:00 AM9/29/00
to
Elaine wrote:

> Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
> gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
> Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
> gedoen is.

Elaine, ek wonder of jy nie dalk een van die clues vir jouasma reg in hierdie
paragraaf het nie. En moenie jou
doodstaar op die gevoel dat Sasol jou asma veroorsaak
nie. Gaan sit en dink wat jy verskillend begin doen het
omtrent die tyd toe die asma begin het.
Ek het as kind ekseem gehad en het in my twintigerjare
ook ernstige hooikoors en effens asma ontwikkel (ek weet
nou dit het saamgeval met die feit dat ek my eie woonstel
gehad het en my hande in skottelgoed-water gesit het sonder
die beskerming van rubberhandskoene.) Eers toe ek hier
in Kanada aankom en my man my dwing om met rubber-
handskoene skottelgoed te was (omdat my hande so sleg
gelyk het) het die hooikoors opgehou. Vir 'n ruk het ek
nog asma-aanvalle gekry is motelle weg van die huis .
Toe het ek besef dat daar bestanddele in sekere sepe
en shampoos is waarvoor ek allergies is en ek ry nou my
eie seep en shampoo saam waar ek ookal gaan. Ek hou
my soveel as moontlik weg van chemikaliee in die huis.
Ek merk op dat ek ook effens allergies is vir "news print."
Een van ons kinders het toe sy klein was in SA, gelyk
of sy asmaties is. Nou, in retrospect, weet ons sy was allergies
vir rookdampe (iets wat haar pa toe nog gedoen het.) Gelukkig
het hulle nou baie streng wette in Noord-Amerika teen rook
in publieke plekke, maar SA (en Europa) is nog baie sleg wat
rook in die publiek aanbetref.
Ek het ongelukkig ook 'n baie ongemaklike allergie vir
een of ander bestanddeel in meeste pille (heelwaarskynlik
'n preserwatief.) Dit het my jare van speurder speel geneem om
uit te vind dat ek versigtig moet wees en met die eerste teken van
jukbulte en gejuk nadat ek 'n pil (of vitamine-pil) geneem het,
daarmee op te hou. (Hierdie bestanddeel waarvoor ek allergies
is, is selfs in buffered aspirin.) Nou die dag het ek 'n baie slegte
ondervinding gehad, toe 'n dokter my 'n inspuiting gee wat
blykbaar ook die preservatief inhet waarvoor ek allergies is. Ek
het dadelik opgeswel, groot rooi bulte ontwikkel, en my bloed-
druk het gevaarlik gedaal totdat hulle my 'n shot adrenaline kon
gee, na 'n hospitaal neem en my vir 'n paar uur monitor. Dus is
dit baie belangrik dat jy moet uitvind wat dit is wat vir hierdie
allergiese toestand van jou verantwoordelik is. Daar is miskien
meer as een ding. Dis belangrik om jou soveel as moontlik te
beskerm, sodat die hoeveelheid histamine nie in jou liggaam
opbou nie. As daar genoeg histamine in jou sisteem is, is jy soms
allergies vir dinge wat jou nie gewoonlik affekteer nie (soos ek
met newsprint.) So beskerm jouself teen 'n hele klomp dinge wat
jy onder suspisie het. En dit neem soms 'n lang periode van
eliminasie om uit te vind wat jou werklik affekteer.
Hulle dink dat vitamine C help om die hoeveelheid histamine
in jou liggaam te neutraliseer. Drink dus lemoensap. Dit kan jou
nie kwaaddoen nie. Ek neem aan jy is nie allergies vir diere nie.
Dit is gewoonlik maklik om dit self uit te vind.
Hoop jy vind gou uit wat die probleem is. Om allergiese
reaksies te kry, is nie speletjies nie. Selfs swaar hooikoors kan
'n vreeslike uitmergelende ondervinding wees. Ek is nou eintlik
heeltemal genees daarvan, behalwe as ek 'n bietjie teveel
koerant gelees het.

Gloudina


Baasjan

unread,
Oct 1, 2000, 1:35:51 AM10/1/00
to
Op die CNA-rakke is daar dan hopevol boeke oor voëls, bome, die natuur ens,
wat deur SASOL geborg is. Ek kan nie glo dat SASOL die omgewing sal besoedel
en dan steeds groot bedrae beskikbaar maak om die ekologie te bewaar nie...

"Elaine" <ang...@dotcool.com> wrote in message
news:39d4e...@news1.mweb.co.za...
> Okay kom ons los nou bietjie vir Gloudina uit en ons kyk of een van julle
my
> kan help.
>
> Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma, ek's dik vir
> fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat ek besig is om
te
> versmoor. Bo en behalwe die asma kry ek ook minstens twee keer 'n jaar
> brongitis (voel vry om my te leer hoe om die woord te spel) en dit maak
> alles net erger. Die kortisoon wat ek moet drink jaag my koors en
bloeddruk
> op en ek en my man is radeloos. Hy't my eergister Sasolburg toe gebring,
> sodat ek hier by my ma-hulle kan wees. Hy sê ek sal liewer by die huis lê
> en vrek as om hom by die werk te bel en te sê ek's besig om te versmoor.

> Nou wil ek weet, het enigiemand 'n boereraad of iets dergliks wat beter
werk
> as al die chemiese gemors wat ek elke dag in my liggaam moet inpomp. Ek's
> moeg daarvoor om by my ma-hulle te lê en my man en huis te mis.

> Ek oorweeg dit nogal om SASOL te dagvaar, want ek is eers 4 jaar gelede
> gediagnoseer met asma, waar ek voorheen nooit met dit gesukkel het nie.
> Vandat ek weggetrek het gaan dit beter, maar dit lyk tog asof die "damage"
> gedoen is. Veral nadat daar onlangs bevind is dat SASOL 8 keer meer as
die
> Amerikaanse standaard vir giftige gasse die lug inpomp.
> My dokter sê ook die enigste blywende oplossing is dat ek see toe trek

Tobie

unread,
Oct 1, 2000, 3:00:00 AM10/1/00
to
Elaine skryf:
----knip-----
: Ek het raad nodig. Ek sukkel verskriklik met asma, ek's

dik vir
: fisioterapeute en om middernag hospitaal toe te jaag omdat
ek besig is om te
: versmoor.
:------------knip------------
: Elaine
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
net toe ek jou eerste paar reels in jou brief lees wou ek
eers vra of jy in die Vaaldriehoek bly, toe antwoord jy
sommer my vraag, al wat ek kan sę is maak dat jy wegkom uit
die Driehoek waar nie net gifgasse in Sasol en Vanderbyl is
nie, maar ook stofstorms. Die geld is nou nie baie hier in
die Kaap nie, maar jy lewe darem in 'n skoon lug.
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Lou

unread,
Oct 2, 2000, 3:00:00 AM10/2/00
to

Baasjan wrote:
>
> Op die CNA-rakke is daar dan hopevol boeke oor voėls, bome, die natuur ens,


> wat deur SASOL geborg is. Ek kan nie glo dat SASOL die omgewing sal besoedel
> en dan steeds groot bedrae beskikbaar maak om die ekologie te bewaar nie...
>

Jimmel maar jy IS naief!!!

Elaine

unread,
Oct 2, 2000, 3:00:00 AM10/2/00
to
Dis alles 'n baie mooi rookskerm baasjan. Hulle het ook wildsparke en borg
baie sportsoorte en klinieke en goed. Maar "appearances are deceiving."

Elaine

Lou <lo...@hotmail.com.dinges> wrote in message
news:39D8352F...@hotmail.com.dinges...
>
>
> Baasjan wrote:
> >
> > Op die CNA-rakke is daar dan hopevol boeke oor voėls, bome, die natuur


ens,
> > wat deur SASOL geborg is. Ek kan nie glo dat SASOL die omgewing sal
besoedel
> > en dan steeds groot bedrae beskikbaar maak om die ekologie te bewaar
nie...
> >
>

Elaine

unread,
Oct 2, 2000, 3:00:00 AM10/2/00
to
Dankie vir almal se raad - ook Gloudina, dis alles baie welkom gewees. Ek
sal alles nou maar gaan probeer en kyk wat werk die beste.
Baie van die goed het ek reeds probeer soos Christo se Bisolvan Linctus, dit
werk ongelukikig nie altyd nie Christo.
En ja Gloudina, ek's vreeslik allergies vir diere, dis hoekom ek nie
troeteldiere aanhou nie, al is ek vreeslik lief vir hulle.
Maar nou ja, sonder om nou weer in 'n relaas in te gaan. Ek wou net dankie
se vir elkeen van julle wat die moeite gedoen het om vir my raad te gee.

Elaine

0 new messages