Sommer 'n nonsense onderwerp, maar dalk kry ek julle uit julle winterslaap.
Wat is julle gunsteling kleur en waarom?
Myne is blou.
Want die lug is blou en die see is blou en die berge is blou. Ek is gek
lief vir die see en vir berge en vir die blou lug - vir die lewe!!! (So
jammer daar's nie berge by OL nie)
...en my gunsteling kleur is groen.
Want groen is lewe. As 'n nuwe plantjie gebore word is dit groen.
Gaan kyk na die wildernis - dit is groen. Gaan kyk na bestendige
plantelewe - dit is groen. Wanneer die lente aanbreek word alles
groen.
Groen is die kleur wat 'n mens se oë laat rus. Dit is 'n rustige kleur
wat sag is op ons oë. Wanneer dit bewolk is is die see blou en wanneer
die son daarin weerkaats is dit groen. En ek het groen oë...
Maar wanneer ons van wilder kleure praat, is my gunsteling oranje.
Ek dra graag 'n oranje hemp. Ek het 'n Piper Cherokee gevlieg wat
ek laat oranje (gunston) spuitverf het, en ek het bygestaan waar die
spuitverwer die verf aangemaak het en ek het geel by die rooi laat
voeg tot ek tevrede was met die rsultaat.
So, seker kan ek sê, groen by rustiger kleure en oranje
wanneer ek 'n 'n wilder bui is. Eendag as ek groot is,
gaan ek nog vir my 'n oranje kar koop.
Ek deel jou liefde vir groen en die assosiasie met lewe. Trek soms groen
aan, maar dit pas nie by my so goed soos wat blou by my pas nie. My oë se
kleur was oorspronklik 'n mensel van blou en groen - soms meer blou as groen
vertoon, soms andersom! Na 'n besonder moeilike fase in my lewe, het die
groen gewoon heeltemal uit my oë verdwyn en net die blou oorgebly. Het jy
geweet dat blou oë eintlik oë sonder pigment is? - soos grys hare!
> Maar wanneer ons van wilder kleure praat, is my gunsteling oranje.
> Ek dra graag 'n oranje hemp. Ek het 'n Piper Cherokee gevlieg wat
> ek laat oranje (gunston) spuitverf het, en ek het bygestaan waar die
> spuitverwer die verf aangemaak het en ek het geel by die rooi laat
> voeg tot ek tevrede was met die rsultaat.
>
> So, seker kan ek sê, groen by rustiger kleure en oranje
> wanneer ek 'n 'n wilder bui is. Eendag as ek groot is,
> gaan ek nog vir my 'n oranje kar koop.
>
My wilder kleur is rooi!!! Hou daarvan om rooi en blou te kombineer! In
dié opsig is ek 'n groepmens. Kyk bietjie na die skares by 'n
sportbyeenkoms - meer as die helfte is in kombinasies van rooi en blou
geklee. Ook interressant in hoeveel landsvlae rooi en blou figureer!
En natuurlik wit. Hulle kan my huis enige kleur verf, solank dit wit is!
Aan die buitekant kan ek nog 'n sandkleur staan, maar binnekant wit - lig -
lewe!
> Dis verskriklik, maar blou is my alle-kleur. Ons stem saam oor iets!
> Sien, wonderwerker gebeur nog. Alles wat belangrik is blou: Kar is
> donkerblou, klere is donkerblou, ens. Stem egter nie saam oor die wit op
> die huis of kar nie. Wit hoort, saam met peink en pers, op 'n vrou se
> pęntie en nie op 'n kar of 'n huis nie.
Dankie dat jy saamspeel oor die kleur tema. Ek het gewonder hoe die harde
b(r)oer uit die Namib op hierdie een gaan reageer.
Ek dog ons het die afgelope tyd reggekry om oor 'n hele paar goeters saam te
stem - insluitend rugby.
Ek stem saam dat wit nie my gunsteling kleur vir 'n voertuig is nie - eerder
rooi! My Hilux bakkie is wit, maar dis omdat die enigste was wat op die
vloer was (en teen groot afslag, iemand het hom bestel, allerhande goeters
versoek soos getinte ruite, ens. en toe kop uitgetrek) en ek dringe 'n nuwe
voertuig gekort. Die goudkleurige dubbelkajuit Hilux is vir my veel mooier,
maar ek hou gladnie van die bloue nie - te donker - ligblou sou beter wees.
Wit aan die binnekant van enige gebou help om lig te verbeter - maar dit
weet jy!
Ek breek die wit met hout! - egte, soliede, duursame hout! - nie namaaksels
of veneer nie.
(So
> jammer daar's nie berge by OL nie)
Maar jy hoef darem nie te ver te ry om
taamlike oulike bergagtige dele te gaan
klim nie.Hoeveel van die Oostelike
Provinsie se berge het jy al uitgeklim.
Gloudina
> Ek deel jou liefde vir groen en die assosiasie met lewe. Trek soms groen
> aan, maar dit pas nie by my so goed soos wat blou by my pas nie.
Dit het my lank gevat om aan die gedagte gewoond te raak, maar groen
is eintlik nie-lewe! Die feit dat die blare groen is, beteken hulle
absorbeer al die ander kleure om lewe van te maak, maar gooi die groen
uit. Dis so goed soos die verpakkingsmateriaal nadat die kos uitgehaal
is!