Google Groups no longer supports new Usenet posts or subscriptions. Historical content remains viewable.
Dismiss

"Die oue wilg" deur TOTIUS

43 views
Skip to first unread message

home.com

unread,
Jul 22, 2001, 9:41:08 PM7/22/01
to
Die oue wilg

Totius (1877-1953)

Die oue wilg
se takke het
al dae, dae lang,
vergeeld, vergaan,
in wind en kou,
armoedig neergehang.

Die flenters lê
by hope langs
die stofpad saamgewaai;
alleen die ra-
fels hang nog om
sy lede rond te swaai.

Sy mantel het
nog kort gelee
tot op die grond genaak;
by windgeroer
het dit geplooi
en sag soos sy gekraak.

Dié stasiekleed
is weg en in
die wind staan hy te kla:
'n monnik net
wat om sy skuld
die boetekleed moet dra.

'n Eikeboom
het takke wat,
soos uitgestrekte arme,
in wintertyd
na bo bly wys,
sterk-smekend om erbarme;

maar hier is net
gelatenheid
bo soveel prag-berowing,
en skraal geblink
van bogies na
die somerglans-verdowing.

o Wilgerboom,
beeld van my skuld!
So naak en uitgetoë
is ook my siel,
verarmoed en
so diep terneergeboë!

Maar tog is jy,
so kaal en in
jou groue bedeldrag,
gelyk'nis van
'n stil geloof
en immer-hopend wag.

Jou rafels is
die harekleed
van Gods profeet, so streng,
wat by berou
beloft'nis van
herlewe weer kom breng.

En as die wind
jou rust'loos roer,
dan hoor ek hierdie spraak:
"Al lyk ek nou
so dubbel dood -
ek sal weer herontwaak!"


Jonas

unread,
Jul 22, 2001, 12:35:40 PM7/22/01
to
Potchefstroom gaan rustig voort. Totius staan steeds daar.
'n Paar weke terug plek gaan bespreek vir Aardklop. Toe ontdek ek 'n
straatjie wat ęrens in Europa kon wees - koffietafels buite, en baie
studente. Tot my verbasing selfs 'n winkeltjie wat (openlik)
hemp/kannabis/boom/tarzantwak neweprodukte verkoop. Ek vra die
kaftangeklede, Afrikaanse (!) meisie waarvoor die pype en "bubblies" is - en
sę sy kordaat jy kan daarmee maak wat jy wil...
Haar verbasing was groot toe ek aan haar verduidelik hoe dagga lei tot
vigs - hoogs oordraagbaar in die aanhoudingsselle wanneer jy met die middel
betrap word.
<@home.com> wrote in message news:3B5B819F...@home.com...
Die oue wilg

Totius (1877-1953)

Die oue wilg
se takke het
al dae, dae lang,
vergeeld, vergaan,
in wind en kou,
armoedig neergehang.

Die flenters lę

0 new messages