View

4 views
Skip to first unread message

fr13dwin

unread,
Nov 28, 2008, 8:38:15 AM11/28/08
to Werkgroep vir Afrikaanse IT-terme
Ek haak vas met 'n lekker Afrikaanse vertaling van (die s.nw.) "view".
In die algemene omgangstaal sal mens dit dalk vertaal met "uitsig" of
"toneel", maar dit werk nie so lekker vir bv. iets soos "show Tasks
View" nie... Enige voorstelle?

Albertus Kleingeld

unread,
Nov 28, 2008, 8:40:49 AM11/28/08
to rekena...@googlegroups.com
Wat van Vertoon?

2008/11/28 fr13dwin <frie...@gmail.com>

swessels

unread,
Nov 28, 2008, 8:46:10 AM11/28/08
to Werkgroep vir Afrikaanse IT-terme
besigtig....
toon aan...
lys....

hang seker af hoe mens dit gaan stel in Afrikaans.

fr13dwin

unread,
Nov 28, 2008, 8:55:11 AM11/28/08
to Werkgroep vir Afrikaanse IT-terme
> wat van Vertoon?
> besigtig....
> toon aan...
> lys....

Ja, let op dat ek verwys na die selfstandige werkwoord "view", die
werkwoord "view" is maklik....

(Aan die ander kant kan mens dit dalk omseil deur net eenvoudig nie 'n
s.nw. te gebruik nie maar net 'n ww.: vertoon take, wys programme,
besigtig soekresultate... ek dink nie dit gaan in alle gevalle
prakties wees nie.)

Dis seker waarom hulle sê: "don't verb your nouns" ;-)

Anne Matthews

unread,
Nov 29, 2008, 1:14:40 AM11/29/08
to rekena...@googlegroups.com
Wat van 'aansig' soos in 'Design View' = 'Ontwerpaansig'

Anne

Roland Giesler

unread,
Dec 1, 2008, 11:09:10 AM12/1/08
to rekena...@googlegroups.com
> Wat van 'aansig' soos in 'Design View' = 'Ontwerpaansig'

Ek sien nou eers die gespreksdraad (!).

'n Oomblik kom van ogenblik... ek sien geen rede hoekom 'n "view" nie
'n "blik" is ook in rekenaars nie.

Overview aan die ander kant is oorsig en front view is vooraansig,
rear view is rugaansig (uit houtwerk en tegniese tekene)
dus kan "task view" iets soos "taakaansig" wees (soos Anne hierbo
tereg sê), nie waar nie. Dit sou konsekwent wees met die res van die
taal.

Aan die ander kant "a view of the future" = "'n blik op die toekoms",
dus kan "file view" = "blik op leers" wees, of "design view" = "blik
op ontwerp" wees in gevalle waar "lêeraansig" or "ontwerkaansig" nie
lekker sou werk nie.

groete

Roland

Friedwin Fleischmann

unread,
Dec 2, 2008, 3:12:19 AM12/2/08
to rekena...@googlegroups.com
Ek dink "aansig" slaan die spyker op die kop. Ek kan nie nou juis aan
gevalle dink waar "blik op" beter sou werk nie.... Baie dankie aan
almal wat insette gelewer het!

Terloops, ek sou graag wou hoor by watter vertaalprojekte deelnemers
tans betrokke is, net vir die interessantheid. Ek is tans betrokke by
Facebook, maar dit is 'n gemeenskapsgedrewe projek (oop vir enigeen),
en mens kry soms nogal erg gebrekkige vertalings....

Groetnis,
Friedwin


2008/12/1 Roland Giesler <rol...@giesler.za.net>:

Anne Matthews

unread,
Dec 2, 2008, 4:14:52 AM12/2/08
to rekena...@googlegroups.com
'n Ander een wat ek in my vertalings gebruik is 'drukvoorskou' vir 'print
preview'. Hoe klink dit?

Anne

----- Original Message -----

Friedwin Fleischmann

unread,
Dec 2, 2008, 4:19:36 AM12/2/08
to rekena...@googlegroups.com
Ek sou beslis "preview" met "voorskou" vertaal. Ek dink dit is al
dekades so gevestig in die taal (bv. film- en TV-vertonings).

Groete,
Friedwin

Paul Bosman

unread,
Dec 2, 2008, 7:30:31 AM12/2/08
to rekena...@googlegroups.com
Dagsê Almal

Wat is die mees aanvaarbare vertaling vir CD. Universiteit Stellenbosch
gebruik KS vir kompakskyf (anglisisme) en Radio Pretoria gebruik LS vir
laserskyf (nie so seker van die laser nie) en die meeste sê net
eenvoudig CD (onaanvaarbaar). Nou kom DVD ook nog by!

Groetnis
Paul Bosman


Friedwin Fleischmann

unread,
Dec 2, 2008, 8:10:28 AM12/2/08
to rekena...@googlegroups.com
On Tue, Dec 2, 2008 at 14:30, Paul Bosman <pbo...@kleinfontein.net> wrote:
> Wat is die mees aanvaarbare vertaling vir CD. Universiteit Stellenbosch
> gebruik KS vir kompakskyf (anglisisme) en Radio Pretoria gebruik LS vir
> laserskyf (nie so seker van die laser nie) en die meeste sê net
> eenvoudig CD (onaanvaarbaar). Nou kom DVD ook nog by!

Die betrokke instrumente gebruik wel laserstrale om die data van die
betrokke optiese media (nie nét CD's nie) te lees (en te skryf).
Interessant is die woord laser, wat ook maar 'n engelse akroniem is
(Light Amplification by Stimulated Emission of Radiation) net so
onvertaald in Afrikaans opgeneem is. Ek weet nie of dit reg so is nie,
maar dit wil my lyk of die tendens is om afkortings nie te vertaal nie
- ons praat van 'n Persoonlike Rekenaar maar 'n PC. Mens kan dit dalk
motiveer met die redenasie dat "PC", "CD", en "DVD" 'n bepaalde
formaat of standaard beskryf, en dus soortgelyk as 'n handelsmerk
hanteer kan word deur dit nie te vertaal nie (mens sien mos die
bekende gestileerde "compact disc"- en "DVD"-simbole op die onderskeie
produkte ongeag die vervaardiger).

Ek hou natuurlik nou nie hiervan nie, maar die ander kant van die
muntstuk is dat 'n Afrikaanse vertaling se afkorting nog nie gevestig
is nie en mense dus nie sal weet waarvan mens praat nie (in
teenstelling met die engelse afkorting) - om dit teen te werk sou mens
dus die volle vertaling gee met die afkorting in hakies - bv.
"Laserplaat (LP)"(*) - totdat die vertaalde afkorting gevestig is. En
dit kan seker ook tot probleme lei as daar nie genoeg fisiese spasie
is waar die woord moet staan nie. Daarby kom nog die probleem dat die
mense nie eens seker is waarvoor DVD staan nie ("Digital
Versatile/Video Disc").

Sal graag die ander se opinies ook wil hoor. Ons het 'n ruk terug oor
die akroniem RAID gesels, wat seker ook oor hierdie kam geskeer kan
word. Sal graag wil hoor wat die betrokke deelnemer toe besluit het
met daardie afkorting.

(* ja, LP kan nou weer verwarring met die viniel-gebaseerde
"langspeelplaat" veroorsaak - dan eerder een van jou voorgestelde
terme.)

Groete,
Friedwin

Roland Giesler

unread,
Dec 4, 2008, 10:36:06 AM12/4/08
to rekena...@googlegroups.com
2008/12/2 Paul Bosman <pbo...@kleinfontein.net>:

> Wat is die mees aanvaarbare vertaling vir CD. Universiteit Stellenbosch
> gebruik KS vir kompakskyf (anglisisme) en Radio Pretoria gebruik LS vir
> laserskyf (nie so seker van die laser nie) en die meeste sê net
> eenvoudig CD (onaanvaarbaar). Nou kom DVD ook nog by!

Ek dink nie CD is onaavaarbaar nie. Soos Friedwin sê, dit beskryf 'n
spesifieke formaat, en alhoewel dit tegnies 'n afkorting is, is die
gebruik daarvan lank nie meer 'n afkorting nie. Ek kan nie aan enige
geval dink waar die term "compact disc" in Engels meer gebruik word
nie, behalwe in ensiklopedië en woordeboeke dalk. Daarom is 'n CD, 'n
CD in my boekie. 'n DVD 'n DVD. Dis anders is in die geval van
HIV/AIDS wat MIV/VIGS is, maar waar die volle naam en afkorting in
beide Engels en Afrikaans gevestig is en gebruik word.

groete

Roland

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages