Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

Katjiepiering

398 views
Skip to first unread message

Anri Schramm

unread,
Apr 30, 2000, 3:00:00 AM4/30/00
to
Hallo Almal

Wat is die latynse naam van Katjiepiering plant?
Dankie
--
Anri
pe...@nae.de

home.com

unread,
Apr 30, 2000, 3:00:00 AM4/30/00
to
Anri Schramm wrote:

> Wat is die latynse naam van Katjiepiering plant?

"Gardenia jasminoides
Family : Rubiaceae
Named after Dr Alexander Garden, Scots
correspondent of Linnaeus, 1730-1791
Originally from China
Commonly called Cape jasmine or Gardenia."

Informasie van: The Macdonald Encyclopedia
of Plants and Flowers


Anri Schramm

unread,
Apr 30, 2000, 3:00:00 AM4/30/00
to
Baie dankie,
ek woon in Hamburg, Duitsland, en het 'n Katjiepiering as 'n geskenk gekry,
en nou is hy lyk my aan die doodgaan, en ek weet nie presies hoekom nie...so
nou kan ek na die antwoorde begin soek...so ek dink ek sal nou verder kom
met Gardenia jasminoides!
Anri
pe...@nae.de
<@home.com> schrieb in im Newsbeitrag: 390C3BD6...@home.com...

home.com

unread,
May 1, 2000, 3:00:00 AM5/1/00
to
Anri Schramm wrote:

> Baie dankie,
> ek woon in Hamburg, Duitsland, en het 'n Katjiepiering as 'n geskenk gekry,

Ek wonder later vandag waar die naam
"katjiepiering" vandaan kom. Kon nie
dink dat dit in SA ontstaan het nie. Kyk
toe in die "Dictionary of South African
English." Dit kom van die Maleis
"katchapiring." Volgens hulle is die
"piring" se betekenis "saucer." Hulle
meen dus dat die Maleiers dit benoem
het met die Nederlandse woord "piering."
Ek wonder darem of dit die geval is.
Die blom is oorspronklik van Sjina.
Wonder wat dit genoem word in
Mandaryns.

Gloudina


PAT

unread,
May 1, 2000, 3:00:00 AM5/1/00
to
Anri, my ma het n groot katjiepieringbos by haar posbus, en
sy sweer daarby dat die bos ten minste een maal per week
teeblare moet kry. Sy strooi so n koppievol rooibosteeblare
(enige
tee is glo goed) rondom die stam, en die bos is baie gesond en
blom die hele Desember deur.

Pat

Anri Schramm <pe...@t-online.de> wrote in article
<8ei9v4$b58$1...@news01.btx.dtag.de>...


> Baie dankie,
> ek woon in Hamburg, Duitsland, en het 'n Katjiepiering as 'n
geskenk gekry,

lou

unread,
May 3, 2000, 3:00:00 AM5/3/00
to
@home.com wrote:
>
> Anri Schramm wrote:
>
> > Wat is die latynse naam van Katjiepiering plant?
>
> "Gardenia jasminoides
> Family : Rubiaceae
> Named after Dr Alexander Garden, Scots
> correspondent of Linnaeus, 1730-1791
> Originally from China
> Commonly called Cape jasmine or Gardenia."
>
> Informasie van: The Macdonald Encyclopedia
> of Plants and Flowers


Daar is natuurlik ook die Wilde of Transvaals Katjiepiering - redelike
lelike boom/struik maar as dit blom ruik dit lekkerder as die ingevoerde
verfynde stuik.

A.S. Pris

unread,
May 3, 2000, 3:00:00 AM5/3/00
to
Also sprach @home.com
-> Ek wonder later vandag waar die naam
-> "katjiepiering" vandaan kom. Kon nie
-> dink dat dit in SA ontstaan het nie. Kyk
-> toe in die "Dictionary of South African
-> English." Dit kom van die Maleis
-> "katchapiring." Volgens hulle is die
-> "piring" se betekenis "saucer." Hulle
-> meen dus dat die Maleiers dit benoem
-> het met die Nederlandse woord "piering."
-> Ek wonder darem of dit die geval is.


My antie, die Afrikaanse piering is 'n
rasegte Maleise woord. As die Hollanders dit
gebruik, het hulle dit in die Ooste of by die
Maleiers aan die Kaap gekry.

Die "katja" van katja-piring beteken "glas"
of "blink oppervlak" en die "piring" beteken
"skotteljie" of "gekelkte blom".

home.com

unread,
May 3, 2000, 3:00:00 AM5/3/00
to
A.S. Pris wrote:

Nouja, die konsep van 'n "piering" in Maleis/Afrikaans/Nederlands wat in
Engels met
"saucer" beskryf word, wat word dit in
Nederlands genoem en waar kom die idee
van die "skotteltjie" onder die koppie
vandaan.
Snaaks, dieselfde dag toe iemand oor die
katjiepiering op die nuusgroep vra, toe kom
ek by 'n byeenkoms uit waar daar 'n katjie-
piering as 'n potplant op die tafel verskyn.

Die tannie met die leeubekkie.


Anri Schramm

unread,
May 5, 2000, 3:00:00 AM5/5/00
to
Pat, my man hou ongelukkig niks van rooibostee nie, so ek sal maar die goeie
ou Grys Graaf moet gebruik. Ek betwyfel of myne nog in Desember sal
bloei(winter hiér!), but it's worth a shot!

--
Anri
pe...@nae.de
PAT <ac...@bcinfo.he> schrieb in im Newsbeitrag:
01bfb30a$80e80f40$1581...@ms660966.mindspring.com...


> Anri, my ma het n groot katjiepieringbos by haar posbus, en
> sy sweer daarby dat die bos ten minste een maal per week
> teeblare moet kry. Sy strooi so n koppievol rooibosteeblare
> (enige
> tee is glo goed) rondom die stam, en die bos is baie gesond en
> blom die hele Desember deur.
>
> Pat
>
>
>
> Anri Schramm <pe...@t-online.de> wrote in article
> <8ei9v4$b58$1...@news01.btx.dtag.de>...
> > Baie dankie,
> > ek woon in Hamburg, Duitsland, en het 'n Katjiepiering as 'n
> geskenk gekry,
> > en nou is hy lyk my aan die doodgaan, en ek weet nie presies
> hoekom nie...so
> > nou kan ek na die antwoorde begin soek...so ek dink ek sal nou
> verder kom
> > met Gardenia jasminoides!
> > Anri
> > pe...@nae.de
> > <@home.com> schrieb in im Newsbeitrag:
> 390C3BD6...@home.com...

Simon van der Schans

unread,
May 5, 2000, 3:00:00 AM5/5/00
to
@home.com <@home.com> wrote in message
<390CD6CA...@home.com>...

> Volgens hulle is die


>"piring" se betekenis "saucer." Hulle

>meen dus dat die Maleiers dit benoem

>het met die Nederlandse woord "piering."

"Piering" 'n Nederlandse woord??

Swart Simon

Simon van der Schans

unread,
May 5, 2000, 3:00:00 AM5/5/00
to

home.com

unread,
May 5, 2000, 3:00:00 AM5/5/00
to
Simon van der Schans wrote:

> "Piering" 'n Nederlandse woord??
>
>

Sien hierbo A.S.Pris (Leendert) sesnipperige maar informatiewe
antwoord. Blykbaar het die
Nederlanders ook die woord
"piering" van die Maleiers gekry.
Maar nou vra ek jou: is die
koppie en piering waaraan ons
almal so gewoond is in die
daaglikse lewe, 'n gewoonte
wat ons oorgeneem het van
die Maleiers? Ek kan dit skaars
glo. Die Engelse woord "saucer"
kom van die Franse "saussier" (sous
kommetjie). Wat noem die
Nederlanders "cup and saucer."
(Koppie en piering?)

Gloudina

Dave Du Plessis

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
Roman KittenSaucer Tree" Anri

Dave

Anri Schramm <pe...@t-online.de> wrote in message
news:8eh9er$l2k$1...@news03.btx.dtag.de...
> Hallo Almal


>
> Wat is die latynse naam van Katjiepiering plant?

> Dankie
> --
> Anri
> pe...@nae.de
>
>

Frik

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
Is dit dalk Katjies des Pierings?

Arthur Hagen

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
Gloudina schreef...

> Simon van der Schans wrote:
>
> > "Piering" 'n Nederlandse woord??
>
> Sien hierbo A.S.Pris (Leendert) se
> snipperige maar informatiewe
> antwoord. Blykbaar het die
> Nederlanders ook die woord
> "piering" van die Maleiers gekry.

Ik ken het woord "piering" niet.

> Wat noem die
> Nederlanders "cup and saucer."
> (Koppie en piering?)

Kop en schotel.

Groeten,
Arthur

home.com

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
Arthur Hagen wrote:

> > Wat noem die
> > Nederlanders "cup and saucer."
> > (Koppie en piering?)
>
> Kop en schotel.
>
>

Nouja, Arthur, dis hier waar 'n Afrikaans-sprekende sy hande saamslaan.
"Kop"
is vir hom "head" en "skottel" is vir hom
'n "basin" - gewoonlik 'n los een wat
jy kan ronddra. (As dit 'n "sink" is,
is dit "wasbak." As dit 'n kleinerige
een is, is dit 'n skotteltjie. Maar selfs
'n skotteltjie kan nie so klein soos
'n piering wees nie. En 'n piering is
plat, soos die ding in 'n "cup and saucer."
Dis nie 'n kommetjie nie, en dis nie
'n skotteltjie nie. "Kop en schotel"
klink vir my amper soos iets wat
Salome ingedra het nadat sy Johannes
die Doper onthoof het. Waarin gee
jy die kat melk as jy bietjie melk
op die grond wil sit vir hom?

Gloudina

Kobbe

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
| [ Simon van der Schans: ]
| > "Piering" 'n Nederlandse woord??
| >
|
| [ Gloudina: ]
| Sien hierbo A.S.Pris (Leendert) sesnipperige maar informatiewe

| antwoord. Blykbaar het die
| Nederlanders ook die woord
| "piering" van die Maleiers gekry.
| Maar nou vra ek jou: is die
| koppie en piering waaraan ons
| almal so gewoond is in die
| daaglikse lewe, 'n gewoonte
| wat ons oorgeneem het van
| die Maleiers? Ek kan dit skaars
| glo. Die Engelse woord "saucer"
| kom van die Franse "saussier" (sous
| kommetjie). Wat noem die

| Nederlanders "cup and saucer."
| (Koppie en piering?)
|
|
[Kobbe:]
Nederland: kop en schotel; kopje en schoteltje.
Vlaanderen vrij algemeen: tas(se) en ondertas(se).

Bij een "piering" denk ik aan een regenworm.

Ik dacht dat (En) saucer afgeleid was van (Fr) saucičre. Een
saucičre is tegenwoordig schenkkannetje en schoteltje aan elkaar:
een saus- of juskom.

PAT

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to

Heh heh Gloudina, ek het so lekker gelag vir jou beskrywing. Ek
wonder of die Nederlanders net so lekker lag vir ons snaakse
woorde.
Kop en skottel indeed. n Skottel is ook n ploegskaar of n plat
ding waarin
mens vleis kan braai, alhoewel ek nie die beginsel daarvan kan
verstaan nie,
dit lyk of die vleis in sy eie vet lę en braai. n Rooster het
darem openinge
waar die vet kan uitdrup.

Nou ja, nou is ek heel van die onderwerp af, 'skuus.

Pat
@home.com wrote in article <3914164C...@home.com>...

home.com

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
Kobbe wrote:

> Die Engelse woord "saucer"
> | kom van die Franse "saussier" (sous
> | kommetjie).

> [Kobbe:]


> Nederland: kop en schotel; kopje en schoteltje.
> Vlaanderen vrij algemeen: tas(se) en ondertas(se).
>
> Bij een "piering" denk ik aan een regenworm.
>

> Ik dacht dat (En) saucer afgeleid was van (Fr) saucière. Een
> saucière is tegenwoordig schenkkannetje en schoteltje aan elkaar:
> een saus- of juskom.

Ons "American Heritage Dictionary" dui aan dat "saucer"van die Ou-Frans
"saussier" afkom. Dit sou dan seker met
die Noormanne in 1066 in Engeland ingekom het met
William the Conqueror, indien nie al vroeer nie. Dis interessant
dat daar 'n dialek "Norman French" was : "the dialect of Old
French used in Medieval Normandy and England. The form
of this dialect used in English court and legal circles from the
Norman Conquest until the fifteenth century,still surviving in
some legal formulas. Also called Anglo-French or Anglo-
Norman."

Gloudina

home.com

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
PAT wrote:

> Ek
> wonder of die Nederlanders net so lekker lag vir ons snaakse
> woorde.

Baie, Pat.

Gloudina


>
>
>


home.com

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
PAT wrote:

> n Skottel is ook n ploegskaar

Ja, ek het grootgeword met 'n skottelploeg
.Dit word gebruik nie om voortjies in die grond
te maak nie, maar om die grond om te keer en
dit so aan die buitelug bloot te stel (Eng. aereate.)
Mens moet ploeg tussen die wingerstokke
sodat die grond kan asemhaal.
Toe mense met meganiese "rototillers"
die werk probeer doen het, het hulle egter
opgemerk dat die wingerd nie meer so goed
groei nie, en daar baie meer insekteplae was.
Dit was omdat die vrugbare eilandgrond
so vasgepak was deur veral die wiele van die
trekters dat dit nie meer kon asemhaal nie.

Gloudina

>


Arthur Hagen

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
Gloudina schreef...

> Arthur Hagen wrote:
>
> > > Wat noem die
> > > Nederlanders "cup and saucer."
> > > (Koppie en piering?)
> >
> > Kop en schotel.
> >
> >
>
> Nouja, Arthur, dis hier waar 'n Afrikaans-
> sprekende sy hande saamslaan. "Kop"
> is vir hom "head" en "skottel" is vir hom
> 'n "basin" - gewoonlik 'n los een wat
> jy kan ronddra. (As dit 'n "sink" is,
> is dit "wasbak." As dit 'n kleinerige
> een is, is dit 'n skotteltjie. Maar selfs
> 'n skotteltjie kan nie so klein soos
> 'n piering wees nie. En 'n piering is

> plat, soos die ding in 'n "cup and saucer."
> Dis nie 'n kommetjie nie, en dis nie
> 'n skotteltjie nie. "Kop en schotel"
> klink vir my amper soos iets wat
> Salome ingedra het nadat sy Johannes
> die Doper onthoof het. Waarin gee
> jy die kat melk as jy bietjie melk
> op die grond wil sit vir hom?

Ik heb geen kat, maar als ik 'm melk zou geven, dan doe ik dat in een
kommetje of een kleine hoeveelheid in een schoteltje.

"Kop en schotel" gebruiken we alleen als kombinatie. Haal je ze uit elkaar,
dan heb je een kopje en een schoteltje. Een "kop en schotel" is dus niet een
kop op een schotel, maar een kopje op een schoteltje. Als je dat niet weet
kun je inderdaad rare ideeën krijgen, zoals over de kop van Johannes de
Doper :)

Dat Johannes' hoofd aan Herodias werd aangeboden op een schotel klinkt mij
juist weer wat vreemd in de oren (net nog even nagezocht welk woord precies
gebruikt wordt). Het woord "schotel" op zich (dus zonder -tje) gebruiken we
alleen nog voor bijvoorbeeld ontvangers van satelietsignalen en niet nader
te identificeren vliegende zaken (UFO's). Een grote versie van een
schoteltje is een bord, een schaal of een dienblad (al naar gelang wat je
erop legt; een hoofd zou ik aanbieden op een dienblad).

Hoe noemen jullie een "kopje thee", een "kopje koffie" (of een bakkie), een
"mok chocolademelk", een "schaaltje vla", een "glas melk" en een "kommetje
soep"?

Wassen doen wij ook aan de wasbak (daar wassen we de vaat) of aan de
wastafel (daar wassen we onszelf en poetsen we onze tanden) en als die niet
aan de muur vastgeschroefd zit is het een wasteiltje (voor de vaat) en een
waskom (voor onszelf). Als je op vakantie bent heb je ook vaak aparte
wasbakken voor je kleren. Wil je daarvan een draagbare variant hebben, dan
moet je vragen om een wastobbe.

Groeten,
Arthur

home.com

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
Arthur Hagen wrote:

> Ik heb geen kat, maar als ik 'm melk zou geven, dan doe ik dat in een
> kommetje of een kleine hoeveelheid in een schoteltje.

Nou, as jy die melk nie in 'n piering sit nie, dan kan ek nogaanneem dat jy dit
in 'n kommetjie kan sit en 'n groterige kat
sal seker dit kan bykom (maar 'n ou kleintjie sal nie kan nie.)
Maar om melk vir 'n kat in 'n skotteltjie te gee, sal vir 'n
Afrikaans-sprekende effens onmoontlik wees, omdat die
konsep "skottel" iets oproep wat taamlik groot is. Die
Nederlandse "schotel" is dus effens anders as die Afrikaanse
"skottel."
In die ou dae het die mense in Suid-Afrika ook koffie uit
kommetjies gedrink. Maar hulle was in alle geval groter as
'n piering.

Gloudina

>
>
>
>


Arthur Hagen

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
Gloudina schreef...

> PAT wrote:
>
> > n Skottel is ook n ploegskaar
> Ja, ek het grootgeword met 'n skottelploeg

Uit nieuwsgierigheid ben ik even op het net gaan zoeken, maar ik kwam in
ieder geval geen "schotelploeg" (wel 38 verwijzingen naar een skottelploeg.
Komt het "skottel" van de vorm van de ploeg of is het een variant op
"schoffelploeg", zoals die wordt genoemd op
http://www.chez.com/bournet/nds/vignobleN.htm

Groeten,
Arthur

home.com

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
Arthur Hagen wrote:

> Hoe noemen jullie een "kopje thee", een "kopje koffie" (of een bakkie), een
> "mok chocolademelk", een "schaaltje vla", een "glas melk" en een "kommetje
> soep"?
>

'n Koppie tee, 'n koppie koffie, glas melk, bord of kommetjie sop.

Met 'n "mog" neem ek aan jy bedoel wat die
Engelse 'n "mug" noem. Daar is nie eintlik
'n presiese vertaling (myns insiens) in Afrikaans
vir die Engelse "mug" nie, want die woord
"beker" kan in Afrikaans ook beteken iets
wat uit metaal gemaak is (gewoonlik metaal
met enamel oor.) Ek dink die Engelse woord
"mug" dui byna uitsluitlik met iets wat van
glas gemaak word.
In die ou dae het die mense maklik 'n
blik geneem wat leeg is, 'n oor daaraan geswys
en dit dan as beker gebruik. Die storie is glo
vertel dat iemand eenkeer vir Generaal en Issie
Smuts op hulle plaas gaan besoek het en toe sien
hoe Generaal Smuts uit so 'n tuisgemaakte
blikbekertjie drink. (Dis nou na hy stigterslid
van die Verenigde Volke was, en persoonlike
vriend van die Griekse koninklike familie, onder
andere.)

Wat is 'n "schaaltje vla."
Bedoel jy met "vla" die Engelse "custard" ?
En wat is die schaaltje, anders as dit waarop mens
dinge weeg?

Gloudina

PAT

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
Dit verwys ook na die staaltjie "drie of ses" wat iemand gesę
het toe
hulle gevra is hoeveel teelepels suiker hulle wil hę in hulle
koffie.. Drie as dit n koppie is,en ses as dit n konfytblik vol
koffie is.

pat

@home.com wrote in article <391478E2...@home.com>...

Anri Schramm

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
Ek neem aan dat met 'n "schaaltje" vla, Arthur 'n bakkie (soos in poeding
bakkie) bedoel. In Duits is dit "schale" en "schälchen". Basies 'n
skotteltjie!!:-)
Groete
Anri
pe...@nae.de
<@home.com> schrieb in im Newsbeitrag: 391478E2...@home.com...

> Arthur Hagen wrote:
>
> > Hoe noemen jullie een "kopje thee", een "kopje koffie" (of een bakkie),
een
> > "mok chocolademelk", een "schaaltje vla", een "glas melk" en een
"kommetje
> > soep"?
> >
>
> 'n Koppie tee, 'n koppie koffie, glas melk, bord of kommetjie sop.
>
> Met 'n "mog" neem ek aan jy bedoel wat die
> Engelse 'n "mug" noem. Daar is nie eintlik
> 'n presiese vertaling (myns insiens) in Afrikaans
> vir die Engelse "mug" nie, want die woord
> "beker" kan in Afrikaans ook beteken iets
> wat uit metaal gemaak is (gewoonlik metaal
> met enamel oor.) Ek dink die Engelse woord
> "mug" dui byna uitsluitlik met iets wat van
> glas gemaak word.
> In die ou dae het die mense maklik 'n
> blik geneem wat leeg is, 'n oor daaraan geswys

Anri Schramm

unread,
May 6, 2000, 3:00:00 AM5/6/00
to
???

--
Anri
pe...@nae.de
Dave Du Plessis <dav...@intekom.co.za> schrieb in im Newsbeitrag:
8evlh1$c2e$1...@ctb-nnrp1.saix.net...


> Roman KittenSaucer Tree" Anri
>
> Dave
>

Arthur Hagen

unread,
May 7, 2000, 3:00:00 AM5/7/00
to
Anri Schramm schreef...

> Ek neem aan dat met 'n "schaaltje" vla, Arthur 'n bakkie (soos in poeding
> bakkie) bedoel. In Duits is dit "schale" en "schälchen". Basies 'n
> skotteltjie!! :-)

Precies! Duits is altijd een mooie taal om mee te vergelijken, het staat
iets verder van Afrikaans en Nederlands af, maar is toch nauw verwant.

> <@home.com> schrieb...


> > Wat is 'n "schaaltje vla."
> > Bedoel jy met "vla" die Engelse "custard" ?
> > En wat is die schaaltje, anders as dit waarop mens
> > dinge weeg?

Vla is een toetje. Een melkproduct. Het meest bekend is vanillevla (dat zal
dan de custard zijn, denk ik), maar je hebt ook allerlei andere soorten
tegenwoordig; chocoladevla, aardbeienvla, frambozenvla, .....

Een schaaltje is een kleine schaal (En. dish of bowl). Iemand zou eens een
studie moeten maken van vaatwerk. Wanneer is iets een kommetje en wanneer
een schaaltje. Is het afhankelijk van de vorm, het materiaal of het gebruik
....

Groeten,
Arthur

Arthur Hagen

unread,
May 7, 2000, 3:00:00 AM5/7/00
to
Gloudina schreef...

> Met 'n "mog" neem ek aan jy bedoel wat die
> Engelse 'n "mug" noem. Daar is nie eintlik
> 'n presiese vertaling (myns insiens) in Afrikaans
> vir die Engelse "mug" nie, want die woord
> "beker" kan in Afrikaans ook beteken iets
> wat uit metaal gemaak is (gewoonlik metaal
> met enamel oor.) Ek dink die Engelse woord
> "mug" dui byna uitsluitlik met iets wat van
> glas gemaak word.

Vreemd, ik had verwacht dat jullie die term ook in één of andere vorm wel
gebruikten. Het Engelse "mug" en de Nederlands "mok" zullen wel van
hetzelfde woord afkomen (een millenniumpje of zo geleden).

Een mok is van aardewerk of van (geëmaileerd) metaal), maar niet van glas
(dan zou ik het liever een pul noemen). Een mok heeft een oor, een beker
niet.

Een beker kan ook van verschillende materialen gemaakt zijn, in ieder geval
van aardewerk, piepschuim en plastic. Niet van glas, want dan is het een
glas. Of van doorzichtig blank plastic, want dan is het ook een glas :-)

Groeten,
Arthur

Anri Schramm

unread,
May 7, 2000, 3:00:00 AM5/7/00
to
Terug na Duits toe: 'n Koppie is "eine tasse". En 'n beker is "ein becher".
'n Melkbeker is egter nié 'n milch"becher" nie, maar wel 'n milchkrug.
M.a.w. seker kruik in Afrikaans!?
...en so aan en so aan...
--
Anri
pe...@nae.de
Arthur Hagen <hag...@topmail.de> schrieb in im Newsbeitrag:
8f25ss$n6o$1...@porthos.nl.uu.net...

Kobbe

unread,
May 7, 2000, 3:00:00 AM5/7/00
to
| [ Gloudina: ]

| > | Die Engelse woord "saucer"
| > | kom van die Franse "saussier" (sous
| > | kommetjie).
|
| > [Kobbe:]
| > Nederland: kop en schotel; kopje en schoteltje.
| > Vlaanderen vrij algemeen: tas(se) en ondertas(se).
| >
| > Bij een "piering" denk ik aan een regenworm.
| >
| > Ik dacht dat (En) saucer afgeleid was van (Fr) saucičre. Een
| > saucičre is tegenwoordig schenkkannetje en schoteltje aan

| > elkaar: een saus- of juskom.
|
| [ Gloudina : ]

| Ons "American Heritage Dictionary" dui aan dat "saucer"van die
| Ou-Frans "saussier" afkom. Dit sou dan seker met
| die Noormanne in 1066 in Engeland ingekom het met
| William the Conqueror, indien nie al vroeer nie. Dis interessant
| dat daar 'n dialek "Norman French" was : "the dialect of Old
| French used in Medieval Normandy and England. The form
| of this dialect used in English court and legal circles from the
| Norman Conquest until the fifteenth century,still surviving in
| some legal formulas. Also called Anglo-French or Anglo-
| Norman."

[ Kobbe: ]
Ik zei al "ik dacht..." Bij vliegende schotels (flying saucers)
zag ik in gedachten altijd al schotels met "een opbouw"
voorbijzweven. Komplete juskommen, zeg maar !
Nu moet ik al mijn jongensdromen herzien..? Snik..!

Arthur Hagen

unread,
May 7, 2000, 3:00:00 AM5/7/00
to
Anri Schramm schreef...

> Terug na Duits toe: 'n Koppie is "eine tasse". En 'n beker is "ein
becher".
> 'n Melkbeker is egter nié 'n milch"becher" nie, maar wel 'n milchkrug.
> M.a.w. seker kruik in Afrikaans!?
> ...en so aan en so aan...

Een "Krug" wordt in mijn woordenboek inderdaad vertaalt als "kruik", maar
als 'n mogelijke vertaling voor "Becher" vind ik ook "kroes". Ik denk dus
dat je "Milchkrug" beter kunt vertalen als een melkkroes, want uit een kruik
drink je geen melk, eerder wat sterkers.

Groeten,
Arthur


Gary Bartholomew

unread,
May 7, 2000, 3:00:00 AM5/7/00
to

<@home.com> wrote in message

>
Ek dink die Engelse woord
> "mug" dui byna uitsluitlik met iets wat van
> glas gemaak word.

Nee ek dink die vorm eerder as die materiaal is wat die verskil maak. 'n
"Mug" het 'n eenvoudige silidriese vorm met 'n handvatsel aan. As daar 'n
verskil is tussen "mug" en "beker", dan is dit baie klein. Mens kan bv. uit
'n "coffee mug" koffie drink, of uit 'n "cup". (Die "cup" verbreed van onder
na boontoe, en het ook 'n handvatsel- 'n "koppie").


Inga Van Meerbergen Verreet

unread,
May 7, 2000, 3:00:00 AM5/7/00
to
In Nederlands is het "kop(je) en schotel(tje)" en in Vlaams praten we van
een "tas en ondertas".
Piering is geen hedendaags Nederlands woord!
Met Vlaamse groeten,
Inga Verreet

>>
>
>Die Engelse woord "saucer"
>kom van die Franse "saussier" (sous
>kommetjie). Wat noem die

>Nederlanders "cup and saucer."
>(Koppie en piering?)
>
>Gloudina
>
>

Dries Venter

unread,
May 7, 2000, 3:00:00 AM5/7/00
to
Daar in die Kaiingbulte na Kenhardt se kant toe, naby Verneukpan, is 'n
plaas, Koppie, 'n heel algemene plaasnaam in SA. Net so 'n entjie van hom
is die plaas Piering...

Groete,
Dries Venter

@home.com <@home.com> wrote in message <391348D0...@home.com>...

Dries Venter

unread,
May 7, 2000, 3:00:00 AM5/7/00
to
Wat jy aan dink is waarskynlik 'n dis. As jy met 'n skottelploeg tussen die
wingerde inry, kgaan jy baie lang trane huil. 'n Skottelploeg kan maklik
meer as 'n voet diep ploeg, terwyl 'n dis die grond so 6-9" diep omkeer (jou
"aerate")

Groete,
Dries Venter

@home.com <@home.com> wrote in message <39145BAB...@home.com>...


>PAT wrote:
>
>> n Skottel is ook n ploegskaar
>
> Ja, ek het grootgeword met 'n skottelploeg

home.com

unread,
May 7, 2000, 3:00:00 AM5/7/00
to
Dries Venter wrote:

> Wat jy aan dink is waarskynlik 'n dis. As jy met 'n skottelploeg tussen die
> wingerde inry, kgaan jy baie lang trane huil. 'n Skottelploeg kan maklik
> meer as 'n voet diep ploeg, terwyl 'n dis die grond so 6-9" diep omkeer (jou
> "aerate")
>

Wel, jy mag reg wees. Maar wat hulle wou doen tussen die wingerdrye,
was om baie dieper as 'n voet in te gaan. Sommige jare het my pa-hulle
die grond tussen die wingerdstokke oopgegrawe en ou wingerdlote daarin
begrawe, met dieselfde doel.
Onthou, in die wingerdlande waarvan ek nou praat, was elke wingerdstok
onafhanklik van die ander, en nie aan 'n draad opgelei, soos dit in meeste ander

dele van die wereld gebeur nie. Elke winter het my pa-hulle elke individuele
stok "gevleg." Mens kies vyf van die beste en sterkste lote, sny die ander uit,

en vleg dan hierdie lote saam in 'n soort van 'n mandjie. Hieraan groei die
nuwe lote dan die volgende lente. Snaaks, ek het nog nooit dieselfde ding
in ander wingerdlande gesien nie. Hulle is amper altyd aan 'n draad opgelei.

Gloudina


Afro Ozzie

unread,
May 9, 2000, 3:00:00 AM5/9/00
to

Vandag nog word onopgeleide wingerd (bosstok) deur sekere wynmakers
verkies.
Dit is net moeiliker om te oes. (meer rugbreek werk). Die vleg van
stokke
word nog gedoen deur sekere wingerd boere om die stok te "skok" as hy te
welig sou groei, veral as die grond te vrugbaar is.
Groete
Afrozzie


In article <3915E811...@home.com>,
@home.com wrote:

> Wel, jy mag reg wees. Maar wat hulle wou doen tussen die wingerdrye,
> was om baie dieper as 'n voet in te gaan. Sommige jare het my pa-hulle
> die grond tussen die wingerdstokke oopgegrawe en ou wingerdlote daarin
> begrawe, met dieselfde doel.
> Onthou, in die wingerdlande waarvan ek nou praat, was elke
wingerdstok
> onafhanklik van die ander, en nie aan 'n draad opgelei, soos dit in
meeste ander
>
> dele van die wereld gebeur nie. Elke winter het my pa-hulle elke
individuele
> stok "gevleg." Mens kies vyf van die beste en sterkste lote, sny die
ander uit,
>
> en vleg dan hierdie lote saam in 'n soort van 'n mandjie. Hieraan
groei die
> nuwe lote dan die volgende lente. Snaaks, ek het nog nooit dieselfde
ding
> in ander wingerdlande gesien nie. Hulle is amper altyd aan 'n draad
opgelei.
>
> Gloudina
>
>


Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.

boshof...@gmail.com

unread,
Apr 12, 2015, 10:17:55 PM4/12/15
to
On Sunday, April 30, 2000 at 3:00:00 AM UTC-4, Anri Schramm wrote:
> Hallo Almal
>
> Wat is die latynse naam van Katjiepiering plant?
> Dankie
> --
> Anri
> pe...@nae.de

Ek het die volgende artikel tee gekom:

Ons weeklikse tuinrubriek deur prof. Kristo Pienaar
U probleem met die gewilde katjiepiering word deur talle ander
tuiniers gedeel, mev. E. Bisschoff, Koedoestraat 72, Queenswood,
Pretoria.
Mev. Bisschoff skryf: ''Ek het al van die een uithoek na die
ander getrek met my katjiepiering. Hy bly net 'n klein rukkie groen
waarna die blare vergeel en hy wegkwyn. Engelse sout help so
bietjie, maar nie na wense nie''.
Ek onthou dit baie goed dat my moeder se katjiepiering gedy het
in volle son voor die huis op die plaas teen die noordekant van die
Magaliesberg. Sy had een geloof: Die gebruikte teeblare in die
teepot gaan katjiepiering toe.
As jong seun kon ek dit nie begryp nie, maar vandag weet 'n
mens dat die looisuur in die teeblare ook mettertyd die grond by die
katjiepiering suurder maak. En dit is sy geheim tot sukses. En ou
boeta, die grond moet sommer baie suur wees: pH 4,5 tot 6. Onthou
daarby dat pH 7 min of meer neutraal is.
Ek wil vertrou dat u 'n eie toetsstelletjie besit om pH te
bepaal. U kan 'n elektroniese metertjie koop wat in die grond gedruk
word en dadelik die pH (suurgrond) aandui of 'n chemiese stelletjie
waarmee vlakke van pH, stikstof, fosfor, potas (kalium) in die grond
vasgestel kan word.
Plant u katjiepiering waar dit, nie soos my moeder s'n nie,
darem halfdag skadu kry. Gee baie water in die somer. Lekker bros
grond met volop suur kompos of ander organiese materiaal is
noodsaaklik.
Gee maandeliks 'n handvol beenmeel in die groeiseisoen. Voed
een keer in die lente met twee handevol (vir 'n groot struik) 3:1:5
(26) SR- kunsmis en werk dit liggies in. Dit kan ná twee maande
herhaal word. Dit bevorder gesonde groei en blomvorming.
Volop verrotte dennenaalde en eikeblare help om die gond suur
te hou. Blomswael of ysterchelaat kan ook gebruik word. Volg die
gebruikaanwysings. Kry nietemin meer inligting by die verskaffer van
die produkte. Te veel Engelse sout (magnesiumsulfaat) is nadelig.

ek bly in kanada en my katjiepiering oorleef buite met sneeu en al!
sterkte
pb
0 new messages