Grade 5 Afrikaans Sonder Grense Pdf

0 views
Skip to first unread message

Klacee Sawatzky

unread,
Aug 3, 2024, 4:10:58 PM8/3/24
to sembburtandcon

The 'Hervormde' blend of Barthian view of Scripture leads to a specifically nuanced concept of biblical truth. Biblical truth is neither knowledge, dogma or faith propositions, nor historical, scientific or geographical truth. Biblical truth is a Person, sharing in dialogue with humanity regarding a relationship of God for humanity. Biblical truth is relational and metaphorical. Its imperatives are demythologisation, and ideological and cultural critique. This concept of truth is in contrast to the truth concept of most church members, because of their literal and often fundamentalist views of Scripture. In order to convey understanding of the truth concept, the 'Hervormde' view of Scripture should be discussed with them. A confession should be formulated for post-modern believers.

'Waarheidsbegrip' verwys in hierdie artikel na die soort waarheid wat in die Bybelse dokumente gevind word. Hoe Bybelse waarheid verstaan word is direk afhanklik van Skrifbeskouing. Hierdie artikel volg op 'n voorafgaande artikel oor die Hervormde variant van Karl Barth se Skrifbeskouing en handel oor aspekte van 'n waarheidsbegrip geformuleer na aanleiding daarvan. In hierdie artikel word nie alleen verwys na teolo aan die Pretoria Universiteit se Teologiese Fakulteit nie, maar ook ander teolo n.a.v. hulle relevante publikasies in Hervormde Teologiese Studies. Die artikel se aanpak is nie histories en kronologies nie.1 Hervormde teolo se insigte oor Skrifbeskouing en aspekte van waarheidsverstaan, of afleidings gegrond daarop, is geneem as rubrieke vir hierdie argument.

Dit is belangrik om daarop te let dat die waarheidsbegrip wat hier aan die orde kom, spesifiek voortvloei uit die Hervormde weergawe van Barth se Skrifbeskouing. Dit is nie algemeen geldend in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika nie, hoewel sodanige Skrifbeskouing deel was van die opleiding van predikante. Sommige Hervormde teolo aan die fakulteit en predikante onder hulle invloed, het nie die Hervormde weergawe van Barth se Skrifbeskouing aanvaar nie, maar vasgesteek by 'n letterlike Skrifverstaan, wat 'n andersoortige waarheidsbegrip tot gevolg het. Verder verskil lidmate sonder teologiese opleiding se waarheidsbegrip ook grootliks van die onderhawige.

Die Barthiaanse vertrekpunt is dat dit in die Skrif as openbaring handel oor Jesus Christus as God se eie direkte en onbemiddelde spreke midde in die geskiedenis as eenmalige, beslissende gebeure (Van Zyl 1944:124). Met Christus as die spreker van God se spreke word dit duidelik dat die waarheid van huis uit 'n Persoon is en nie kennis of 'n geopenbaardheid nie (Buitendag 2008:1136). Tog is dit so dat die Skrif nie direkte toegang tot God en Christus bied nie. Die neerslag van mense se veelvuldige en soms uiteenlopende geloofsverstaan in bepaalde sosio-kulturele en historiese kontekste word in die Bybel tegekom. Om eenheid midde in die verskeidenheid van spreke oor God en verstaan van God te vind, is harmonisering nie die oplossing nie. Daarby maak die polivalensie van tekste die saak nog ingewikkelder, omdat daar nie gepraat kan word van 'die' betekenis van die teks nie (Pelser 1989a:446-447). Van Aarde bied 'n werkbare oplossing aan. Hy keer met 'n ander roete terug na Barth se vertrekpunt, naamlik Christus, deur die 'Jesus-saak' as kanon agter die kanon voor te stel (Van Aarde 2012). Hierdie oplossing is werkbaar omdat histories-kritiese eksegese tot 'n groot mate kon vasstel wat die waarskynlike woorde en dade van Jesus en die geloofsuitinge van sy volgelinge was, en kan sodoende die wesenlike van die Jesus-saak dekodeer op so 'n manier dat gelowiges vandag steeds aan die Jesus-saak kan deelneem (Van Aarde 2001:150). Die tradisies wat oorgelewer is en in die tekste neerslag gevind het, dui op die historiese en tradisie-aard van die kerugma. Jesus word verstaan as God se koms na die mense. Deur die tradisies hieroor ontmoet God mense steeds en leer mense God ken as God vir die mense. Dit sluit nie die Ou-Testamentiese tekste uit nie, omdat God daarin ook so aangebied word (Van Aarde 2001:148-149; 2012). Van Aarde se sienswyse hieroor gee dus 'n tree verder met die ontwikkeling van 'n waarheidsbegrip deur die relasionele aard aan te dui.

Met die vertrekpunt dat die waarheid waarvan die Skrif getuig 'n Persoon is, God vir die mense, behoort ges te word watter soort waarheid die Skrif nie pretendeer om aan te bied nie. Die waarheid van die Skrif is nie gele in die historiese, wetenskaplike, geografiese of enige ander vorm van akkuraatheid van die inhoud nie. Dit is dus nie historiese, geografiese, kulturele of wetenskaplike waarheid nie. Die Bybelskrywers is ook nie deur die Heilige Gees genspireer in die sin dat alle aspekte van wat hulle geskryf het waar is vir alle tye nie. Stellings is dus nie waar bloot omdat dit in die Bybel geskryf staan nie. Dit is nie ewige waarhede, proposisies en dogmas nie. Dit is ook nie waarheid omdat die Bybel as 'n genspireerdheid beskou word nie. Waarheid beteken dus nie onfeilbaarheid nie. Die waarheid van die Bybel, naamlik die spreke van God in Jesus Christus, is in feilbare en feilende mensewoorde verwoord (Van Zyl 1944:127-128).

Wanneer ges word dat die waarheid van die Skrif 'n Persoon is, beteken dit nie dat God as objek volledig kenbaar word nie. Openbaring is tegelyk verhulling, want die spreke oor God is indirek, 'n teken van 'n teken (Buitendag 2008:1138). Daarom is daar ook nie sprake van objektiewe spreke oor God nie, omdat dit altyd persoonlik en subjektief is. Die vertrekpunt dat die waarheid 'n Persoon is, skiet dus tekort en vra om aanvulling wat die subjek-objek skema ophef. Daartoe kan die metafoor van 'n ontmoeting bydra. Die waarheid is nie slegs 'n Persoon nie, maar Persoon in ontmoeting, 'n gebeure, 'n dialoog (Van Zyl in Geyser 1989:259-260).

Met die vertrekpunt dat die waarheid 'n Persoon is en dat dit handel oor 'spreke' waarvan die inhoud is dat God vir die mense is, kan dit nie anders as dat die waarheid die kenmerk van 'n kommunikasiegebeure sal dra nie. Dit impliseer 'n soort ontmoeting waar minstens twee partye deelneem aan 'n gesprek. Hierdie ontmoeting vind plaas wanneer God deur die kerugma tot iemand spreek. Die feilbare mensewoorde van die kerugma, of dit in die Skrif, die prediking of sakramente is, word die gebeurtenis van God se eie spreke tot mense (Van Zyl 1944:127). Hierdie ontmoetingsgebeure is geen noodwendigheid nie. Daar is dus geen noodsaak vir God se spreke tot mense nie. Dat God tot mense spreek is net genade. Maar hierdie spreke is nooit los te maak van die Skrif as Woord van God nie, maar tegelyk moet God se spreke deur feilbare mensewoorde opnuut Woord van God word vir die toehoorders daarvan. Dit is nie sonder meer so nie (Van Zyl 1944:126).

Die Bybel bevat die neerslag van menslike geloofsverstaan, wat beteken dat gelowiges bepaalde gebeure ervaar het as God se selfbetuiging aan hulle oftewel God se aanspraak op hulle (Pelser 1989a:444), aldus 'n 'ontmoeting' met God. Sodanige ontmoetings het altyd 'n datum (Van Zyl 1944:128) en derhalwe 'n identifiseerbare sosio-kulturele en historiese gesitueerdheid, of dit nou in die onderskeie Bybelse dokumente is, of die kerugma wat op grond daarvan tot mense spreek. Geloofsverstaan is gegrond in die erkenning van deur God aangespreek te wees (Van Zyl 1944:130) op so 'n manier dat 'n mens God in die hart kon kyk (Buitendag 2008:1136-1137) en God sien as die Komende na mense toe, ten einde God vir mense te wees (Van Aarde 2001:148-149); God met ons (Buitendag 2008:1136). Geloofsverstaan is dus persoonlik en die spreke daaroor subjektief. Die toehoorder van God se Anrede is eksistensieel betrokke daarby en word voor die keuse gestel om persoonlike eksistensie te laat bepaal deur die 'hart' van God komende, as God pro me. Dit is geloof as positiewe deelname aan die dialoog met God en die gevolg van die kerugma (Van Aarde 2004:511). Alleen deur geloof is God se aanspraak herkenbaar, word kerugma Woord van God en kom God herkenbaar tot spreke deur Christus; word geloof antwoord op God se spreke. Tog is God se aanspraak ook konfrontasie wat disorinteer n herorinteer; wat versoening aanbied n bekering vereis; wat verras, oorweldig, uitdaag, ontstel, konfronteer, verbaas (Buitendag 2008:1149) en dus 'n nuwe verhouding daarstel.

Die waarheid van die Bybel is daarom nie 'n voor-die-handliggende waarheid nie. Net soos die Bybel opnuut Woord van God moet word deurdat ons die aanspraak van God op ons daarin verneem, so moet die waarheid van die Bybel opnuut God se waarheid vir ons word. Wanneer ons die Bybel lees, beskik ons dus nie oor die waarheid nie, maar hoop ons om telkens weer die openbaringswaarheid van God daarin te verneem. Sonder geloof is hierdie waarheid nie geloofwaardig nie. Die Bybelse waarheid word egter nie vir geloof, vir die Kerk, waarheid waaroor ons beskik nie, maar waarheid wat oor ons beskik en ons oortuig dat ons aan God behoort. Hierdie waarheid is dus God se genade aan ons, die inhoud sowel as die geloof wat dit as beslissende waarheid aanvaar. Hierdie waarheid is die waarheid wat die Kerk moet verkondig (Van Zyl 1944:129-132).

Die ontmoetingsgebeure met die waarheid kan 'n dialoog word wat 'n verhouding of relasie tot gevolg het, wat die Bybel geloof noem. Die waarheid is dus nie alleenlik by die objek of slegs by die subjek waarneembaar nie, maar in die relasie. Om die waarheid as relasie te ontbloot raak die netwerk van sosiale bindings waarby 'n persoon ingebed is. Danksy die insigte van die Kennissosiologie het dit duidelik geword dat sosiale groeperings hulle sosiale funksionering legitimeer aan die hand van 'n simboliese verstaansraamwerk. Dit kan byvoorbeeld hulle godsdiens, filosofie, verstaan van hulle herkoms of hulle politieke ideologie wees. Sonder so 'n oorkoepelende sisteem kan 'n groep nie hulle identiteit, leefwyse en voortbestaan verseker nie, omdat die denksisteem dit alles legitimeer. Daarsonder word alles sinloos en gaan die sosiale orde tot niet. Hierdie insigte bring die gevolgtrekking dat daar vir verskillende sosio-kulturele groeperings verskillende idees kan bestaan oor wat waarheid en singewend sou wees. Hieroor het elke groep eie vooronderstellings. Eksegete en Bybelskrywers kom uit 'n verskeidenheid sodanige sosio-kulturele en teologiese groeperings (Geyser 2000:528-530), wat impliseer dat die grense van 'waarheid' nie meer duidelik omlyn is nie, maar eerder geperforeerd is. Die erkenning hiervan het tot gevolg dat die objektiewe beskouing van die waarheid verwerp word en dat beweeg word in die rigting van 'n subjektiewe verstaan, waar eksegete deelneem aan die 'produseer' van die waarheid. 'n Poging tot balans tussen die twee uiterstes word verkry wanneer die relasie tussen die pole van subjek en objek die fokuspunt word in die sogenaamde relasionele waarheidsbegrip volgens die 1981 Rapport aan die Gereformeerde Kerken van Nederland getitel 'God met ons' (Geyser 2000:530-532). Die waarheid van die Bybel is nie gelyk te stel aan die optelsom van objektiewe en subjektiewe siening van die Bybelleser nie (Geyser 1985:121). Waarheid is dus gele in die aard van die verhouding tussen objek en subjek, wat opnuut ontdek moet word, midde in hulle eie sosio-kulturele staanplek. Waarheid is nie 'n objek, 'n ding wat voorhande is en opgeraap kan word nie. Dit is iets wat slegs met moeite aan die lig gebring kan word (Geyser 2000:531). Daarby is die waarheid van die Bybel alleen te ken binne die raamwerk van 'n geloofsverhouding met Christus (Van Aarde & Geyser 2004:17). Dit kan omskryf word as 'ontmoeting met God in die Seun' (Van Aarde & Geyser 2004:18), wat aandui dat die waarheid 'n relasionele gebeurteniskarakter het en dinamies is. Van Zyl (in Geyser 1989:259-260) praat daarom na aanleiding van Emil Brunner oor die waarheid as ontmoeting. Wie deur die Woord in aanraking kom met die wesenlike van die openbaring, Jesus Christus, word ook geroep tot 'n persoonlike verhouding en God.

c80f0f1006
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages