Samuel,
Pharos se Groot Woordeboek (Afr/Eng) vertal “blade” o.a. met blad (bv van ’n graaf, ens.) soos wat jy voorstel. Wat dus van bladbediener? Of kaartbediener (want dit is wese net ’n stroombaanbordkaart met ’n raam om). (Platbediener klink ’n bietjie plat).
Groete
Christo
"Samuel Murray (Durbanville)" <le...@absamail.co.za> Jan 23 12:20AM +0200 ^
Hallo almal
Help my gou dink hoe sou 'n mens "blade server" vertaal. 'n Blade
server is 'n rekenaar wat nie bonkig is nie maar platterig. Dis waar
die naam vandaan kom. Kyk hier:
http://en.wikipedia.org/wiki/Blade_server
En veral hierdie paragraaf wat verduidelik waar die naam vandaan kom:
"The name blade server appeared when a card included the processor,
memory, I/O and non-volatile program storage (flash memory or small hard
disk(s)). This allowed manufacturers to package a complete server, with
its operating system and applications, on a single card / board / blade."
Dinge wat plat in Afrikaans is, sluit in 'n lem en 'n vin. My kop staan
egter in die rigting van "blad", dus bladbediener.
Wat dink julle?
Samuel
Emile Joubert <emile....@gmail.com> Jan 22 05:21PM -0800 ^
On Jan 22, 10:20 pm, "Samuel Murray (Durbanville)"
> egter in die rigting van "blad", dus bladbediener.
> Wat dink julle?
> Samuel
Kan "bladbediener"
dalk as "document server" verstaan word? Ek is
seker die konteks sal dit maklik maak om te onderskei.
Hier is nog 'n paar voorstelle:
dundiener
vlak laaikomper
tweeduim bediener
sardien bediener (sardiener ?)
Groete
Emile
--
Stuur boodskappe: rekena...@googlegroups.com
Teken af: rekenaarterm...@googlegroups.com
Info: http://groups.google.com/group/rekenaarterme
No
virus found in this incoming message.
Checked by AVG - www.avg.com
Version: 8.5.432 / Virus Database: 271.1.1/2640 - Release Date: 01/23/10
07:33:00
> *Pharos se Groot Woordeboek (Afr/Eng) vertal “blade” o.a. met blad (bv
> van ’n graaf, ens.) soos wat jy voorstel. Wat dus van bladbediener? Of
> kaartbediener (want dit is wese net ’n stroombaanbordkaart met ’n raam
> om). (Platbediener klink ’n bietjie plat).*
Of dalk plaatbediener? Want dan kan 'n mens van plate praat (of sal
mense dan dink dis ronde skywe)?
Samuel