Pols-pos en ander woorde

27 views
Skip to first unread message

Viljoen, HC <hcv@sun.ac.za>

unread,
Mar 23, 2011, 3:29:25 AM3/23/11
to rekena...@googlegroups.com

Ek dink sommer hardop en het so ’n bietjie in die woordeboek gaan soek.

Briewe word afgelewer deur ’n posbode of ’n briewebesteller. Volgens Pharos se Groot Woordeboek A/E beteken “bestel” ook om af te lewer, maar “bestelpos” gaan nie werk nie vanweë die meer algemene betekenis van “bestel” (A) vir “order” (E).

Volgens my beskeie oordeel is “deurvoer-pos” nog steeds die beste oplossing waarvan ek gehoor het; die pos word (outomaties) deurgevoer, oftewel aangepos na die eindbestemming. “Aanstuurpos” klink ’n bietjie lank.

Groete

Christo 
 
2011/3/22 Chavoux Luyt <cha...@gmail.com>
 
Ek hou nogal van "pols-pos" (afhaal pos?), maar "stoot-pos" en
"deurvoer-pos", klink nie een vir my lekker op die oor nie.
Die
probleem is dat dit in elk geval redelik tegniese terme is wat
waarskynlik deur baie min engelsprekende e-pos gebruikers verstaan
word.
 
"Outomaties" (vir "push") sou wel maklik verstaanbaar wees, maar is
nie heeltemal korrek nie, want "pols-pos" pols ook die e-pos bediener
outomaties alhoewel dit die pos aftrek van daar i.p.v. dat die
bediener dit outomaties aanstuur (afstoot? / aflewer?) na die kliënt.
Aflewer-pos sou dalk kon werk, maar sluit weer nie die betekenis van
outomatiese aflewering in nie.
 
Jammer as ek nie regtig 'n antwoord het nie, maar miskien gee dit vir
iemand anders 'n vindingryke idee.
 
Groete
Chavoux
 
 

--
Stuur boodskappe: rekena...@googlegroups.com
Teken af: rekenaarterm...@googlegroups.com
Info:
http://groups.google.com/group/rekenaarterme

Friedwin Fleischmann

unread,
Mar 23, 2011, 8:04:09 AM3/23/11
to rekena...@googlegroups.com
My stem gaan vir aflewer vir push, aanvra of afhaal vir pull. (Twee woorde wat met "Af-" begin? Jong, as dit laat word kyk mens nie meer so presies nie.)
En onthou tog om woorde vas te skryf waar hulle moet vas wees...
Groete,
Friedwin

2011/3/23 Viljoen, HC <h...@sun.ac.za> <H...@sun.ac.za>

Roland Giesler

unread,
Mar 23, 2011, 8:37:19 AM3/23/11
to rekena...@googlegroups.com
haalpos en lewerpos?  Dit klink dalk bietjie sagter op die oor as stootpos en trekpos.

Roland

2011/3/23 Friedwin Fleischmann <frie...@ananzi.co.za>

Friedwin Fleischmann

unread,
Mar 23, 2011, 9:21:05 AM3/23/11
to rekena...@googlegroups.com
Het ook daaraan gedink, maar dan moet mens ook onthou 'n haal word deur 'n onnie met 'n lat gemaak as hy jou straf, en 'n lewer is 'n ding wat jy straf as jy te veel etanol inkry. Die woorde haalpos en lewerpos maak sin so bymekaar (kontras), maar as mens hulle enkel in 'n sin gaan gebruik gaan iemand dalk wonder waaroor dit gaan en ook nie noodwendig uit die woord aflei wat dit beteken nie.

Ek is in dieselfde trant 'n bietjie sensitief oor stootpos want sommige Afrikaanses het mos die neiging om omtrent enige gewone woord vulgêr te maak en dan soos 'n bakvissie te lag as jy die ding in sy korrekte oorspronklike betekenis gebruik. (Sê ek wat "boks" alleen gebruik vir daardie sportsoort waar 2 dom do*** mekaar dikdo***....)

Groete,
Friedwin


2011/3/23 Roland Giesler <rol...@giesler.za.net>
haalpos en lewerpos?  Dit klink dalk bietjie sagter op die oor as stootpos en trekpos.

Roland

2011/3/23 Friedwin Fleischmann <frie...@ananzi.co.za>
My stem gaan vir aflewer vir push, aanvra of afhaal vir pull. (Twee woorde wat met "Af-" begin? Jong, as dit laat word kyk mens nie meer so presies nie.)

En onthou tog om woorde vas te skryf waar hulle moet vas wees...
Groete,
Friedwin

Roland Giesler

unread,
Mar 24, 2011, 2:50:51 PM3/24/11
to rekena...@googlegroups.com, Friedwin Fleischmann
2011/3/23 Friedwin Fleischmann <frie...@ananzi.co.za>

Het ook daaraan gedink, maar dan moet mens ook onthou 'n haal word deur 'n onnie met 'n lat gemaak as hy jou straf, en 'n lewer is 'n ding wat jy straf as jy te veel etanol inkry.
Sjoe, ek voel dis 'n bietjie die bobbejaan agter die bult gaan haal. Die meeste mense, sou ek dink, sal eerstens aan afhaal dink as hulle die woord haal hoor, en nie lyfstraf nie, veral omdat lyfstraf nie meer op skool toegedien word nie.  En dieselfde geld vir lewer.  Die regering vir moet dienste lewer en dit het niks met Chivas Regal se borgskappe (was dit van beplanningsessies?) te doen nie.
 
Die woorde haalpos en lewerpos maak sin so bymekaar (kontras), maar as mens hulle enkel in 'n sin gaan gebruik gaan iemand dalk wonder waaroor dit gaan en ook nie noodwendig uit die woord aflei wat dit beteken nie.

Oorweeg dit:  My blackberry se lewerpos is nog nie reg opgestel nie.  Of andersins: Die Microsoft Exchange bediener gebruiker lewerpos om elektroniese pos aan Outlook kliente te stuur.

En verder: POP3 is 'n haalpos protokol wat oor 'n wye aantal poslesers gebruik word, soos byvoorbeeld Mozilla Thunderbird. 

Ek kan nie, so uit die vuis, dink aan 'n gebruik waar die betekenis as vleis of pakgee geïnterpreteer kan word nie.


Ek is in dieselfde trant 'n bietjie sensitief oor stootpos want sommige Afrikaanses het mos die neiging om omtrent enige gewone woord vulgêr te maak en dan soos 'n bakvissie te lag as jy die ding in sy korrekte oorspronklike betekenis gebruik. (Sê ek wat "boks" alleen gebruik vir daardie sportsoort waar 2 dom do*** mekaar dikdo***....)

Ja, dis laat dink aan die artikel wat ek eendag gelees het oor die twee manne, elk met 'n boks gideons-bybels wat by 'n skool op die kaapse vlakte gedurende die oggendbyeenkoms op die verhoog gewag het vir die skoolhoof om die aankondigings, ens klaar te maak.  Toe sê die skoolhoof: "Nou ja leerders, julle het seker al almal gewonder waarvoor hierdie twee dose op die verhoog is... " en toe breek daar so chaos uit dat die manne nooit by hulle sending uitgekom het nie.

So as woorde te dubbelsinnig is, kan dit dinge ernstig in die wiele ry!

groete

Roland
 

Maritza van den Heuvel

unread,
Mar 31, 2011, 2:36:45 PM3/31/11
to rekena...@googlegroups.com
Hallo almal,

Ek het bitter lanklaas hier deelgeneem, maar hierdie een het my aandag getrek verlede week al. Ek loop sedertdien met hom in my kop rond, veral aangesien ek self redelik onlangs 'n paar toestelle aangeskaf het wat juis my e-pos so vir my aanstuur. Ek het nie in enige woordeboeke gaan snuffel nie, hierdie is net my opinie gebaseer op my tegniese kennis en assosiasies.

Die opsie "pols-pos" sou vir my nie generies genoeg wees nie, en "bestelpos" werk ook nie a.g.v. die sterk assosiasie waarna Christo hieronder verwys. Deurvoerpos is weer nie vir my sinvol terugvertaalbaar nie. As ek hom terugvertaal, kom ek by "throughput mail" uit. Alhoewel. Uit almal, werk "aanstuurpos" vir my die beste, al is hy dalk bietjie lank, veral omdat die werkwoord so natuurlik op die tong val, soos in my eerste paragraaf hierbo. Vir 'n korter weergawe sou "stuurpos" dalk kon werk? 

As mens meer konsepsueel dink hieroor ... 'n vergelyking vir dit wat hier met e-pos gebeur is soos bouers wat bakstene aangee op 'n bouterrein. Die baksteen verlaat jou hande sodra hy arriveer, hy stop nie en die stene vloei in 'n stroom deur die stelsel. Of dalk soos tasse op 'n vervoerband? Dalk ken mens iets doen met "voerpos"? Die bediener voer tog die pos deurgaans deur na jou toe, of jy "pols" daarvoor en of hy dit "stuur".

Hoop dit help.

Maritza

2011/3/23 Viljoen, HC <h...@sun.ac.za> <H...@sun.ac.za>

Ek dink sommer hardop en het so ’n bietjie in die woordeboek gaan soek.

Petri Jooste

unread,
Apr 5, 2011, 7:37:25 AM4/5/11
to rekena...@googlegroups.com
Dag almal

"Voerpos" klinkgoed omdat dit lekker kort is, en net soos wat "push" en "pull" albei met p begin kan dit dalk werk om "vrapos" vir "pull e-mail" te gebruik.

Wat my opval in my sin hierbo is dat die e- nie meer in die Afrikaanse voorstelle voorkom nie. In baie kontekste, byvoorbeeld die lokalisering van Mozilla Thunderbird, kan die e- weggelaat word omdat verwarring nie sal plaasvind nie. As ons egter die e- behou dan sal die korrekte skryfwyses (volgens Tom McLachlan) wees: "voer-e-pos" en "vra-e-pos".

Een probleem wat ek intussen ervaar het met my vorige keuses “aflewer-e-pos” en “afhaal-e-pos” is dat mense wat nog nie die verskillende meganismes ken nie, dit onderskeidelik verwar met die stuur van e-pos en ontvang van e-pos.  Beide "push" en "pull" het tegnies te doen met die ontvang van e-pos. Die verskil kom daarby dat die aflewer-aksie deur die bediener of kliënt begin word.

Ek sal graag wil sien of daar al min of meer konsensus onder ons in die groep is, en wil daarom vra wat is jou eerste keuse (en dalk ook 2e) vir die vertaling van:
- push e-mail
- pull e-mail

Groete
Petri

2011/3/31 Maritza van den Heuvel <mari...@gmail.com>

Friedwin Fleischmann

unread,
Apr 5, 2011, 7:44:50 AM4/5/11
to rekena...@googlegroups.com
Petri, sal jy dalk omgee om deur die ou posse te gaan en al die voorstelle op 'n lys te sit?

2011/4/5 Petri Jooste <petri....@gmail.com>

Samuel Murray (Ugchelen)

unread,
Apr 5, 2011, 7:49:20 AM4/5/11
to rekena...@googlegroups.com
Petri Jooste wrote:

> Ek sal graag wil sien of daar al min of meer konsensus onder ons in die
> groep is, en wil daarom vra wat is jou eerste keuse (en dalk ook 2e) vir
> die vertaling van:
> - push e-mail
> - pull e-mail

Op die ou end het ek in my teks (wat my oorspronklike navraag veroorsaak
het) besluit op stootpos en trekpos. As mense beswaar het, hoor ek
graag wat die beswaar is

Samuel

Chavoux Luyt

unread,
Apr 5, 2011, 8:05:03 AM4/5/11
to rekena...@googlegroups.com
Hallo Samuel

Ek moet sê dat ek baie hou van Petri se "voerpos" en "vrapos". Ek kan
nie my vinger daarop lê nie (m.a.w. geen werklike beswaar nie), maar
stootpos en trekpos klink net vir my bietjie lomper op die oor.

Groete
Chavoux

2011/4/5 Samuel Murray (Ugchelen) <le...@absamail.co.za>:

Erich Lutz

unread,
Apr 5, 2011, 8:15:58 AM4/5/11
to rekena...@googlegroups.com
Ek mag ook nie my vinger daarop lê nie, maar dit laat my dink aan die e-pos waarvan die advokaat gepraat het...

...via iphone

Petri Jooste

unread,
Apr 5, 2011, 9:39:04 AM4/5/11
to rekena...@googlegroups.com
2011/4/5 Friedwin Fleischmann <frie...@ananzi.co.za>

Petri, sal jy dalk omgee om deur die ou posse te gaan en al die voorstelle op 'n lys te sit?

Hier is 'n lysie van woorde wat genoem is:

"pull e-mail"
============
trek-e-pos / trekpos
pols-e-pos / polspos
afhaal-e-pos /afhaalpos
haal-e-pos / haalpos
gaan-haal-e-pos / gaanhaalpos 
aanvra-e-pos / aanvrapos
vra-e-pos / vrapos

===================================================
"push e-mail"
===========
stoot-e-pos / stootpos
druk-e-pos / drukpos
afdruk-e-pos / afdrukpos
deurvoer-e-pos / deurvoerpos
aflewer-e-pos / aflewerpos
lewer-e-pos / lewerpos
outo-aflewer-e-pos / outo-aflewerpos
onvra-e-pos / onvrapos
voer-e-pos / voerpos


Roland Giesler

unread,
Apr 6, 2011, 2:44:33 AM4/6/11
to rekena...@googlegroups.com
> "pull e-mail"
> ============
> trek-e-pos / trekpos (1)

> pols-e-pos / polspos
> afhaal-e-pos /afhaalpos
> haal-e-pos / haalpos
> gaan-haal-e-pos / gaanhaalpos
> aanvra-e-pos / aanvrapos
> vra-e-pos / vrapos (2)
> ===================================================
> "push e-mail"
> ===========
> stoot-e-pos / stootpos (1)

> druk-e-pos / drukpos
> afdruk-e-pos / afdrukpos
> deurvoer-e-pos / deurvoerpos
> aflewer-e-pos / aflewerpos
> lewer-e-pos / lewerpos
> outo-aflewer-e-pos / outo-aflewerpos
> onvra-e-pos / onvrapos
> voer-e-pos / voerpos (2)

Dit was nogal 'n uitgebreide en eintlik fenominale poging almal! Ek
sou sê: "Welgedaan!", wat ookal die finale uitkoms is.

groete

Roland

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages