TERM: EN>AF: Blade server

4 views
Skip to first unread message

Samuel Murray (Durbanville)

unread,
Jan 22, 2010, 5:20:34 PM1/22/10
to ZaL...@yahoogroups.com, rekena...@googlegroups.com
Hallo almal

Help my gou dink hoe sou 'n mens "blade server" vertaal. 'n Blade
server is 'n rekenaar wat nie bonkig is nie maar platterig. Dis waar
die naam vandaan kom. Kyk hier:

http://en.wikipedia.org/wiki/Blade_server

En veral hierdie paragraaf wat verduidelik waar die naam vandaan kom:

"The name blade server appeared when a card included the processor,
memory, I/O and non-volatile program storage (flash memory or small hard
disk(s)). This allowed manufacturers to package a complete server, with
its operating system and applications, on a single card / board / blade."

Dinge wat plat in Afrikaans is, sluit in 'n lem en 'n vin. My kop staan
egter in die rigting van "blad", dus bladbediener.

Wat dink julle?

Samuel

Emile Joubert

unread,
Jan 22, 2010, 8:21:04 PM1/22/10
to Werkgroep vir Afrikaanse IT-terme
On Jan 22, 10:20 pm, "Samuel Murray (Durbanville)"


Kan "bladbediener" dalk as "document server" verstaan word? Ek is
seker die konteks sal dit maklik maak om te onderskei.

Hier is nog 'n paar voorstelle:

dundiener
vlak laaikomper
tweeduim bediener
sardien bediener (sardiener ?)


Groete

Emile

Petri Jooste

unread,
Jan 25, 2010, 4:55:51 AM1/25/10
to rekena...@googlegroups.com
Ek stem ook vir bladbediener.

Verwante terme dus:
- bladkas (blade enclosure)
- bladstelsel (blade system)
- bladkaskragbron (blade enclosure power supply)
- bladkasverkoeling (blade enclosure cooling)
- netwerkblad (networking blade) is verantwoordelik vir die
netwerkkommunikasie van al die blaaie in die bladstelsel
- stoorblaaie (storage blades)
- blaaie is warmruilbaar (blades are hot-swappable)

> --
> Stuur boodskappe: rekena...@googlegroups.com
> Teken af: rekenaarterm...@googlegroups.com
> Info: http://groups.google.com/group/rekenaarterme

Friedwin Fleischmann

unread,
Jan 25, 2010, 7:31:31 AM1/25/10
to rekena...@googlegroups.com
2010/1/25 Petri Jooste <petri....@gmail.com>

Ek stem ook vir bladbediener.

Verwante terme dus:
- bladkas  (blade enclosure)
- bladstelsel (blade system)
- bladkaskragbron (blade enclosure power supply)
- bladkasverkoeling (blade enclosure cooling)
- netwerkblad (networking blade) is verantwoordelik vir die
netwerkkommunikasie van al die blaaie in die bladstelsel
- stoorblaaie (storage blades)
- blaaie is warmruilbaar (blades are hot-swappable)


"Blad" op sy eie as vertaling van "blade[ server]" kan verwarrend wees. Iemand wat nie heeltemal vertroud is met die terminologie nie kan maklik dink "netwerkblad" verwys na 'n webblad, "bladstelsel" dalk na 'n dokumentasiestelsel.

'n Paar voorstelle vir die breinstorm:
* Lem (swaard, mes, skeermes)
* Skaar (ploeg)
* Spaan (roei of roer)
* Blaar (die minder fênsie woord vir blad)

Groete,
Friedwin

Petri Jooste

unread,
Jan 27, 2010, 6:42:14 AM1/27/10
to rekena...@googlegroups.com
Ek breinstorm verder:

Blaar is vir my te eng want dit is vir my net plantaardig (behalwe
miskien koorsblaar), terwyl blad reeds in baie oordragtelike
betekenisse gebruik word: tafelblad, oggendblad, nuusblad, buiteblad
(boek), webblad, bladbeen.

As ek Friedwin se voorstelle in my lys van verwant terme inplaas, voel
ek die gemaklikste met lem - lemkas, lemstelsel ens. Dit het ook die
voordeel van terugherkenbaarheid: die eerste Engelse vertaling wat by
my opkom vir lem, is blade.

Groete
Petri

Chavoux Luyt

unread,
Jan 27, 2010, 6:57:47 AM1/27/10
to rekena...@googlegroups.com
Ek stem vir "lem". :-)

"Sardiens bediener" / "sardiener" wat Emile voorgestel het lyk na 'n
gawe informele term wat dalk in sekere omstandighede as alternatief
gebruik kan word.

Groete
Chavoux

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages