Kort kort is daar stories in die nuus van kinders wat deur onderwysers
aangerand, gemolesteer en self verkrag word, maar nou soek die onderwysers
in Mpumalanga vuurwapens ter beskerming van hul persoon ?
Iets of iemand is mos nou besig om heeltemal mal te word, of is dit ek wat
nie tred hou nie ?
Behoed my tog van die dag wat vuurwapens nodig raak om onderwysers te
beskerm, want dan sal leerlinge seker ook wapens nodig he om hulle teen
onnies te beskerm - watse onderwys stelsel het ons tog !
E
"jcw" <j...@dd.za> wrote in message news:3f48c...@news1.mweb.co.za...
Wat my skrik maak is dat daar nie veel gese word van die miljoen goed wat
gedoen word of gepoog is nie, en ek is bang dat hierdie 'n bietjie
oorhaastig is, in watse land bly ons dat die opsie om vuurwapens na 'n skool
toe gevat word so vlak in ons breine le, dat dit een van die eerste reaksies
of versoeke is in tye waar onnies bedreig voel., wathet geword van opsies
soos wapenverklikkers, kring televisie ens.
"Elaine" <evd...@hotmail.com> wrote in message
news:3f48ea7b$0$64...@hades.is.co.za...
E
"jcw" <j...@dd.za> wrote in message news:3f490...@news1.mweb.co.za...
Ek is jou egter eens dat ons as nasie, die houding moet ontwikkel dat ons
eerste na onsself sal omsien, en die polisie gebruik as back-up vir
potensiele probleme, maar 'n cool approach is nodig, anders kan ons 'n
kruitvat aansteek. So 'n paar weke gelede was hier hewige debat oor rasse en
kleurgrense en persepsies op hierdie group, en ek sal baie bekommerd wees as
sommige van daai individue (beide kante) met wapens sit en rammetjie uitnek
trek op die res van die gemeenskap.
"Suidwester" <ock...@mweb.com.na> wrote in message
news:3f49a...@news1.mweb.co.za...
E
En te midde van al hierdie onkostes by die publieke skole bataal ek die
helfte minder inkomste belasting as wat ek in SA betaal het. Ek glo jy moet
eerder vra waarheen gaan die geld wat die SA regering alreeds invorder want
ek is oortuig jy het reeds betaal vir daardie fasaliteite by die SA skole.
"Elaine" <evd...@hotmail.com> wrote in message
news:3f4918cd$0$64...@hades.is.co.za...
Ek was in Sasolburg Hoër - op sy tyd een van die beste skole in die land.
Mnr. Pellisier wat toe hoof was, het in Amerika gaan leer hoe lyk skole, en
hy't Sasol Hoër op die model gebou. Vandag is Sasol Hoër nie meer wat dit
was nie.
Ons het ook darem 'n paar baie goeie privaat skole. Ek hoor Waterkloof (in
Pretoria) is nie sleg nie - so lank jy mooi, slim en goed in sport is
behoort jy goed daar te vaar.
E
"Glücklich" <nos...@for.me> wrote in message
news:NOm2b.431$oN2...@fe03.atl2.webusenet.com...
Skiet hy op my, gaan ek terugskiet en dan sal
> ons maar moet sien wie is die beste, maar ek gaan wragtag my nie laat
> vrekslaat in my eie huis of kar nie!
> ......die probleem is egter, skiet ek 'n misdadiger in my eie huis
> dood, dan sit ek by 'Gloudina se regeringspolisie' vir moord!
Ja, natuurlik sal jy in enige beskaafde westerse nasie,
waarvan SA nou ook een is, ten minste in sy wetgewing
en sy wetpersepsies. Ons in Kanada sit maar ook met
die probleem. Ottawa rou op die oomblik vir 'n jong
student wat met haar fiets gaan ry het, en toe wreed
vermoor is. As hulle die moordenaar vang, sal hy seker
sy lewe lank in die tronk gaan sit. Maar ons gaan hom
nie vermoor in die elektriese stoel, soos hulle suid van
ons doen nie. Maar Kanada is SA ver agter wat die
registrasie van gewere betref. Ons bring dit nou eens
in, en met tipiese north american efficiency gaan dit nog
maar wankelrig.
Gloudina
Gloudina
Daar is nie meer 'n ding soos selfverdediging nie. Die misdadigers
> het meer regte as die slagoffers. Ek kan nie glo die regering neem dit
weg
> van my af nie - want wat hulle eintlik sê deur 'n "selfverdediger" in die
> tronk te gooi is - hy mag jou skiet, jy mag hom net nie skiet nie.
Hierdie soort redenering is louter snert. Wat wel
bedoel word, is dat niemand op ander mag skiet
nie. Die een wat skiet, sal in die tronk gestop word.
Maar in die hof, as dit kan bewys word dat jy dit
uit selfverdediging gedoen het, dan sal dit in ag
geneem word in die uitspraak van die hof.
Gloudina
> En te midde van al hierdie onkostes by die publieke skole bataal ek die
> helfte minder inkomste belasting as wat ek in SA betaal het
Is jy bewus van die feit dat die huidige SA sentrale regering,
met sy baie konserwatiewe fiskale beleid, die inkomstebelasting
in SA verminder het in die afgelope jare. Dis die ou apartheids-
regime wat julle so laat belasting betaal het, vir al hulle nasionaal-
sosialistiese eksperimente. Ek het al vantevore daarop gewys hoe
van my familielede in SA wat in besigheid was, gekla het oor die
inkomstebelasting wat so hoog was in die tagtigerjare, toe die
prys van goud oor die $800 Amerikaanse dollars was, en die
besigheidsmense in SA geen baat gekry het nie. Hulle was te
besig om hulle bantustans te regverdig en " op te bou." Talk
of water down the drain.
Gloudina
Ek glo jy moet
> eerder vra waarheen gaan die geld wat die SA regering alreeds invorder
want
> ek is oortuig jy het reeds betaal vir daardie fasaliteite by die SA skole
Vir die hoeveelheid belasting wat daar in die VSA betaal
word, kry julle maar droewig min. Julle het 'n baie slegte
gesondheidsstelsel, wat nog steeds in private hande is. 'n
Amerikaanse groep bereken dat die VSA omtrent driemaal
soveel betaal vir dieselfde hoeveelheid diens as in Kanada,
hoofsaaklik omdat daar so baie papierwerk aan verbonde
is. En daar is miljoene der miljoene mense in die VSA wat
geen gesondheids-assuransie het nie, en dus vir niks gedek
is nie. As 'n boemelaar deur 'n dokter of 'n hospitaal se
deur stap, is hy onmiddellik verseker van alle dienste gratis
hier in Kanada. En as die provinsies hier en daar vir mense
wil laat betaal vir iets, dan waarsku die sentrale regering hulle
daarteen, met die dreigement dat hulle deel van die sentrale
regering se belastings-inkomste teruggehou sal word.
Julle moet omtrent al julle paaie instand hou met tolgelde.
Dierbaarheid, sodra mens oor die grens gaan van Kanada na
die VSA, word jy gemelk vir al wat dit werd is. Is dit nie ook
belasting nie?
Gloudina
E
Waterkloof is (nog) nie 'n privaatskool nie, maar ek dink hy is vinnig oppad
soontoe!
En ek weet nie so mooi van die mooi slim en goed in sport nie, ek was in
daai skool en was nie een van die drie nie! :)
Dis net 'n bummer dat die hoof se seun nou in hegtenis geneem is vir
moord... Maar ek se: As hy dit gedoen het, moet hy boet daarvoor!
Cheers!
Samuel
--
Samuel Kock
Pretoria, South Africa
Bio: http://go.to/skock/bio.htm
Be nice to your kids.... They will pick out your nursing home.
E
> Vir die hoeveelheid belasting wat daar in die VSA betaal
>word, kry julle maar droewig min.
Ek dink jy moet versigtig wees met hierdie tipe van stelling. Mense
wat hierdie tipe van ding kwytraak verstaan gewoonlik nie die basiese
aspekte van 'n Kapitalistiese stelsel nie. Julle het 'n hoofsaaklik
Sosialistiese regering, met alles wat daarmee gepaard gaan. Die goed
en die sleg. Dit verskil hemelsbreed met ons wat weer hoofsaaklik
Kapitalisties. is.
Die Demokratiese party hier in die VSA het natuurlik 'n baie meer
gesonde/gebalanseerde uitkyk/implementering op dinge soos belasting en
die toepassing daarvan. Dit getuig ook uit die Clinton-era se
ekonomiese sukses. Maar kan ook gesien word dwarsdeur Amerika se
geskiedenis. Elke keer wat 'n Demokratiese president in beheer was,
het ons ekonomies gebloei en gegroei.
Nogsteeds kan mens NOOIT ons stelsel met julle meer Sosialistiese
regeringstelsel verwar nie. So moenie eers probeer vergelykings tref
en vinger wys nie!
Weereens wil ek jou vra om asseblief versigtig te wees met hierdie
sweeping statements van jou.
Nie alle state hier in die VSA implementeer die doodstraf nie, en nie
alle Amerikaners is so barbaars as wat jy probeer voorgee nie.
Daar is ook meer kort kort nuus van kinders wat deur hulle ouers en ooms en
tantes aangerand, gemolesteer en verkrag word.
Kyk bietjie wyer as jou koekon waarin jy leef.
Jy het duidelik geen idee wat deesdae in skole aangaan nie.
Of onderwysers gewere moet dra om hulle te beskerm? Seker nie nodig nie,
maar iets moet wel gedoen word.
Indien die persoon misgeskiet het, word 'n saak van "van vuur van wapen in
munisipale gebied/roekelose afvuur van wapen" aanhangig gemaak.
Indien die persoon gewond is kan enige van bogeneoemde aanhangig gemaak
word, asook "poging tot moord"
Sou die persoon dood wees, sal 'n moordsaak aanhangig gemaak word.
Selfverdediging is een van sewe "noodweer" reels, waaronder jy nie skuldig
bevind kan word aan 'n misdaad nie, en derhalwe behoort enige van die
klagtes wat teen jou gestel word dan terug getrek te word, en dit behoort
ook nie nodig te wees om deur 'n lang en duur hofsaak te ploeter om dit te
vermag nie.
Die ondersoekbeampte in die saak, gewoonlik 'n speurder van SAPD, sy
bevelvoerder (gewoonlik 'n offissier, en die SSA (Senior Staatsaanklaer)
behoort na die saak te kyk en dan sal die SSA 'n beslissing maak waarin die
staat 'n nole prosequi sertifikaat uiterik,in terme waarvan die staat dan
kennis gee dat die saak nie verder verhoor of vervolg sal word nie.
Ek is van die opinie dat dit die normale gebruik is, en ek vermoed dat die
voorbeeld wat jy aangeraak het op dieselfde manier hanteer sal word, as van
die veronderstelling uitegegaan word dat dit wel selfverdediging was, dit is
egter onstellend dat die persoon in die selle aangehou was vir 'n tydperk,
in elk geval oornag, dit is ongehoord, en dit is heelwaaskynlik toe te skryf
aan die ondersoek beampte en/of sy offissier, tensy die persoon natuurlik 'n
bekende misdadiger is of vir iets anders gesoek was, en dus daarvoor
aangehou was.
Die redes vir die klagtes is om seker te maak dat daar wel noodweer
teenwoordig was, en dat noodweer nie as skyn gebruik word ter verbloeming
van 'n werklikke misdaad nie. Alhoewel die klagtes ongerieflik is, is dit
nodig, ten einde reg-en-geregtigheid te laat seevier.
Sorry vir die lesing.
Dir bring my egter terug by die oorspronklikke punt, daar is tog seker ander
maatreels wat getref kan word alvoresn onnies nodig het om met vuurwapens
toe gerus te word in ons skole - of hoe ?
"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:6lo2b.22311$_V.1...@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
>
> Elaine wrote
>
> Daar is nie meer 'n ding soos selfverdediging nie. Die misdadigers
> > het meer regte as die slagoffers. Ek kan nie glo die regering neem dit
> weg
> > van my af nie - want wat hulle eintlik sę deur 'n "selfverdediger" in
Is dit jou ervaring dat mense met wie jy in gesprek tree slegs op een ding
op 'n slag kan konsentreer, of waarom sou jy nou my wou aanval oor ander
aangeleenthede en kriminele gedrag wat ek nie melding van gemaak het nie ?
Die aanvalle op kinders, plase, bejaardes, honde, katte, die moor van
hoenders, beeste, skape, ongebore kuikens, die patagonies tandvis, dolfyne,
makriel, en fok, vir daai prys, snoek, is alles onderwerpe waaroor ons
maklik kan gesels, maar neem die inisiatief en post iets daaroor in hierdie
groep, en laat almal dan toe om daaroor te praat, maar onthou asb dat jy nie
net melding kan maak van die patagoniese tandvis nie, jy sal ook melding
moet maak van die onnies en hulle guns, anders stuur ek vir jou dieselfde
kak antwoord op jou post.
Ag nee fok, kom reg man.
"MBP" <bladm...@midiboer.co.za> wrote in message
news:3f4a4808$0$64...@hades.is.co.za...
> Weereens wil ek jou vra om asseblief versigtig te wees met hierdie
> sweeping statements van jou.
> Nie alle state hier in die VSA implementeer die doodstraf nie, en nie
> alle Amerikaners is so barbaars as wat jy probeer voorgee nie.
Daar is niks verkeerd met my stelling nie. In die VSA word die
doodstraf toegelaat en baie kere uitgevoer. En jou eie keuse van
woorde " nie alle Amerikaners is so barbaars" dui duidelik daarop
dat jy dink die doodstraf is 'n barbaarse gewoonte.
Tant Hessie van Piraeus
>Daar is niks verkeerd met my stelling nie.
Daar is. Jy veralgemeen, en jou stelling berus nie op feite nie.
> In die VSA word die
>doodstraf toegelaat en baie kere uitgevoer.
Nie in al die state nie.
> En jou eie keuse van
>woorde " nie alle Amerikaners is so barbaars" dui duidelik daarop
>dat jy dink die doodstraf is 'n barbaarse gewoonte.
Natuurlik dink ek dit is 'n barbaarse gewoonte!!
> Ek dink jy moet versigtig wees met hierdie tipe van stelling. Mense
> wat hierdie tipe van ding kwytraak verstaan gewoonlik nie die basiese
> aspekte van 'n Kapitalistiese stelsel nie. Julle het 'n hoofsaaklik
> Sosialistiese regering, met alles wat daarmee gepaard gaan. Die goed
> en die sleg. Dit verskil hemelsbreed met ons wat weer hoofsaaklik
> Kapitalisties. is.
> Nogsteeds kan mens NOOIT ons stelsel met julle meer Sosialistiese
> regeringstelsel verwar nie. So moenie eers probeer vergelykings tref
> en vinger wys nie!
Ag asseblief tog. Hierdie mite van kapitalisme versus sosialisme
wat Amerikaners mee speel om hulle eie maatskappy se slegte
ondervindinge te regverdig, is bogus. Kanada is nie 'n
" sosialistiese " staat nie, net so min as die VSA 'n kapitalistiese
staat is. Die VSA, veral nou onder Bush, word meer en meer
'n plek waar daar 'n ontsaglike hoeveelheid staatskontrole ingevoer
word, onder die dekmantel van " veiligheid" na 9/11. In Kanada
is meeste van die rykdom nog, net soos in SA, veilig in die hande
van 'n klomp ryk Joodse families. En dit sluit die Oppenheimers
in. Kanada hoop om een van die dae een van die nuwe Kimberleys
voort te bring, en wie is daar rondom die potte? De Beers. Ons
treine en vlieguigmaatskappye is in private hande - tog jammer, want
hulle, net soos in die VSA, speel so kort kort bankrot.
Maar net omdat ons nou hier in Kanada, soos in meeste
Europese lande, 'n gesondheidstelsel ingevoer het wat basiese gesond-
heidsdienste vir almal het, nou is ons skielik 'n sosialistiese staat.
Die enigste keer wat hulle dit in die VSA probeer doen het, in
Clinton se eerste termyn, het die Republikeine dit afgeskiet, meestal
omdat die Republikeine in die sakke was van 'n klomp maatskappye
wat daardeur sou verloor. Myns insiens was Hilary Clinton se plan
ook te ambisieus. Dit wou teveel dek. Hier in Kanada, waar elke
provinsie sy eie plan het en dus besluit wat om te dek, moet jy vir
jou eie medisyne betaal ( in Ontario betaal die provinsie dit vir
seniors), jy moet private dekking uitneem vir dinge soos dubbel-
of enkelkamers in hospitale, brille en dies meer. Mens betaal selfs
as jy die ambulans roep.
Tant Hessie Plato
> kak antwoord op jou post.
>
> Ag nee fok, kom reg man.
My man, wat besig is om talle liedere af te laai,
(na 'n onlangse crash, waarna ons 'n nuwe rekenaar
gekoop het met 'n hele klomp meer spasie) wonder
vanoggend of daar enige ander groep is wat so baie
vloekwoorde en vuilwoorde in hulle liedere het as
in Afrikaans. Ek vra hom toe uit waarna hy verwys.
En hy vertel vir my dat in die Afrikaanse liedere wat
hy aflaai, daar vreeslik baie vloekwoorde en vuilpraat
voorkom. Ek probeer toe verklaar dat dit miskien is
omdat daar so 'n klein mark is en daar so min mense
in Afrikaans sing, dat mens makliker elke Jan Rap en
sy maat se goed op die Internet kan kry. Dat die
Engelse of Franse mark heelwaarskynlik te groot is,
en dat slegs die beter goed soos room na die opper-
vlakte styg. Maar my man wou nie eintlik aan my
verklaring byt nie. Hy is nie preuts nie, maar selfs vir
hom val hierdie vloek en vuilpraat op. Ek merk hierdie
soort ding ook soms op hierdie nuusgroep. Is dit werklik
deel van die Afrikaner-kultuur?
Gloudina
>>Katryn wrote
>> Julle het 'n hoofsaaklik Sosialistiese regering,
> Ag asseblief tog. Hierdie mite van kapitalisme versus sosialisme
>wat Amerikaners mee speel om hulle eie maatskappy se slegte
>ondervindinge te regverdig, is bogus. Kanada is nie 'n
>" sosialistiese " staat nie, net so min as die VSA 'n kapitalistiese
>staat is.
Daarom het ek die woord "hoofsaaklik" gebruik, en as ek reg onthou het
ek 'n soortgelyke woord of begrip probeer gebruik toe ek ons stelsel
probeer beskryf het. Julle het 'n grootter persentasie sosialisme in
verhouding tot kapitalisme in julle mengsel, en die omgekeerde by ons.
Ek en duisende ander stemgeregtigde Amerikaners stem ook saam oor wat
jy sę oor Bush en sy regime. Maar onthou dat ons het hom nie gekies
nie! Hopelik sal hy nie nog 'n termyn dien nie.
Elkgeval Gloudina, ek glo nie jy stel werklik belang in 'n ernstige
gesprekvoering oor my sieninge nie. Ek laat dus die saak daar.
Die taalgebruik loop dieselfde pad, maar ons vind partykeer dat die gebruik
van die taal hom daartoe leen, daar is byvoorbeeld baie meer engelse woorde
in die afrikaanse voertaal in gebruik deesdae as vroeer, selfs in die
afrikaanse musiek wat jou man blykbaar na luister, niemand vind dit vreemd
nie, en dit ontsel blykbaar ook nie jou of jou man nie, dit sou
heelwaarskynlik baie meeropvallend gewees het as daar toenemende franse
woorde in die amerikaanse gebruikstaal voorgekom het.
Die grootste verskil in die afrikaner kultuur is sigbaar in ons voltydse
struggle om ons eie grense te verskuif, ons moet skielik probeer sin maak
waarom jong mense blameer word vir apartheid, en derhalwe uitgesluit word
uit die gemeenskap van die land, maar ons moet ook maniere vind omdaarmee te
cope, en dit te oorbrug, dit doen ons met doelbewuste grensverskuiwings,
baie soos 'n kind wat die sirkel van dissipline binne sy ouerhuis toets
deurentyd, and alhoewel die proses nie vir almal moerse lekker is nie (en
soos hieruitblyk, party daardeur ontstel kan word) is die proses nodig en
natuurlik, soos hulle se, "Afrika is ie 'n plek vir sussies nie" en ons taal
ook nie.
As 'n gebruker van gekruide taal, welke jou response ontlok het, is ek, en
miljoene ander, besig om ons identiteite te vorm binne die nuwe SA, en ek
probeer nie se dat almal my taal gebruik goedkeur of self moet nie, want van
die miljoene waarna ek verwys, het seker elek derde een 'n eie en unieke
manier hoe hy/sy hom/haarself plaas en eien binne ons nuwe omgewing, en dit
is juis die punt, vir die eerste keer is dit toegelaat dat ons vir onsself
dink, en vir onsself besluit, en ons doen dit, elkeen op sy eie manier.
En voel gerus dat my ma jou opinie deel,
QED
"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:S6t2b.281669$hOa.1...@news02.bloor.is.net.cable.rogers.com...
> Baie het verander in die afrikaner kultuur
> Die grootste verskil in die afrikaner kultuur is sigbaar in ons voltydse
> struggle om ons eie grense te verskuif, ons moet skielik probeer sin maak
> waarom jong mense blameer word vir apartheid, en derhalwe uitgesluit word
> uit die gemeenskap van die land, maar ons moet ook maniere vind omdaarmee
te
> cope, en dit te oorbrug, dit doen ons met doelbewuste grensverskuiwings
Ek kan deel van jou argument verstaan. Daar was onder
apartheid soveel reels en regulasies en morele kodes en
dit en dat wat gevolg moes word, dat daar, toe apartheid
iets van die verlede geword het, mense vry gevoel het om
" die grense te verskuif." Dit het byvoorbeeld in die
Afrikaanse literatuur gebeur, waar skrywers en digters
skielik baie vryer was om gedigte te skryf oor homoseksualiteit
en oor liefde tussen rasse, ensovoorts. Maar dit maak vir my
nog nie sin dat dit gelei het na nog 'n klomp meer vloek en
vuilpraat nie. En dis vir my ook eienaardig dat op hierdie
nuusgroep die vloek en die vuilpraat ook gewoonlik kom
uit die penne van die regse en anti-swart faksies. So is dit
nie moontlik dat daar 'n verharding, 'n onsensitiwiteit gebore
is in die apartheidsjare nie, en dat dit dit is wat nou lei tot
hierdie harde siellose soort praat onder die Afrikaners?
Gloudina
vir die eerste keer is dit toegelaat dat ons vir onsself
> dink, en vir onsself besluit, en ons doen dit, elkeen op sy eie manier
Nouja, dit is nogal 'n pluimpie vir " die Nuwe SA" as jy nou
" toegelaat" word om vir jouself te "dink." (Besef jy hoe
ironies dit is dat jy skryf jy word " toegelaat" om vir jouself te dink.)
Maar is dit nou nodig om in die proses van vir jouself te dink
en vir jouself te kies, jy nou kies om sulke gekruide taal te
gebruik? En watter soort respek sal die ander groepe in SA vir
jou ontwikkel, as hulle jou taalgebruik hoor. Gedurende die
apartheidsjare, as ons op die televisie gesien het hoe soldate
in SA praat , veral in Soweto, dan het ons altyd hierdie
gekruide en ruwe taal uit die monde van die soldate gehoor.
Moenie dat daardie soort taal uit jou mond kom vandag nie.
Want jy versterk net die idee in die wereld se kop dat
Afrikaners 'n klomp ruwe skobbejakke is, en nie respek
werd is nie.
Penkop van die Derde Republiek
Ek dink nie ons gebruik noodwendig meer gekruide taal nie, ek dink net ons
gebruik ander woorde, ons aanslag op gekruide taal is nou net meer
"internasionaal", ons volg nou die aanslag van die media, die "verligte"
westerse wereld, wie se standpunte en waardes tot vervelens toe in ons kele
afgedruk word.
En dit is die hele punt - ons vra nie meer om verskoning vir wie ons is nie,
of soos ek dit sou stel -we don't give a fuck.
Ons moes buig vir almal, nou selfs vir onsself, en alhoewel die "voorreg" om
nou vir onsself te dink deels sy oorspong het uit die nuwe demokrasie in SA,
het dit egter veel meer te doen met die Afrikaner se eie inhirente kultuur
en geskiedenis. Ons is besig om ons eie pad te skraap. Iets wat ons as groep
verskeie kere in die verlede ook moes doen, en ons het nog elke keer dit
gemaak, of dit nou Europese, Anglikaanse, of Nuwe wereldse druk is waaronder
ons moes perform.
Dit is ook belangrik om te onthou dat die gebruik van gekruide taal, gedrag
ensomeer nie net van toepassing is op Afrikaners nie, die res van die
kultuur groepe in SA gerbuik netsoveel van dieselfde in alledaagse
gesprekke. Om een of ander rede, is die gedrag van die Afrikaner weereens
onder die loep, en die van ander groepe word weereens of geignoreer, of
geregverdig, ek sal nie weet watter een nie, want ek kan nie oordeel aan die
dekking wat in die buiteland verleen word nie.
Ek persoonlik dink dat die veranderinge in SA en sy mense te danke is aan 'n
"rebellie", en die Afrikaner is maar net die nuutste toetreders tot die
groep, die res rebeleer al vir jare.
Mens moet versigitg wees dat jy nie alle Afrikaners onder die kam skeer van
een of twee individue soos myself nie. Alhoewel ek beslis nie die deursnee
Afrikaner is nie, is ek tog een, ek is besig om my pad te skraap op my tyd
en op my manier, maar ek pas in binne die politieke en sosiale sfeer in my
land, ek is redelik gemaklik met waarheen die land en sy mense oppad is,
maar ek is moerse tevrede met waarheen ek oppad is, en hoe ek daar kom, en
as dit sommige mense teen die bors stuit, dan is dit dalk beter om my gang
te ignoreer, want ek is verby die punt waar ek deelneem aan die proses om 'n
positiewe beeld te probeer skep van ons Afrikaners of SA, na my mening moet
die wereld daar buite maar dink wat hulle wil, oordeel wie hulle wil, ek
doen dieselfde, en ek voel dit is my beurt.
Die onnies is 'n natuurlik 'n heel ander saak. Al waaraan ek kan dink is
dat ons meer en meer sal moet oorneig na 'n "tronk" stelsel toe.
Metaalverklikkers by die deure/hekke, 'n skoolpolisie, strenger strawwe by
die skole vir oortredings, deursoek van tasse, strenger strawwe vir
oortredings, ens. Kinders kan deesdae met te veel weg kom vir ligte
strawwe, en ek vermoed dis 'n groot rede hoekom kinders respek vir Onnies
verloor het. As jy bv. nie op 'n Vrydag middag detensie wil sit nie, hoef
jy nie, want die wet sę die skool kan jou nie dwing om iets na-ure te doen
nie. So die kinders verloor respek vir die onderwysers en die hele
skoolsisteem, en neem eenvoudig oor. Dissipline is eintlik die wagwoord
hier. As daar op 'n manier dissipline gehandhaaf kan word, sal die geweld
ook heel moontlik afneem.
E
"jcw" <j...@dd.za> wrote in message news:3f4a4...@news1.mweb.co.za...
> Ek dink nie ons gebruik noodwendig meer gekruide taal nie, ek dink net ons
> gebruik ander woorde, ons aanslag op gekruide taal is nou net meer
> "internasionaal
Maar dit was juis die punt van my man se opmerking
oor die songs, dat dit vir hom voel dat dit net die
Afrikaanse songs is wat so 'n oormatigheid van vloek en
vuilpraat het. Vloek en praat die Engelssprekende
Afrikaners en die Zoeloes en die Sothos om jou ook
so baie vuil?
Gloudina
Jy sien ek's nou die dag uitgevreet oor my taalgebruik op hierdie groep en
die lelikste wat ek gebruik het was gat. Die ding is net, behalwe vir JCW
se baie mooi in-diepte verduideliking, dis so lekker en kragtig om in
Afrikaans te vloek. Dis so kragtig dat die Engelse al ons vloekwoorde
gebruik. Ja ons vloek meer, want ek dink ons wil onsself bietjie laat geld
en deurdring tot mense - daar's niks wat iemand vinniger reggop laat sit en
luister soos 'n vloekwoord nie.
Daar is baie Amerikaanse en Europese kunstenaars wat net so kan vloek,
vuilpraat en sommer net gross en weird is, maar ek dink omdat daar so baie
is, is hulle dalk minder opsigtelik as ons sangers. Ek dink hier aan bands
soos "Bloodhound Gang", Rammstein (Duitsers) met songs soos Tier (dier), wat
gaan oor 'n man wie se verloofde dood is en 'n jaar later gaan grawe hy haar
lyk op en... dit hoort seker nie in ordentlike geselskap nie. Die Rock en
Metal sangers kan net so vloek en skel, dis dalk nie in hulle musiek nie,
maar ek sien en hoor die mooi woorde gereeld in onderhoude en op live shows.
Om te vloek is 'n teken van rebellie, want ons is geleer dit hoort nie in
"opgevoede" geselskap nie en ordentlike mense vloek nie. As jy vloek
rebelleer jy. Dis so maklik soos dit.
Elaine
Weetie antie maar my ek vermoed my vermoë om vlot
in Sotho te kan vloek is getuienis van my kinder
jare tussen die Suid Sothos.
> Daar is baie Amerikaanse en Europese kunstenaars wat net so kan vloek,
> vuilpraat en sommer net gross en weird is, maar ek dink omdat daar so baie
> is, is hulle dalk minder opsigtelik as ons sangers
Ja, ek dink jy het 'n punt beet. Ek onthou dat Tipper
Gore, die vrou van die man wat eintlik vandag die
president van die VSA moes gewees het, voordat
die Republikeine 'n coup d'etat in die VSA uitgevoer
het, 'n ruk gelede voor die kongres van die VSA
verskyn het en gevra het dat die VSA regering iets
doen om die liederlike inhoud en die vloekwoorde
in liedere te bekamp. Daar is toe voorgestel dat
daar 'n soort van 'n graderings-sisteem gebruik word,
soos by films, om ouers te waarsku waarna hulle
kinders luister.
Gloudina
> Om te vloek is 'n teken van rebellie, want ons is geleer dit hoort nie in
> "opgevoede" geselskap nie en ordentlike mense vloek nie. As jy vloek
> rebelleer jy. Dis so maklik soos dit.
Ek was ook 'n rebel op my dae. Ek het gerebelleer
teen die apartheidsvarke. Ek het gerebelleer teen
die diktatoriale NG Kerk. Ek het tot 'n sekere
mate gerebelleer teen my ouers. Maar ek het nie
begin vloek en vuilpraat nie.
Gloudina
Dit is waarom ons besig is om op groot skaal ons gatte in 'n krul te trek,
en moet asb geen regse of rassistiese gedrag hierin lees nie, ons is besig
om ons gatte af te vee ann kritici binne en buite ons land, binne en buite
ons vriende en familie kringe, en ons is besig om vir die eerste keer te
begin kritisseer, reguit en sonder om doekies om te draai, ons kritiseer ons
politiek, ons politkuste, ons kerke, ons kerkleiers, ons ouers, ons
onderwysers, en self swart mense en hulle dinge, want alhowel apartheid
gestink het, is alles wat swart is ook nie nice nie - en ons is eenvoudig
net op die punt wat ons 'n nool gooi vir enige persoon of groep wat ons
gatte krap, ons is self besig om houding te ruk oor diens in winkels en
restaurante - iets wat nooit voorheen in SA gebeur het nie - ek persoonlik
dink die "nice"en "ordentlikke" wit-afrikaner is besig om uit te sterf in
die generasie waarin my ouers en groot ouers behoort - hier is 'n hele nuwe
volk aan die ontwikkel, en wat nie meer verskoning gaan vra nie, en wat nie
kak sal duld nie - SA gaan 'n baie nice plek wees om te bly in die volgende
15 jaar !
"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:WSG2b.269595$4UE.2...@news01.bloor.is.net.cable.rogers.com...
Hierdie enetjie vind ek egter tops. Dis maar selde dat iemand ´n Pink
Floyd liedjie probeer cover, dan nog in Afrikaans ook!!!
Luister dit eenkeer, dan delete jy dit weer.
Ek stem saam met jou, maar ek dink dis miskien omdat mens se keuse met
download bietjie beperk is. Nie alle Afrikaanse musiek is so deurspek
met vloekwoorde nie... As mens op WinMX na Afrikaanse musiek soek, kry
jy meestel dinge soos stoutgat treffers en sulke snert. Die
musiekwinkels in SA is vol behoorlike musiek.
Wat is dit met die SA volk, kry hulle nie genoeg van medleys nie? Ek´s
al so gatvol vir die FAK, disguised as iets nuuts...
Max_____________________________________________________
"@rogers.com"
ek persoonlik
> dink die "nice"en "ordentlikke" wit-afrikaner is besig om uit te sterf in
> die generasie waarin my ouers en groot ouers behoort - hier is 'n hele
nuwe
> volk aan die ontwikkel, en wat nie meer verskoning gaan vra nie, en wat
nie
> kak sal duld nie - SA gaan 'n baie nice plek wees om te bly in die
volgende
> 15 jaar !
SA is alreeds 'n baie nice plek om in te bly. Daarom dat
my susters weier om te emigreer. Daarom dat my swaer
vir my kinders onlangs vertel het dat hy nooit sal emigreer
nie.
Maar jy praat so van die " nice en ordentlike wit-afrikaner"
wat jy dink gaan uitsterf. Dis egter duisende van daardie nice
en " ordentlike" Afrikaners wat die afgryslike sisteem van
apartheid tot stand gebring het en vir dekades in stand gehou
het. Ek hoop die " nuwe volk" wat volgens jou besig is om
te ontwikkel, sal keer dat dinge nie weer terugkeer na daardie
dae nie. Ek het nie juis dawerende kritiek vir die dade van
Derby-Lewis en Walusz (?) gehoor na die moord op Chris
Hani nie. En word Rita Harmse (?) nou nog onder die
Afrikaanse jeug gehuldig as 'n heldin wat SA van 'n bloedbad
gered het? Hoekom sing die Afrikaanse sangers in SA nie oor
haar nie?
Penkop se girlfriend
Nie alle Afrikaanse musiek is so deurspek
> met vloekwoorde nie... As mens op WinMX na Afrikaanse musiek soek, kry
> jy meestel dinge soos stoutgat treffers en sulke snert. Die
> musiekwinkels in SA is vol behoorlike musiek.
Ja, ek stem saam met jou. En mens moet in ag neem
dat Engelse Suid-Afrikaners, soos Kramer, woorde
soos " kak" liberaal gebruik en niemand kla daaroor
nie. Selfs nie my man nie.
Gloudina
> Antie, sę vir die Oom hy moet "Is daar iemand op die kakhuis" van Koos
> Kombuis download.
> Hierdie enetjie vind ek egter tops. Dis maar selde dat iemand ´n Pink
> Floyd liedjie probeer cover, dan nog in Afrikaans ook!!!
Ek het vir hom die titel gegee. Hy sal seker daarvoor
soek. Hy hou egter glo nie van Koos Kombuis nie,
vertel hy my. Ek ken Koos Kombuis beter as iemand
wat soms in Litnet skryf. Wie is die persoon wat as
skuilnaam Koos Kombuis het?
Gloudina
Sy naam is Andre Le Roux Du Toit. Ek dink hy het voorheen onder die naam
Andre Le Toit gesing. Iemand het 'n rukkie gelede vir my sy boek Hotel
Atlantis gestuur. Dit was nie sleg nie, maar ek dink hy het bietjie kwistig
tekere gegaan met die metafore:-)
Lorinda
E
E
E
E
Dankie. Ja, ek weet van Andre Le Toit.
Gloudina
> My man, wat besig is om talle liedere af te laai,
> (na 'n onlangse crash, waarna ons 'n nuwe rekenaar
> gekoop het met 'n hele klomp meer spasie)
Vertel my bietjie waar hy die musiek aflaai, asseblief. Ek soek al
lankal na so 'n plek na Napster opgehou het werk. En Kazaa het dit
nooit gehad nie. Noudat 'n mens in die VSA vervolg kan word as jy
musiek deel het ek nie gedink jy kan dit meer doen nie.
Dankie!
Henry / Kwarantyn
> Vertel my bietjie waar hy die musiek aflaai, asseblief. Ek soek al
> lankal na so 'n plek na Napster opgehou het werk. En Kazaa het dit
> nooit gehad nie. Noudat 'n mens in die VSA vervolg kan word as jy
> musiek deel het ek nie gedink jy kan dit meer doen nie.
Hy doen dit op Kazaa en somtyds op Limewire. Kazaa
het glo Afrikaanse songs op. Hy moes aan die begin iets
betaal vir Kazaa se gebruik, dus kan dit nie onwettig wees
nie. Maar ek het op CNN gesien dat daar 'n wet of so-iets
deur die Kongres gemaak het en dat 'n man toe vir 'n
baie groot som geld vervolg is. So ek weet nie wat gaan
aan nie.
Gloudina
Ek is nie 'n groot aanhanger van downloading nie, in my opinie is dit besig
om die industrie te vernietig. EMI het reeds verlede jaar 40% minder
kunstenaars "geteken" omdat hulle dit nie kon bekostig om die kunstenaars te
dra nie. Maar in plaas daarvan dat die musiek maatskappye beter innoverende
manier uitdink om dit te bekamp doen hulle sulke simpel goed. Hulle gaan
dit nie gekeer kry nie, so in my opinie moet hulle 'n ander manier kry om
hulle geld weer te maak.
E
> Derby-Lewis en Walusz (?) gehoor na die moord op Chris
> Hani nie. En word Rita Harmse (?) nou nog onder die
> Afrikaanse jeug gehuldig as 'n heldin wat SA van 'n bloedbad
> gered het? Hoekom sing die Afrikaanse sangers in SA nie oor
> haar nie?
>
> Penkop se girlfriend
Weet jy, ek dink nie dink helder nie - watter een van die 500 woorde wat ek
geskryf het het jou die indruk gegee dat:
1. Ek deel was van apartheid
2. Ek van plan is om verder om verskoning te vra vir kak wat anner mense
aangevang het lank voor ek puberteit bereik het?
3. Ek nie lankal 'n veer voel vir wie dan nou die eintlikke helde van SA is
nie, die enigeste verskil, myns insiesn tussen Chris Hani en Hendrik
Verwoerd is dat verwoerd in die 60's sy gat gesien het, enHani eers ietwat
later.
Dit is vir my verbasend dat mense soos jy nog hammer op Walusz, ek het al
vergeet van die bliksem - tot jy nou weer daarmee vorendag gekom het - en
dit is my hele punt - I DO NOT GIVE A FUCK, ek sal nie verskoning aanbied
nie, en ek gaan nie my, my landsgenote of enige dooie moer (of sy
moordenaars) se kant van die saak en stelling verdedig nie. As iemand dan 'n
opinie het of sterk voel oor mense wat een of ander kak in die verlede
aangevang het, laat hulle jou penpals word, ek is hier om oor goed te
kommunikeer wat vir my nice is, en waarin ek belangstel, daar rus geen
verantwoordelikheid op my om jou plaaslike ore te wees of om jou gemoed te
sus nie.
Daar is baie websitesin SA waaby jy kan inteken op nuus gebeure, so as jy
oor aparheid en die kak wil gesels, doen so, maar ek wil nie, en ek hoef
nie, en die fok weet ek sal ook nie, tensy daar iets is daaromtrent wat ek
graag in betrokke wil raak.
So by the way, ek dink nie die Hani girl wat jy na verwys was ooit onder
afrikaanse jeug bekend as 'n volksheldin nie, fok ek weet nie eers wie sy is
of was nie, maar ek weet wel dat Yvonne Chaka Chaka nie eintlik goue plate
gemaak het met haar naam daarop nie - so hoekom vra jy nie vir
Sotho/Xhosa/Zulu sprekendes of hulle songs oor die aster het nie, ek
verstaan nie die taal nie, so ek luister nie na die songs nie - soos ek gese
het - ek kyk nie SABC 1 nie. Is sy by any means verwant aan die Chris ou wat
in sy drive way omgekom het - of is sy ook dood aan die hand van een of
ander ekstremis (van wie ek seker is jy alles weet), of is sy nog lewendig,
en hoekom sou sy die land van die bloedbad gered het -ek dog die ou wat dit
gedoen het se naam is Mandela of iets, hulle het nou die aand so bash op
SABC 3 gehad vir laasgenoemde - en toe het hulle gese hy het die land gered
van 'n bloedbad - of was daar meer as een bloedbad - en wat van die bloedbad
wat afgeweer is deur die wit afrikaners - in die sin dat hulle nie wapens
opgeneem het nie - waarom is almal altyd van die opinie dat slegs die
swart/benadeelde bevolking van SA die vermoe gehad het om 'n bloedbad te
begin of af te weer - fok waar het julle julle intel vandaan gekry ?
Dit is my opinie dat die blanke bevolking in SA, net so 'n groot, indien nie
groter, rol gespeel het in die vreedsame oorgang na demokrasie as enige
ander groepering in die land, en om een of ander rede is mense geneig om dit
mis te kyk - leer julle niks uit geskiedenis nie - geskiedenis gaan oor meer
as prentjies van ou guns en assegaie en swart vroue met kaal borste, uit was
was kan jy leer verstaan wat is!
Kakpraat maak nie van jou 'n rebel nie!!
Die antie is nie baie buigsaam nie. Of jy
ondersteun die ANC en hulle kommunistiese maatjies
of jy is 'n "apartheidsvark". Daar is nie 'n ander
keuse nie.
So maak maar jou keuse, dan kan jy rustig
voortgaan om saam het haar in die koor sing, of
soos die meeste mense op die ng haar aanmerkings
soos water op 'n eend se rug te laat afrol.
O gaats, as jy nie Koos Kombuis se musiek ken nie, sou ek definitief
nie "Is daar iemand op die kakhuis" aanbeveel het nie.
Koos se musiek is great! Soms raak dit vir my bietjie raserig, maar sy
goed is die moeite werd om na te luister. Byna net soos om ´n goeie
gedig te lees.
Om sy musiek te leer ken, moet jy eerder na "Rooi Kombuis", "Gypsie in
jou oė", of so iets moois luister. Koos is natuurlik die skrywer van
die pragtige liedjie "Lisa se klavier" (wat ook deur 100 ander
kunstenaars gesing word.)
Ek het ´n baie hoė dunk van Koos.
Max_____________________________________________________
Elaine
> Dit is my opinie dat die blanke bevolking in SA, net so 'n groot, indien
nie
> groter, rol gespeel het in die vreedsame oorgang na demokrasie as enige
> ander groepering in die land, en om een of ander rede is mense geneig om
dit
> mis te
Ek dink nie mense kyk dit mis nie. Veral nie in die buiteland
nie. Hulle is vol bewondering vir wat in SA gebeur het. Weet
jy hoe baie die WVK voorgehou word as 'n manier waarop
ander dele van die wereld hulle probleme kan mee oplos.
Dit het my ook altyd verwonder hoe vreedsaam die oorgang
na demokrasie in SA gebeur het. Ek was in Noord-Amerika
gedurende die tyd toe die VSA hulle maatskappy begin
integreer het en ek kan onthou hoe hulle somtyds in die
strate geveg het. En dis nie net in die suide van die VSA
nie, maar in plekke soos Boston. Ek dink mense in SA
besef nie aldag watter mirakel daar plaasgevind het nie.
Gloudina
E
>. Ek nie lankal 'n veer voel vir wie dan nou die eintlikke helde van SA is
> nie, die enigeste verskil, myns insiesn tussen Chris Hani en Hendrik
> Verwoerd is dat verwoerd in die 60's sy gat gesien het, enHani eers ietwat
> later.
ek is hier om oor goed te
> kommunikeer wat vir my nice is, en waarin ek belangstel
Ek hoor jou. En ek sal met belangstelling lees
wat jy verder op hierdie nuusgroep kwytraak.
Mens hoor soveel klaagpotte kla op hierdie
nuusgroep, soveel mense wat ons wil oortuig
almal krepeer van die ellende in SA, alle
hospitale is in verval, alle boere word uitgemoor.
Dit sal verfrissend wees om ook van die nice
dinge te hoor.
Penkop van Lekkersing
Sommige staats poste kry beter vergoeding as
voorheen.
-- Weetie of dit goed of sleg is nie.
Meeste afrikaners gebruik nie die woord "Mirakel"
nie hulle gebruik eerder die woord "wonderwerk'
-- dis defnitief goed.
Ten minste 10,000 mense is nie in die laatse week
vermoor, verkrag of beroof nie
-- dis defnitief goed.
Alle karre word nie gekaap nie net sommiges.
-- dis defnitief goed.
Dis amper lente
-- dis defnitief goed.
Ek het geen nuus oor my familie gekry die laaste
week nie
-- dis defnitief goed.
Somige mense is nie met die "HIV virus" besmet
nie.
-- dis defnitief goed.
Somige mense bekom eienaarskap oor grond sonder om
daarvoor te betaal.
(Ek wil hoeka gaan aanspraak maak op 'n gedeelte
van die Amsterdam hawe, want ek het bewyse dat my
voorvader daar gewoon het)
-- Weetie of dit goed of sleg is nie.
Steve Hofmeyr gaan eersdaags naak op kerkplein
staan
-- Weetie of dit goed of sleg is nie.
"@rogers.com" <bou...@rogers.com> wrote in message
news:1u03b.58996$_V.4...@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
>
>
>Ek hoor jou. En ek sal met belangstelling lees
>wat jy verder op hierdie nuusgroep kwytraak.
>Mens hoor soveel klaagpotte kla op hierdie
>nuusgroep, soveel mense wat ons wil oortuig
>almal krepeer van die ellende in SA, alle
>hospitale is in verval, alle boere word uitgemoor.
>Dit sal verfrissend wees om ook van die nice
>dinge te hoor.
>
>Penkop van Lekkersing
>
bouwer, maar jy lieg dat jy blou word!
jy is die een wat die atmosfeer bederf met
klaagliedere van die oggend tot die aand!
jy is die een wat selfs, as jy die geringste
geleentheid sou gehad het, apartheid vir
die Bush/Hussein geveg sou blameer het.
jy is die een wat bang is jou gesig sal kraak
as jy lag.
Die Uwe
> bouwer, maar jy lieg dat jy blou word!
> jy is die een wat die atmosfeer bederf
Is jy weer in een van jou suurpruim-
fases, du plessis? Amuseer jou ander
nuusgroepe en chatgroups jou nie
meer nie? Moenie met Tant Hessie
kom lol nie.
Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
As die dag breek, dan maak sy hom heel.
Gebruik WinMX.
Anders as Kazaa, installeer WinMX nie ook ´n hoop spyware op jou pc nie...