--
Stuur boodskappe: rekena...@googlegroups.com
Teken af: rekenaarterm...@googlegroups.com
Info: http://groups.google.com/group/rekenaarterme
Op Di, 2011-06-21 om 15:49 +0200 skryf Anne Matthews:
> Hi
>
> Is daar reeds 'n Afrikaanse vertaling vir Cloud Computing?
Die term Wolkverwerking word redelik gereeld in die media gebruik.
Hier is bv. 3 artikels wat die woord gebruik:
http://www.volksblad.com/Wereld/Nuus/Stuxnet-lui-die-era-van-kuberterrorisme-in-20101007
http://www.sake24.com/Maatskappye/IKT/Telkom-swoeg-in-dinamiese-mark-20110617
http://m.news24.com/sake24/Maatskappye/Gijima-se-wins-blink-ten-spyte-van-tesourie-hou-20100929
Vir dié wat belangstel, die Afrikaanse Wikipedia het 'n lang lys van
Afrikaanse rekenaarterme:
http://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Rekenaarterme
Groete
JC
Google gebruik masjienvertaling en kan dus nie juis met meer as een term
vertrou word nie.
In Afrikaans gebruik ons gewoonlik 'n saamgestelde woord waar in Engels
meer as een woord gebruik word.
Byvoorbeeld:
- Rekenaarterm versus Computer term
- Rekenaarskerm versus Computer screen
- Rekenaargeheue versus Computer memory (RAM)
- Oggendson versus Morning sun (nie-rekenaargebaseerde voorbeeld ;)
Google se vertaler is nie intelligent genoeg om te kan sien wanneer meer
as een Engelse woord eintlik een begrip in Afrikaans is nie. Dit vertaal
die enkele Engelse woorde dan netso oor, en gee afsonderlike Afrikaanse
woorde in plaas van die korrekte begrippe.
As mens "wolk rekenaar" sou wou gebruik, sou dit dus in elk geval een
woord moes weees: "wolkrekenaar".
Ek stem saam, dus het ek aanvanklik Wolkverwerking voorgestel.
Ek dink mikroverwerking kon hier werk, solank mens aanvaar dat
verwerking beide computing en processing afhangende van konteks kan
beteken.
Ek dink ook nie daar is enige iets hiermee verkeerd nie. Daar is geen
reël wat sê dat daar 'n een-tot-een ooreenkoms tussen alle terme in twee
tale hoef te wees nie, en daar ís ook glad nie so ooreenkoms nie.
> Wat dink julle hiervan, dws van "rekenering"?
Rekenering bestaan nie en ek sien nie die punt om 'n woord te skep nie.
A computer computes by processing instructions by means of a processor
(CPU).
Computing en processing is dus nou verwant aan mekaar en kan in baie
opsigte as sinoniem gebruik word.
Ek is seker dat een van die redes hoekom Cloud Computing 'n bekende term
geword het is a.g.v die alliterasie wat dit lekker op die tong laat val.
Dieselfde geld vir Wolkverwerking.
Cloud Computing is in elk geval 'n redelike los begrip wat verwys na
reknaars wat off-site deur iemand anders bedryf word, en deur 'n web- of
internet-gebaseerde koppelvlak aan die gebruiker die vermoë gee om
hierdie rekenaars (ten volle of gedeeltelik) te kan benut.
Hierdie "benutting" kan wees om data te verwerk, of om berekeninge te
doen, of om webwerwe te bedien, of om inhoud te stoor.
Is al die bogenoemde streng gesproke "Computing"? Nee.
Ek sou dus nie pendanties omgaan met die woord "computing" in hierdie
geval nie.
Laastens, wolkverwerking is so te sê nou die standaard term. Dit word
reeds so deur die media gebruik. Ek twyfel sterk dat die neologisme
"rekenering" ooit traksie sal haal.
Groete
JC