Whena wind veers it changes direction in a clockwise direction. In other words, a westerly wind would become a north westerly wind. A backing wind would change from a northerly wind to a north westerly wind.
In the northern hemisphere low pressure, relatively warm air systems, known as depressions, revolve in an anti-clockwise direction. Cooler air, high pressure, systems, sometimes called anticyclones, revolve in a clockwise direction.
Therefore, if you know where the centre of a high or low pressure system is located, relative to your position, and you know its direction, you can establish whether a wind direction will veer or back.
During the passage of a low pressure system in the northern hemisphere, the passage of a warm front, warm sector and cold front will result in the wind veering (at the warm front), stabilising through the warm sector and then veering again at the cold front.
Di projek bied nie bloot 'n alfabetiese lys van die verskillende spreekwoorde aan nie. In die bespreking van die gekose spreekwoorde kyk die outeur kortliks na die oorsprong en die betekenis van die uitsprake.
Di Agie was Agie van Enckhuysen en haar geskiedenis het behoue gebly. "Die uitdrukking is ontleen aan 'n 17de-eeuse klugtige vertelling, oorspronklik van de milde St. Marten en oorgeneem deur Jan Zoet in 'T leven en bedrijf van Clement Marot onder die tietel [sic] Kluchtig Avontuurtje van 't Nieuwsgierig Aeghje van Enckhuysen. Hiervan het Bormeester 'n klugspel gemaak: 't Nieuwsgierig Aegje." (D.F. Malherbe)
In Oufrans het bai(i)le "slagboom" beteken, uit Latyn baculum ("stok"). Dit was in die hof die leuning wat die plek van die advokate afskei sodat die gepeupel nie by hulle kon kom nie. Di plek het later ook die betekenis verkry van die "orde van advokate". Presies dieselfde het in Engels gebeur waar die bar ook die advokate van die hofgangers geskei het.
'n Berugte bende diewe met Louis Dominique Cartouche (gebore in 1693) as leier het 'n skrikbewind in Parys gevoer. Sy van is in Afrikaans vervorm tot Kardoes. Hy is in 1721 op die rad gebreek op die Place de Grve in Parys.
Die woord wimpel se betekenis reeds ongeveer 700 jaar gelede in Middelnederlands was eerstens "sluier, doek" (en dan onder andere ook "vlag"). Bewimpel het dus "versluier, met doeke omgedraai" beteken. Middelnederlands is die Nederlands wat ongeveer tussen 110 en 1500 n.C. gepraat is.)
Die bloos-deel van die idioom is voor die hand liggend, maar die blik nie. Die woord gaan terug op die Middelnederlandse werkwoord blikken, "skitter, in die oog val". As gevolg van klinkerverandering wat ablaut genoem word, het die blik in bleek verander, waarvan ook duidelik bleik woordfamilie is. As vrees 'n mens beetpak, dan word jy bleek, soos 'n laken. In hierdie toestand is dit maklik om te verstaan dat jou gesig 'n waarnemer sal opval. Die uitdrukking beteken dus om iets te doen sonder om bang of skaam te wees.
Iemand wat "blou bloed" het, word gereken as 'n lid van die adel of van koninklike afkoms. Oorspronklik is dit net ges van die Spaanse adel (met ligte velle) wat geen Moorse bloed in hulle gehad het nie. Die uitdrukking kom daarvandaan dat mense met ligte velle se are blou vertoon onder die vel - soos wat die Spanjaarde s'n inderdaad was.
Volgens oorlewering het oom Paul Kruger 'n bobbejaan aangehou. Op 'n koue dag was daar 'n vuur naby die paal waaraan die dier vas was. Die bobbejaan het gedraai, sy stert deur die vuur geswaai en na oom Paul gehap wat toevallig aan die verbystap was.
In Middelnederlands al was boeg 'n ander naam vir die blad of bo-arm van 'n dier of 'n mens, maar veral van 'n perd. As 'n mens dus jou boeg lam geskrik het, was dit soos 'n perd wat te ver gehardloop het en in die boe moeg geword het.
Die Bokveld, volgens een bron, was vroer 'n verwysing na die hel, na aanleiding van die laaste oordeel beskryf in Mattheus 25 waar die bokke na die ewige vuur gaan. Later sou die betekenis dan uitgebrei het tot die algemene "doodgaan".
Die slypsteenvrees berus op 'n oorlewering dat die duiwel as straf die slypsteen moet draai as hy 'n dronk man laat verongeluk. Die knapsakvrees het 'n ander oorlewering as oorsprong: Dit is gegrond op 'n ou Vlaamse verhaal oor die smid wat sy siel aan die duiwel verkoop het. Hierdie soort verhaal het reeds in 1587 in Frankfurt verskyn in Johann Spiess se Historia von D. Johann Fausten, waarin Faust ('n historiese figuur wat deur sy handelinge ook Martin Luther oortuig het dat hy oor demoniese magte beskik) 24 jaar se jeug, kennis en towerkrag van die duiwel ontvang in ruil vir sy onsterflike siel. Ons Vlaamse smid kon ongelukkig nie dieselfde kontrak beding nie en moes met sewe jaar tevrede wees. Tydens die sewe jaar kom Sint Petrus daar aan om sy donkies te laat beslaan. Die smid, waarskynlik onder die indruk van die vernaamheid van die besoeker, doen die nodige gratis. Sint Petrus skenk hom toe drie wense. Die smid vra gewoon dat iemand wat op sy stoel gaan sit, nie sonder sy verlof sal kan opstaan nie. Dieselfde wens geld ook vir iemand wat in sy geldsak kruip of in sy peerboom klim. Volgens die kontrak kom die duiwel na sewe jaar terug om sy smid te eis. Die smid nooi hom om te gaan sit solank as wat hy hom vir die reis gaan klaarmaak. Toe die smid terugkom, kan die duiwel nie opstaan nie en die smid laat hom eers belowe dat hy nog sewe jaar sal wag voordat hy weer terugkom. Die volgende keer haal die smid die duiwel oor om pere te gaan pluk as padkos vir die reis, met dieselfde resultaat van nog sewe jaar se uitstel. Die derde keer groet die smid hom vriendelik en knoop 'n praatjie aan. Is dit waar dat jy jou baie groot kan maak? vra hy. Die duiwel knik en skielik is hy so groot soos 'n toring (so lui die Vlaamse verhaal, nie soos 'n reus of berg nie). Kan jy jou ook so klein maak dat jy in hierdie sakkie kan kruip? vra die smid. Natuurlik kan die duiwel dit doen. Die smid knoop skielik die sak toe en sit dit op die aambeeld. Hy roep al die manne met hulle hamers en beveel hulle om op die sak te slaan. Hulle het die duiwel behoorlik plat geslaan, en voordat hulle hom laat loop het, moes hy belowe dat hy die smid nie weer sou lastig val nie. Maar vanaf daardie tyd is hy bang vir 'n sak.
Die stokkie waarna verwys word, is die sotskolf wat die nar aan die hof van die koning gedra het (dikwels in die vorm van 'n stok met eselsore). Die spreekwoord was eintlik 'n vermaning aan die nar om sy grappies nou te staak en vir homself te hou (letterlik op sy stok). Daar is 'n Groningse toevoegsel en 't stokje in 't vuur wat daarop dui dat die situasie so ernstig is dat die nar sommer die stok (met grappies en al) moet verbrand.
Die Switsers was die eerste bekende huursoldate en sou by enige ler aansluit as die besoldiging reg was. In teenstelling met hulle neutrale beeld van vandag as koekoekklokmakers was hulle kranige krygers wat gevrees is vanwe hulle onverskrokkenheid. Om hierdie beeld verder te bevorder, het hulle woeste snorre gekweek wat hulle lippe grotendeels verberg het sodat dit gelyk het asof daar hare op hulle tande is. Dit het die vyand laat besluit dat iemand wat hare op sy tande het nie vir die duiwel sou stuit nie.
Mense beklemtoon die heinde altyd asof dit 'n groot afstand aandui, terwyl die woord van hand afgelei is met die betekenis "naby". Dit beteken al in Middelnederlands "wat by die hand", dus "byderhand", dus "naby" is.
'n Uitdrukking wat in die Paarl ontstaan het. 'n Sekere Horak het agtergekom dat die predikant Sondae sy preek so maak dat die hele gemeente besef dat dit op Horak en sy doen en late gemik is (waarskynlik meer op sy doen as op sy late). Natuurlik het mnr. Horak dit nie gelate aanvaar nie. Hy het dus Sondae by die kerkdeur gestaan en as die dominee iets beskuldigends s, het hy ges: As dit maar waar is! Naderhand het die mense as hulle iets betwyfel, eers gevra: Wat s Horak?. Di gesegde het nou bykans uitgesterf omdat niemand meer die verband met mnr. Horak van die Paarl kan l nie.
Mense het somtyds twee kerfhoute (kerfstokke) gehad wat netjies in die lengte in mekaar voeg. Een is deur die koper en een deur die verkoper gehou. Op die houte is die transaksies tussen die twee aangeteken. As 'n nuwe transaksie op die stok aangebring moes word, is 'n keep oor albei dele van die saamgevoegde hout gekerf. Op hierdie manier het die twee partye te alle tye die stand van hulle rekening in die hand gehad en kon geen bedrog plaasvind nie. As een dus op sy eie houtjie 'n kerf gemaak het, was dit gou duidelik dat dit nie kon geld nie.
In Grieks was die borskraakbeen die "xondros". Dit is die plek voor waar die ribbes se kraakbeen bymekaar kom. Soms het 'n mens so 'n vae ongemak hier by die borsbeen rond wat afgemaak word as so 'n hol kol op die maag. Vroer eeue is daar gedink dat daardie kol die setel van talle siektes was. As iemand dus so 'n vae hol kol het wat nie medies diagnoseerbaar is nie, word dit as hypochondria beskryf, met die hypo-deel wat "onder" beteken. Die "siektegevoel" is dus onder die borsbeen. Dit is later in Afrikaans vervorm tot iepekonders.
Die Nederlandse uitdrukking van die vroe 18de eeu was beter bloode Jan as doode Jan. Die blood het beteken "nie vrymoedig nie, beskroom, beskaamd, teruggetrokke". In Afrikaans het die bloode se betekenis vergete geraak toe die Nederlandse invloed afgeneem het en het ons voorouers dit verander in bang - 'n woord wat bekend was.
In Middelnederlands het kalant ongeveer dieselfde betekenis as ons klant gehad, dit wil s iemand wat sy winkelware by 'n bepaalde persoon koop. Daaruit het 'n bybetekenis van "listig" ontwikkel, wat in Afrikaans versterk is met die byvoeging van ou. In sekere Nederlandse dialekte beteken kalant ook "geslepe persoon".
'n Karnallie is volgens die woordeboeke 'n "geslepe persoon; deugniet, vabond". Die ongunstige betekenis van "geslepe" is vandag net in Nederlands nog van pas en die uitdrukking word in Afrikaans gewoonlik in 'n goedige sin vir 'n vabond gebruik. Die woord karnallie kom uit Frans canaille wat dit uit Italiaans canaglia ("hondegebroedsel")gekry het en wat met Latyn canis ("hond") verband hou. In albei di tale het net die ongunstige betekenis bly voortbestaan.
3a8082e126