Wetenskaplikenotasie is 'n drywende kommanotasie met grondtal 10. Dit is 'n manier om baie groot en klein getalle voor te stel as die aantal heel magte van 10. Die getalle word weergegee in die vorm a 10 b \displaystyle a\times 10^b waar die eksponent b 'n heelgetal is en a enige rele getal is. Die getal wat deur a verteenwoordig word, word die koffisint genoem. Die notasie maak dit maklik om twee getalle met dieselfde aantal syfers voor die desimale punt met mekaar te vergelyk, aangesien die een met die groter eksponent die groter getal is. In so 'n geval word b die getal se ordegrootte genoem. Wetenskaplike notasie is 'n baie nuttig hulpmiddel vir wetenskaplikes.
Positiewe eksponente verteenwoordig getalle groter as nul en negatiewe eksponente verteenwoordig getalle kleiner as nul. Sodoende kan baie groot getalle asook baie klein getalle maklik met die notasie verteenwoordig word. 'n Getal soos 123.456.789.012.345 word byvoorbeeld weergegee as 1.23 1014 en 'n baie klein getal soos 0,000000000000345 kan geskryf word as 3.45 10-13.
Wetenskaplike notasie is nuttig om die presiesheid waarmee 'n hoeveelheid gemeet word aan te dui. Deur slegs die beduidende syfers (die syfers wat as betroubaar beskou kan word) in die koffisint in te sluit word die presiesheid implisiet weergegee. Enige fisiese grootheid in wetenskaplike notasie word aanvaar as niks minder presies as die aantal syfers wat aangehaal word nie. Wanneer presisie in metings noodsaaklik is, moet meer gesofistikeerde uitdrukkings van meetfoute gebruik word.
3a8082e126